{"id":4412,"date":"2012-11-15T09:29:00","date_gmt":"2012-11-15T07:29:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/n-ongewone-lewe\/"},"modified":"2017-07-13T13:25:18","modified_gmt":"2017-07-13T11:25:18","slug":"n-ongewone-lewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-ongewone-lewe\/","title":{"rendered":"Jane Fonda: \u2019n Ongewone lewe"},"content":{"rendered":"<p>Die woorde \u201cikon\u201d en \u201clegende\u201d word dikwels in Hollywood gebruik, maar eers wanneer jy iemand ontmoet wat die beskrywing waardig is, besef jy hoekom hierdie woorde nodig is. Op 74 vertel Jane Fonda trots: \u201cEk is mal daaroor om \u2019n ouma te wees,\u201d maar intussen versinnebeeld sy alles wat \u2019n mens met jeugdigheid vereenselwig. Dit lyk of sy hier en daar aan haar laat werk het, maar dis nie wat haar jonk maak nie. Dis haar lewensuitkyk. Haar energie is aansteeklik en dis suiwer sensualiteit wat uit haar straal. Haar stem is soos goeie rooiwyn, uitkenbaar en kalmerend, en diegene wat haar pa, Henry Fonda, onthou, sal daardie Fonda-klank in haar stem herken. Jane Fonda se lewe is nie gewoon nie. Etikette soos\u201csex kitten\u201d en \u201canti-Amerikaanse aktivis\u201d is om haar nek gehang; sy het twee Oscars gewen (vir Klute en Coming Home); sy is drie keer met baie invloedryke mans getroud: Die eerste keer met regisseur Roger Vadim wat haar Frankryk toe geneem en haar politieke uitkyk be\u00efnvloed het. Hulle het \u2019n dogter, Vanessa. Haar tweede man, Tom Hayden, is \u2019n politikus en \u2019n aktivis. Hul seun, Troy Garity, is ook \u2019n akteur. Die derde keer was die omstrede TV-magnaat en die stigter van CNN, Ted Turner, aan haar sy. In die jare sewentig was sy bekend as \u2019n oefening-ghoeroe en meer onlangs as \u2019n Christen en \u2019n outeur. Sy het twee boeke geskryf: \u2019n outobiografie, My Life so Far en \u2019n memoir, Prime Time: Love, Health, Sex, Fitness, Friendship, Spirit \u2013 Making the most of your life. Om te s\u00ea dat sy gedrewe is, is \u2019n onderskatting. Haar pa was \u2019n emosioneel afwesige man en haar soeke na sy goedkeuring is waarskynlik die dryfveer agter haar ambisie.\u00a0 In die fliek Peace, Love and Misunderstanding ondersoek Jane die tema van vergifnis. Dit vertel die storie van \u2019n vervreemde ma en dogter (Catherine Keener) wat n\u00e1 die dogter se egskeiding weer bymekaar uitkom.<\/p>\n<div><img alt=\"\" width=\"\" height=\"\" \/><\/div>\n<p><strong>In Peace, Love and Misunderstanding speel jy \u2019n hippie. Waar was jy tydens Woodstock?<\/strong><br \/>\nEk was nie deel van die Woodstock-generasie nie. In die jare sestig was ek met Roger Vadim getroud. Ons het in Frankryk gebly en ek het die beroemde konsert misgeloop. Ek het nooit hippieklere gedra nie. Ek moes by my medespeler, Catherine Keener, leer wat regtig \u2019n hippie is, watter musiek ek moet luister en watter dokument\u00eare ek moet kyk. Dit was pret om die karakter te speel omdat dit so anders is as wat ek in die verlede gedoen het.<br \/>\n<strong><br \/>\nWat het jy oor die liefde geleer?<\/strong><br \/>\nSjoe, om liefde in jou lewe te h\u00ea is een van die belangrikste goed in \u2019n mens se lewe. Dit hoef nie seksueel te wees nie, maar dis ook lekker. Ek is gelukkig. Daar is baie liefde in my lewe, en heelwat kom van my vriendinne af. Ek het Los Angeles toe getrek om \u2019n nuwe knie te kry en toe kry ek \u2019n nuwe minnaar! Ek is op 74 gelukkiger as ooit. Dis nie wat ek verwag het nie. Ek het nooit gedink ek sal so lank lewe en so gelukkig wees nie. Ek dink mense word gelukkiger, meer ontspanne en ervaar meer vrede soos jy ouer word. Ek voel ook ouer en wyser. Ek was orals, het alles gedoen en dit oorleef. Niks het my ondergekry nie. Dit maak dit makliker om dinge wat skeefloop te hanteer. Ek het hard gewerk om \u2019n beter mens te word. Ek het uit my foute geleer. Ek dink die feit dat ek daarvoor gewerk het, is deel van my geluk.<\/p>\n<p><strong>Jou verhouding met jou pa in ag genome, hoe kry jy dit reg om jouself te aanvaar, \u2019n man in jou lewe toe te laat en steeds getrou aan jouself te bly?<\/strong><br \/>\nVroue se verhoudings met mans het heelwat te doen met die verhouding wat ons met ons pa\u2019s het. Ek is geneig om te swig voor mans wat my laat glo ek is goed en reg soos ek is. Ek het nooit geglo ek is goed genoeg nie. Toe ek met Roger Vadim getroud was, het ek gedink ek moes iets reg gedoen het om hom aan my sy te h\u00ea. Wanneer Ted Turner vir my lief is, is ek oukei. As ek saam met Tom Hayden is, is ek nie dom nie (sy rol haar o\u00eb). Soos ek ouer geword het en ook danksy Ted Turner, want hy het my baie selfvertroue gegee, het ek nie meer \u2019n man nodig om my te vertel dat ek oukei is nie. Ek weet ek is oukei! En nou het ek \u2019n verhouding met iemand wat baie van die vorige mans verskil. Hy is baie vriendelik. Ek het hom nie nodig om myself as aanvaarbaar te beskou nie. Al wat belangrik is, is dat hy my liefhet en goed is vir my. Ek is baie bevoorreg dat ek so laat in my lewe so \u2019n liefde kan ervaar. Maar dit val nie in jou skoot nie; jy moet daaraan werk; jy moet gelukkig wees met wie en wat jy is. Dit het my baie lank gevat.<br \/>\n<strong><br \/>\nJy het goeie selfdissipline. Hoe bederf jy jouself?<\/strong><br \/>\nEk is lief vir my martini\u2019s (lag). Ek hou veral van lietsjie-martini\u2019s. Af en toe sal ek \u2019n groot kaasburger eet. Ek probeer om dit nie te dikwels te doen nie &#8211; wanneer jy ouer is, neem dit langer om die balans in jou liggaam te herstel. Ek oefen steeds en danksy my oefenvideo\u2019s assosieer mense my nog daarmee. Intussen is dele van my lyf al deur nuwes vervang! Ek kan heelwat van vandag se oefeninge glad nie meer doen nie! Ek het die bewegings vir ouer mense aangepas &#8211; ek weet daar is baie ander soos ek wat baat daarby sal vind. Ek het daarvan gehou dat my karakter in Peace, Love and Understanding \u2019n vrou is wat ouer is, \u2019n ouma, maar steeds baie jeugdig en sensueel is en voluit lewe.<br \/>\n<strong><br \/>\nEn jy is ook \u2019n ouma \u2026<\/strong><br \/>\nToe my eerste kleinkind twaalf jaar gelede gebore is en ek hom vashou, het ek vir die eerste keer verstaan wat intimiteit is. Ek het \u2019n liefde gevoel wat ek nog nooit vantevore gevoel het nie. Dit het my oopgebreek. Ek het dit nodig gehad. Dit was die seuntjie van my dogter wat ek by Roger Vadim gehad het. Roger het kort n\u00e1 sy geboorte gesterf en dit was reg so dat daar iemand gebore is wat sy gene dra. Hy het voor sy dood sy kleinseun ontmoet. Nie almal het daardie behoefte aan kleinkinders nie, maar vir my het dit \u2019n tweede kans gegee.<br \/>\n<strong><br \/>\nJy s\u00ea jy was nie \u2019n hippie nie, maar hoe was jy in jou jonger dae? <\/strong><br \/>\nEk het Indi\u00eb toe gegaan in die jare sestig. Ek was eerder \u2019n aktivis as \u2019n hippie. My leuse was: \u201cWat kan ek doen om \u2019n verskil te maak?\u201d Die armoede in daardie land het my geruk. Die hippies wou net \u2019n joint rook en niks doen nie. Ek wou by die Vredesmag aangesluit het, probeer help, maar ek was reeds 32 met \u2019n jong kind. Toe is ek terug Amerika toe en ek het \u2019n aktivis geword.<\/p>\n<p><strong>Het jy vrede gemaak met alles waaroor jy berou het?<\/strong><br \/>\nNie alles nie, maar wel \u2019n paar van die groot kwessies. Die grootste waaroor ek berou sal h\u00ea tot die dag dat ek doodgaan, is die foto wat van my op \u2019n lugafweerkanon in Noord-Vi\u00ebtnam geneem is. Dit het die indruk gewek dat ek teen Amerika en ons soldate is, wat glad nie die geval is nie. Ek het nie gedink nie. Ek was baie emosioneel. Dit het op my laaste dag in Noord-Vi\u00ebtnam gebeur. Ek het eers later besef wat die gevolge kan wees. Ek kan nou niks daaraan doen nie.<br \/>\nMeer onlangs, op my sestigste verjaardag, het ek besef dat ek nou besig is met die laaste toneel van my lewe. Daar was die eerste dertig jaar, die tweede dertig jaar en nou die laaste dertig. Almal weet die derde toneel is die belangrikste \u2013 in hierdie tydperk kom alles bymekaar en maak jy sin van jou lewe. Ek is nie bang vir doodgaan nie, maar ek het gesien hoe my pa gesterf het toe hy nog nie vrede gemaak het nie.<\/p>\n<p>Nog een sou gewees het om teen die einde van my lewe nooit intieme liefde met \u2019n man te ervaar het nie. Dis anders as seks. Ek het dit ervaar, nou kan ek dit aftik. Ek was nie die beste ma vir my dogter nie. Ek was \u2019n aktivis toe sy jonk was en baie van die huis af weg. Een van my doelwitte in die derde toneel is om haar vergifnis te wen. In die nuwe prent moes my karakter ook deur haar dogter vergewe word. Ek dink dis een van die belangrikste dinge in die w\u00eareld. As jy nie kan vergewe nie, kan jy nie gesond word nie.<br \/>\n<strong><br \/>\nEn as ouma? Wat is jou gunsteling- moedersdag-herinnering?<\/strong><br \/>\nEk dink ek is \u2019n goeie ouma. Toe my eerste kleinseun gebore is, wou ek hom steel. Noudat ek ouer is, besef ek dat ek nie die energie het om weer \u2019n kind groot te maak nie. Ek weet nie hoe hierdie ouer mans in Hollywood dit regkry om op 75 nog met babas te woel nie. Ek en my tweede man, Tom Hayden, het ons kinders gevat en Robert Redford se huisboot geleen en op Cape Mead gaan ronddobber. My kinders het bo-op \u2019n koppie met klippe geskryf: \u201cOns is lief vir jou, Mamma.\u201d<br \/>\n<strong><br \/>\nAs jy terugkyk na al die flieks waarin jy verskyn het, wat val jou op en waarvoor sal jy onthou wil word?<\/strong><br \/>\nToe ek my memoirs geskryf het, het ek weer na almal gekyk. Dit was in sekere gevalle nogal pynlik (lag). Maar ek het nie \u2019n keuse gehad nie. Ek sal seker in sekere kringe as Barbarella onthou word. Of Barefoot in the Park of Julia. Maar ek dink my grootste rol was in On Golden Pond wat ek saam met my pa vervaardig het. Een van die beste flieks wat ek gemaak het, was Klute, waarvoor ek my eerste Oscar gewen het. My gunstelingrol was in The Dollmaker, wat baie min mense waarskynlik gesien het. Ek het \u2019n Emmy daarvoor gekry.<\/p>\n<p><strong>Jy is wel berese. Van watter land hou jy die meeste?<\/strong><br \/>\nMy eerste man (Vadim) was half-Russies. Ons was in 1962 in Rusland &#8211; destyds was ons nog die enigste Amerikaners daar. Ek het verlief geraak op die mense. Dit was altyd vir my vreemd dat \u2019n land soos Rusland kommunisties was \u2013 dis immers die mense van Tsjechof en Toegenef. Mistisisme. Dit het verkeerd gevoel. Ek het \u2019n fliek saam met regisseur George Cukor in die destydse Leningrad gemaak &#8211; Elizabeth Taylor en Ava Gardner het ook rolle gehad. Ek was drie maande in die middel van die winter daar. Toe ek met Ted Turner getroud was, is ons seker agt keer weer Rusland toe. Ek ken die land baie goed. Ek is ook mal oor Griekeland, Indi\u00eb, Japan, China en Afrika. Dit gee \u2019n mens perspektief as jy reis. Ek kan nie glo dat daar politici is wat nog nooit die w\u00eareld gesien het nie. Ek wens ek kon George Bush by \u2019n ete raakloop en hom saamnooi Afrika toe sodat hy kan sien watter uitwerking sy beleid op vroue gehad het. My lewe het in Egipte verander: Ted was betrokke by \u2019n projek oor bevolkingsaanwas en die uitwerking daarvan op die omgewing. Ek moes my kennis opskerp en in 1994 in Ka\u00efro die VN se konferensie oor die kwessie bywoon. Niks was daarna meer dieselfde nie.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die woorde \u201cikon\u201d en \u201clegende\u201d word dikwels in Hollywood gebruik, maar eers wanneer jy iemand ontmoet wat die beskrywing waardig is, besef jy hoekom hierdie woorde nodig is. Op 74 vertel Jane Fonda trots: \u201cEk is mal daaroor om \u2019n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-4412","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Jane Fonda: \u2019n Ongewone lewe | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-ongewone-lewe\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Jane Fonda: \u2019n Ongewone lewe | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die woorde \u201cikon\u201d en \u201clegende\u201d word dikwels in Hollywood gebruik, maar eers wanneer jy iemand ontmoet wat die beskrywing waardig is, besef jy hoekom hierdie woorde nodig is. Op 74 vertel Jane Fonda trots: \u201cEk is mal daaroor om \u2019n [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-ongewone-lewe\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-15T07:29:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:25:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-ongewone-lewe\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-ongewone-lewe\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Jane Fonda: \u2019n Ongewone lewe\",\"datePublished\":\"2012-11-15T07:29:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:25:18+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-ongewone-lewe\\\/\"},\"wordCount\":1955,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-ongewone-lewe\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-ongewone-lewe\\\/\",\"name\":\"Jane Fonda: \u2019n Ongewone lewe | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2012-11-15T07:29:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:25:18+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-ongewone-lewe\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-ongewone-lewe\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-ongewone-lewe\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jane Fonda: \u2019n Ongewone lewe\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Jane Fonda: \u2019n Ongewone lewe | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-ongewone-lewe\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Jane Fonda: \u2019n Ongewone lewe | rooi rose","og_description":"Die woorde \u201cikon\u201d en \u201clegende\u201d word dikwels in Hollywood gebruik, maar eers wanneer jy iemand ontmoet wat die beskrywing waardig is, besef jy hoekom hierdie woorde nodig is. Op 74 vertel Jane Fonda trots: \u201cEk is mal daaroor om \u2019n [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-ongewone-lewe\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-15T07:29:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:25:18+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-ongewone-lewe\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-ongewone-lewe\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Jane Fonda: \u2019n Ongewone lewe","datePublished":"2012-11-15T07:29:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:25:18+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-ongewone-lewe\/"},"wordCount":1955,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-ongewone-lewe\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-ongewone-lewe\/","name":"Jane Fonda: \u2019n Ongewone lewe | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2012-11-15T07:29:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:25:18+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-ongewone-lewe\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-ongewone-lewe\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-ongewone-lewe\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jane Fonda: \u2019n Ongewone lewe"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4412","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4412"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4412\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4412"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4412"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4412"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}