{"id":4363,"date":"2012-11-14T10:12:00","date_gmt":"2012-11-14T08:12:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/"},"modified":"2018-07-06T13:10:40","modified_gmt":"2018-07-06T11:10:40","slug":"ja-jy-kan-n-werk-kry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/","title":{"rendered":"Ja, jy kan \u2019n werk kry!"},"content":{"rendered":"<p>Dis \u2019n wonderlike voorreg om \u2019n tuisbly-ma te wees as jou kinders klein is. Maar maak nie saak hoe kosbaar dit is om kinders groot te maak nie, daar kom \u2019n punt wanneer jy voel dat jy om ekonomiese redes, of bloot omdat jy die stimulasie van \u2019n werk mis, weer die arbeidsmark wil betree.<\/p>\n<p>Dis belangrik om jou vaardighede in \u2019n ewig veranderende w\u00eareld te ontwikkel, maar dis net so belangrik om die kopskuif te maak na \u2019n w\u00eareld waar jy jouself moet kan verkoop en besluite met selfvertroue neem.<\/p>\n<p>Tog moet jy nie die mamma-skool onderskat nie; jy is dalk nie op die hoogte van die jongste ontwikkelings op jou gebied nie, maar jy leer baie van geduld, menseverhoudings en onderhandeling wanneer jy \u2019n huishouding behartig.<\/p>\n<p><strong>DOEN \u2019N KURSUS <\/strong><br \/>\n<strong><br \/>\n# Raak rekenaarvaardig <\/strong><br \/>\nJy kan dalk \u2019n voorslag met e-pos en Facebook wees, maar jou rekenaarvaardigheid sal verder as dit moet strek om \u2019n werk te verseker. Dis ook goed om \u2019n kwalifikasie op jou CV te h\u00ea.<br \/>\nBasiese rekenaarprogramme soos Word, PowerPoint en Excel is \u2019n vereiste, ook e-pos-programme soos Outlook as jy om \u2019n administratiewe pos wil aansoek doen, s\u00ea Lawrence Wordon, besturende direkteur van Kelly.<br \/>\nVir \u2019n beginner-rekenaarprogram wat ses maande duur en sowat R4 400 (registrasiekoste ingesluit) kos, bel Damelin by 0860 532 887 of gaan na www.damelin.co.za<\/p>\n<p><strong># Knap jou Twitter- en Facebook-kennis op<\/strong><br \/>\nDit kan universele sosiale netwerke vir veral jongmense wees, maar moenie die waarde hiervan onderskat om bewusmaking van \u2019n produk te kry nie. Die netwerke word baie aangewend om produkte en dienste te adverteer. As jy nie tieners het om jou touwys te maak nie, kan jy stap vir stap aanwysings op google kry &#8211; tik bv. \u201chow to create profile on twitter\u201d in.<\/p>\n<p><strong># Verbeter jou kennis<\/strong><br \/>\nBy College SA kan jy \u2019n magdom korrespondensiekursusse doen om jou kwalifikasies te verbeter.<br \/>\nDaar is ook \u2019n toets op die webwerf waarmee jy kan vasstel watter beroepe by jou belangstellingsveld pas. Daar is \u2019n ellelange lys beroepe en elkeen daarvan gee al die kwalifikasies wat jy nodig het, en watter kursusse daarvoor beskikbaar is &#8211; van kindersorg en sportafrigting tot gevorderde besigheidskursusse. Bel 0800 21 23 22 of besoek www.collegesa.co.za<\/p>\n<p>Damelin is ook \u2019n goeie opsie met deeltydse studie vir \u2019n graad, diploma en sertifikaat of korrespondensiekursusse. Bel 0860 532 887 of besoek www.damelin.co.za<\/p>\n<p><strong># Watter kursus om te volg? <\/strong><br \/>\nJy wil nie geld bestee aan \u2019n kursus en dan agterkom dit is nie geskik vir die werk wat jy wil doen nie. Bel die bestuurder: menslike hulpbronne by die maatskappy waar jy wil aansoek doen en vra watter vereistes hulle aan die werk stel. Baie maatskappye bied indiensopleiding aan as jy nie die nodige vaardigheid het nie. Vind eers uit v\u00f3\u00f3r jy jou sak vir \u2019n kursus skud.<\/p>\n<p><strong>Kry \u2019n voet in die deur <\/strong><\/p>\n<p><strong>Waar begin jy as jy geen formele opleiding het nie?<\/strong><\/p>\n<p>#Kontak jou vorige werkgewer as jy in dieselfde veld wil werk. Hulle ken jou immers en weet waartoe jy in staat is. Dalk weet hulle ook van ander werkgewers wat in jou dienste sou belang stel as hulle jou nie kan akkommodeer nie.<\/p>\n<p># \u2019n Pos by administratiewe en oproepsentrums is gewoonlik die maklikste intreewerk omdat daar meer geleenthede in die soort werke beskikbaar is. Hierdie posisies word ook gewoonlik as \u2019n gulde geleentheid gesien om deel van \u2019n maatskappy te word. \u201cVra vir geleenthede om opleidingskursusse by te woon om jou vaardighede te verbeter,\u201d s\u00ea Lawrence.<br \/>\n<strong><br \/>\nMAAK \u2019N KOPSKUIF<\/strong><\/p>\n<p><strong>1 Verander jou houding<\/strong><br \/>\nMaak seker dat jy jou met positiewe en realistiese mense omring. Jou familie mag eggo wat jy s\u00ea, en so word jy nooit bewus van jou foute nie. Praat met \u2019n mentor of buitestander en kry \u2019n realistieser beeld van jou tekortkominge.<br \/>\n<strong><br \/>\n2 Hou op om die slagoffer te wees <\/strong><br \/>\nAs jy jou gedurig as die slagoffer sien, gaan jy nooit die geleenthede om jou raaksien nie. Geluk val nie gewoonlik in \u2019n mens se skoot nie. Sogenaamde \u201cgelukkige\u201d mense is gewoonlik gefokus om nuwe oplossings en geleenthede te soek.<\/p>\n<p><strong>3 Poets daardie silwer randjie<br \/>\n<\/strong><br \/>\n# \u2019n Positiewe houding kan aangeleer word. Dis \u2019n definitiewe besluit en \u2019n keuse wat jy maak.<\/p>\n<p># Doen \u2019n oefenlopie vir \u2019n onderhoud met \u2019n buitestander en s\u00ea sy moet jou houding beoordeel. \u2019n Mens is selde bewus van jou eie foute. As jy baie desperaat vir die werk is, kan jy angstig lyk. Depressie en \u2019n siniese uitkyk kan ook as angstigheid voorkom.<\/p>\n<p># Put inspirasie uit ander se sukses. Die skrywer van die Harry Potter-reeks, J.K. Rowling, se eerste Harry Potter-boek is deur twaalf uitgewers afgekeur voor \u2019n baie klein uitgewer, Bloomsbury, dit aanvaar het.<\/p>\n<p># Lees boeke en kyk flieks oor mense wat groot hindernisse moes oorkom soos Oscar Pistorius se Blade Runner, of Lewis Gordon Pugh (die uithouswemmer) se boek Achieving the Impossible.<\/p>\n<p># Moet nooit n\u00e1 \u2019n paar terugslae tou opgooi nie. Henry Ford was vyf keer bankrot voor hy sukses met die Model T Ford gehad het.<\/p>\n<p><strong>4 Lyk professioneel<\/strong><br \/>\n\u2019n Netjiese voorkoms is baie belangrik. Kry \u2019n buitestander om jou te help om \u2019n uitrusting te kies wat gemaklik en professioneel lyk. Jou vriende en gesin is soms te hoflik. Dit hang natuurlik van die soort werk af, maar die algemene riglyne is: Hou by eenvoudige lyne en kleure en bly weg van \u2019n t\u00e9 kort soomlyn of \u2019n t\u00e9 lae hals. Hou by min bykomstighede. As jy om \u2019n baie kreatiewe werk aansoek doen, geld ander re\u00ebls.<\/p>\n<p><strong>5 Doen jou huiswerk <\/strong><br \/>\nGoogle die maatskappy en kry hul jaarverslag van die Internet. Stel vas hoeveel takke hulle het, wie die kompetisie is en berei vrae voor. Maak seker jy weet presies waar die plek is en daag vroeg op sodat jy jouself rustig kan regkry. Dis onmoontlik om professioneel en verantwoordelik te lyk as jy natgesweet en laat by die plek inhardloop omdat jy verdwaal het, of in die verkeer vasgesit het.<br \/>\n<strong><br \/>\n6 Verkoop jouself <\/strong><br \/>\nJy was dalk die afgelope tien jaar \u2019n huisvrou, maar \u2019n huisvrou bestuur ook \u2019n huishouding. Gebruik dit as deel van jou ervaringsveld. Moenie s\u00ea jy het geen ervaring nie, verduidelik dat jy goed onder spanning kan werk n\u00e1 jy \u2019n huishouding met twee kleuters moes bestuur. Om drie kinders betyds by buitemuurse bedrywighede te kry leer jou tydsbeplanning, en om saam met tieners te oorleef moet jy konflik kan hanteer en leer om te onderhandel. Dus: jy het baie vaardighede wat tot voordeel van enige maatskappy aangewend kan word, hoewel jy nie in \u2019n kantoor gewerk het nie. Maar maak seker dat jy jou eie identiteit het, en nie net deur jou huis en gesin gedefinieer word nie. So hou die praatjies oor die gesin op \u2019n besigheidsvlak.<br \/>\n<strong><br \/>\nWat van die kinders?<\/strong><\/p>\n<p>Probeer weggaan en jy kom agter hoeveel re\u00eblings is nodig om jou mamma-dienste vir een dag te vervang! Jy sal moet bontstaan om die huishouding op geoliede wiele te laat loop, maar wie kyk na die kinders? Baie vroue gebruik deesdae au pairs. Dis gewoonlik studente wat deeltyds studeer wat na babas en kleuters by die huis kyk, of skoolgaande kinders smiddae rondry en selfs help met huiswerk. Die gemiddelde salaris vir inwonende au pairs is R3 500 (ses uur per dag en twee naweke per maand) en jy voorsien al die kos, voertuig en brandstof.<\/p>\n<p>Die uurlikse tarief vir nie-inwonendes wissel tussen R50 en R80. Daar is verskeie webwerwe vir au pairs en sommige werk deur agent-skappe. Een wat sonder \u2019n fooi werk, is <a target=\"\">www.au-pairsa.co.za<\/a> en werk volgens ma\u2019s se ervaring goed. Doen persoonlike onderhoude, volg alle verwysings op en toets bestuursvaardighede.<\/p>\n<p><strong>\u2019n Onderhoud kan jou maak of breek <\/strong><\/p>\n<p>Vaardighede is uiters belangrik en as jy om \u2019n hoogs gespesialiseerde werk aansoek doen, moet jy aan die minimum vereistes voldoen. Tog is daar baie ander aanstellings waar werkgewers bereid is om jou vir opleiding te stuur as jou persoonlikheid en selfvertroue jou van die ander kandidate onderskei.<\/p>\n<p>\u201cSelfvertroue is nie persoonlikheid nie, en kan aangeleer word. Dit kan beslis jou geheime wapen wees as jy dit reg aanwend,\u201d s\u00ea Lesley-Ann Pedlar, \u2019n voorligting- sielkundige van Greenside in Johannesburg. \u201cDis \u2019n gretigheid om te leer sowel as aan te pas. Namate ons ouer word, verloor ons maklik die geesdrif, nuuskierigheid en energie van ons jeug. Wend \u2019n bewuste poging aan om jou kop reg in te stel sodat die entoesiasme opval.\u201d<\/p>\n<p>Gee jouself \u2019n klein aanmoedigingstoesprakie voor jy by \u2019n onderhoud instap en oortuig jouself dat jy dit kan doen. Motiveringsprekers raai mense aan om die eerste vyf minute van \u2019n toespraak geesdrif en selfvertroue te veins, daarna oortuig jy jouself. Dis \u2019n geval van \u201cfake it till you make it\u201d.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis \u2019n wonderlike voorreg om \u2019n tuisbly-ma te wees as jou kinders klein is. Maar maak nie saak hoe kosbaar dit is om kinders groot te maak nie, daar kom \u2019n punt wanneer jy voel dat jy om ekonomiese redes, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98942,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[680],"tags":[27962,29127,31533,31711],"class_list":["post-4363","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sukses-en-geld","tag-work","tag-money","tag-career","tag-private-finance"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ja, jy kan \u2019n werk kry! | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ja, jy kan \u2019n werk kry! | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dis \u2019n wonderlike voorreg om \u2019n tuisbly-ma te wees as jou kinders klein is. Maar maak nie saak hoe kosbaar dit is om kinders groot te maak nie, daar kom \u2019n punt wanneer jy voel dat jy om ekonomiese redes, [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-14T08:12:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T11:10:40+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Ja-jy-kan-n-werk-kry.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"863\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-n-werk-kry\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-n-werk-kry\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Ja, jy kan \u2019n werk kry!\",\"datePublished\":\"2012-11-14T08:12:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:10:40+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-n-werk-kry\\\/\"},\"wordCount\":1447,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-n-werk-kry\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Ja-jy-kan-n-werk-kry.jpeg\",\"keywords\":[\"work\",\"money\",\"career\",\"private finance\"],\"articleSection\":[\"Sukses en geld\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-n-werk-kry\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-n-werk-kry\\\/\",\"name\":\"Ja, jy kan \u2019n werk kry! | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-n-werk-kry\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-n-werk-kry\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Ja-jy-kan-n-werk-kry.jpeg\",\"datePublished\":\"2012-11-14T08:12:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:10:40+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-n-werk-kry\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-n-werk-kry\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-n-werk-kry\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Ja-jy-kan-n-werk-kry.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Ja-jy-kan-n-werk-kry.jpeg\",\"width\":863,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-n-werk-kry\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ja, jy kan \u2019n werk kry!\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ja, jy kan \u2019n werk kry! | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ja, jy kan \u2019n werk kry! | rooi rose","og_description":"Dis \u2019n wonderlike voorreg om \u2019n tuisbly-ma te wees as jou kinders klein is. Maar maak nie saak hoe kosbaar dit is om kinders groot te maak nie, daar kom \u2019n punt wanneer jy voel dat jy om ekonomiese redes, [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-14T08:12:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T11:10:40+00:00","og_image":[{"width":863,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Ja-jy-kan-n-werk-kry.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Ja, jy kan \u2019n werk kry!","datePublished":"2012-11-14T08:12:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:10:40+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/"},"wordCount":1447,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Ja-jy-kan-n-werk-kry.jpeg","keywords":["work","money","career","private finance"],"articleSection":["Sukses en geld"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/","name":"Ja, jy kan \u2019n werk kry! | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Ja-jy-kan-n-werk-kry.jpeg","datePublished":"2012-11-14T08:12:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:10:40+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Ja-jy-kan-n-werk-kry.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Ja-jy-kan-n-werk-kry.jpeg","width":863,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-n-werk-kry\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ja, jy kan \u2019n werk kry!"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4363","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4363"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4363\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98942"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4363"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4363"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4363"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}