{"id":4229,"date":"2012-10-05T12:10:00","date_gmt":"2012-10-05T10:10:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/vergeet-om-te-onthou\/"},"modified":"2016-01-28T14:26:18","modified_gmt":"2016-01-28T12:26:18","slug":"vergeet-om-te-onthou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/","title":{"rendered":"Vergeet om te onthou"},"content":{"rendered":"<p>Die goedversorgde, voormalige pastoriemoeder en haar man is ou bekendes by die plaaslike gim op Hartbeespoort. Hulle sukkel nie met oorgewig nie en is \u2019n voorbeeld vir ander paartjies in hul vroe\u00eb sestigerjare as dit by fiksheid kom. Vandag besluit hulle om die watera\u00ebrobiese klas aan te durf.<\/p>\n<p>Esta (61) gesels lekker met die instrukteur en stap saam na die verhitte swembad waar Johann (63) al wag. Sy klim op die swembadleer. Maar skielik huiwer sy.<\/p>\n<p>\u201cKlim in Esta!\u201d moedig die ander haar vrolik aan. Sy durf die water voetjie vir voetjie aan en plas en skerts vir die volgende 45 minute saam met die instrukteur, haar oefenmaats en haar man wat kamma \u2019n \u201cboelie\u201d is omdat hy haar so laat bloedsweet. Die toneel lyk dalk vir buitestanders na \u2019n doodgewone oggend by die gim. Maar frontale temporale demensie, \u2019n siekte wat in baie opsigte soos die gevreesde Alzheimer-siekte lyk, is op \u2019n taamlike \u201cjong\u201d ouderdom by Esta gediagnoseer. \u201cDemensie\u201d is \u2019n oorhoofse term vir Alzheimersiekte wat een van die oorsake van demensie is.<\/p>\n<p>Sy is heeltemal bewus van haar diagnose wat nog in \u2019n redelike vroe\u00eb stadium is, maar met haar man se aanmoediging, ondersteuning en soms stem dik maak, moet die lewe net voortgaan \u2013 al sal dit nooit ooit weer dieselfde wees nie.<\/p>\n<p>Die egpaar maak nie \u2019n moordkuil van hul hart met die onderhoud nie. Hulle fluister nie saggies oor hierdie onwelkome \u201cgas\u201d wat hulle so stilweg bekruip het nie. Hulle takel die siekte sonder skroom, want dit help nie om in ontkenning te leef nie. Soos Johann s\u00ea: \u201cSou my vrou borskanker gehad het, sou ons dit vir ander vertel het. Hierdie is ook \u2019n siekte.\u201d Wanneer het hulle agtergekom daar is fout?<\/p>\n<p>Johann s\u00ea hy het die eerste keer regtig onraad vermoed toe hulle \u2019n klompie vriende oorgenooi het om sy sestigste verjaardag te vier. Esta, \u2019n oudonderwyseres, was \u2019n voorslag in die huis en \u2019n bobaas-organiseerder. Maar daardie dag was daar \u2019n chaos. Johann moes inspring en red wat te redde was.<\/p>\n<p>\u201cEsta het al vreemder begin optree. Sy sou \u2019n appel skil en die skil net daar los, iets wat sy nooit sou gedoen het nie.\u201d<\/p>\n<p>Vroue is bekend vir <em>multi-tasking<\/em> maar hy het besef sy kon skielik net een ding op \u2019n slag doen. Beplanning was \u2019n probleem, en sy het begin sukkel met doodgewone take soos om \u2019n spyskaart op te stel. Johann was op \u2019n dag in die studeerkamer toe hy skielik rook ruik. Esta was in die kombuis doenig en het byna die huis aan die brand gesteek. Dit was nie doodgewone verstrooidheid nie, want twee weke later het presies dieselfde gebeur.<\/p>\n<p>Hulle moet ondersoek instel, het Johann besef. Omdat Esta, wat op 35 osteoartritis gekry het, ook aan ho\u00eb bloeddruk en ho\u00eb cholesterol ly, was hulle eers by \u2019n internis maar hy kon nie fout kry nie. Dit is opgevolg deur \u2019n besoek aan \u2019n neuroloog. Esta het intussen ook depressief begin word. Hul ergste vrese is bewaarheid.<\/p>\n<p>Toetse is gedoen en die uitslag is onverbiddelik, klinies en sonder veel empatie oorgedra. Die neuroloog het die verslae egpaar meegedeel dat daar \u2019n inkrimping van Esta se brein was. Volgens die verslag van die radioloog is daar tekens van serebrale atrofie wat veral in die frontale lobbe opvallend is.<\/p>\n<p>Omdat Johann jare lank by die Rusoord-tehuis vir bejaardes op Brits betrokke is en bekend is met Alzheimersiekte en ander vorms van demensie, het hy geweet wat dit beteken. Esta het nie Alzheimersiekte nie, maar sy toon dieselfde simptome. Mettertyd moes Johann al die huishoudelike take begin oorneem. En 24 uur per dag na Esta omsien.<\/p>\n<p>\u201cEk kan nooit my waaksaamheid verslap en haar alleen laat nie.\u201d<\/p>\n<p>Ons gesels by \u2019n rustige kwekery op Hartbeespoort. Esta dra \u2019n kraakvars wit hemp en \u2019n rooi langbroek. Haar hare is netjies versorg. Dis aan Johann te danke dat sy so mooi lyk. Hy sorg dat sy gereeld \u2019n haarkapper besoek en soos altyd, deur \u2019n ring getrek kan word.<\/p>\n<p>\u201cWaar kom sy aan die man?\u201d vra ek. Wil sy hom nie maar inruil nie? Daar sal sekerlik \u2019n paar kandidate op die dorp wees.<\/p>\n<p>\u201cNee dankie,\u201d lag sy oor die ander vroue op dorp se wederhelftes. \u201cHul boepense is te groot.\u201d<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Persoonlikheidsverandering<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Esta het \u2019n persoonlikheidsverandering ondergaan, vertel Johan.<\/p>\n<p>\u201cSy was altyd pynlik netjies. Nooit sou sy die huis sonder grimering verlaat nie. Nou sal sy sommer dae lank die mooimaakgoed eenkant los of dae lank dieselfde klere wil dra. Hoekom trou \u2019n mens?\u201d vra hy. \u201cEen van die dinge wat my as jong man na Esta toe aangetrek het, was omdat sy so mooi na haarself omgesien het.\u201d<\/p>\n<p>Die egpaar het mekaar 42 jaar gelede in Bloemfontein ontmoet. Daarna het Johann sy teologiese studie aan die Universiteit van Stellenbosch gaan voortsit terwyl Esta nog \u2019n jaar lank in Bloemfontein skoolgehou het. Maar die verlange het te groot geword en hulle is getroud toe Johann 24 en Esta 22 was en hy nog \u2019n student. In sy laaste studiejare het Esta die pot aan die kook gehou.<\/p>\n<p>\u201cDinge het verander. Ek kan nie meer \u2019n dieptegesprek met haar voer nie. Ek kan ook nie net vir haar vra wat eet ons vanaand nie. Dan s\u00ea sy ek moenie moeilike vrae vra nie.\u201d<\/p>\n<p>Johann s\u00ea Esta was nooit \u2019n uitermate emosionele mens nie, maar deesdae is dit asof byna niks haar raak nie. Sy toon nie juis emosies nie. Johann frons ligweg. \u201cSy is nie meer werklik \u2019n vrou vir my nie,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Soms verstaan oudgemeentelede nie waarom sy hulle nie groet nie en net verby hulle kyk \u2013 so asof sy in haar eie w\u00eareld is. En elke keer as sy in \u2019n supermark instap, koop sy \u2019n sekere wasgoedskoonmaakmiddel vir Johann se hemde &#8211; waarvan daar al tien bottels in die kas staan.<\/p>\n<p>\u201cEk het besef hierdie ding kom al drie of vier jaar lank,\u201d vertel hy.<\/p>\n<p>Johann doen die meeste van die praatwerk maar betrek Esta heeltyd. Sy is nie baie spraaksaam nie, maar volg die gesprek. Soms dwaal haar o\u00eb.<\/p>\n<p>Met haar humorsin skort niks. Ons lag by tye kliphard vir haar kwinkslae. Maar soms raak sy ernstig en s\u00ea sy voel so skuldig oor alles wat Johann vir haar doen. Waarop hy skertsend s\u00ea dit het nie so gelyk toe hy vir haar ontbyt in die bed geneem het nie. Nou en dan sit hy sy hand gerusstellend op haar been. Elke tree van die pad saam met haar.<\/p>\n<p>Hy erken dat hy nie weet vir hoe lank hy dit nog sal kan doen voor hy meer ondersteuning gaan nodig h\u00ea nie. Daar is vriendinne en mense in die gemeenskap wat help. Hulle woon al dertig jaar lank op die dorp. Soms smag hy na \u2019n bietjie ruimte soos Woensdagoggende wanneer hy gaan gholf speel wanneer die huishulp inkom. Iemand moet altyd \u2019n oog oor Esta hou. Dit is nie \u2019n piekniek nie. Die verantwoordelikheid rus swaar op sy skouers. Soms raak hy moedeloos. Die lewe vir \u2019n demensielyer se maat is moeilik. Bitter moeilik. Hieroor draai hy nie doekies om nie.<\/p>\n<p>Johann is \u2019n diep gelowige man vir wie sy huweliksbelofte sy erns is, maar voor die diagnose was hy soms so raadop met Esta se onverklaarbare optrede dat hy vir haar ges\u00ea het sy moet liewer gaan. Hy kan nie meer nie. Maar nou besef hy dis \u2019n siekte, hulle is ingelig en kennis is mag. Hy is daar vir haar.<\/p>\n<p>\u201cJy skinder darem nou vreeslik van my,\u201d sal sy hom vermaan, waarop Johann haar verseker dat hy niks agter haar rug sal s\u00ea wat hy nie voor haar sal s\u00ea nie. Sy blik is reguit. Sy stem sag en gerusstellend. Soos di\u00e9 van \u2019n outydse dominee.<\/p>\n<p>So tussen die besef van hoe ernstig haar diagnose is, deel die egpaar ook talle ligte oomblikke. Esta kan sjokolade nie weerstaan nie en laat geen geleentheid verbygaan om hierdie lekkerny in die winkeltrollie in te smokkel nie, al probeer Johann hoe keer.<\/p>\n<p>\u201cHy s\u00ea dit gaan my vet maak, maar ek steur my nie aan hom nie,\u201d s\u00ea sy parmantig.<\/p>\n<p>Die oorsake van demensie bly \u2019n raaisel, gesels ons, maar Johann glo tog dat stres iets daarmee te make het. \u2019n Predikant en sy vrou het dit nie maklik nie. Dis stresvol en baie eise word aan hulle gestel. Esta was boonop altyd die \u201cweerligafleier\u201d.<\/p>\n<p>Hoe verwyl Esta haar tyd? Sy lees graag. Tans is dit \u2019n biografie oor Nelson Mandela. Sy lees ook tydskrifte, maar nooit vir te lank op \u2019n slag nie. Bietjie-bietjie op \u2019n keer. En aan die sosiale front sorg Johann dat hulle gereeld gim toe gaan, want oefening beveg depressie. Hulle kuier ook oor en weer saam met vriende en behoort aan \u2019n woonwaklub. Etes word maandeliks by vriende se huise gehou. Soms kom laai vriendinne Esta op om DVD\u2019s te kyk. \u201cDit gebeur partykeer dat ons by mense gaan kuier en Esta nie \u2019n woord s\u00ea nie, maar wanneer ons huis toe ry, sal sy vertel dit was nou \u2019n lekker kuier,\u201d s\u00ea Johann.<\/p>\n<p>Die egpaar beplan om binnekort vir een van hul drie volwasse, ongetroude seuns te gaan kuier wat in Engeland woon. Dis vir die kinders makliker om hul ma se siekte te hanteer as vir h\u00f3m omdat hulle nie 24 uur per dag by Esta is nie, s\u00ea Johann. Hulle neem ook aan \u2019n navorsingsprojek by UP se departement sielkunde deel. Gesprekke word met die deelnemers gevoer en die studente kan dit deur eenrigtingglas waarneem. Saans voor hulle gaan slaap, kyk hulle eers na die tekenprent Tom and Jerry. \u201cDis nogal gewelddadig,\u201d merk Johann op. \u201cMaar Esta is gaande daaroor.\u201d<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Toekoms? En die pad vorentoe?<\/span><\/strong><\/p>\n<p>Esta sal voortgaan om medikasie te gebruik. Dit sal nooit die demensie kan keer nie, maar dit sal dit wel kan vertraag. Sy sal graag eendag \u2019n ouma wil wees, laat sy val, maar dan moet hulle darem eers \u201cwettige\u201d skoondogters vir hul vrygeselseuns kry.<\/p>\n<p>Johann s\u00ea dit gaan nie help om hom te veel oor die toekoms te bekommer nie. Die moeilikste is die besef dat hy Esta se demensie vir die res van sy lewe sal moet bestuur. \u201cDie oumense het ges\u00ea nood leer bid. Ek moet net nie toelaat dat dinge chaoties raak nie.\u201d<\/p>\n<p>Esta lig haar kop en s\u00ea weer. \u201cEk voel partykeer verskriklik skuldig. Johann se werklas het verdubbel. Hy doen sy werk \u00e9n my werk.\u201d<\/p>\n<p>Dis sy huweliksbelofte en hul kinders wat hom aan die gang hou, vertel Johann. Hulle kyk na die positiewe in die lewe. Hulle blaai deur ou fotoalbums en onthou hul \u201cvorige\u201d lewe. Soms voel hy hartseer soos wanneer hy vergeefs Esta se raad oor \u2019n resep wil vra. Sy het ook altyd die mooiste naaldwerk gedoen. Dit was byna soos \u2019n oorwinning in die kleine toe sy nou die dag vir hom \u2019n broek korter gemaak het.<\/p>\n<p>Ek vra of hulle bereid sal wees om foto\u2019s by rooi rose se ateljee te laat neem.<\/p>\n<p>Johan huiwer nie.<\/p>\n<p>\u201cDit sal \u2019n lekker uitstappie vir Esta wees. Ek is dankbaar dat ek daar vir haar kan wees en dat sy my toelaat om dinge vir haar te doen.\u201d<\/p>\n<p>Toe lag hulle met die gemak van twee mense wat al \u2019n leeftyd saam is.<\/p>\n<p>\u201cPartykeer vra ek vir haar wat het ek gedoen dat die Here my hiermee opgesaal het. Dan s\u00ea Esta net: \u2018Los die Here uit. Hy het niks hiermee te doen nie!\u2019 Dit is die eienaardige van hierdie siekte. Soms is sy so skerp. Ander kere gaan dinge net by haar verby. My grootste bekommernis was wat met Esta gaan gebeur as ek skielik wegval. Gelukkig sal Rusoord se deure dan vir haar oopgaan.\u201d<\/p>\n<p>Sy stem is ferm.<\/p>\n<p>\u201cDit help nie om in sak en as oor so \u2019n diagnose te sit nie. Jy pluis dit uit. Die lewe gaan voort. En jy leef vir solank as wat jy kan leef. Ek sal haar nooit los nie.\u201d<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Raad<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Alzheimer\u2019s SA se kommentaar hieroor is dat tot 50% van familielede en versorgers wat na iemand met demensie omsien een of ander vorm van depressie ervaar weens die spanning wat hulle beleef.<\/p>\n<p>\u201cSelfs diegene wat hul geliefdes w\u00edl versorg, voel soms omgekrap oor die beperkings wat op hulle geplaas word deur iemand wat dalk nie eens waardering vir hul opofferings het nie. Daarom is dit belangrik dat \u2019n mens ook na jouself moet omsien. Dis nie selfsugtig om tyd vir jouself in te ruim nie, of die persoon vir \u2019n paar dae of weke lank te laat versorg terwyl jy vakansie hou nie, of selfs permanent in \u2019n tehuis te laat versorg nie. Dis die beste om hierdie besluit te neem wanneer jy die versorging nie meer kan hanteer nie en sonder om skuldig daaroor te voel.<\/p>\n<p>\u201cPraat gedurende die verskillende fases met ander. Kry \u2019n gewillige oor. Probeer jou gesin betrek sodat jy ook \u2019n blaaskans kan kry. Sluit by \u2019n steungroep aan. Behou kontak met jou vriende. Huil as jy lus voel om te huil sonder dat die persoon jou sien, want di\u00e9 sal jou nie kan help nie en kan dalk buierig raak.\u201d<\/p>\n<p>Kontak <span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" target=\"\">www.alzheimers.org.za <\/a><\/span><br \/>\nTel. 011 792 2511 of 0860 102 681<br \/>\nfaks 011 792 7135 of 086 635 4007 of Dementia SA by 0860 636 679 of<br \/>\n021 421 0077\/78 of 021 418 5888<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die goedversorgde, voormalige pastoriemoeder en haar man is ou bekendes by die plaaslike gim op Hartbeespoort. Hulle sukkel nie met oorgewig nie en is \u2019n voorbeeld vir ander paartjies in hul vroe\u00eb sestigerjare as dit by fiksheid kom. Vandag besluit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":20682,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[3286,3287],"class_list":["post-4229","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-demensie","tag-alzheimers"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vergeet om te onthou | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vergeet om te onthou | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die goedversorgde, voormalige pastoriemoeder en haar man is ou bekendes by die plaaslike gim op Hartbeespoort. Hulle sukkel nie met oorgewig nie en is \u2019n voorbeeld vir ander paartjies in hul vroe\u00eb sestigerjare as dit by fiksheid kom. Vandag besluit [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-10-05T10:10:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-28T12:26:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/10\/9-Freeimages-Neal-Horstmeyer.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1434\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergeet-om-te-onthou\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergeet-om-te-onthou\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Vergeet om te onthou\",\"datePublished\":\"2012-10-05T10:10:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-28T12:26:18+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergeet-om-te-onthou\\\/\"},\"wordCount\":2207,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergeet-om-te-onthou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/10\\\/9-Freeimages-Neal-Horstmeyer.jpg\",\"keywords\":[\"demensie\",\"alzheimers\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergeet-om-te-onthou\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergeet-om-te-onthou\\\/\",\"name\":\"Vergeet om te onthou | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergeet-om-te-onthou\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergeet-om-te-onthou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/10\\\/9-Freeimages-Neal-Horstmeyer.jpg\",\"datePublished\":\"2012-10-05T10:10:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-28T12:26:18+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergeet-om-te-onthou\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergeet-om-te-onthou\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergeet-om-te-onthou\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/10\\\/9-Freeimages-Neal-Horstmeyer.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/10\\\/9-Freeimages-Neal-Horstmeyer.jpg\",\"width\":1434,\"height\":1920},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergeet-om-te-onthou\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vergeet om te onthou\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vergeet om te onthou | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vergeet om te onthou | rooi rose","og_description":"Die goedversorgde, voormalige pastoriemoeder en haar man is ou bekendes by die plaaslike gim op Hartbeespoort. Hulle sukkel nie met oorgewig nie en is \u2019n voorbeeld vir ander paartjies in hul vroe\u00eb sestigerjare as dit by fiksheid kom. Vandag besluit [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-10-05T10:10:00+00:00","article_modified_time":"2016-01-28T12:26:18+00:00","og_image":[{"width":1434,"height":1920,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/10\/9-Freeimages-Neal-Horstmeyer.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Vergeet om te onthou","datePublished":"2012-10-05T10:10:00+00:00","dateModified":"2016-01-28T12:26:18+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/"},"wordCount":2207,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/10\/9-Freeimages-Neal-Horstmeyer.jpg","keywords":["demensie","alzheimers"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/","name":"Vergeet om te onthou | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/10\/9-Freeimages-Neal-Horstmeyer.jpg","datePublished":"2012-10-05T10:10:00+00:00","dateModified":"2016-01-28T12:26:18+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/10\/9-Freeimages-Neal-Horstmeyer.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/10\/9-Freeimages-Neal-Horstmeyer.jpg","width":1434,"height":1920},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeet-om-te-onthou\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vergeet om te onthou"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4229","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4229"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4229\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20682"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4229"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4229"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4229"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}