{"id":4357,"date":"2012-11-14T09:50:00","date_gmt":"2012-11-14T07:50:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/laat-die-kinders-speel\/"},"modified":"2018-07-06T12:32:24","modified_gmt":"2018-07-06T10:32:24","slug":"laat-die-kinders-speel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/","title":{"rendered":"Laat die kinders speel"},"content":{"rendered":"<p>Sy noem dit \u201cgoedige verwaarlosing\u201d en wil h\u00ea ouers moet soms \u2019n bietjie meer op die agtergrond tree en kinders ruimte gee om te eksperimenteer en te leer om alleen te speel. Onthou, kinders het \u2019n leeftyd om \u2019n volwassene te wees, maar kan nooit weer kinderpret inhaal nie.<\/p>\n<p>\u201cDaar is heeltemal te veel toesig oor die moderne kind. Ouers moet \u2019n \u2018losser\u2019 benadering tot toesig h\u00ea en kinders toelaat om op hul eie dinge te doen.\u201d Maar dit beteken nie dat jy met jou werk aangaan, of hulle voor die TV neerplak en van hulle vergeet nie, s\u00ea Nikki. Luister met die een oor wat hulle doen en loer nou en dan waar hulle is. Die essensie is dat hulle op hul eie ontdek en speel en jy \u2019n ogie hou, maar nie betrokke raak en voorskryf wat hulle moet doen nie. Dit stimuleer verbeelding en leer onafhanklikheid.<\/p>\n<p><strong>KINDERS\u00a0ONDER\u00a0DIE\u00a0VERGROOTGLAS<\/strong><\/p>\n<p>Die nuwe skoolstelsel van deurlopende beoordeling veroorsaak dat kinders gedurig onder spanning verkeer oor hul punte. Selfs kinders in graad een is bewus hiervan.<\/p>\n<p>\u201cGee hulle tuis ruimte om tot verhaal te kom,\u201d s\u00ea Nikki. \u201cKinders leer baie belangrike lesse deur ongestruktureerde spel. Ek glo die sandput is die beste leerskool. Hier leer kinders sosiale interaksie sowel as klein en groot motoriese bewegings.\u201d<\/p>\n<p>Volgens Nikki is swemlesse die enigste noodsaaklike buitemuurse aktiwiteit vir kinders onder ses jaar. \u201cDie meeste kinders vaar goed met net een ekstra aktiwiteit. As jy aktiwiteite kies, maak seker die kind se behoefte is die dryfveer, nie jou eie nie.\u201d<\/p>\n<p>En as jy re\u00ebl dat maats kom speel, moenie hulle fliek toe vat of \u2019n gestruktureerde worsmasjien-aktiwiteit doen nie. Maak seker dis \u2019n aktiwiteit waar die kind sosialiserende vaardighede kan leer en nie net \u2019n aktiwiteit waar \u2019n volwassene in beheer is nie.<\/p>\n<p>Slaan \u2019n kindertent in die tuin op of laat hulle verbeeldingsvlugte met speelgoed onderneem. Maak \u2019n modderput in die hoek van die tuin, want kinders speel selde morsige speletjies by die huis. Die sintuiglike stimulering is baie goed. As julle iets doen soos koekies bak, hou dit prettig en gebruik dit as \u2019n geleentheid om iets saam te doen. Beskou dit as \u2019n kans om \u2019n band tussen jou en die kinders te smee.<\/p>\n<p>Kleiner kinders kan ure met \u2019n vlak skotteltjie met seepborrels (gebruik skottelgoedseep) speel. Kinders het nodig om na \u2019n maat se huis te gaan en te leer om met ander kinders klaar te kom en te deel. Maak seker daar is toesig. Werkende ma\u2019s kan speelsessies vir die naweek re\u00ebl. Met kinders onder vyf kan jy saamgaan en by die ma kuier, maar ouer as vyf jaar moet die kind leer om onafhanklik te wees.<\/p>\n<p>Wissel gestruktureerde aktiwiteite af met vrye spel sonder toesig. Probeer iets soos fantasiespel met ou klere, of gesigte opmaak met ou grimering of gesigverf. En jy hoef nie spesiale fantasieklere te koop nie. Gebruik ou klere en sarongs en gee kinders \u2019n kans om kreatief te wees en hul verbeelding te gebruik.<\/p>\n<p>\u201cKreatiwiteit is juis een van die vyf sleutelfaktore wat eendag \u2019n werk gaan verseker,\u201d s\u00ea Nikki.<\/p>\n<p><strong>BESLUITE, BESLUITE<\/strong><\/p>\n<p>Moderne ouers is oorweldig deur die magdom keuses en dit geld kindgrootmaak ook.<\/p>\n<p>\u201cOuers is soms besig om opvoeding met hul koppe eerder as hul instink te doen, want hulle vertrou nie meer hul eie oordeel nie. Ons is ook te besig om te luister wat ons instink s\u00ea,\u201d meen Nikki.<\/p>\n<p>Sy glo ouers moet in beheer van die televisie wees. \u201cKinders onder 13 moet toestemming vra om enige toestel met \u2019n skerm aan te skakel. Ons moet vroeg goeie mediagewoontes kweek. Dit verg baie minder energie om televisie te kyk as te speel en daarom raak kinders al hoe minder ondernemend omdat hulle passief vermaak word. Dan kla hulle maklik \u2018ek is soooo verveeld. Wat kan ek doen?\u2019\u201d<\/p>\n<p>As jy met jou hele wese vir kinders beskikbaar is (hulle sien gou as jy voorgee), het jy nie soveel tyd nodig om hulle emosioneel te bevredig nie. Daarom is werk en min tyd nie \u2019n verskoning om \u2019n kind emosioneel af te skeep nie.<br \/>\n\u201c\u2019n Kind het net vyf tot tien minute van jou onverdeelde aandag nodig om weer emosioneel versadig te voel,\u201d s\u00ea Nikki.<\/p>\n<p>Speel \u2019n kort kaartspel of speletjie met hulle as jy by die huis kom. Of maak seker dat jy \u2019n prettige geselsie in die kar het op pad terug van die skool af. As hulle nie hierdie tydjies kry nie, smeek hulle om aandag en wil nie alleen dinge doen nie.<br \/>\nSpeel skep een van die sterkste emosionele bande tussen ouers en kinders. Hoewel speelgoed en verrykende aktiwiteite \u2019n rol het, moet ouers nie eenvoudige dinge, soos om saam op die gras te speel, onderskat nie. Betrek hulle in die kombuis met kosmaak en skoonmaak. Moet dit nie \u2019n straf maak nie. Al help hulle net vir vyf minute, beteken dit baie op \u2019n emosionele vlak. Maar as jy ongeduldig en voorskrywend gaan wees, dien dit geen doel nie. Op die manier leer hulle lewensvaardighede, verantwoordelikheid en onafhanklikheid.<\/p>\n<p>\u201cOns hou ons kinders so styf vas dat dit geen wonder is dat hulle nie op hul eie bene kan staan wanneer ons eindelik laat los nie.\u201d<\/p>\n<p><strong>Wat s\u00ea \u2019n kleuterskool-juffrou? <\/strong><\/p>\n<p>Kleuterskoolonderwyseresse sit met die gebakte pere van \u2019n geslag kinders wat nie leer speel het nie. Lynette de Jongh, departementshoof by die Laerskool Jan Celliers se kleuterskool in Johannesburg, is al meer as twintig jaar in die kleuterskoolbedryf. Sy glo speel leer jou lewenslesse.<\/p>\n<p>\u201cOuers voel onder groot druk om hul kinders al die geleenthede te gee. \u2018Gee jou kind \u2019n voorsprong\u2019, skree die media, en veral ma\u2019s voel skuldig as hulle \u2019n beroep het en nie voltyds by die huis is nie. Ouers voel hulle faal as kinders by die huis aan ongeorganiseerde spel deelneem terwyl vriende se kinders rekenaar- en gimnastiekklasse bywoon. Veral ouers in die stad voel die druk omdat daar soveel geleenthede is.<\/p>\n<p>\u201cOuers vertrou ook nie meer hul natuurlike instink nie omdat die speelveld so verander het. Dis ouers se hartsbegeerte om die kind vir die lewe voor te berei en hulle voel hulle mis geleenthede wat ander kinders \u2019n voorsprong gaan bied.\u201d<br \/>\nLynette meen speel is jou geheime wapen om seker te wees \u2019n kind gaan deur al sy ontwikkelingsfases. \u201c\u2019n Kind se lyf ontwikkel met speel. Een van die groot probleme in die laerskool is kinders wat met groot motoriese ontwikkeling sukkel.<\/p>\n<p><strong>Te veel te vro<\/strong>eg<\/p>\n<p>\u201cWat buitemuurse bedrywighede betref, doen ouers soms t\u00e9 veel t\u00e9 vroeg. Kinders neem musiek terwyl hulle nog nie die klein motoriese ontwikkeling het nie. As kinders sukkel, gooi hulle gou tou op en sou dalk langer aangehou het as hulle \u2019n bietjie ouer was. Ons sien dikwels dat die kinders wat later met \u2019n aktiwiteit begin, die vroe\u00eb beginner verbysteek. Kinders brand ook uit in die laerskool en wil dan in die ho\u00ebrskool nie meer met hierdie aktiwiteite aangaan nie.<br \/>\n\u201cJy kan kinders nie ryp druk nie. Hulle moet in hul eie tempo ontwikkel. Kinders wat te vroeg te veel kry, raak later verveeld en het niks om na uit te sien of na te mik nie, en raak dan soms met die verkeerde dinge deurmekaar.<\/p>\n<p>\u201cEk weet ouers bedoel goed, maar soms luister hulle nie na wat die kind wil h\u00ea nie. Talent kan vir die kind \u2019n straf word as hy nie in sy eie pas ontwikkel nie. Dit noop opvoedkundiges om sterk standpunt in te neem teen te veel georganiseerde programme.\u201d<\/p>\n<p>Lynette s\u00ea sommige ouers is deesdae sonder \u2019n opvoedingsplan omdat hulle voel hulle wil dit beter as die vorige generasie doen. \u201cNou eksperimenteer hulle omdat hulle onseker voel. Die gulde riglyne hou steeds water en daar is baie wat jy uit jou eie kindwees kan haal wat vir die moderne kind net soveel waarde het.\u201d<\/p>\n<p>Ouers maak soms klein volwassenes groot eerder as om kinders al die fasette van kindwees te laat ontgin. Onthou, \u2019n kind kan nooit verlore kinderpret inhaal nie, maar hy het \u2019n hele leeftyd voor hom om \u2019n volwassene te wees. Sosiale vaardighede en onafhanklikheid wat met speel aangeleer word, verseker sukses as hulle groot is.<\/p>\n<p><strong>Wat kan ouers by die huis doen? <\/strong><\/p>\n<p>\u201c\u2019n Goeie kleuterskool sal \u2019n gebalanseerde program volg en dus moet kinders in die middag tyd h\u00ea om te speel sodat hulle hierdie nuwe dinge wat hulle in die oggend geleer het, kan toepas met spel,\u201d s\u00ea Lynette. \u201cSpeeltyd l\u00ea leerervaring vas.\u201d<\/p>\n<p>En ouers hoef nie bekommerd te wees dat hul kind se verskuilde talente verskuil gaan bly nie. Spel dek soveel fasette dat dit ook \u2019n kind se unieke talente sal identifiseer, verseker Lynette.<\/p>\n<p>Al die geleenthede verwar ouers en hulle het later \u2019n skuldgevoel oor alles. Ouers moet eerder afskaal en in basiese dinge bel\u00ea, s\u00ea Lynette. \u201cDie ander dinge gaan in hul eie tempo gebeur.\u201d<\/p>\n<p>Lees gerus Nikki Bush se boek: Future Proof Your Child. (Penguin 2008)<br \/>\n<strong><br \/>\nHoekom doen kinders so baie buitemuurse aktiwiteite? <\/strong><\/p>\n<p># Ouers is bang die kind het \u2019n verskuilde talent en hulle stel hom aan verskeie aktiwiteite bloot om te sien oor watter talente hy beskik.<\/p>\n<p># Die ouers is besig en die aktiwiteite hou die kinders besig.<\/p>\n<p># Albei ouers werk en wil nie h\u00ea kinders moet die hele middag by die tuiswerker, wat nog huiswerk het, bly nie.<\/p>\n<p># Ouers voel skuldig omdat hulle nie beskikbaar is nie.<\/p>\n<p># Daar is \u2019n sterk element van kompetisie tussen ouers en jy is bang joune bly agter.<\/p>\n<p># Dit word ook deur vrees gedryf. Ouers is bang kinders gaan nie toegerus wees om in ons mededingende samelewing sukses te behaal nie.<\/p>\n<p># Ouers verloor fokus oor wat die kind nodig het en fokus op wat hulle dink die kind wil h\u00ea.<br \/>\n<strong><br \/>\nSleutelfaktore om jou kind op die toekoms voor te berei<\/strong><\/p>\n<p># Kreatiwiteit. Skep tye waar kinders nie aan rekenaars of televisie blootgestel is nie om hul verbeelding te prikkel.<\/p>\n<p># Ken jouself. As jy nooit alleentyd het nie, leer jy nooit wie jy is en wat jou uniek maak nie.<\/p>\n<p># Spanwerk. Dis belangrik om met groepe mense te kan klaarkom. Jy kan steeds \u2019n introvert wees, maar jy moet die re\u00ebls vir sosialisering ken. Onthou, die gesin is die eerste span waarin kinders moet funksioneer.<\/p>\n<p># Leergierigheid. Maak nuuskierige kinders groot. As jy gedurig voors\u00ea wat hulle moet doen, ontwikkel hulle nie die vaardigheid om probleme op te los en nuwe dinge te ontdek nie.<\/p>\n<p># Vasberadenheid en ondernemingsgees. As jy gedurig met die \u201cmoeilike\u201d dinge help, is dit nooit nodig dat hulle leer om vas te byt en aan te hou nie. Dit gee hulle ook die selfvertroue om nuwe dinge aan te pak, want hulle weet hulle kan regkom.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sy noem dit \u201cgoedige verwaarlosing\u201d en wil h\u00ea ouers moet soms \u2019n bietjie meer op die agtergrond tree en kinders ruimte gee om te eksperimenteer en te leer om alleen te speel. Onthou, kinders het \u2019n leeftyd om \u2019n volwassene [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98950,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677],"tags":[],"class_list":["post-4357","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Laat die kinders speel | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Laat die kinders speel | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sy noem dit \u201cgoedige verwaarlosing\u201d en wil h\u00ea ouers moet soms \u2019n bietjie meer op die agtergrond tree en kinders ruimte gee om te eksperimenteer en te leer om alleen te speel. Onthou, kinders het \u2019n leeftyd om \u2019n volwassene [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-14T07:50:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T10:32:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Laat-die-kindersn-speel.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"862\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laat-die-kinders-speel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laat-die-kinders-speel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Laat die kinders speel\",\"datePublished\":\"2012-11-14T07:50:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:32:24+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laat-die-kinders-speel\\\/\"},\"wordCount\":1783,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laat-die-kinders-speel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Laat-die-kindersn-speel.jpeg\",\"articleSection\":[\"Inspirasie\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laat-die-kinders-speel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laat-die-kinders-speel\\\/\",\"name\":\"Laat die kinders speel | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laat-die-kinders-speel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laat-die-kinders-speel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Laat-die-kindersn-speel.jpeg\",\"datePublished\":\"2012-11-14T07:50:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:32:24+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laat-die-kinders-speel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laat-die-kinders-speel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laat-die-kinders-speel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Laat-die-kindersn-speel.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Laat-die-kindersn-speel.jpeg\",\"width\":862,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laat-die-kinders-speel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Laat die kinders speel\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Laat die kinders speel | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Laat die kinders speel | rooi rose","og_description":"Sy noem dit \u201cgoedige verwaarlosing\u201d en wil h\u00ea ouers moet soms \u2019n bietjie meer op die agtergrond tree en kinders ruimte gee om te eksperimenteer en te leer om alleen te speel. Onthou, kinders het \u2019n leeftyd om \u2019n volwassene [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-14T07:50:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T10:32:24+00:00","og_image":[{"width":862,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Laat-die-kindersn-speel.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Laat die kinders speel","datePublished":"2012-11-14T07:50:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:32:24+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/"},"wordCount":1783,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Laat-die-kindersn-speel.jpeg","articleSection":["Inspirasie"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/","name":"Laat die kinders speel | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Laat-die-kindersn-speel.jpeg","datePublished":"2012-11-14T07:50:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:32:24+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Laat-die-kindersn-speel.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Laat-die-kindersn-speel.jpeg","width":862,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-die-kinders-speel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Laat die kinders speel"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4357","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4357"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4357\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98950"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4357"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4357"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4357"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}