{"id":4420,"date":"2012-11-15T10:20:00","date_gmt":"2012-11-15T08:20:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/steeds-stralend\/"},"modified":"2019-10-11T10:27:32","modified_gmt":"2019-10-11T08:27:32","slug":"steeds-stralend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/","title":{"rendered":"Steeds stralend"},"content":{"rendered":"<p>Elsje Neethling Blair van Bloemfontein is 31. Toe sy 13 was, is aggressiewe, terminale breinkanker by haar gediagnoseer. Nou, byna twee dekades later, leef sy steeds &#8211; met \u2019n oorgawe wat die meeste van ons gesondes in die skadu stel. Elsje het talle verliese gely. Toe die breingewas ontdek is, het sy pas die Vrystaatse skoleswemspan gehaal. Ses jaar lank moes sy ontwrigting, vrees vir die dood, pyn, operasies, bestraling, die verlies van haar hare en \u201canders wees\u201c verduur. Daarna was sy skoon \u2013 volgens die dokters \u2019n algehele wonderwerk!<\/p>\n<p>Elf jaar lank het sy \u2019n min of meer normale lewe gelei; in Engeland en die VSA gaan werk, haar universiteitstudie voltooi, koerantverslaggewer geword en hopeloos verlief geraak. Drie maande voor haar troue met prokureur Bruce Blair het die kanker opnuut toegeslaan. N\u00e1 vyf spinale operasies en \u2019n reeks behandelings is sy sedert laas jaar in remissie.<br \/>\nElsje het die liggaamsfunksies in die onderste deel van haar liggaam verloor. Die verlamming is sensories en nie motories nie, wat beteken dat sy nog met moeite kan loop. Haar linkerbeen is met bestraling so beskadig dat sy dikwels van \u2019n rolstoel afhanklik is. Sy moes haar werk as joernalis ops\u00ea, en beleef \u2019n vroe\u00eb menopouse. Sy moet \u2019n kateter gebruik en kry gereeld nierpypinfeksie.<\/p>\n<p>Tog het sy vars maniere gevind om sin te gee aan haar bestaan \u2013 asook aan die bestaan van ander. Die kunssinnigheid wat kleintyd al kop uitgesteek het, het in die maak van kleurryke kostuumjuwele uiting gevind. Hip*E kralewerk vang Elsje se kreatiwiteit en vrye gees vas, en deur haar organisasie \u201cI bead cancer\u201c leer sy vroue om hul energie skeppend te laat vloei.<\/p>\n<p>Dan is daar haar boek. Ek droom van \u2019n droom is \u2019n aangrypende terugblik op haar reis met kanker, haar lewe as deel van \u2019n gesin van swemkampioene, en die manier waarop sy gewone tienerdrome in ander drome moes omvorm.<\/p>\n<p>Die boek, geskryf saam met die gesoute skrywer Maretha Maartens, oorrompel jou met eerlikheid, \u2019n onstuitbare sin vir humor en reguit geloofsvrae. Bydraes deur pa Ryk, ma San-Marie, boetie Ryk, sussie Jean-Mari\u00e9 en Elsje se man, Bruce, vertel hoe haar stryd ook hul stryd geword het. Hoewel die boek nie die donkerte van hierdie pad ontken nie, is dit \u2019n boek vol lig. Nie die sosiaal aanvaarbare, kom-ons-versuiker-dit soort lig nie &#8211; eerder die lig wat begin straal wanneer die geloof in \u2019n liefdevolle God van wonderwerke swaarder as enigiets anders weeg.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Vis in die water <\/strong><\/span><\/p>\n<p>Elsje was ses toe sy begin swem het. \u201cEk leef vandag nog vir travel en social. As \u2019n bus ie-wers heen sou ry, het ek begin oefen. Ons was \u2019n gang en het net fun gehad. Ek het partykeer aan die toue getrek om klaar te maak. Rykie sou nooit so iets doen nie!\u201c<\/p>\n<p>In haar boek skryf Elsje: \u201cAlles is so mooi in die water, soos musiek, soos dans. Hoofpyn en ander pyne los in die water op. Jy duik met \u2019n hoofpyn waarvoor Disprins nie help nie in die water in en jy kom daar uit met niks, clear as crystal. In die water dink ek aan niks anders as water nie. Water is vir altyd.\u201d<\/p>\n<p>Chiro\u00efed pleksus karsinoom, die skaars vorm van breinkanker waarmee Elsje waarskynlik gebore is, het veroorsaak dat sy van dag een af onhoudbare hoofpyne gehad het. Niemand het geweet hoekom sy so baie huil nie. \u201cMy hoofpyn skree soos sonbesies uit die hel. Net nadat my eerste tandjies uitgekom het, het ek al op hulle begin byt teen die hoofpyn. Ek kon nog nie praat nie; ek het net gehuil en gebyt, vir Rykie ook,\u201c skryf sy.<\/p>\n<p>Dis juis vanwe\u00eb haar swemmery dat die kanker destyds opgespoor is. \u201cEk was in ons skool se duikspan en wanneer my kop die water getref het n\u00e1 \u2019n backflip, het die gewas begin bloei.\u201c<\/p>\n<p>N\u00e1 die operasies was dit \u2019n stryd om Elsje uit die water te hou. \u201cEk sou een keer gaan toer met die Vrystaatse vrouewater-polospan, maar toe moes ek my derde breinoperasie kry. My ma het ges\u00ea ek kon gaan, mits iemand my verbande omruil en my kop droog bly. Ek dink die plan was dat ek sou toekyk. Toe ons teen Mosambiek sou speel, kon niks my keer nie. Ek het twee swempette en \u2019n Checkers-sak gedra!\u201c<\/p>\n<p>Sedert 2011 swem Elsje weer, 2 km per dag, in die hoop om haar bene te versterk. Sy doen ook fisioterapie in die water.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Wonderwerke<\/strong><\/span><\/p>\n<p>\u201cMiracles is daar vir almal, maar dis di\u00e9 wat nie sinies is nie wat dit raaksien,\u201c glo Elsje. \u201cEk kan soos \u2019n kind opgewonde word oor die stupidste goed. Sodra jy soos \u2019n grootmens begin dink, in terme van re\u00ebls en logika, verloor jy daardie ontvanklikheid. Net gister was daar niemand om my te help om in \u2019n parkeerterrein my rolstoel uit die kar te kry nie. Onverwags staan daar \u2019n man wat motors was, en vertel my met \u2019n spierwit glimlag dat hy \u2019n hospitaal-portier was. Hy weet hoe!<\/p>\n<p>\u201cSoms is mense bang om oor wonderwerke te praat ingeval ander dink hulle is mal. In 2010 l\u00ea ek in \u2019n MR-scanner om te toets of ek skoon is n\u00e1 die behandeling teen die kankertentakels wat my spinale vloeistof, kolon en blaas aangetas het. My ma was daar, en baie emosioneel. Sy loop al so \u2019n lang pad met my. Skielik sien ek hoe die personeel hardloop om ander medici te gaan roep. Uit vorige ervaring het ek geweet dit beteken waarskynlik daar is groot fout.&#8221;<\/p>\n<p>\u201cUit die bloute het \u2019n warm gevoel my saam met die trane oorspoel. Die Here het met my gepraat: \u2018Ek het jou genees. Jy is skoon. Gaan maak die mense wakker!\u2019<\/p>\n<p>\u201cEk was nog nooit so kalm nie &#8211; ek is \u2019n drama queen! Ek het my ma se hande gevat en ges\u00ea: \u2018Hou op huil. Die Grootbaas het gepraat, en ek het geluister. Ek is skoon.My onkoloog van baie jare, wat my as sy dogter beskou, staan toe daar met die scan in sy hand en s\u00ea: \u2018My ou girl, jy weet ek glo nie, maar ek is nou \u2019n believer. Hier is nie eens \u2019n griepvirus of \u2019n letsel nie. Ek weet nie waarheen die kanker is nie!\u2018 \u00c9k het geweet: die kanker is losgebid.\u201c<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>\u2019n Keuse <\/strong><\/span><\/p>\n<p>Die geloofwaardigheid van Ek droom van \u2019n droom l\u00ea daarin dat Elsje nooit ontken hoe moeilik haar situasie was en is nie. \u201cOmdat ek moeite doen om make-up aan te sit en mooi aan te trek, weet mense nie altyd hoe seer en siek ek voel nie. Ek is so lief vir loop \u2013 ek het \u2019n keer \u2019n passasierskip m\u00e9t my paspoort aan boord in Mexiko verpas omdat ek net aanhou loop en rondkyk het \u2013 en nou kan ek nie. Dis swaar om te aanvaar dat ek \u2019n stut moet dra en \u2019n sitting duck is. Ek wens ek kon net een keer weer my maandstonde kry.<\/p>\n<p>\u201cMaar ons is as fighters grootgemaak, -geestelik \u00e9n mentally. Dit het my uithouvermo\u00eb geleer. Ek het geleer dat jy \u2019n keuse het. Jy besluit hoe jy jou situasie gaan hanteer. Staan op, kyk die lewe in die o\u00eb en l\u00e9\u00e9f.\u201d<\/p>\n<p>Is dit wat Elsje s\u00ea wanneer sy as motiveringspreker optree? \u201cJa, mense donder dikwels deur die lewe. Ek s\u00ea: \u2018Kom uit julle smart huise, haal julle mab\u00e9-p\u00earels af en leef met bewustheid! Ek het geleer om alles in te neem en die oomblik waarin ek is, te koester.\u201c<\/p>\n<p>Elsje se sin vir humor is haar redding. Sy tweet as Blairbitch en ontsien geen heilige koei nie. En dan is daar haar geloof: \u201cAs dit nie vir my verhouding met die Here was nie, was ek lankal bokveld toe. Ek chat elke dag met Hom. Ek glo \u2018the thing that makes you different, makes you beautiful\u2019.\u201d<\/p>\n<p>Dis hierdie vermo\u00eb om te straal, om midde-in die grootste uitdagings dit wat mooi is te soek en te skep, wat die hoogste medalje verdien. Een wat tien teen een uit \u2019n oordaad veelkleurige krale en polimeerkleirose sal bestaan. Met iewers \u2019n onverwagse kinkel \u2013 sodat dit real kan wees, soos Elsje.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Krale-terapie <\/strong><\/span><\/p>\n<p>\u201cDie bont krale in kralewinkels, bakke vol geslypte tieroog- en rooskwartsklippers en maanstene laat iets in my gebeur. Ek wil daarmee w\u00e9rk. Lapis lazuli-steentjies is die Here se ultimate blou.\u201c<\/p>\n<p>Toe Elsje in 2008 in die hospitaal was, het vriendinne krale gebring om haar besig te hou. \u201cMy eerste kralehangertjie met die polimeerkleirose wat ek self gemaak het, het mense se oog gevang. \u2019n Verpleegster wou dit van my nek af koop! Ek was nie seker of sy net vir my jammer gevoel het nie. Die volgende dag was sy terug met \u2019n lys bestellings. S\u00f3 is my besigheid, Hip*E, gebore. Dit help baie met die depressie wat kanker by jou kan laat posvat en die wins help my mediese rekeninge betaal.\u201c<\/p>\n<p>Tydens bestralingsessies in \u2019n staatshospitaal het Elsje se skeppingswerk \u2019n nuwe dimensie gekry. \u201cEen dag het ek krale van die huis af gebring en \u2019n groep van 15 vroue leer bead. Hulle het begin sing en vergeet waarvoor hulle daar was. As ek die dag laat was, het hulle my uitgedinges! Party het later hul eie ondernemings begin.<\/p>\n<p>\u201cEk het tot einde 2011 daarmee volgehou, maar toe raak dit te duur. Ek sou baie graag weer wou afskop, indien iemand my een keer per maand kan borg met \u2019n boks krale, crimps en ander benodigdhede.\u201c<\/p>\n<p>Die juwele word van Bloemfontein en Pretoria tot in Los Angeles verkoop en kan van enige plek in die w\u00eareld bestel word by<br \/>\n<a href=\"http:\/\/Elsje Neethling Blair van Bloem-fontein is 31. Toe sy 13 was, is aggressiewe, terminale brein-kanker by haar gediagnoseer. Nou, byna twee dekades later, leef sy steeds - met \u2019n oorgawe wat die meeste van ons gesondes in die skadu stel. Elsje het talle verliese gely. Toe die brein-gewas ontdek is, het sy pas die Vrystaatse skoleswemspan gehaal. Ses jaar lank moes sy ontwrigting, vrees vir die dood, pyn, operasies, bestraling, die verlies van haar hare en \u201canders wees\u201c verduur. Daarna was sy skoon \u2013 volgens die dokters \u2019n algehele wonderwerk! Elf jaar lank het sy \u2019n min of meer normale lewe gelei; in Engeland en die VSA gaan werk, haar universiteitstudie voltooi, koerantverslaggewer geword en hopeloos verlief geraak. Drie maande voor haar troue met prokureur Bruce Blair het die kanker opnuut toegeslaan. N\u00e1 vyf spinale operasies en \u2019n reeks behandelings is sy sedert laas jaar in remissie. Elsje het die liggaamsfunksies in die onderste deel van haar liggaam verloor. Die verlamming is sensories en nie motories nie, wat beteken dat sy nog met moeite kan loop. Haar linkerbeen is met bestraling so beskadig dat sy dikwels van \u2019n rolstoel afhanklik is. Sy moes haar werk as joernalis ops\u00ea, en beleef \u2019n vroe\u00eb menopouse. Sy moet \u2019n kateter gebruik en kry gereeld nierpypinfeksie. Tog het sy vars maniere gevind om sin te gee aan haar bestaan \u2013 asook aan die bestaan van ander. Die kunssinnigheid wat kleintyd al kop uitgesteek het, het in die maak van kleurryke kostuumjuwele uiting gevind. Hip*E kralewerk vang Elsje se kreatiwiteit en vrye gees vas, en deur haar organisasie \u201cI bead cancer\u201c leer sy vroue om hul energie skeppend te laat vloei. Dan is daar haar boek. Ek droom van \u2019n droom is \u2019n aangrypende terugblik op haar reis met kanker, haar lewe as deel van \u2019n gesin van swemkampioene, en die manier waarop sy gewone tienerdrome in ander drome moes omvorm. Die boek, geskryf saam met die gesoute skrywer Maretha Maartens, oorrompel jou met eerlikheid, \u2019n onstuitbare sin vir humor en reguit geloofsvrae. Bydraes deur pa Ryk, ma San-Marie, boetie Ryk, sussie Jean-Mari\u00e9 en Elsje se man, Bruce, vertel hoe haar stryd ook hul stryd geword het. Hoewel die boek nie die donkerte van hierdie pad ontken nie, is dit \u2019n boek vol lig. Nie die sosiaal aanvaarbare, kom-ons-versuiker-dit soort lig nie - eerder die lig wat begin straal wanneer die geloof in \u2019n liefdevolle God van wonderwerke swaarder as enigiets anders weeg. Vis in die water Elsje was ses toe sy begin swem het. \u201cEk leef vandag nog vir travel en social. As \u2019n bus ie-wers heen sou ry, het ek begin oefen. Ons was \u2019n gang en het net fun gehad. Ek het partykeer aan die toue getrek om klaar te maak. Rykie sou nooit so iets doen nie!\u201c In haar boek skryf Elsje: \u201cAlles is so mooi in die water, soos musiek, soos dans. Hoof-pyn en ander pyne los in die water op. Jy duik met \u2019n hoofpyn waarvoor Disprins nie help nie in die water in en jy kom daar uit met niks, clear as crystal. In die water dink ek aan niks anders as water nie. Water is vir altyd.\u201d Chiro\u00efed pleksus karsinoom, die skaars vorm van breinkanker waarmee Elsje waarskynlik gebore is, het veroorsaak dat sy van dag een af onhoudbare hoofpyne gehad het. Niemand het geweet hoekom sy so baie huil nie. \u201cMy hoofpyn skree soos sonbesies uit die hel. Net nadat my eerste tandjies uitgekom het, het ek al op hulle begin byt teen die hoofpyn. Ek kon nog nie praat nie; ek het net gehuil en gebyt, vir Rykie ook,\u201c skryf sy. Dis juis vanwe\u00eb haar swemmery dat die kanker destyds opgespoor is. \u201cEk was in ons skool se duikspan en wanneer my kop die water getref het n\u00e1 \u2019n backflip, het die gewas begin bloei.\u201c N\u00e1 die operasies was dit \u2019n stryd om Elsje uit die water te hou. \u201cEk sou een keer gaan toer met die Vrystaatse vrouewater-polospan, maar toe moes ek my derde breinoperasie kry. My ma het ges\u00ea ek kon gaan, mits iemand my verbande omruil en my kop droog bly. Ek dink die plan was dat ek sou toekyk. Toe ons teen Mosambiek sou speel, kon niks my keer nie. Ek het twee swempette en \u2019n Checkers-sak gedra!\u201c Sedert 2011 swem Elsje weer, 2 km per dag, in die hoop om haar bene te versterk. Sy doen ook fisioterapie in die water. Wonderwerke \u201cMiracles is daar vir almal, maar dis di\u00e9 wat nie sinies is nie wat dit raaksien,\u201c glo Elsje. \u201cEk kan soos \u2019n kind opgewonde word oor die stupidste goed. Sodra jy soos \u2019n grootmens begin dink, in terme van re\u00ebls en logika, verloor jy daardie ontvanklikheid. Net gister was daar niemand om my te help om in \u2019n parkeerterrein my rolstoel uit die kar te kry nie. Onverwags staan daar \u2019n man wat motors was, en vertel my met \u2019n spierwit glimlag dat hy \u2019n hospitaal-portier was. Hy weet hoe! \u201cSoms is mense bang om oor wonderwerke te praat ingeval ander dink hulle is mal. In 2010 l\u00ea ek in \u2019n MR-scanner om te toets of ek skoon is n\u00e1 die behandeling teen die kankertentakels wat my spinale vloeistof, kolon en blaas aangetas het. My ma was daar, en baie emosioneel. Sy loop al so \u2019n lang pad met my. Skielik sien ek hoe die personeel hardloop om ander medici te gaan roep. Uit vorige ervaring het ek geweet dit beteken waarskynlik daar is groot fout. \u201cUit die bloute het \u2019n warm gevoel my saam met die trane oorspoel. Die Here het met my gepraat: \u2018Ek het jou genees. Jy is skoon. Gaan maak die mense wakker!\u2019 \u201cEk was nog nooit so kalm nie - ek is \u2019n drama queen! Ek het my ma se hande gevat en ges\u00ea: \u2018Hou op huil. Die Grootbaas het gepraat, en ek het geluister. Ek is skoon.\u2018 \u201cMy onkoloog van baie jare, wat my as sy dogter beskou, staan toe daar met die scan in sy hand en s\u00ea: \u2018My ou girl, jy weet ek glo nie, maar ek is nou \u2019n believer. Hier is nie eens \u2019n griepvirus of \u2019n letsel nie. Ek weet nie waarheen die kanker is nie!\u2018 \u00c9k het geweet: die kanker is losgebid.\u201c \u2019n Keuse Die geloofwaardigheid van Ek droom van \u2019n droom l\u00ea daarin dat Elsje nooit ontken hoe moeilik haar situasie was en is nie. \u201cOmdat ek moeite doen om make-up aan te sit en mooi aan te trek, weet mense nie altyd hoe seer en siek ek voel nie. Ek is so lief vir loop \u2013 ek het \u2019n keer \u2019n passasierskip m\u00e9t my paspoort aan boord in Mexiko verpas omdat ek net aanhou loop en rondkyk het \u2013 en nou kan ek nie. Dis swaar om te aanvaar dat ek \u2019n stut moet dra en \u2019n sitting duck is. Ek wens ek kon net een keer weer my maandstonde kry. \u201cMaar ons is as fighters grootgemaak, -geestelik \u00e9n mentally. Dit het my uithouvermo\u00eb geleer. Ek het geleer dat jy \u2019n keuse het. Jy besluit hoe jy jou situasie gaan hanteer. Staan op, kyk die lewe in die o\u00eb en l\u00e9\u00e9f.\u201d Is dit wat Elsje s\u00ea wanneer sy as motiveringspreker optree? \u201cJa, mense donder dikwels deur die lewe. Ek s\u00ea: \u2018Kom uit julle smart huise, haal julle mab\u00e9-p\u00earels af en leef met bewustheid! Ek het geleer om alles in te neem en die oomblik waarin ek is, te koester.\u201c Elsje se sin vir humor is haar redding. Sy tweet as Blairbitch en ontsien geen heilige koei nie. En dan is daar haar geloof: \u201cAs dit nie vir my verhouding met die Here was nie, was ek lankal bokveld toe. Ek chat elke dag met Hom. Ek glo \u2018the thing that makes you different, makes you beautiful\u2019.\u201d Dis hierdie vermo\u00eb om te straal, om midde-in die grootste uitdagings dit wat mooi is te soek en te skep, wat die hoogste medalje verdien. Een wat tien teen een uit \u2019n oordaad veelkleurige krale en polimeerkleirose sal bestaan. Met iewers \u2019n onverwagse kinkel \u2013 sodat dit real kan wees, soos Elsje. Krale-terapie \u201cDie bont krale in kralewinkels, bakke vol geslypte tieroog- en rooskwartsklippers en maanstene laat iets in my gebeur. Ek wil daarmee w\u00e9rk. Lapis lazuli-steentjies is die Here se ultimate blou.\u201c Toe Elsje in 2008 in die hospitaal was, het vriendinne krale gebring om haar besig te hou. \u201cMy eerste kralehangertjie met die polimeerkleirose wat ek self gemaak het, het mense se oog gevang. \u2019n Verpleegster wou dit van my nek af koop! Ek was nie seker of sy net vir my jammer gevoel het nie. Die volgende dag was sy terug met \u2019n lys bestellings. S\u00f3 is my besigheid, Hip*E, gebore. Dit help baie met die depressie wat kanker by jou kan laat posvat en die wins help my mediese rekeninge betaal.\u201c Tydens bestralingsessies in \u2019n staatshospitaal het Elsje se skeppingswerk \u2019n nuwe dimensie gekry. \u201cEen dag het ek krale van die huis af gebring en \u2019n groep van 15 vroue leer bead. Hulle het begin sing en vergeet waarvoor hulle daar was. As ek die dag laat was, het hulle my uitgedinges! Party het later hul eie ondernemings begin. \u201cEk het tot einde 2011 daarmee volgehou, maar toe raak dit te duur. Ek sou baie graag weer wou afskop, indien iemand my een keer per maand kan borg met \u2019n boks krale, crimps en ander benodigdhede.\u201c Die juwele word van Bloemfontein en Pretoria tot in Los Angeles verkoop en kan van enige plek in die w\u00eareld bestel word by www.hip-e.co.za Vir motiveringspraatjies, bel 083 6918 354. Ek droom van \u2019n droom deur Elsje Neethling Blair saam met Maretha Maartens verskyn middel September by CUM Uitgewers. \" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">www.hip-e.co.z<\/a>a Vir motiveringspraatjies, bel 083 6918 354.<\/p>\n<p>Ek droom van \u2019n droom deur Elsje Neethling Blair saam met Maretha Maartens verskyn middel September by CUM Uitgewers.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/IMG_0015_NEW_0001.jpg\" alt=\"\" width=\"341\" height=\"507\" \/><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elsje Neethling Blair van Bloemfontein is 31. Toe sy 13 was, is aggressiewe, terminale breinkanker by haar gediagnoseer. Nou, byna twee dekades later, leef sy steeds &#8211; met \u2019n oorgawe wat die meeste van ons gesondes in die skadu stel. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98952,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677],"tags":[],"class_list":["post-4420","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Steeds stralend | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Steeds stralend | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Elsje Neethling Blair van Bloemfontein is 31. Toe sy 13 was, is aggressiewe, terminale breinkanker by haar gediagnoseer. Nou, byna twee dekades later, leef sy steeds &#8211; met \u2019n oorgawe wat die meeste van ons gesondes in die skadu stel. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-15T08:20:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2019-10-11T08:27:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Steeds-Stralend.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"767\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steeds-stralend\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steeds-stralend\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Steeds stralend\",\"datePublished\":\"2012-11-15T08:20:00+00:00\",\"dateModified\":\"2019-10-11T08:27:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steeds-stralend\\\/\"},\"wordCount\":1620,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steeds-stralend\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Steeds-Stralend.jpeg\",\"articleSection\":[\"Inspirasie\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steeds-stralend\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steeds-stralend\\\/\",\"name\":\"Steeds stralend | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steeds-stralend\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steeds-stralend\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Steeds-Stralend.jpeg\",\"datePublished\":\"2012-11-15T08:20:00+00:00\",\"dateModified\":\"2019-10-11T08:27:32+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steeds-stralend\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steeds-stralend\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steeds-stralend\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Steeds-Stralend.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Steeds-Stralend.jpeg\",\"width\":767,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steeds-stralend\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Steeds stralend\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Steeds stralend | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Steeds stralend | rooi rose","og_description":"Elsje Neethling Blair van Bloemfontein is 31. Toe sy 13 was, is aggressiewe, terminale breinkanker by haar gediagnoseer. Nou, byna twee dekades later, leef sy steeds &#8211; met \u2019n oorgawe wat die meeste van ons gesondes in die skadu stel. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-15T08:20:00+00:00","article_modified_time":"2019-10-11T08:27:32+00:00","og_image":[{"width":767,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Steeds-Stralend.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Steeds stralend","datePublished":"2012-11-15T08:20:00+00:00","dateModified":"2019-10-11T08:27:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/"},"wordCount":1620,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Steeds-Stralend.jpeg","articleSection":["Inspirasie"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/","name":"Steeds stralend | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Steeds-Stralend.jpeg","datePublished":"2012-11-15T08:20:00+00:00","dateModified":"2019-10-11T08:27:32+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Steeds-Stralend.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Steeds-Stralend.jpeg","width":767,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steeds-stralend\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Steeds stralend"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4420","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4420"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4420\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98952"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4420"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4420"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4420"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}