{"id":4389,"date":"2012-11-14T12:47:00","date_gmt":"2012-11-14T10:47:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dieper-as-vel\/"},"modified":"2016-07-28T15:18:19","modified_gmt":"2016-07-28T13:18:19","slug":"plastiese-chirurgie-dieper-as-vel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/","title":{"rendered":"Plastiese chirurgie: dieper as vel"},"content":{"rendered":"<p>Ek ontmoet Ellaine Kapp in die kantoor van haar eie skoonheidsalon. Dis \u2019n belangrike stukkie inligting, want het jy Ellaine v\u00f3\u00f3r 2004 geken en intussen kontak verloor, sal jy eers wil si\u00e9n voor jy glo, want die \u201cou Ellaine\u201d sou nooit haar eie onderneming kon bestuur nie!<\/p>\n<p>Ellaine (43) glo plastiese chirurgie het haar lewe verander. Vir die grootste deel van haar bestaan was sy te skaam om haar mond oop te maak. Sy was die mamma wat eenkant op die pawiljoen gesit en nie met ander ouers gesels het nie. Jy sou haar ook nie sommer in \u2019n winkel raakloop, of tussen mense by \u2019n geselligheid kry nie. Ellaine het haarself vir die w\u00eareld weggesteek.<\/p>\n<p>\u201cEk het \u2019n muur om my gebou. Ek het gedink ek is nie mooi nie,\u201d s\u00ea Ellaine. Tot agt jaar gelede toe sy as finalis in \u2019n kompetisie die geleentheid kry om kosmetiese chirurgie te ondergaan. Haar lewe het onder die mes van \u2019n chirurg handomkeer verander.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cEk s\u00ea altyd vir mense ek het in drie maande \u2019n nuwe lewe gekry!\u201d<\/em> <\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ellaine kon kies wat sy alles wil laat \u201cregmaak\u201d. Sy het aan haar tande, o\u00eb, ore en borste laat werk. Glo sy plastiese chirurgie kan \u2019n mens se persoonlikheid verander? Ja, natuurlik. Sy moes motiveer waarom sy die chirurgie nodig het:<\/p>\n<p>\u201cMy o\u00eb hang soos di\u00e9 van my worshond, my tande is knit one, slip one.\u201d Haar regteroor het bak gestaan en haar borste het gehang, het sy onder meer geskryf.<\/p>\n<p>\u201cEk het vir 35 jaar van my lewe gesorg dat ek so min moontlik deur die w\u00eareld gesien word. En dit weens my voorkoms,\u201d s\u00ea di\u00e9 ma van drie seuns. \u201cSelfbeeld? Ek het nie een gehad nie. By die huis, by my man en seunskinders, het ek gemaklik en geliefd gevoel, maar nooit tussen ander mense nie.\u201d<\/p>\n<p>Die chirurg het Ellaine se regteroor platter getrek, aan haar ooglede gewerk, die sakkies onder haar o\u00eb verwyder en haar borste gelig. In die drie maande wat sy in Sandton vir die chirurgie en herstelproses was, het sy ook berading ontvang.<\/p>\n<p>\u201cEk moes voorberei word op hoe ek sou lyk; die verandering wat sou intree; hoe mense skielik teenoor my sou reageer. Ek moes weet dat mense nou na my toe sal kom en met my wil gesels. Daar sou nie meer kans wees om weg te kruip nie \u2013 ek sou moes terugpraat, uit my kassie klim.<\/p>\n<p>\u201cEk moes ook vrede maak met al die seer in my wat ek al jare en jare saamgesleep het. Ek moes my verlede agterlaat sodat ek die nuwe \u2018ek\u2019 heeltemal kon omarm.\u201d<\/p>\n<p>Vandag is Ellaine \u2019n spontane babbelkous; haar o\u00eb sprankelend met lewenslus en sy loop oor van selfvertroue. Di\u00e9 dat sy twee ondernemings gekoop het. Naas die skoonheidsalon besit sy ook \u2019n winsgewende droogskoonmakery.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>&#8220;Ek is vandag iemand wat graag aan ander gee. Voorheen sou ek dit nooit gedoen het nie, want ek wou nie uit my eie na ander toe gaan nie.&#8221;<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ek staan ook nie meer terugs as iemand iets doen waarvan ek nie hou nie. Ek kan mos nou praat!\u201d s\u00ea sy. Vroe\u00ebr het sy toegelaat dat ander oor haar loop.<\/p>\n<p>Sy glimlag baie en dan sien jy daardie perfekte, reguit tande. \u201cMy mondhoeke het vroe\u00ebr ondertoe gehang, asof ek altyd hartseer was \u2013 sonder dat ek dit besef het. Nou wys my mondhoeke boontoe!\u201d (Daar is nie aan haar mond gesny nie. Ellaine meen di\u00e9 verandering het gebeur omdat sy werklik innerlik gelukkig en tevrede met haarself is.)<\/p>\n<p>\u201cDie chirurgie was beslis nie net veldiep nie. Dit het elke dimensie van my lewe verander. Geestelik, emosioneel, fisiek. Ek het destyds besluit dat ek nooit weer my ou, teruggetrokke self gaan wees nie. Ek wou l\u00e9we! Ek het altyd vir die Here ges\u00ea ek weet Hy het \u2019n groter plan met my. En Hy het vir my hierdie kans gegee &#8211; ek kon dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie.\u201d<br \/>\nEllaine s\u00ea sy sal nie enigiemand aanbeveel om hierdie soort chirurgie te ondergaan nie. \u201cDaar is soveel beeldskone vroue wat doelbewus met hulself gaan fout soek, want daar is mos nou \u2018plastiese chirurgie\u2019 wat dinge \u2019n bietjie anders kan maak. Vermy dit veral wanneer jy nog jonk is en jou eie natuurlike skoonheid het.\u201d<\/p>\n<p>Vroe\u00ebr jare se sweetpakke en tekkies is by die deur uitgegooi en nou hang daar netjiese, vroulike snyerspakkies en rokke in haar kas.<\/p>\n<p>\u201cEk is baie spyt dat ek my nie goed opgepas het toe ek jonger was nie; ek het nooit sonskerm gebruik nie; nooit mooi na my vel gekyk nie; my hare sommer in \u2019n poniestert vasgemaak en byna nooit grimering gedra nie. Vandag eet ek gesond en jy sal my elke oggend vyfuur in die gim kry. Baie van hoe jy jou sien, het tog te doen met hoe jy jouself versorg.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is dit meer as selfvertroue?<\/h4>\n<p>Sommiges glo die veranderinge in Ellaine se lewe het gebeur omdat sy nou meer selfver troue as voorheen het. Soos Ellaine self s\u00ea, sy is nou mal oor haarself.<\/p>\n<p>\u201cEk dink nou ek lyk fantasties. Ek voel fantasties en ek doen fantastiese dinge!\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Meer as chirurgie<\/h4>\n<p>Maar daar is ander mense, soos Marthie Mar\u00e9, \u2019n gelaatskundige van Pretoria, wat glo hoewel selfvertroue \u2019n rol speel, daar beslis meer agter chirurgie skuil.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cElke verandering wat jy aan jou gesig aanbring, gaan \u2019n verandering aan \u2019n sekere deel van jou persoonlikheid teweegbring\u201d\u00a0<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Marthie glo enigiemand wat kosmetiese veranderinge aan hul gesig wil laat doen, moet vooraf weet van die impak wat dit op hul persoonlikheid kan h\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cWanneer jy veranderinge aan die buitekant van jou gesig aanbring, gaan dit \u2019n invloed h\u00ea op die deel van jou persoonlikheid wat deur daardie gelaatstrek verteenwoordig word. Die gelaatstrek waarvan jy die minste hou, kan dalk jou grootste talent verteenwoordig,\u201d s\u00ea Marthie.<\/p>\n<p>Die neus verteenwoordig byvoorbeeld jou werkstyl. \u201cIemand met \u2019n gebo\u00eb neus kan met baie kreatiewe oplossings vir probleme vorendag kom. Hy kan ook goed delegeer. Mense met reguit neuse verkies weer logiese oplossings.<\/p>\n<p>\u201cVeranderinge aan jou neus sal jou kreatiwiteit en oorspronklikheid in die werkplek knou en jy sal geneig wees om nou eerder volgens \u2019n doenlysie te werk. Vra jouself voor die tyd af of jy bereid sal wees om jou werkwyse te verander? Want as jy nie kan aanpas nie, sal jou neus mettertyd weer na sy oorspronklike vorm terugkeer.\u201d<\/p>\n<p>Marthie besef dat mense baie skepties oor fisionomie is. \u201cEk was ook totdat ek bewyse gesien het,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Hoe lank dit neem voor die uitwendige veranderinge in jou persoonlikheid gaan manifesteer, hang van elke individu af.<\/p>\n<p>\u201cGestel jy het digte wenkbroue en jy pluk dit om \u2019n dun lyntjie te vorm. Mense met dun wenkbroue hou van eenvoud, verkies om een taak op \u2019n slag af te handel terwyl mense met digte wenkbroue baie inligting verkies en verskillende take gelyktydig en met eweveel aandag kan voltooi.<\/p>\n<p>\u201cDun jy jou wenkbroue uit, gaan baie take op een slag jou oorweldig. Voorheen was dit nie \u2019n probleem nie. Sou jy aanhou om jou wenkbroue so dun te pluk, sal dit later vir jou makliker word om liewer die eenvoudige werkwyse te volg,\u201d s\u00ea Marthie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>Dit is raadsaam om \u2019n tweede mening te kry wanneer plastiese chirurgie of selfs Botox oorweeg word<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cDit is ewe belangrik om vooraf te weet watter uitwerking veranderings aan jou gelaatstrekke op jou persoonlikheid sal h\u00ea. Hoewel die operasie op die oog af suksesvol kan lyk, kan dit nogal traumaties wees om by die nuwe jy aan te pas.<\/p>\n<p>\u201cDis \u2019n goeie idee om eers by \u2019n gelaatskundige aan te klop en jou op die moontlike veranderinge voor te berei sodat die gevolge nie so traumaties sal wees nie.\u201d<\/p>\n<p>\u2022<strong> Bakore wat plat gemaak word<\/strong><\/p>\n<p>Iemand met bakore is in die algemeen onafhanklik, vol ondernemingsgees, maar is ook nuuskierig en sal nie re\u00ebls en regulasies gedwe\u00eb navolg wanneer dit nie sinvol is nie.<br \/>\nMense wie se ore plat teen die kop is, is presies die teenoorgestelde: hulle het \u2019n behoefte om sosiaal in te pas en \u201cdeel van die groep\u201d te wees. Hulle is meer geneig om opdragte uit te voer en re\u00ebls te gehoorsaam. Nuwe, \u201cplat\u201d ore kan jou onderdruk en gefrustreerd laat voel.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Lae wenkbroue verander na ho\u00eb wenkbroue <\/strong><\/p>\n<p>Met jou lae wenkbroue was jy geneig om baie spontaan te kommunikeer en sou dikwels ander in die rede val of hul sinne voltooi. Met ho\u00ebr wenkbroue sal jy versigtiger met jou menings wees, hoewel ander nou kan voel dat hulle nie tot jou kan deurdring nie. Hulle kan selfs dink jy is snobisties omdat jy eers inligting oorweeg voordat jy kommentaar lewer.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Vol ooglede word van die wimpers tot by die vou van die ooglid kleiner gemaak<\/strong><\/p>\n<p>Diegene met vol ooglede het \u2019n behoefte aan intimiteit en is baie betrokke in verhoudings. Met klein ooglede sal jou behoefte aan persoonlike ruimte toeneem en sal jy onafhank-lik in verhoudings optree, hoewel jy skielik \u201cuitgesluit\u201d kan voel.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Pofferigheid op die boonste ooglede word weggesny <\/strong><\/p>\n<p>Pofferigheid op die boonste ooglede dui aan dat jy baie betrokke by jou werk is en kan jou soms ook ge\u00efrriteerd, ongeduldig en sensitief laat voel omdat jy jou nie genoeg tyd vir jouself gun nie. Dit kan ook \u2019n aanduiding van allergie\u00eb in die liggaam wees. Wanneer hierdie pofferigheid weggesny word, word die allergie\u00eb en irritasie onderdruk en organe soos die maag, dikderm, galblaas en selfs die lewer kan daaronder ly.<\/p>\n<p>\u2022<strong> \u2019n Lang neus word korter gemaak<\/strong><\/p>\n<p>Iemand met \u2019n lang neus is ambisieus, kan strategies dink en op lang -termynresultate fokus. As jy \u2019n kort neus het, verkies jy roetine\/herhalende werk en fokus eerder op sigbare korttermyn- resultate. Met hierdie verandering kan jou werk daaronder ly en die dryfkrag wat jy voorheen gehad het, sal afneem. Jou fokus skuif en jou werk sal nie so \u2019n groot impak op jou lewe h\u00ea nie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> \u2019n Bre\u00eb neus word smaller gemaak <\/strong>\u2019<\/p>\n<p>Mense met bre\u00eb neuse verkies spanwerk en word deur samewerking met ander gemotiveer. Wanneer die neus smaller gemaak word, sal jou werkstyl onafhankliker word en sal jy geneig wees om afgesonder of uitgesluit te voel.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Prominente ken word <\/strong><strong>verkort<\/strong><\/p>\n<p>Dis belangrik om te onthou dat persoonlikheidseienskappe op \u2019n positiewe of negatiewe manier aangewend kan word. \u2019n Prominente ken (ken staan vorentoe uit) dui op \u2019n sterk wil. Dit kan aggressief gebruik word om jou wil aan ander op te dwing of positief aangewend word om jou te motiveer om groter hoogtes te bereik. Wanneer die ken verkort word, sal jy minder \u201caggressief\u201d optree, maar dit kan ook beteken dat jy nou minder selfgeldend sal wees en toelaat dat ander jou intimideer.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Woedelyne verwyder met Botox <\/strong><\/p>\n<p>Woedelyne is vertikale lyne wat aan die wenkbroue raak. Dit dui op woede en\/of frustrasie wat onderdruk word. Wanneer hierdie lyne met Botox verdoof word, gaan die situasie(s) wat die frustrasie veroorsaak, nie ook skielik verdwyn nie. Jy sal wel jou frustrasie makliker verbaliseer of op ander maniere uiting daaraan gee, maar as jy nie op \u2019n fisieke manier (soos \u2019n woede-uitbarsting) daaraan uiting gee nie, sal dit erger onderdruk word en kan dit dan selfs jou bloeddruk, hart of galblaas aantas.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Dun lippe met vullers na vol lippe verander<\/strong><\/p>\n<p>Iemand met dun lippe praat moeilik oor haar emosies en is dikwels skaam en selfs versigtig om daaraan uiting te gee. Vol lippe behoort aan die ekstrovert wat emosioneel betrokke is en spontaan kommunikeer. Wanneer dun lippe met vullers ingespuit word, sal die introvert skielik meer uitgesproke raak en emosioneel verward voel oor dit wat sy kwytgeraak het. Dit kan moeilik wees om by die nuwe kommunikasiestyl aan te pas en veral persoonlike verhoudings kan daaronder ly.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat s\u00ea die dokter?<\/h4>\n<p>Dr. Chris Snijman, kosmetiese en rekonstruktiewe plastiese chirurg in Rivonia, Johannesburg, s\u00ea hy het nog nooit daarvan gehoor dat plastiese chirurgie persoonlikheidsveranderinge by \u2019n pasi\u00ebnt veroorsaak het nie.<\/p>\n<p>\u201cOns weet wel dat kosmetiese chirurgie \u2019n sekere sielkundige uitwerking op mense het, en dat hulle in die meeste gevalle n\u00e1 \u2019n suksesvolle prosedure meer selfvertroue as voorheen het,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Dr. Hermann Liebenberg, sielkundige van Pretoria, s\u00ea dit is belangrik dat \u2019n pasi\u00ebnt realistiese verwagtinge van kosmetiese chirurgie moet h\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cVir sommige mense is die oppervlak-kige veranderinge nie genoeg om die denk-wyse ook te verander nie.\u201d Hy s\u00ea sielkundiges speel \u2019n baie waardevolle rol in hierdie proses.<\/p>\n<p>\u201cDie langtermynsukses en realistiese resultate van \u2019n pasi\u00ebnt wat regdeur die proses leiding gehad het, stem hier baie meer ooreen met haar verwagtinge. Ek glo dit is nie net \u2019n reis na \u2019n nuwe lyf nie, maar ook \u2019n nuwe denkwyse.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek ontmoet Ellaine Kapp in die kantoor van haar eie skoonheidsalon. Dis \u2019n belangrike stukkie inligting, want het jy Ellaine v\u00f3\u00f3r 2004 geken en intussen kontak verloor, sal jy eers wil si\u00e9n voor jy glo, want die \u201cou Ellaine\u201d sou [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":55636,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[6,732,2192,3296,5093,5094,5497,5515,5717,5718,5719],"class_list":["post-4389","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-skoonheid","tag-persoonlikheid","tag-selfbeeld","tag-selfvertroue","tag-teenveroudering","tag-anti-ageing","tag-kosmetiese-chirurgie","tag-plastiese-chirurgie","tag-vrouwees","tag-chirurgie","tag-gelaatstrekke"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Plastiese chirurgie: dieper as vel | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Plastiese chirurgie: dieper as vel | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ek ontmoet Ellaine Kapp in die kantoor van haar eie skoonheidsalon. Dis \u2019n belangrike stukkie inligting, want het jy Ellaine v\u00f3\u00f3r 2004 geken en intussen kontak verloor, sal jy eers wil si\u00e9n voor jy glo, want die \u201cou Ellaine\u201d sou [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-14T10:47:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-07-28T13:18:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Vrou-velsorg.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"642\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Plastiese chirurgie: dieper as vel\",\"datePublished\":\"2012-11-14T10:47:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-28T13:18:19+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\\\/\"},\"wordCount\":2120,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Vrou-velsorg.jpg\",\"keywords\":[\"skoonheid\",\"persoonlikheid\",\"selfbeeld\",\"selfvertroue\",\"teenveroudering\",\"anti ageing\",\"kosmetiese chirurgie\",\"plastiese chirurgie\",\"vrouwees\",\"chirurgie\",\"gelaatstrekke\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\\\/\",\"name\":\"Plastiese chirurgie: dieper as vel | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Vrou-velsorg.jpg\",\"datePublished\":\"2012-11-14T10:47:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-28T13:18:19+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Vrou-velsorg.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Vrou-velsorg.jpg\",\"width\":1000,\"height\":642,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Plastiese chirurgie: dieper as vel\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Plastiese chirurgie: dieper as vel | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Plastiese chirurgie: dieper as vel | rooi rose","og_description":"Ek ontmoet Ellaine Kapp in die kantoor van haar eie skoonheidsalon. Dis \u2019n belangrike stukkie inligting, want het jy Ellaine v\u00f3\u00f3r 2004 geken en intussen kontak verloor, sal jy eers wil si\u00e9n voor jy glo, want die \u201cou Ellaine\u201d sou [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-14T10:47:00+00:00","article_modified_time":"2016-07-28T13:18:19+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":642,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Vrou-velsorg.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Plastiese chirurgie: dieper as vel","datePublished":"2012-11-14T10:47:00+00:00","dateModified":"2016-07-28T13:18:19+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/"},"wordCount":2120,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Vrou-velsorg.jpg","keywords":["skoonheid","persoonlikheid","selfbeeld","selfvertroue","teenveroudering","anti ageing","kosmetiese chirurgie","plastiese chirurgie","vrouwees","chirurgie","gelaatstrekke"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/","name":"Plastiese chirurgie: dieper as vel | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Vrou-velsorg.jpg","datePublished":"2012-11-14T10:47:00+00:00","dateModified":"2016-07-28T13:18:19+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Vrou-velsorg.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Vrou-velsorg.jpg","width":1000,"height":642,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiese-chirurgie-dieper-as-vel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Plastiese chirurgie: dieper as vel"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4389","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4389"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4389\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55636"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4389"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4389"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4389"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}