{"id":4369,"date":"2024-02-09T13:52:52","date_gmt":"2024-02-09T11:52:52","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/nie-getroud\/"},"modified":"2024-02-09T14:09:14","modified_gmt":"2024-02-09T12:09:14","slug":"nie-getroud","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/","title":{"rendered":"Nie getroud?"},"content":{"rendered":"<div><strong>\u201cHoekom is jy nog nie getroud nie? Omdat jy nie wil nie, of omdat jy niemand kan kry nie?\u201d<\/strong><\/div>\n<p>So skryf Yolande de Klerk aan rooi rose oor die pyn wat di\u00e9 vraag wat sy tot vervelens toe moes beantwoord, veroorsaak. Sy moes die vraag al te midde van groot belangstelling beantwoord op \u2019n eenjarige se verjaardagparty, op \u2019n sosiale geleentheid wat haar ma gere\u00ebl het, selfs wanneer sy inkopies doen en \u2019n vriendin raakloop wat sy lank laas gesien het. Sy is \u2019n jong vrou met \u2019n wonderlike werk wat haar per skip na baie dele van die w\u00eareld neem. Maar sodra sy vir \u2019n ruk tuis is, word haar ringlose hand met nuuskierigheid en\/of simpatie betrag.<\/p>\n<p>Di\u00e9 vrae en aanverwante vrae soos: \u201cEk sien daar is nog nie \u2019n ring aan jou vinger nie\u201d of \u201cNog nie \u2019n spesiale man in jou lewe nie?\u201d irriteer baie enkellopende vroue.\u00a0 Ander s\u00ea hulle verstaan dat hul familie bekommerd is oor hulle, maar dat die bekommernis nie nodig is nie omdat hulle hul eie lewenstyl gekies het.\u00a0 Een jong vrou het ook haar hart oopgemaak en vertel hoe intens eensaam sy is en van haar wens om \u2019n trouman te ontmoet.<\/p>\n<p>Al die vroue met wie rooi rose gesels het, is aantreklike vroue in hul laat twintiger- of dertigerjare.<\/p>\n<p>\u201cOp die vraag of daar \u2019n spesiale man in my lewe is, antwoord ek gewoonlik dat daar baie spesiale mense in my lewe is. Die antwoord ontmoedig die meeste mense om verder uit te vra,\u201d s\u00ea donkerkop Rozanne Myburgh, digitale redakteur by \u2019n vrouetydskrif.<\/p>\n<p>Di\u00e9 soort vrae irriteer my, s\u00ea die modebewuste senior joernalis Suzanne Venter. \u201cVeral omdat ek amper op trou was, en mense wat di\u00e9 soort vrae vra, het gewoonlik nie \u2019n idee wat in \u2019n mens se lewe aangaan nie. Die teleurstellings wat ek al gehad het, het my sterk gemaak en die mans wat ek daarna ontmoet het, kon nie altyd daarmee vrede maak nie. Maar dis persoonlik en het werklik nie \u2019n snars met iemand anders uit te waai nie.\u201d<\/p>\n<p>Bertha* is \u2019n mooi, professionele dertigplusser met lang, blonde hare. Sy s\u00ea haar antwoord op di\u00e9 vrae is baie kort: Sy het nog nie die r\u00e9gte man ontmoet nie. Sy verstaan dat haar familie so effe bekommerd is daaroor dat daar nie \u2019n man aan haar sy is nie, laat staan nog dat sy ongetroud is. \u201cEk is nie soos die meeste van my vriende en familie met my ho\u00ebrskool- of universiteitsk\u00earel getroud nie.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Ek het \u2019n hele paar k\u00earels gehad, maar nie een van hulle was troumateriaal nie. Ek was ook nie in my twintiger- of vroe\u00eb dertigerjare gereed vir \u2019n huwelik nie. Ek het in elk geval nooit gedink ek sal vroeg trou nie. As enigste kind is ek daaraan gewoond om alleen te wees en dit het my nooit gepla nie. Om die waarheid te s\u00ea geniet ek my alleentyd en is nogal selfsugtig wanneer dit by vrye tyd kom.<\/p>\n<p>\u201cMy werk is op die oomblik my prioriteit, maar dit beteken nie noodwendig dit gaan so bly nie. Ek voel nou, op 37, vir die eerste keer gereed vir \u2019n langtermynverhouding en ek wil graag trou en met \u2019n gesin begin.\u00a0 \u201cDie probleem is net om die regte man te ontmoet. Almal in my vriendekring is getroud en hul vriende is ook getroud of in vaste verhoudings. Ek het al die Internet probeer, maar die \u2018vreemde verskynsels\u2019 daar het my laat besluit nooit weer nie. Ek was ook al op heelwat blind dates, maar nie een het \u2019n tweede afspraak ge\u00efnspireer nie.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Ek hou nie van situasies waarin jy veronderstel is om jou flikkers te gooi en jou beste bates te moet paradeer nie. Ek voel gemakliker in \u2019n situasie waar jy mans toevallig ontmoet. Maar dit gebeur feitlik nooit meer nie, omdat ek my baie selde in situasies bevind waar ek nuwe mense ontmoet.\u201d<\/p>\n<p>Rozanne s\u00ea sy verpes dit as mense haar daardie vraag vra, \u201cwant dit het werklik niks met ander mense te doen nie. Boonop is die hele kultuur van trou en kinders kry vir my \u2019n groot probleem. Ek dink ek rebelleer my lewe lank al daarteen. Dis so eng asof daar niks anders in \u2019n vrou se lewe is nie.<\/p>\n<p>\u201cDit beteken nie dat ek nooit sal trou nie, maar ek het nog nooit iemand ontmoet met wie ek wil trou nie. Ek word gereeld op blind dates genooi en dis meestal net \u2019n frustrasie. Ek doen my bes om dit eerder te sien as \u2019n geleentheid om nuwe mense te ontmoet en vriende te maak. Ek weet vriende en familie het meestal goeie bedoelings, maar ek het ook al agtergekom dat mense onsensitief kan wees. Veral diegene wat glo dis belangrik om op dertig getroud te wees kan nogal bitsig raak omdat ek nie getroud is nie. Maar ek voel nie of ek moet trou net omdat dit die kultuur en die verwagting is nie.\u201d<\/p>\n<p>Yolande vertel dat iemand in een van daardie stiltes in \u2019n geselskap gevra het: \u201cSo, het jy al iemand deur al jou reise ontmoet?\u201d<\/p>\n<p>Sy kon dom speel en van al haar vriende en kennisse uit verskillende nasionaliteite vertel, maar byna dadelik daarna het die vrou gevra: \u201cW\u00edl jy nie trou nie?\u201d<\/p>\n<p>Sy skryf: \u201cEk voel hoe ek bewus word van al die o\u00eb op my en wil wegsink in die bank waarop ek sit. Ek voel oorbewus van my ongetroude status \u2026 Ja, ek wil trou. Dink sy dat ek vir myself blomme wil koop en briewe wil skryf? Dat ek saam met \u2019n kat en \u2019n kanarie oud wil word? Nee, antwoord ek, ek het nog nie my toekomstige man ontmoet nie.\u201d Toe s\u00ea die stil vrou langs Yolande baie opgewonde: \u201cEk moet jou aan my seun voorstel. Hy swerf ook so rond as gevolg van sy werk. Ek en my man is nou juis lus vir kleinkinders.\u201d Yolande kon net glimlag.<\/p>\n<p>Want eintlik hou sy glad nie van so \u2019n reddingspoging deur \u2019n barmhartige romanleser nie. Elke keer as die arme man wat bel sy rympie aframmel om sy oproep te probeer verduidelik s\u00ea sy: \u201dJammer, maar ek stel nie belang nie.\u201d \u201cEn ja ek voel sleg, want die arme man het seker vreeslik baie moed bymekaargeskraap. Maar wat ek veral voel, is woede teenoor die mens wat my en die man in so \u2019n ongemaklike situasie gedompel het met hul inmengery.\u201d<\/p>\n<p>Aantreklike donkerkop Theonette Mostert, industri\u00eble ontwerper, skryf dat sy op 27 eintlik al getroud, of minstens in \u2019n vaste verhouding sou wou wees.<\/p>\n<p>\u201cHoewel ek nooit daaroor praat nie en die meeste mense wat ek ken nie \u2019n bohaai daaroor maak nie, weet net my familie hoe diep eensaam ek r\u00earig is. Ek en my suster praat baie nagte oor my ongehude status. Sy is die een van die gelukkiges wat nog altyd \u2019n man aan haar sy gehad het. Dit opsigself is nie vir my maklik nie, maar sy ken my hart en treur saam met my.&#8221;<\/p>\n<p>\u201cEk weet r\u00earig nie wat die fout is dat my trouman my nog nie kom haal het nie, of hoekom ek op \u2019n uitaand nie baie aandag\u00a0 kry nie. Ek wil nie een van daardie vroue wees wie se enigste doel in die lewe is om \u2019n man te vang nie. My ouers het my ook nie opgevoed om in die groep te kafoefel nie. En ek speel nie speletjies nie. Miskien skrik dit hulle af. As dit die geval is, is dit seker maar vir die beste, want n\u00e1 al die jare van alleen wees, sal my hart nie iemand wat my net vir my lyf wil gebruik, kan oorleef nie.<\/p>\n<p>\u201cTroues, familiegeleenthede en werksgesellighede is die moeilikste. Daar word dit altyd van jou verwag om iemand aan jou sy te h\u00ea en as jy alleen opdaag, kan jy verseker wees dat mense daaroor sal praat. \u201cSoms is die \u2018toemaar jou man is op pad\u2019-gesprek moeiliker as die \u2018geniet jou lewe sonder \u2019n man\u2019-gesprek. Maar dis altyd daar en dit speel oor en oor in jou kop af lank nadat die dansvloer leeg is.<\/p>\n<p>\u201cIn Johannesburg kom ek net met twee soorte mans in aanraking: di\u00e9 wat getroud is en di\u00e9 wat nie getroud is nie \u2013 om \u2019n rede. Mense s\u00ea baie hoe spesiaal ek is en hoe ek net moet wag, maar die stemmetjie in my binneste skree dat as ek nog langer wag, my biologiese klok gaan breek.<\/p>\n<p>\u201cBaie keer dink ek dat ek my geliefde \u00earens misgeloop het en dat die lewe nou maar net voortstoom. Gewoonlik gee my suster my dan \u2019n streng kyk en s\u00ea: \u2018Die Here het \u2019n plan, hou nou op.\u2019 Dan werk ek hard, reis wanneer ek kan en gee aandag aan my groot liefde: kos maak \u2026 Tot die volgende troue.\u201d<\/p>\n<p>Suzanne s\u00ea dat sy haar nie te veel steur aan wat ander s\u00ea nie.<\/p>\n<p>\u201cEk weet mos wat in my lewe aangaan. In elk geval verloop niemand se lewe presies soos hulle daaroor gedroom het nie. Mense pla my eintlik nie meer so erg daaroor nie. Ek dink dis omdat ek grense gestel het. En baie van my vriende is ouer, geskeide vroue en hulle moedig jou ook nie soveel tot trou aan nie \u2013 buiten as dit met die regte man is.&#8221;<\/p>\n<p>\u201cEk het jare gelede \u2019n baie ernstige verhouding gehad wat baie hartseer ge\u00ebindig het en mense na aan my weet dit. Dit het my jare geneem om die pyn te verwerk en ek dink dat ek nou eers weer reg is vir \u2019n verhouding.\u201c<\/p>\n<p>Die laaste woord behoort aan Yolande: \u201cEk het nie \u2019n padkaart of \u2019n vervaldatum na my troudag gekry nie. Maar daar is wel mense wat my laat wonder of ek nie my man saam met my rybewys moes kry nie \u2026 Hoekom nie? Ek weet nie!\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hal-lo-mamma-2\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hallo &#8216;cougar&#8217;<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cHoekom is jy nog nie getroud nie? Omdat jy nie wil nie, of omdat jy niemand kan kry nie?\u201d So skryf Yolande de Klerk aan rooi rose oor die pyn wat di\u00e9 vraag wat sy tot vervelens toe moes beantwoord, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":142681,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[3284,3285],"class_list":["post-4369","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-ongetroud","tag-enkellopend"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Nie getroud? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Dis ongemaklik, irriterend, selfs pynlik, daardie vraag wat ongetroude vroue vanaf hul laat twintigerjare van vriend en vreemdelinge moet verduur: Hoekom is jy nog nie getroud nie?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Nie getroud? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dis ongemaklik, irriterend, selfs pynlik, daardie vraag wat ongetroude vroue vanaf hul laat twintigerjare van vriend en vreemdelinge moet verduur: Hoekom is jy nog nie getroud nie?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-02-09T11:52:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-02-09T12:09:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-cottonbro-studio-4691205-e1707480439668.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1040\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nie-getroud\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nie-getroud\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Nie getroud?\",\"datePublished\":\"2024-02-09T11:52:52+00:00\",\"dateModified\":\"2024-02-09T12:09:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nie-getroud\\\/\"},\"wordCount\":1659,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nie-getroud\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-cottonbro-studio-4691205-e1707480439668.jpg\",\"keywords\":[\"ongetroud\",\"enkellopend\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nie-getroud\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nie-getroud\\\/\",\"name\":\"Nie getroud? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nie-getroud\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nie-getroud\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-cottonbro-studio-4691205-e1707480439668.jpg\",\"datePublished\":\"2024-02-09T11:52:52+00:00\",\"dateModified\":\"2024-02-09T12:09:14+00:00\",\"description\":\"Dis ongemaklik, irriterend, selfs pynlik, daardie vraag wat ongetroude vroue vanaf hul laat twintigerjare van vriend en vreemdelinge moet verduur: Hoekom is jy nog nie getroud nie?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nie-getroud\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nie-getroud\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nie-getroud\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-cottonbro-studio-4691205-e1707480439668.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-cottonbro-studio-4691205-e1707480439668.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1040},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nie-getroud\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nie getroud?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Nie getroud? | rooi rose","description":"Dis ongemaklik, irriterend, selfs pynlik, daardie vraag wat ongetroude vroue vanaf hul laat twintigerjare van vriend en vreemdelinge moet verduur: Hoekom is jy nog nie getroud nie?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Nie getroud? | rooi rose","og_description":"Dis ongemaklik, irriterend, selfs pynlik, daardie vraag wat ongetroude vroue vanaf hul laat twintigerjare van vriend en vreemdelinge moet verduur: Hoekom is jy nog nie getroud nie?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-02-09T11:52:52+00:00","article_modified_time":"2024-02-09T12:09:14+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1040,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-cottonbro-studio-4691205-e1707480439668.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Nie getroud?","datePublished":"2024-02-09T11:52:52+00:00","dateModified":"2024-02-09T12:09:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/"},"wordCount":1659,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-cottonbro-studio-4691205-e1707480439668.jpg","keywords":["ongetroud","enkellopend"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/","name":"Nie getroud? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-cottonbro-studio-4691205-e1707480439668.jpg","datePublished":"2024-02-09T11:52:52+00:00","dateModified":"2024-02-09T12:09:14+00:00","description":"Dis ongemaklik, irriterend, selfs pynlik, daardie vraag wat ongetroude vroue vanaf hul laat twintigerjare van vriend en vreemdelinge moet verduur: Hoekom is jy nog nie getroud nie?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-cottonbro-studio-4691205-e1707480439668.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-cottonbro-studio-4691205-e1707480439668.jpg","width":1920,"height":1040},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nie-getroud\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nie getroud?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4369","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4369"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4369\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/142681"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4369"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4369"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4369"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}