{"id":3962,"date":"2024-04-10T10:13:35","date_gmt":"2024-04-10T08:13:35","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/"},"modified":"2024-04-10T10:19:45","modified_gmt":"2024-04-10T08:19:45","slug":"vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/","title":{"rendered":"Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red"},"content":{"rendered":"\n<p>Jul huwelik is nie sleg genoeg om te skei nie, maar jy wonder tog die hele tyd of jy jou nie meer geluk moet gun nie. \u201cIn baie gevalle is die verbrokkeling van die huwelik \u2019n simptoom van ons gejaagde moderne lewenstyl: mense werk te hard, is te veel weg van die huis en deel te min dinge,\u201d s\u00ea prof. Elna Mcintosh, \u2019n seksuoloog en berader van Johannesburg. \u201cSkei is nie altyd die oplossing nie en dis veel makliker om iets te probeer red as om van vooraf te begin.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sy glo berading help paartjies om meer oor hulself te leer en dit kan die verhouding red. \u201cMaar dit help nie as net een van die twee by my om hulp aanklop nie. Ek glo mense het meer lewensafrigting as net blote sielkundige hulp nodig. Hulle soek leiding.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Prof. Mcintosh, sy is ook hoof van die Disa Sexual and Reproductive Health-kliniek in Hurlingham, s\u00ea dis die moeite werd om vir \u2019n huwelik te baklei. Sy glo ook dat jy nie seks as iets afsonderliks van \u2019n verhouding kan beskou nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cVerhoudings berus op kommunikasie en seks is nie-verbale kommunikasie. Ek glo \u2019n mens kan nie aan die een aandag gee sonder om die ander in ag te neem nie. Ek dink nie dit gaan help om die dominee oor jou huwelik te spreek as jy nie bereid is om ook die seksuele aan te raak nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMense sukkel nie om al hul ander behoeftes spesifiek uit te druk nie. In \u2019n restaurant bestel hulle \u2019n biefstuk halfgaar met \u2019n bepaalde sous en kies die bykosse met sorg. Maar hulle praat nooit met mekaar oor hul gevoelens, of wat hulle van seks verwag nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sy glo dus dat mense nie werklik seksprobleme het nie maar eerder kommunikasieprobleme. Sy haal \u2019n kenner aan wat s\u00ea dat wanneer dinge in die huwelik goed gaan, is seks tien persent belangrik, maar wanneer dinge sleg gaan, word seks as negentig persent van die probleem gesien en die sondebok vir alles in die verhouding wat skeef en krom is.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy s\u00ea paartjies leef jare lank saam met irritasies en frustrasies sonder om iets daaraan te doen. \u201cMense praat nie met mekaar nie maar vee eerder die klein probleempies onder die mat in tot dit op \u2019n dag so groot soos die Andes-gebergte troon en dan is hulle verbaas as die verhouding nie bevredigend is nie. Vroue praat met vriendinne oor hul probleme, maar d\u00f3\u00e9n nooit iets daaraan nie. Pleks dat sy \u2019n seksuoloog gaan spreek, praat sy met haar haarkapper oor haar huweliksprobleme. Sy gaan nie haar haarstyl met \u2019n seksuoloog bespreek nie, maar tog voel sy die haarkapper is bevoeg om haar raad oor haar huwelik te gee.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk spreek ook baie vroue in hul vyftigerjare wat nog altyd die vloermatjie in die verhouding was; wat alles vir die kinders gegee het en ontredderd is as die kinders die huis verlaat en dit net sy en haar man is.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sy maan dat mense nie moet hoop dat dinge sommer vanself gaan uitwerk nie. \u201cPraat met mekaar en maak saam planne vir die ekstra verhoudingstyd noudat die kinders uit die huis is. Beplan om een aand per week net op mekaar te fokus. Maak lekker kos, luister musiek en gesels, maak \u2019n afspraak om uit te gaan. Hierdie dinge gebeur nie spontaan nie, jy moet dit beplan. Tyd, vertroue, praat en aanraking is die vier geheime wapens in enige verhouding,\u201d s\u00ea Elna.<\/p>\n\n\n\n<p>As jy jou tyd verdeel tussen \u2019n veeleisende beroep en kinders grootmaak, bly daar soms bitter min vir jou geliefde oor. Maar om alles te deel is nie \u2019n voorvereiste vir suksesvolle verhoudings nie. Britse studiebevindings onder mense wat dertig jaar getroud was, toon dat diegene wat die langste getroud bly, mense is wat onafhanklik van mekaar stokperdjies beoefen en dit gebruik om die verhouding vars en interessant te hou. Jou belangstellings buite die huwelik hoef nie \u2019n wig in die verhouding te dryf nie &#8211; as julle mekaar ondersteun, kan dit eerder die verhouding verstewig. Dit laat mense ook vervuld voel en sorg dat paartjies vir mekaar interessant bly.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk het een keer die New York-marathon gehardloop (Elna was voorheen \u2019n Ysterman-kampioen) en toe ek klaarmaak, sien ek \u2019n netjies geklede gryskopman met \u2019n strikdas tussen die horde toeskouers. Ek het my half voorgestel hoe hy en sy vrou agterna by die huis haar marathon in detail gaan bespreek en hoe spesiaal dit is wanneer mense mekaar ondersteun.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Maar sy waarsku teen belangstellings wat jou lewe oorneem. As jy baie sport beoefen, hoef jy nie altyd n\u00e1 die lang fietsrit saam met die mederyers ontbyt te eet nie. Kies \u2019n middeweg en nooi jou eggenoot om jou daar te ontmoet en saam te eet, of gaan huis toe en maak saam ontbyt. Behou die balans.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201dDoen dinge saam en probeer nuwe dinge, maar respekteer mekaar.\u201d Dis belangrik dat albei gemaklik voel in die verhouding en dat een nie byvoorbeeld nuwe seksuele avonture aan \u2019n onwillige metgesel wil opdwing nie.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">&#8216;Ons red die huwelik&#8217;<\/span><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <strong><br><\/strong>\u201cEk kry hoendervleis as ek vandag dink hoe ampertjies ek my huwelik be\u00ebindig het,\u201d vertel Louise* (46), eienaar en bestuurder van \u2019n koffiewinkel. \u201cSoos maar altyd die geval is, het elke saak twee kante, maar ek weet dat ek ook \u2019n groot aandeel in die vervreemding binne ons huwelik gehad het.<\/p>\n\n\n\n<p> <strong><br><br><span style=\"color: #ff0000;\">Ek het die verwydering veroorsaak<\/span><br><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMy man, Richard (52), \u2019n ingenieur, is \u2019n introvert. Die klassieke stil, sterk tipe. Ek is jonk (22) getroud en n\u00e1 vyf jaar se getroude lewe en die tweede baba, het ek besluit dat ek dringend iets moet begin doen en ook weer fiks wil raak.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk koop toe \u2019n Run\/Walk for Life-agentskap. N\u00e1 \u2019n jaar s\u00ea een van die lede sy wil graag die Two Oceans-ultramarathon (56 km) hardloop. Ons het saam begin oefen en nie lank daarna nie was ons \u2019n hele groepie. Ek was verras toe ek agterkom dat ek besonder goed met lang afstande is en dit het my aangespoor om vir elke wedloop in die omgewing (en verder) in te skryf.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie volgende drie, vier jaar het die hardlopery my lewe stadig maar seker oorgeneem. Ek het gedy onder die komplimente van die mans in die oefengroep en gewonder hoekom my man nooit s\u00ea ek lyk mooi of het \u2019n goeie figuur nie. Was ek nie vir hom aantreklik nie?<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Hy wou niks saam doen nie<\/span><br><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u201cRichard was glad nie betrokke by my hardlopery nie en het nooit eens wedlope bygewoon nie. Hoe slegter dinge by die huis gegaan het, hoe toegewyder het ek geoefen en hoe minder was ek tuis. Dit was \u2019n bose kringloop en het tot wrywing en \u2019n oor en weer gehappery gelei.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cNie net het die oefengroep al my tyd opgeslurp nie, as ek by die huis was, was ek te moeg om pret saam met my man te h\u00ea. Ons kon nooit Vrydagaande uitgaan nie, want ek moes nege-uur in die bed wees vir die Saterdagoggend se vroeg opstaan. Wanneer ek terugkom, was ek pootuit en het \u2019n paar uur geslaap. Dan was die Saterdag ook omtrent daarmee heen.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDit het nie veel vir ons sekslewe gedoen nie en kort voor lank was daar nie juis iets om van te praat nie. Richard is \u2019n man van min woorde en het nooit sy gevoelens verwoord of iets aan die saak gedoen nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns het later bitter min gemeen gehad. Ek het begin voel dat hy my terughou en dat my lewe m\u00e9\u00e9r kan wees as wat die huwelik my gebied het. Die keerpunt het gekom toe ek nie \u2019n geselligheid van hom op \u2019n Vrydagaand wou bywoon nie omdat ek die volgende dag aan \u2019n wedren moes deelneem. Ons het \u2019n groot uitval gehad, maar ek het steeds gaan hardloop. Toe ek terugkom, was hy afsydig. \u2018Ek het niks om vir jou te s\u00ea nie,\u2019 was sy kommentaar toe ek wou weet of hy nie eens gaan vra hoe ek gevaar het nie.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Ons moes altwee verander<\/span><br><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie res van die naweek was daar \u2019n kil stilte tussen ons, maar toe ek daardie Maandag-oggend opstaan, het ek geweet ons huwelik het \u2019n keerpunt bereik. Ek het met Richard gepraat, ges\u00ea dat ek bereid was om my sport af te skaal, maar nie om dit heeltemal te laat vaar nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cVan sy kant af het hy onderneem om meer by my lewe betrokke te wees en het by my Run\/ Walk for Life-groep aangesluit en \u2019n paar keer per week saam geoefen om fikser te word.<\/p>\n\n\n\n<p>Stadig maar seker het dit weer die balans in ons verhouding herstel omdat ons nou weer deel van mekaar se lewe was. Ek het ook besef dat ek moet grootword. Dis nie in my man se geaardheid om daagliks vir my te vertel hoe wonderlik ek lyk nie maar dit beteken nie dat ek nie vir hom aantreklik is nie. Ons was ook vir die eerste keer gedwing om te s\u00ea hoe ons voel eerder as om die probleme te ignoreer.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk wonder soms wat sou gebeur het as ek in daardie tyd toevallig iemand anders ontmoet het wat in my belang gestel het. Ek kon dalk my huwelik in \u2019n oomblik van waansin be\u00ebindig het. Ek is geweldig dankbaar dat ek nie tou opgegooi het nie en liewer besluit het om my huwelik te red.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMoenie verwag alles gaan eensklaps maanskyn en rosegeur wees nie. Die vervreemding was \u2019n stadige proses en net so gaan die herstel ook \u2019n tydjie duur. Maar 24 jaar later is ons steeds gelukkig getroud.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">\u2018Ek sal nooit skei nie\u2019<\/span><br><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Kobus* (60, sy vrou is 57) s\u00ea dat die vonk vroeg uit sy huwelik is. \u201cEk sal nooit skei nie; daarvoor is my gesin vir my te belangrik, maar ek wens so my vrou kon meer dinge met my deel. Dalk is ons belangstellings te uiteenlopend. Ek is \u2019n buitelugmens wat hou van kampeer, visvang en rugby en sy is meer \u2019n huishoender wat in die kamer l\u00ea en lees. Daar is seker maniere om die verskille te versoen, maar ons het nie daardie goue balans gekry nie. Dalk het ons die probleme te lank ge\u00efgnoreer en is dit nou te laat om die re\u00ebls te verander.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMy vrou lyk gelukkig &#8211; sy het \u2019n groep vriendinne en hulle doen saam inkopies, drink koffie en gaan fliek. Tog kyk ek afgunstig na ander gelukkige paartjies waar die man en vrou opvallend baie pret het en dinge deel.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk het hard gewerk en is finansieel suksesvol, maar ek mis die kameraadskap en samesyn van \u2019n hegte verhouding. Ons gaan nooit alleen uit nie; ons nooi altyd ander vriende of ons volwasse kinders saam, want ons het nie veel om vir mekaar te s\u00ea nie. Ons jongste trou vanjaar en ek ys vir die stiltes wat dan in die huis gaan hang. Ek wens dit kon anders wees, maar ek weet nie hoe ons dit n\u00e1 al die jare kan oplos nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">\u2018Ek\u2019s geregtig op geluk\u2019 <\/span><br><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Amanda* (44) het haar saai huwelik n\u00e1 22 jaar tot siens gewuif.<strong>&nbsp; <\/strong>\u201cDit was baie moeilik en ek is baie emosioneel daaroor, maar selfs n\u00e1 \u2019n oefenlopie verlede jaar toe ek vir vier maande alleen gaan bly het, sien ek nie meer kans nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns is steeds baie goeie vriende en het die hoogste agting vir mekaar. Ek is hom ook ewig dankbaar dat hy nie die kinders teen my opgemaak het nie, maar hulle verseker het van my goeie hoedanighede en liefde vir hulle.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk het ons probleme verskeie kere probeer oplos maar hy is nie een vir konfrontasie nie. Ek het ook vir berading gegaan, maar hy het geweier. Ons huwelik was nie altyd saai nie. Ons was aanvanklik gelukkig, maar dit voel of ek gegroei het en my man het agtergebly. Ek is baie ambisieus en toe ek vier jaar gelede onvergenoegd by die huis gevoel het, het ek al my energie op my onderneming gefokus en baie goed gedoen. My man bly in \u2019n werk wat hom frustreer maar het geen ambisie nie en doen niks om sy situasie te verbeter nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie waarskuwingsligte het geflikker toe ons jongste drie jaar gelede besluit het hy wil ho\u00ebrskoolkoshuis toe gaan. Toe ons dogter twee jaar later uit die skool is en in die Kaap gaan studeer het, was daar niks wat ons meer gebind het nie. Ek het al meer sakereise onderneem net om nie by die huis te wees nie, of dit vir \u2019n Vrydag gere\u00ebl sodat ek die naweek by my dogter in die Kaap kon wees.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk is baie hartseer oor die mislukking &#8211; veral oor die ontwrigting vir die kinders, maar ek wil meer uit die lewe h\u00ea.\u201d *Skuilname<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Lees ook: <\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swaai-uit-vir-die-slaggate\/\">Swaai uit vir di\u00e9 slaggate in jou verhouding<\/a><br><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jul huwelik is nie sleg genoeg om te skei nie, maar jy wonder tog die hele tyd of jy jou nie meer geluk moet gun nie. \u201cIn baie gevalle is die verbrokkeling van die huwelik \u2019n simptoom van ons gejaagde [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":144249,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[],"class_list":["post-3962","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Baie huwelike gaan sag heen. Geen skelm verhoudings, of groot probleme nie. Bloot \u2019n gebrek aan opwinding en gedeelde plesier. Tog kan die meeste huwelike uit hul groef gehaal word. Ons praat met \u2019n berader en seksuoloog.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Baie huwelike gaan sag heen. Geen skelm verhoudings, of groot probleme nie. Bloot \u2019n gebrek aan opwinding en gedeelde plesier. Tog kan die meeste huwelike uit hul groef gehaal word. Ons praat met \u2019n berader en seksuoloog.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-04-10T08:13:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-04-10T08:19:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-marcus-aurelius-6787970.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red\",\"datePublished\":\"2024-04-10T08:13:35+00:00\",\"dateModified\":\"2024-04-10T08:19:45+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\\\/\"},\"wordCount\":2137,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/pexels-marcus-aurelius-6787970.jpg\",\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\\\/\",\"name\":\"Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/pexels-marcus-aurelius-6787970.jpg\",\"datePublished\":\"2024-04-10T08:13:35+00:00\",\"dateModified\":\"2024-04-10T08:19:45+00:00\",\"description\":\"Baie huwelike gaan sag heen. Geen skelm verhoudings, of groot probleme nie. Bloot \u2019n gebrek aan opwinding en gedeelde plesier. Tog kan die meeste huwelike uit hul groef gehaal word. Ons praat met \u2019n berader en seksuoloog.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/pexels-marcus-aurelius-6787970.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/pexels-marcus-aurelius-6787970.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red | rooi rose","description":"Baie huwelike gaan sag heen. Geen skelm verhoudings, of groot probleme nie. Bloot \u2019n gebrek aan opwinding en gedeelde plesier. Tog kan die meeste huwelike uit hul groef gehaal word. Ons praat met \u2019n berader en seksuoloog.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red | rooi rose","og_description":"Baie huwelike gaan sag heen. Geen skelm verhoudings, of groot probleme nie. Bloot \u2019n gebrek aan opwinding en gedeelde plesier. Tog kan die meeste huwelike uit hul groef gehaal word. Ons praat met \u2019n berader en seksuoloog.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-04-10T08:13:35+00:00","article_modified_time":"2024-04-10T08:19:45+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-marcus-aurelius-6787970.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red","datePublished":"2024-04-10T08:13:35+00:00","dateModified":"2024-04-10T08:19:45+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/"},"wordCount":2137,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-marcus-aurelius-6787970.jpg","articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/","name":"Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-marcus-aurelius-6787970.jpg","datePublished":"2024-04-10T08:13:35+00:00","dateModified":"2024-04-10T08:19:45+00:00","description":"Baie huwelike gaan sag heen. Geen skelm verhoudings, of groot probleme nie. Bloot \u2019n gebrek aan opwinding en gedeelde plesier. Tog kan die meeste huwelike uit hul groef gehaal word. Ons praat met \u2019n berader en seksuoloog.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-marcus-aurelius-6787970.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-marcus-aurelius-6787970.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3962","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3962"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3962\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/144249"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3962"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3962"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3962"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}