{"id":4387,"date":"2012-11-14T12:40:00","date_gmt":"2012-11-14T10:40:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/kinders-in-die-kollig\/"},"modified":"2016-01-22T15:54:46","modified_gmt":"2016-01-22T13:54:46","slug":"kinders-in-die-kollig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/","title":{"rendered":"Kinders in die kollig"},"content":{"rendered":"<p>Dit klink te goed om waar te wees: \u2019n Seun van tien wat reeds sy eie vakansiehuis by die see besit; sussies van nege en tien met genoeg geld in die bank om vier jaar se universiteitsgeld te kan betaal. En dit alles het hulle as modelle in die advertensiebedryf verdien.<\/p>\n<p>\u201cMaar een ding is seker,\u201d s\u00ea Pat Mac-Ewan, agent van 18 Below-modelagentskap in Kaapstad. \u201cDis beslis ni\u00e9 maklike geld nie. En ouers moet \u2019n paar dinge oorweeg voor hulle hul kinders in die kollig plaas.\u201d<\/p>\n<p>Hana en Fransesca Sullivan, twee sussies van nege en tien, het geen rede tot kommer oor hoe, en wie, eendag hul tersi\u00eare opleiding gaan betaal nie. Die twee het elk reeds genoeg geld weggesit om vier jaar se studie aan een van ons duurste universiteite te kan bekostig. En hulle het self vir die geld gewerk. Di\u00e9 twee sussies is gewild in die advertensiebedryf en word gereeld vir TV-advertensies en advertensiefoto\u2019s gebruik, hoofsaaklik vir kli\u00ebnte in Duitsland en Engeland. Dit beteken groot geld.<\/p>\n<p>Vir hul ma, Mary-Lou Nash, is dit \u2019n verligting om te weet haar kinders se opvoeding is betaal. Sy is \u2019n enkelma, met geen finansi\u00eble ondersteuning van haar eksman nie. Hana was nege maande en Fransesca ses weke oud toe hulle hul eerste fotosessies gehad het.<\/p>\n<p>\u201cEk was aanvanklik huiwerig om hulle deel van die modelw\u00eareld te laat word. Dit het vir my te veel na \u2019n tiara-besigheid gelyk en ek wou nie klein prinsessies van my kinders maak nie. Maar vriende het my omgepraat en ons het by \u2019n goeie modelagentskap beland,\u201d s\u00ea Mary-Lou. Hulle het gelukkig gou besef dis allesbehalwe \u2019n skoonheidskompetisie. \u201cJy het die voorkoms wat die kli\u00ebnt soek, of nie. Eenvoudig,\u201d s\u00ea Mary-Lou.<\/p>\n<p>Fransesca met haar rooiblonde hare en sproete is byvoorbeeld onlangs vir \u2019n Ierse advertensie gebruik. Nie een van die sussies jaag roem na nie. \u201cDit bly hul keuse of hulle vir \u2019n oudisie wil gaan of nie. Hulle sal nie sommer \u2019n sportbyeenkoms of \u2019n kuier by maats vir \u2019n rukkie voor die kameras verruil nie.\u201d<\/p>\n<p>Vra die susters wat hulle eendag wil word, is die antwoord \u201conderwyser\u201d en \u201cprofessionele atleet\u201d. \u201cDie meisies kla soms oor die ryery, maar nooit oor die fotosessies nie,\u201d s\u00ea Mary-Lou. \u201cDis alles behalwe \u2018maklike\u2019 geld. Jy moet eers \u2019n oudisie bywoon, waarvoor jy nie betaal word nie. Dan word jy soms teruggeroep voor die kli\u00ebnt finaal besluit. Betaling wissel van baie min vir \u2019n plaaslike advertensieveldtog tot fantasties vir w\u00eareldwye veldtogte. Ons het toe die meisies nog klein was soos afkophoenders rondgehardloop, maar het deur die jare geleer om minder te doen, en werk meestal net saam met fotograwe en regisseurs met wie ons al \u2019n goeie verhouding opgebou het. Die meisies se geld word in hul eie rekeninge inbetaal en word spesifiek vir hul opvoeding gespaar. Natuurlik hou ons \u2019n bietjie eenkant vir lekker dinge soos pizza-aande.\u201d<\/p>\n<p>Mary-Lou is mede-eienaar van \u2019n wynplaas in die Paarl. \u201cIn die meeste gevalle hoor ons maar 24 uur voor die tyd van \u2019n oudisie. Jy moet uiters plooibaar wees.\u201d Sy s\u00ea haar dogters is gelukkig min gepla as hulle ni\u00e9 vir \u2019n veldtog gekies word nie.<\/p>\n<p>\u201cHulle ervaar dit nie as verwerping nie, want dit gaan nie oor die \u2018mooiste\u2019 nie, dit gaan bloot daaroor dat kli\u00ebnte \u2019n spesifieke voorkoms soek. Die klere moet mooi aan die model lyk, en die model se persoonlikheid speel ook \u2019n rol,\u201d s\u00ea sy.\u201cAi, ons het al geglimlag oor die mense wat ons by sulke oudisies ontmoet. Sommige kan nie wag om hul kind se prestasies met jou kinders s\u2019n te vergelyk nie. Ek knip sulke geselsies kort.\u201d<\/p>\n<p>Sy s\u00ea een van die voordele van die bedryf is dat sy en die kinders gereeld nuwe vriende maak en nuwe kulture leer ken. Hulle leer ook onderskei tussen ware vriende en di\u00e9 wat jou maklik in die rug sal steek. Die grootste lesse wat Hana en Fransesca volgens hul ma kan leer, is die waarde van geld &#8211; dat dit nie uit die lug val nie; die waarde van spaar; hoe om hul tyd te benut en te beplan, want hulle neem aan ander aktiwiteite ook deel; en die belangrikheid van \u2019n gebalanseerde lewe, dat een ding nie jou lewe moet oorheers nie, maar dat jy perspektief moet behou en weet wie jy is en waarheen jy op pad is.<\/p>\n<p>\u201cOuers en kinders moet baie opofferinge maak en net as julle die wilskrag en dissipline het, sal die kinders suksesvol wees,\u201d s\u00ea Pat.\u00a0 Kinders het sekere vaardighede nodig. Dramaklasse, gimnastiek, redenaarskompetisies en sport kan hulle \u2019n voorsprong gee. \u201cAs \u2019n tiener vir \u2019n onderhoud kom en s\u00ea hy neem aan geen buitemuurse aktiwiteite deel nie, is die kans dat hy vir \u2019n veldtog gekies gaan word maar skraal,\u201d s\u00ea Pat.<\/p>\n<p>\u201cDaar is baie <em>ups<\/em> as jy die werk losslaan, maar baie <em>downs<\/em> as jy dit nie kry nie. Kinders moet veral besef dit is \u2019n werk, nie speletjies nie, hoewel dit pret ook kan wees. Dit bly die ouer se verantwoordelikheid om te sorg dat \u2019n kind realistiese verwagtinge het.\u201d \u2019n Kli\u00ebnt moet heeltemal seker wees hy kan met die kind werk en dat die kind wel opdragte kan uitvoer. In die nuwe Woolworths-advertensie is net agt kinders uit ses honderd hoopvolles gekies.<\/p>\n<p>\u201cAlmal wil in \u2019n Woolies-advertensie wees, want jy word in Suid-Afrika gesien en dit het \u2019n soort glansreputasie,\u201d s\u00ea Pat.<\/p>\n<p>\u201cOp die oomblik hou ons baie oudisies vir kli\u00ebnte wat op soek is na rooi hare en sproete, of groot ore en draadjies op die tande.\u201d<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Gekonfyt<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Die De Villiers-gesin weet al: as Danielle (11) vir \u2019n oudisie genooi word, moet alle ander dinge maar eers wag. Sy het op drie reeds voor die kameras geblom en ernstig modelwerk begin doen toe sy ses was. Haar gesig het al in talle internasionale veldtogte verskyn, onder meer in Itali\u00eb, Engeland, Holland, Duitsland en Frankryk.<\/p>\n<p>\u201cDis soms moeilik om die modelwerk met die res van die gesin se skedules te versoen. Maar ons het ooreengekom dat Danielle se werk eerste gestel word. Toewyding is noodsaaklik in die bedryf,\u201d s\u00ea Helene de Villiers, wat Danielle op elke oudisie en fotosessie vergesel. Die bedryf is nie vir die gesin \u2019n nuutjie nie, want Danielle se ouer suster, Tarryn (22), is ook \u2019n model.<\/p>\n<p>Op \u2019n weeksdag is Danielle dikwels reeds halfses die oggend voor die kameras en gaan di\u00e9 dag nie skool toe nie, maar sy haal die huiswerk pligsgetrou in, s\u00ea haar ma. Sy blink uit in moderne danse en ritmiese gimnastiek en dit tel in haar guns, want veelsydige modelle is in aanvraag.<\/p>\n<p>\u201cSoms sal sy n\u00e1 \u2019n lang dag op stel, of as ons ver moes ry, vir my s\u00ea sy\u2019s moeg, maar sy weet dis deel van die uitdaging. Sy hou daarvan. Danielle het ook haar eie bankrekening en spaar die meeste van haar inkomste.\u201d<\/p>\n<p>Helene wil nie verklap hoeveel Danielle al so bymekaargemaak het nie. Nie alle ouers is ewe gretig om hul kinders te help om hul inkomste te spaar nie. \u201cGlo dit of nie, maar daar is ouers wat die geld vir hulself gebruik. Anders as in Europese lande waar regerings streng toesig hou dat kindersalarisse in \u2019n trust inbetaal word, en slegs uitbetaal wanneer die kind 16 is, het ons nie sulke beheer nie,\u201d s\u00ea Pat.<\/p>\n<p>Ons wet bepaal wel dat kinders slegs drie uur per dag mag werk; nie meer as agt uur op \u2019n stel mag deurbring nie; n\u00e1 elke negentig minute \u2019n halfuur moet rus; hul eie aantrekkamers apart van die volwassenes s\u2019n moet h\u00ea en voldoende speel- en rusplekke moet h\u00ea. Voor \u2019n rolprent- of fotosessie moet die kli\u00ebnt eers by die Departement van Arbeid aansoek doen om \u2019n permit vir elke kind wat op stel gaan wees.<\/p>\n<p>Pat verafsku opdringerige ouers. Dis nou di\u00e9 ouers wat namens hul kinders praat, inmeng in fotosessies en druk op die kind plaas om soveel moontlik rolle te kry. Daar is ook di\u00e9 ouers wat hul kinders aantrek asof hulle na \u2019n modeparade gaan \u2013 grimering en al!<\/p>\n<p>\u201cDis juis wat ons ni\u00e9 wil h\u00ea nie. Jou kind moet natuurlik wees, dis wat die kli\u00ebnte soek,\u201d s\u00ea Pat.<\/p>\n<p>\u201cMaar moenie dink jy kan die kind douvoordag uit die bed pluk en haar met kaalvoete, pajamas en deurmekaar hare na \u2019n oudisie neem nie. Dit bly \u2019n professionele beroep. Ons soek die kinders mooi skoon en netjies. Hare gekam, tande geborsel en met skoene aan die voete. Ouers moet onthou die kli\u00ebnt neem die kind in diens, nie die ouer nie. \u2019n Ouer mag nie inmeng in \u2019n fotosessie nie en moet terugstaan terwyl hulle binne hoor- en sienafstand is,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Daar is uitsonderings, soos wanneer babas gebruik word. Dan is dit beter as die ouer naby is om die baba gerus te stel, te laat lag, of selfs \u2019n doek te ruil of aan te trek.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Geldsake<\/strong><\/span><\/p>\n<p>TV-advertensies word afgebreek in daggeld van sowat R1 500. Die tantieme of gebruiksgeld word onder meer gegrond op die media waarin die advertensie gebruik word, soos vir televisie, \u2019n fliek, die Internet, digitale media of tydskrifte, asook die persentasie vir die land of streek waar die advertensie gebruik word, soos Suid-Afrika, lande suid van die Sahara, Duitsland, Engeland, of die hele Europa.<\/p>\n<p>Tantieme hang ook af hoeveel kykers daar in die streek is. Dus verskil betalings vir verskillende advertensies en veldtogte. Pat s\u00ea Kaapstad is een van die drie gewildste internasionale bestemmings vir veldtogte en honderde internasionale kli\u00ebnte kom skiet jaarliks hul materiaal hier. So \u2019n \u201cw\u00eareldwye veldtog\u201d kan \u2019n model R40 000 tot R50 000 in die sak bring. \u201cTydskrifadvertensies betaal nie so goed nie, en \u2019n model sal sowat R800 vir \u2019n halwe dag verdien,\u201d s\u00ea Pat.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"> <strong>Ouers se verantwoordelikheid<\/strong><\/span><\/p>\n<p>\u201cEk meen die beste ouderdom vir \u2019n kind om met modelwerk te begin, is op agtien. Hulle het \u2019n meer gevestigde idee van wie hulle is, en is reeds deur daardie deurmekaar tiener-stadium,\u201d s\u00ea Cathi Trevor, wie se modelwerk haar al na Parys, New York en Londen geneem het. Sy is nou \u2019n vryskut-stilis en word soms nog in advertensieveldtogte gebruik. Sy voel dis onnodig om kinders op \u2019n jong ouderdom aan die stres van verwerping bloot te stel. En die lang ure se wag op stel, wanneer hulle eintlik moet speel, is ook nie vir haar die moeite werd nie.<\/p>\n<p>\u201cAs dit die ouer se droom is, en nie die kind s\u2019n nie, verloor so \u2019n kind veel meer as wat hy finansieel kan verdien,\u201d s\u00ea Cathi. \u201c\u2019n Mens kan gou agterkom as ouers agter die roem aan is, en dit nie werklik die kind se passie is nie.\u201d<\/p>\n<p>Cristine Scolari, kindersielkundige van Sandton, s\u00ea ouers moet goed nadink oor die redes waarom hulle hul kinders na oudisies wil neem.<\/p>\n<p>\u201cSodra \u2019n ouer eintlik haar eie droom deur die kind wil leef, sal die kind maklik belang verloor en nie gemotiveerd wees nie. Sulke ouers beroof hul kinders van \u2019n eie identiteit, want nou doen die kind net iets om die ouer tevrede te stel. Hulle verloor hul eie drome en doelwitte. Onthou, dis die ouer se verantwoordelikheid om die kind te help om soveel moontlik vaardighede en morele waardes te ontwikkel,\u201d s\u00ea sy. Sy meen die voordele van die soort werk is dat kinders se selfvertroue groei. \u201cHulle voel belangrik en spesiaal en dat hulle goed is in \u2019n aktiwiteit.\u201d Daarby leer hulle die waarde van harde werk, met waardering vir wat die ouers doen.<\/p>\n<p>Daar is ook nadele. \u201cKinders is nie vir ewig \u2018kind\u2019 nie, en moet soveel moontlik tyd gegun word om ook hul kindertyd te geniet. Hulle moet speel, want dit ontwikkel verbeelding, kognitiewe denke en sosiale vaardighede. \u2019n Mens moet ook daarteen waak dat te veel klem op die uiterlike geplaas word, en dat innerlike waardes, hul ander vaardighede en menseverhoudings opsy-geskuif word. Sodra kinders in die openbaar herken word, kan dit hul persoonlike ruimte knou, en hul enigste identiteit word di\u00e9 wat met die advertensie- en modelwese geassosieer word. Hulle kan dalk ook \u2019n bietjie grootkop kry, en dink dat hulle beter as ander is, of arrogant en vermetel word.\u201d<\/p>\n<p>\u201cBehou altyd gesonde balans en gun jou kinders die geleentheid om self te besluit wat vir hulle lekker is, of nie,\u201d s\u00ea Pat.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit klink te goed om waar te wees: \u2019n Seun van tien wat reeds sy eie vakansiehuis by die see besit; sussies van nege en tien met genoeg geld in die bank om vier jaar se universiteitsgeld te kan betaal. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":19223,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679],"tags":[1445,3199],"class_list":["post-4387","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","tag-kollig","tag-roem"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kinders in die kollig | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kinders in die kollig | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dit klink te goed om waar te wees: \u2019n Seun van tien wat reeds sy eie vakansiehuis by die see besit; sussies van nege en tien met genoeg geld in die bank om vier jaar se universiteitsgeld te kan betaal. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-14T10:40:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-22T13:54:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Kinders-in-die-kollig-.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1512\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1134\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-in-die-kollig\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-in-die-kollig\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Kinders in die kollig\",\"datePublished\":\"2012-11-14T10:40:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-22T13:54:46+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-in-die-kollig\\\/\"},\"wordCount\":2059,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-in-die-kollig\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Kinders-in-die-kollig-.jpg\",\"keywords\":[\"kollig\",\"roem\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-in-die-kollig\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-in-die-kollig\\\/\",\"name\":\"Kinders in die kollig | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-in-die-kollig\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-in-die-kollig\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Kinders-in-die-kollig-.jpg\",\"datePublished\":\"2012-11-14T10:40:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-22T13:54:46+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-in-die-kollig\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-in-die-kollig\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-in-die-kollig\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Kinders-in-die-kollig-.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Kinders-in-die-kollig-.jpg\",\"width\":1512,\"height\":1134},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-in-die-kollig\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kinders in die kollig\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kinders in die kollig | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kinders in die kollig | rooi rose","og_description":"Dit klink te goed om waar te wees: \u2019n Seun van tien wat reeds sy eie vakansiehuis by die see besit; sussies van nege en tien met genoeg geld in die bank om vier jaar se universiteitsgeld te kan betaal. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-14T10:40:00+00:00","article_modified_time":"2016-01-22T13:54:46+00:00","og_image":[{"width":1512,"height":1134,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Kinders-in-die-kollig-.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Kinders in die kollig","datePublished":"2012-11-14T10:40:00+00:00","dateModified":"2016-01-22T13:54:46+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/"},"wordCount":2059,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Kinders-in-die-kollig-.jpg","keywords":["kollig","roem"],"articleSection":["Ouerskap"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/","name":"Kinders in die kollig | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Kinders-in-die-kollig-.jpg","datePublished":"2012-11-14T10:40:00+00:00","dateModified":"2016-01-22T13:54:46+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Kinders-in-die-kollig-.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Kinders-in-die-kollig-.jpg","width":1512,"height":1134},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-in-die-kollig\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kinders in die kollig"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4387","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4387"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4387\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19223"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4387"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4387"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4387"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}