{"id":4365,"date":"2012-11-14T10:21:00","date_gmt":"2012-11-14T08:21:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/blinkoog-oor-die-liefde\/"},"modified":"2017-07-13T13:12:25","modified_gmt":"2017-07-13T11:12:25","slug":"blinkoog-oor-die-liefde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/","title":{"rendered":"Dunay Darren: Blinkoog oor die liefde"},"content":{"rendered":"<p>Met daardie glashelder groen o\u00eb van haar kyk <span style=\"color: #ff0000;\"><a style=\"color: #ff0000;\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kurt-dunay-word-ouers\/\">Dunay Darren<\/a> <\/span>op &#8216;n ander manier na die w\u00eareld. Sy is mooi en sexy, ja, maar nie &#8216;n skoonheid sonder grysstof nie, sy is immers besig met haar meestersgraad in sielkunde. Sy was nog nooit van plan om net goeie kykmateriaal te wees nie. Sy het geweet wie sy is en wat sy uit die lewe wil he nog lank voor haar pad met <span style=\"color: #ff0000;\"><a style=\"color: #ff0000;\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kurt-dunay-word-ouers\/\">Kurt Darren<\/a><\/span> gekruis het. Juis d\u00edt is een van die hoofbestanddele vir die <em>magic<\/em> tussen di\u00e9 twee.<\/p>\n<p>\u201cOns het respek vir mekaar se drome. Ek glo dis \u2019n voorreg en se\u00ebn dat ons albei vreugde put uit wat ons doen. Kurt kom byna elke dag met \u2019n glimlag tuis. Daar is soveel huwelike wat verbrokkel, want een van die partye is ongelukkig by die werk &#8211; dit wat hulle in \u2019n groot mate definieer. Dis vir my belangrik om my man gelukkig te sien, en ek weet hy voel dieselfde oor my passies en ideale,\u201d s\u00ea sy stralend.<\/p>\n<p>Glo dit of nie, maar voor hulle mekaar ontmoet het, het sy nie eens geweet wie ene Kurt Darren is nie. \u201cEk het my nooit sommer voor die TV neergeplak nie,\u201d bieg sy, en het ook nie eintlik omgegee wat in die kolligw\u00eareld gebeur nie. N\u00e1 die kennismaking wou sy niks van haar liewe Kurt af weet nie. Sy\u2019t gehoor hy is maar \u2019n bietjie <em>common<\/em>. En dit het nie juis gehelp dat hy \u2019n help-my-sterk-lyk-hempie en \u2019n eina-broekie aangehad het toe sy hom ontmoet nie. Maar uiteindelik het die donkerkop met die lagkuiltjie in haar linkerwang besef daar\u2019s nie wegkomkans nie. Kurt is di\u00e9 een.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\">\n<h4 data-canvas-width=\"259.39\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em><span style=\"color: #ff0000; text-decoration: underline;\">Voor ons mekaar ontmoet het,\u00a0<\/span><\/em><\/span><span style=\"text-decoration: underline;\"><em><span style=\"color: #ff0000; text-decoration: underline;\">het ek nie eens geweet wie Kurt\u00a0<\/span><\/em><\/span><span style=\"text-decoration: underline;\"><em><span style=\"color: #ff0000; text-decoration: underline;\">Darren is nie<\/span><\/em><\/span><\/h4>\n<\/div>\n<p>\u201cEk het \u2019n bietjie geskrik toe ek die Kurt waarvan almal praat die eerste keer sien. Sy hare het in alle rigtings gestaan, hy\u2019t op \u2019n bed gel\u00ea en \u2019n boxer short en \u2019n T-hempie aangehad wat soveel moontlik spiere moes wys,\u201d vertel sy laggend van di\u00e9 dag toe sy in Kurt se musiekvideo &#8216;Staan op&#8217; moes optree.<\/p>\n<p>Dit was so hittete of Dunay het glad nie op die stel opgedaag nie. \u201cDit het vir my gevoel ek was nie bedoel om di\u00e9 dag in daardie video te wees nie.\u201d Haar motor het die oggend op die grondpad \u2019n entjie van hul huis af gebreek.<\/p>\n<p>\u201cOns het toe nog op \u2019n kleinhoewe in die Lanseria-omgewing gebly. Ek het my agent laat weet ek dink nie ek gaan betyds wees nie, want ek moes nog heelpad Centurion toe vir die video. Hy het voet by stuk gehou en ges\u00ea hy sal my kom oplaai as dit moet!\u201d Dunay moes later hoor Kurt kon die hele dag nie sy o\u00eb van haar afhou nie. Hy het haar di\u00e9 aand gebel.<\/p>\n<p>\u201cEk het nie die nommer geken nie en gewik en geweeg of ek moet antwoord. Toe\u2019s dit hy! Hy het sowaar skelmpies my nommer in die hande gekry.\u201d Hy het haar saamgenooi na \u2019n konsert by die Centurion-teater. \u201cEk het eers nee ges\u00ea, maar toe gedink dis dalk tyd om nuwe mense te ontmoet.\u201d<\/p>\n<p>Sy het in daardie stadium pas uit \u2019n lang verhouding gekom. Romanse was nie vanselfsprekend in di\u00e9 nuwe verhouding nie. \u201cKurt vertel nou nog vir almal dat ek hom nie eens \u2019n goeienagsoentjie wou gee n\u00e1 ons eerste date nie! Ek is maar \u2019n bietjie outyds.\u201d<\/p>\n<p>In die aanloop tot hul verhouding het hulle het ure lank net gesels, pizzas ge\u00ebet, DVD\u2019s gekyk. Dunay het die arme Kurt twee maande lank laat sweet voor hy een aand moedeloos vir haar ges\u00ea het hy kan eenvoudig nie langer \u201cnet haar vriend\u201d wees nie.<\/p>\n<p>\u201cEk was oorbluf, want ons was sulke goeie pelle. Romanse het nooit in enige gesprek opgeduik nie. Toe het hy hom netjies langs my tuisgemaak en my gesoen! Natuurlik die einde van ons platoniese vriendskap!\u201d<\/p>\n<p>Hulle is nou byna agt jaar saam. Hoe lyk die romanse deesdae? \u201cKurt is nog net so romanties en bedagsaam soos altyd. Hy maak steeds vir my die motordeur oop en bederf my met koffie en beskuit in die bed,\u201d s\u00ea Dunay, en vat aan die knoets van \u2019n diamantring aan haar linkerhand.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/JUNDuna02RR.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"451\" \/><\/div>\n<p>Hy is 42 en sy 28. Maar di\u00e9 ouderdomsgaping van 14 jaar pla nie, want hulle is vir mekaar gemaak. \u201cHy\u2019s \u2019n omgee-mens en het net \u2019n natuurlike manier om die beste in ander mense na vore te bring. Di\u00e9 dat ek pens en pootjies voor hom geswig het!\u201d<\/p>\n<p>Romantiese Kurt het lank gewonder oor die perfekte geskenk vir sy geliefde op hul eerste huweliksherdenking in Januarie. \u201cEk wou graag vir haar iets besonders doen,\u201d s\u00ea hy. Die verrassing? \u2019n Roos wat spesiaal na haar vernoem is: \u201cMy Dunay\u201d. Kurt het n\u00e1 \u2019n paar uur saam met die rooskweker Ludwig Taschner op di\u00e9 welriekende donkerpienk roos besluit. Hulle het deur honderde rose gekyk voor hy sy groot besluit geneem het.<\/p>\n<p>\u201cDit was s\u00f3 tipies Kurt,\u201d s\u00ea Dunay. \u201cAltyd die romantiesste! Die herdenking was werklik iets besonders. Nie elke man sal daaraan dink om so iets te doen nie. Hy is my beste vriend en behandel my n\u00e1 al die jare steeds soos \u2019n prinses.\u201d<br \/>\nDunay pak vele projekte aan om ander te help \u2013 mens \u00e9n dier. As daar nood is, spring sy in.<\/p>\n<p>Sy was onlangs betrokke by die geldinsamelingsprojek vir radio-omroeper Darren Scott se seuntjie, Mark, by wie kanker gediagnoseer is. En by die sesjarige Jayden, ook \u2019n kankerlyertjie. \u201cEk het hom \u2019n paar keer gesien voor hy oorlede is. Een middag het ek vir hom speelgoed en \u2019n foto van Kurt geneem. Hy het erg pyn gehad, maar het niks gewys nie \u2013 net met sy karretjie op die bed gespeel. Vir \u2019n paar minute kon hy net kind wees. Die innerlike krag wat uit daardie mensie gestraal het &#8230; Ek het net weer besef hoe vanselfsprekend ons dinge aanvaar, en dat \u2019n mens elke oomblik moet l\u00e9\u00e9f.\u201d<\/p>\n<p>Sy is ook druk besig om geld in te samel vir haar 31-jarige vriendin wat n\u00e1 \u2019n motorfietsongeluk serebraal gestrem is. \u201cSy kan niks meer vir haarself doen nie, en weens \u2019n gebrek aan geld moes sy na \u2019n tehuis vir Alzheimer- en demensielyers gaan,\u201d s\u00ea Dunay.<\/p>\n<p>Dieper selfkennis is vir sommige mense \u2019n grens wat hulle liefs nie wil oorsteek nie. Maar Dunay is nie bang daarvoor nie. Sy het onlangs in een van haar spelterapieklasse \u2019n openbaring gekry oor haar dwingende behoefte om ander mense te help.\u00a0 \u201cEk het in trane uitgebars, want skielik het ek besef waarom ek myself geheel en al sal gee om ander mense se nood te verlig, terwyl ek soms nodig het om net rustig te word,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>\u201cOns moes in di\u00e9 spesifieke klas \u2019n aanbieding oor die toepassing van die gestaltteorie in ons eie lewe doen. Net daar het ek besef ek oorlaai myself om ander mense te help. My pa is ernstig siek met emfiseem en ek kan niks vir hom doen nie, maar ek kan iets vir ander mense probeer doen,\u201d s\u00ea sy.\u00a0 Emfiseem is ses jaar gelede by haar pa gediagnoseer nadat veertig jaar se rook sy longe onherstelbaar beskadig het. Hy is al vyf jaar lank permanent op suurstof.<\/p>\n<p>\u201cEk het dit daar vir myself uitgewerk en kon nie help om maar net te huil nie. Vanwe\u00eb my hulpeloosheid oor hom, werp ek my in by ander mense se lot sodat ek voel ek help i\u00e9wers, al kan ek hom nie help nie,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Haar pa is net \u2019n skaduwee van die man wat hy eens was. Hy weeg skaars 40 kg en dis vir hom uitmergelend om van die voordeur tot by die motor te loop. Dit was vir haar die ergste om te sien hoe haar pa, wat eens \u2019n direkteurspos beklee het, sy onafhanklikheid verloor het.<\/p>\n<p>\u201cOns het hom altyd gesmeek om op te hou rook. Vandag is hy spyt,\u201d s\u00ea Dunay. \u201cEk het nog nooit gerook nie, en sal ook nie. Die jammerte is dat soveel mense nie die erns van emfiseem besef nie. Die siekte steel letterlik elke bietjie suurstof tot jy nie meer kan nie. En om iemand wat so na aan jou is s\u00f3 te sien ly &#8230; ek wens dit vir niemand toe nie. Maar al di\u00e9 dinge het my net weer nuwe respek vir die lewe en gesondheid gegee.\u201d<\/p>\n<p>Dis dan ook as huldeblyk aan haar pa dat Jakkals, \u2019n mak swartrugjakkals, op haar troudag saam met haar in die kerk ingestap het. Dit is haar pa se troetelnaam vir di\u00e9 enigste kind van hom.\u00a0 Hy kon slegs die laaste paar treetjies tot voor die kansel saam met Dunay stap. Dunay en haar ma het ook \u2019n baie sterk band. \u201cOns is meer as net ma en dogter, ons is vriendinne. Ek het ongelooflik baie respek vir haar.\u201d<\/p>\n<p>\u201cKurt het my uit my dop getrek. Ek was \u2019n baie gereserveerde mens. Skaam. Ek sou nooit juis met vreemde mense geselsies aanknoop nie. Skielik was ek in \u2019n mate gedwing om uit te gaan, mense te ontmoet en te gesels! As Kurt by gesellighede eenkant toe geroep word vir foto\u2019s of onderhoude, kan ek nie in \u2019n hoek staan en tande tel nie.\u201d<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em><span style=\"text-decoration: underline;\">Kurt het my uit my dop getrek.\u00a0Ek was \u2019n baie gereserveerde\u00a0mens. Skaam<\/span><\/em><\/h4>\n<p>Aan die begin was dit vir haar vreemd as mense in restaurante of winkelsentrums hulle aanstaar. \u201cEk was heeltyd bewus van hoe ek eet, kou, drink,\u201d s\u00ea sy, en waai met haar hand asof dit nou sommer onbenullig is. \u201cDie aandag aan Kurt pla my gelukkig glad nie. Dit is vir my \u2019n goeie teken. Die mense stel nog in hom en sy musiek belang, en dis goed vir sy loopbaan. Ek het gelukkig geweet waarvoor ek my inlaat toe ek met hom begin uitgaan het. Dis \u2019n leefwyse en \u2019n mens moet daarby aanpas.\u201d<\/p>\n<p>Hul verhouding verval nooit in vervelige roetines nie. \u201cAs ons bymekaar is, beplan ons lekker dinge en hou die vlam lewendig.\u201d Kurt se groot lus vir die lewe bly nog vir Dunay een van sy aantreklikste eienskappe. \u201cO, en hy kan so impulsief wees! Hy sal op die nippertjie besluit ons gaan weg. Ek is al \u2019n gesoute tienminute-taspakker!\u201d<\/p>\n<p>Op \u2019n keer was hulle Zambi\u00eb toe om die witwaters in \u2019n kano aan te pak. \u201cEk het geweet dis \u2019n wonderlike ervaring, maar die gedagte aan die kolkende water het my doodsbenoud gehad. Ek was die vorige aand skoon in trane daaroor. Arme Kurt het bly troos dat ek maar op die wal kan bly. Maar ons het dit gedoen! En dit was heerlik en ek was natuurlik ure daarna nog op \u2019n adrenalien-<em>high<\/em>!\u201d<\/p>\n<p>Die twee is op die uitkyk na \u2019n huis met \u2019n gr\u00f3\u00f3t erf en baie bome waar kinders sorgeloos kan speel. \u2019n Groot gesin is deel van hul toekomsplanne.\u00a0 \u201cEk is gebore om \u2019n ma te wees,\u201d s\u00ea sy sonder huiwering.<\/p>\n<p>\u201cAs kind het ek altyd ges\u00ea ek wil \u2019n kinderarts word. Maar ek het gou genoeg agtergekom ek hou nie van bloed nie, dus het \u2018kinderarts\u2019 tot almal se vermaak na \u2018mamma\u2019 verander. Omdat ek \u2019n enkelkind was, het ek besluit ek wil meer as een kind grootmaak. Daar rus \u2019n baie groter verantwoordelikheid op enkelkinders se skouers. Ek wens soms ek het \u2019n broer of suster gehad wat net \u2019n bietjie kon oorneem wanneer dinge te erg gaan met my pa, byvoorbeeld,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>As kind het sy sommer in \u2019n boom geklouter en geweier om af te kom wanneer dinge haar gepla het. Vandag verkies sy perdry \u00e9n erken met so \u2019n skelm laggie dat sy dikwels aan spanning ontvlug deur inkopies te doen. \u201cDit het maar net \u2019n kalmerende uitwerking!\u201d<\/p>\n<p>Hulle wil nog so \u2019n bietjie wag voor die kinders kom. \u201cKurt se loopbaan is nou op sy kruin en hy werk harder as ooit. En ek wil graag my studie klaarmaak en \u2019n spelterapiepraktyk begin. Elke ding het sy tyd,\u201d s\u00ea sy. \u201cKinders is so weerloos en omdat hulle nie die vaardighede het om te kan s\u00ea watter emosies hulle ervaar nie, is speel so \u2019n natuurlike wyse om hulself uit te druk.\u201d<\/p>\n<p>Sy en Kurt het onlangs die KuDu-stigting (\u2019n samevoeging van die eerste twee letters van hul name) op die been gebring, waardeur hulle geld vir mense in nood wil insamel. Hulle fokus nie op \u2019n spesifieke projek nie, maar sal die geld na goeddunke skenk.\u00a0 \u201cOns verstaan dat geen sukses of welvaart vanselfsprekend is nie. Ons weet ook dat \u2019n mens net vandag het. En jy moet daarmee die beste doen wat jy kan.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met daardie glashelder groen o\u00eb van haar kyk Dunay Darren op &#8216;n ander manier na die w\u00eareld. Sy is mooi en sexy, ja, maar nie &#8216;n skoonheid sonder grysstof nie, sy is immers besig met haar meestersgraad in sielkunde. Sy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":31283,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1387,1633,3434,23450,24339,147,1210],"class_list":["post-4365","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-celebs","tag-voorbladvrou","tag-ons-mense","tag-entertainment","tag-local-celebs","tag-bekendes","tag-dunay-darren"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dunay Darren: Blinkoog oor die liefde | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dunay Darren: Blinkoog oor die liefde | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Met daardie glashelder groen o\u00eb van haar kyk Dunay Darren op &#8216;n ander manier na die w\u00eareld. Sy is mooi en sexy, ja, maar nie &#8216;n skoonheid sonder grysstof nie, sy is immers besig met haar meestersgraad in sielkunde. Sy [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-14T08:21:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:12:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Jun-2012.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1080\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/blinkoog-oor-die-liefde\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/blinkoog-oor-die-liefde\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dunay Darren: Blinkoog oor die liefde\",\"datePublished\":\"2012-11-14T08:21:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:12:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/blinkoog-oor-die-liefde\\\/\"},\"wordCount\":2117,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/blinkoog-oor-die-liefde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Jun-2012.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"voorbladvrou\",\"ons mense\",\"entertainment\",\"local celebs\",\"bekendes\",\"dunay darren\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/blinkoog-oor-die-liefde\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/blinkoog-oor-die-liefde\\\/\",\"name\":\"Dunay Darren: Blinkoog oor die liefde | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/blinkoog-oor-die-liefde\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/blinkoog-oor-die-liefde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Jun-2012.jpg\",\"datePublished\":\"2012-11-14T08:21:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:12:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/blinkoog-oor-die-liefde\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/blinkoog-oor-die-liefde\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/blinkoog-oor-die-liefde\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Jun-2012.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/11\\\/Jun-2012.jpg\",\"width\":800,\"height\":1080},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/blinkoog-oor-die-liefde\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dunay Darren: Blinkoog oor die liefde\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dunay Darren: Blinkoog oor die liefde | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dunay Darren: Blinkoog oor die liefde | rooi rose","og_description":"Met daardie glashelder groen o\u00eb van haar kyk Dunay Darren op &#8216;n ander manier na die w\u00eareld. Sy is mooi en sexy, ja, maar nie &#8216;n skoonheid sonder grysstof nie, sy is immers besig met haar meestersgraad in sielkunde. Sy [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-14T08:21:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:12:25+00:00","og_image":[{"width":800,"height":1080,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Jun-2012.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dunay Darren: Blinkoog oor die liefde","datePublished":"2012-11-14T08:21:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:12:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/"},"wordCount":2117,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Jun-2012.jpg","keywords":["celebs","voorbladvrou","ons mense","entertainment","local celebs","bekendes","dunay darren"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/","name":"Dunay Darren: Blinkoog oor die liefde | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Jun-2012.jpg","datePublished":"2012-11-14T08:21:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:12:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Jun-2012.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/Jun-2012.jpg","width":800,"height":1080},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blinkoog-oor-die-liefde\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dunay Darren: Blinkoog oor die liefde"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4365","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4365"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4365\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/31283"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4365"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4365"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4365"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}