{"id":4414,"date":"2012-11-15T09:51:00","date_gmt":"2012-11-15T07:51:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/"},"modified":"2016-03-01T15:06:46","modified_gmt":"2016-03-01T13:06:46","slug":"wonderwerk-van-n-verbintenis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/","title":{"rendered":"Wonderwerk van \u2019n verbintenis"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #0000ff;\"><strong><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/\">Katinka Heyns<\/a><\/strong><\/span> \u2013 klein, fyn en steeds met daardie onmoontlike blou o\u00eb &#8211; wag my by hul plaashek in. Ek gaan haal my storie op die plaas naby Nelspruit omdat dit een van die min kere is wat sy en <strong>Chris Barnard<\/strong> vanjaar in dieselfde provinsie is.<\/p>\n<p>\u201cEk het in 2011 in 14 verskillende beddens geslaap,\u201d vertel sy later oor \u2019n koppie tee. Baie van die vreemde plekke was natuurlik ter wille van Die Wonderwerker, haar en Chris se rolprent wat op 7 September landwyd uitgereik is. Die fliek is gegrond op die lewe van Eug\u00e8ne Marais en in die Waterberge verfilm, baie naby die plek waar die gebeure in die prent hulle \u2019n eeu gelede afgespeel het.<\/p>\n<p>Haar o\u00eb is so \u2019n bietjie soos die blou van die see by Onrus, haar hartsplek en vir \u2019n klomp maande van die jaar die plek wat sy \u201chuis\u201d noem. Vir Chris is huis hierdie plasie. Soms is hulle saam op een plek, dikwels nie.<\/p>\n<p>\u201cChris is \u2019n hermiet, \u2019n kluisenaarskrap. Hy het die stilte van die plaas nodig; hy is glad nie sosiaal nie. Ek weer moet tussen mense wees, daar waar ek kan lag en gesels sonder om te voel ek maak hom ongemaklik daarmee. En, vreemd soos dit klink, ek het die klank van die see nodig. Die see voed my. Die onophoudelike gedruis werk weer nie vir Chris nie.\u201d<\/p>\n<p>Hulle weet party mense dink dis vreemd dat hulle apart woon, maar dis hoe dinge vir hulle werk.<\/p>\n<p>\u201cToe ek in 1969 saam met Hermien Dommisse aan Jannie Totsiens gewerk het, het sy vir my ges\u00ea dis moontlik vir twee mense om elkeen op sy eie eiland te woon, solank dit net in dieselfde see is,\u201d vertel Katinka. \u201cMy mentor, Truida Louw, het weer eendag vir my ges\u00ea dis nie moontlik vir twee mense om heeltyd vas te dans nie. Jy moet kan two step, en selfs later kan tango. Jy m\u00f3\u00e9t op jou eie ook kan dans maar dis belangrik dat julle dieselfde musiek hoor.<\/p>\n<p>\u201cEk en Chris hoor dieselfde musiek, maar ons is nie dieselfde instrumente nie. Hy is \u2019n ou basviool,\u201d skater sy.<\/p>\n<p>\u201cEn jy \u2019n simbaal,\u201d terg hy terug.<\/p>\n<p>Hulle praat elke dag twee maal oor die foon. \u201cDie gesprek tussen ons hou nooit op nie. Ons het kreatief so een geword dat ek nie eens daaroor dink dat ons nie bymekaar is nie,\u201d s\u00ea Katinka. \u201cEk dink jy leer jouself net soveel beter ken wanneer jy op jou eie asemhaal. Maar ons het \u2019n sielsverbintenis.\u201d Chris, \u2019n man van baie min woorde, knik hier en daar sy kop. Sy noem hom Kroon, en kyk kort-kort in die onderhoud liefdevol na hom. Die band tussen hulle is voelbaar.<\/p>\n<p>Van die twee is Katinka die live wire, Chris die skynbaar onverstoorbare, stil man. Maar moenie sy stilte verkeerd lees nie &#8211; daaronder skuil \u2019n vlymskerp sin vir humor. Hulle is vanjaar 34 jaar getroud, en sy vertel laggend hoe sy deur die jare moes leer om soms stil te bly om hom praatkans te gee.<\/p>\n<p>\u201cOns ken mekaar so goed. Chris het nou die dag die mooiste ding oor my ges\u00ea: \u2018Sy snap my werk nog voor ek dit geskryf het.\u2019 Is dit nie die lieflikste kompliment nie?\u201d<\/p>\n<p>Wat is die geheim van hul gelukkige vennootskap, op en weg van die silwerdoek? Hulle kyk vlugtig na mekaar, en Chris antwoord eerste. \u201cDit was nie altyd maanskyn en rose nie, hoor. Maar ons het altyd baie re-spek vir mekaar as kunstenaars gehad. Ek is dankbaar dat ek my draaiboeke vir haar kan gee. Ek weet dis in veilige hande. Ons baklei oor baie ander goed, maar nooit oor werk nie.\u201d<\/p>\n<p>Hulle het mekaar in 1969 ontmoet, nog voor Katinka met die rolprentmaker Koos Roets getroud is. \u201cEn sy het haar daardie eerste aand sommer lekker vir my vererg, hoor,\u201d s\u00ea Chris en hy lag. Katinka onthou dit ook. \u201cEk en Koos wou \u2019n fliek maak van Pa, maak vir my \u2019n vlie\u00ebr, Pa, en wou dit met Chris bespreek. Toe s\u00ea hy so ewe \u2018bring eers die geld, dan kan ons praat\u2019. Hoe arrogant, het ek gedink.\u201d<\/p>\n<p>Albei was getroud toe hul kreatiewe paaie met die maak van Phoenix en kie. gekruis het. Met die vervaardiging het die dinge tussen hulle net gekliek.<\/p>\n<p>\u201cDit was nie sonder pyn en verlies nie,\u201d s\u00ea Chris. \u201cEn ook nie \u2019n mutual admiration society nie \u2013 ons huwelik is beslis nie net \u2019n professionele vennootskap nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee, beslis nie, beaam Katinka. \u201cDaar was van die begin af \u2019n vonk tussen ons, \u2019n elektrisiteit. Ons kon oor enigiets gesels. Ons was albei lief vir letterkunde, vir stories. Ek glo die samewerking en die wedersydse respek het dit versterk. Soms sluit \u2019n mens maar net met iemand \u2019n sielskontrak.\u201d<\/p>\n<p>Hul kreatiewe vennootskap het deur die jare ontwikkel. \u201cDis moeilik om te weet waar begin regisseur en waar eindig skrywer, want ons vertel eintlik maar saam die storie. Maar Chris kan so ekonomies skryf, sonder om enigsins integriteit in te boet.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis maar die lesse wat die joernalistiek my geleer het: wat is prioriteit, wat is oor-bodig, waarop moet jy fokus?\u201d s\u00ea Chris.<\/p>\n<p>\u201cEk raak maklik in detail verstrengel, maar Chris pak vir my die bedding waarin ek kan \u2018plant\u2019 soos ek lekkerkry.\u201d<\/p>\n<p>Chris se rustigheid anker haar. \u201cEk was maar \u2019n rustelose gees, maar ek raak rus-tiger. Ek het vroe\u00ebr te veel gewerk, en nooit tyd gemaak vir mense nie. Ek is miskien \u2019n bietjie nuuskierig, \u2019n sigeuner wat voort-durend agter stories aanhardloop, \u2019n storievraat. Maar ek is nou 64, en wil ook nie meer soos \u2019n maniak werk nie.\u201d Waarop Chris blitsig antwoord: \u201cAg, jy gaan nooit ophou werk nie.\u201d<\/p>\n<p>En sy terugskerts: \u201cDis oor jy nooit ophou skryf nie. En ek m\u00f3\u00e9t iets met jou stories maak.\u201d<br \/>\nTog, n\u00e1 \u2019n goeie vriend en vroe\u00ebr vanjaar haar broer se dood, weet sy nou hulle betree \u2019n \u201cnuwe seisoen\u201d. Sy en die vier seuns bekommer hulle oor Chris (73) wat so afgesonderd en alleen bly.<\/p>\n<p>\u201cEn ek wil nou nie meer h\u00ea daardie tydperke wanneer ons nie saam is nie, moet so lank wees nie. \u2019n Mens wil ook nie eendag spyt wees oor tye wat jy nie daar was vir iemand nie.\u201d<\/p>\n<p>Hoekom \u2019n fliek oor Eug\u00e8ne Marais?<\/p>\n<p>\u201cMarais was \u2019n merkwaardige man, en sy lewe het ons albei aangegryp,\u201d vertel Chris. \u201cDit was reg van die begin af een van die raakpunte tussen ons. Ek s\u00ea altyd Katinka sou smoorverlief gewees het op Marais as sy in sy tyd moes geleef het,\u201d skerts Chris.<\/p>\n<p>Marais se lewe was kompleks. \u201cJy kan nou ook nie \u2019n fliek maak oor alles nie en ek moes gaan soek na \u2019n episode waarvan ek \u2019n storie kon maak,\u201d vertel Chris. \u201cDis gegrond op die waarheid, maar ek kon my verbeelding laat gaan. Noem dit historiese fiksie.\u201d<\/p>\n<p>Katinka moes intussen haar nuuskierigheid bedwing. \u201cOns het \u2019n heilige ooreenkoms dat ek nooit lees terwyl Chris skryf nie. As jy die teks stukkie vir stukkie lees, het dit nie die volle impak nie. \u2019n Mens lees dit mos net een maal vir die heel eerste keer.\u201d Toe sy die teks vir die eerste keer lees, het sy \u201clekker gelag en lekker gehuil\u201d. Maar dit moes \u2019n hele paar jaar l\u00ea terwyl sy geld vir die projek gesoek het. Die oorspronklike teks is mettertyd hier en daar geskaaf. \u201cOns seun, Simon, se jeugdige insig het ook tot \u2019n paar veranderings gelei,\u201d vertel Katinka.<\/p>\n<p>Met Die Wonderwerker wou hulle \u201cmet opset Marais se donker kant onderspeel,\u201d vertel Chris. Hy was soveel meer as sy verslawing. \u201cHy moes vir die mense van daardie tyd en omgewing baie vreemd gewees het: iemand wat in die Waterberg-kontrei tussen \u2019n trop bobbejane gewoon het. Hy het \u2019n byna mitiese karakter geword.\u201d<\/p>\n<p>Voeg daarby dat hy altyd soos \u2019n Brit aangetrek het, agt jaar tussen \u2019n trop bobbejane gewoon het, en altyd op soek was na \u2019n \u201converklaarbare, goddelike sisteem\u201d in alles, selfs termietneste, en jy kan jou indink wat die eenvoudige boere van di\u00e9 dokter gedink het.<\/p>\n<p>\u201cMaar hulle het ook baie lief vir hom geword. Hy was \u2019n showman, \u2019n kindervriend, \u2019n storieverteller, \u2019n baie charismatiese mens, maar terselfdertyd natuurwetenskaplike en kunstenaar. Hy was sy tyd baie ver vooruit.\u201d<\/p>\n<p>Die Wonderwerker verwys na Marais se vermo\u00eb om skynbaar ongeneeslikes te genees. \u201cHy het mense gehipnotiseer, of soos die mense van daardie tyd ges\u00ea het, \u2018gemesmeraais\u2019. Mesmer was die Europe\u00ebr wat met hipnose begin eksperimenteer het en dis waar die woord \u2018mesmeraais\u2019 vandaan kom,\u201d verduidelik Chris.<\/p>\n<p>Een van Marais se \u201cwonderwerke\u201d, wat ook in die prent uitgebeeld word, was die geval van tant Jossie van Deventer (gespeel deur Sandra Kotze) wat twaalf jaar lank verlam was, en weer kon loop n\u00e1 Marais haar gehipnotiseer het.<\/p>\n<p>\u201cDie storie het natuurlik soos \u2019n veldbrand versprei en so het hy die \u2018wonderdokter\u2019, of die \u2018mesmeraaiser\u2019 geword.\u201d<\/p>\n<p>Chris kyk eers n\u00e1 die finale afronding na die prent en Katinka vertel dat sy asem op-gehou het oor hoe hy oor die eindproduk gaan voel. \u201cEk wou kyk of hy darem \u2019n bietjie aangedaan is, maar daar sit hy, uitdrukkingloos, presies soos nou. Later, toe snuif hy \u2019n bietjie, en toe ek weer sien, is hy bewo\u00eb.\u201d<\/p>\n<p>Chris glimlag, nie juis verle\u00eb nie. \u201cEk was skoon aangedaan dat dit iets was wat ek ge-skryf het. As akteurs bykom en vlees en bloed gee aan wat nog net op papier be-staan, kry \u2019n storie \u2019n ander dimensie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\">\n<p><span style=\"font-size: small;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/Dawid-Minnaar-as-Eugene-Marais.jpg\" alt=\"\" width=\"329\" height=\"185\" hspace=\"0\" \/><\/span><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/20120416101329_3424.jpg\" alt=\"\" width=\"334\" height=\"221\" hspace=\"5\" \/><\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: left;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: center;\"><span style=\"font-size: small;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/20120521101957_948.jpg\" alt=\"\" width=\"348\" height=\"196\" \/><\/span><\/div>\n<h4>Die rolverdeling<\/h4>\n<p>Chris het die rolle geskryf met sekere akteurs in gedagte. Die Wonderwerker was \u2019n kans om weer saam met baie van die mense te werk met wie hulle al \u2019n jare lange pad stap, soos Dawid Minnaar (Eug\u00e8ne Marais), Marius Weyers (Gys van Rooyen), Elize Cawood (sy vrou, Maria), en die akteurspaar Cobus Rossouwen Sandra Kotze. Erica Wessels is ook in die prent. Dis net vir die rol van Jane Brayshaw waarvoor hulle niemand in gedagte gehad het nie. Maar Anneke Weidemann (onder) het die rol haar eie gemaak en Chris en Katinka kan nie uitgepraat raak oor haar talent nie.<\/p>\n<p>\u201cOns het oudisies gedoen met die room van dramastudente van al die universiteite maar hulle het almal Jane \u2018gespeel\u2019.<\/p>\n<p>Om te w\u00e9\u00e9s is deurslaggewend, veral op film, en dit kon Anneke regkry,\u201d s\u00ea Katinka. Sy lag toe sy vertel dat Anneke se oudisie sommer langs die snelweg naby die Kaapse lughawe plaasgevind het. \u201cEk kon haar net nie op \u2019n ander tyd sien nie. Ek moes iewers heen vlieg, en sy moes toe maar van die Universiteit Stellenbosch se mediese skool af soontoe ry. Ek het hoendervleis gekry toe ek sien wat sy kan doen, en geweet dis die laaste, belangrike blokkie van die legkaart.\u201d<\/p>\n<p>Sy lag en vryf oor haar arms. \u201cHoendervleis is altyd vir my \u2019n goeie teken. Sy het net daardie iets, daardie vonk, waarna ons gesoek het. \u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Katinka Heyns \u2013 klein, fyn en steeds met daardie onmoontlike blou o\u00eb &#8211; wag my by hul plaashek in. Ek gaan haal my storie op die plaas naby Nelspruit omdat dit een van die min kere is wat sy en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[],"class_list":["post-4414","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wonderwerk van \u2019n verbintenis | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wonderwerk van \u2019n verbintenis | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Katinka Heyns \u2013 klein, fyn en steeds met daardie onmoontlike blou o\u00eb &#8211; wag my by hul plaashek in. Ek gaan haal my storie op die plaas naby Nelspruit omdat dit een van die min kere is wat sy en [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-15T07:51:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-01T13:06:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/Dawid-Minnaar-as-Eugene-Marais.jpg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wonderwerk-van-n-verbintenis\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wonderwerk-van-n-verbintenis\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Wonderwerk van \u2019n verbintenis\",\"datePublished\":\"2012-11-15T07:51:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-01T13:06:46+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wonderwerk-van-n-verbintenis\\\/\"},\"wordCount\":1815,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wonderwerk-van-n-verbintenis\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/Dawid-Minnaar-as-Eugene-Marais.jpg\",\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wonderwerk-van-n-verbintenis\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wonderwerk-van-n-verbintenis\\\/\",\"name\":\"Wonderwerk van \u2019n verbintenis | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wonderwerk-van-n-verbintenis\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wonderwerk-van-n-verbintenis\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/Dawid-Minnaar-as-Eugene-Marais.jpg\",\"datePublished\":\"2012-11-15T07:51:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-01T13:06:46+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wonderwerk-van-n-verbintenis\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wonderwerk-van-n-verbintenis\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wonderwerk-van-n-verbintenis\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/Dawid-Minnaar-as-Eugene-Marais.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/Dawid-Minnaar-as-Eugene-Marais.jpg\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wonderwerk-van-n-verbintenis\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wonderwerk van \u2019n verbintenis\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wonderwerk van \u2019n verbintenis | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wonderwerk van \u2019n verbintenis | rooi rose","og_description":"Katinka Heyns \u2013 klein, fyn en steeds met daardie onmoontlike blou o\u00eb &#8211; wag my by hul plaashek in. Ek gaan haal my storie op die plaas naby Nelspruit omdat dit een van die min kere is wat sy en [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-15T07:51:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-01T13:06:46+00:00","og_image":[{"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/Dawid-Minnaar-as-Eugene-Marais.jpg","type":"","width":"","height":""}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Wonderwerk van \u2019n verbintenis","datePublished":"2012-11-15T07:51:00+00:00","dateModified":"2016-03-01T13:06:46+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/"},"wordCount":1815,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/Dawid-Minnaar-as-Eugene-Marais.jpg","articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/","name":"Wonderwerk van \u2019n verbintenis | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/Dawid-Minnaar-as-Eugene-Marais.jpg","datePublished":"2012-11-15T07:51:00+00:00","dateModified":"2016-03-01T13:06:46+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/Dawid-Minnaar-as-Eugene-Marais.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/Dawid-Minnaar-as-Eugene-Marais.jpg"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wonderwerk-van-n-verbintenis\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wonderwerk van \u2019n verbintenis"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4414","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4414"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4414\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4414"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4414"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4414"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}