{"id":4418,"date":"2016-07-06T13:30:00","date_gmt":"2016-07-06T11:30:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/beskermengel-van-die-sterre\/"},"modified":"2017-07-13T13:01:44","modified_gmt":"2017-07-13T11:01:44","slug":"moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/","title":{"rendered":"Moonyeenn Lee: beskermengel van die sterre"},"content":{"rendered":"<p>Moonyeenn Lee is die enigste Suid-Afrikaner wat saam met 683 ander mense in die internasionale rolprentbedryf genooi is om deel te wees van die <em>Academy of Motion Picture Arts and Sciences<\/em>.<\/p>\n<p>Ons het in 2012 met Moonyeenn gesels oor haar rol as beskermengel van die sterre. Hiermee die artikel soos verskyn\u00a0in die Oktober 2012-uitgawe van rooi rose:<\/p>\n<p>By <em>Moonyeenn Lee &amp; Associates<\/em> se kantoor in Rosebank, Johannesburg, staan \u2019n groter as lewensgroot Oscar-beeld. Die ontvangsvertrek is beplak met koerant- en tydskrifknipsels van akteurs en aktrises met skitterwit glimlagte wat dit in hierdie onvoorspelbare bedryf \u201cgemaak\u201d het &#8211; danksy die spreekwoordelike deur wat Moonyeenn vir hulle geopen het. Ek verwag \u2019n ystervrou. Moonyeenn se reputasie as formidabele onderhandelaar en vegter vir die plaaslike rolprentwese loop haar vooruit. Haar invloed strek verder as die plaaslike bedryf &#8211; sy is ewe tuis in die internasionale rolprentw\u00eareld en werk met groot name soos Clint Eastwood, Goldie Hawn en wyle Anthony Minghella (regisseur van onder meer <em>The English Patient<\/em> en <em>Cold Mountain<\/em>).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em><span style=\"text-decoration: underline;\">Sowat 300\u00a0plaaslike kunstenaars beskou Moonyeenn as hul beskermengel. Dit sluit bekroonde akteurs soos Tobie Cronj\u00e9, Ian Roberts, John Kani, Marius Weyers en Andrew Buckland in.<\/span><\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Uiteindelik kraak haar kantoordeur oop. Sy loer vir my oor haar rooiraambril. Ek verbeel my \u2019n glimlag speel vinnig oor haar oranjerooi lippe. Sy nooi my in.<\/p>\n<p>En wat \u2019n kleurryke verrassing is die kantoor nie! Ek maak my op \u2019n prettige rooi leerbank tuis. \u201cDis \u2019n lekker <em>fun<\/em> bank, n\u00e8?\u201d s\u00ea sy in haar skik. Die buitemuur is vol helder geel sonneblomme geverf. \u201cDie kantoor kry nie te veel son nie, so ons moes maar \u2019n plan maak,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Ek wil weet oor haar naam. \u201cDit was my ma se idee,\u201d s\u00ea sy droogweg. In 1932 is die fliek <em>Smilin\u2019 Through<\/em> uitgereik. \u201cEk is na die hoofkarakter, Moonyeenn (met een &#8220;n&#8221; aan die einde) vernoem. Om dinge te kompliseer voeg my ma toe nog \u2019n \u201cn\u201d aan die einde by. Min mense spel dit reg. Maar wat snaaks is, is dat die openingstoneel op \u2019n grafsteen fokus, natuurlik met Moonyeenn se naam (en myne!) daarop. Grillerig, n\u00e8? My arme kinders was nog klein toe ons die fliek die eerste keer gesien het en hulle was so ontsteld daaroor, ek moes net trane afvee.\u201d<\/p>\n<p>Haar seun, David, is \u2019n akteur in Los Angeles en haar dogter, Cindy, is \u2019n plaaslike advertensie-regisseur.<\/p>\n<p>In 1974 is Moonyeenn Londen toe waar sy by die agentskap Fraser &amp; Dunlop London opgelei is as agent wat skrywers, akteurs en regisseurs in die bedryf kan verteenwoordig. Saans het sy dramaklasse by die Stanislavsky-skool in Londen geloop, eintlik net om meer oor die kunste te wete te kom. Hoewel haar ma, die aktrise Shirley Hepburn (nee, nie die famous Hepburns nie, help sy my reg), wou h\u00ea haar dogter moet drama as loopbaan volg, het Moonyeenn altyd geweet dis nie vir haar nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cEk was \u2019n vrot aktrise, vrot! Ek het eerder in regie, of fotografie en beligting belang gestel.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sy onthou toe sy as 21-jarige gevra is om saam met wyle Jimmy White \u2019n padveiligheidsprent te maak.<\/p>\n<p>\u201cEk het pas teruggekom van Londen af. Ons was nog besig om te verfilm, toe ek skielik vir die regisseur s\u00ea hy moet die kamera op \u2019n ander plek sit. Die hoek waaruit hy skiet, gaan nie werk vir wat hy wil doen nie. Ek het \u2019n paar vuil kyke gekry!\u201d<\/p>\n<p>Sy het as vierjarige haar eerste tree op die verhoog gegee: \u201cEk kan glad nie onthou wat die stuk se naam was nie! Ek was te klein. Ek het uit \u2019n hoededoos vir Taubie Kushlick gespring en ges\u00ea, \u2018<em>And here\u2019s one for you too, Mommy<\/em>\u2019. Ek moes dit vir my eie ma s\u00ea, wat ook in die toneel gespeel het.\u201d<\/p>\n<p>Moonyeenn is in Johannesburg gebore en het op sewe na Engeland verhuis.<\/p>\n<p>\u201cMy pa was hier en my ma daar. Ons het so heen en weer gereis,\u201d vertel sy. \u201cEk het tussen mense in die uitvoerende kunstebedryf grootgeword. Die meeste van my ma se vriende was akteurs, skrywers of regisseurs. Ek onthou hoe ek hoeveel keer n\u00e1 skool teater toe is om te gaan kyk hoe my ma repeteer, meestal vir pantomime. Dit het \u2019n groot indruk op my gemaak. Ek was verlief op die teater en alles wat daarmee saamgegaan het.\u201d<\/p>\n<p>Sy het in 1973 haar eie agentskap, <em>Moonyeenn Lee &amp; Associates<\/em> begin en is nou al dekades lank agent vir akteurs, regisseurs en skrywers. Di\u00e9 vrou met die weerbarstige bos rooi krulhare was ook in 2011 in Los Angeles \u2019n beoordelaar in die kategorie Beste Akteur by die jaarlikse, internasionale Emmy-pryse vir uitmuntende TV-werk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cToe ek die uitnodiging kry, het ek eers gedink dis \u2019n grap, dat iemand my \u2019n poets bak. My seun, \u2019n akteur in Los Angeles, het my in die middel van die nag wakker gebel en verseker die mense is ernstig en dis alles waar. Wat \u2019n eer! Ek was in die wolke.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Moonyeenn is al\u00a0gekritiseer oor haar keuse van die Brit Idris Elba om die rol van Madiba te vertolk in \u2019n prent wat oudpres. Mandela se lewensverhaal vertel, gegrond op sy biografie <em>Long Walk to Freedom<\/em>. Die rolprent is nog in die voorproduksiestadium (*ten tyde van publikasie). Mense in die plaaslike rolprentbedryf het gevoel \u2019n Suid-Afrikaner moet di\u00e9 rol vertolk.<\/p>\n<p>\u201cDie poel plaaslike akteurs is te klein om van te kies, en hulle voldoen boonop nie aan die lengte nie,\u201d was haar kommentaar. (Mandela is \u2019n allemintige 1,93 meter. Elba, bekend vir sy rol in die misdaadreeks, <em>The Wire<\/em>, is darem 1,88 meter lank.) Ander prente waarvoor sy die rolverdeling gedoen het, sluit in die Oscar-genomineerde <em>Life Above All<\/em>, <em>The Bang Bang Club<\/em>, <em>Blood Diamond<\/em> (met Leonardo DiCaprio in die hoofrol), die Oscar-bekroonde <em>Tsotsi<\/em> en <em>Hotel Rwanda<\/em>.<\/p>\n<p>Op 68 is baie ander mense al afgetree. Maar nie Moonyeenn nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cNee. Wat sal ek tog doen? Ek is so lief vir wat ek doen &#8211; dis my lewe en my passie. Soms wens ek dat ek in twee of drie gesny was. Daar is nog soveel dinge wat ek moet doen!\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Min mense kan s\u00ea dat hulle opgewonde is oor hul werk; dat hulle nog nooit verveeld was met wat hulle doen nie.<\/p>\n<p>\u201cAs ek moet, sal ek sewe dae per week werk,\u201d s\u00ea sy, kyk na haar sonneblommuur, knik haar kop stadig en s\u00ea, \u201cmaar ek maak seker dat ek een dag per week net vir myself het. Dis \u2019n dag waarop ek rustig word. Ek vermy ander mense en antwoord nie my telefoon nie. Dan speel ek met my honde, sit in my tuin, lees &#8211; ek het maar \u2019n katolieke smaak in boeke, gee my outobiografie\u00eb &#8211; ek kyk flieks of speel sudoku. Ek hou van my eie geselskap. Dis nodig om stil te word, anders voel dit of jy in stukkies geskeur word. Almal wil \u2019n stukkie van jou h\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>Sy het haar eie produksiemaatskappy,<em> Khulisa Productions<\/em>, gestig om Suid-Afrikaanse rolverdelings te ontwikkel. Die eerste prent wat sy vervaardig het, was <em>Promised Land<\/em>, gegrond op Karel Schoeman se roman. Omdat Moonyeenn in Engeland grootgeword en skool gegaan het, het sy nooit leer Afrikaans praat nie. Sy het die boek gelees nadat \u2019n baie goeie vriend van haar, wyle William Pretorius, dit vir haar vertaal het. Sy het Karel gebel om vir hom te vertel dat sy graag die boek wil verfilm.<\/p>\n<p>\u201cEk moes maar verduidelik dat ek nie \u2019n woord Afrikaans kan praat nie, maar nogtans gek is na sy boek en \u2019n fliek daarvan wil maak! Ons het goeie vriende geword,\u201d vertel sy.<\/p>\n<p>\u201cDie akteurs is destyds <em>peanuts<\/em> betaal. Regtig. Almal wat aan die fliek gewerk het, het dit gedoen omdat hulle dit graag w\u00f3\u00fa doen. Dit was baanbrekerswerk en na my mening die fliek wat die Suid-Afrikaanse fliekbedryf aan die gang gekry het.\u201d<\/p>\n<p>Dit is vir Moonyeenn hartseer dat Suid-Afrikaners nie meer tussen \u2019n uitmuntende, gemiddelde en swak optrede in \u2019n fliek kan onderskei nie. \u201cTV maak mense gewoond daaraan om tevrede te wees met \u2018gemiddelde\u2019 visuele vermaak. Gemiddelde, of sommer swak reekse en sepies word verorber, want daar is niks anders om na te kyk nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is \u2019n \u201cgoeie\u201d fliek dan?<\/h4>\n<p>\u201c\u2019n Goeie fliek moet regtig \u2019n goeie storie h\u00ea. As jy \u2019n ware goeie fliek kyk (bedoelende een met \u2019n uitstekende storie) en die akteurs is nie so waffers nie, sal jy steeds gaan kyk. Maar as die akteurs goed is maar die storie is swak, val die hele ding uitmekaar. Daar\u2019s niks wat jou bind om te kyk nie. Niks wat jy wil onthou, of saam met jou kan neem wanneer die fliek klaar is nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy voeg by. \u201cEintlik moet jy voel jy is \u2019n vlieg teen die muur wanneer jy fliek. Saam met \u2019n goeie storie en draaiboek, moet die spel so goed wees dat jy nie kan agterkom die akteurs act nie. Dit moet voel of jy net na gewone mense kyk met wie daar dramatiese goed gebeur.\u201d<\/p>\n<p>Natuurlik is nie almal wat by Moonyeenn aanklop, gebore akteurs of aktrises nie. Sy moes noodwendig al \u2019n hele paar wannabees wegwys.<\/p>\n<p>\u201cDit bly moeilik om vir iemand te s\u00ea hy sal dit nie as akteur maak nie. Maar ek s\u00ea altyd vir so iemand dis slegs my mening. As ek iemand onder my vlerk neem, is dit \u2019n enorme verantwoordelikheid, veral omdat daar regtig nie baie werk in hierdie bedryf is nie. En dis skrikwekkend. Ek moet hulle beskerm en probeer om hulle aan die werk te hou sonder dat hulle hul selfvertroue verloor. Die begeerte om \u2019n ware, goeie akteur te word, is iets wat in jou siel gegraveer moet wees. Hulle moet dit nie doen omdat hulle roem najaag nie, want dan gaan hulle nie ver kom nie. En hulle moet bereid wees om te werk. Dis soos enigiets in die lewe \u2013 hoe meer jy oefen, hoe beter word jy. Die bestes kry die beste rolle, natuurlik.\u201d<\/p>\n<p>Enige land moet in sy eie rolprentbedryf bel\u00ea, s\u00ea sy. \u201cDaar is iets wonderliks aan once upon a time. Dit is so belangrik om ons kinders se verbeelding aan te wakker. En natuurlik is dit ontsettend belangrik dat \u2019n land sy eie stories deur middel van flieks kan vertel. Nie net oor die geskiedenis van die land nie, maar ook oor die mense \u2013 stories wat eie aan kulture is.<\/p>\n<p>\u201cDis hartseer, maar bitter min mense het toegang tot fliekteaters. Kyk hoeveel mense is daar wat in die landelike gebiede woon wat nie eens toegang tot \u2019n mall het nie. Fliek is eerstens duur, tweedens ontoeganklik en ons leefstyl maak dit nie makliker nie. Die ouers of versorgers van die gesin kom laat in die aand by die huis en moet dan kos maak en na die kinders omsien. Daar is nie werklik meer tyd vir die luukse van \u2018uitgaan vir \u2019n fliek\u2019 nie. Daarvoor is die TV en rekenaar daar.&#8221;<\/p>\n<p>\u201cOns moet mobiele teaters h\u00ea, letterlik teaters op wiele wat na die mense toe gaan, maar daarvoor het ons regeringsmense met passie nodig wat so iets kan aanvoor.\u201d<\/p>\n<p>Die regering sal plaaslike flieks moet subsidieer, s\u00ea sy, want dan is dit goedkoper om \u2019n plaaslike fliek te gaan kyk as \u2019n Amerikaanse of Britse prent. Nog \u2019n leemte is dat daar nie genoeg rolprentateljees in Suid-Afrika is nie.<\/p>\n<p>\u201cDis noodsaaklik, want daar moet flieks in meer tale as net Afrikaans of Engels gemaak word sodat daar flieks vir verskillende kulture is &#8211; humor is byvoorbeeld baie kultuurspesifiek. Dit beteken werkskepping \u2013 akteurs word gekweek, mense kry geleentheid om opleiding te gee en opleiding in alle aspekte van die bedryf te ontvang.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cDie plaaslike bedryf is vir my so belangrik, want ek is gek na my land.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Moonyeenn Lee is die moederowerste van vermaaklikheidsagente in Suid-Afria. Sy het Embeth Davidtz, Arnold Vosloo en Alice Krige op hul pad na internasionale roem geplaas en nou is sy ook gekies om lid te wees van die Academy of Motion Picture Arts and Sciences, wat toekenningsgeleenthede soos die Oscars bestuur. Foto Robert Hamblin<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":53929,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[981,1387,5187,23450,24339],"class_list":["post-4418","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-oscars","tag-celebs","tag-moonyeenn-lee","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Moonyeenn Lee: beskermengel van die sterre | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Moonyeenn Lee: beskermengel van die sterre | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Moonyeenn Lee is die moederowerste van vermaaklikheidsagente in Suid-Afria. Sy het Embeth Davidtz, Arnold Vosloo en Alice Krige op hul pad na internasionale roem geplaas en nou is sy ook gekies om lid te wees van die Academy of Motion Picture Arts and Sciences, wat toekenningsgeleenthede soos die Oscars bestuur. Foto Robert Hamblin\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-07-06T11:30:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:01:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Moonyeenn-Lee.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1784\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Moonyeenn Lee: beskermengel van die sterre\",\"datePublished\":\"2016-07-06T11:30:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:01:44+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\\\/\"},\"wordCount\":1960,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Moonyeenn-Lee.jpg\",\"keywords\":[\"Oscars\",\"celebs\",\"moonyeenn lee\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\\\/\",\"name\":\"Moonyeenn Lee: beskermengel van die sterre | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Moonyeenn-Lee.jpg\",\"datePublished\":\"2016-07-06T11:30:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:01:44+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Moonyeenn-Lee.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Moonyeenn-Lee.jpg\",\"width\":1200,\"height\":1784,\"caption\":\"Moonyeenn-Lee\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Moonyeenn Lee: beskermengel van die sterre\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Moonyeenn Lee: beskermengel van die sterre | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Moonyeenn Lee: beskermengel van die sterre | rooi rose","og_description":"Moonyeenn Lee is die moederowerste van vermaaklikheidsagente in Suid-Afria. Sy het Embeth Davidtz, Arnold Vosloo en Alice Krige op hul pad na internasionale roem geplaas en nou is sy ook gekies om lid te wees van die Academy of Motion Picture Arts and Sciences, wat toekenningsgeleenthede soos die Oscars bestuur. Foto Robert Hamblin","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-07-06T11:30:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:01:44+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":1784,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Moonyeenn-Lee.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Moonyeenn Lee: beskermengel van die sterre","datePublished":"2016-07-06T11:30:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:01:44+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/"},"wordCount":1960,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Moonyeenn-Lee.jpg","keywords":["Oscars","celebs","moonyeenn lee","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/","name":"Moonyeenn Lee: beskermengel van die sterre | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Moonyeenn-Lee.jpg","datePublished":"2016-07-06T11:30:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:01:44+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Moonyeenn-Lee.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Moonyeenn-Lee.jpg","width":1200,"height":1784,"caption":"Moonyeenn-Lee"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/moonyeenn-lee-beskermengel-van-die-sterre\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Moonyeenn Lee: beskermengel van die sterre"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4418","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4418"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4418\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/53929"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4418"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4418"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4418"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}