{"id":4359,"date":"2012-11-14T10:01:00","date_gmt":"2012-11-14T08:01:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/klim-uit-jou-glaskis\/"},"modified":"2018-07-06T12:30:10","modified_gmt":"2018-07-06T10:30:10","slug":"klim-uit-jou-glaskis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/","title":{"rendered":"Klim uit jou glaskis"},"content":{"rendered":"<p>Vroeg in die vorige eeu het sielkundiges begin besef dat baie van die ou sprokies van geslag na geslag geheime boodskappe oordra, groot lewenswaarhede waaraan mense (mans sowel as vroue) getrou moet bly om hul lewensreis suksesvol te voltooi. Wat bedoel word, is daardie in-nerlike reis, die \u201cjourney\u201d wat so \u2019n modewoord geword het, maar waarvan min mense eintlik die ware betekenis besef, asook hoe moeilik \u00f3f maklik die reis in werklikheid is.<\/p>\n<p>Algaande het terapeute die boodskappe in ou sprokies begin ontleed en die kuns is nou al verfyn om patrone en spore raak te sien wat mense se sukses al dan nie op die reis bepaal. Baie van die sprokies, soos Aspoestertjie, Sneeuwitjie en Doringrosie is in der waarheid eeue oud (tot 1 400 jaar!) en heelparty kom in baie uiteenlopende kulture voor. Aspoestertjie se glasskoentjies is in die Chine-se weergawe goue skoentjies en word na bewering reeds ses honderd jaar daar vertel. \u2019n Mens kan jou voorstel dat daar \u2019n sterk boodskap ingesluit was in die verhaal van daardie goue skoentjies in \u2019n tyd toe dit in China die gebruik was om vroue se voete so te misvorm dat hulle skaars kon loop!<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/437593_glass_slipper.jpg\" alt=\"\" width=\"278\" height=\"417\" hspace=\"5\" \/><\/div>\n<div style=\"text-align: left;\">Moderne Chinese sal dalk nou \u2019n ander betekenis daarin lees, maar in die Weste het die ou sprokies, veral di\u00e9 wat deur die Grimm-broers opgeteken is, min of meer dieselfde boodskap behou as wat in die vroegste tye oorgedra is. So is talle sprokies, soos veral Sneeuwitjie, die draers van groot wyshede waaruit steeds geleer kan word, soos die situasie van die glaskissindroom.<\/div>\n<p>Vroue verwaarloos deesdae al hoe meer sekere innerlike aspekte van hulself. Dit kan veroorsaak dat hulle op verskillende maniere kan skade ly deurdat \u00f3f hul unieke geestelike groei gestuit kan word, \u00f3f hul verhoudings met hul geliefdes, kinders, vriende en selfs God bederf kan word.<\/p>\n<p>Baie sielkundiges, geestelikes, en, les bes, vroue, het die afgelope dekades hiervan bewus geword. Maar soos die sprokies aandui, is dit nie eintlik iets nuuts nie. Vroue raak vir eeue al weens omstandighede as \u2019t ware van hulself vervreem. Dit is nou net baie meer opmerkbaar en algemeen vanwe\u00eb die druk van veranderde omstandighede. Nie net het die meeste vroue deesdae \u2019n loopbaan nie, maar baie is boonop enkelouers terwyl die onderskraging van die sogenaamde uitgebreide familie ontbreek.<\/p>\n<p>Voorts is die moderne samelewing baie meer ekstrovert as introvert. Dit is met ander woorde meer na buite gerig (kommersieel) as na binne. In die oue dae is daar nog saans boeke gevat, of gesinne het aan tafel of op soel aande op die stoep gesels. Waardes het verander, en vroue sukkel met identiteitsprobleme. Hoewel hulle byna oral ter w\u00eareld as gelyk met mans beskryf word, is dit selde werklik die geval en moet sy steeds as vrou veg om haar as mens \u00e9n unieke individu in die samelewing te handhaaf. En, nog erger, selfs in haar huwelik ook.<\/p>\n<p>Dit word al moeiliker vir \u2019n vrou om haar as \u2019n mens uit te leef wat ook op \u2019n klein groeihoekie in die lewe geregtig is sonder die aanspraak of druk van kinders, mans, werkgewers, kerkbasaars, aandetes, wasgoed, en Brak se namiddagstappie. \u2019n Hoekie waar sy die glaskissindroom kan afweer of besweer!<\/p>\n<p>Vroue het inderdaad vir elke fase van hul lewe \u2019n skuiling (hoekie) nodig waarheen hulle kan gaan om hul kragte te hernu of hulle te genees indien nodig. Die meisie wat begin menstrueer, het \u2019n plek nodig waar sy geborge kan voel terwyl sy haarself konfronteer met die miskien fisiek onaangename, maar tog mistieke ervaring van vrou en toekomstige ma word. Ander jongmeisies het \u2019n skuilig nodig om iets soos \u2019n ongelukkige gesinslewe, seksuele en emosionele mishandeling te verwerk; \u2019n skuiling waarheen sy dalk vir die res van haar lewe van tyd tot tyd sal moet terugkeer.<\/p>\n<p>Vroue het ook skuilings nodig wanneer hulle trou, swanger is, kinders het, \u2019n egskeiding dalk, enkelouer is, kleinkinders kry, oud word, die dood van \u2019n eggenoot beleef en uiteindelik die alleen-paadjie wanneer die fisieke en geestelike kragbronne al byna uitgeput is. Om al die ander teleurstellings en eise nie eens te noem nie.<\/p>\n<p>Al hierdie fases en ervarings moet deurleef word ten einde genesing of insig te kry. Met di\u00e9 skuiling word nie \u2019n spesifieke plek bedoel nie. Weliswaar speel die binnekamer dikwels \u2019n groot rol, of dalk die huisie by die see waarheen sy kan ontvlug, of die meditasienaweke, die ander bedrywighede wat meer na binne, en op die geestelike of spirituele sy van leef, gerig is.<\/p>\n<p><strong>LEER UIT SNEEUWITJIE<br \/>\n<\/strong><br \/>\nMaar meestal is die skuiling in haarself gele\u00eb. Dit is hier waar \u2019n mens by \u2019n sprokie soos Sneeuwitjie baie kan leer. Sprokies kan op baie vlakke en baie maniere ontleed word. Een ding wat onthou moet word, is dat \u2019n sprokie met \u00e1l sy karakters en aspekte eintlik as \u2019n beeld van jou eie innerlike lewe beskou kan word.<\/p>\n<p>Almal ken die verhaal van hoe die Swart Koningin, die stiefma, Sneeuwitjie die woud ingestuur het om van haar ontslae te raak. Weliswaar kan vroue lewenslank worstel weens \u2019n verhouding met hul eie ma wat skeefgeloop het, maar kom ons aanvaar hier dat die Swart Koningin \u2019n aspek van Sneeuwitjie is. Sy is die donker kant van hierdie mooi meisie. Die donker kant kan \u2019n onbewuste woede wees omdat daar altyd van haar verwag word om op \u2019n sekere manier op te tree. Dit kan ook \u2019n slegte selfbeeld wees \u2013 wat dalk die rede is waarom die spie\u00ebl so dikwels afgevra word wie die mooiste in die land is.<\/p>\n<p>Die woud weer is volgens sielkundiges onder meer \u2019n simbool van die onbewuste waarin Sneeuwitjie verdwaal kon geraak het en waaruit sy nooit weer kan kom nie. Daar is in die lewe partykeer vroue wat so verdwaal raak en heeltemal tred met die werklikheid verloor.<\/p>\n<p>Maar Sneeuwitjie kry \u2019n skuiling \u2013 die klein huisie van die sewe dwergies. In hierdie deel van die verhaal l\u00ea die ware groot boodskap. Ten einde haar teen die moontlike aanslae van die Swart Koningin (en onthou, dis eintlik \u2019n aspek van haarself) te beskerm word sy daagliks in die huisie toegesluit. Hier moet sy dan gewone takies verrig soos om bedjies op te maak, te vee, te kook. In sielkundige terme is \u2019n huis \u2019n simbool van die self in jou. Innerlike werk aan jou siel moet juis klein-klein gedoen word. Sielewerk is ook dikwels byna vervelige herhaling van takies, gedagtes, insigte en ontdekkings totdat daar uiteindelik \u2019n groter prentjie na vore kom.<\/p>\n<p>Sielewerk word dikwels belemmer deur die ou bekende aspekte van jouself wat saam in die huisie of skuiling nesskop.<br \/>\nIn Sneeuwitjie se geval is dit die Swart Koningin wat probeer keer dat sy haarself vind, dat sy inderdaad die mooiste in die land kan wees, al dink sy dit is nie moontlik nie. En die maniere waarop die Swart Koningin haar pogings tot heelheid te\u00ebwerk, is ongelooflik universeel. Tot vandag toe nog.<\/p>\n<p>Allereers word sy \u2019n gordel aangebied wat die Swart Konin-gin so styf toeryg dat sy nie kan asem kry nie en flou neerval. As die dwergies (onbewuste kragte) haar nie betyds gekry het nie, was die glaskis haar voorland.<br \/>\nDie gordel kan \u2019n simbool wees van \u2019n modebeheptheid. Vroue kom dikwels wanneer dit moeilik gaan in die versoeking om nuwe uitrustings te koop; om haar beeld te verander. Elke vrou ken hierdie neiging wat haar soms van haar ware reis kan weglei.<\/p>\n<p>Maar dit strek verder. Irene Claremont de Castillejo, \u2019n groot kenner van vrouesielkunde, het op \u2019n keer ges\u00ea dat \u2019n vrou se skadukant haar dikwels onsensitief maak vir wat om haar aangaan (die glaskis). \u2019n Obsessie met gelykvormigheid neem van haar besit. Die vroue koop dieselfde dinge, sien dieselfde TV-programme, lees dieselfde koerante en boeke, woon dieselfde geleenthede by. \u201cWe conform to the opinion of our set, as union, a church, a business company, an undefined company of socalled free thinkers, or a particular psychological school,\u201d skryf sy. Dit is Claremont de Castillejo se beskrywing van wat ons as Sneeuwitjie se gordel beskou.<\/p>\n<p>Die ware w\u00eareld met sy oorlo\u00eb, aardbewings, rampe en gedoentes gaan by haar verby namate sy in haar eie kringetjie vasgevang word. En dan, die huwelik kan ook \u2019n gordel wees wanneer dit sy diepgang verloor het en tot net \u2019n haastige piksoentjie soggens op pad werk toe gereduseer is. Wanneer die huwelik ook net \u2019n gordel word wat al hoe stywer getrek word, hou die vrou eweneens op met asemhaal.<\/p>\n<p>Toe die gordel nie werk nie, bied die Swart Koningin Sneeuwitjie \u2019n giftige kam aan. Hare is die simbool van gedagtes en dis maklik om in te sien hoe jy jou gedagtes kan vergiftig deur oor en oor dieselfde dinge te dink \u2013 wrewelgedagtes teen die man wat jou verlaat het, negatiewe gedagtes oor jouself, jou voorkoms, jou waarde as mens en soveel ander dinge nog. Dit is soms vir sielkundiges \u2019n nuttige instrument om \u2019n vrou te vra om \u2019n lys te maak van al daardie gedagtes wat haar vergiftig. Vroue kan dit ook in hul eie skuiling doen en dan probeer om die negatiewe \u201cuit te kam\u201d!<\/p>\n<p>Die derde poging van die Swart Koningin is die gevaarlikste en lei uiteindelik ook daartoe dat Sneeuwitjie se verblyf in haar veilige skuiling tog in die glaskis eindig. Die Swart Koningin bied Sneeuwitjie \u2019n appel aan waarvan die een kant pragtig rooi en blink gepoleer is, en Sneeuwitjie swig!<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/1359351_apple.jpg\" alt=\"\" width=\"208\" height=\"208\" \/><\/div>\n<p>Die liefdesappel in al sy fasette was al derduisende vroue se ondergang. Hieroor kan \u2019n lywige boek geskryf word. Die eerste waaraan \u2019n mens dink, is natuurlik daardie ou-ou storie van die held op die wit perd, die vrou se ewige hunkering na die geborgenheid van sterk arms, al daardie rolprentclich\u00e9s, en dan so dikwels die uiteindelike ontnugtering. En hierby natuurlik nog die stertjie: Vroue gaan soek dikwels, selfs n\u00e1 \u2019n aaklige egskeiding of mishandeling, na nog \u2019n hap van di\u00e9 appel.<\/p>\n<p>Maar dit gaan nog veel dieper. Almal weet en erken dit: By vroue is die liefde \u2019n oerinstink \u2013 \u2019n \u201cargetipe\u201d, noem die geleerdes dit. Sy gee om, versorg, ondersteun, dra, vertroos, maak die lewe die moeite werd en die w\u00eareld baie keer \u2019n beter plek om in te leef.<\/p>\n<p>Maar hierdie instink beland dikwels op vreemde spore. \u2019n Vrou wat as kind vanwe\u00eb onge\u00ebrgde ouers liefdeshonger was, kan dalk haar kinders versmoor en daardeur ook haarself. Sy kan ook in haar huwelik die verkeerde rol speel, die rol wat sy dink van haar verwag word, maar wat sy nie werklik is nie. Dikwels weet sy nie eens watter rol in haar diepste wese aan haar toegeken is nie.<\/p>\n<p>Claremont de Castillejo beskryf vier soorte vroue wat in hul verhoudings met hul mans en ander kan voorkom: Die moederlike (en nie alle mans wil \u2019n ma h\u00ea nie), die verleidster of hetaera, die Amasone en die instinktiewe vrou wat alles aanvoel (soms nog verkeerd ook) en as\u2019t ware \u2019n soort medium word wat alles vooruit kan voorspel en dus oneindig moeite vir haar huismense skep met al die waarskuwings, ens.<\/p>\n<p>Hierdie vier soorte vroulike rolle be\u00efnvloed nie net hul verhoudings met mans nie, maar kan dikwels wyd gevoel word. So maan Claremont de Castillejo dat \u2019n vrou haar hetaera-potensiaal in sy positiewe sowel as gevaarlike aspekte moet ken. As sy dit onderdruk, kan sy haar seuns \u201cgeheime minnaars\u201d maak en haar dogters haar intieme vriendinne wat voorkom dat hulle hul eie verhoudings met ander kan aanknoop.<\/p>\n<p>Klaarblyklik kan \u2019n mens baie uit sprokies leer, maar een van die vernaamste boodskappe wat \u2019n verhaal soos Sneeuwitjie vir vroue het, is die belangrikheid van \u2019n skuiling waar sy haar ware self moet kan vind en as volwasse en heel mens kan uitstap in haar verhoudings met haar geliefdes en haar naastes.<\/p>\n<p>Die Bybel het dit al geleer en gerekende sielkundiges soos Viktor Frankl, Carl G. Jung, Carl Rogers en baie ander stem saam: Elke mens word met \u2019n unieke roeping en gawe gebore wat hy of sy moet uitleef. Indien nie, word die lewe vir daardie mens net \u2019n glaskis waarby die ware lewe verbygaan. Daarom is dit baie belangrik dat vroue nie daardie klein huisie, daardie skuiling, afskeep of natuurlik die Swart Koningin saamneem daarnatoe nie!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vroeg in die vorige eeu het sielkundiges begin besef dat baie van die ou sprokies van geslag na geslag geheime boodskappe oordra, groot lewenswaarhede waaraan mense (mans sowel as vroue) getrou moet bly om hul lewensreis suksesvol te voltooi. Wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98967,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677],"tags":[],"class_list":["post-4359","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Klim uit jou glaskis | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Klim uit jou glaskis | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vroeg in die vorige eeu het sielkundiges begin besef dat baie van die ou sprokies van geslag na geslag geheime boodskappe oordra, groot lewenswaarhede waaraan mense (mans sowel as vroue) getrou moet bly om hul lewensreis suksesvol te voltooi. Wat [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-14T08:01:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T10:30:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Klim-uit-jou-glaskis.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"482\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klim-uit-jou-glaskis\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klim-uit-jou-glaskis\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Klim uit jou glaskis\",\"datePublished\":\"2012-11-14T08:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:30:10+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klim-uit-jou-glaskis\\\/\"},\"wordCount\":2041,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klim-uit-jou-glaskis\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Klim-uit-jou-glaskis.jpeg\",\"articleSection\":[\"Inspirasie\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klim-uit-jou-glaskis\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klim-uit-jou-glaskis\\\/\",\"name\":\"Klim uit jou glaskis | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klim-uit-jou-glaskis\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klim-uit-jou-glaskis\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Klim-uit-jou-glaskis.jpeg\",\"datePublished\":\"2012-11-14T08:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:30:10+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klim-uit-jou-glaskis\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klim-uit-jou-glaskis\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klim-uit-jou-glaskis\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Klim-uit-jou-glaskis.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Klim-uit-jou-glaskis.jpeg\",\"width\":482,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klim-uit-jou-glaskis\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Klim uit jou glaskis\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Klim uit jou glaskis | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Klim uit jou glaskis | rooi rose","og_description":"Vroeg in die vorige eeu het sielkundiges begin besef dat baie van die ou sprokies van geslag na geslag geheime boodskappe oordra, groot lewenswaarhede waaraan mense (mans sowel as vroue) getrou moet bly om hul lewensreis suksesvol te voltooi. Wat [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-14T08:01:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T10:30:10+00:00","og_image":[{"width":482,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Klim-uit-jou-glaskis.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Klim uit jou glaskis","datePublished":"2012-11-14T08:01:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:30:10+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/"},"wordCount":2041,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Klim-uit-jou-glaskis.jpeg","articleSection":["Inspirasie"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/","name":"Klim uit jou glaskis | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Klim-uit-jou-glaskis.jpeg","datePublished":"2012-11-14T08:01:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:30:10+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Klim-uit-jou-glaskis.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Klim-uit-jou-glaskis.jpeg","width":482,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klim-uit-jou-glaskis\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Klim uit jou glaskis"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4359","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4359"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4359\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98967"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4359"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4359"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4359"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}