{"id":4373,"date":"2012-11-14T11:01:00","date_gmt":"2012-11-14T09:01:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/rolstoel-sukses\/"},"modified":"2018-07-06T12:06:47","modified_gmt":"2018-07-06T10:06:47","slug":"rolstoel-sukses","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/","title":{"rendered":"Rolstoel sukses"},"content":{"rendered":"<p><strong>Gestremdheid is nie vir sissies nie. Bring \u2019n paar uur saam met \u2019n persoon in \u2019n rolstoel deur, en jy voel klein en nederig voor die tyd en deursettingsvermo\u00eb wat dit van haar verg om eenvoudige dinge te doen wat vir jou vanselfsprekend is. Jy kan uit jou kar wip en in die re\u00ebn hardloop om \u2019n winkelstoep te haal, terwyl sy moeisaam in die re\u00ebn in haar rystoel moet insukkel. Dan verwonder jy jou aan die bre\u00eb glimlag waarmee sy oor haar swaarkry gesels.<\/strong><\/p>\n<p><strong>DIENS AAN ANDER<\/strong><\/p>\n<p>Petra Burger is so \u2019n sprankelmens. N\u00e1 \u2019n grusame motorongeluk, is sy \u2018n parapleeg en aan \u2019n rolstoel gekluister, maar jy sal nie die geringste selfbejammering by haar kry nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het deur al die emosies gegaan wat ge-stremdes beleef: ongeloof, woede, ontkenning, hartseer, tot by aanvaarding,\u201d s\u00ea sy. \u201cMaar as mense my vandag vra of ek die lewe mis wat ek gehad het, kan ek eerlik s\u00ea \u2019nee\u2019. Ek het \u2019n tweede kans gekry, \u2019n wonderlike kans, en ek het \u2019n vervullende lewe. Ek geniet elke sekonde van wat ek doen, want ek beteken iets vir ander mense. Dit is wie Petra is, dit is ek.\u201d<\/p>\n<p>Petra is \u2019n gekwalifiseerde maatskaplike werker en is die maatskaplike ontwikkelingsbeampte van die Nasionale Raad vir Persone met Fisieke Gestremdhede (NCPPDSA). In di\u00e9 hoedanigheid het sy \u2019n ontsaglike klomp hooi op haar vurk. \u2019n Ledige dag ken sy nie. Opleidingsprogramme, radio- en TV-optre-des, die bevordering van die belange van die Vroueforum van die Raad, navorsing en die aanbieding van universiteitsmodules vir studente in maatskaplike werk, maak die grootste deel van haar daaglikse pligte uit. As sy haar lewe beskryf, klink dit interessant en selfs glansryk, maar donker dae het dit voorafgegaan.<\/p>\n<p>In 1996 was Petra, toe 26, saam met haar ouers in hul motor op die snelweg toe \u2019n band bars en die motor rol.<br \/>\n\u201cKyk, \u2019n mens kry motorongelukke en dan ord\u00e9ntlike motorongelukke,\u201d s\u00ea sy met \u2019n wrang glimlag. \u201cEk het een van die ordentlikes gehad. Ek het omtrent elke been in my liggaam gebreek. Drie spinaalkoordfrakture, albei heupe gebreek, een heup vergruis, nege bekkenfrakture, \u2019n femur- en enkelfraktuur en my baarmoeder het gebars. Ek was twee jaar lank ononderbroke in die hospitaal vir die een operasie na die ander.<\/p>\n<p>\u201cMy geloof het my deurgedra. Ek s\u00ea baie keer vir mense ek weet hoekom ek die ongeluk gehad het \u2013 sodat ek kon opkyk, want ek weet ek het nie opgekyk nie, ek het nie die Here vertrou soos ek moes nie. Toe het ek vir ses maande in traksie gel\u00ea waar ek m\u00f3\u00e9s opkyk. Daar was nie \u2019n keuse nie.\u201d<\/p>\n<p>N\u00e1 haar ongeluk was dit bitter moeilik om weer \u2019n pos as maatskaplike werker te kry.<br \/>\n\u201cJy sal my nie glo nie, maar ek het vir 128 onderhoude gegaan, sonder sukses. Uiteinde-lik het ek by die skakelbord van \u2019n hospitaal gewerk &#8211; daar waar hulle al die gestremdes wegsteek. Ek het elke sekonde daarvan ge-haat, want dit het my nie gestimuleer nie, maar ek het ges\u00ea dis my eerste stap.\u201d<\/p>\n<p>Toe die pos as maatskaplike ontwikkelingsbeampte by die Raad geadverteer is, het Petra aansoek gedoen en dit gekry.<br \/>\n\u201cOns werk vir baie min geld, maar ons werk met passie. Ek het al ander aanbiedinge gehad, maar ek moes besluit of ek my hart of my sak gelukkig wil hou.\u201d<\/p>\n<p>By die Raad is Petra die openbare stem vir mense met gestremdhede. Haar werk be-hels ook die ontwikkeling en instandhouding van maatskaplike diensprogramme waardeur gestremdes \u2019n gehaltelewe kan lei en hul plek in die samelewing kan vol staan. Sy reis geweldig baie deurdat sy die programme landwyd aanbied.<\/p>\n<p>Deesdae is sy \u2019n gesogte gespreksgenoot op radio- en TV-programme. Onderhoude met haar gaan dikwels oor gestremdheid, maar ook oor motivering. As \u2019n suksesvolle mens uit eie reg het sy al as motivering-spreker opgetree by groot geleenthede soos Vrouedagvieringe, universiteitseminare en SA Polisiegeleenthede.<\/p>\n<p>Verlede jaar is sy as een van net agt maatskaplike werkers in die land gekies om aan \u2019n navorsingsprogram in Engeland te gaan deelneem. Sy was die enigste gestremde onder die agt en moes saam met die ander die streng keuringsproses slaag.<\/p>\n<p>\u2019n Organisasie wat Petra baie na aan die hart l\u00ea, is die Raad se nuwe Vroueforum wat onder haar leiding tot stand gekom het om die saak van gestremde vroue te bevorder.<\/p>\n<p>\u201cOns is in die eerste plek vroue, ons ge-stremdheid is bysaak, en ons wil soos vroue behandel word. Ons hou van mooi modes en wil ook bederfdinge doen wat ander vroue doen,\u201d s\u00ea sy met passie. \u201cEk was onlangs in \u2019n winkel waar ek \u2019n mooi, sexy bra gesien het, maar dit was nie in my grootte beskikbaar nie. Toe ek vra dat hulle dit vir my bestel, kyk die assistent my op en af en vra: \u2019Nou wat wil jy met \u2019n sexy bra doen?\u2019 My moedswillige antwoord: \u2018Ek wil my man verlei,\u2019 het haar sonder woorde gelaat.\u201d<\/p>\n<p>Een van haar eerste Vroueforum-projekte was om \u2019n groep van twaalf gestremde vroue vir \u2019n fotosessie saam met \u2019n professionele fotograaf bymekaar te kry.<\/p>\n<p>\u201cEk het borge vir alles gekry. Ons het almal in die pragtige Palazzo-hotel by Montecasino in Johannesburg gebly. Elke vrou het \u2019n gesigbehandeling gekry en ek het Playtex genader om vir elkeen die sexyste lingerie moontlik te gee.<br \/>\n\u201cMy doelwit was dat hulle hier moes weggaan en soos die verleidelikste en mooiste vroue op aarde voel. Onthou, \u2019n gestremde vrou se liggaam is anders. Ons het almal boepies omdat ons nie oefening kry nie, ons het almal \u2019n klomp operasiesnye, ons voel almal skaam oor ons liggame. Daardie dag het ons dit reggekry om elkeen beeldskoon te laat lyk en voel. Daar is selfs naakfoto\u2019s van die vroue geneem,\u201d s\u00ea sy met \u2019n vonkel in die oog.<\/p>\n<p>Petra s\u00ea dat sy duisend verskillende goed doen, maar dis vir haar heerlik. Haar gesig, stem en hande dra die vreugde oor wat sy uit haar dagtaak put.<\/p>\n<p><strong>ENTREPRENEURIESE VAARDIGHEID<\/strong><\/p>\n<p>6 Februarie 1994 sal vir altyd in Nthabiseng Molongoana se geheue ingegrif wees. Dit is die dag waarop \u2019n motorongeluk haar \u2019n kwadrupleeg sou maak en haar lewe onherroeplik sou verander.<\/p>\n<p>Die taxi waarin sy en drie vriendinne was, wou nie aan die gang kom nie. Party passa-siers het uitgeklim en ander vervoer gaan soek, maar nie Nthabi nie. \u2019n Paar mense het gehelp om die taxi aan die gang te stoot. Die bestuurder het \u2019n U-draai oor die pad gemaak, reg voor \u2019n aankomende motor in. Dit is al wat sy van die ongeluk kan onthou.<br \/>\nN\u00e1 17 jaar is haar emosies steeds rou as sy aan daardie dag terugdink. \u201cVandag wens ek ek het die ander keuse gemaak,\u201d s\u00ea sy gedemp.<\/p>\n<p>Toe sy twee weke later haar geheue terugkry, het sy net gedink aan teruggaan kollege toe om haar onderwysstudie voort te sit. Sy het geglo haar verlamming was tydelik, maar moes mettertyd die feit onder o\u00eb sien dat sy nou \u2019n kwadrupleeg was, met geen gebruik van haar onderste ledemate nie en slegs beperkte gebruik van haar arms. Oor \u201choekom\u201d en \u201cwaarom\u201d s\u00ea sy eenvoudig: \u201cNet God ken die antwoord. Net Hy ken die patroon van ons lewe.\u201d<\/p>\n<p>Direk n\u00e1 die ongeluk het sy in Garankuwa gebly waar haar vriende was.\u00a0 \u201cEk het baie gehuil daardie tyd,\u201d vertel sy.<br \/>\n\u2019n Maatskaplike werker moes haar moed inpraat en saans moes vriendinne haar was en voer. Nege maande se rehabilitasie het gevolg. Haar lewe sedertdien is \u2019n loflied aan haar ma se liefde. Di\u00e9 was werkloos en het in \u2019n klein huisie sonder elektrisiteit gewoon, maar sy het daarop aangedring dat Nthabi by haar moes kom bly.<\/p>\n<p>\u201cEk weet nie hoe sy dit reggekry het nie, maar binne \u2019n week het ons elektrisiteit ge-had. My ouers was uitmekaar maar my pa het wel finansi\u00eble ondersteuning gegee.\u201d<\/p>\n<p>Toe haar ma kanker kry, het Nthabi na \u2019n tehuis vir gestremdes verhuis. By die provinsiale Raad vir Gestremdes het sy werk by die skakelbord gedoen wat geweldig baie vir haar beteken het, maar haar gemoedstoestand was negatief oor die donker toekoms wat sy vir haar voorsien het.<\/p>\n<p>Gelukkig verskyn daar engele op \u2019n mens se lewenspad. \u2019n Vrou genaamd Ellen Gaba-rone was so \u2019n engel.<br \/>\n\u201cSy het my na die Universiteit van die Vrystaat toe geneem en my vir \u2019n B.Sc.-graad in wiskunde laat inskryf, maar dit was moeilik. Die universiteitsgebou was nie rolstoelvriendelik nie en ek was baie selfbewus.<\/p>\n<p>\u201cToe ek my eerste jaar druip, het ek be-sef ek moet my houding verander,\u201d s\u00ea sy en haar innerlike krag slaan in haar stemtoon deur. In 2004 het sy haar B.Sc.-graad behaal, \u2019n triomf vir haar en haar gesin.<\/p>\n<p>\u201cMy ma is oorlede kort voordat ek die graad ontvang het. Daardie graad was vir ons albei. Sy het nie geleerdheid gehad nie en het my altyd aangespoor om te leer.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Ander ligpunt was \u2019n uitbetaling van die Padongelukkefonds waarmee Nthabi \u2019n huis in Bloemfontein kon koop en dit vir haar gestremdheid kon inrig. Daarsonder sou sy n\u00e1 haar ma se dood geheel en al hulpbehoewend gewees het.<br \/>\nMet die sokkerw\u00eareldbeker om die draai het Nthabi \u2019n sakegeleentheid raakgesien en vroeg in 2009 besluit om haar huis in \u2019n gastehuis te omskep. Daar was in elk geval \u2019n groot behoefte aan \u2019n gastehuis in Bloemfon-tein wat vir gestremdes toeganklik is. Twee van die vyf slaapkamers in Lentha\u2019s Lodge, haar gastehuis, is vir gestremdes ingerig.<\/p>\n<p>\u201cDit was aanvanklik baie moeilik. Ek het niks van besigheid geweet nie, maar ek moes vir my en my aangenome seun \u2019n bestaan uitkerf. Ek is lief vir my huis. En ek is lief vir my besigheid, want God het vir my die geleentheid uit niks geskep nie. Ek kan met hoop leef,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>2010 was vir haar \u2019n hoogtepunt. Nie net was haar gastehuis in groot aanvraag met die sokker nie, maar sy het ook \u2019n toekenning ontvang. Die Suid-Afrikaanse Toerismeraad het \u2019n kompetisie vir die ontluikende entrepreneur van die jaar aangebied en Nthabi het ingeskryf. In elke provinsie is vyf finaliste aangewys wat opleiding in verskillende aspekte van sakebestuur ontvang het.<\/p>\n<p>Daarna moes hulle krities na hul eie ondernemings kyk en \u2019n voorlegging aan \u2019n paneel beoordelaars doen. Op Internasionale W\u00eareldtoerismedag verlede jaar is sy as die Vrystaatse wenner aangekondig.<\/p>\n<p>Haar horisonne het verbreed, want as deel van die prys kon sy Duitsland toe gaan om aan \u2019n groot toerisme-uitstalling deel te neem. Dit het meegebring dat haar gastehuis op \u2019n veel groter aantal databasisse ge-adverteer word en haar onderneming het sterk begin groei. Sy kon ekstra kamers aanbou en dis haar doelwit om mettertyd \u2019n tweede gastehuis oop te maak.<\/p>\n<p>Nthabi is nie bitter nie. Kalm s\u00ea sy: \u201cEk bid nie tot God dat hy my weer moet laat loop nie. Ek bid dat hy my sterk sal maak om te dra wat ek moet dra. Deesdae is ek wel meer emosioneel. Ek huil maklik. Kyk net waar ek vandaan kom. Van niks af nie. Maar daar was soveel ondersteuning. Toe ek die eerste dag in Erika Geertsen, my arbeids-terapeut, se o\u00eb kyk, het ek hoop gesien, en dit is wat ek aan ander mense wil teruggee.\u201d Besoek www.lenthaslodge.co.za<\/p>\n<p><strong>KORPORATIEWE UITBLINKER<\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Aansteeklike laggie maak dit pure plesier om saam met Versha Rowjee te kuier. Sy gesels so opgewek dat jy heeltemal vergeet dat sy in \u2019n rystoel sit. Versha is met die toestand spina bifida gebore.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Tekort aan foliensuur by die ma veroorsaak di\u00e9 toestand by die fetus in die baarmoeder,\u201d verduidelik sy. \u201cDie baba word met \u2019n opening in die ruggraat gebore wat meebring dat die sentrale senuweestelsel be-skadig word.\u201d<br \/>\nDie toestand het veroorsaak dat Versha se onderlyf verlam is. Sy kan wel met krukke loop, maar haar bene is dun en baie swak, want waar ander mense twee bene in hul onderbeen het, het sy net een. Die afgelope twaalf jaar gebruik sy \u2019n rolstoel.<\/p>\n<p>Sy aanvaar haar toestand heeltemal en sien dit skaars as \u2019n abnormaliteit, hoofsaaklik omdat haar ouers haar van die begin af net so normaal soos haar ouer sussie en jonger boetie grootgemaak het.<\/p>\n<p>\u201cOns het op Potgietersrus gebly en in die apartheidsjare was daar nie gespesialiseerde ondersteuning vir Indi\u00ebrs en ander nie-wittes nie. My ouers het na my omgesien en my normaalweg in die huishouding ge\u00efntegreer. Ek is nie soos \u2019n porseleinpoppie behandel nie en moes nes die ander kinders met take in die huis help.\u201d<\/p>\n<p>Sy was ook in gewone skole, saam met fisiek normale kinders, en was gereeld onder die top drie in haar graad.<br \/>\n\u201cEk was uiters kompeterend en was mal oor wiskunde en wetenskap. My sussie was \u2019n topstudent en ek wou ook so wees. Vir ho\u00ebrskool moes ons Pietersburg toe gaan. Ek het elke oggend saam met die ander kinders op die bus geklim soontoe en smiddae weer terug. Dit het gehelp om my met die gemeenskap te integreer. Hulle het my as \u2019n presteerder geken en ek het nooit ge\u00efsoleer of jammer vir myself gevoel nie.\u201d<\/p>\n<p>Universiteit was \u2019n splinternuwe uitdaging, maar Versha was vasbeslote om op haar eie bene te staan en het op Wits in Johan-nesburg besluit. Vir die eerste keer in haar lewe sou sy onder haar ouers se sorg uit wees, iets wat vir hulle ook moeilik was om te aanvaar. Sy het \u2019n B.Com.-graad verwerf en is besig met die laaste eksamens vir haar MBL, \u2019n meestersgraad in besigheidsleierskap.<\/p>\n<p>Versha is klein van postuur, maar jy kom gou agter dat daar \u2019n wil van staal in haar skuil. Sy beywer haar, onder meer deur die Nasionale Raad vir Gestremdes waarvan sy die vise-voorsitter is, om groter bewustheid van die omstandighede en regte van gestremdes te skep.<\/p>\n<p>\u201cOns is mense soos alle ander mense. Ons moet soos hulle soggens opstaan, tande borsel, werk toe gaan, ons moet rekeninge betaal, inkopies doen. Die verskil l\u00ea in mense se koppe. Hulle het soms die persepsie dat as jy fisiek gestrem is, daar ook iets met jou kop fout is. Of hulle voel so ongemaklik dat hulle jou nie in die o\u00eb wil kyk en met jou praat nie.\u201d<br \/>\n\u2019n Groot deurbraak vir Versha was om haar eie huis te koop. Dit het haar finaal op haar pad na onafhanklikheid geplaas. N\u00e1 universiteit het sy by SA Brouerye in Polokwane \u2019n betrekking gekry, maar toe hulle daardie kantoor toemaak en Centurion toe skuif, wou sy saamgaan, al was haar pa onwillig om haar te laat gaan. In Midrand het sy \u2019n huis gekoop wat nog in aanbou was en wat sy na haar behoeftes kon inrig.<\/p>\n<p>Loopbaangewys het dit met haar goed gegaan. Sy het reeds haar internskap as rekenmeester in Polokwane gedoen en is algaande bevorder na poste met meer verantwoordelikheid, totdat sy as projekrekenmeester by SAB se hoofkantoor in Sandton aangestel is. Haar gesig helder op as sy vertel van \u2019n groot eer wat haar te beurt geval het. Haar prestasies in die korporatiewe omgewing het nie ongesiens verbygegaan nie en in 2002 is sy op Eskom se raad van direkteure aangestel, die enigste gestremde persoon.<\/p>\n<p>\u201cDit was \u2019n lewensveranderende ervaring. Om tussen daardie bekwame en ervare sakemense te wees en van hulle te leer, het ontsaglik baie vir my beteken. Aanvanklik was ek oorweldig en stil, maar ek het geleer dat ek \u2019n bydrae het om te maak. En ek het in daardie tyd gegroei, waarskynlik tien jaar in ouderdom gespring vanwe\u00eb die vlak van bekwaamheid waaraan ek blootgestel is.\u201d<\/p>\n<p>N\u00e1 ses jaar het sy as direkteur uitgetree, maar haar ambisie om in haar loopbaan te vorder het net gegroei. Tans is sy sakeontwikkelingsbestuurder by \u2019n internasionale Switserse maatskappy en hanteer sy same-smeltings en oornames in Sub-Sahara- Afrika. Ook buite die korporatiewe omgewing sprei sy haar vlerke. As kind was sy fisiek nie aktief nie, maar later wou sy graag leer swem. Die ervaring toe sy haar kop die eerste keer onder die water druk en haar lyf vanself op die water dryf, was onvergeetlik.<\/p>\n<p>\u201cDie vryheid, die gewigloosheid het my uitgeboul. Oplaas was hier \u2019n geleentheid waar ek sonder krukke oor die weg kon kom.\u201d Sy swem net met haar arms, want haar bene is te swak, en sy wil volgende jaar die Midmar-myl saam met \u2019n vriendin aanpak. Skubaduik het haar ook \u2019n gevoel van vryheid gegee. Ondanks haar dokter se vrees dat die skubatenk op haar rug te swaar sal wees, het sy met die opleiding deurgedruk en daarna die onderwaterw\u00eareld in Mosambiek gaan verken.<\/p>\n<p>Is daar nog iets wat sy graag sou wou doen? Ja, sy sou graag nog wou reis. Sy was al in Indi\u00eb saam met haar ouers en alleen in Australi\u00eb, Engeland, Jordani\u00eb en Mauritius. En sy sou graag \u2019n tandemsprong uit \u2019n vliegtuig wou doen.<br \/>\n\u201cLoopbaangewys is ek tevrede met waar ek nou is \u2026 \u201d Sy bly \u2019n oomblik stil en s\u00ea dan effens verle\u00eb: \u201cEk hoop nie ek klink onambisieus nie \u2026 \u201d<\/p>\n<p>\u2018n Mens skud net jou kop. Onambisieus? Nee, eerder \u2019n klein wonderwerk.<\/p>\n<p><strong>PETRA\u00a0SE\u00a0BOODSKAP\u00a0AAN\u00a0VROUE\u00a0MET\u00a0GESTREMDHEID<\/strong><br \/>\n<strong><strong><br \/>\nElkeen van ons is na die beeld van God geskape, en elkeen van ons is in die o\u00eb van die Here uniek, waardevol en betekenisvol. Glo aan jou skoonheid, waardigheid en deug as vrou en moenie in die strik trap om jou aan die uiterlike sogenaamde volmaaktheid van ander vroue te wil meet nie. <\/strong><strong>Elke vrou, gestremd of nie, is die ruggraat van \u2019n gesin, van \u2019n familie en van \u2019n gemeenskap. As jy \u2019n vrou in \u2019n gemeenskap het wat vir haar regte opkom, het jy ingeligte kinders wat ook eendag vir hul regte sal opkom. <\/strong><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gestremdheid is nie vir sissies nie. Bring \u2019n paar uur saam met \u2019n persoon in \u2019n rolstoel deur, en jy voel klein en nederig voor die tyd en deursettingsvermo\u00eb wat dit van haar verg om eenvoudige dinge te doen wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98929,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677],"tags":[],"class_list":["post-4373","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Rolstoel sukses | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Rolstoel sukses | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Gestremdheid is nie vir sissies nie. Bring \u2019n paar uur saam met \u2019n persoon in \u2019n rolstoel deur, en jy voel klein en nederig voor die tyd en deursettingsvermo\u00eb wat dit van haar verg om eenvoudige dinge te doen wat [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-14T09:01:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T10:06:47+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Rolstoel-sukses.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1568\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"15 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rolstoel-sukses\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rolstoel-sukses\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Rolstoel sukses\",\"datePublished\":\"2012-11-14T09:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:06:47+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rolstoel-sukses\\\/\"},\"wordCount\":2935,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rolstoel-sukses\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Rolstoel-sukses.jpg\",\"articleSection\":[\"Inspirasie\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rolstoel-sukses\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rolstoel-sukses\\\/\",\"name\":\"Rolstoel sukses | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rolstoel-sukses\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rolstoel-sukses\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Rolstoel-sukses.jpg\",\"datePublished\":\"2012-11-14T09:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:06:47+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rolstoel-sukses\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rolstoel-sukses\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rolstoel-sukses\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Rolstoel-sukses.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Rolstoel-sukses.jpg\",\"width\":1568,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rolstoel-sukses\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Rolstoel sukses\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Rolstoel sukses | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Rolstoel sukses | rooi rose","og_description":"Gestremdheid is nie vir sissies nie. Bring \u2019n paar uur saam met \u2019n persoon in \u2019n rolstoel deur, en jy voel klein en nederig voor die tyd en deursettingsvermo\u00eb wat dit van haar verg om eenvoudige dinge te doen wat [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-14T09:01:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T10:06:47+00:00","og_image":[{"width":1568,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Rolstoel-sukses.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"15 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Rolstoel sukses","datePublished":"2012-11-14T09:01:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:06:47+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/"},"wordCount":2935,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Rolstoel-sukses.jpg","articleSection":["Inspirasie"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/","name":"Rolstoel sukses | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Rolstoel-sukses.jpg","datePublished":"2012-11-14T09:01:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:06:47+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Rolstoel-sukses.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Rolstoel-sukses.jpg","width":1568,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rolstoel-sukses\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Rolstoel sukses"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4373","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4373"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4373\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98929"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4373"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4373"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4373"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}