{"id":4406,"date":"2012-11-14T14:56:00","date_gmt":"2012-11-14T12:56:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/rites-wat-vrouwees-vier\/"},"modified":"2018-03-22T11:40:14","modified_gmt":"2018-03-22T09:40:14","slug":"rites-wat-vrouwees-vier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/","title":{"rendered":"Rites wat vrouwees vier"},"content":{"rendered":"<p>In Marokko word \u2019n partytjie gehou wanneer \u2019n meisie begin menstrueer, en sy ontvang geld en geskenke. In Japan eet die gesin rys en bone wat rooi gekleur is. \u2019n Jong meisie van die Nuu-chah-nulth, \u2019n Indiaanse stam in die VSA, word alleen in die see gelaat. Sy moet terugswem en word toegejuig as sy die strand bereik.<\/p>\n<p>In ons kultuur gaan die menarg of eerste maandstonde meestal ongesiens verby. Hoewel baie meisies dit seker so verkies, skep dit tog vrae oor die algemene sienings onderliggend aan hierdie versuim. \u2019n Gemeenskap vier dit wat vir hulle belangrik is. Is vrouwees dan nie belangrik nie? Is lewensoorgange iets waaraan ons ons skaars steur? Of is dit dalk ons liggame wat vir ons min gewig dra?<\/p>\n<p>Die patriargie, oftewel die sosiale stelsel waar mans die meeste mag het, het vir seker die afwesigheid van rites op bepalende tye in vroue se lewe be\u00efnvloed, s\u00ea dr. Ronell Bezuidenhout, predikant van die Fontainebleau-gemeente in Johannesburg.<\/p>\n<p>\u201cIn al drie die Abrahamitiese godsdienste &#8211; die Christendom, die Juda\u00efsme en die Islam \u2013 is vroue as minder belangrik beskou. In Mesopotami\u00eb in die tyd van die Ou Testament was verhale van vroulike gode byvoorbeeld algemeen.<\/p>\n<p>In die Juda\u00efstiese monote\u00efsme het God skielik manlik geword &#8211; met verreikende gevolge vir vroue en die waarde wat aan hulle geheg is. Die kerkvader Augustinus het te kenne gegee vroue is minder waardevol, want hulle is \u2018minder man\u2019.<\/p>\n<p>\u201cWanneer vroue in die godsdiens gemarginaliseer word, raak dit ook hul lewensrol. Joodse seuntjies is besny \u2013 hulle koms is \u2018gevier\u2019. Vroue wat gemenstrueer het, was onrein. Hulle moes dikwels buite die stad in \u2019n tent gaan woon en deur \u2019n reinigingsproses gaan voordat hul mans weer aan hulle kon raak.<\/p>\n<p>Ek het jare gelede in Suid-Afrika \u2019n sinagoge te\u00ebgekom waar daar \u2019n spesiale bad was, amper soos \u2019n swembad, waar vroue n\u00e1 menstruasie \u2019n reinigingsritueel kon ondergaan.&#8221;<\/p>\n<p>Hoewel daar baie pogings is om die geslagte op gelyke voet te stel, ook in kerke, l\u00ea die eeue oue gevestigde uitkyke baie diep.<\/p>\n<p>Die min erg wat ons gemeenskap aan lewensoorgange het, het waarskynlik ook daarmee te doen dat ons verbondenheid met die aarde so effentjies is, s\u00ea Ronell.<\/p>\n<p>\u201cDie industrialisasie van die sewentiende en agtiende eeu en meer onlangse verstedeliking het ons in \u2019n groot mate weg laat beweeg van die grond. Ons is nie meer in kontak met die seisoene nie. Ek het twee jaar gelede my eie groente begin plant, net om weer in voeling met die siklusse van die natuur te kom.\u201c<\/p>\n<p>In vroe\u00ebre gemeenskappe is die wenteling van die seisoene, die groei en kwyn van die maan en ander sirkelgange in ag geneem en gevier. Dit maak sin dat fases in veral vroue se lewe soos menstruasie, swangerskap en menopouse belangrik was. Vroue se oorgange is meer ooglopend as di\u00e9 van mans, en in primitiewe gemeenskappe is vroue met verwondering beje\u00ebn omdat daar kos uit hul borste gekom het en hulle kon bloei sonder om dood te gaan. Daardie aardsheid het ons verloor.<\/p>\n<p>\u201cOns het ongemaklik geraak met ons lyflikheid. Adam beteken grond, en baie van ons gril deesdae vir grond. Higi\u00ebne word oorbeklemtoon; ons vat nie aan iets wat &#8216;vuil&#8217; is nie. Menstruasie is baie persoonlik \u2013 jy word deur jou eie bloed gekonfronteer. Maar vroue is dikwels net vaagweg bewus van hoe dit lyk en ruik. Ons gebruik tampons en kyk weg wanneer ons hulle uithaal.\u201c<\/p>\n<p>Saam met die negatiewe houding waarmee menstruasie eeue lank beje\u00ebn is \u2013 as iets wat \u201conrein&#8221; is en selfs in die volksmond \u201cdie vloek\u201d genoem word \u2013 is dit seker nie vreemd dat ons versuim om die aanvang of be\u00ebindiging daarvan te gedenk nie.<\/p>\n<p>Die afwesigheid van sulke rites, s\u00ea Ronell, dui ook op een van die groot kwessies van ons tyd: \u2019n ongemak met ons liggaamlikheid en veral ons seksualiteit.<\/p>\n<p>\u201cDie ou Grieke se siening dat die denke belangriker en waardevoller is as die liggaam, vorm steeds deel van ons manier van kyk. Ek het dit ervaar toe ek in standerd nege my been in \u2019n motorongeluk verloor het. Ek het baie, baie lank buite my lyf en in my kop geleef. Ek het op die akademie gefokus en ses of sewe grade verwerf. Maar mettertyd moes ek die verskillende aspekte van my lewe in balans bring en integreer.\u201c<\/p>\n<p>As ons die fisieke oor die algemeen as \u201cminder waardig\u201c beskou, staan die seksuele nog meer onder verdenking. \u201cDie sogenaamde pelvic issue kom in talle gedaantes na vore. Een is dat daar nie rustig en openlik oor seks gepraat word nie, selfs met tieners wat begeleiding bitter nodig het. As seks in ons samelewing \u2018genormaliseer\u2018 kan word, sal die prentjie anders lyk.<\/p>\n<p>\u201cOm \u2019n klip in die bos te gooi: hoeveel meisies of vroue se eerste seksuele ervaring word gevier? Ons kan nie iets vier wat in soveel voorskrifte en vooroordele vasgedraai is dat ons angstig of verle\u00eb raak wanneer dit ter sprake kom nie. \u201cOns ongemak met die seksuele lei onder andere daartoe dat ons bang is dat aanraking seksuele ondertone mag h\u00ea. Ons vat nie meer aan mekaar nie. Bejaardes, gestremdes en talle gewone mense ly hieronder en raak lyf- en hartshonger.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ons lyflikheid<\/h4>\n<p>Jacob Meiring, narratiewe teoloog en berader van Pretoria, is besig met sy doktorsgraad in teologie en lyflikheid. Dis \u2019n verrassende kombinasie, veral vir mense wat dink spiritualiteit en lyflikheid is teenpole van mekaar.<\/p>\n<p>\u201cOns is nie altyd bewus van hoe belangrik lyflikheid is nie,\u201c s\u00ea Jacob. \u201cOmdat ons grootword met die dualisme tussen denke (<em>mind<\/em>) en liggaam, fokus ons baie keer hoofsaaklik op ons emosies en gedagtes. In werklikheid ervaar ons die lewe deur ons lyf. Die liggaam vorm die basis van ons persepsies. Net deur ons liggame kan ons van die w\u00eareld bewus word, en ons soeke na sin is ten nouste daarmee verweef. Hoe jy in jou lyf leef, bepaal die gehalte van jou verhoudings met ander, met die aarde, met God.<\/p>\n<p>\u201cOns liggame is ook nie net fisiek soos ons dikwels glo nie. Ons eindig nie by ons vel nie; ons is deel van \u2019n sosiale opset. In ons gemeenskap is daar dominante narratiewe of kulturele \u2018stories&#8217; wat byvoorbeeld s\u00ea wat van jou \u2019n goeie ma of \u2019n mooi vrou maak. As jy oorgewig is, bepaal dit nie net hoe jy beweeg nie, maar ook watter emosies jy ervaar en hoe jy hierdie emosies verwerk. Die kulturele \u2018storie&#8217; oor oorgewig speel \u2019n groot rol, veral as jy dit j\u00f3\u00fa storie maak.<\/p>\n<p>\u201cNog \u2019n voorbeeld raak aan die definisie van \u2019n \u2018goeie lewensmaat&#8217;. As jy kanker het en chemo kry en jou man dring aan op seks, hoewel dit die laaste ding is waarvoor jy kans sien, voel jy jy moet toegee om \u2019n goeie vrou te wees? As sekere dominante narratiewe of \u2018stories\u2019 intiem deel word van ons belewing, kan dit ons laml\u00ea. Dis helend om hulle raak te boor en te dekonstrueer, en te besluit om self die outeur van jou storie te word. Dit kan wel \u2019n lang en uitdagende proses wees, maar die bewustheid maak reeds \u2019n beduidende verskil.\u201c<\/p>\n<p>Jacob werk met die narratiewe benadering en gebruik soms lyfkartering of <em>body-mapping<\/em> om mense bewus te maak van hoe hulle in hul lyf leef. \u201cMet <em>body-mapping<\/em> kan ons die persoon se liggaam op \u2019n groot stuk papier aftrek terwyl hy of sy op die grond l\u00ea, en dan kan die persoon die kaart met aantekeninge, simbole en kleur verryk. Ons het baie wonde of letsels op en in ons liggame. Dit word \u2019n insiggewende ontdekkingsreis.\u201d<\/p>\n<p>Afgesien van die kulturele \u201cstories&#8221; wat na vore kom, soos die samelewing se eise ten opsigte van hoe ons moet wees, kan lyfkartering traumas uit die verlede ontlok.<\/p>\n<p>\u201cDie liggaam het \u2019n geheue; dit stoor trauma. \u2019n Vrou wat haar seun verloor het, kan dit byvoorbeeld in haar longe voel. Sy kry nie genoeg asem nie. Hierdie selherinneringe is dikwels moeilik om te herroep, maar lyfkartering maak dit toegankliker. Dit gee as \u2019t ware aan die liggaam \u2019n stem en help mense sin maak van toestande soos eetversteurings of chroniese pyn.&#8221;<\/p>\n<p>Jacob se wegspringplek is nie algemene waarhede of dogmas nie, maar \u201cmense se eie ervaring van lyflikheid. Ek luister na hul stories soos uitgedruk deur hul liggame. Ons ervaar elke dag klein geboortetjies en sterftetjies, en dit be\u00efnvloed elke verhouding wat ons het. Ek help mense om deur stories sin te maak van hul lewe &#8211; met die lyf wat hulle het en is.&#8221;<\/p>\n<p>Jacob se waarnemings wys hoeveel ons nog omtrent onsself, ons liggaamlikheid en die manier waarop ons in hierdie w\u00eareld leef, kan ontdek. Al laat ons nie ons liggame karteer nie, kan ons meer bewus word van die fisieke basis van ons ervarings: ons is lyf, ons liggame het siklusse en fases, en ons mag dit erken en selfs saam met ander vier.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Rites en meelewing<\/h4>\n<p>Hoewel hierdie artikel op die benadering tot natuurlike mylpale in vroue se lewe konsentreer, kan rites en rituele \u2019n baie wyer rol in ons emosionele welsyn speel, glo Ronell.<\/p>\n<p>\u201cOns laat soveel geleenthede verbygaan wat ons eintlik sou kon vier: die eerste keer dat \u2019n kind skool toe gaan, wanneer \u2019n kind die laerskool verlaat, of ho\u00ebrskool toe gaan. Toe ek my eerste bra gekry het, was dit \u2019n okkasie in die sin dat daar iets van gemaak is om die familietafel, en ges\u00ea is: \u2018Kyk wat hang op die draad!&#8217;<\/p>\n<p>\u201cOns hoef nie net \u2018goeie&#8217; dinge te vier nie. Enige statusverandering, soos \u2019n egskeiding, kan met \u2019n ritueel ge\u00eber word. Pyn kan ook gevier word, anders dra jy dit alleen. Ek was \u2019n keer by die begrafnis van \u2019n swart vriendin se man, en \u2019n handdoek is oor haar kop gegooi waaragter sy kon huil. Afrika-tradisie het haar \u2018toegelaat\u2019 om in die openbaar te treur.<\/p>\n<p>\u201cIn die ou dae was dit gebruik om \u2019n jaar lank swart klere of \u2019n rouband te dra nadat \u2019n geliefde dood is. Vandag weet niemand jy treur nie. Dis tot ons nadeel &#8211; ons kan gerus eerliker raak oor verlies. As jy mooi daaroor dink, eindig elke verhouding op hierdie aarde in pyn.\u201c<\/p>\n<p>Dalk is Ronell se insig die deurslaggewende een. As ons werklik vir mekaar omgee, as ons \u2019n ruimte kan skep waar die ander een veilig voel, en as ons sagter kan kyk met ons veroordelende o\u00eb, sal ons mekaar inniger ken en beter kan ondersteun. Met kreatiwiteit en veral tyd vir mekaar kan di\u00e9 omgee uiting vind in rites en rituele om mekaar se ervaringe te eer.<\/p>\n<p><em>Op die internet is daar talle aanbevelings oor die viering van die menarg \u2013 maak net seker jou dogter is gemaklik daarmee. Ma\u2019s laat skiet gaatjies in hul dogters se ore, koop hul geboortestene of nooi vriendinne wat rooi of wit moet aantrek. Party vra vooraf waarvan hul dogters sal hou wanneer sy begin menstrueer, wat hulle help voorberei op die gebeurtenis.<br \/>\n<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die afwesigheid van rites dui op een van die groot kwessies van ons tyd: \u2019n ongemak met ons liggaamlikheid en veral ons seksualiteit.<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":93526,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677,662],"tags":[629,47133,47134],"class_list":["post-4406","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-inspiration","tag-vroulikheid","tag-feminism"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Rites wat vrouwees vier | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die afwesigheid van rites dui op een van die groot kwessies van ons tyd: \u2019n ongemak met ons liggaamlikheid en veral ons seksualiteit.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Rites wat vrouwees vier | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die afwesigheid van rites dui op een van die groot kwessies van ons tyd: \u2019n ongemak met ons liggaamlikheid en veral ons seksualiteit.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-14T12:56:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-03-22T09:40:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Vier-vroue-wat-dans.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rites-wat-vrouwees-vier\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rites-wat-vrouwees-vier\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Rites wat vrouwees vier\",\"datePublished\":\"2012-11-14T12:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-03-22T09:40:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rites-wat-vrouwees-vier\\\/\"},\"wordCount\":1830,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rites-wat-vrouwees-vier\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Vier-vroue-wat-dans.jpg\",\"keywords\":[\"inspiration\",\"vroulikheid\",\"feminism\"],\"articleSection\":[\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rites-wat-vrouwees-vier\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rites-wat-vrouwees-vier\\\/\",\"name\":\"Rites wat vrouwees vier | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rites-wat-vrouwees-vier\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rites-wat-vrouwees-vier\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Vier-vroue-wat-dans.jpg\",\"datePublished\":\"2012-11-14T12:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-03-22T09:40:14+00:00\",\"description\":\"Die afwesigheid van rites dui op een van die groot kwessies van ons tyd: \u2019n ongemak met ons liggaamlikheid en veral ons seksualiteit.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rites-wat-vrouwees-vier\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rites-wat-vrouwees-vier\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rites-wat-vrouwees-vier\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Vier-vroue-wat-dans.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Vier-vroue-wat-dans.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667,\"caption\":\"Foto: Pexels\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rites-wat-vrouwees-vier\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Rites wat vrouwees vier\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Rites wat vrouwees vier | rooi rose","description":"Die afwesigheid van rites dui op een van die groot kwessies van ons tyd: \u2019n ongemak met ons liggaamlikheid en veral ons seksualiteit.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Rites wat vrouwees vier | rooi rose","og_description":"Die afwesigheid van rites dui op een van die groot kwessies van ons tyd: \u2019n ongemak met ons liggaamlikheid en veral ons seksualiteit.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-14T12:56:00+00:00","article_modified_time":"2018-03-22T09:40:14+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Vier-vroue-wat-dans.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Rites wat vrouwees vier","datePublished":"2012-11-14T12:56:00+00:00","dateModified":"2018-03-22T09:40:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/"},"wordCount":1830,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Vier-vroue-wat-dans.jpg","keywords":["inspiration","vroulikheid","feminism"],"articleSection":["Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/","name":"Rites wat vrouwees vier | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Vier-vroue-wat-dans.jpg","datePublished":"2012-11-14T12:56:00+00:00","dateModified":"2018-03-22T09:40:14+00:00","description":"Die afwesigheid van rites dui op een van die groot kwessies van ons tyd: \u2019n ongemak met ons liggaamlikheid en veral ons seksualiteit.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Vier-vroue-wat-dans.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Vier-vroue-wat-dans.jpg","width":1000,"height":667,"caption":"Foto: Pexels"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rites-wat-vrouwees-vier\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Rites wat vrouwees vier"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4406","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4406"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4406\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/93526"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4406"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4406"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4406"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}