{"id":3972,"date":"2012-07-26T14:53:00","date_gmt":"2012-07-26T12:53:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/kom-ons-bid\/"},"modified":"2018-04-09T10:47:25","modified_gmt":"2018-04-09T08:47:25","slug":"kom-ons-bid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/","title":{"rendered":"Kom ons bid"},"content":{"rendered":"<p>\u201cBid gedurig,\u201d staan in 1 Tessalonisense 5:17. Die vraag is: Waar? Wanneer? Hoe? Deur die eeue en in verskillende w\u00earelddele het mense verskillend gebid. Die Christelike tradisie alleen bevat \u2019n groot verskeidenheid gebedswyses, om nie eens van ander geloofstradisies te praat nie.<\/p>\n<p>In Bybelse tye het gelowiges heel anders ge-bid as wat Protestante dit vandag doen, skryf dr. Piet Muller in die splinternuwe Kom ons bid (Griffel, 2012): \u201cIn die vroegste dae was gebed \u2019n handeling wat in \u2019n rituele ruimte of n\u00e1 \u2019n ritueel van suiwering plaasgevind het. In die Ou Testament lees ons dat mense spesiale plekke besoek het vir gebed en offers. Heilige plekke, soos die berg Moria, was hiervoor nodig.\u201c<\/p>\n<p>Baie mense het in Jesus se tyd by die tempel in Jerusalem gaan bid. Omdat sy bediening meestal buite Jerusalem plaasgevind het, kon Hy dit selde doen. \u201cMaar Hy het Hom dikwels teruggetrek na eensame plekke &#8211; wat \u2019n mens \u2019n rituele handeling laat vermoed.\u201c<\/p>\n<p>Vandag is dit vir die meeste gelowiges onnodig om eers \u2019n rituele handeling te voltooi voordat hulle kan bid. Baie glo ook hulle mag enige tyd op enige plek bid. Net so het die inhoud van gebede grootliks van voorgeskrewe na spontane gebede verander.<\/p>\n<p>Sommige Protestantse kerke lees steeds rituele gebede voor. \u201cAnder glo weer dis \u2019n \u2018ydele herhaling van woorde\u2018. Maar rituele gebede was juis wat Christene meestal deur die eeue gebid het. Die Middeleeuse kerk het \u2019n ryk gebedspraktyk gehad met talle gebede wat deur enkele begenadigde bidders soos Franciskus van Asissi geskryf is. Gebedeboeke het gebede vir die hele liturgiese jaar bevat en die idee was hoe meer \u2019n mens hierdie gebede bid, hoe meer word jou gees met die strekking daarvan deurtrek.<\/p>\n<p>\u201cDat jy tot God moet bid in jou eie woorde, met vrome eerbied, kom van die kerk-vader Johannes Calvyn. Dit steun op die opvattings van die Renaissance, waarin die mens n\u00e1 die Middeleeue sy eie waardigheid herontdek en as individu na vore getree het.\u201c<\/p>\n<p>Hierdie persoonliker, intiemer gebeds-aanslag het die redes waarom mense bid opnuut belig. Is gebed maar net \u2019n pleidooi om gunste of hulp, of is dit meer as die somtotaal van ons versoeke aan God?<\/p>\n<p><strong>\u2019n Dissipline<\/strong><strong><br \/>\n<\/strong>Sekere kerkvaders het die gebed gesien as \u2019n manier \u201com \u2019n persoonlike verhouding tussen die aanbidder en die Groot Misterie op te bou of as die gemeenskap van die gees met God\u201c, skryf Piet. \u201cDis bedoel om jou spirituele lewe te voed. Gebed wat nie deel is van \u2019n vaste praktyk nie, kan nie geestelike groei by die bidder veroorsaak nie.\u201c \u2019n Vaste praktyk veronderstel natuurlik dissipline.<\/p>\n<p>\u201cIn die eerste eeu van ons jaartelling was Olimpiese atlete die \u2018popsterre\u2018 van hul tyd. Die lang ure wat hulle elke dag moes oefen en die jare van voorbereiding vir \u2019n paar oomblikke van glorie het almal se bewondering afgedwing. Daarom dat selfs die apostel Paulus die oefening en opoffering wat \u2019n mens ter wille van geestelike groei moet maak met di\u00e9 van atlete vergelyk het.<\/p>\n<p>\u201cOns geestelike voorvaders was klaar-blyklik deeglik bewus van die \u2019oefening\u2018 wat nodig is om die geestelike leer te klim, soos wat een van die woestynvaders, Johannes Klimakos, dit gestel het. Kyk \u2019n mens na die Christendom van die eerste drie eeue, merk jy dat \u2018geestelike oefeninge\u2018 \u2019n groot deel van Christene se lewe in beslag geneem het. Nie dat hulle doelbewus iets soos \u2018geestelike oefeninge\u2018 gedoen het nie, maar dat hul leefwyse daarop ingestel was om Jesus se leefwyse na te boots. Soos Paulus dit in die taal van die 1933-vertaling van die Bybel gestel het, moet ons ons oefen in godsaligheid (1 Timoteus 4:7). Ons moet oefenaars van Jesus se beginsels word, sodat ons ons naaste kan liefh\u00ea soos onsself en tot sewentig maal sewe toe kan vergewe.<\/p>\n<p>\u201cSedert die Hervorming, toe Martin Luther tot die gevolgtrekking gekom het dat al sy kloosterdissipline hom nie kan red nie en dat slegs die genade van God dit kon doen, het die praktyk van geestelike oefening na die agtergrond geskuif en in vele opsigte selfs verlore geraak. Kom ons bid ondersoek metodes waarmee gebed weer sentraal gestel kan word, nie net as spirituele \u2018oefening\u2018 nie maar as \u2019n middel tot gees-telike groei en diepe gemeenskap.\u201c<\/p>\n<p><strong>Bid met jou hele wese<\/strong><strong><br \/>\n<\/strong>\u201cJy hoef nie net met woorde te bid nie, jy kan ook met jou gedagtes bid, met jou verbeelding en met jou liggaam,\u201c skryf Piet.<\/p>\n<p><strong>Bid met jou liggaam<\/strong><br \/>\n\u201cWanneer \u2019n mens met jou hele liggaam bid, is die eerste stap om te sentreer, om tot rus te kom, soos wat \u2019n pottebakker \u2019n bal klei op \u2019n pottebakkerswiel vashou totdat dit kan ronddraai sonder om te wikkel.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Goeie manier om hiermee te begin is om stadig en doelbewus asem te haal. S\u00ea vir jouself: \u2018Ek weet dat ek nou inasem\u2018. Wan-neer jy uitasem, s\u00ea jy: \u2018Ek weet dat ek uit-asem\u2018. Wanneer jy dit \u2019n paar keer vir jouself ges\u00ea het terwyl jy asemhaal, sal jou asemteue vanself stadiger en rustiger raak.<\/p>\n<p>\u201cS\u00ea dan: \u2018Heer, ek asem my kommer oor my maandelikse rekeninge voor U uit\u2019, of \u2018oor my kind se eksamen \u2026 \u2019 Luister daarn\u00e1 net in stilte. As jou gedagtes wil dwaal, bring dit saggies terug na die hede deur jou dwalende gedagtes \u2018uit te asem\u2018 en luister weer. Dis merkwaardig hoeveel antwoorde op probleme \u2019n mens kry deur net bereid te wees om te luister na wat in jou gemoed opkom.<\/p>\n<p>\u201cNadat jy asemhaling as \u2019n manier van gebed gebruik het, kan jy ook jou hande gebruik om te bid. In sy klassieke boek, Celebration of Discipline, beveel Richard Foster aan dat \u2019n mens jou palms grond toe draai as \u2019n simbool van jou bereidheid om jou sorge aan God oor te gee. S\u00ea iets soos: \u2018Ek gee my kommer en my angs aan God oor\u2019, of \u2018my besorgdheid oor my kind\u2019, of wat jou ook al kwel. Dis merkwaardig hoeveel rustigheid hierdie gebaar van oorgawe kan bring helder kan dink. Want hoe meer gejaag en gespanne jy is, hoe kleiner word die kans dat jy \u2019n oplossing sal kry.<\/p>\n<p>\u201cDraai nou jou palms boontoe en vra: \u2018Heer, gee my insig in my kind se probleme.\u2019 Of eenvoudiger: \u2018Heer, vul my met U teenwoordigheid en wysheid.\u2018 Aanvaar wat in jou gedagtes opkom as \u2019n geskenk.\u201d<\/p>\n<p><strong>Visualisering as gebed<\/strong><br \/>\n\u201cOns eie gedagtes en verbeelding is ryk bronne waaruit ons kan put om ons gebeds-lewe dieper te maak. In \u2019n tyd sonder boeke het Jesus gelykenisse gebruik om sy bood-skap oor te dra. In hierdie gelykenisse het Hy elke sintuig van sy luisteraars aangespreek.<\/p>\n<p>\u201cJou gebede hoef dus nie net petisies of lofliedere aan God te wees nie. Jy kan ge-woon jou o\u00eb toemaak en byvoorbeeld die dag oproep toe Jesus die gelykenis van die verlore seun vertel het. \u2018Sien\u2018 in jou verbeelding waar Jesus staan of sit, \u2018sien\u2018 die mense rondom hom, voel die temperatuur van die dag en verbeel jou jy ruik die warm broodjie wat \u2019n kind as padkos saamgebring het, of wat ook al. Lewe jou volkome daarin en luister hoe Jesus se woorde oor die verlore seun jou direk aanspreek.<\/p>\n<p>\u201cOf verbeel jou jy is teenwoordig terwyl Jesus die saligspreuke tydens die bergrede uitspreek. Nadat jy jou in die oomblik ingeleef het, kan jy die woorde van die saligspreuke stadig vir jouself herhaal: \u2018Salig is die armes van gees\u2026\u2018\u201c<\/p>\n<p><strong>Die herhalende gebed<\/strong><br \/>\n\u201cDis nie nodig om jou eie woorde te gebruik terwyl jy bid nie. Jy kan Jesus se woorde herhaal, of die gebed van Franciskus. Jy kan die woorde ook soveel maal herhaal as wat jy nodig ag, want elke herhaling sal jou na \u2019n dieper geestelike vlak neem. Hierdie soort gebed het die vermo\u00eb om &#8211; soos waterdruppels wat sag maar aanhoudend op klip val \u2013 uiteindelik deur die hardste \u2018geestelike korse\u2018 tot in die onbewuste te dring, waar geestelike genesing kan plaasvind.\u201c<\/p>\n<p><strong>Stap as gebed<\/strong><br \/>\n\u201c\u2019n Mens kan ook bid terwyl jy stap of hardloop. Die meeste van ons het al beleef dat iemand van onrus en bekommernis spontaan heen en weer begin stap. Stap, veral as jy afgemete en bewustelik stap &#8211; hoe stadiger, hoe beter &#8211; het \u2019n kalmerende uitwerking. Wanneer jy s\u00f3 wil stap, is dit natuurlik beter om dit te doen waar ander jou nie kan sien nie. Hulle kan jou dalk vreemd aankyk!<\/p>\n<p>\u201cStap so dat jy bewus kan wees van elke tree wat jy gee. Tel jou tre\u00eb en sinkroniseer dit met jou asemhaling: in een &#8230; twee, uit ? een &#8230;?twee. Aanvanklik kan jou uitasem langer wees as jou inasem: in?een &#8230;?twee &#8230;, uit een &#8230; twee &#8230; drie. Moenie dat dit jou ontstel nie. Soos jy kalmer raak, sal dit verander. Dit kan ook \u2019n week of meer duur voordat jou longe sterk genoeg is om op die ritme van in \u2026 een \u2026 twee \u2026 drie, uit \u2026 een \u2026 twee \u2026 drie \u2026 te stap, maar uiteindelik word dit tweede natuur.<\/p>\n<p>\u201cWanneer jy dit kan doen, is die tyd reg om \u2019n pandwoord of ook \u2019n langer gebed te gebruik terwyl jy stap. \u2018Maran\u2026atha\u2019 is \u2019n lekker pandwoord om op te stap. Jy kan na-tuurlik ook net op jou liggaamsaksie konsentreer, terwyl jy jouself oopstel vir wat uit die diepste van jou gemoed boontoe kom.\u201c<\/p>\n<p>\u2019n Pandwoord, verduidelik dr. Ronell Bezuidenhout in Kom ons bid, is \u2019n hulpmiddel wat die onophoudelike gedagtestroom in ons help beheer. Dis \u2019n woord, gedagte of kort sinnetjie &#8211; \u2019n \u201cmini-geloofsbelydenis\u201c \u2013 wat jy herhaal en wat jou dieper in die gebedsbelewenis intrek. \u201cDie moontlikhede is eindeloos: Jesus, Vader of Abba, Liefde, Vrede, Skuilplek of Kyrie Eleison.\u201c<\/p>\n<p><strong>Die bidsnoer<\/strong><br \/>\n\u201cEen van die heel oudste maniere van bid, bid met \u2019n bidsnoer, is besig om weer pos te vat,\u201c skryf Piet. \u201cOp vliegroetes en in openbare plekke is dit nie meer snaaks om mense met \u2019n bidsnoer te sien nie. Daar is waarskynlik nie \u2019n w\u00eareldgodsdiens wat nie op die een of ander tydstip hierdie vorm van gebed beoefen het nie.<\/p>\n<p>\u201cDie twee bekendste bidsnoere in die Christendom is die Griekse komboskoni, \u2019n toutjie met verskillende knope vir verskillende gebede. Elke knoop is op so \u2019n manier gemaak dat dit \u2019n kruis vorm. Die ander een is die katolieke rosekrans, met gebede wat meer spesifiek om Maria wentel.<\/p>\n<p>\u201cDie kort bidsnoer wat om die pols gedra word, is baie gewild. \u2019n Mens tas die krale met jou vingers af terwyl jy jou pandwoord of gebed ops\u00ea. Omdat \u2019n bid-snoer wat om die pols gedra kan word die mees praktiese vorm vir die moderne lewe is, het die skrywers van Kom ons bid \u2019n kort bidsnoer ontwerp wat ook voorsiening maak vir verskillende gebedstye per dag: vir wanneer \u2019n mens wakker word, laatoggend, met middagete, die namiddag en die aand. Sluit die dag af met \u2019n gebed of \u2019n reeks gebede \u2013 of selfs net jou pandwoord &#8211; op die bidsnoer. In Kom ons bid word so \u2019n reeks gebede voorgestel.<\/p>\n<p>\u201cOmdat \u2019n mens nie die gebede hardop hoef te s\u00ea nie, kan jy selfs tussen ander mense op hierdie manier bid sonder dat dit hulle sal steur. Al die gebede op die bidsnoer kan ook in een deurlopende sitting gebid word, byvoorbeeld op \u2019n lang reis of tydens \u2019n siekbed. Ook wanneer jy in die laatnag wakker word en nie weer kan slaap nie.<\/p>\n<p>\u201cWanneer \u2019n mens die bidsnoer gebruik, bid jy nie net met woorde en\/of gedagtes nie, maar ook met jou onrustige vingers. Dit is hierdie kombinasie wat deur die eeue heen die bidsnoer so gewild gemaak het.\u201c<\/p>\n<p>In <em>Kom ons bid<\/em> word ook ander gebedsvorme en benaderings tot gebed beskryf. Dr. Abel Pienaar vat dit s\u00f3 saam: \u201cGebed is nie net \u2019n oomblik op jou knie\u00eb nie. Alles is ge-bed, elke gedagte en elke handeling. Gebed is die strewe om goddelik te leef deur liefde, sagtheid, vergifnis, omgee en nederigheid.\u201c<\/p>\n<p>Kom ons bid, Piet Muller (samesteller), Griffel, 2012 is by boekhandelaars of www.Boekblik.co.za beskikbaar.<\/p>\n<p><strong>Klein verposings<br \/>\n<\/strong>Ek het \u2019n moderne gebedsnoer, \u2019n \u201carmband\u201c met \u2019n lieflike, aardse gevoel, by dr. Piet Muller present gekry en met die gebedsdissipline begin wat in Kom ons bid uiteengesit word. Jy begin en sluit die dag af met spesifieke gebede en bid drie ander gebede tussenin. Die bidsnoer herinner jou midde-in die daaglikse geharwar dat jy onderneem het om gereeld te bid. Soms het ek dit as \u2019n armband gedra en wanneer dit nie by my kleurskema wou inskakel nie, het ek dit langs my rekenaar gehou. \u2019n Vrou bly maar \u2019n vrou! As ek di\u00e9 gebedsdissipline met een woord kon beskryf, sou ek \u201cvertroostend\u201c kies. Dis goed vir my siel om gereeld tot stilstand te kom wanneer ek die gebedskrale aftel en die woorde bid. Soms kos dit diep asemhaal om te konsentreer, maar meestal is dit \u2019n eilandjie van stilte midde-in \u2019n besige dag. Soos dr. Ronell Bezuidenhout dit in Kom ons bid stel: \u201cHoe voel \u2019n agenda wat \u2013 al is dit vir die oomblik \u2013 eenkant toe gestoot word? Niks is immers belangriker nie as die viering met God.\u201c<br \/>\nNavrae\/bestellings: stuur \u2018n e-pos getiteld \u201eBidsnoer\u201c aan kensho@worldonline.co.za<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cBid gedurig,\u201d staan in 1 Tessalonisense 5:17. Die vraag is: Waar? Wanneer? Hoe? Deur die eeue en in verskillende w\u00earelddele het mense verskillend gebid. Die Christelike tradisie alleen bevat \u2019n groot verskeidenheid gebedswyses, om nie eens van ander geloofstradisies te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":3973,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677],"tags":[],"class_list":["post-3972","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kom ons bid | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kom ons bid | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u201cBid gedurig,\u201d staan in 1 Tessalonisense 5:17. Die vraag is: Waar? Wanneer? Hoe? Deur die eeue en in verskillende w\u00earelddele het mense verskillend gebid. Die Christelike tradisie alleen bevat \u2019n groot verskeidenheid gebedswyses, om nie eens van ander geloofstradisies te [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-07-26T12:53:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-09T08:47:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012730152146.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"551\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"369\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-ons-bid\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-ons-bid\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Kom ons bid\",\"datePublished\":\"2012-07-26T12:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T08:47:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-ons-bid\\\/\"},\"wordCount\":2172,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-ons-bid\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra2012730152146.jpg\",\"articleSection\":[\"Inspirasie\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-ons-bid\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-ons-bid\\\/\",\"name\":\"Kom ons bid | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-ons-bid\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-ons-bid\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra2012730152146.jpg\",\"datePublished\":\"2012-07-26T12:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T08:47:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-ons-bid\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-ons-bid\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-ons-bid\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra2012730152146.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra2012730152146.jpg\",\"width\":551,\"height\":369},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-ons-bid\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kom ons bid\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kom ons bid | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kom ons bid | rooi rose","og_description":"\u201cBid gedurig,\u201d staan in 1 Tessalonisense 5:17. Die vraag is: Waar? Wanneer? Hoe? Deur die eeue en in verskillende w\u00earelddele het mense verskillend gebid. Die Christelike tradisie alleen bevat \u2019n groot verskeidenheid gebedswyses, om nie eens van ander geloofstradisies te [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-07-26T12:53:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-09T08:47:25+00:00","og_image":[{"width":551,"height":369,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012730152146.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Kom ons bid","datePublished":"2012-07-26T12:53:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T08:47:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/"},"wordCount":2172,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012730152146.jpg","articleSection":["Inspirasie"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/","name":"Kom ons bid | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012730152146.jpg","datePublished":"2012-07-26T12:53:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T08:47:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012730152146.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012730152146.jpg","width":551,"height":369},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-ons-bid\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kom ons bid"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3972","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3972"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3972\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3973"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3972"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3972"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3972"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}