{"id":4432,"date":"2012-11-15T11:37:00","date_gmt":"2012-11-15T09:37:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/sonder-fieterjasies\/"},"modified":"2017-07-13T13:25:11","modified_gmt":"2017-07-13T11:25:11","slug":"sonder-fieterjasies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/","title":{"rendered":"Kyra Sedswick: Sonder fieterjasies"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/142422244.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"228\" \/><\/div>\n<p>Die fyn vrou uit New York het haar loopbaan as sestienjarige in die sepie <em>Another World<\/em> begin. Van die begin af was dit duidelik dat sy ambisieus is en \u2019n gesonde uitkyk op die lewe het. Maar haar lewe was nie altyd so maklik nie. Haar ouers, Patricia en Henry, is uitmekaar uit toe Kyra vier was en is geskei toe sy ses was. Haar ma is later met die kunshandelaar Ben Heller getroud. Die egskeiding het die jong Kyra baie onseker laat voel: \u201cAs kind het ek gevoel of ek nie beheer oor my lewe het nie.\u201d Ons ontmoet mekaar in die hysbak van The Four Seasons-hotel in Beverley Hills. Sy gee my dadelik \u2019n drukkie en \u2019n kompliment &#8211; ondanks my grimeerlose gesig en saamgeflanste jeans-en-T-hemp-uitrusting. Ek is skielik gevra om twee uur vroe\u00ebr vir ons onderhoud op te daag, iets wat amper nog nooit met my gebeur het nie. Waar het jy nou al gehoor van \u2019n ster wat \u2019n joernalis ni\u00e9 laat wag nie?<br \/>\nKyra is doeltreffend, bevoeg, sonder fieterjasies. Dis hierdie eienskappe en haar wye glimlag en mooi lyfie wat Brenda Johnson, haar karakter in <em>The Closer<\/em>, so gewild gemaak het. In haar jongste fliek, <em>The Possession<\/em>, word haar dogter obsessief oor \u2019n antieke boks. Maar \u2019n bose krag kry houvas op haar en die vervreemde gesin moet saamstaan om die kind te red.<\/p>\n<p><strong>Hoekom die rol in The Possession?<\/strong><br \/>\nEk het van die storie gehou en het nog nooit so iets gedoen nie. Ek is mal oor Jeff (die aantreklike Jeffry Dean Morgan wat haar vervreemde man speel) en Natasha Calis wat my dogter speel. Dis \u2019n goeie gruwelfliek wat jou \u2019n paar keer van skrik sal laat spring.<\/p>\n<p><strong>Het jy as \u2019n kind \u2019n geheime boks gehad?<\/strong><br \/>\nEk het \u2019n ou sigaarboks met geheime kompartemente gehad waarin ek geld, vuurhoutjies, klappers en lokke hare geb\u00eare het. Ek het die hare gehou sodat ek voedoe op die mense kon doen (lag).<\/p>\n<p><strong>Het jy dit regtig gedoen?<\/strong><br \/>\n(Lag) Ek het geglo ek kon my vyande so terugkry, want ek het as kind so magteloos gevoel. Ek het nie poppies gemaak nie, net gedroom oor die verskriklike goed wat ek hulle sou aandoen.<\/p>\n<p><strong>Ons s\u00ea soms mense is besete as hulle nie \u201cnormaal\u201d optree nie. Tree jy soms vreemd op?<br \/>\n<\/strong>Gereeld. Ek dink almal voel soms emosioneel oorweldig.<\/p>\n<p><strong>Wat ontstel jou?<\/strong><br \/>\nEk bekommer my oor alles. Die omgewing, die toekoms, my kinders. Slegte goed gebeur heeltyd. Ek probeer baie hard om nie \u2019n kompulsiewe kommerkous te wees nie. Die manlike hoofkarakter stel sy loopbaan eerste.<br \/>\n<strong><br \/>\nHoe ambisieus is jy en was dit moeilik om The Closer te groet?<\/strong><br \/>\nEk is ambisieus. Ek dink ek het lank gesukkel om dit aan myself te erken. Ek het geglo jy kan nie \u2019n goeie ma wees en ambisie h\u00ea nie. Ek het baie keuses gemaak wat my prioriteite weerspie\u00ebl. Ek is eerstens \u2019n ma. Vanwe\u00eb my rol in The Closer was ek dikwels nie by die huis nie, maar dit het nie beteken dat ek nie my kinders eerste stel nie. Noudat hulle ouer is, is ek meer soos ek was voor hulle gebore is. Ek wil rolprent na rolprent maak en saam met goeie regisseurs en akteurs werk. Ek het opgehou met The Closer om meer flieks te kan maak &#8211; en ek glo die rolle sal na my kant toe kom.<br \/>\n<strong><br \/>\nNamate ons vroue ouer word, herontdek ons onsself. Wat het jy onlangs ontdek?<\/strong><br \/>\nEk is nog besig met hierdie proses. Toe my kinders jonger was, was hulle al waaraan ek gedink het. Nou moet ek hulle \u2019n bietjie ruimte gee en meer aan myself begin dink. Ek begin elke dag deur te besluit wat ek vandag wil bereik. Wat gaan my gelukkig maak?<\/p>\n<p><strong>Wat maak jou gelukkig?<\/strong><br \/>\nEk weet nie altyd nie &#8211; totdat ek dit nie gedoen het nie. Soms doen \u2019n mens iets kleins wat na iets anders lei, en so leer jy waarvan jy hou of nie hou nie. Dit kan \u2019n rukkie neem om by hierdie bewustheid uit te kom.<br \/>\n<strong><br \/>\nHoe hanteer jy stres?<\/strong><br \/>\nEk probeer om elke dag te mediteer, al is dit net vir vyf minute. Ek probeer om my gedagtes stil te maak. Ek is \u2019n tipiese New York-meisie \u2013 altyd aan die hardloop. Oefeninge help ook. Ek het altyd gespin, maar deesdae stap en hardloop ek. Ek hou ook van pilates plus, wat \u2019n tikkie moeiliker as gewone pilates is.<br \/>\n<strong><br \/>\nJou dogter het in The Closer verskyn. Gaan sy in jou voetspore volg?<\/strong><br \/>\nDit lyk so. Ek is baie opgewonde daaroor. My seun is \u2019n musikant en speel in \u2019n paar bands.<\/p>\n<p><strong>Hoe belangrik is dit vir jou om in beheer te wees?<\/strong><br \/>\nDis vir my belangrik, dalk omdat ek as kind so magteloos gevoel het. Ek voel beter as ek glo ek kan \u2019n situasie beheer &#8211; al is dit dalk nie die geval nie. Ek weet dis \u2019n illusie. Toe ek met The Closer klaargemaak het, het ek selfhelpklasse saam met \u2019n klomp twintigjariges geneem.<br \/>\n<strong><br \/>\nDit was dapper &#8230;<\/strong><br \/>\n(lag) Ja, dit was. Dit het daaroor gegaan om beheer oor te gee. Dit het gevoel asof ek van \u2019n gebou afspring. Ek het altyd \u2019n plan, selfs as ek toneelspeel. So nou moet ek leer om nie \u2019n plan te h\u00ea nie en oukei daarmee te wees. Ek sal graag so wil leef.<\/p>\n<p><strong>Jy lyk so goed. Hoe kry jy dit reg?<\/strong><br \/>\nEk probeer om baie te slaap. Ek probeer ook om gelukkig te wees waar ek my ook al bevind. Ek het pas 47 geword en ek is dankbaar daarvoor, ek het soveel wysheid en ondervinding opgedoen. Ek wil myself beter leer ken. Daar is niks so mooi soos wanneer iemand regtig gelukkig is met hom\/haarself nie.<\/p>\n<p><strong>Jou kinders is nou 20 en 23. Ly jy aan die le\u00ebnes-sindroom?<\/strong><br \/>\nToe ons seun met ho\u00ebrskool klaarmaak, het ek vir Kevin ges\u00ea: \u201cOns het vergeet om nog kinders te h\u00ea\u201d &#8211; en in trane uitgebars. Toe ons die tweede een universiteit toe stuur, het ek ges\u00ea \u201cnou vlieg hulle weg\u201d. Ek is mal daaroor om \u2019n ma te wees en ek sal hulle vreeslik mis, maar as jy jou werk reg gedoen het, moet hulle jou verlaat. Dis hoe dit werk. In die lig van die w\u00eareld se bevolkingsaanwas, het ek die regte ding gedoen om net twee te h\u00ea (lag). Nou kan ek ook gaan werk sonder om skuldig te voel dat ek my kinders by die huis los.<br \/>\n<strong><br \/>\nHou jy van mooi aantrek? Waarvan hou jou man?<\/strong><br \/>\nKevin s\u00ea altyd ek lyk goed in alles. Daar is baie druk om goed te lyk, maar ek is \u2019n aktrise en nie \u2019n model nie. Ek hou van mooi klere en leen wat ek nie kan bekostig nie, of waarop ek nie geld wil uitgee nie. Ek hou daarvan om vir spesiale geleenthede mooi aan te trek, maar my lewe draai nie daarom nie. Ek het \u2019n mening, maar ek laat die groot besluite aan die kenners oor en maak net die finale keuse. Ek hou van iets wat gemaklik sit en sal gelukkig wees solank ek nie op die worst dressed list verskyn nie. Gewoonlik dra ek \u2019n bloes en jeans.<\/p>\n<p><strong>Gee Kevin jou baie komplimente?<\/strong><br \/>\nJa, hy s\u00ea dikwels ek word al mooier, maar ek weet dit kan nie waar wees nie (lag). Ek word dalk mooier aan die binnekant, maar ek raak definitief ouer en dinge begin anders lyk.<br \/>\n<strong><br \/>\nHoe werk dit met twee akteurs in die huis?<\/strong><br \/>\nVoor een van ons met \u2019n nuwe projek begin, sal die ander een die draaiboek lees en \u2019n mening gee. Kevin het jare laas \u2019n oudisie gedoen, maar ek doen nog gereeld oudisies en vra altyd sy mening. Dis wonderlik om daardie terugvoer te kry. Hy is \u2019n baie goeie regisseur. As hy besig is met iets, sal hy my altyd vra wat ek dink. Ons is eerlik met mekaar sonder om mekaar seer te maak. Hy raak beter namate hy ouer word, en ek hoop ek kan dieselfde s\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Wat doen jy graag as jy nie werk nie?<\/strong><br \/>\nEk hou daarvan om tyd saam met my vriende en familie deur te bring. Ek sou graag een van daardie vroue wou wees wat elke middag saam met haar vriendinne kon gaan eet. My skuldige plesiertjie is aanlyn-inkopies. Ek koop nie altyd nie, maar ek is altyd aan die kyk. Ek lees ook graag, al kry ek nie altyd tyd daarvoor wanneer ek werk nie. Ek is mal oor reis. En slaap. Ek hou van my middagslapie.<br \/>\n<strong><br \/>\nWord jy ooit kwaad?<\/strong><br \/>\nGereeld. Ek is al as Cruella de Vil beskryf. Veral by die werk. As jy goed voorbereid is, is ek die vriendelikheid self. Maar as jy nie jou woorde ken nie? Ek sal jou bas lewendig aftrek en \u2019n jas daarvan maak (lag). Dit klink vreeslik, maar dis waar. Ek dink akteurs is so gelukkig om hierdie soort werk te kan doen, dat dit die minste is om te verwag dat jy jou woorde ken. As kind het ek baie gou kwaad geword, maar ek het geleer om vyf keer vinnig asem te haal voor ek iets kwytraak.<br \/>\n<strong><br \/>\nStem jy en Kevin saam oor hoe julle jul kinders grootmaak?<\/strong><br \/>\nOns stem gewoonlik saam. Hy sal ook soms aan iets dink wat ek nie raakgesien het nie. Hy kom nie uit \u2019n gebroke gesin soos ek nie. Ons het baie respek vir mekaar as ouers. Soms het hy baie sterk oortuigings oor iets, en dan sal ek hom sy gang laat gaan.<br \/>\n<strong><br \/>\nWat is julle geheim vir \u2019n lang en gelukkige huwelik in Hollywood?<\/strong><br \/>\nDie geheim is om nie verhoudingsadvies van akteurs te volg nie (lag). Ek het nie \u2019n idee nie. Ek dink ons is net gelukkig.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die fyn vrou uit New York het haar loopbaan as sestienjarige in die sepie Another World begin. Van die begin af was dit duidelik dat sy ambisieus is en \u2019n gesonde uitkyk op die lewe het. Maar haar lewe was [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-4432","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kyra Sedswick: Sonder fieterjasies | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kyra Sedswick: Sonder fieterjasies | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die fyn vrou uit New York het haar loopbaan as sestienjarige in die sepie Another World begin. Van die begin af was dit duidelik dat sy ambisieus is en \u2019n gesonde uitkyk op die lewe het. Maar haar lewe was [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-15T09:37:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:25:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/142422244.jpg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonder-fieterjasies\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonder-fieterjasies\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Kyra Sedswick: Sonder fieterjasies\",\"datePublished\":\"2012-11-15T09:37:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:25:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonder-fieterjasies\\\/\"},\"wordCount\":1641,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonder-fieterjasies\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/142422244.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonder-fieterjasies\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonder-fieterjasies\\\/\",\"name\":\"Kyra Sedswick: Sonder fieterjasies | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonder-fieterjasies\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonder-fieterjasies\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/142422244.jpg\",\"datePublished\":\"2012-11-15T09:37:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:25:11+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonder-fieterjasies\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonder-fieterjasies\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonder-fieterjasies\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/142422244.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/142422244.jpg\",\"width\":672,\"height\":510},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sonder-fieterjasies\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kyra Sedswick: Sonder fieterjasies\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kyra Sedswick: Sonder fieterjasies | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kyra Sedswick: Sonder fieterjasies | rooi rose","og_description":"Die fyn vrou uit New York het haar loopbaan as sestienjarige in die sepie Another World begin. Van die begin af was dit duidelik dat sy ambisieus is en \u2019n gesonde uitkyk op die lewe het. Maar haar lewe was [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-15T09:37:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:25:11+00:00","og_image":[{"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/142422244.jpg","type":"","width":"","height":""}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Kyra Sedswick: Sonder fieterjasies","datePublished":"2012-11-15T09:37:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:25:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/"},"wordCount":1641,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/142422244.jpg","keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/","name":"Kyra Sedswick: Sonder fieterjasies | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/142422244.jpg","datePublished":"2012-11-15T09:37:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:25:11+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/142422244.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/142422244.jpg","width":672,"height":510},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sonder-fieterjasies\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kyra Sedswick: Sonder fieterjasies"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4432","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4432"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4432\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4432"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4432"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4432"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}