{"id":4383,"date":"2012-11-14T12:04:00","date_gmt":"2012-11-14T10:04:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/krabbelkunde\/"},"modified":"2016-03-01T13:49:29","modified_gmt":"2016-03-01T11:49:29","slug":"krabbelkunde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/","title":{"rendered":"Krabbelkunde"},"content":{"rendered":"<p>Dis geen lighartige veld nie, help dr. Cecelia Rosa van Graphanex: Institute of Professional Graphology in Johannesburg my reg toe ek haar na krabbels uitvra. Net soos handskrif is krabbels \u201cbreintaal\u201d wat jou onbewuste verwoord en baie oor jou innerlike uitlap, s\u00ea sy. Dr. Rosa het \u2019n doktorsgraad in opvoedkundige sielkunde en het daarna opleiding in handskrifontleding gekry en gee ook klas aan die Universiteit van Johannesburg. Kyk gerus na die kommentaar van ons proefkonyne nadat dr. Rosa hul krabbels ontleed het. Almal was verstom oor hoe reg sy was en hoeveel sy uit hul gekrabbel wys geword het. Let wel: sy het nie geweet wie se krabbels sy ontleed nie.<\/p>\n<h4>Krabbels verklap jou bui<\/h4>\n<p>Hoewel krabbels minder persoonlikheidseienskappe as handskrif aandui, werk dit op dieselfde basis, want dit bring iets in jou onbewuste na vore. Daar is meer detail in handskrif, wat uiteraard meer inligting oor jou persoonlikheid kan weergee.<\/p>\n<p>Maar krabbels verskaf wel inligting oor jou persoonlikheid, \u00e9n dit verklap baie van jou bui op daardie spesifieke oomblik. Kenmerke in handskrif bly staties, maar krabbels kan na gelang van jou gemoedstoestand verander. Mense is meer geneig om te krabbel as hulle verveeld of gespanne is omdat dit hulle iets gee om op te konsentreer en hul gedagtes af te lei.<\/p>\n<p>Uit studies blyk dit dat \u2019n gekrabbel studente help om te konsentreer eerder as om in dagdrome te verval. As jy krabbel, hoor jy steeds wat die lektor s\u00ea, terwyl jy heeltemal afskakel as jy dagdroom omdat dit belangrike sentra in die brein gebruik. Krabbels gebruik net ruimtelike en visuele prosesse.<\/p>\n<p>Dr. Jackie Andrade van die Universiteit van Plymouth, het bevind dat krabbels een van die beste maniere is om verveling te\u00eb te werk en dagdromery te stop. In haar studie moes veertig deelnemers na \u2019n voorafopgeneemde telefoonoproep van twee en \u2019n half minute luister en notas maak. Gedurende die oproep is van die helfte van die groep verwag om tien beelde van sterre en sirkels in te kleur. Niemand het geweet dat hulle later \u2019n geheuetoets gaan doen nie. Die krabbelgroep het agterna die beste onthou.<\/p>\n<h4>Eie aan jou<\/h4>\n<p>Dr. Rosa s\u00ea geen twee mense se krabbels sal dieselfde wees nie. Elkeen het unieke krabbels en al teken mense dieselfde soort prentjies, soos sterre of blomme, hang dit baie af van waar op die bladsy jy die krabbel plaas, hoe groot dit in verhouding met die res is en hoeveel drukking jy op die pen uitoefen.<\/p>\n<p>Drukking kan die energie in \u2019n persoon weergee. Dis ook gewoonlik waar handskrifvervalsers kleitrap.<\/p>\n<p>\u201cDis vir vervalsers moeilik om drukking eweredig en konstant te hou en dis waar namaaksels ontmasker word,\u201d s\u00ea dr. Rosa.<\/p>\n<p>Pasop ook vir voor die voet interpretasies, waarsku sy. Daar is lang lyste verduidelikings van krabbels, maar jy kan hulle nie in isolasie interpreteer nie. Dit hang van ver-skeie faktore af, soos die plek op die bladsy en die grootte van die krabbel. Wanneer daar ander krabbels is, verander dit ook die betekenis van \u2019n enkele een en dit moet altyd as \u2019n geheel ge\u00efnterpreteer word. Pyle kan ambisie aandui, maar as jy dit teen die ander elemente in die krabbel sien, verander die interpretasie dalk.<\/p>\n<h4>Handskrif<\/h4>\n<p>\u201cHandskrifontleding berus baie op sielkunde en word algemeen as \u2019n hulpmiddel in kriminologie en algemene sielkunde gebruik,\u201d s\u00ea dr. Rosa.<\/p>\n<p>Baie maatskappye gebruik deesdae handskrifontleding voor hulle mense aanstel. \u201cSowat 80% van groot maatskappye in Frankryk en Switserland en verskeie groot maatskappye in Amerika soos Boeing, Deloitte &amp; Touche en Peugeot Motors gebruik dit as deel van die keuringsproses vir nuwe aanstellings. In Israel is dit die persoonlikheidstoets wat die meeste gebruik word.\u201d<\/p>\n<h4>Jo da Silva<br \/>\n7de Laan-aktrise<\/h4>\n<p>Die krabbels dui op \u2019n begeerte om uiting aan idees te gee, \u2019n sagmoedige, vertroetelende, ekstroverte geaardheid, \u2019n liefde vir die natuur, \u2019n begeerte om deur mooi dinge omring te word en dat familiebande baie belangrik is. Daar is ook \u2019n romantiese ingesteldheid, \u2019n goeie selfbeeld en \u2019n behoefte om sonder beperkings te wees. Maar dit lyk of daar dalk \u2019n angstigheid of frustrasie op die gebied van die liefde kan wees. Daar\u2019s ook \u2019n moontlikheid van \u2019n behoefte aan geborgenheid en om hom\/haarself teen seerkry en teleurstelling te beskerm.<\/p>\n<p>Jo se reaksie: Ek was verstom oor die akkuraatheid van die ontleding. Ek is \u2019n hopelose romantikus met \u2019n liefde vir die aarde en mooi dinge. My tuiste en klein gesin is my vesting. Wat die vrees vir \u2019n gebroke hart betref: net iemand wat dit nog nie beleef het nie, sal dit nie vrees nie!<\/p>\n<p><span style=\"font-size: medium;\"><span style=\"color: #ff0000;\"><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/JULSkrib02bRR.jpg\" alt=\"\" width=\"150\" height=\"212\" \/><\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ren\u00e9 Kalmer<br \/>\nMarathon-kampioen en lid van die SA Olimpiese span<\/h4>\n<p>Di\u00e9 persoon het \u2019n positiewe, geesdriftige uitkyk op die lewe en is vriendelik, gesellig, sentimenteel en deernisvol. Hy\/sy toon sterk ambisie en is baie doelgerig, hoewel aanpasbaar, en toon \u2019n groot behoefte om te groei en te ontwikkel. Daar kan \u2019n te\u00ebsinnigheid wees om hom\/haarself te bemark (nederig). Die persoon is onafhanklik en \u2019n goeie organiseerder met \u2019n goed ontwikkelde vaardigheid om te fokus en te konsentreer, maar kan geneig wees om te dagdroom. Ten tye van die krabbel was daar heelwat innerlike spanning en dit wil lyk of daar \u2019n begeerte is om vry daarvan te wees.<\/p>\n<p>Ren\u00e9 se reaksie Ek kan nie glo hoe akkuraat die ontleding is nie. Ek het vir seker \u2019n <em>love life<\/em>-ingesteldheid. Ek is mal oor \u2019n avontuur en nie bang om op my eie te ontdek nie. Dis juis wat ek die meeste van my hardloop geniet: dat ek die w\u00eareld vol kan toer en soveel dinge beleef. Hardloop het my ook van jongs af geleer om onafhanklik te wees &#8211; dit is geneig om mense af te skrik.<\/p>\n<p>Ek is doelgerig en baie aanpasbaar danksy die sport. Ek is in \u2019n mate georganiseerd en wil alles beplan, maar my administrasie is maar droewig. Op die oomblik is daar vir seker senuwees wat knaag, want die naweek is dit die Twee Oseane-halfmarathon, volgende naweek is dit die SA Atletiekkampioenskap en ek is aan die einde van April \u2019n pasaange\u00ebr in die London Marathon.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong><br \/>\n<img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/JULSkrib03bRR.jpg\" alt=\"\" width=\"150\" \/><\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<h4>Helen Zille<\/h4>\n<p>Ek weet nie of hierdie werklik \u2019n \u201ckrabbel\u201d is nie, omdat dit meer lyk soos iemand wat sy gedagtes in snelskrif neergeskryf het. Krabbels is onbewustelike eerder as berekende optrede. Al wat ek van die persoonlikheid kan agterkom uit wat op die papier gegee is, is dat dit \u2019n sistematiese, versigtige, sorgsame en pligsgetroue mens is. Uit die handskrif sien ek onafhanklikheid, doelgerigtheid, goeie waarnemingsvermo\u00eb, \u2019n behoefte aan ruimte en dalk \u2019n klein mate van isolasie.<\/p>\n<p>Helen se reaksie Dit is definitief \u2019n raak beskrywing van my persoonlikheid. Ek het eintlik in snelskrif geskryf, so dit was streng gesproke nie \u2019n krabbel nie, maar ek is nie juis \u2019n krabbel-mens nie.<\/p>\n<h4>Gerhard Steyn<br \/>\nSanger<\/h4>\n<p>Die persoon het \u2019n veeleisende persoonlikheid met baie dryfkrag en energie. Hy dink op \u2019n logiese, konstruktiewe manier, is georganiseerd, bekwaam en toegewyd. Hy het \u2019n oog vir detail en kan baie ingewikkelde situasies redelik maklik hanteer. Hy het baie opgekropte energie, kan onverdraagsaam, koppig, intens en soms ongeduldig en ge\u00efrriteerd wees. Sy ambisie en aspirasies kan aggressief wees, omdat hy \u2019n kompulsiewe behoefte aan bevordering en ontwikkeling het. Hy is mededingend en het \u2019n behoefte om te wen. Hy het baie selfvertroue, het \u2019n behoefte aan ruimte en hou nie van beperkings nie. Hy is \u2019n ekstrovert en hou van aandag.<\/p>\n<p>Gerhard se reaksie Die analise is baie korrek. Tog sien hy hom as \u2019n introvert sowel as \u2019n ekstrovert \u2013 hy is ook gelukkig wanneer hy alleen is. Hy is nie so seker dat hy van aandag hou nie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/JULSkrib04bRR.jpg\" alt=\"\" width=\"150\" height=\"211\" \/><br \/>\n<span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong><br \/>\n<\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<h4>Sjef Reuben Riffel<\/h4>\n<p>Hoewel die persoon \u2019n vriendelike, gesellige en sensitiewe geaardheid het, is hy ook baie prakties en \u2019n logiese denker met \u2019n wakker verstand. Hy\/sy is metodies en gee nie gou moed op nie. Aan die ander kant is daar \u2019n groot behoefte aan vrede, gemak en mate-ri\u00eble sekuriteit &#8211; waaroor daar \u2019n effense angstigheid is.<\/p>\n<p>Reuben se reaksie Dis interessant hoe in die kol die ontleding is. Ek is miskien nie meer as ander op finansies gefokus nie, maar ek is wel op my medemens ingestel. Ek dagdroom ook baie.<\/p>\n<h4>Dis waar die krabbels vandaan kom. Interpreteer jou krabbels.<\/h4>\n<p>Onthou dat jy krabbels nie in isolasie kan interpreteer nie en dat vele faktore in ag geneem moet word. Hierdie lys kom van die Britse grafologiese webwerf: <span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"http:\/\/www.britishgraphology.org\">www.britishgraphology.org<\/a><\/span><\/p>\n<p><strong>Gesigte:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Die uitdrukking op \u2019n krabbel se gesig is goeie aanduiding van jou bui.<\/li>\n<li>Mooi, netjies getekende gesig: jy sien die mooi in ander.<\/li>\n<li>Grillerige skets van \u2019n lelike gesig: jy vertrou mense nie maklik nie.<\/li>\n<li>Kinderlike krabbels: jy wil graag die middelpunt van belangstelling wees.<\/li>\n<li>Profiele wat na links kyk: jy\u2019s \u2019n introvert. skaakbord<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Blomme:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Sagte, ronde blare om \u2019n ronde kern: inskiklik en gesinsgerig. Ook warm, sagmoedig en deernisvol.<\/li>\n<li>Die kern is rond, maar die blare skerp: jy steek \u2019n sagte hart agter verdedigende prikkelbaarheid weg.<\/li>\n<li>\u2019n Bos vrolike blomme: jy\u2019s sosiaal, maar as die blomme se koppe hang, rem bekommernisse jou af.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Ingewikkelde patrone:<\/strong><br \/>\nObsessiewe geaardheid wat nie van ambisies of geliefdes afstand kan doen nie. Gewoonlik \u2019n ekstrovert met goeie administratiewe vaardighede en bestuurstalente.<\/p>\n<p><strong>Trappe of leer:<\/strong><br \/>\nAmbisieus en bereid om jou \u201cpad boontoe\u201d te werk. Jy\u2019t \u2019n langtermyndoelwit, of dit dui op \u2019n geestelike verryking soos \u2019n strewe om gelukkiger te wees.<\/p>\n<p><strong>Pyle:<\/strong><br \/>\nDit dui op doelgerigtheid en \u2019n spesifieke doelwit. Skerp, hoekige pyl: die doelwit is waarskynlik iets soos \u2019n nuwe werk waarvoor jy aansoek doen, of \u2019n situasie wat jy by die werk moet hanteer.<\/p>\n<p><strong>Sagter en voller versierings:<\/strong><br \/>\nDie doelwit kan met \u2019n hartsbegeerte te doen h\u00ea, of iets waaroor jy hartstogtelik voel.<\/p>\n<p><strong>Enige vorm van vervoer:<br \/>\n<\/strong>Jy wil aan \u2019n situasie ontsnap, of jy het \u2019n behoefte om vordering te maak.<\/p>\n<p><strong>Huis:<\/strong><br \/>\nBehoefte aan geborgenheid. \u2019n Netjiese skets dui op \u2019n gelukkige tuiste, \u2019n slordiger skets (veral sonder vensters) dui op ongelukkige huislike omstandighede.<\/p>\n<p><strong>Spinnerak:<\/strong><br \/>\nJy voel vasgevang, of jy wil iemand anders in \u2019n verhouding of situasie betrek.<br \/>\n<strong><br \/>\nName en voorletters:<\/strong><br \/>\nJy wil die middelpunt van aandag wees. Tieners krabbel soms net hul eie naam of voorletters sonder die van, wat kan aandui dat hulle van die gesin wil wegbreek en hul eie ding wil doen. Iemand anders se name: jy dink aan hulle. Dit kan romanties wees, of omdat hulle \u2019n probleem skep.<\/p>\n<p><strong>Sterre:<\/strong><br \/>\nJy\u2019s ambisieus. \u2019n Klomp klein sterretjies dui op optimisme, en een groot, versierde ster s\u00ea jy het \u2019n spesifieke doel voor o\u00eb.<\/p>\n<p><strong>Boksies en vierkante<\/strong><strong>:<br \/>\n<\/strong>Jy wil in beheer van \u2019n situasie wees, of jy is besig om \u2019n probleem te deurdink. As jou vierkant \u2019n kubus word, is jy gewoonlik \u2019n baie doeltreffende, analitiese mens wat moeilike situasies sonder probleme kan hanteer.<\/p>\n<p><strong>Sigsag patrone:<\/strong><br \/>\nPatrone wat uit vloeiende lyne bestaan, dui op \u2019n romantiese, vroulike benadering en reguit lyne op meer aggressiewe, manlike eienskappe. Dit dui ook op energieke denke en \u2019n begeerte om dinge af te handel.<\/p>\n<p><strong>Stokfigure:<\/strong><br \/>\nAlgemeen onder hoogs suksesvolle mense. Jy\u2019s in be-heer van jou emosies en geweldig gefokus op jou doelwitte.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis geen lighartige veld nie, help dr. Cecelia Rosa van Graphanex: Institute of Professional Graphology in Johannesburg my reg toe ek haar na krabbels uitvra. Net soos handskrif is krabbels \u201cbreintaal\u201d wat jou onbewuste verwoord en baie oor jou innerlike [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[],"class_list":["post-4383","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Krabbelkunde | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Krabbelkunde | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dis geen lighartige veld nie, help dr. Cecelia Rosa van Graphanex: Institute of Professional Graphology in Johannesburg my reg toe ek haar na krabbels uitvra. Net soos handskrif is krabbels \u201cbreintaal\u201d wat jou onbewuste verwoord en baie oor jou innerlike [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-14T10:04:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-01T11:49:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/JULSkrib02bRR.jpg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krabbelkunde\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krabbelkunde\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Krabbelkunde\",\"datePublished\":\"2012-11-14T10:04:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-01T11:49:29+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krabbelkunde\\\/\"},\"wordCount\":1851,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krabbelkunde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/JULSkrib02bRR.jpg\",\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krabbelkunde\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krabbelkunde\\\/\",\"name\":\"Krabbelkunde | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krabbelkunde\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krabbelkunde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/JULSkrib02bRR.jpg\",\"datePublished\":\"2012-11-14T10:04:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-01T11:49:29+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krabbelkunde\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krabbelkunde\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krabbelkunde\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/JULSkrib02bRR.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/JULSkrib02bRR.jpg\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krabbelkunde\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Krabbelkunde\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Krabbelkunde | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Krabbelkunde | rooi rose","og_description":"Dis geen lighartige veld nie, help dr. Cecelia Rosa van Graphanex: Institute of Professional Graphology in Johannesburg my reg toe ek haar na krabbels uitvra. Net soos handskrif is krabbels \u201cbreintaal\u201d wat jou onbewuste verwoord en baie oor jou innerlike [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-14T10:04:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-01T11:49:29+00:00","og_image":[{"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/JULSkrib02bRR.jpg","type":"","width":"","height":""}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Krabbelkunde","datePublished":"2012-11-14T10:04:00+00:00","dateModified":"2016-03-01T11:49:29+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/"},"wordCount":1851,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/JULSkrib02bRR.jpg","articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/","name":"Krabbelkunde | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/JULSkrib02bRR.jpg","datePublished":"2012-11-14T10:04:00+00:00","dateModified":"2016-03-01T11:49:29+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/JULSkrib02bRR.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/JULSkrib02bRR.jpg"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krabbelkunde\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Krabbelkunde"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4383","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4383"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4383\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4383"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4383"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4383"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}