{"id":4253,"date":"2012-10-15T00:00:00","date_gmt":"2012-10-14T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/n-hoekie-van-zambie\/"},"modified":"2018-07-06T13:31:41","modified_gmt":"2018-07-06T11:31:41","slug":"n-hoekie-van-zambie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/","title":{"rendered":"\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb<\/p>\n<p>Mbala is \u2019n klein dorpie in die noorde van Zambi\u00eb, net 33 kilometer van die Tanzaniese grens af. Dit is \u2019n tydelike verblyf, maar het \u2019n permanente plekkie in my hart gekry. My man se projek om toesig te hou oor die opgradering van die hawe op die suidpunt van die Tanganjikameer is lankal verby, maar die dorpie en sy mense spook steeds by my. Die rooibaksteengeboue met hul gewels uit die tyd van die Britse kolonialisme is opvallend verwaarloos. Ek steek my arm deur die krake in die klipmure van die eens bekoorlike kerk en loer deur ruitlose vensters na die donker, verrote houtbanke. Die dorpie was in die sestigerjare van die vorige eeu die middelpunt van \u2019n reuseprojek om die rooisprinkaan te beheer. \u2019n Massiewe kantoorkompleks met sierlike gewels en skuifraamvensters is vir die doel gebou. Vandag is dit \u2019n plakkersgemors met stinkende rioolafval en krioelende kinders wat mielies op oop vure braai. Die menslike pogings om die sprinkaanplaag te beheer was toe nodeloos, want, so vertel hulle, \u2019n groot vloed het die natuurlike broeiplek van die sprinkane uitgewis.<\/p>\n<p>Die probleem was eensklaps opgelos en van al die wetenskaplike en humanit\u00eare pogings het weinig oorgebly \u2013 net vervalle geboue, strate vol slaggate en troppe aggressiewe, honger honde. My stappery soggens word my verbindingsaar met die mense van die dorp. Ek pas my roete gereeld aan om die honger hondetroppe te vermy, maar die staptogte neem my verby die goed georganiseerde dorpsmark, die polisiekantoor waar die erf en sypaadjie vol mielies geplant is tot by Chilameer, die meertjie aan die kant van die dorp. Die stewige geboue wat hier staan, is oorblyfsels van \u2019n eertydse gholf- en seiljagklub. \u2019n Paar vasbyters speel steeds gholf, hoewel die gras \u2019n meter hoog op die gholfbaan staan. Maar die kroeg floreer. By die brug \u2019n paar honderd meter buite die dorp draai ek om veiligheidsredes om.<\/p>\n<p>Ek wil so graag met die mense gesels, hulle leer ken, maar Bemba en Lungu, die streektale, is bo my vuurmaakplek. Buitendien skree die kindertjies \u201cMzunga, Mzunga!\u201d as hulle die wit vrou sien en klou vreesbevange aan die ma\u2019s se chitengas vas. Ek glimlag vriendelik op die algemene groet van \u201cHow are you?\u201d en al stappende verken ek die dorp en kry terselfdertyd my daaglikse oefening in by gebrek aan \u2019n gimnasium. Gimnasium? Drie eetserviese? Sjerrieglase? My lewe in die pragtige Stellenbosch lyk skielik so effens onsinnig hier waar die son genadeloos op die mielielande neerbrand, mense by die dosyne sterf en ander onverstoord voortgaan in di\u00e9 amper vergete hoekie van Afrika. Daagliks besef ek dat ek en die dorpenaars vastelande van mekaar verwyder is, selfs al deel ons tydelik dieselfde ruimte. Dit is juis my stappery wat my tot di\u00e9 gevolgtrekking laat kom. Stap vir oefening? Stap vir die vreugde van \u2019n vroegoggend? Stap sonder \u2019n bestemming of einddoel? Dit gaan die praktiese Zambi\u00ebrs se verstand te bowe. Enkele inwoners het \u2019n beperkte Engelse woordeskat en huiwer nie om hul verbasing en verwarring te verwoord nie: \u201cWhere you going?\u201d As jy stap, moet jy tog vanselfsprekend iewers heen gaan. Waarom stap jy dan? Hoe verduidelik ek dat ek nie juis iewers heen op pad is nie, maar tog oral heen? Hoe druk ek my verwondering uit oor die dorpsmark met sy afdelings vir varsprodukte, klere en vis? In elk van die tientalle eenderse stalletjies staan netjiese piramides tamaties, en aartappels; daarnaas die stalletjies met tweedehandse klere, wat spotgoedkoop, steeds bo die vermo\u00eb van die gemiddelde inwoner is. Skynbaar kom die groot voorraad tweedehandse klere &#8211; waarin flink handel gedryf word &#8211; van goedgelowige Europe\u00ebrs en Amerikaners wat hul ou klere vir liefdadigheid skenk. Ek het \u2019n geel syhemp, \u2019n staatmaker, daar vir die ekwivalent van twee rand gekoop. En dan die hoogtepunt van die Afrikamark: die vismark. Soms is daar vars vis, maar meestal word gedroogde vis in elke vorm en geur hier aangebied.<\/p>\n<p>Die lang gebou met betontafels teen die mure en in die middel af het gelukkig oop luike onder die dak vir \u2019n broodnodige trek. Massas vis word op die betontafels uitgepak en dit gons van mense en vlie\u00eb. Die vismark laat my aan die lewe in \u2019n oerwoud dink. Daar is \u2019n lewe op die bosvloer en \u2019n heel ander ekologie in die boomtoppe. Hier word handel gedryf op die betontafels, maar so tien sentimeter ho\u00ebr is \u2019n heel ander lewe: miljoene vlie\u00eb wat gons en maal. Ons sluit by die Zambian Reformed Church aan wat besig is om kerk te bou: rou kleistene, geen vensters, vloer of plafon nie. Ons sit op planke gestut op klippe. As \u2019n swaar mamma in die twee tot drie uur lange diens op een punt opstaan, val diegene op die ander punt bloot af. Die mans sit regs in \u2019n blok, vroue links en die kinders in die middel.<\/p>\n<p>Ons word genooi om by die ouderlinge te sit, maar omdat ek ontuis voel tussen die mans, maak ons ons in die kinderblok tuis. N\u00e1 \u2019n paar Sondae aanvaar die gemeente die aardigheid dat man en vrou tussen die kinders bymekaar sit. In die re\u00ebntyd skuil man, vrou en kind kort-kort in die hoek by die preekstoel teen die strome water. Eers as die storm verby is en die oorverdowende aanslag op die sinkdak afneem, kan ons weer die predikant hoor. Ek is Sondag na Sondag vreeslik ontsteld: dogtertjies sonder broekies, \u2019n voorskoolse kind met \u2019n skooljurk vir 12 tot 14- jariges, \u2019n ander met \u2019n volwassene se gesmokte nylonnagrok. Op \u2019n dag pak ons die moordende donga-en-slaggat-pad van twee honderd kilometer na die naaste dorp, Kasama, aan en koop meters en meters materiaal.<\/p>\n<p>Die plaaslike sendeling se vrou leen vir my haar naaimasjien en ek maak tientalle rokkies en broekies. Ek spesifiseer keer op keer: die een met die nagrok moet \u2019n rokkie kry, maar die volgende Sondag is die nagrok weer in die kinderblok. N\u00e1 die derde Sondag verstaan mevrou Banda uiteindelik my ontsteltenis en verduidelik. Daar is \u2019n hele klomp dogtertjies in die gesin en net een geskikte (nag)rok vir kerk. As een dus \u2019n rokkie kry, kan daar die volgende Sondag nog \u2019n dogtertjie kerk toe kom \u2013 in die nagrok! Ek onthou toe die groepie kerkvroue in my kombuis met die sementvloer en sonder ingeboude kaste vir die gemeentelede koekies gebak het. Die telefoon lui en by my terugkoms kry ek \u2019n luidrugtige groepie in my spens. Eers dink ek daar moet \u2019n kobra opgekrul wees in \u2019n hoek, so kwetter dit. Maar hulle is verstom oor die hoeveelheid kos daar bymekaar. Ek is op my beurt verslae oor hul verwondering. Ek het net die vorige aand gedink ons sal die dongas en slaggate moet aanpak na die naaste winkel. My spens is dan dolleeg. Ek leer in Mbala dat jy oor taal-, kultuur en opvoedingsvlakke heen kan kommunikeer. Ek gee bekers rooibostee as die begrafnisstoet onder die bome voor my huis rus voordat die lyk weer opgeneem word, soms in \u2019n kis, maar meestal in ou chitengas toegedraai. Ek sien opregte dankbaarheid op vermoeide gesigte, kry \u2019n hand vol appelliefies present. Ons verstaan mekaar nie, maar \u2019n beker rooibostee en \u2019n hand vol appelliefies praat \u2019n universele taal, \u2019n taal van omgee. Miskien was die grootste les daar op die noordgrens van Zambi\u00eb, om deur ander se o\u00eb na jouself te kyk, om ander weer raak te sien, om weer te leer omgee.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb Mbala is \u2019n klein dorpie in die noorde van Zambi\u00eb, net 33 kilometer van die Tanzaniese grens af. Dit is \u2019n tydelike verblyf, maar het \u2019n permanente plekkie in my hart gekry. My man se projek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98943,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[239],"class_list":["post-4253","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-verhaal"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb Mbala is \u2019n klein dorpie in die noorde van Zambi\u00eb, net 33 kilometer van die Tanzaniese grens af. Dit is \u2019n tydelike verblyf, maar het \u2019n permanente plekkie in my hart gekry. My man se projek [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-10-14T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T11:31:41+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-n-hoekie-van-zambia.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"867\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-hoekie-van-zambie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-hoekie-van-zambie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb\",\"datePublished\":\"2012-10-14T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:31:41+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-hoekie-van-zambie\\\/\"},\"wordCount\":1245,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-hoekie-van-zambie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-n-hoekie-van-zambia.jpg\",\"keywords\":[\"Verhaal\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-hoekie-van-zambie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-hoekie-van-zambie\\\/\",\"name\":\"\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-hoekie-van-zambie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-hoekie-van-zambie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-n-hoekie-van-zambia.jpg\",\"datePublished\":\"2012-10-14T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:31:41+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-hoekie-van-zambie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-hoekie-van-zambie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-hoekie-van-zambie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-n-hoekie-van-zambia.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-n-hoekie-van-zambia.jpg\",\"width\":867,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-hoekie-van-zambie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb | rooi rose","og_description":"\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb Mbala is \u2019n klein dorpie in die noorde van Zambi\u00eb, net 33 kilometer van die Tanzaniese grens af. Dit is \u2019n tydelike verblyf, maar het \u2019n permanente plekkie in my hart gekry. My man se projek [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-10-14T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T11:31:41+00:00","og_image":[{"width":867,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-n-hoekie-van-zambia.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb","datePublished":"2012-10-14T22:00:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:31:41+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/"},"wordCount":1245,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-n-hoekie-van-zambia.jpg","keywords":["Verhaal"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/","name":"\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-n-hoekie-van-zambia.jpg","datePublished":"2012-10-14T22:00:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:31:41+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-n-hoekie-van-zambia.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-n-hoekie-van-zambia.jpg","width":867,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-hoekie-van-zambie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"\u2019n Hoekie van Zambi\u00eb"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4253","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4253"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4253\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4253"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4253"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4253"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}