{"id":3968,"date":"2012-07-26T14:39:00","date_gmt":"2012-07-26T12:39:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/se-dit\/"},"modified":"2016-01-25T14:35:16","modified_gmt":"2016-01-25T12:35:16","slug":"se-dit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/","title":{"rendered":"S\u00ea dit"},"content":{"rendered":"<p>Die telefoon lui. Jy weet dis jou vriendin; sy kaap jou byna elke aand. Jy moet meegevoer luister na die kleinste gebeurlikheidjies in haar lewe terwyl jy smag na \u2019n warm bad en \u2019n lekker boek. Dit dryf jou teen die mure uit, maar jy s\u00ea niks \u2013 sy is duidelik eensaam, en jul jarelange vriendskap is op die spel. Jy sluk jou frustrasie, terwyl jy goed weet dat jou bloeddruk indrukwekkende hoogtes bereik.<\/p>\n<p>Jy k\u00e1n die stilte verbreek. Mits jy weet hoe, s\u00ea Maureen Collins, menslike hulpbronontwikkelingskonsultant van Johannesburg. In <em>Straight Talk: conversations at work that get results en Straight Talk: how to manage conversations that scare you<\/em> vat Maureen die vaardighede en insig wat jy nodig het om jou s\u00ea te s\u00ea duidelik vas. Die doel \u2013 en dis bepalend \u2013 is om \u2019n gesprek s\u00f3 te voer dat dit die verhouding opbou eerder as skaad, en dat jy jou gespreksgenoot se insette en samewerking verkry.<\/p>\n<p>\u201cDie gehalte van ons gesprekke bepaal ons sukses by die werk, die aard van ons verhoudings, en die geluk van ons langtermynverbintenisse,\u201d s\u00ea Maureen. \u201cGesprekke kan verhoudings verstewig \u2013 of vernietig. Dis hoekom ons sekere gesprekke soos die pes vermy. Ons weet ons sien die situasie anders as die ander persoon en dat albei partye sterk oor die betrokke kwessie voel. Ons voel aan dat daar baie op die spel is; dat mense kan seerkry. Ons benader hierdie gesprekke met vrees en bewing, of skram bloot daarvan weg. Hulle maak ons bang! Maar ons w\u00e9\u00e9t die gesprek moet gevoer word. \u2019n Probleem wat onder die mat ingevee word, het die manier om te vererger. Boonop bereik frustrasie, woede of verleentheid wat binnegehou word later plofpunt. \u2019n Uitbarsting gevolg deur trane, verskonings en versoening kan die spanning verlig, maar los selde die knelpunte op.<\/p>\n<p>\u201cWat is die antwoord? Om dit uit te praat, op \u2019n oplossing ooreen te kom en dit deur te voer, natuurlik. Dis dalk ooglopend, maar allermins eenvoudig. Dit verg moed sowel as vaardigheid. Die geheim is om \u2019n veilige gespreksruimte te skep. As dit veilig is, kan jy \u00e9nige saak aanroer \u2013 sonder ongewenste nagevolge. Dink net wat dit vir jou stresvlakke kan doen!\u201d Volgens Maureen word die beginsels van di\u00e9 soort gesprekvoering redelik maklik oorgedra, maar die toepassing daarvan verg oefening. Hierdie artikel gee net \u2019n voorsmakie van die proses wat jy kan volg.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Duidelikheid is deurslaggewend<\/span><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p>Heel eerste moet jy die sleutelkwessie klinkklaar omskryf. Hou die omskrywing so kort moontlik. Vra jou ook af hoe lank jy al oor di\u00e9 saak swyg. Deur ons ware gevoelens weg te steek, dra ons aktief by tot die probleem. Ons vergeet dat terugvoer aan ander die geleentheid bied om hul gedrag te verander.<\/p>\n<p>Hoe belangrik is die kwessie &#8211; en die verhouding &#8211; vir jou? Dink twee keer voor jy iemand konfronteer wat kwalik in jou lewe figureer. As dit \u2019n belangrike verbintenis is, moet jy besluit of jy die risiko wil loop dat die gesprek die verhouding verongeluk. Besluit ook of die optrede wat jou pla eenmalig is, of \u2019n patroon vorm.<\/p>\n<p>As jy iemand vertel watter impak hul negatiewe optrede op jou het en niks daarn\u00e1 verander nie, is die volgende stap om hulle te nooi om oor jul wedersydse optrede te onderhandel. Dis \u2019n tweerigtingproses, en gewoonlik moet albei partye aanpassings maak. Besluit reeds voor die aanvanklike gesprek wat jy bereid is om te verander, wat ononderhandelbaar is en wat jy van die ander persoon wil vra.<\/p>\n<p>Dis belangrik dat die uitkoms van die voorgenome gesprek vir \u00e1lbei voordeel moet inhou. As jy bloot jou gevoelens wil lug of die ander persoon \u2019n punt wil wys, geld dit nie as \u2019n wen-wen-situasie nie.<\/p>\n<p>Dit spreek vanself dat jy die gesprekstyd en plek versigtig kies. Sensitiewe gesprekke moet liefs van aangesig tot aangesig gevoer word sodat jy lyftaal in ag kan neem. Privaatheid is noodsaaklik om veiligheid te skep, maar soms kan \u2019n gesprek in \u2019n openbare plek soos \u2019n restaurant waar die tafels redelik ver van mekaar is juis daartoe bydra dat die betrokkenes hul emosies beteuel.<\/p>\n<p>Die tydsberekening moet fyn wees sodat die gespreksgenote rustig is maar nie oormoeg nie. Soms is dit wys om te wag tot die ander een die kwessie opper. Maureen vertel hoe sy \u2019n keer ses maande lank gewag het vir die regte oomblik om \u2019n kwelling aan te raak, en dat haar geduld vrugte afgewerp het!<\/p>\n<p>Wanneer jy duidelikheid oor die sake hier bo het, moet jy sorg dat jy jou emosies ontlont v\u00f3\u00f3r jy begin praat \u2013 natuurlik ook in die gesprek. Emosionele intelligensie beteken om waarlik bewus te wees van jou gevoelens en hoe jy hulle deur woorde sowel as lyftaal uitdruk. Onthou dat \u2019n versnelde hartklop, dro\u00eb mond of nat handpalms jou kan waarsku dat jy in die greep van emosie is.<\/p>\n<p>As jou gevoelens handuit ruk, is dit die verkeerde tyd vir die gesprek. Die ander uiterste \u2013 om emosies geheel en al te probeer uitskakel \u2013 kan ook nadelig wees. In die regte mate gee emosie dringendheid aan kommunikasie en kan dit ander motiveer om hul gedrag te verander. Balans is die wagwoord. Jy kan aanleer wanneer om die toon lig te hou en wanneer om stadiger te beweeg sodat dieper oortuigings na vore kan kom.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Stap vir stap<\/span><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p>Dis \u2019n kuns om van die begin af die regte kleur aan die gesprek te gee. Jy kan wegspring deur te s\u00ea hoe jy jou vriendin se jarelange vriendskap waardeer. Laat blyk dat jy empatie vir haar situasie het, en stel haar gerus dat jy die vriendskap wil voortsit. Wanneer jy jou kwelling op die tafel sit, is die re\u00ebl: feite eerste. Feite is ni\u00e9 dieselfde as menings nie. Beskryf hoe dikwels sy jou bel en hoe lank sy praat sodat sy verstaan waar jy vandaan kom en kan sien dat haar gedrag \u2019n patroon vorm. Sorg dat jy die feite in \u2019n neutrale stemtoon oordra.<\/p>\n<p>N\u00e1 die feite kom gevoelens aan die beurt. Vertel jou vriendin hoe die situasie jou laat voel sonder om haar te blameer. Dis sinvoller om te s\u00ea: \u201cEk voel &#8230; \u201d as \u201cJy laat my altyd &#8230; \u201d Erken jou aandeel aan die situasie deur byvoorbeeld te s\u00ea jy moes dit reeds vroe\u00ebr aangeraak het. S\u00ea duidelik dat jy graag die ander persoon se siening wil hoor sodat julle saam \u2019n oplossing kan kry. Dis immers die doel van die gesprek.<\/p>\n<p>Soms faal die gesprek omdat mense die ongemaklike situasie systap deur oor-emosioneel te raak of die onderwerp te verander. Laat jy dit toe, gaan die probleem net voortduur. As kommunikasie tot \u2019n stilstand kom omdat die ander persoon byvoorbeeld begin huil, kan jy \u2019n koppie tee gaan haal sodat hy of sy tot verhaal kan kom. Bring die gesprek daarna terug na die onderwerp.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">N\u00e1 praat kom luister<\/span><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p>Die eerste deel van die proses \u2013 om die kwessie op die tafel te sit \u2013 verg veral moed. Die volgende afdeling van die proses, s\u00ea Maureen, verg veral konsiderasie. Hier moet jy jou eie oordeel en belange vir eers eenkant toe skuif sodat jy fyn na die ander persoon se belewenis kan luister. Die situasie moet emosioneel veilig wees vir jou gespreksgenoot; as jy die inligting wat jy kry enigsins teen hom of haar kan gebruik, gaan jy nie veel uitrig nie.<\/p>\n<p>Verslap die pas en neem kennis van hoe jou gespreksmaat dink en voel. Weerstaan die versoeking om te kritiseer, die saak reg te stel, jouself te verdedig, en so meer. Gee aan alle gedagtes \u00e9n gevoelens erkenning sonder om meerderwaardig voor te kom. Dalk gaan daar vir jou \u2013 en vir jou vriendin &#8211; \u2019n lig op oor hoekom sy jou so dikwels bel.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">S<\/span><\/strong><strong><span style=\"color: #ff0000;\">wak luistergewoontes<\/span><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Jy knik en glimlag, maar jou gedagtes is elders.<\/li>\n<li>Jy val die ander persoon in die rede.<\/li>\n<li>Jy formuleer jou eie antwoord terwyl die ander een nog praat.<\/li>\n<li>Jy vra geen vrae nie.<\/li>\n<li>Jy onderbreek jou gespreksmaat om jouself te verdedig, of iets \u201creg te stel\u201d.<\/li>\n<li>Jy gee ongevraagde raad.<\/li>\n<li>Jou menings, voorkeure en vooroordele oorheers die gesprek. Jy ignoreer gewoon inligting wat van jou oortuigings verskil.<\/li>\n<li>Jy plaas mense en situasies in kassies en veralgemeen of stereotipeer.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Wys s\u00f3 dat jy werklik hoor<\/span><\/strong><\/p>\n<p>Luister aandagtig, som op wat die ander een ges\u00ea het en vra of jy reg gehoor het.<\/p>\n<p>Gebruik empatie om gevoelens te erken en emosies te ontlont, byvoorbeeld: \u201cDit lyk my jy voel teleurgesteld hieroor.\u201c Onthou dat gevoelens dikwels deur lyftaal na vore kom.<\/p>\n<p>Nou is dit tyd om oplossings te genereer. Jou vriendin dink moontlik aan ander mense met wie sy ook tyd kan deurbring, of besluit om op haar beurt vir iemand anders \u2019n oor te bied. Sulke inisiatiewe moet van haar kant kom, met jou begrip en steun. Hoe intenser haar kreatiewe deelname, hoe groter sal haar betrokkenheid wees by die uitvoer van die plan. As jy jou eie oplossing aan haar probeer opdwing, bly jy by implikasie verantwoordelik vir enige verandering.<\/p>\n<p>As die tweede afdeling van die gespreksproses nie werk nie omdat die ander een weier om deel te neem, sal jy \u2019n afsonderlike gesprek rondom hierdie weiering moet beplan.<\/p>\n<p>Volgens Maureen kan \u2019n breuk of time out tussen die eerste afdeling van die gesprek, waar jy jou kant stel, en die tweede afdeling waar jy hoofsaaklik luister, goed werk. Jy kan \u2019n opvolgafspraak skeduleer of binne \u2019n sekere tydperk die onderwerp ophaal. Sommige kwessies vra \u2019n reeks gesprekke en die onus rus op jou om te sorg dat dit enduit bepraat word. Onthou om elke nuwe gesprek met \u2019n kort opsomming van die vorige een te begin.<\/p>\n<p>Di\u00e9 proses is \u2019n mondvol. Maar dit word haarfyn in Maureen se boeke bespreek en in haar tweedagwerkswinkels oorgedra. Die talle lewensgetroue voorbeelde en scenario\u2019s maak dit baie makliker om te verstaan en te gebruik. \u201cRome is nie in \u2019n enkele dag gebou nie,\u201d s\u00ea sy. \u201cDie wonder is dat jy reeds \u2019n verskil kan maak deur slegs \u00e9\u00e9n van die beginsels toe te pas.\u201d<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Hanteer elkeen afsonderlik<\/span><\/strong><\/p>\n<p>Soms is die mens met wie jy \u2019n sensitiewe gesprek moet h\u00ea, se houding \u2019n probleem. Jy kan kwalik rustig met jou tiener oor inkomtye onderhandel as hy jou spreekwoordelik die middelvinger gee. Die inkomtye en sy houding vra twee afsonderlike gesprekke. Maureen glo die sleutel tot gesprekke oor <em>attitude<\/em> l\u00ea in hoe jy die gedrag wat uit die houding voortspruit, verwoord. As jy beskuldigend klink, gaan jou seun hom onmiddellik verdedig. Jy kan vooraf probeer begryp waar sy rebelsheid vandaan kom en jou woorde s\u00f3 kies dat jy empatie met sy waarskynlike gevoelens toon. Onthou om jou eie aandeel aan die situasie te belig.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Skep s\u00f3 meer betrokkenheid<\/strong><\/span><\/p>\n<p>1. Ontlont doelbewus vooraf jou negatiewe emosies teenoor jou gespreksmaat om die ruimte veilig te maak.<br \/>\n2. Vermy enige vorm van blaam of beskuldiging, verbaal of nie-verbaal.<br \/>\n3. Oortuig jouself dat jy nie al die wysheid in pag het of noodwendig die beste weet nie. Kry eers die ander prentjie.<br \/>\n4. Vra \u2013 moenie net \u201cs\u00ea\u201d nie. Lok jou gespreksvennoot uit deur vrae te vra. Kry inligting, maar waak daarteen om in onnodige detail vas te val. Probeer om die ander een se sienings te peil en vra hoe hulle die situasie of jul verhouding graag sou wou hanteer.<br \/>\n5. Toon respek vir die antwoorde wat jy kry.<br \/>\n6. Kom ooreen oor die aksieplan wat julle gaan volg. Besluit wanneer julle \u2019n opvolggesprek gaan h\u00ea en hou daarby.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Beginsels van Straight Talk:<\/strong><\/span><\/p>\n<ul>\n<li>Kies jou konfrontasies<\/li>\n<li>Skep \u2019n veilige gespreksruimte<\/li>\n<li>Wees tydelik onbevooroordeeld<\/li>\n<li>Praat eerder vroe\u00ebr as later<\/li>\n<li>Bly bewus van jou aandeel aan die probleem<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong><em>Straight Talk: conversations at work that get results<\/em> (Zebra Press, 2010) en <em>Straight Talk: how to manage conversations that scare you<\/em> (Zebra Press, 2011).<br \/>\nBestellings by\u00a0 <a href=\"http:\/\/www.straight-talk.co.za\">www.straight-talk.co.za<\/a><br \/>\nOp 17 en 18 April bied Maureen Collins \u2019n werkwinkel oor doeltreffende kommunikasie in die werkplek aan by die Sunnyside Park-hotel in Johannesburg.<br \/>\nMeer inligting by imogen@alusani.co.za of 011 447 7470.<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die telefoon lui. Jy weet dis jou vriendin; sy kaap jou byna elke aand. Jy moet meegevoer luister na die kleinste gebeurlikheidjies in haar lewe terwyl jy smag na \u2019n warm bad en \u2019n lekker boek. Dit dryf jou teen [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":3969,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[],"class_list":["post-3968","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>S\u00ea dit | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"S\u00ea dit | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die telefoon lui. Jy weet dis jou vriendin; sy kaap jou byna elke aand. Jy moet meegevoer luister na die kleinste gebeurlikheidjies in haar lewe terwyl jy smag na \u2019n warm bad en \u2019n lekker boek. Dit dryf jou teen [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-07-26T12:39:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-25T12:35:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273015301.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"543\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"369\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/se-dit\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/se-dit\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"S\u00ea dit\",\"datePublished\":\"2012-07-26T12:39:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-25T12:35:16+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/se-dit\\\/\"},\"wordCount\":1981,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/se-dit\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201273015301.jpg\",\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/se-dit\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/se-dit\\\/\",\"name\":\"S\u00ea dit | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/se-dit\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/se-dit\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201273015301.jpg\",\"datePublished\":\"2012-07-26T12:39:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-25T12:35:16+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/se-dit\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/se-dit\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/se-dit\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201273015301.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201273015301.jpg\",\"width\":543,\"height\":369},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/se-dit\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"S\u00ea dit\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"S\u00ea dit | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"S\u00ea dit | rooi rose","og_description":"Die telefoon lui. Jy weet dis jou vriendin; sy kaap jou byna elke aand. Jy moet meegevoer luister na die kleinste gebeurlikheidjies in haar lewe terwyl jy smag na \u2019n warm bad en \u2019n lekker boek. Dit dryf jou teen [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-07-26T12:39:00+00:00","article_modified_time":"2016-01-25T12:35:16+00:00","og_image":[{"width":543,"height":369,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273015301.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"S\u00ea dit","datePublished":"2012-07-26T12:39:00+00:00","dateModified":"2016-01-25T12:35:16+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/"},"wordCount":1981,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273015301.jpg","articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/","name":"S\u00ea dit | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273015301.jpg","datePublished":"2012-07-26T12:39:00+00:00","dateModified":"2016-01-25T12:35:16+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273015301.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273015301.jpg","width":543,"height":369},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/se-dit\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"S\u00ea dit"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3968","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3968"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3968\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3969"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3968"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3968"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3968"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}