{"id":4402,"date":"2012-11-14T14:50:00","date_gmt":"2012-11-14T12:50:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/storieverteller\/"},"modified":"2017-07-13T13:12:23","modified_gmt":"2017-07-13T11:12:23","slug":"storieverteller","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/","title":{"rendered":"Erica Wessels: Storieverteller"},"content":{"rendered":"<p>Op &#8216;n Kaapse wintersdag nooi <strong>Erica Wessels<\/strong> my in Woodstock by haar knus skakelhuisie met sy mooi plankvloere en antieke stoele in: &#8216;n Grys, koue, nat dag met re\u00ebnvlae wat kort-kort uitsak. Kaggelweer. En sy begin sommer ook dadelik om &#8216;n vuurtjie brand te maak.<\/p>\n<p>\u201cEk was amper nie hier nie,\u201d s\u00ea sy. \u201cEk was so naby aan die dood. Ek was nog nooit in my lewe s\u00f3 bang nie!\u201d Erica en haar vriend was saam met \u2019n veldwagter op \u2019n uitstappie in \u2019n wildreservaat toe drie leeuwyfies skielik so 15 meter voor hulle verskyn \u2013 dreigend en reg om te storm.<\/p>\n<p>\u201cDie veldwagter het omgeswaai en sy o\u00eb was pieringgroot. Hy het met sy voete ge-stamp en op die wyfies geskel en ons beveel: \u2018Bly baie kalm. Moenie hardloop nie. Ons gaan stadig agteruit tot in die dro\u00eb rivierloop beweeg waar hulle ons nie kan sien nie.\u2019\u201c<\/p>\n<p>Die leeus se boodskap was duidelik: \u201cJulle is in \u00f3ns gebied, en ons is honger.\u201d Die drie knewels het met hul omsingelingsmaneuver begin. Uit die gesonke dro\u00eb loop het Erica-hulle hul pad na \u2019n rotskoppie gekry, met die leeus steeds op hul spoor.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<div>\u201cGelukkig is my vriend \u2019n rotsklimmer, hy kon my ophelp. Daar het ek begin bid. Genadiglik het die veldwagter \u2019n radio gehad en hulp ontbied. Ons is uiteindelik met \u2019n Land-Rover veilig terug na die kamp.<\/div>\n<p>\u201cWat ek ook onthou, is hoe gefokus ek was; kalm, met massas adrenalien wat deur my are pomp. Nou, agterna, voel ek ge\u00eberd. Dit was \u2019n wonderlike spirituele ervaring.<\/p>\n<p>\u201cVrees soos wat ek daar ervaar het, sal ek op die verhoog kan uitbeeld, maar daardie innerlike vrees is iets anders. Ek sal dit kan speel, maar ek dink nie ek sal dit kan v\u00f3\u00e9l nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy bly \u2019n rukkie stil: \u201cEk sal daardie vreesgevoel nie mis as dit nooit weer met my gebeur nie.\u201d Vrees is nie haar metgesel in Woodstock nie, al is dit een van die ouer en armer woonbuurte in die Kaap. Sy voel veilig in die buurt met sy labirint van nou eenrigtingstraatjies, historiese en sommer net ou geboutjies, in verskillende stadiums van verval en vernuwing.<\/p>\n<p>En tog dink baie mense Johannesburg is die plek waar jy moet wees, veral met \u2019n be-roep soos joune? Nee, s\u00ea sy, dis nie nodig nie. Sy werk in die teater, vir plaaslike TV (soos nou in die kykNET-reeks Vloeksteen), die BBC en talle ander instellings. Sy doen baie stemwerk en is in aanvraag vir al die aksente wat sy bemeester het. Sy is \u2019n kreatiewe mens wat haar in die stad uitleef, sy is dol op struktuur en energie, openingsaande by galerye, rolprente, teater en goeie vriende. Etes aan huise, maar dan in klein groepies. \u201cIn groter groepe mis jy te veel, moet jy op te veel plekke gelyk luister.\u201d Sy hou van soesji en filet met groente. \u201cEn ek hou van rooiwyn.\u201d<\/p>\n<p>Die Johannesburgers dink die Kaap is kliekerig, maar dis nie haar ondervinding nie. En as sy in Gauteng moet gaan werk, is dit &#8216;n bonus omdat sy by haar ma-hulle bly. Maar sy is ook \u2019n berg-mens wat dol is op wegkom, soos in w\u00e9g, alleen of saam met ander.<\/p>\n<p>\u201cEk kan ook baie maklik alleen wees met net my eie geselskap.\u201d<\/p>\n<p>As die jongste van vyf kinders het sy met baie liefde en ondersteuning grootgeword. Die gesin is geheg aan mekaar en sy is die tannie van elf kinders en die peetma van twee. En sy het mooi herinneringe aan haar kinderjare.<\/p>\n<p>\u201cEen van die mooistes en vroegstes wat ek onthou, was by die see. Ek was in my pa se arms in die branders. Dit was groot pret, en ek onthou die gevoel van liefde, vertroue en beskerming; om heeltemal sonder vrees te wees. Dis \u2019n kosbare herinnering.\u201d<\/p>\n<p>Op skool het sy tennis, hokkie en netbal gespeel. Sy was van laerskool af versot op drama, dans en kunsklasse maar het haar op Stellenbosch vir \u2019n graad in die sielkunde ingeskryf \u2013 net om twee weke later die groot sprong na \u2019n dramakursus te maak. Sy het nie eintlik geweet \u2019n mens \u201cswot\u201d drama nie, maar &#8216;n vriendin het haar na \u2019n teorieklas genooi. Die \u201cekspressiewe, passievolle, dinamiese en kreatiewe mense wat gil en sweet\u201d het haar aangegryp en \u201cdie res is geskiedenis\u201d. Sy was verstom toe sy ontdek dat 90% van haar klasmaats teen hul ouers se wense drama swot. H\u00e1\u00e1r ouers, broer en susters was anders: \u201cVolg jou drome, God sal voorsien.\u201d<\/p>\n<p>Dit was die regte besluit en sy leef vir die teater, hoewel sy ook \u2019n liefde vir rolprente en TV ontwikkel het, beginnende ses jaar gelede met Charlie Jade en die TV-weergawe van Deon Meyer se boek Orion. Haar jongste TV-rol is di\u00e9 van Elle Fourie in die kykNET-reeks Vloeksteen. Sy speel ook \u2019n rol in Katinka Heyns se rolprent Die Won-derwerker wat op 5 September bekend gestel word. Dit handel oor die lewe van Eug\u00e8ne Marais, met Dawid Minnaar in die hoofrol.<\/p>\n<p>\u201cDie Vloeksteen-reeks was groot pret, al het ons soos monsters gewerk om 11 tot 14 minute per dag op \u2019n klein begroting te skiet. Dit was fantasties om met sulke kreatiewe mense en \u2019n regisseur soos Regardt van den Bergh te werk \u2013 iemand wat ook oop is vir idees en almal op die stel gelyk behandel. En dit was ses maande se gewaarborgde werk \u2013 wat altyd wonderlik is!\u201d<\/p>\n<p>Vir die teater werk jy b\u00e1ie harder, vertel sy. Die dissipline is heeltemal anders as vir televisie en betrek elke enkele element van die hele proses. Dit verg b\u00e1ie meer voorbereiding, massas werk en lang ure in die repetisie- lokaal. Op die verhoog is daar nie \u2019n tweede kans nie \u2013 jy repeteer om \u201cin die oomblik\u201d te kan wees en jy moet almal se teks ken. Voor die kamera kan jy instinktief reageer.<\/p>\n<p>\u201cVir Who\u2019s Afraid of Virginia Woolf het ons lank repeteer, en toe was ons elke dag drie uur lank op die verhoog \u2013 sewe dae per week, ses maande lank! Dit was wonderlik!\u201d<\/p>\n<p>Sy en haar mede-akteurs het ook baie hard gewerk vir Sarah Kane se drama Smag. Die oorspronklike titel is Crave en Willem Anker het die drama meesterlik in Afrikaans vertaal. Dis die donkerste stuk waarin sy nog op-getree het en handel oor stemme in \u2019n vrou se kop en haar smagting na die dood (die dramaturg het ook twee jaar later op 28 selfmoord gepleeg).<\/p>\n<p>\u201cMy karakter mediteer heeltyd oor die dood, die negatiwiteit van die lewe, angs, vrese en leuens. Ek het baie uit die stuk geleer. Ek het geleer dis hoe ek ni\u00e9 wil leef nie. Dis net hartseer om so hard te werk vir net vyf opvoerings.\u201d<\/p>\n<p>Die vermaarde akteur Ben Kingsley (Gandhi) stel dit sterk as hy s\u00ea: \u201cDit sal so \u2019n tragedie wees om die voorreg van toneelspel weg te gooi. Jy is die sjamaan, die heler, dis jy wat die storieverteller is en dis belangrik dat akteurs di\u00e9 feit waardeer. Hulle dink te dikwels dit gaan oor hulle, wanneer dit eintlik daaroor gaan dat die gehoor homself in jou moet herken. Hoe verder jy van die publiek onttrek, hoe minder krag het jy op die verhoog.\u201d<\/p>\n<p>Stem sy saam? \u201cO, ja. Dis \u2019n wonderlike opsomming. Van al die goed wat ek al gelees het, kom dit die naaste aan hoe ek daaroor voel. Wat hy hier s\u00ea, is die essensie van die begaafde akteur.<\/p>\n<p>\u201cEk is \u2019n storieverteller, verlief op wat in mense se koppe aangaan, hul gedagtegange, hoekom mense doen wat hulle doen en s\u00ea wat hulle s\u00ea. Hoekom ons maskers dra en die teenoorgestelde s\u00ea van wat ons dink en voel. Dit fassineer my.\u201d<\/p>\n<p>Speel die gehoor se reaksie \u2019n rol in akteurs se uitlewing van \u2019n karakter op die verhoog? \u201cEk speel nie vir reaksie en resensies nie, ook nie vir die uitroepe van \u2018O, jy was wonderlik!\u2019 in die foyer nie.\u201dMaar tog het Kenneth Haig ges\u00ea: \u201cYou need three things in the theater: the play, the actors and the audience, and each must give something.\u201d<\/p>\n<p>\u201cOukei, die gehoor dra wel by tot die genot op die verhoog. Dit moet aaklig wees om in \u2019n komedie te speel en almal sit net dead- pan. En komedie is verreweg die moeilikste om te speel. Met ander rolle is daar prosesse wat jy kan volg, nie met komedie nie: jy kan of jy kan nie. Die tydsberekening is ontsettend belangrik, en dis lekker as die gehoor meewerk.\u201d<br \/>\nDis onvermydelik dat \u2019n mens haar oor haar h\u00e9\u00e9l grootste teaterervaring uitvra.<\/p>\n<p>\u201cSonder twyfel my rol as Mary Jane Hanrahan in Jesus Hopped the A Train (waarvoor sy ook \u2019n Fleur du Cap-prys gewen het).<br \/>\n\u201cDie stuk speel hom in \u2019n berugte Ameri-kaanse tronk af en ek was die regsgeleerde wat \u2019n man verdedig wat van moord aangekla word. Daar was ongelooflike persoonlike oomblikke tussen my en die beskuldigde. My binnestryd oor die getuienis, hoe dit my affekteer, baie intense alleensprake. Uitdagend, uitputtend. \u2019n On-ge-l\u00f3\u00f3f-like stuk en rol.\u201d<br \/>\n<strong><span style=\"color: #ff0000;\"><br \/>\n<\/span><\/strong>Raak rolle, veral komplekse en donker rolle, haar as mens? \u201cDit affekteer jou terwyl die stuk opgevoer word. Daar is soveel wat jy aan \u2019n karakter kan gee, soos eksentrisiteit of weerloosheid. Dis wat jy insit, eerder as wat jy uit die teks kry. Jou adrenalienvlakke is hoog, jy gaan laat slaap, jy moet gesond eet. Maar dis elke akteur se verantwoordelikheid om daardie rol se jas uit te trek en op te hang en te herbevestig wie jy is.\u201d<br \/>\nEn, s\u00ea sy, sy dink sy kan enige rol speel. Op skool was sy een keer \u2019n boom in \u2019n toneelstuk; in haar later lewe ook al \u2019n boemelaar. Sy voel aangetrokke tot komplekse rolle, s\u00ea Erica, en sy wil ook nie in \u2019n boksie geplaas word van wie daar ges\u00ea word dis maar soos sy is nie. Daarvoor is elke mens te kompleks.<\/p>\n<p>\u201c \u2019n Mens is tog nie net goed of kwaad nie. Ons is sensitief, ons kry seer, ons dra maskers, ons oorleef. Toneelspel is immers \u2019n studie van die mens. Ons, die akteurs, is eintlik maar chroniese sielkundiges \u2013 die voyeurs van die menslike toestand.\u201d<br \/>\nDaar is nie spesifieke rolle waarna sy smag nie, s\u00ea Erica. Sy wil net aanhou werk, fantaseer en stories vertel.<\/p>\n<p>Het sy al rolle van die hand gewys? \u201cJa, meestal wanneer daar naaktheid betrek word. Baie, veral rolle in internasionale produksies. Ek gee \u00e1lles \u2013 fisiek, emosioneel en op die geestelike, sielkundige en liggaamlike vlak \u2013 behalwe naaktheid. Ek gaan hulle nie nog d\u00edt ook gee nie. Hierdie bedryf kry 90% van my, ek sal hom nie 100% gee nie. Ek s\u00ea ook nee vir rolle as ek dink die teks is leeg en dom en dat dit niks aan my doen nie.\u201d<\/p>\n<p>In die komedie Private Lives (Noel Coward) is sy vir die rol van Amanda met nog \u2019n Fleur du Cap-prys beloon.<br \/>\n\u201cIn teenstelling met intense, donker rolle was hierdie stuk welkome afwisseling,\u201d s\u00ea sy. \u201cAmanda is eksentriek, nuuskierig, kontempor\u00ear, liberaal en selfs \u2019n bietjie arrogant.\u201d<\/p>\n<p>Watter hiervan is sy as mens? Sy lag. \u201cAlmal! Behalwe arrogant, ek probeer hard om nie arrogant te wees nie. Dit was \u2019n prettige rol, en soos met almal kry jy daaruit wat jy insit. Harde werk, maar pret.\u201d<br \/>\n<span style=\"color: #ff0000;\"><strong><br \/>\n<\/strong><\/span>Met die groetslag vra ek of daar vrese in haar lewe is. \u201cJa, daar is. \u2019n Vrees om op te hou groei, om klinies en klein en te sorgvuldig en presies en gekontroleerd te leef. \u2019n Vrees om weer seer te kry, die verkeerde keuses te maak, die vrees om nie vol en nou en hier te leef nie. &#8221;<\/p>\n<p>\u201cMaar wat ek weet, is dat liefde altyd, wanneer jy daaroor mediteer en daarvolgens leef, daardie vrese stukkie vir stukkie uitlag en verlam.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op &#8216;n Kaapse wintersdag nooi Erica Wessels my in Woodstock by haar knus skakelhuisie met sy mooi plankvloere en antieke stoele in: &#8216;n Grys, koue, nat dag met re\u00ebnvlae wat kort-kort uitsak. Kaggelweer. En sy begin sommer ook dadelik om [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":38967,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1387,3926,23450,24339],"class_list":["post-4402","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-celebs","tag-erica-wessels","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Erica Wessels: Storieverteller | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Erica Wessels: Storieverteller | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Op &#8216;n Kaapse wintersdag nooi Erica Wessels my in Woodstock by haar knus skakelhuisie met sy mooi plankvloere en antieke stoele in: &#8216;n Grys, koue, nat dag met re\u00ebnvlae wat kort-kort uitsak. Kaggelweer. En sy begin sommer ook dadelik om [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-14T12:50:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:12:23+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/MG_2778.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"340\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"510\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/storieverteller\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/storieverteller\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Erica Wessels: Storieverteller\",\"datePublished\":\"2012-11-14T12:50:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:12:23+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/storieverteller\\\/\"},\"wordCount\":1955,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/storieverteller\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/MG_2778.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"erica wessels\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/storieverteller\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/storieverteller\\\/\",\"name\":\"Erica Wessels: Storieverteller | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/storieverteller\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/storieverteller\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/MG_2778.jpg\",\"datePublished\":\"2012-11-14T12:50:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:12:23+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/storieverteller\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/storieverteller\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/storieverteller\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/MG_2778.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/MG_2778.jpg\",\"width\":340,\"height\":510},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/storieverteller\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Erica Wessels: Storieverteller\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Erica Wessels: Storieverteller | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Erica Wessels: Storieverteller | rooi rose","og_description":"Op &#8216;n Kaapse wintersdag nooi Erica Wessels my in Woodstock by haar knus skakelhuisie met sy mooi plankvloere en antieke stoele in: &#8216;n Grys, koue, nat dag met re\u00ebnvlae wat kort-kort uitsak. Kaggelweer. En sy begin sommer ook dadelik om [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-14T12:50:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:12:23+00:00","og_image":[{"width":340,"height":510,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/MG_2778.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Erica Wessels: Storieverteller","datePublished":"2012-11-14T12:50:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:12:23+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/"},"wordCount":1955,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/MG_2778.jpg","keywords":["celebs","erica wessels","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/","name":"Erica Wessels: Storieverteller | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/MG_2778.jpg","datePublished":"2012-11-14T12:50:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:12:23+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/MG_2778.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/MG_2778.jpg","width":340,"height":510},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/storieverteller\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Erica Wessels: Storieverteller"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4402","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4402"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4402\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/38967"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4402"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4402"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4402"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}