{"id":42411,"date":"2016-03-02T11:11:17","date_gmt":"2016-03-02T09:11:17","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=42411"},"modified":"2017-07-13T14:59:32","modified_gmt":"2017-07-13T12:59:32","slug":"neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/","title":{"rendered":"Neil Sandilands maak deurbraak oorsee"},"content":{"rendered":"<p>Ronel Nel het in 2012 met hom gesels &#8230;<\/p>\n<p>Jy dink dalk dat jy Neil Sandilands ken \u2013 jy sien hom tog al die afgelope 22 jaar op Suid-Afrikaanse televisie. Maar daar l\u00ea veel meer onder die man se vel, en daar gaan nog meer in sy kop aan as wat jy sou vermoed. Deur Ronel Nel.<\/p>\n<p>Neil het nie bekendstelling nodig aan televisiekykers, fliekgangers, toneelliefhebbers of beoordelaarspanele van rolprente en dokument\u00eare rolprente nie. Hy was jare lank die geliefde Bart in die sepie 7de Laan; die hoofspeler in die TV-reeks Orion, ook in Katinka Heyns se reeks oor die Anglo-Boereoorlog, Feast of the Uninvited; in Soutmansland, Konings, Meester, Carpe Diem, Unsung Hero, Jozi-H, Snitch, Jakhalsdans &#8230;<\/p>\n<p>Dat die man ooit slaap, is \u2019n wonderwerk, derhalwe was die vier (of was dit sewe?) koppies koffie wat hy met die onderhoud gedrink het, geen verrassing nie.<\/p>\n<p>\u201cEk is nou al ses jaar sober en is nie van plan om ooit weer daardie roete te volg nie. Dus is koffie nou my enigste \u2018kruk\u2019. Ek ken koffie! Swart en bitter soos my siel,\u201d spot hy.<\/p>\n<p>Maar Neil is nie net \u2019n akteur nie. Hy is, wat mense in die ou dae \u2019n \u201cRenaissance-man\u201d genoem het, \u2019n volronde kunstenaar. Tel dit maar op jou vingers af: rolprentmaker, regisseur, vervaardiger, redigeerder, akteur, kunstenaar, digter, sanger en liedjieskrywer (hy speel kitaar dat tot die hout begin huil).<\/p>\n<p>En, wil ek byvoeg: denker-filosoof.<\/p>\n<p>Ek het lank laas, indien ooit, \u2019n onderhoud met \u2019n \u201csepie-akteur\u201d gehad waarvan die grootste gedeelte van die onderhoud oor die nihilisme van die groot filosoof Nietzsche, of die post-modernisme in Chomsky se werke gegaan het.<\/p>\n<p>Geen wonder die beelde waarby Neil afgeneem is, is tekenend van die filosofiese tweestryd in die man se gees nie. Die beelde is pragtige bronswerke van een van Angus Taylor, een van ons voorste beeldhouers, en is getiteld: Co-presence (Apollonian &#8211; Dionysian) \u2013 wat te sien is by Pretoria se spog-inkopie- sentrum, die\u00a0Irene Village Mall in Centurion.<\/p>\n<p>Die twee beelde kyk stip na mekaar, takseer, weeg op, elkeen gereed om sy sprong te maak; elkeen gereed om op sy manier sy stempel op die aarde en sy mense af te druk.<\/p>\n<p>Apollo was die Romeinse god van musiek en po\u00ebsie, maar ook van oorlog. Dionisus was die Griekse god van die kunste &#8211; en van wyn. Die god van epifanie, \u201cvisioene\u201d, en \u2019n toonbeeld van die sterflikheid van die mens wat, terselfdertyd, beteken \u2019n mens moet die lewe aangryp, beleef, kreatief daarin verkeer.<\/p>\n<p>Die twee in kontras is eintlik een. Soos \u2019n spie\u00eblbeeld van jouself, en selfs dan herken jy jou nie in die ander beeld nie.<br \/>\nDit suggereer, volgens Dionisus, die geykte \u2013 maar ware \u2013 uitdrukking:\u00a0Carpe diem. Gryp die dag.<\/p>\n<p>Maar daar is steeds \u2019n interne dualisme, \u2019n verskeurdheid, in die stand teenoor mekaar, al verteenwoordig die twee beelde dieselfde entiteite.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nou hoe bring jy dit by die m\u00e9ns Neil Sandilands uit?<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Wel, as daar \u2019n lewende voorbeeld van carpe diem is, is dit hy. En van die dualisme wat daar tog in elke mens woed, al is dit onder die oppervlak. Sy skeppingsdrif \u2013 dis nie net \u2019n drang nie, die meeste van ons het dit \u2013 is aansteeklik en verbysterend.<\/p>\n<p>Neil bring deesdae die meeste van sy tyd in Los Angeles, in die hart van Hollywood, deur. Nie om te kyk of hy \u2019n gelukkie tref en iemand hom dalk \u2019n werk as akteur aanbied nie. Hy w\u00e9rk. En hy doen goed, dankie.<\/p>\n<p>Hy het pas die redigering voltooi van \u2019n internasionale dokument\u00eare program wat handel oor posttraumatiese stres: Resolve, a guide to post traumatic growth. Hy was verlede jaar onder meer in Amerika, Australi\u00eb, Kanada, Franse Polinesi\u00eb en twee keer in Suid-Afrika vir verskillende dokument\u00eare projekte.<\/p>\n<p>\u201cEk het in dieselfde strate as Matisse en Gauguin rondgeloop. Di\u00e9 twee kunstenaars het albei dele van hul lewe op die Franse Polinesiese eilande deurgebring.\u201d<\/p>\n<p>As akteur was daar ook aanbiedinge, ja. Hy is tans in Suid-Afrika vir die verfilming van One Last Look deur die Emmy-vervaardiger Dan Jawitz. In die VSA is hy vasgemaak vir rolle in House MD, Kidnap &amp; Rescue: Project Child Save (Discovery) en Depravity, \u2019n fliek deur die Franse regisseur Dimitri Sarassin.<\/p>\n<p>\u201cMaar nie alles wat \u2019n mens doen is ewe gesog nie. \u2019n Suid-Afrikaanse resensent het al geskryf dat \u2019n sekere toneelstuk steeds in die kol was ondanks my vertolking van die hoofkarakter. \u2019n Mens rol maar met die punches. Ek is nou in die stadium waar ek maar net die werk doen wat voor my is, soos N.P. van Wyk Louw ges\u00ea het. Na my beste vermo\u00eb.<\/p>\n<p>\u201cIn my mees onlangse kortfliek speel ek die rol van \u2019n meth-verslaafde pa met Sheena McCann as die regisseur. Die rolprent, The Darkness is close behind, is in opdrag van die Amerikaanse Rolprentinstituut gemaak. Dit het pas \u2019n Award of Excellence gewen en is uitgenooi om in Maart by die\u00a0Screen Directors Guild in Los Angeles vertoon te word.<\/p>\n<p>Neil, en Albert Maritz as medevervaardiger, se onlangse dokument\u00eare reeks Impresario wat deur kykNET gebeeldsend is, het verskeie pryse losgeslaan.<\/p>\n<p>\u201cDie reeks handel oorwegend oor Afrikaanse akteurs, die problematiek van die dissipline binne die Suid-Afrikaanse konteks, sotlike bedryfskwessies en selfs meer spesifiek oor die psigiese implikasies daarvan op \u2019n akteur. Maar die beginsels geld die kunste in die bre\u00eb.\u201d<\/p>\n<p>Hy is deurgaans besig om te werk aan die post-produksie van \u2019n dokument\u00eare reeks oor die legendariese Anton Goosen, wat hy as een van die voorlopers van goeie, oorspronklike Afrikaanse musiek beskou. Indien nie di\u00e9 voorloper nie.<\/p>\n<p>\u201cDie Goosen-dokkie is iets wat ek en vriend Deon Meyer vervaardig, ek is regisseur en redigeerder, en ons is die afgelope twee jaar piecemeal daarmee besig.\u201d<\/p>\n<p>Neil is op 1 Mei 1975 in Randfontein gebore. In sy 36, byna 37 jaar op tuisbodem het hy \u2019n magdom dinge reggekry. Hy het een van die gewildste volksakteurs geword, het deurentyd in\u00a0toneelstukke opgetree en word deesdae as een van ons land se beste \u201cernstige\u201d akteurs beskou.<\/p>\n<p>Een van sy vorige dosente aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (nou UJ), het onlangs van hom ges\u00ea:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cDie dag toe di\u00e9 klein mannetjie in my klas instap, toe weet ons dadelik almal van hom. En ek het t\u00f3\u00e9 reeds vermoed: hier kan ons greatness verwag.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Neil het destyds kommunikasiekunde studeer, maar het die kampus stormgeloop met verhoogstukke wat hy geskryf en opgevoer het. \u2019n Interessante begin van \u2019n akteursloopbaan, veral as jy in gedagte hou dat RAU destyds nog nie \u2019n kunste- en dramadepartement gehad het nie!<\/p>\n<p>\u201cEk was reeds as skoolkind in Meester en Konings te sien, en het in standerd agt en nege basies net ge-act.\u201d<\/p>\n<p>Neil se lewe as akteur en later multigenrekunstenaar,\u00a0het nogal op \u2019n snaakse wyse begin. Hy was op skool veral bekend as een van David Kramer se beste nabootsers!<\/p>\n<p>\u201cEk dink steeds Kramer se Bakgat is \u2019n cult-album. As graadeenlaaitie het ek al die deuntjies geken van liedjies wat eintlik daarop ge-mik was om sosio-politieke kommentaar te lewer soos \u2018Botteltjie Blou\u2019, \u2018Is jy Bang?\u2019 \u2018Krisjan Swart\u2019.<\/p>\n<p>As hierdie storie tot nou toe gelees het soos \u2019n curriculum vitae, is dit omdat jy net eenvoudig in die gesprek \u2013 en opleeswerk \u2013 stomgeklits word deur al die pyle wat di\u00e9 betreklike jong akteur in sy koker dra. Vlymskerp, soos daardie kop wat nie vir \u2019n oomblik kan ophou dink, redeneer, beredeneer nie.<\/p>\n<p>\u201cHoe eerlik moet ek wees?\u201d vra hy ondeund op een van my vrae.<\/p>\n<p>\u201cDaar is mos so \u2019n rule of thumb wat iemand uitgedink het wat s\u00ea ons moet tog net nie te ingewikkeld raak vir die leser nie.<\/p>\n<p>Ek het \u2019n hekel aan daardie soort sensuur en neer-halende ingesteldheid. Ek meen as ek eerlik probeer wees oor my ervaring, sal dit (dalk) tot die publiek spreek, pleks van hulle te oortuig dat \u2018ek die lig gesien het\u2019, of een of ander wysheid het, of \u2019n rolmodel is. Nog minder dink ek lesers se dag gaan beter wees as hulle \u2019n artikel moet lees oor my gunstelingkleur, of wat ek vanoggend vir ontbyt gehad het.<\/p>\n<p>Is dit hoekom 7de Laan se Bart gewerk het?<\/p>\n<p>\u201cEk reken so. Bart was blue collar. Ek dink nog altyd teater en film, selfs TV se beste karakters is blouboordjiewerkers.<\/p>\n<p>Eenvoudige mense. Mense kon hulle met Bart vereenselwig omdat hy nie die konvensionele \u2018held\u2019 was nie. Hy het krake in sy make-up gehad. Bloot menslik. Dit beteken nie hy was \u2019n karikatuur nie, en dis die verskil.\u201d<\/p>\n<p>Is dit die soort rolle wat jy verkies? Hoe sien jy acting?<\/p>\n<p>\u201cAs ek oor \u2019n rol twyfel, is dit altyd \u2019n goeie vertrekpunt. Ek sien dit as \u2019n uitdaging om by die menslikheid te probeer uitkom. Ek speel tans \u2019n ietwat onsmaaklike karakter, maar dis my werk om sy menslikheid te soek. Acting is \u2019n vreemde ding, ek is nie seker of ek dit heeltemal begryp nie, maar ek hou van die idee van \u2018shape shifters\u2019, amper magiese sjamaanse figure soos in antieke kulture. Dis individue wat \u2019n gawe het om deur karakte-risering ander mense bewus te maak van die fynere nuanses van menswees. Daar is natuurlik akteurs en vermaaklikheidsterre. Twee verskillende wesens, maar ek het al albei hoede gedra. Ek verkies om te dink dat ek akteur is &#8211; ek voldoen aan die kriteria &#8211; ek het \u2019n onvervulde ego en \u2019n vloeibare emosionaliteit en ek\u2019s bietjie van \u2019n pelgrim, \u2019n reisiger. Ek het ongelooflik baie empatie met die menslike kondisie en ek voel ek kan deur acting \u2019n deur oopsluit waar andere liefs nie wil ingaan nie. Ek dink dus ek het \u2019n bre\u00ebr verantwoordelikheid as om bekend te wees omdat jy op TV is. Amper \u2019n oorontwikkelde super-ego, in die Freudiaanse sin. En volgens my is acting \u2019n edeler dissipline as die preekstoel of die politieke podium.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDaar is \u2019n persepsie dat jy moeilik is &#8230; \u201c waag ek.<\/p>\n<p>\u201cDankie daarvoor. Ek sou bekommerd begin raak as jy my as \u2018the man with the Fatherly smile\u2019 gesien het. Daar is ook natuurlik iets soos \u2019n bevestigings-vooroordeel. Bloot deur die vraag te vra, steun jy die persepsie. Maar ja, ek is bewus daarvan. Al wat ek in my betoog kan aanbied, is dat ek met \u2019n standpunt na die tafel toe kom. Ek verabsoluteer nooit daardie standpunt nie. Ek is oop vir oortuiging, mits die teenargument rede behels en nie konvensie of mite of dogma nie.<\/p>\n<p>En ek haat boelies. Dan verkies ek om moeilik te wees. Sean Penn is moeilik, Nelson Mandela was moeilik, om die waarheid te s\u00ea ek het feitlik deurgaans meer respek vir die moeilike kalante in die geskiedenis omdat dit durf moes verg om op te staan vir jou oortuigings.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is jou oortuigings?<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cWow, is jy seker? Wil jy nie eerder oor die Blou Bulle se nuwe truie gesels nie?<\/p>\n<p>\u201cMy lewensbeskouing? Ek sien myself eerstens as deel van die kosmos, die universum. Laastens is ek toevallig \u2019n Afrikaanse witbooi van Afrika. Indien jy so na die mens-like kondisie kyk, kan jyself sien hoe weglaatbaar klein konsepte soos geslag of ras is. Tweedens dink ek die grootste probleem vandag is die miskenning van sosiale kontrak. Ek is vry om te maak en doen en dink sover as wat my vermo\u00ebns en talente my toelaat, mits ek nie die volgende persoon se reg om presies dieselfde te doen inhibeer nie. Dit kom neer op daardie Bybelse ding van \u2018h\u00ea jou naaste so lief soos jouself\u2019. Indien jy so na die w\u00eareld kyk, is dit verskriklik erg om te sien wat om \u2019n mens aangaan. Ek voel skuldig as ek \u2019n sigaretstompie by die venster uitgooi. Laastens glo ek in die \u2018oppergesag\u2019 van die estetiese. Wat ek daarmee bedoel, is dat deur skeppend te wees ons moontlik die naaste kan kom aan \u2019n tikkie goddelikheid. Ons is veronderstel om die skepping mooi te maak met musiek, argitektuur, kos, literatuur, vorm, kleur, stories. As jy dit verstaan, sal jy weet wat ek van Wall Street, die JSE, korporatiewe instellings, franchises dink. En vreemd genoeg is dit die een ding wat ons almal gemeen het: Bart en Nietzsche weet albei intu\u00eftief dat \u2019n sonsondergang prentjiemooi is. Daars \u2019n onmiddellike herkenning van die sublieme. Deur kreatief te lewe, kry \u2019n mens betekenis, dignity. Ek dink nou aan daardie Bob Dylan song \u2018So many roads, so much at stake, so many miles &#8211; I\u2019m at the edge of the lake, sometimes I wonder what its gonna take to find \u2018dignity\u2019.\u201d<\/p>\n<p>Op my vraag hoe dit in LA is, antwoord hy bondig: \u201cHarde, harde werk. Die mense wat daar die top-echelons bereik, verdien dit. Hulle kry dit nie op \u2019n skinkbord nie. Maar dis \u2019n strekoefening. Los Angeles is die hoofaar van internasionale Kulturele Imperialisme, dit maak sin om dinge \u2019n bietjie te gaan uitkyk. Maar intussen moet \u2019n mens leef ook. Dis nie \u2019n gemaklike proses nie, maar ek glo dit \u2018strek\u2019 my. Ek leer. Hopelik sal die kennis my iewers vorentoe goed te pas kom. Maar ek verkies steeds om in Afrikaans te werk.\u201d<\/p>\n<p>Neil se oorgang tot die internasionale arena \u2013 wat uiteindelik ook gelei het tot sy trek na Los Angeles \u2013 het plaasgevind met sy deurbraakrol\u00a0as Rijkhaart Jacobz in Proteus, \u2019n kunsfilm onder regie van John Greyson.<\/p>\n<p>Dit het kritici en belanghebbendes laat regop sit. En die uiteinde: Neil het die onvermydelike sprong gemaak. Of sal ek eerder s\u00ea &#8211; ek begryp dat hy sou wou \u201cstrek\u201d.\u00a0 Nie net as akteur nie, maar as mens. Dat hy aanbeweeg het na \u2019n ho\u00ebr, of dieper, betrokkenheid by sy burgerskap van die visuele en dramatiese kunste, is sigbaar. Hy\u2019s fisiek baie leniger, daar is kreukels om sy o\u00eb wat, laas toe ons hom gesien het, nog nie daar was nie.<\/p>\n<p>Maar daar is \u2019n selfversekerdheid oor die feit dat hy op die regte pad is, ook sigbaar, tasbaar in sy houding. Nooit ego nie. Net \u2019n wete dat die pad, die visuele pad, wat hy nou loop, die regte een is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Mis hy Suid-Afrika?<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cDis erg. Om van Afrika te wees is \u2019n eiesoortige, unieke voorreg. My beroep en geskiedenis in Afrika is iets wat ek koester. Dit het my gevorm. Dis my Ma. Ek mis my vriende, die sin vir humor, die kos, die geure.<\/p>\n<p>Nou hoe bring ek dit alles by Apollo en Dionisus uit? wil ek weet.<\/p>\n<p>\u201cMaklik,\u201d s\u00ea hy. \u201cMy twintigs was Dionysian. Daar was \u2019n ongebondenheid, \u2019n vryheid. Ek het party gehou, soos Charlie Sheen het ek gedink ek het \u2018tiger blood\u2019. Maar die lewe het my ook \u2019n paar taai klappe gegee. Gelukkig het ek vroe\u00ebr as Charlie uit my foute begin leer. My dertigs sou ek meen was meer ondersoekend, ek het my eie dissipline gedekonstrueer, ek het die status quo ondersoek, die apparatus wat die vinger klap en ons moet spring. Dit het my moeilik gemaak. Ek sou skat dis waar Apollo en oorlog inkom. Die strewe is natuurlik die middeweg, nie die ekstreme nie. Ek strek nou om daarby uit te kom. Ekwilibrium.\u00a0Miskien maak dit my \u2019n beter akteur, want daar is nog heelwat te leer, maar ek sou laaik om te dink ek het die potensiaal om beter te raak met die menswees-ding.<\/p>\n<p>\u201cEk dink dis genoeg. Ek moet op nou-nou op stel wees.\u201d<\/p>\n<p>So vinnig as wat hy gekom het, is hy weg. Ek\u2019s ietwat sprakeloos.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ronel Nel het in 2012 met hom gesels &#8230; Jy dink dalk dat jy Neil Sandilands ken \u2013 jy sien hom tog al die afgelope 22 jaar op Suid-Afrikaanse televisie. Maar daar l\u00ea veel meer onder die man se vel, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":24,"featured_media":44135,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[843,1387,3966,3967,23450,24339],"class_list":["post-42411","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-hollywood","tag-celebs","tag-neil-sandilands","tag-ronel-nel","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Neil Sandilands maak deurbraak oorsee | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Neil Sandilands maak deurbraak oorsee | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ronel Nel het in 2012 met hom gesels &#8230; Jy dink dalk dat jy Neil Sandilands ken \u2013 jy sien hom tog al die afgelope 22 jaar op Suid-Afrikaanse televisie. Maar daar l\u00ea veel meer onder die man se vel, [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-03-02T09:11:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T12:59:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Neil-Sandilands-foto-2.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"900\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"978\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Ronel Nel\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Ronel Nel\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"13 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Ronel Nel\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/16b1d23c5c28344f8a90abb58307a679\"},\"headline\":\"Neil Sandilands maak deurbraak oorsee\",\"datePublished\":\"2016-03-02T09:11:17+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T12:59:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\\\/\"},\"wordCount\":2569,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/Neil-Sandilands-foto-2.jpg\",\"keywords\":[\"Hollywood\",\"celebs\",\"neil sandilands\",\"ronel nel\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\\\/\",\"name\":\"Neil Sandilands maak deurbraak oorsee | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/Neil-Sandilands-foto-2.jpg\",\"datePublished\":\"2016-03-02T09:11:17+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T12:59:32+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/Neil-Sandilands-foto-2.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/03\\\/Neil-Sandilands-foto-2.jpg\",\"width\":900,\"height\":978},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Neil Sandilands maak deurbraak oorsee\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/16b1d23c5c28344f8a90abb58307a679\",\"name\":\"Ronel Nel\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5e1cb4384f86f97f418c1d553e2ae94a80cbe8fcc9f6a1538164173731cb8cd8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5e1cb4384f86f97f418c1d553e2ae94a80cbe8fcc9f6a1538164173731cb8cd8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5e1cb4384f86f97f418c1d553e2ae94a80cbe8fcc9f6a1538164173731cb8cd8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Ronel Nel\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Neil Sandilands maak deurbraak oorsee | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Neil Sandilands maak deurbraak oorsee | rooi rose","og_description":"Ronel Nel het in 2012 met hom gesels &#8230; Jy dink dalk dat jy Neil Sandilands ken \u2013 jy sien hom tog al die afgelope 22 jaar op Suid-Afrikaanse televisie. Maar daar l\u00ea veel meer onder die man se vel, [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-03-02T09:11:17+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T12:59:32+00:00","og_image":[{"width":900,"height":978,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Neil-Sandilands-foto-2.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Ronel Nel","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Ronel Nel","Est. reading time":"13 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/"},"author":{"name":"Ronel Nel","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/16b1d23c5c28344f8a90abb58307a679"},"headline":"Neil Sandilands maak deurbraak oorsee","datePublished":"2016-03-02T09:11:17+00:00","dateModified":"2017-07-13T12:59:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/"},"wordCount":2569,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Neil-Sandilands-foto-2.jpg","keywords":["Hollywood","celebs","neil sandilands","ronel nel","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/","name":"Neil Sandilands maak deurbraak oorsee | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Neil-Sandilands-foto-2.jpg","datePublished":"2016-03-02T09:11:17+00:00","dateModified":"2017-07-13T12:59:32+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Neil-Sandilands-foto-2.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/Neil-Sandilands-foto-2.jpg","width":900,"height":978},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neil-sandilands-maak-deurbraak-oorsee\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Neil Sandilands maak deurbraak oorsee"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/16b1d23c5c28344f8a90abb58307a679","name":"Ronel Nel","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5e1cb4384f86f97f418c1d553e2ae94a80cbe8fcc9f6a1538164173731cb8cd8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5e1cb4384f86f97f418c1d553e2ae94a80cbe8fcc9f6a1538164173731cb8cd8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5e1cb4384f86f97f418c1d553e2ae94a80cbe8fcc9f6a1538164173731cb8cd8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Ronel Nel"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/42411","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/24"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=42411"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/42411\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/44135"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=42411"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=42411"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=42411"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}