{"id":4442,"date":"2015-08-20T00:05:00","date_gmt":"2015-08-19T22:05:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/"},"modified":"2016-03-17T12:44:55","modified_gmt":"2016-03-17T10:44:55","slug":"vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/","title":{"rendered":"Vergifnis, die enigste genesing vir \u2019n tragedie"},"content":{"rendered":"<p>Die 18de Julie 2002 het soos enige ander dag begin vir Jenny Viljoen, \u2019n opgeleide Vanderbijlparkse pastoor en berader. Sy het haar dogter by die skool gaan aflaai en na die gemeente waar sy gewerk het, gery vir \u2019n vroegoggend-biduur. Haar man, Henna (toe 44), \u2019n konstruksiewerker, is reeds kort n\u00e1 sesuur weg om werkers in die swart woonbuurt te gaan oplaai.<\/p>\n<p>Toe Jenny by die kerk opdaag, het haar kollegas en haar swaer, destyds die polisiehoof in Vereeniging, haar ingewag. Hulle het skoknuus gehad: vyftien minute nadat hy by die huis weg is, is Henna trompop by \u2019n stopstraat doodgeskiet. Later sou dit blyk dat dit deel van \u2019n bende-inlywing was. As Jenny se dogter nie daardie oggend daarop aangedring het dat hulle \u2019n ander pad skool toe ry nie, sou ma en dogter van die eerste mense op die moordtoneel gewees het. \u201cDie Here het ons dit gespaar,\u201d onthou sy.<\/p>\n<p>My eerste onderhoud met Jenny was in 2004, twee jaar n\u00e1 Henna se dood. Haar lewensblyheid en warmte was opvallend, al kon sy daardie onheilsdag nog goed onthou.<\/p>\n<p>\u201cMy eerste woorde was dat ek nie die krag gehad het om daardeur te gaan nie. Tog het ek myself ook dadelik hoor s\u00ea dat ek, ondanks alles, steeds die Here sou dien. Ek glo dit was die krag van God. Hy het gehoor ek s\u00ea ek sal dit nie kan doen nie, en Hy het my woorde dadelik gekorrigeer. Hy het geweet ek sou daardeur k\u00f3n gaan.\u201d<\/p>\n<p>Sy onthou hoe duisende gedagtes deur haar kop gemaal het, soos of Henna in die bittere koue sy trui aangehad het, hoe sy hul kinders (destyds in graad 12 en 24) sou moes vertel.<\/p>\n<p>\u201cEn natuurlik wou ek weet hoekom juis hy. Hy was dan \u2019n kind van God. Maar toe onthou ek dat Henna altyd ges\u00ea het hy wil nie ouer as veertig word nie. God het hom vier ekstra jare vir ons gegee.\u201d (Later het sy ook onthou dat hy die week voor sy dood dikwels ges\u00ea het hy wil graag by God wees.)<\/p>\n<p>Sy was nooit kwaad vir God nie, s\u00ea Jenny, maar sy wou tog weet hoekom haar gebede om haar man te beskerm, dan nie beantwoord is nie. \u201cEk het immers elke dag die bloed van Jesus oor hom afgebid.\u201d Toe sy haar kinders die skoknuus vertel, het sy dit benadruk dat hulle almal die moordenaars moes vergewe ter wille van die gesin se langtermyn emosionele welsyn.<\/p>\n<p>\u201cOns seer was onbeskryflik, maar ons moes hulle vryspreek, dit was makliker ges\u00ea as gedaan. \u2019n Mens se wil bots dikwels met dit wat die regte ding is om te doen.\u201d<\/p>\n<p>Jenny se besluit om nie op enige manier by die ondersoek na Henna se dood betrokke te raak nie, en ook nie die verhoor van sy moordenaars by te woon nie, sal baie mense dalk laat frons, maar vir haar was dit die regte ding om te doen. Sy glo dit sou geen doel dien nie, en dat dit net onnodige pyn sou veroorsaak.<\/p>\n<p>\u201cEk weet mos ek gaan my man eendag weer sien,\u201d s\u00ea sy met \u2019n bre\u00eb glimlag.<\/p>\n<p>Sy weet nou, tien jaar n\u00e1 Henna se dood, glad nie wat intussen van haar man se moordenaars geword het nie, maar sy bid steeds vir hul siele.<\/p>\n<p>\u201cEk kan dit nou met my hele hart doen, anders as aan die begin toe ek dit gedoen het omdat ek geweet het dit is die regte ding om te doen. Nie dat dit beteken ek wil nou saam met hulle gaan vakansie hou nie, hoor.\u201d<\/p>\n<p>Jenny glo onwrikbaar dat God genees en dat jy Hom moet vertrou vir genesing, maar s\u00ea ook dat dit \u2019n mens se eie keuse bly of jy wil voortgaan en genees, en of jy in die pyn van onvergifnis wil bly leef. Die dekade sedert die moord was nie aldag maklik nie. \u201cNatuurlik het ek ook soms gevoel die Here het my vergeet. Ek het, met respek, gevoel soos Jesus seker die aand voor sy kruisiging moes gevoel het. Ek het bloed gesweet, maar my oog op die einddoel gehou. Vergifnis is iets wat jy nou moet doen ter wille van wat n\u00e1 die aardse lewe op jou wag. Ek het geleer dat dit maklik is om te s\u00ea ek vergewe, maar dat dit iets heeltemal anders is om vergifnis te l\u00e9\u00e9f. Dis nie \u2019n gerieflike situasie nie, as ek dit so kan stel. Maar dis beslis ook nie onmoontlik nie.\u201d<\/p>\n<p>Vergifnis het haar ook nie gevrywaar van al die normale emosies, soos ontkenning en woede, wat saam met \u2019n geliefde se dood gaan nie. Sy was woedend omdat hy ges\u00ea het dat hy wou sterf en omdat hy daardie oggend juis daardie pad gekies het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Voel sy n\u00e1 \u2019n dekade steeds positief oor vergifnis?<\/h4>\n<p>\u201cBeslis! Maar ek het ook sedertdien geleer dis \u2019n proses, \u2019n massiewe ding, \u2019n keuse wat jy oor en oor maak. Ek het dit destyds onmiddellik gedoen, want ek het geglo dis wat God van my verwag. Maar elke keer as ek hoor van iemand wat doodgeskiet word, spring daar steeds maar \u2019n ding in my op, want ek weet wat wag op die familie. Jy ken die chaos, die pyn, die \u2018wat as\u2019 &#8230; \u201d<\/p>\n<p>Tog, s\u00ea sy, sy haat steeds nie. \u201cGod het elke mens met \u2019n gewete geskape en ek weet Henna se moordenaar se gewete sal hom iewers aankla.\u201d<\/p>\n<p>Jenny glo onwrikbaar in die krag van woorde. \u201cDit staan so in die Woord. Die mag van lewe en dood is in jou tong. Jy word wat jy glo. As jy heeltyd vir \u2019n kind s\u00ea hy kan nie wiskunde doen nie, sal hy dit nooit kan doen nie. Wat jy glo gaan gebeur, sal gebeur.\u201d<\/p>\n<p>Daarom is dit vir haar so belangrik om oor vergifnis te praat. \u201cJy sal die vrug van wat jy s\u00ea, beleef. As Christen glo ek dis \u2019n opdrag van God om te vergewe. Lees maar Mattheus 18. Dis nie \u2019n versoek nie, maar \u2019n opdrag.\u201d tyds. \u201cToe was dit \u2019n keuse; nou het dit vir my \u2019n leefstyl geword.\u201d<\/p>\n<p>Sy beklemtoon dat die een wat die meeste by vergifnis baat sal vind, die een is wat vergewe. \u201cAs jy in jou kop iets teen iemand hou, bly jy op \u2019n emosionele vlak verbind aan die mens wat jy nie wil vergewe nie. &#8216;n Tronk het nie noodwendig tralies nie &#8211; jy kan jou eie tronk skep omdat jy nie bereid is om iemand of iets te vergewe nie. Stel daardie mens vry, want jy bly die slaaf van die mens aan wie jy iets skuld, veral as jy hom of haar vergifnis skuld.\u201d<\/p>\n<p>In haar berading sien sy dikwels hoe mense \u2013 sommige deur dokters na haar verwys &#8211; se bitterheid en onvermo\u00eb om te vergewe as depressie en angs en ander gesondheidsprobleme manifesteer.<\/p>\n<p>\u201cAs negatiewe emosies jou lewe regeer, gaan jy nooit gesond word nie. Ek s\u00ea altyd vir mense die feit dat jy dalk nie aan swaartekrag glo nie, nie beteken dat dit nie bestaan nie. Net so met vergifnis. Dit werk, al glo jy dalk nie daarin nie. Daar is geen ander genesing vir \u2019n tragedie as vergifnis nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kennersraad: Maak vergifnis s\u00f3 makliker<\/h4>\n<p>\u201cOnthou, vergifnis is \u2019n wilsbesluit. Dit kan moeilik wees om daarby te bly wanneer gevoelens van skok, woede en bitterheid weer opvlam. Maak dit vir jouself makliker deur hoe jy dink en praat. Navorsing wys dat ons iets meer negatief beleef as ons dit op &#8216;n negatiewe manier beskryf, en dit maak vergifnis moeiliker. Kies elke dag om jou gedagtes en woorde aktief te beheer:<\/p>\n<p>1 Dink aan jouself as iemand wat &#8216;n slegte ervaring beleef het, maar nie as \u2019n slagoffer nie. Moenie s\u00ea \u201cek kan net nie vergeet wat hy aan my gedoen het nie\u201d. S\u00ea eerder: \u201cdit was verskriklik, maar ek beweeg aan en gaan voluit leef\u201d.<\/p>\n<p>2 Dink aan jou as iemand wat die mag het om te kies om te vergewe. In plaas van \u201cek sal hom nooit kan vergewe nie\u201d, s\u00ea \u201cek kies elke dag om hom te vergewe\u201d.<\/p>\n<p>3 Moenie die mens wat die onreg teen jou gepleeg het, met negatiewe woorde beskryf nie. Pleks van name soos \u201cvark\u201d, \u201cbarbaar\u201d of \u201cmoordenaar\u201d, gebruik liewer meer neutrale woorde, soos \u201cman\u201d, \u201cmens\u201d of die persoon se naam.<\/p>\n<p>Vergifnis is &#8216;n proses, en \u2019n mens gee soms twee treetjies vorentoe en dan weer een of twee terug. Gee jouself genade as dit gebeur, en op \u2019n dag sal jy agterkom jou gevoelens het jou wilsbesluit ingehaal en jy kan uiteindelik v\u00f3\u00e9l asof jy vergewe het.\u201d<\/p>\n<p>Marianne Louw is \u2019n gekwalifiseerde lewensafrigter en \u2019n dosent in kommunikasie by Monash South Africa. Kontak haar by marianne@masterkeysolutions.co.za<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vergifnis: Nie net vir Christene nie<\/h4>\n<p>\u201cVergifnis behoort nie net geassosieer te word met geloof nie, maar ook met jou gesondheid,\u201d s\u00ea Nellie Prinsloo, \u2019n sielkundige van Johannesburg.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Mens moet kan vergewe om met jou lewe te kan aangaan.\u201d En, waarsku sy, dis nie net \u2019n intellektuele besluit en woorde wat jy met jou mond praat nie. \u201cJy moet met jou hart vergewe. As jy nie al die emosie rondom vergifnis hanteer nie, gaan dit jou in die vorm van angs, depressie en woede inhaal. Jy vergewe in die eerste plek vir jouself \u2013 dis nie iets wat jy vir iemand anders doen nie. Dis noodsaaklike selfsug.\u201d<\/p>\n<p>Ware vergifnis sal jou emosioneel beter laat voel, met minder simptome van depressie, angs en woede en dit hou meetbare gesondsheidsvoordele in. Navorsing het bewys dit kan jou bloeddruk, cholesterolvlakke en selfs hartritme laat daal. Nog resultate bewys dit verbeter die gehalte van jou slaap en verhoog selfs die immuniteit van MIV-positiewe pasi\u00ebnte.<\/p>\n<p>Vergifnis lei tot beter mense-verhoudinge, en jy gaan gelukkiger en meer optimisties voel. Die Amerikaanse sielkundige Robert Enright, skrywer van The Forgiving Life, skryf: \u201cElke mens op hierdie planeet is al seergemaak deur \u2019n ander se onreg, en hoe ons daarop reageer, maak die verskil. Vergifnis help om woede stil te maak en te keer dat dit na onskuldige mense oorspoel.\u201d<\/p>\n<p>Onvergewensgesindheid be\u00efnvloed ook jou ander verhoudings, want jy kan die verlede nie vergeet nie, en dit keer jou om die hede te geniet. So waarsku Frank Luskin, sielkundige en direkteur van die Stanford University Forgiveness Project en skrywer van Forgive for Good. \u201cAs ons nie verby ons verlede kan kom nie, bly ons gevangenes van ons ergste ervarings.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die 18de Julie 2002 het soos enige ander dag begin vir Jenny Viljoen, \u2019n opgeleide Vanderbijlparkse pastoor en berader. Sy het haar dogter by die skool gaan aflaai en na die gemeente waar sy gewerk het, gery vir \u2019n vroegoggend-biduur. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":42936,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677,662],"tags":[343,344,345,346,234,235],"class_list":["post-4442","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-genesing","tag-tragedie","tag-woede","tag-wraak","tag-vergewe","tag-vergifnis"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vergifnis, die enigste genesing vir \u2019n tragedie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vergifnis, die enigste genesing vir \u2019n tragedie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die 18de Julie 2002 het soos enige ander dag begin vir Jenny Viljoen, \u2019n opgeleide Vanderbijlparkse pastoor en berader. Sy het haar dogter by die skool gaan aflaai en na die gemeente waar sy gewerk het, gery vir \u2019n vroegoggend-biduur. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-08-19T22:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-17T10:44:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/rra20121115124153.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"339\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"510\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Vergifnis, die enigste genesing vir \u2019n tragedie\",\"datePublished\":\"2015-08-19T22:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-17T10:44:55+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\\\/\"},\"wordCount\":1739,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/08\\\/rra20121115124153.jpg\",\"keywords\":[\"genesing\",\"tragedie\",\"woede\",\"wraak\",\"vergewe\",\"vergifnis\"],\"articleSection\":[\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\\\/\",\"name\":\"Vergifnis, die enigste genesing vir \u2019n tragedie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/08\\\/rra20121115124153.jpg\",\"datePublished\":\"2015-08-19T22:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-17T10:44:55+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/08\\\/rra20121115124153.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/08\\\/rra20121115124153.jpg\",\"width\":339,\"height\":510},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vergifnis, die enigste genesing vir \u2019n tragedie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vergifnis, die enigste genesing vir \u2019n tragedie | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vergifnis, die enigste genesing vir \u2019n tragedie | rooi rose","og_description":"Die 18de Julie 2002 het soos enige ander dag begin vir Jenny Viljoen, \u2019n opgeleide Vanderbijlparkse pastoor en berader. Sy het haar dogter by die skool gaan aflaai en na die gemeente waar sy gewerk het, gery vir \u2019n vroegoggend-biduur. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-08-19T22:05:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-17T10:44:55+00:00","og_image":[{"width":339,"height":510,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/rra20121115124153.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Vergifnis, die enigste genesing vir \u2019n tragedie","datePublished":"2015-08-19T22:05:00+00:00","dateModified":"2016-03-17T10:44:55+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/"},"wordCount":1739,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/rra20121115124153.jpg","keywords":["genesing","tragedie","woede","wraak","vergewe","vergifnis"],"articleSection":["Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/","name":"Vergifnis, die enigste genesing vir \u2019n tragedie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/rra20121115124153.jpg","datePublished":"2015-08-19T22:05:00+00:00","dateModified":"2016-03-17T10:44:55+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/rra20121115124153.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/rra20121115124153.jpg","width":339,"height":510},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vergifnis, die enigste genesing vir \u2019n tragedie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4442","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4442"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4442\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/42936"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4442"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4442"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4442"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}