{"id":4428,"date":"2012-11-15T11:13:00","date_gmt":"2012-11-15T09:13:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/"},"modified":"2018-07-06T13:07:59","modified_gmt":"2018-07-06T11:07:59","slug":"aan-die-regte-kant-van-jan-taks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/","title":{"rendered":"Aan die regte kant van Jan Taks"},"content":{"rendered":"<p>Baie van ons stel uit om die jaarlikse belastingspulletjie te takel en wonder of jy nie maar di\u00e9 swarigheid in die hande van \u2019n kundige moet druk nie. En behalwe opsien, is jy dalk onseker oor kwessies soos wat jy alles kan eis en weet jy ook nie mooi hoe e-liassering (e-filing) werk nie. Maar spring in, want dit kan \u2019n duur fout wees as jy die belastingtakie te lank uitstel.<\/p>\n<p>Anelize Bubb, \u2019n professionele rekenmeester en vennoot by T. Roos &amp; Kie in Bloemfontein, s\u00ea die Suid-Afrikaanse Inkom-stediens (SAID\/SARS) is deesdae baie streng met hul boetes en word elke jaar al beter in die toepassing van die boetestelsel.<\/p>\n<p>\u201cWanneer jy nalaat om \u2019n opgawe in te dien, kan \u2019n administratiewe boete van R250 tot R16 000 per maand vir \u2019n maksimum van 36 maande gehef word, of tot wanneer die belastingpligtige die opgawe indien,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Iemand met \u2019n belasbare inkomste van R0 &#8211; R250 000 per jaar word met R250 per maand beboet. As jy \u2019n belasbare inkomste van R500 000 &#8211; R1 miljoen het, word jy met R500 per maand beboet. Dus: hoe meer jy verdien, hoe harder word jy geslaan.<br \/>\n<strong><br \/>\nDit het met my gebeur<\/strong><\/p>\n<p>Yolande* van Rustenburg in Noordwes, het in 2004 van werk verander en toevallig het die persoon in beheer van die finansi\u00eble afdeling \u00f3\u00f3k bedank.<\/p>\n<p>\u201cOm een of ander rede het die organisasie gesukkel om vir my \u2019n IRP5 te gee (die dokument wat die basis van jou belas-tingopgawe vorm),\u201d s\u00ea Yolande. \u201cEk het opgevolg, maar daar het niks van gekom nie. Die volgende jaar het ek bly uitstel om my opgawe in te dien omdat die vorige jaar se belasting nog nie uitgepluis was nie. Boonop het die organisasie vir wie ek gewerk het, toegemaak en kon ek nie meer die saak opvolg nie.\u201d<\/p>\n<p>Yolande het die daaropvolgende jaar ook nie haar opgawe ingedien nie en toe is sy kniediep in die moeilikheid. Teen die tyd dat sy genoeg geld gehad het om \u2019n boekhouer aan te stel het die SAID reeds met regstappe begin.<\/p>\n<p>\u201cEk moes op die ou end hof toe gaan,\u201d s\u00ea Yolande. \u201cEk was vreesbevange dat my nuwe werkgewer en kollegas daarvan sou hoor. Gelukkig was dit toe nie so \u2019n traumatiese proses nie, maar tot vandag toe weet ek nie hoe my belastingkonsultant die gemors opgelos het nie. Ek is net bly hy het!\u201d<\/p>\n<p>Uiteindelik het die uitstellery haar baie gekos en sou dit heelwat goedkoper gewees het as sy dadelik \u2019n deskundige gekry het om haar te help.<\/p>\n<p><strong>Wanneer moet jy jou belasting doen?<\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Belastingjaar strek van 1 Maart van \u2019n bepaalde jaar tot 28 Februarie van die volgende jaar. In 2012 se belastingopgawe dui jy dus jou inkomste van Maart 2011 tot Februarie 2012 aan. In die 2011\/2012-finansi\u00eble jaar het meer as vier miljoen mense hul belastingsopgawes by die SAID ingedien.<\/p>\n<p>Vanjaar was die opgaweseisoen van 1 Julie af oop en het jy tot die einde September kans om opgawes per hand in te dien. As jou opgawe dan nog nie gedoen is nie, het jy geen ander keuse as om dit elektronies via die SAID se e-liassering in te gee nie, maar jy het nog tyd tot 23 November om dit te doen. Dit is darem nog nie te laat nie.<\/p>\n<p>As jy behalwe \u2019n salaris ook \u2019n ander inkomste ontvang, soos huurinkomste, rente op beleggings, of as jy \u2019n werk het en ook vryskutwerk doen, is jy \u2019n voorlopige belastingbetaler en het nog tot 31 Januarie 2013 om jou opgawe in te dien.<br \/>\nEsmarie Froneman werk vir haar familie se onderneming, Charma Kombuise, in Krugersdorp. Sy is verantwoordelik vir die belasting en s\u00ea dit is vir haar makliker om nie net elektroniese opgawes in te dien nie, maar ook \u2019n boekhouer se dienste te gebruik.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Mens wil nie \u2019n fout maak wat die onderneming gaan geld kos nie, so dis minder druk op my as ek \u2019n boekhouer gebruik,\u201d s\u00ea Esmarie.<\/p>\n<p>Anelize s\u00ea mense wat net \u2019n salaris verdien en nie annu\u00efteite, kommissie, of reiskoste het nie, kan maklik genoeg hul eie opgawes behartig. Maar as dit ingewikkelder is, kan \u2019n belastingadviseur \u2019n wyse belegging wees.<\/p>\n<p>\u201cDit word gewoonlik \u2019n probleem wanneer die SAID iets verkeerd aangeslaan het en die persoon dit nie deur die e-liassering-opsies reggestel kan kry nie, gewoonlik omdat hulle nie presies weet watter besonderhede die SAID van hulle verwag nie. Die probleem word dan \u2019n belastingadviseur of rekenmeester s\u2019n. Dis dikwels moeiliker om die probleem reg te stel en die koste kan soms meer beloop as wanneer die opgawe net van die begin af korrek voltooi was.\u201d<br \/>\nDie goeie nuus is dat dit baie maklik is om elektroniese belastingopgawes te doen.<\/p>\n<p>\u201cDie voordele van e-liassering is eindeloos,\u201d s\u00ea Anelize. \u201cJy hoef nie meer in lang toue te gaan sit om jou opgawe in te dien nie. Wanneer jy e-liasseer, ontvang jy ook die aanslae en ander korrespondensie per e-pos, en posvertragings word uitgeskakel. Deesdae kan jy selfs jou rekeningstaat op e-liassering aanvra en sien wat presies met jou betaling aangaan en watter bedrae nog uitstaande is.\u201d<br \/>\n<strong><br \/>\nWat behels e-liassering?<\/strong><\/p>\n<p>Die volgende riglyne is deur die SAID verskaf en is ook beskikbaar op die webwerf www.sars.gov.za<br \/>\nOm vir e-liassering te registreer, het jy al jou persoonlike inligting soos jou ID-nommer, belastingverwysingsnommer, adres en bankbesonderhede nodig.<\/p>\n<p>Wanneer jy <a target=\"\">www.sarsefiling.co.za<\/a> besoek, sal daar \u2019n opsie wees om vir e-liassering te registreer. Wanneer jy al jou persoonlike inligting ingevoer het, sal jy gevra word om \u2019n intekennaam en wagwoord te kies, waarna jy geregistreer is. Om jou belasting- opgawe te voltooi, het jy alle dokumente wat met jou inkomste verband hou, jou bank- state, bewys van betalings wat jy dalk reeds aan SAID gemaak het, asook die besonderhede van jou bates en laste nodig. Di\u00e9 dokumente hoef nie ingedien te word nie, behal we as die SAID dit spesifiek aanvra. Jy moet die dokumentasie vir minstens vyf jaar hou.<\/p>\n<p>Noudat jy vir e-liassering geregistreer is, kan jy jou opgawe \u2013 \u2019n ITR12-dokument \u2013 voltooi. Jou IRP5 sal reeds op die SAID se elektroniese stelsel gelaai wees, en jy sal net \u2019n paar vrae gevra word wat sal help om jou opgawe vir jou spesifieke profiel aan te pas. Jy hoef die vrae net te antwoord as jou belastingsake verander het. Daar sal opsies wees vir ekstra inkomste en aftrekkings, en jy kan in enige stadium die opgawe save en later teruggaan.<\/p>\n<p>Inligting wat jy moet verskaf, sal in rooi omkring wees, en as jy binne gemeenskap van goedere getroud is, sal jy ook jou eggenoot se voorletters, ID-nommer en land van herkoms moet aandui (as dit nie Suid-Afrika is nie, sal jy ook sy paspoortnommer nodig h\u00ea).<\/p>\n<p>Wanneer jy die knoppie klik om jou opgawe in te dien, sal die SAID jou inligting nagaan en meer inligting vra waar nodig. Jy kan ook in di\u00e9 stadium veranderings aan jou opgawe aanbring en weer indien. Jy sal bevestiging ontvang sodra jou opgawe finaal ingedien is. Indien jy jou opgawe vroeg ingedien het, sal jou sake binne 34 werksdae afgehandel wees. As jy tot op die nippertjie wag, kan dit tot 90 werksdae duur voor jou belasting afgehandel is. Mense wat minder as R5 000 per maand verdien, hoef nie opgawes in te dien nie.<\/p>\n<p><strong>Waarvoor kan ek eis? <\/strong><\/p>\n<p>Anelize s\u00ea jou aftrekkings hang af van hoe jou salaris gestruktureer is. \u201cMense wat net \u2019n salaris verdien, kan vir pensioen, annu\u00efteite en medies eis. As jy ook \u2019n reistoelae ontvang, kan jy vir reiskoste eis, mits \u2019n gedetailleerde logboek, soos vereis deur die SAID, deur die jaar gehou is. Mense wat kommissie verdien, kan vir heelwat meer uitgawes eis: kortliks kan \u2019n mens s\u00ea dat alle uitgawes wat kommissieverdieners aangaan om \u2019n inkomste te genereer gewoonlik aftrekbaar is.\u201d<\/p>\n<p><strong># Mediese aftrekkings<\/strong> Die SAID s\u00ea dat jy mediese uitgawes wat jy buite jou mediese fonds aangegaan het, kan eis<br \/>\nsolank die bedrag nie 7,5% van jou inkomste oorskry nie. Die maksimum bedrae wat jy kan eis, is R625 per maand as jy net vir jouself eis, of R1 250 as jy vir jouself en een afhanklike eis. As jy meer as een afhanklike het, kan jy \u2019n ekstra R380 vir elke afhanklike eis. Dus, as jy die medies betaal vir jou, jou man en drie kinders, kan jy nie meer as R2 010 bo en behalwe jou mediese fondsuitgawes eis nie.<\/p>\n<p><strong># Mediese fonds<\/strong> Jy kan R230 vir jouself en een afhanklike elk terugeis, en R154 vir elke afhanklike daarna. Weer eens, as jy vir jouself, jou man en drie kinders eis, kan jy R692 van elke maand se mediese fondskoste terugeis.<\/p>\n<p><strong># Uittreepolisse<\/strong> Jy kan jy tot een derde van \u2019n pensioenfonds-annu\u00efteituitbetaling kontant ontvang. Van daardie derde is die eerste R300 000 belastingvry. Wanneer dit kom by voorsorgpolisse, kan jy die hele bedrag kontant laat uitbetaal, maar dit sal belas word.<\/p>\n<p><strong>Kommissie en belasting<\/strong><\/p>\n<p>As jy op \u2019n kommissiebasis werk, kan jy vir baie meer eis, mits meer as 50% van jou inkomste uit kommissie verdien is.<br \/>\nHoe meer jou motor werd is, hoe meer kan jy eis. As jou motor tot en met R60 000 werd is, kan jy R0,73 per kilometer vir petrol eis, en R0,25 per kilometer vir instandhouding. As jou motor tussen R180 000 en R240 000 werd is, kan jy R0,86 per kilometer vir brandstof eis, en R0,36 per kilometer vir instandhouding.<\/p>\n<p>Indien jou motor meer as R480 000 werd is, kan jy R1,33 per kilometer vir brandstof eis, en R0,68 per kilometer vir instandhouding. Maar jy m\u00f3\u00e9t \u2019n logboek hou met jou kilometerlesings en kilometers vir werk en privaatdoeleindes gereis. Die SAID het voorbeelde hiervan op sy webtuiste. Jy mag geen brandstofuitgawes eis as jy nie die volle brandstof- en instandhoudingskoste self dra nie (as jy bv. \u2019n instandhoudingsplan het). As jy minder as 8 000 kilometer per jaar vir werk ry, hoef jy nie belasting op jou petroltoelaag te betaal nie. Dit geld nie as jou werkgewer jou vir reisuitgawes terugbetaal het nie.<\/p>\n<p><strong>Jou onderneming en huishouding<\/strong><\/p>\n<p>Esmarie s\u00ea sy behartig die betaling van Charma-werknemers se belasting en dat dit \u2019n maklike proses is.<\/p>\n<p>Alle werknemers moet by die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF\/UIF) geregistreer word. Die proses waardeur werkers se belasting behartig word, word \u201cbetaal soos jy verdien\u201d (Pay as you earn) genoem, en word deur die SAID se e@syFile\u2122-program gedoen. Jy het nie internet vir die program nodig nie, en werkgewers kan hul werknemers se belasting verklaar en via die SAID se e-liassering indien.<\/p>\n<p>Vir WVF moet werkgewers die Departement van Arbeid se U-liassering via die webwerf www.ufiling.co.za gebruik.<\/p>\n<p>\u201cIn die elektroniese tyd waarin ons leef, maak selfs die owerheid dit vir ons makliker om die vereistes wat hulle daarstel, na te kom,\u201d s\u00ea Anelize. \u201cVir die registrasie van werknemers vir WVF kan jy op labour.gov.za se webblad gaan kyk \u2013 daar word stap vir stap verduidelik hoe jy te werk moet gaan. Die registrasie kan telefonies, elektronies of per faks gedoen word en dis regtig \u2019n maklike, vinnige proses. Meestal kry jy jou nommer nog dieselfde dag. Die indiening van die opgawes kan ook elektronies deur U-lias-sering gedoen word.\u201d<\/p>\n<p>Alle werknemers, ook huishulpe en tuiniers, moet vir WVF geregistreer word, tensy hulle minder as 24 uur per maand vir jou werk, nie van Suid-Afrikaanse herkoms is nie, of \u2019n staatspensioen ontvang. Jou werknemers moet ook \u2019n kontrak h\u00ea. Op die Departement van Arbeid se webwerf is voorbeelde van standaardkontrakte.<\/p>\n<p><strong>Jy werk vir jouself <\/strong><\/p>\n<p>As jy vir jouself werk, moet jy steeds \u2019n belastingsopgawe indien. Yolande, wat deesdae vir haarself werk, beveel aan dat jy liewer \u2019n boekhouer moet gebruik.<\/p>\n<p>\u201cOmdat jou inkomstebelasting afhang van hoeveel werk jy inkry, en daar ook bepalings is wat jou maatskappy se jaarlikse omset betref, kan dit ingewikkeld word.<\/p>\n<p>\u201cEk wil beslis nie weer in die moeilikheid beland nie, en verkies om iemand te betaal wat weet wat hy doen. Ek beskou dit as \u2019n belegging.\u201d<\/p>\n<p>*Skuilnaam. BRONNE: Anelize Bubb, T Roos &amp; Kie: <a target=\"\">anelize@troos.co.za<\/a>; <a target=\"\">www.sars.gov.za<\/a>; <a target=\"\">www.sarsefiling.co.za<\/a>; <a target=\"\">www.labour.gov.za<\/a>; <a target=\"\">www.ufiling.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie van ons stel uit om die jaarlikse belastingspulletjie te takel en wonder of jy nie maar di\u00e9 swarigheid in die hande van \u2019n kundige moet druk nie. En behalwe opsien, is jy dalk onseker oor kwessies soos wat jy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98946,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[680],"tags":[],"class_list":["post-4428","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sukses-en-geld"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Aan die regte kant van Jan Taks | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Aan die regte kant van Jan Taks | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Baie van ons stel uit om die jaarlikse belastingspulletjie te takel en wonder of jy nie maar di\u00e9 swarigheid in die hande van \u2019n kundige moet druk nie. En behalwe opsien, is jy dalk onseker oor kwessies soos wat jy [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-15T09:13:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T11:07:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Aan-die-regte-kant-van-jan-taks.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"998\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Aan die regte kant van Jan Taks\",\"datePublished\":\"2012-11-15T09:13:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:07:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\\\/\"},\"wordCount\":2009,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Aan-die-regte-kant-van-jan-taks.jpeg\",\"articleSection\":[\"Sukses en geld\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\\\/\",\"name\":\"Aan die regte kant van Jan Taks | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Aan-die-regte-kant-van-jan-taks.jpeg\",\"datePublished\":\"2012-11-15T09:13:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:07:59+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Aan-die-regte-kant-van-jan-taks.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Aan-die-regte-kant-van-jan-taks.jpeg\",\"width\":998,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Aan die regte kant van Jan Taks\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Aan die regte kant van Jan Taks | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Aan die regte kant van Jan Taks | rooi rose","og_description":"Baie van ons stel uit om die jaarlikse belastingspulletjie te takel en wonder of jy nie maar di\u00e9 swarigheid in die hande van \u2019n kundige moet druk nie. En behalwe opsien, is jy dalk onseker oor kwessies soos wat jy [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-15T09:13:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T11:07:59+00:00","og_image":[{"width":998,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Aan-die-regte-kant-van-jan-taks.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Aan die regte kant van Jan Taks","datePublished":"2012-11-15T09:13:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:07:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/"},"wordCount":2009,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Aan-die-regte-kant-van-jan-taks.jpeg","articleSection":["Sukses en geld"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/","name":"Aan die regte kant van Jan Taks | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Aan-die-regte-kant-van-jan-taks.jpeg","datePublished":"2012-11-15T09:13:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:07:59+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Aan-die-regte-kant-van-jan-taks.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Aan-die-regte-kant-van-jan-taks.jpeg","width":998,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/aan-die-regte-kant-van-jan-taks\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Aan die regte kant van Jan Taks"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4428","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4428"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4428\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98946"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4428"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4428"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4428"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}