{"id":4392,"date":"2012-11-14T13:15:00","date_gmt":"2012-11-14T11:15:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/"},"modified":"2017-09-04T14:48:45","modified_gmt":"2017-09-04T12:48:45","slug":"uitblinkers-wat-is-hul-geheim","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/","title":{"rendered":"Uitblinkers &#8211; wat is hul geheim?"},"content":{"rendered":"<p>Ons ken talent as ons dit sien, veral op die sportveld. Ons weet net iemand met die talent van \u2019n Joost van der Westhuizen, Victor Matfield, Schalk Burger, \u2019n Jean de Villiers kan \u2019n w\u00eareldster in rugby word. Ons betwyfel dit vir geen oomblik dat Bill Gates \u2019n geniale man is wat op grond van sy genialiteit roem en rykdom verwerf het nie.<\/p>\n<p>Ons weet die Beatles het hul beroemdheid te danke aan hul fenomenale musiektalent, veral di\u00e9 van John Lennon en Paul McCartney. Maar is hul sukses net aan individuele talent en genialiteit te danke? Is daar iets soos \u2019n \u201cselfmade man\u201d, die skatryk sakeman wat uit \u2019n doodgewone, selfs armoedige huis kom en sy eie sukses skep? In sy prikkelende boek, <em>Outliers, the Story of Success<\/em> (2008, Little, Brown and Co.) l\u00ea Malcolm Gladwell ander minder opsigtelike suksesgeheime bloot.<\/p>\n<p>Talent en begaafheid kan beslis aan die grond l\u00ea van die grootste uitblinkers se sukses, maar niemand, s\u00ea Gladwell, nie eens \u2019n genie nie, het nog ooit op sy eie sukses behaal nie. Daar is buitefaktore wat met jou afkoms, jou kultuurgroep, selfs jou geboortedatum te make het, wat \u2019n ingrypende rol speel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Sportmanne en ouderdom<\/h4>\n<p>Wat het Francois Pienaar, Joost van der Westhuizen, John Smit, Schalk Burger, Bob Skin-stad en James Small gemeen? Hulle verjaar almal in die eerste helfte van die jaar. Kan dit deel wees van hul suksesgeheim? Volgens Gladwell, ja.<\/p>\n<p>\u2019n Kanadese sielkundige, Roger Barnsley, het eerste op di\u00e9 interessante feit afgekom. Hy het na spanlyste van topmanshokkiespanne in Kanada gekyk toe die waarheid hom voor die o\u00eb tref. Die meerderheid van hierdie topspelers is in die eerste helfte van die jaar gebore, en veral in Januarie, Februarie, Maart en April.<\/p>\n<p>Beteken dit nou kinders wat in die tweede helfte van die jaar gebore word, het geen sporttalent nie? Natuurlik nie, maar die eerste-helfte-kind se geboortedatum gee aan hom \u2019n voorsprong op grond van die kiesstelsel van spelers. In Kanada, net soos in Suid-Afrika, loop die jaar waarvolgens spelers op skool in ouderdomsgroepe verdeel word, van 1 Januarie tot 31 Desember. Dit beteken die outjie wat op 31 Desember gebore is, ding mee met een wat \u2019n volle twaalf maande vroe\u00ebr op 1 Januarie van dieselfde jaar gebore is.<\/p>\n<p>\u2019n Jaar ouderdomsverskil is ingrypend by klein kinders, spesifiek wat liggaamsgrootte en -bou, ko\u00f6rdinasie en emosionele en verstandelike rypheid betref. Twee kinders met ewe veel potensiaal uit dieselfde jaargroep gaan verskillend presteer bloot omdat die een chronologies ouer is. Die ouer, groter, beter geko\u00f6rdineerde kind vang die oog, word vir die eerste span gekies en word aan intensiewer en meer professionele afrigting blootgestel. Met verloop van tyd kry hy dubbel soveel wedstrydblootstelling, geleenthede en aanmoediging as die jonger outjie. So word sy natuurlike vermo\u00ebns geleidelik uitgebou en uiteindelik, as hy 15, 16 jaar oud is, \u00eds hy vanwe\u00eb sy toegevoegde vermo\u00ebns net eenvoudig \u2019n beter speler as die een wat kleintyd ewe talentvol maar eintlik te jonk was.<\/p>\n<p>Omdat rugby so \u2019n groot sport in Suid-Afrika is en dit soveel kannetjies se begeerte is om eendag Springbok te speel, het ek di\u00e9 teorie gaan toepas op ons Springbokrugby-spelers en wil jy glo, uit dertig huidige en oud-Springbokke wie se geboortedatums ek nageslaan het, kon ek net vier kry wat in die tweede helfte van die jaar gebore is: Bakkies Botha \u2013 22 September; Patrick Lambie \u2013 17 Oktober; Ryan Kankowski \u2013 14 Oktober en Jannie du Plessis \u2013 16 November.<\/p>\n<p>Kyk net hoe lyk van die ander uitblinkers se geboortedatums: Naas Botha \u2013 27 Februarie; Francois Pienaar \u2013 2 Januarie; John Smit \u2013 3 April; Joost van der Westhuizen \u2013 20 Februarie; Percy Montgomery \u2013 15 Maart; Victor Matfield \u2013 11 Mei; Fourie du Preez \u2013 24 Maart; Jaque Fourie \u2013 4 Maart.<\/p>\n<p>Talent het hierdie spelers almal, maar dis nie al wat hulle sukses verseker het nie. Hulle het eintlik \u2019n groot voorsprong gehad, \u2019n geleentheid gekry wat hulle nie self verdien het nie en waaroor hulle geen beheer gehad het nie, s\u00ea Gladwell. En soveel sporttalent gaan verlore weens die jaar lange kies-stelsel. As kinders sou kon meeding binne, s\u00ea, \u2019n ouderdomsgroep wat oor ses maande bereken word, sou soveel meer talentvolle kinders uiteindelik die boonste sport bereik het en sou die talentpoel waaruit nasionale spanne gekies kan word, soveel groter wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe hard is jy bereid om te werk?<\/h4>\n<p>Bill Gates van Microsoft-faam word w\u00eareldwyd vir sy sukses bewonder. Gladwell beskryf Gates se tradisionele storie: die briljante jong Wiskunde-student aan die Universiteit van Harvard wat rekenaarprogrammering ontdek, opskop en saam met vriende \u2019n klein rekenaarfirma Microsoft begin. Deur suiwer briljantheid, ambisie en dryfkrag bou hy dit uit tot \u2019n reusemaatskappy.<\/p>\n<p>Maar, s\u00ea Gladwell, dis net \u2019n halwe waarheid. Dit is dit nie net Gates se briljantheid wat hom so goed maak nie. Die dobbelstene van tyd, geleentheid, ouerhuis en universiteit, waaroor hyself geen beheer gehad het nie, het almal vir hom presies net reg geval. As skoolkind was die kleine Bill \u2019n bietjie voor op die wa. Skoolwerk het hom gou verveel en aan die begin van graad sewe stuur sy ouers hom na die Lakeside-skool vir elite-kinders in Seattle. In sy tweede jaar aan Lakeside is daar danksy die opbrengs van \u2019n rommelverkoping \u2019n rekenaarterminaal by die skool ingerig en \u2019n rekenaarklub gestig. Onthou, dit was die jaar 1968. Rekenaars was byna ongehoord, selfs in kolleges.<\/p>\n<p>Dit was ook nie \u2019n hierjy-rekenaar wat met behulp van ponskaarte geprogrammeer is nie. Nee, dit was \u2019n tyddeelrekenaar gekoppel aan \u2019n hoofraamrekenaar in Seattle en so kon Gates reeds as graad 8-leerling in 1968 regte programmering aanleer.<\/p>\n<p>Hy het in die rekenaarkamer geleef, soms selfs daar geslaap. Nagte deur het hy programmering gedoen. Toe tref nog \u2019n gelukkie die klub. \u2019n Maatskappy sou hul rekenaarsagteware deur Gates se klub laat toets in ruil vir gratis programmeertyd.<\/p>\n<p>N\u00e1 skool het Bill Gates dus na die maatskappykantore toe gegaan en daar tot laat in die aand programmering gedoen.<\/p>\n<p>Ook die maatskappy ISI het aan die leerlinge gratis programmeertyd gegee in ruil vir hul hulp met die ontwikkeling van sekere sagteware. In \u2019n tydperk van sewe maande, volgens Gladwell, het Gates en sy vriende 1 575 uur rekenaartyd op die ISI-hoofraam benut. Dit werk uit op agt uur per dag, sewe dae per week.<\/p>\n<p>Dit het vir hom \u2019n obsessie geword, het Gates later vertel. Hy het sport laat vaar en nagte en naweke by die rekenaars deurgebring. Dit sou uitsonderlik wees as hy in \u2019n week nie dertig of veertig uur se programmering doen nie. En dit bring Gladwell by sy volgende insig: as jy die getal ure bereken wat Bill Gates aan programmering bestee het voordat hy die briljante meester geword het, kom jy by tienduisend uit. Dit is die magiese getal wat jy moet insit as jy die voortou wil neem.<\/p>\n<p>Dit geld eintlik alle terreine. W\u00eareldberoemde musici styg nie moeiteloos op grond van talent alleen bo die res uit nie. Drie uur per dag, later vyf uur, nog later sewe uur per dag oefen hulle. Teen die tyd dat hierdie musici twintig is, het hulle tienduisend uur se oefening agter die rug. Dit is die towergetal, volgens Gladwell. In watter rigting jy ook al aangel\u00ea is, musiek, sport, rekenaars, wat ook al, eers as jy tienduisend uur se \u201coefening\u201d agter die rug het, is jy \u2019n meester.<\/p>\n<p>Dis die verskil tussen die jong genie wat \u2019n uitblinker word en die een wat op raaisel-agtige wyse in middelmatigheid gevange bly: kry jou tienduisend uur in. \u2019n Mens dink onwillekeurig aan Gary Player. Toe hy op \u2019n dag gevra is of pure geluk nie ook \u2019n rol in sy sukses speel nie, het hy geantwoord: \u201cJa, hoe meer ek oefen, hoe meer is die geluk aan my kant.\u201d Hy het sy tienduisend uur ingesit en die vrugte gepluk.<\/p>\n<p>Ironies genoeg bewys Gladwell deur die toevallighede van tyd, plek en geleenthede wat Bill Gates en ander sterre soos die Beatles en selfs iemand soos Mozart te beurt geval het, juis dat \u201cgeluk\u201d tog ook \u2019n rol speel. Watter beheer het jy oor die ouerhuis waarin jy grootword, of die jaar waarin jy gebore word? As Gates nie in 1955 gebore is nie, sou hy nie in 1968 by die skool met sy nuwe rekenaargeleenthede gewees het nie. Maar ondanks di\u00e9 gelukskote moet jy bereid wees om baie hard te werk. Mik vir die tienduisend uur.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Ho\u00eb IK en sukses<\/h4>\n<p>Intellektueel geniale kinders het die beste kans om uitblinkers te word. So dink baie mense, en om di\u00e9 rede kan ouers soms obsessief daaroor wees om hul kind as \u201cbegaafd\u201d te laat toets. Wat kan \u2019n genie terughou?<\/p>\n<p>Tog dui Gladwell se navorsing daarop dat intellek glad nie \u2019n voorspeller vir latere sukses is nie. Sy verhale van mense wat die basiese toerusting vir sukses het en nog tans nie bo uitkom nie, is juis van die aangrypendste in sy boek.<\/p>\n<p>Hy vergelyk byvoorbeeld twee intellektuele genie\u00eb \u2013 die bekende Robert Oppenheimer, die vader van die atoombom, en ene Christopher Langan, ewe geniaal maar sonder noemenswaardige prestasies.<\/p>\n<p>Die belangrikste verskil tussen die twee is hul huislike omstandighede. Robert Oppen-heimer het in een van die mees welaf gebiede in Manhattan grootgeword. Sy pa was \u2019n suksesvolle sakeman en Oppenheimer het die beste skool- en algemene ontwikkelingsgeleenthede gehad. In hierdie opvoedingsproses het hy vaardighede aangeleer, soos om homself uit moeilike situasies te praat, of sy oorredingsvermo\u00eb en interpersoonlike vaardighede in te span om hom in geleenthede in te praat. Hy het tuis die \u201cpraktiese intelligensie\u201d aangeleer wat nodig is vir \u2019n suksesvolle loopbaan.<\/p>\n<p>Chris Langan is nie \u2019n beroemde natuurwetenskaplike nie. Hy tree gereeld in vasvra-programme in Amerika op waar hy mense verstom met sy intellektuele vermo\u00ebns. Die aankondiger van so \u2019n program sal Chris aan die gehoor voorstel deur te s\u00ea: \u201cDie gemiddelde mens se IK is 100, Einstein s\u2019n 150. Ontmoet Chris met sy IK van 195.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Nuusprogram het eenmaal \u2019n neurosielkundige gekry om Langan se IK te toets, en sy telling was letterlik bo die vermo\u00ebns van die toets. Hy het op ses maande al gepraat en op drie jaar homself leer lees. Toe hy vyf was, het hy sy oupa lastig geval met vrae oor die bestaan van God, en hy onthou dat hy teleurgesteld was oor party van die antwoorde wat hy gekry het.<\/p>\n<p>En tog is dit al wat Langan bereik het \u2013 om as kuriositeit op TV-programme te ver-skyn. Hoekom? Volgens Gladwell het buitengewone prestasie minder met talent te doen as met geleenthede.<\/p>\n<p>Langan het in die uiterste armoede in \u2019n klein dorpie in Montana grootgeword. Sy ma het vier seuns gehad, elk met \u2019n ander pa. Chris was die oudste en sy pa het voor sy geboorte weggeloop. Sy ma se tweede man is vermoor, die derde het selfmoord gepleeg. Die vierde man, Jack Langan, het die kinders se stiefpa geword. Hy was chronies dronk en het vir lang tye net verdwyn. Wanneer hy wel by die huis was, het hy die kinders mishandel.<\/p>\n<p>Ook op skool is die seuns afgeknou. Langan se broer, Jeff, s\u00ea: \u201cEk dink nie die skool het ooit verstaan presies hoe begaafd Chris werklik was nie \u2026 Hulle het net besluit ons gesin is \u2019n klomp agterlikes.\u201d<\/p>\n<p>Langan het n\u00e1 skool kollege en universiteit toe probeer gaan, maar moes elke keer n\u00e1 persoonlike konflik met \u2019n sleutelfiguur tou opgooi. Hy kon glad nie sy behoeftes verwoord nie en ook nie moeilike situasies ontlont nie. Onthou, hy het nooit in sy huis geleer hoe om dit te doen nie. Daar is alles deur aggressie besleg.<\/p>\n<p>Sonder \u2019n universiteitsgraad het Langan rondgeval tussen fabrieks- en uitsmyterwerk en ander soortgelyke posisies. Maar steeds bestudeer hy filosofie, wiskunde en fisika in diepte en hy werk aan \u2019n uitgebreide verhandeling getiteld \u201c\u2019n Kognitiewe teoretiese model van die heelal.\u201d Erkenning vir di\u00e9 werk sal hy sekerlik nooit kry nie, want hy het nie die tersi\u00eare kwalifikasies om geloofwaardigheid aan sy werk te gee nie.<\/p>\n<p>Dis \u2019n hartseerstorie. Hy is \u2019n eensame mens met \u2019n onversadigbare aptyt na kennis, maar het nie die vermo\u00eb om iets beters met sy lewe te doen nie. Sy ouerhuis het hom gekniehalter. Dit het hom nie lewensvaardighede geleer nie.<\/p>\n<p>\u2019n IK-toets meet jou analitiese vermo\u00ebns en al is dit hemelhoog, het jy ook \u201cpraktiese intelligensie\u201d nodig om sukses te behaal, s\u00ea Gladwell. Dis iets wat Langan nie het nie. Dit behels onder meer dat jy weet wat om vir wie te s\u00ea, wanneer om dit te s\u00ea en hoe om dit vir die maksimum impak te s\u00ea. Dis die intelligensie wat jou leer om situasies op te som en te kry wat jy wil h\u00ea. \u2019n Ho\u00eb IK waarborg nie dat jy hierdie soort intelligensie het nie. Genialiteit is tot in \u2019n sekere stadium belangrik, maar daarna speel ander faktore \u2019n groter rol.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is daar \u2019n suksesgeheim?<\/h4>\n<p>Outliers is nie \u2019n selfhelpboek nie. Jy gaan nie daarin \u2019n resep vir sukses kry wat jy kan toepas nie. Alles wat hy nagevors het, s\u00ea Gladwell, wys hoe belangrik geleenthede is. Dit is die enigste voorspelbare roete wat jy vir sukses kan aandui. Dis nie net die slimstes en talentvolstes wat bo uitkom nie. As dit was, sou Chris Langan dieselfde aansien as Einstein gehad het. Sukses is ook nie net die som van ons eie besluite en pogings nie. Die sogenaamde \u201cselfgemaakte man\u201d bestaan nie. Sukses is eerder \u2019n geskenk. Outliers of uitblinkers is mense wat geleenthede gekry het en dit aangegryp het.<\/p>\n<p>Dit kan ons met nuwe o\u00eb laat kyk na ge-leenthede wat ons vir ons kinders skep om van hulle volronde mense te maak. Dit kan ons ook opnuut laat besef ons moet ons o\u00eb oophou vir geleenthede wat hulle voordoen en bewustelik kies om hulle aan te gryp. Op die ou end het die uitblinker egter ook soms \u2019n stewige skoot geluk aan sy kant, regverdig of te nie. En dit laat al ons gewones \u2019n rapsie beter voel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons ken talent as ons dit sien, veral op die sportveld. Ons weet net iemand met die talent van \u2019n Joost van der Westhuizen, Victor Matfield, Schalk Burger, \u2019n Jean de Villiers kan \u2019n w\u00eareldster in rugby word. Ons betwyfel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":42858,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[680],"tags":[341,342,27962,29127,31533,31711,24,340],"class_list":["post-4392","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sukses-en-geld","tag-talent","tag-begaafdheid","tag-work","tag-money","tag-career","tag-private-finance","tag-sukses","tag-uitblinkers"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Uitblinkers - wat is hul geheim? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Uitblinkers - wat is hul geheim? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons ken talent as ons dit sien, veral op die sportveld. Ons weet net iemand met die talent van \u2019n Joost van der Westhuizen, Victor Matfield, Schalk Burger, \u2019n Jean de Villiers kan \u2019n w\u00eareldster in rugby word. Ons betwyfel [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-14T11:15:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-09-04T12:48:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/building-joy-planning-plans-large.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"890\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"592\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Uitblinkers &#8211; wat is hul geheim?\",\"datePublished\":\"2012-11-14T11:15:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-04T12:48:45+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\\\/\"},\"wordCount\":2305,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/building-joy-planning-plans-large.jpg\",\"keywords\":[\"talent\",\"begaafdheid\",\"work\",\"money\",\"career\",\"private finance\",\"sukses\",\"uitblinkers\"],\"articleSection\":[\"Sukses en geld\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\\\/\",\"name\":\"Uitblinkers - wat is hul geheim? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/building-joy-planning-plans-large.jpg\",\"datePublished\":\"2012-11-14T11:15:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-04T12:48:45+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/building-joy-planning-plans-large.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/building-joy-planning-plans-large.jpg\",\"width\":890,\"height\":592},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Uitblinkers &#8211; wat is hul geheim?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Uitblinkers - wat is hul geheim? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Uitblinkers - wat is hul geheim? | rooi rose","og_description":"Ons ken talent as ons dit sien, veral op die sportveld. Ons weet net iemand met die talent van \u2019n Joost van der Westhuizen, Victor Matfield, Schalk Burger, \u2019n Jean de Villiers kan \u2019n w\u00eareldster in rugby word. Ons betwyfel [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-14T11:15:00+00:00","article_modified_time":"2017-09-04T12:48:45+00:00","og_image":[{"width":890,"height":592,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/building-joy-planning-plans-large.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Uitblinkers &#8211; wat is hul geheim?","datePublished":"2012-11-14T11:15:00+00:00","dateModified":"2017-09-04T12:48:45+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/"},"wordCount":2305,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/building-joy-planning-plans-large.jpg","keywords":["talent","begaafdheid","work","money","career","private finance","sukses","uitblinkers"],"articleSection":["Sukses en geld"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/","name":"Uitblinkers - wat is hul geheim? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/building-joy-planning-plans-large.jpg","datePublished":"2012-11-14T11:15:00+00:00","dateModified":"2017-09-04T12:48:45+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/building-joy-planning-plans-large.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/building-joy-planning-plans-large.jpg","width":890,"height":592},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Uitblinkers &#8211; wat is hul geheim?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4392","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4392"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4392\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/42858"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4392"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4392"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4392"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}