{"id":4396,"date":"2012-11-14T13:53:00","date_gmt":"2012-11-14T11:53:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/die-lewe-na-zack\/"},"modified":"2016-02-17T14:38:28","modified_gmt":"2016-02-17T12:38:28","slug":"die-lewe-na-zack","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lewe-na-zack\/","title":{"rendered":"Magda van Biljon: Die lewe na Zack"},"content":{"rendered":"<p>Sy sit in Zack se kamerjas en praat. Dis \u2019n jaar n\u00e1 Frikkadel se dood. Die baas van Vetkoekpaleis laat \u2019n groot leemte in die Afrikaner-hart. En vir Zack du Plessis se weduwee, die sangeres, aktrise en draaiboekskrywer, <strong>Magda van Biljon<\/strong>, l\u00ea die seer nog vlak.<\/p>\n<p>In hul huis in Pretoria-Oos is daar so baie wat haar daagliks aan hom laat dink. Soos sy kamerjas wat haar op \u2019n koue wintersdag omvou. Soos hy haar in hul huwelik van 38 jaar omvou het. Haar Zackeman, Zakkie, Bekka, My Bek.<\/p>\n<p>\u201cEk ruik hom aan sy klere. En dan huil ek. Hoe <em>cope<\/em> ek n\u00e1 sy dood? Nee, ek doen nie. Ek het geen idee hoe ek deur die jaar gekom het nie. Ek was soos \u2019n outomaat. Iemand wat n\u00e1 narkose halfpad bygekom het.\u201d<\/p>\n<p>Naas \u201cZack se vrou\u201d was Magda die Wielie Walie-tannie waarmee baie kinders grootgeword het.<\/p>\n<p>\u201cVan 1979 \u2019n volle veertien jaar. Zack het altyd ges\u00ea dit moet een of ander rekord wees.\u201d<\/p>\n<p>In haar jaar van rou het ironies \u2019n vernuwing in haar loopbaan ingetree. Sy het groot projekte aangepak.<\/p>\n<p>\u201cEk noem dit nie vernuwing nie. Eerder \u2019n <em>saving grace<\/em>. Dit hou my kop besig.\u201d<\/p>\n<p>Vanjaar word afrondingswerk gedoen aan haar draaiboek, Redemption, wat moontlik deur draaiboek-ondersteuning van Piet de Jager, vervaardiger van Roepman-faam, in \u2019n rolprent omskep gaan word. Name soos Charlize Theron en Arnold Vosloo word reeds vir die rolle genoem.<\/p>\n<p>\u201cZack het nog geleef toe ek daaraan begin werk het. Ons het baie gesels oor die tema: die hartseer en soeke na vergifnis in ons land se geskiedenis.\u201d<\/p>\n<p>Sy werk ook aan \u2019n nuwe geselsprogram, Kwetter, wat later op kykNET uitgesaai gaan word.<\/p>\n<p>\u201cDis \u2019n moderne soort Maak \u2019n Las en Kwetter sinspeel op die sosiale netwerk, Twitter, waarmee deesdae gekommunikeer word. Dis \u2019n storievertelprogram. Ons gesels met verskeie mense oor die tale wat Afrikaans aangeraak het. Daar gaan byvoorbeeld \u2019n episode oor die Duitse invloed wees, maar ook lekker humor. Van die materiaal is uit ou joernale gehaal en daar word gesels oor onder meer plekname, byname en spreekwoorde eie aan ons taal.\u201d<\/p>\n<p>Hulle wag op die oomblik vir borgskappe wat sal bepaal presies wanneer dit uitgesaai gaan word, s\u00ea sy. Daarnaas is haar kabaret, Cabernet-Cabaret, ook hopelik later vanjaar op die planke. Daarin gaan sy op \u2019n musikale reis terug in die geskiedenis van Jean Prieur du Plessis, stamvader van die Du Plessis\u2019s in Suid-Afrika. Hy is in 1700 met Maria Buisset van Sedan getroud en sy is \u2019n verteller van die stuk.<\/p>\n<p>\u201cDit begin waar sy \u2019n brief aan haar ma in Holland skyf oor die De Villiers\u2019s se veertig duisend wynstokke wat hulle na Suid-Afrika saamgebring het en hoe hulle besig is om die Klein-Drakenstein-omgewing in \u2019n Franse Bordeaux te omskep.\u201d<\/p>\n<p>Magda het die musiek en lirieke geskryf en gaan dit as \u2019n eenvrou-kabaret aanbied. Haar lirieke weef rondom wynkultivars en oor die wonderlikheid van lekker wyn en watter krag dit in ons land se geskiedenis ingeploeg het.<\/p>\n<p>\u201cEk begin met \u2019n ernstige lied, \u2018Die wonder van die wynstok\u2019, wat ook Bybelse verwysings in het, maar sing ook vrolike liedjies soos my en Phillip Nel se die \u2018Mos in die paraffienblik\u2019.\u201d<\/p>\n<p>Min mense weet dat Magda eintlik \u2019n loopbaan as sopraan beplan het maar dat die drama toe haar hart gewen het. Sy het deur die jare in die koor van die Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste (TRUK) gesing en in die jare sewentig in vele van hul operettes soos Oklahoma en Wienerblut en operas soos La Traviata opgetree.<\/p>\n<p>Feesgangers het haar die afgelope jare by talle feeste gesien, soos haar solo-musiekteateraanbieding, Ples tot Plessis, wat onder meer by die Inniebos-fees en die US Woordfees te sien was.<\/p>\n<p>\u201cToe Zack my bel met die slegte nuus dat hy kanker het, was ek juis by die Woordfees by die Oude Libertas-amfiteater in die Kaap besig met \u2019n bekendstelling van Leon von Moltke se kinderboek Sareltjie soek \u2019n maat.\u201d Die oproep was \u2019n skok.<\/p>\n<p>\u201cJy klou met die vars nuus nog aan hoop, maar met Zack se twee de besoek aan die onkoloog het die woorde \u2018fase vier kanker\u2019 my laat besef dis terminaal.\u201d<\/p>\n<p>Sy dink terug aan \u201csulke lekker tye\u201d in haar sangloopbaan.<\/p>\n<p>\u201cLekker musiek-en-liriek-aande in die laat sewentigerjare by die Johannesburgse Mark-teater. Daarvoor het ek Kaapse draaie van D.J. Opperman en Naskrif van Van Wyk Louw getoonset en gesing.\u201d<\/p>\n<p>Sy proe ook nog getoonsette gedigte soos George Weideman se \u201cVir my klein kandas, wat ver is\u201d op haar tong: \u201cDie wind wat waai op Naroegas; is \u2019n suidewind, my klein kandas; en die dassiekaros is dun \u2026 \u201d<\/p>\n<p>Sy sal haar kleinkinders ure lank kan vermaak met aanhalings uit toneelstukke en gedigte. Sy onthul dat min mense geweet het Zack het \u2019n pragtige baritonstem gehad en onder meer in Melville in kerkkore by Paas- en Kersfeesdienste gesing.<\/p>\n<p>\u201cHy was baie nootvas en ek onthou hoe \u2019n omie in die koor hom gefrustreer het as hy die noot effe misvat.\u201d<\/p>\n<p>Magda is \u2019n goeie pianis en orrelis en beken sy het di\u00e9 twee instrumente lank afgeskeep maar nou weer afgestof.<\/p>\n<p>\u201cMet die jare het my sopraan in \u2019n alt verander,\u201d maar dis vir haar lekker om letterlik en figuurlik nuwe note te sing. Sy weet Zack sou trots gewees het op wat sy die afgelope jaar bereik het. Zack se loopbaan was \u2019n kollig-loopbaan, hare meer op die agtergrond. Dit het haar nooit gepla nie.<\/p>\n<p>\u201cMy loopbaan het vir my genoeg bevrediging gegee.\u201d<\/p>\n<p>Sy is vir verskeie pryse benoem vir veral haar aanbieding van Wielie Walie en regie van Nuustak. \u2019n Hoogtepunt was die Artes-toekenning in 1992 as beste aanbieder vir Wielie Walie. Dit was vir haar \u2019n verrassing en eer toe Solidariteit haar verlede jaar op Vrouedag vereer het \u201cvir haar uitmuntende bydrae tot die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf as aktrise, regisseur en aanbieder\u201d.<\/p>\n<p>\u201cPryse en benoemings is \u2019n bonus, maar jy doen dinge vir die lekkerte,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Zack was deel van die vreugde van haar loopbaan.<\/p>\n<p>\u201cOns kon op mekaar se loopbane kommentaar lewer en raad gee. As een \u2019n nuwe kans gekry het, kon die ander een s\u00ea: Jy kan as mens en kunstenaar hierdeur groei.\u201d<\/p>\n<p>Hulle was vir mekaar opbouende kritici.<\/p>\n<p>\u201cOns het gevoel ons wys mekaar liefs op iets wat nie lekker is nie voor die pers jou beetkry. Resensente was nie altyd so genadig nie. Dit was ook nie altyd vir my lekker as Zack my reghelp nie. Maar ek het geweet ek kan maar na hom luister. Hy weet beter. As hy my eers as \u2018Magdalena\u2019 aangepreek het, het ek geweet, hier kom dit nou \u2026 \u201d<\/p>\n<p>Sy het graag na Zack se repetisies gaan kyk.<\/p>\n<p>\u201cEk kon soms sien as iets nie lekker is nie. As ek n\u00e1 die tyd gevra het, was ek in die kol. Soms was dit woorde wat hy nie geken het nie, of iets waarmee hy nie gemaklik was nie. Maar as die stuk geopen het, was hy weer in beheer. Altyd goed voorbereid. Ja, ek het hom soms kwetsbaar op die verhoog gesien. Dan wou ek hom met \u2019n beskermende kombers toevou.\u201d<\/p>\n<p>Vandag is sy dankbaar sy en Zack kon in 2009 nog saam toer met Zack \u2019n Pack. Dit was \u2019n terugblik op hul veertig jaar in die vermaak-bedryf, insluitend rolprent, drama, TV, radio en die verhoog. Dit was \u2019n nostalgiese terugblik na die beginjare van televisie met Dusty Dixon wat liedjies uit die jare sewentig, tagtig en negentig gesing het.<\/p>\n<p>\u201cVoor di\u00e9 toer het ons maklik 18 jaar laas saam in die TV-reeks Hoekie vir Eensames opgetree. Dit was lekker om teenoor hom op tetree. Hy was hardwerkend en het altyd spanning op stel ontlont.\u201d<\/p>\n<p>Met hul laaste toer kon hulle mekaar op die lang pad vir oulaas op \u2019n vreemde manier beter leer ken.<\/p>\n<p>\u201cOns het baie gesels, saam geskaaf en gewerk aan ons produksie. Zack het altyd ges\u00ea ek is \u2019n goeie komediant, maar ek besef dit nie. Ek het volgens hom die regte tydsberekening gehad.\u201d<\/p>\n<p>Sy mis hul saamwees op daardie vlak.<\/p>\n<p>\u201cEk het die afgelope jaar hard gewerk en is dankbaar dat ek nog kan werk. Maar ek gaan nie maak of ek oukei is nie. Ek is nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy het onlangs die kamer reggepak waarin Zack verlede jaar op 16 Junie gesterf het.<\/p>\n<p>\u201cEk het afgekom op kaartjies wat die kinders vir hom geskryf het. Waarin hulle dankie s\u00ea dat hy altyd sulke wyse raad gegee het. Dis vertroostend dat hy vir hulle \u2019n goeie pa was. Ook \u2019n steun vir ander. In baie briefies word hy bedank vir goed wat hy vir ander gedoen het, maar waaroor hy nie gepraat het nie. Mense keer my nou voor en vertel daarvan. In sy groot lyf was \u2019n sagte hart. Mense onthou hom vir komediereekse soos Orkney snork nie en Vetkoekpaleis, maar hy was \u2019n ernstige, wyse man.\u201d<\/p>\n<p>Veral oudkollegas het di\u00e9 kant van Zack geken.<\/p>\n<p>\u201cVan ons was onlangs saam by \u2019n huldiging van die operaregisseur Neels Hansen en het baie oor die ou dae gepraat. Andr\u00e9 Laubser, een van Zack se studentemaats, het Zack so raak opgesom: \u201cHy sou jou gekritiseer het as jy droogmaak en hy sou jou deur diep waters gedra het \u2026 maar hy sou jou nooit gedrop het nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy en die kinders en mense wat lief was vir Zack, praat dikwels oor hom. Soos haar halfbroer, Pieter de Kock.<\/p>\n<p>\u201cHy en Zack was soos broers. Hy mis sy beste vriend.\u201d<\/p>\n<p>Zack en oud-Springbok Frik du Preez het op dieselfde dag, 28 November, verjaar. Dit het tradisie geword dat die twee gesinne oor en weer saam verjaardag vier.<\/p>\n<p>\u201cOns het besluit om met die verjaardagtradisie voort te gaan al is Zack nie meer daar nie. Daar is sulke goeie herinneringe wat ons saam koester.\u201d<\/p>\n<p>Frik het altyd ges\u00ea Zack \u201cspeel homself\u201d, hy speel nie toneel nie. Maar regisseur en skrywer van Orkney snork nie en Vetkoekpaleis, Willie Esterhuizen, verskil van hom.<\/p>\n<p>\u201cHy meen Zack was \u2019n ernstiger man as sy karakters, maar hy het so goed komedie gespeel dat hy dit maklik laat lyk het.\u201d<\/p>\n<p>Daar sal altyd \u2019n gemis by haar en die kinders wees.<\/p>\n<p>\u201cEk huil steeds elke dag oor hom. En ek weet nie hoe lank ek nog sal huil nie.\u201d<\/p>\n<p>Zack het die geboorte van sy eerste kleinkind misgeloop. Ook W\u00e9n\u00e8f se onlangse troue.<\/p>\n<p>\u201cOns eerste kleinkind, klein Johannes Jacobus Gustav du Toit, Bernice en Roux se seuntjie, het my iets gegee om aan vas te hou. Nuwe lewe. Ek is jammer Zack kon hom nie beleef nie, maar hy het darem die eerste sonar gesien. Hy kon nie vir Marieta van Staden, W\u00e9n\u00e8f se vrou leer ken nie. Maar al die nuwe gebeure het ons wat agtergebly het op ons voete gehou.\u201d<\/p>\n<p>Die le\u00eb huis is nie vir haar maklik nie. Nou is dit net sy en hul Chinese keeshondjie Nula wat daar bly.<\/p>\n<p>\u201cEk sien nie kans vir oppak en afskaal nie. Nie nou al nie. Al die dinge wat ons bymekaargemaak het, die houtwerk wat hy gedoen het en sentimentele goed is hier.\u201d<\/p>\n<p>Sy sal nooit weer \u2019n maat soos Zack kry nie. Hy het nooit opgehou om haar knie\u00eb lam te maak nie.<\/p>\n<p>\u201cEk wens soms ek kon weer hoor hoe hy met sy diep stem sag oor die foon \u2018haloooe\u2019 s\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>Sy kon nie die moed bymekaarskraap om na die heruitsending van Vetkoekpaleis op SABC2 te kyk nie. Daarvoor is sy nog nie gereed nie.Die onuitwisbare band sal altyd daar wees. Ek het by sy gedenkdiens ges\u00ea ek was bevoorreg om alles wat ek nodig gehad het in een dierbare pakket te kry. Zack was \u2019n maklike mens om mee saam te bly. Hy het dit vir \u2019n mens so maklik gemaak.\u201d<\/p>\n<p>Hul verhouding het daardie ongeskrewe iets gehad wat twee mense bind.<\/p>\n<p>Lank n\u00e1 die gesprek onthou jy nog hoe sy George Weideman se Vir my klein kandas, wat ver is voorgedra het:<\/p>\n<p>\u201cEk soek na jou sagte hande<br \/>\nom die winter in my weg te vryf,<br \/>\ndie liemaak-son van jou lippe<br \/>\nom die ys te smelt wat \u00f3nder dryf<\/p>\n<p>Maar die dassiekaros is dun<br \/>\nen die wind wat waai op Naroegas<br \/>\nis \u2019n s\u00e9kelwind, my klein kandas.\u201d<br \/>\nDis \u2019n dapper vrou wat skuil agter groot nuwe wendinge in haar loopbaan \u2026<br \/>\ndie wind wat n\u00e1 Zack se dood om haar waai, is nog \u2019n s\u00e9kelwind.<\/p>\n<h4>Die akteur agter Frikkadel<\/h4>\n<p>\u201cDis jammer baie mense het net die komediant op TV geken en nie die Zack du Plessis van die verhoog nie. Toe die streeksrade n\u00e1 1994 toemaak, het baie van ons beste akteurs hulle na televisie gewend en dit het Zack mettertyd in die kassie as \u2018komediant\u2019 gedruk. Vervaardigers en regisseurs weet iemand werk lekker in \u2019n sekere genre en gebruik hom weer daarin.<\/p>\n<p>\u201cVir my was een van sy beste vertolkings Weerskant die Nag waarvoor hy in die laat sewentigerjare \u2019n Rapport Oscar gewen het.<\/p>\n<p>Franz Marx het \u2019n ernstige rolprent oor \u2019n gedoemde verhouding van \u2019n PG du Plessis-draaiboek gemaak. Ek dink van Zack se beste werk was ook die televisierolprent Die Hartseerwals waarin hy \u2019n oujongk\u00earel gespeel het. Sy vernuf as akteur was ook te sien in stukke soos Adam Small se Kanna Hy K\u00f4 Hystoe waarin hy teenoor Wilna Snyman gespeel het as Pang, Makiet se man.<\/p>\n<p>\u201cEk onthou hom as die ou siener Paidagogos in die vertaling van die Griekse tragedie, Electra. Vir my was dit \u2019n tour de force.<br \/>\n\u201cAs dramastudent aan die Universiteit van Pretoria was hy uitstekend as die dandy in die vertaling van Federico Garc\u00eda Lorca se Donna Rosita. Dit was nogal snaaks om Zack so met handskoentjies en pluiskeil te sien. Vir iemand wat ver van \u2019n dandy af was, was hy baie oortuigend!\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sy sit in Zack se kamerjas en praat. Dis \u2019n jaar n\u00e1 Frikkadel se dood. Die baas van Vetkoekpaleis laat \u2019n groot leemte in die Afrikaner-hart. En vir Zack du Plessis se weduwee, die sangeres, aktrise en draaiboekskrywer, Magda van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[],"class_list":["post-4396","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Magda van Biljon: Die lewe na Zack | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lewe-na-zack\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Magda van Biljon: Die lewe na Zack | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sy sit in Zack se kamerjas en praat. Dis \u2019n jaar n\u00e1 Frikkadel se dood. Die baas van Vetkoekpaleis laat \u2019n groot leemte in die Afrikaner-hart. En vir Zack du Plessis se weduwee, die sangeres, aktrise en draaiboekskrywer, Magda van [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lewe-na-zack\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-14T11:53:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-02-17T12:38:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lewe-na-zack\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lewe-na-zack\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Magda van Biljon: Die lewe na Zack\",\"datePublished\":\"2012-11-14T11:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-17T12:38:28+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lewe-na-zack\\\/\"},\"wordCount\":2291,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lewe-na-zack\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lewe-na-zack\\\/\",\"name\":\"Magda van Biljon: Die lewe na Zack | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2012-11-14T11:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-17T12:38:28+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lewe-na-zack\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lewe-na-zack\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lewe-na-zack\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Magda van Biljon: Die lewe na Zack\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Magda van Biljon: Die lewe na Zack | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lewe-na-zack\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Magda van Biljon: Die lewe na Zack | rooi rose","og_description":"Sy sit in Zack se kamerjas en praat. Dis \u2019n jaar n\u00e1 Frikkadel se dood. Die baas van Vetkoekpaleis laat \u2019n groot leemte in die Afrikaner-hart. En vir Zack du Plessis se weduwee, die sangeres, aktrise en draaiboekskrywer, Magda van [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lewe-na-zack\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-14T11:53:00+00:00","article_modified_time":"2016-02-17T12:38:28+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lewe-na-zack\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lewe-na-zack\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Magda van Biljon: Die lewe na Zack","datePublished":"2012-11-14T11:53:00+00:00","dateModified":"2016-02-17T12:38:28+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lewe-na-zack\/"},"wordCount":2291,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lewe-na-zack\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lewe-na-zack\/","name":"Magda van Biljon: Die lewe na Zack | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2012-11-14T11:53:00+00:00","dateModified":"2016-02-17T12:38:28+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lewe-na-zack\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lewe-na-zack\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lewe-na-zack\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Magda van Biljon: Die lewe na Zack"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4396","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4396"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4396\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4396"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4396"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4396"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}