{"id":4351,"date":"2012-11-14T09:20:00","date_gmt":"2012-11-14T07:20:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/immerjonk-betty\/"},"modified":"2017-07-13T13:25:35","modified_gmt":"2017-07-13T11:25:35","slug":"immerjonk-betty","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/immerjonk-betty\/","title":{"rendered":"Betty White: Immerjonk"},"content":{"rendered":"<p>Jy ken dalk nie haar naam nie, maar die gesig is bekend, want vyftig jaar al sien ons Betty White gereeld op televisie. Onthou jy nog vir Rose in <em>The Golden Girl<\/em>s, die een met die onskuldige gesiggie, maar stoute s\u00eagoed? En nou op negentig, ja, jy het reg gelees, negentig! is sy steeds hard aan die werk en was tot onlangs toe nog te sien in <em>The Bold and the Beautiful, My Name is Earl, The Practice, Boston Legal, 30 Rock<\/em> en as gasspeler in die gewilde <em>Saturday Night Live<\/em>. Sy het in \u2019n klompie rolprente gespeel en was ook onlangs die oulike ouma in die fliek <em>The Proposal<\/em> met Sandra Bullock in die hoofrol. Sy was deel van televisie toe dit in die jare veertig begin het. Betty was destyds al ongewoon omdat sy die meeste van haar programme self vervaardig het, en dit sommer vroeg-vroeg in haar loopbaan toe vroue in hierdie bedryf nog nie gereken was nie. Sy het in Beverly Hills grootgeword en haar lewe lank daar gewoon. Sy was twee keer getroud en geskei voor sy haar derde man, die liefde van haar lewe, Allen Lunden ontmoet het. Sy was \u2019n gereelde gas op sy televisieprogram <em>Password<\/em>. Hy is in 1981 oorlede. Sy het nooit haar eie kinders gehad nie, en is baie na aan Allen se drie kinders.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<div><strong>Hoekom dink jy is mense so mal oor <em>Hot in Cleveland<\/em>?<\/strong><\/div>\n<div>Dis vir mense soos macaroni en kaas. Dis trooskos. Ek en die ander aktrises is baie lief vir mekaar en ons het \u2019n fantastiese draaibroek. Jane Leeves wat die rol van Joy vertolk, laat my skaterlag. Sy het \u2019n baie dro\u00eb sin vir humor. Soms sal haar neusvleuel net op die regte oomblik vibreer, en dan is ons stukkend gelag.<\/div>\n<p><strong>Jy is seker een van die besigste akteurs in Hollywood?<\/strong><br \/>\nIs dit nie ongelooflik nie? Ek kan nie glo ek werk steeds nie. En op my ouderdom! Die tyd sal my seker inhaal, maar solank hulle my werk aanbied, sal ek nie nee s\u00ea nie.<br \/>\n<strong><br \/>\nDink jy die ouderdom bring wysheid?<\/strong><br \/>\nOns sou graag so wou dink, en ons s\u00ea dit vir mekaar, maar ek dink nie so nie. Ek wil alle ouer mense aanmoedig om die w\u00eareld om hulle te waardeer. Bly liewer stil voor jy kla. Dit klink dalk afgewater, maar probeer om aan iets vroliks te dink. Dis aansteeklik. Dis beter om \u2019n positiewe ingesteldheid te kweek as om heeltyd te loop en mor. Ons dink ook dat ouer mense meer konserwatief word. Maar jy is \u2019n vars briesie, altyd opgewek en reg met \u2019n stoute grappie.<\/p>\n<p><strong>Was jy nog altyd so?<\/strong><br \/>\nS\u00eagoed met dubbele betekenisse fassineer my. Dit wat jy nie s\u00ea nie, is wat snaaks is. Jy sinspeel op iets en diegene wat dit snap, sal lag, en as iemand dit nie snap nie, is geen skade aangerig nie. Soms gaan ek te ver. Ek moet my dikwels in toom hou.<br \/>\n<strong><br \/>\nJy doen glo graag blokkiesraaisels om op en wakker te bly. Hoeveel doen jy per dag?<\/strong><br \/>\nEk het vier in my handsak. As jy dit gereeld doen, weet jy later vinnig wat hulle met \u2019n definisie bedoel. \u2019n Salamander is \u2019n koggelmander en \u2019n koggelmander is \u2019n salamander. Dit maak my mal as ek \u2019n paar oop blokke het wat ek nie kan invul nie. Ek dink soms woorde uit. Die volgende dag gaan ek terug en omkring die verkeerde woorde.<br \/>\n<strong><br \/>\nHet jy \u2019n troeteldier?<\/strong><br \/>\nEk het \u2019n apporteerhond, Pontiac. Hy is sewe en is \u2019n opgeleide gidshond. Nadat ons mekaar ontmoet het, is ek eers huis toe om te dink of ek hom gaan vat. Waar het jou nou al gehoor jy ontmoet \u2019n apporteerhond en gaan huis toe om daaroor te dink? Dis onmoontlik! Natuurlik het ek hom gevat. Noudat ek negentig is, trek ek voordeel hieruit. Hy is \u2019n filter teen die stres en besige w\u00eareld waarin ek my bevind. Hy is soos terapie, ons maak mekaar kalm en is ongelooflik lief vir mekaar. Ek dink dis wat my so goed laat voel. Hy is my hart se punt en my beste vriend. Hy word vreeslik opgewonde wanneer hy sien ek tel \u2019n blokkiesraaisel op. Hy kry so \u2019n glinster is sy o\u00eb, amper asof hy dink: Jippie, miskien gaan sy nou vir lank stilsit.<br \/>\n<strong><br \/>\nJy het die Groot Depressie beleef. Kan jy dit met die huidige stand van die w\u00eareldekonomie vergelyk?<\/strong><br \/>\nEk is in 1922 gebore, so ek was in 1928 en 1929 nog \u2019n kind. Ek onthou ons het nie geld gehad nie, maar ek was gese\u00ebnd met ouers wat nie op die negatiewe gefokus het nie. My pa sou iets s\u00ea soos: \u201dEk het \u2019n werk. Daar is so baie wat nie dieselfde kan s\u00ea nie. Ons moet dankbaar wees.\u201d Ek het sy positiewe houding aangeleer en nou pluk ek die vrugte daarvan. As jy jou lewe lank op die positiewe fokus, is daar nie plek vir negatiewe goed nie. Maar as jou pa nie \u2019n werk het nie, of wanneer jy jou in \u2019n finansi\u00eble verknorsing bevind, is dit seker moeilik om positief te bly.<\/p>\n<p><strong>Hoe gedetailleerd is jou testament?<\/strong><br \/>\nEk het wonderlike stiefkinders, hulle is soos my eie kinders en ook my beste vriende. Ek sal natuurlik vir hulle sorg. Ek gebruik nie die geld wat ek nou maak nie, dit gaan alles direk na verskillende diere-organisasies. My testament is vol diere-dinge. Ek wil nie h\u00ea mense moet wag tot ek doodgaan nie, daarom gee ek nou soveel ek kan. Ek is mal oor my werk en word goed betaal, hoekom dit nie met ander deel nie? Ek het \u2019n reuseversameling The Wizard of Oz-boeke. Ek het amper veertig, en in my testament staan daar dat hulle bymekaar moet bly. My sakebestuurder wil h\u00ea ek moet \u2019n lys van my besittings maak en waarheen alles moet gaan. Miskien moet ek dit doen wanneer ek weer lank op \u2019n vliegtuig sit. (Met \u2019n stoute glinster in die oog.) Dankie dat jy my herinner het.<br \/>\n<strong><br \/>\nWat is die slegste ding van ouer word?<\/strong><br \/>\nWanneer jy \u2019n gawe, aantreklike man ontmoet en dink, sjoe, dit sal lekker wees as hy my vir ete nooi. En dan besef jy: Betty, jy is negentig! Vergeet dit! (Sy lag.) Dit gaan nie gebeur nie. En wanneer ek saam met vriende kuier en die man vat sy vrou se hand, besef ek dis wat ek mis. Nie seks nie. Die intimiteit.<\/p>\n<p><strong>En die beste deel?<\/strong><br \/>\nJy kom met moord weg (sy lag). Almal bederf jou tot in die afgrond. Jy kan enigiets s\u00ea, want hulle dink ag siestog, die arme ou ding besef nie wat sy s\u00ea nie. Maar sy weet (lag). En jy moet ook heeltyd agter jou kyk, maak nie saak waar jy staan nie. Op <em>Hot in Cleveland<\/em> se stel is daar byvoorbeeld altyd \u2019n stoel agter my. Of ek dit nou nodig het of nie. Ek wil niemand se gevoelens seermaak nie, so dan sit ek maar.<br \/>\n<strong><br \/>\nWat weet jy nou, wat jy wens jy in jou twintigerjare geweet het?<\/strong><br \/>\nMy ouers het my geleer om iets te waardeer terwyl dit gebeur. Jy moenie terugkyk en s\u00ea \u201cdit was so wonderlik\u201d nie. Ek wens ek het dit toe besef. Wanneer iets goeds met my gebeur, probeer ek dit proe. Tot vandag toe skryf ek \u2019n wonderlike ondervinding neer sodra ek by die huis kom. Nie om \u2019n boek te skryf nie, maar om dit in my geheue vas te l\u00ea terwyl dit nog vars is. Maar op veertig weet \u2019n mens nog nie baie nie, en op negentig weet jy alles! Ek het nooit gedink ek sou so oud word nie. Maar ek was ook nie bang daarvoor nie. Ek onthou toe ek in die ho\u00ebrskool was &#8211; en ek weet jy dink ek kan nie so ver terug onthou nie &#8211; was daar kinders wat toe reeds oud was. Ek word kwaad vir mense wat s\u00ea: \u201cEk het pas twintig geword. Een van die dae is ek dertig.\u201d Hulle het \u2019n hele dekade gemis. Dis hulle wat vroeg oud word. Dis net in jou kop. As jy gelukkig genoeg is om besig te kan bly met iets waarvan jy hou, moet jy dit vier. Die jare is glad nie belangrik nie. Geniet net die oomblik.<br \/>\n<strong><br \/>\nWat is op jou <em>bucket list<\/em>?<\/strong><br \/>\nEk was nog nooit in Afrika nie. Ek sou graag wou teruggaan na die High Sierras. As kind het ons daar vakansie gehou. Dit het ons twee dae te perd gevat om daar te kom, met donkies wat al die voorrade moes karwei. Ek sou dit graag weer wou doen. Ek sou ook graag vir Meryl Streep wou ontmoet. Dis so simpel! Ek dink ek sal sprakeloos wees.<\/p>\n<p><strong>Wat van Robert Redford?<\/strong><br \/>\nDit het niks met jou te doen nie (lag). Ag, gooi maar vir George Clooney by.<\/p>\n<p><strong>Vertel ons van jou troue?<\/strong><br \/>\nEk en my man, Allen Ludden, het mekaar in New York ontmoet. Hy het al sy vrye tyd gebruik om my die hof te maak. Ek het \u2019n hele jaar gemors waarin ons saam kon wees voordat ek ja ges\u00ea het. Ek en hy en my ouers het Las Vegas toe gery om daar te gaan trou, want destyds moes jy drie dae op \u2019n troulisensie wag. Vanwe\u00eb my man se game show, waarin ek gereeld verskyn het, het ons byna geen vrye tyd gehad nie. Ons het getrou en dadelik teruggevlieg New York toe en is reguit werk toe. Ek het met so \u2019n groot blommehoed op my kop teruggevlieg omdat my hare vol krullers was sodat ek dadelik voor die kameras kon inval. Ons was so bly toe die troue verby was.<br \/>\n<strong><br \/>\nHoe voel jy oor die huwelik? <\/strong><br \/>\nSo baie mense bly deesdae net saam.Mense bly nie net saam nie, hulle het selfs twee of drie kinders en dan s\u00ea hulle \u201cmiskien moet ons trou\u201d. Ek dink elkeen moet doen wat vir hom reg is. Ek het nog nooit die behoefte gehad om vir ander te s\u00ea hoe hulle hul lewe moet lei nie. Maar ek sou nie eers drie kinders wou h\u00ea en dan trou nie, maar dis my keuse. Die lewe het verander. Om te trou is seker outyds. Ek was bly dat ek dit gedoen het. Elke keer (lag).<\/p>\n<p><strong>Enige onderonsies met aanhangers?<\/strong><br \/>\nWel, vanoggend moes ek regmaak vir die onderhoud en my haar- en grimeermense sou na my huis toe kom. Toe my voordeurklokkie lui, neem ek aan dis hulle en maak die deur oop sonder om eers te loer wie dit is. Toe staan daar ses groot jongmans, en ek dink, sjoe, maar ek is gelukkig, maar dit is verspot! Hulle is van Nice in Frankryk, s\u00ea hulle, en hulle het heelpad hierheen gekom om my te ontmoet en sal ek asseblief hul foto\u2019s vir hulle teken? Een van hulle het ses foto\u2019s gehad. Ek was nog besig met die handtekeninge toe my haar- en grimeermense opdaag, anders sou ek seker nou nog met hulle moes praat. Hulle was nice en van Nice, maar ek kon hulle nie weer terugkry Nice toe nie! Die probleem is die kinders ken my, hul ouers ken my en die oumas en oupas ken my. En die oues s\u00ea \u201csy\u2019s terug!\u201d maar eintlik was ek nooit weg nie.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy ken dalk nie haar naam nie, maar die gesig is bekend, want vyftig jaar al sien ons Betty White gereeld op televisie. Onthou jy nog vir Rose in The Golden Girls, die een met die onskuldige gesiggie, maar stoute [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-4351","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Betty White: Immerjonk | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/immerjonk-betty\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Betty White: Immerjonk | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Jy ken dalk nie haar naam nie, maar die gesig is bekend, want vyftig jaar al sien ons Betty White gereeld op televisie. Onthou jy nog vir Rose in The Golden Girls, die een met die onskuldige gesiggie, maar stoute [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/immerjonk-betty\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-11-14T07:20:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:25:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/immerjonk-betty\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/immerjonk-betty\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Betty White: Immerjonk\",\"datePublished\":\"2012-11-14T07:20:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:25:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/immerjonk-betty\\\/\"},\"wordCount\":1897,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/immerjonk-betty\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/immerjonk-betty\\\/\",\"name\":\"Betty White: Immerjonk | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2012-11-14T07:20:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:25:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/immerjonk-betty\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/immerjonk-betty\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/immerjonk-betty\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Betty White: Immerjonk\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Betty White: Immerjonk | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/immerjonk-betty\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Betty White: Immerjonk | rooi rose","og_description":"Jy ken dalk nie haar naam nie, maar die gesig is bekend, want vyftig jaar al sien ons Betty White gereeld op televisie. Onthou jy nog vir Rose in The Golden Girls, die een met die onskuldige gesiggie, maar stoute [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/immerjonk-betty\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-11-14T07:20:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:25:35+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/immerjonk-betty\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/immerjonk-betty\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Betty White: Immerjonk","datePublished":"2012-11-14T07:20:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:25:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/immerjonk-betty\/"},"wordCount":1897,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/immerjonk-betty\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/immerjonk-betty\/","name":"Betty White: Immerjonk | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2012-11-14T07:20:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:25:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/immerjonk-betty\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/immerjonk-betty\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/immerjonk-betty\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Betty White: Immerjonk"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4351","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4351"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4351\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4351"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4351"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4351"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}