{"id":3964,"date":"2012-07-26T13:37:00","date_gmt":"2012-07-26T11:37:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/wanneer-seks-seer-is\/"},"modified":"2016-01-25T14:44:13","modified_gmt":"2016-01-25T12:44:13","slug":"wanneer-seks-seer-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/","title":{"rendered":"Wanneer seks seer is"},"content":{"rendered":"<p>Seks is veronderstel om \u2019n wonderlike ervaring te wees wat twee mense op alle vlakke aan mekaar verbind. Maar wat doen jy wanneer enige seksuele toenadering van jou maat jou liggaam laat reageer soos \u2019n hand wat op \u2019n warm stoofplaat beland?<\/p>\n<p>Louise* is \u2019n 31-jarige beroepsvrou met \u2019n optimistiese geaardheid. Sy is sosiaal goed aangepas en vier jaar lank met haar groot liefde getroud. Sy het ongekompliseerde kinderjare gehad en is nooit seksueel mishandel nie. Tog het sy \u2019n geskiedenis van pyn tydens seks.<\/p>\n<p>\u201cEk was van die begin af gek na my man en kon skaars wag vir ons huweliksnag. Dit sou ons eerste seksuele ervaring wees en ek het opgewonde daaroor gefantaseer.<\/p>\n<p>\u201cMy vriendinne het ges\u00ea dit vat \u2019n tydjie om aan te pas, maar dis <em>great<\/em>.<\/p>\n<p>\u201cOns eerste probeerslag was vir my nie <em>wow<\/em> nie. Ek het \u2019n bietjie gebloei en \u2019n oomblik lank pyn ervaar. Ek het gewonder waar die hele <em>hype<\/em> oor seks vandaan kom, maar besef ek moes geduldig wees. Die <em>wow<\/em> het egter nooit gekom nie.<\/p>\n<p>\u201cDie eerste ruk het ek probeer vrede maak hiermee. My man doen huweliksberading en ons kommunikasie is baie oop. Hy het geweet ek het seer tydens seks. Hy was altyd geduldig en ons het gehoop dit sou in \u2019n stadium beter begin gaan. Maar ek het nooit vreugde aan die ervaring gehad nie.<\/p>\n<p>\u201cHoewel penetrasie problematies was, het ek swanger geraak. Daar was komplikasies en ek was dodelik siek. Rickert* is twee maande vroeg gebore en sy gesiggie was nie normaal gevorm nie. Dit was absoluut traumaties. Hy moes op vyf en sewe maande groot operasies kry. Sy armpies is gespalk sodat hy nie sy gesiggie kon beseer nie; dis verskriklik om jou kind so te sien swaarkry. Die eerste operasie kon ek nog hanteer, maar die tweede een was te erg, veral omdat ek voltyds moes werk.<\/p>\n<p>\u201cN\u00e1 Rickert se geboorte het ek gewig begin aansit. Ek het nie na myself omgesien nie en wou ook nie seks h\u00ea nie. Ek is na \u2019n ginekoloog om \u2019n intra-uterine apparaat te laat insit wat as voorbehoedmiddel sou dien. Dit was my eerste inwendige ondersoek, en hy het ges\u00ea ek lyk binne soos \u2019n maagd. Ek het hom vertel hoe pynlik seks vir my was. Hy het ges\u00ea die enigste oplossing was \u2019n operasie om die vagina te vergroot. Maar n\u00e1 die ervarings met ons seuntjie wou ek niks van operasies weet nie.<\/p>\n<p>\u201cToe Rickert \u2019n jaar oud was, het ek weer aan myself en my behoeftes begin dink. Ek het besluit hoe ek wou lyk en voel en hoe ek my huwelik wou h\u00ea. Die feit dat seks so seer was, het ons huwelik geaffekteer. Wanneer ons eindelik sover sou kom, was dit vir my \u2019n emosionele krisis. Ek het gevoel ek bevredig my man nie en tree in terme van Bybelse beginsels nie reg teenoor hom op nie. Ek het soos \u2019n algehele mislukking gevoel.<\/p>\n<p>\u201cOp \u2019n dag is ek met mangelontsteking na ons algemene praktisyn en het haar van die ginekoloog se voorstel vertel. Sy het onmiddellik vir my \u2019n afspraak by \u2019n seksuele gesondheidspraktisyn, dr. Elna Rudolph, gemaak.<\/p>\n<p>\u201cOmdat ek afgeboek was, is ek dadelik na Elna se spreekkamer. Koorsig of te nie \u2013 ek wou hierdie saak eens en vir altyd oorwin. \u201cBy Elna was daar nie \u2019n ondersoekbed in sig nie. Ons het gesels en ek kon ontspan. Toe Elna verduidelik wat vaginisme is en my simptome beskryf, was dit of \u2019n damwal breek. Ek kon nie ophou huil nie. Ek het besef ek het \u2019n behandelbare toestand!<\/p>\n<p>\u201cOns is na \u2019n ander vertrek waar sy my ondersoek het. Sy het net met \u2019n oorstokkie aan my vagina geraak en dit was pynlik &#8211; g\u2019n wonder seks was vir my angswekkend nie. Ek het boonop \u2019n chroniese infeksie gehad, wat dit vererger het. Ek weet nou vaginisme begin dikwels as \u2019n fisieke toestand en kry dan emosionele bagasie by.<\/p>\n<p>\u201cDie behandeling was meerledig. Ek het \u2019n vaginale room gekry om die oorgestimuleerde senuweepunte te verdoof, asook fisioterapie. Ek was verstom om te hoor dat spesialisfisio\u2019s hierdie gevalle behandel. Hulle kyk hoe die spiere in jou pelvis saamwerk &#8211; daar kan \u2019n gebrek aan blaasspierkontrole wees, en jy leer om jou pelviese vloerspiere te beheer. Jy ontwikkel knoppe in jou vagina, nes spasmas in jou nek, en hulle vryf dit uit. Dis intieme behandeling, maar hulle tree baie professioneel op. Hulle gebruik ook masjiene en gee jou oefeninge.<\/p>\n<p>\u201cMy man was gewillig om saam met my na Elna toe te gaan. Hy het geweet hy sou die vrugte pluk. Die voordeel is dat jy met haar praat, nie direk met jou maat nie. So kom baie knelpunte op die tafel. Sy het gevra watter drie woorde by my opkom as ek aan seks dink. Daar was net een woord: pyn, pyn, pyn.<\/p>\n<p>\u201cDeur die sintuiglike fokustegniek, waar penetrasie vir \u2019n sekere tydperk ontoelaatbaar is, het ons mekaar weer sensueel leer ken en geniet. Dit was nogal \u2019n uitdaging om tyd vir mekaar te maak met \u2019n kleuter in die huis! Ons het elke week \u2019n <em>date night<\/em> gehad. My man het sy skedule aangepas sodat hy nie so laat tuiskom nie.<\/p>\n<p>\u201cDie afspraakaande het dit vir my makliker gemaak. As ek geweet het ek kon \u2019n romantiese aandjie verwag, was ek minder gespanne as wanneer dit my onverhoeds betrap het.<\/p>\n<p>\u201cDie voordeel van die fisioterapie was dat ek kon ervaar hoe my spierbeheer toeneem en hoe die spasmas verminder. Maar my kop moes ook die skuif maak, en emosioneel moes ek genees.<\/p>\n<p>\u201cToe ek gereed was, het die fisio my geleer om \u2019n dilator in my vagina te sit. N\u00e1 twee maande kon ek dit regkry sonder om \u2019n gesig te trek. Ek het \u2019n lang pad gestap voor my kop \u00e9n lyf besef het seks is nie iets pynliks wat ek tot elke prys moes vermy nie.<\/p>\n<p>\u201cToe ek eindelik pynvry kon seks h\u00ea, was ek in ekstase. Ek besef nou: dit moet lekker wees! Eindelik weet ek hoe \u2019n orgasme voel. Ek verstaan nou hoekom mense soveel van seks hou. Ek kan nou my eie <em>magic<\/em> met my man maak.\u201d<\/p>\n<p>*skuilname<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Multi-dissiplin\u00eare benadering<\/span><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p>\u201cVaginisme is die onwillekeurige sametrekking van die bekkenvloerspiere wat seks pynlik en penetrasie dikwels onmoontlik maak,\u201d verduidelik dr. Elna Rudolph, die kliniese hoof van die Intercare Sentrum vir Seksuele Gesondheid in Pretoria. \u201cPyn tydens seks kom by tot een uit vyf vroue voor, in verskillende grade. In erge gevalle kry vroue angsaanvalle as hul mans net naby hul geslagsdele kom. Die tragiese is dat hierdie vroue graag seks w\u00edl h\u00ea. Vaginisme benadeel hul verhoudings en skep intense innerlike konflik; by sekere van my pasi\u00ebnte het dit al tot egskeiding en selfs selfmoordpogings gelei.<\/p>\n<p>\u201cOmdat ons elkeen siel \u00e9n liggaam is, is oorsaak en gevolg verweef. Partykeer maak \u2019n mediese toestand soos \u2019n infeksie, velaandoening of aangebore abnormaliteit die vagina hipersensitief. Enige aanraking is pynlik en skep \u2019n vrees wat voortaan haar spiere laat saamtrek as enigiets naby haar vagina kom. Ek sien vroue wat letterlik van hul knie\u00eb af boontoe toeknyp as ek hulle wil ondersoek.<\/p>\n<p>\u201cDie ervaring van seksuele mishandeling of \u2019n streng geloofsopvoeding wat seks veroordeel, kan ook veroorsaak dat \u2019n vrou oor penetrasie \u2018katastrofeer\u2018 en \u2018toetrek\u2018. Dit kan op vyf, twintig of vyftig gebeur, selfs met iemand wat jare lank pynvrye seks gehad het. Verkragting op sewe kan vaginisme op veertig sneller.<\/p>\n<p>\u201cMet elke pasi\u00ebnt kyk ons watter persentasie van die probleem biologies, sielkundig en sosiaal (die invloed van die gemeenskap of omgewing) is en pas die behandeling daarby aan. Die biologiese aspek kan deur medikasie, fisioterapie en dilatorterapie behandel word. Hierdie fisioterapeute het \u2019n nagraadse kwalifikasie in bekkenvloerterapie. Hulle leer die pasi\u00ebnt dat iets haar vagina kan binnegaan waaroor sy beheer het en wat sy kan toelaat indien sy wil.<\/p>\n<p>\u201cEk beveel chirurgie net in uitsonderlike gevalle aan omdat dit die vrees vir vaginale aanraking wat die spiere laat saamtrek net vererger, en omdat die hersteltyd baie lank is. As \u2019n laaste uitweg gebruik ons soms botox-behandeling, maar dis nog in \u2019n eksperimentele fase.<\/p>\n<p>\u201cEk verwys pasi\u00ebnte indien nodig vir psigoterapie. Angstigheid en obsessief-kompulsiewe versteuring is dikwels ter sprake. Ek sien ook die paartjie vir seks-terapie, wat die sintuiglike fokustegniek insluit. Die mans kry gewoonlik baie swaar. Jare se \u2018verwerping\u2019 kan tot lae libido en premature of vertraagde ejakulasie lei. Hulle worstel baie keer reeds lank alleen met hierdie situasie. Die goeie nuus is dat fisieke en emosionele intimiteit herstel kan word. Dis vir my werklik \u2019n voorreg om die heling van so \u2019n verhouding saam met pasi\u00ebnte te beleef.\u201d<\/p>\n<p>Hoe kan vaginisme betyds opgespoor word? \u201cDie onvermo\u00eb om tampons gemaklik te gebruik, is dikwels \u2019n vroe\u00eb aanduiding. As iemand nog nie seks gehad het nie, is dit die maklikste om te herstel. Ma\u2019s kan dus gerus met hul dogters hieroor praat.<\/p>\n<p>\u201cBewustheid kan die verskil tussen die grootste ongelukkigheid en \u2019n normale, vervulde sekslewe beteken. Dis nooit te laat om hulp te kry nie.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Seks is veronderstel om \u2019n wonderlike ervaring te wees wat twee mense op alle vlakke aan mekaar verbind. Maar wat doen jy wanneer enige seksuele toenadering van jou maat jou liggaam laat reageer soos \u2019n hand wat op \u2019n warm [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":3965,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[],"class_list":["post-3964","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wanneer seks seer is | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wanneer seks seer is | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Seks is veronderstel om \u2019n wonderlike ervaring te wees wat twee mense op alle vlakke aan mekaar verbind. Maar wat doen jy wanneer enige seksuele toenadering van jou maat jou liggaam laat reageer soos \u2019n hand wat op \u2019n warm [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-07-26T11:37:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-25T12:44:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012730154641.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"480\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Wanneer seks seer is\",\"datePublished\":\"2012-07-26T11:37:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-25T12:44:13+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is\\\/\"},\"wordCount\":1515,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra2012730154641.jpg\",\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is\\\/\",\"name\":\"Wanneer seks seer is | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra2012730154641.jpg\",\"datePublished\":\"2012-07-26T11:37:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-25T12:44:13+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra2012730154641.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra2012730154641.jpg\",\"width\":640,\"height\":480},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wanneer seks seer is\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wanneer seks seer is | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wanneer seks seer is | rooi rose","og_description":"Seks is veronderstel om \u2019n wonderlike ervaring te wees wat twee mense op alle vlakke aan mekaar verbind. Maar wat doen jy wanneer enige seksuele toenadering van jou maat jou liggaam laat reageer soos \u2019n hand wat op \u2019n warm [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-07-26T11:37:00+00:00","article_modified_time":"2016-01-25T12:44:13+00:00","og_image":[{"width":640,"height":480,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012730154641.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Wanneer seks seer is","datePublished":"2012-07-26T11:37:00+00:00","dateModified":"2016-01-25T12:44:13+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/"},"wordCount":1515,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012730154641.jpg","articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/","name":"Wanneer seks seer is | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012730154641.jpg","datePublished":"2012-07-26T11:37:00+00:00","dateModified":"2016-01-25T12:44:13+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012730154641.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012730154641.jpg","width":640,"height":480},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wanneer seks seer is"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3964","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3964"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3964\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3965"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3964"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3964"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3964"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}