{"id":3956,"date":"2012-07-26T12:56:36","date_gmt":"2012-07-26T10:56:36","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/vredevangers\/"},"modified":"2017-05-09T12:12:38","modified_gmt":"2017-05-09T10:12:38","slug":"vredevangers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/","title":{"rendered":"Vredevangers"},"content":{"rendered":"<h4>Luister en glo<\/h4>\n<p><strong>Sanger, liedjieskrywer en vervaardiger <em>Joe Niemand<\/em>\u00a0van Johannesburg het \u2019n fyn oor vir God se stem. <\/strong><\/p>\n<p>\u201cAs voorskoolkind het ek al gevoel die Here praat met my. Iemand het my egter vermaan en ges\u00ea die enigste manier om met die Here te kommunikeer, is om kerk toe te gaan. Ek het besef my ervarings met die Here maak van my \u2018n weirdo.\u201d<\/p>\n<p>Joe se pa is oorlede toe hy tien was, en sy ma het weer getrou. \u201cDit was vir my moeilik. Boonop het ek op ho\u00ebrskool ervaar dat volwassenes een ding voor mense s\u00ea, maar anders optree wanneer hulle die masker laat sak. Ek het hierdie valsheid met Christene geassosieer, en ongelukkig ook met God. As student het ek al verder van die Here beweeg. Ek was later so rebels dat ek uit \u2019n geselskap sou stap wanneer mense oor Christenskap praat.\u201d<\/p>\n<p>Loopbaangewys het Joe uitstekend ge-vaar. In 2002 het hy en Jay Crescendo met sy eie komposisie gewen. \u2019n Jaar later het SARRAL hom as kontempor\u00eare liedjieskrywer van die jaar aangewys en sy liedjies het plaaslik sowel as oorsee trefferlyste gehaal. Hy het gereeld korporatief opgetree en die rockgroep Niemand gestig. Tog was hy ongedurig.<\/p>\n<p>\u201cToe ek in 2003 in die Kaap was vir Idols, was ek op \u2019n donker plek. Kort tevore het ek musiek vir \u2019n fliek oor MIV\/vigs geskryf, en \u2019n onverklaarbare vrede ervaar terwyl ek daarna luister. Agterna was die vrede weer soek.<\/p>\n<p>\u201cEen aand het ek die nag in gery en op Seinheuwel ge\u00ebindig. Ek het vir die Here ges\u00ea ek was lank weg, en dit werk nie vir my nie. Alles wat ek geglo het my gelukkig sou maak, was wind. Ek het Hom gevra om beheer oor my lewe te neem. \u2019n Bruin man het daar verbygekom, en ek het ges\u00ea: \u2018Ek het hierheen gekom dat die Here met my kan praat, en nou daag jy hier op. Wat s\u00ea jy daarvan?\u2019 Hy het ges\u00ea ek moet seker maar kerk toe gaan!\u201d<\/p>\n<p>Joe is deur \u2019n kunstenaarsbestuursmaat-skappy na Los Angeles genooi. \u201cHulle het my hemel en aarde belowe, maar ek kon net nie die kontrak teken nie. My niggie het vir my Skrif ge-SMS wat s\u00ea as ons wil weet wat die Here se wil is, moet ons net vra. Ek het. Oom-blikke later vertel \u2019n musiekdirekteur ongevraag vir my dat die maatskappy hul kunstenaars soms nie betaal nie. Voor my o\u00eb het die krake in die pragtige kunswerk verskyn.\u201d<\/p>\n<p>Terug by die huis het Joe Reborn opgeneem, en toe \u2019n aanbieding van nog \u2019n vooraanstaande Amerikaanse vermaaklikheidsmaatskappy gekry. \u201cDit was \u2019n wonderlike kans. Maar die Here was duidelik daaroor dat ek in Suid-Afrika moes bly. Dit het nie sin gemaak nie, maar as die Here praat, weet jy dat jy weet. Agterna het ek besef ek moes bly om die hele Mighty Men-fenomeen mee te maak. Vanjaar tree ek in Singapoer, Kanada en Skotland saam met die Oubaas (Angus Buchan) op.\u201d<\/p>\n<p>Joe het \u2019n volgende uitdagende opdrag van die Here gekry: \u201cEk moes This is War maak sonder \u2019n platemaatskappy, \u2019n band, songs of geld. Die Here het telkens voorsien \u2013 op die nippertjie. Toe ek Hom vra of dit regtig so stresvol moes wees, was sy antwoord: \u2018Moet My nie kwalik neem dat ek jou n\u00e1 aan My hou nie.\u2019\u201d<\/p>\n<p>Die volgende projek, in 2009, was n\u00f3g groter. \u201cEk het \u2019n visie gekry van \u2019n album oor God se glorie; \u2019n massiewe musikale produksie. Ek mag geen beleggers genader het nie, en moes boonop die CD verniet uitdeel. Ek het blindelings voortgegaan. Elke keer as ek iemand moes betaal, was daar geld. Vandag het ons reeds 350 000 kopie\u00eb van Glory to the King uitgedeel en in 98 lande is 200 000 digitale kopie\u00eb gratis afgelaai.\u201d<\/p>\n<p>Hierna was God se opdrag aan Joe om die musiekbedryf te verlaat. \u201cDit was onverstaanbaar. Ek is vir musiek gemaak! Ek het \u2019n klein klankmaatskappy begin, en mettertyd besef dat ek moes rus. Ek moes ook leer die Here is nie lief vir my oor wat ek d\u00f3\u00e9n nie.\u201d<\/p>\n<p>Joe se Sabbatstyd is in 2010 en 2011 gevolg deur \u2019n ryk oes: Love, Ek sal nie bang wees nie, Revival: The Anthems of Joy en Ester &#8211; Die Musical.<\/p>\n<p>\u201cEk verstaan nou my job description: dis om te luister \u00e9n te glo wat die Here vir my s\u00ea. Hy gee jou die krag om die sprong te maak.<\/p>\n<p>\u201cEk weet dat Hy real is. Ek weet darem ook al dat ek nie mal is nie. As ons tyd uitsit om sy stem beter te leer ken, eer Hy dit. Nog elke keer as die Here iets amazing begin doen, moes ek d\u00edt opgee wat vir my die belangrikste was. Maar sy pad met my is infinitely beter as myne.\u201d<\/p>\n<p>En die toekoms? Joe grinnik. \u201cEk was pas \u2019n week alleen met God. Nou het ek splinternuwe moeilikheid.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\">Maskerloos<strong><br \/>\n<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div>\n<p><img decoding=\"async\" class=\"aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/FEBDeur02RR-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"\" height=\"\" hspace=\"\" \/><\/p>\n<p><strong>Vir \u2019n man met mediese opleiding, \u2019n MBA van die vooraanstaande Yale-universiteit, \u2019n indrukwekkende CV en \u2019n rits talente, is <em>dr. Pierre van der Spuy<\/em> toeganklik &#8211; selfs kwetsbaar.<\/strong><\/p>\n<\/div>\n<p>Lees jy sy boek, \u2019n Gelukkige brein (Metz Press, 2011) besef jy hy het hom in sy lewensreis laat stroop van voorskrifte en voorgee en laat lei na dit wat onvervals en eg is.<\/p>\n<p>Al vat \u2019n Gelukkige brein navorsing uit die kliniese psigiatrie, positiewe sielkunde, kinderontwikkelingstudies en breinwetenskap inspirerend saam, beteken dit nie Pierre wil bekend staan \u201cas die gelukkigheidsghoeroe nie. Ek is bloot iemand wat die pad eerlik wil stap, al het ek nog nie alles bymekaar nie.<\/p>\n<p>\u201cMy eerste kennismaking met die donkerte in my was in die jare negentig, n\u00e1 anderhalfjaar as die enigste dokter op \u2019n klein Kanadese dorpie. As enkelloper was ek sonder emosionele steun. My lewenslange strewe om nice te wees en hard te werk, het \u2018n knou gekry.\u201d<\/p>\n<p>Met sy MBA-studie aan Yale het Pierre onrustigheid ervaar. \u201cAs dokter moet jy altyd reg en in beheer wees, en nou was ek in \u2019n ewe veeleisende studieveld. Die eis van onfeilbaarheid het swaar op my gerus.\u201d<\/p>\n<p>Pierre se werk as bestuurskonsultant in New York het hom nie vervul nie, ondanks \u201cdie sukses van \u2019n ho\u00eb salaris en verhoudings met jong, mooi, slanke vroue. Selfhelpboeke en psigiatriese handboeke het ook nie die antwoord gehad nie. Teen die geskree van \u2019n Afrikanerwysheid dat net mal mense \u2019n psigiater raadpleeg, het ek eindelik aan my perfekte self erken dat ek \u2019n terapeut nodig het.<\/p>\n<p>\u201cEk kan jou skaars s\u00ea hoe pynlik elf jaar se sessies by dr. James Masterson was. Ek moes my kinderdemone in die oog kyk. Die verlies van my grootste verdedigingsmeganisme \u2013 oorintellektualisering &#8211; het die w\u00eareld uiters onveilig gemaak. Dikwels was my volgende sessie my enigste reddingsboei. Maar ek het in kontak met my ware self gekom en besef wat vir my belangrik was, nie vir my ouers, Afrikanerkultuur of die samelewing nie.\u201d<\/p>\n<p>Pierre het nauurs opleiding in onder meer toneelspel gekry. In 2005 het hy \u2019n verhoogstuk oor die Russiese skrywer Anton Tsjechof in New York opgevoer. \u201cEk was vervaardiger, regisseur en hoofakteur. Ek is nie beskou as die Groot Hoop vir die teater nie, maar ek het my passie ontdek. Om later in jou lewe jou passie te ontdek, is erger as volwasse pampoentjies. Maar dit bring ook baie vreugde!\u201d<\/p>\n<p>In \u2019n stadium het Pierre stembandverlamming gekry. \u201cEk het nie geweet of ek ooit my stem sou terugkry nie. Dit was reeds \u2019n moeilike tyd vol selfmoordgedagtes. Ek wou my-self opeet van vernedering; voorheen sou ek nooit erken het dat ek probleme het nie. Mense s\u00ea die teenpool van liefde is vrees, maar ek dink dis skaamte. Uiteraard kon ek sonder my stem nie \u2019n enkele date kry nie.\u201d<\/p>\n<p>N\u00e1 drie maande is die sisgeluid wat Pierre kon maak, deur \u2019n ho\u00eb stemmetjie vervang. Omdat sy droom \u2019n toekoms as akteur en spreker was, het hy sy akteursklasse voortgesit. In een klas het hy met sy \u201ctwaalfjarige stemmetjie\u201d \u201cThe Rose\u201d gesing. \u201cEk het dit oorleef! Dit het tot sangklasse gelei. Ek het geleer sang is my beste wapen teen my demone.\u201d<\/p>\n<p>Pierre se oortuiging dat \u2019n Ho\u00ebr Hand in ons lewe ingryp, is bevestig toe hy in 2010 deur \u2019n sameloop van sinchronistiese gebeure na Suid-Afrika teruggekeer het. Hy woon in Stellenbosch en gee klas in skryfwerk en toneelspel by \u2019n teaterskool vir voorheen benadeeldes en doen motiveringsaanbiedinge.<\/p>\n<p>\u201cIn 2011 het ek \u2018n Afrikaanse drama, In die skadu van die uile, geskryf, vervaardig en opgevoer. Op \u2019n manier was dit \u2019n coming out party.<\/p>\n<p>\u201cEk sukkel steeds met die liefde. Ek was die grootste <em>commitment-<\/em><i>phoebe<\/i>\u00a0ooit. Gelukkig verstaan ek nou hoekom ek bang was vir intimiteit. Al is ek nog nie getroud of \u2019n ouer nie, bly ek daaraan werk.<\/p>\n<p>\u201cSoms voel ek soos \u2019n adolessent van 45. My persoonlike vaart oor die stormagtige oseane van my verwarde psige is beloon met \u2019n liefde vir die lewe en al sy mense. Dis \u2018n volwasse liefde \u2013 een wat oop is vir the good, the bad and the ugly.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\">Tuiskoms<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div>\n<p><img decoding=\"async\" class=\"aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/FEBDeur04RR-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"\" height=\"\" hspace=\"\" \/><\/p>\n<p><strong>Op 33 beleef Renier Cronje, lewensafrigter en predikant by die Renaissance-gemeente in Kaapstad, \u2019n tuiskoms.<\/strong><\/p>\n<\/div>\n<div>\n<p>\u201cDie lewe het my weggelei van die samelewing se verwagtings, en terug na myself. Ek is gelukkiger as ooit, hoewel ek enkel is, geen eiendom besit nie en met \u2019n ou karretjie ry. In terme van roeping is ek nou eers \u2019reg\u2019 om mense te begelei.\u201d<\/p>\n<p>Renier wou van kleins af \u201cmet opregtheid vir die Here leef. As tiener het ek \u2019n gaping gesien tussen die Bybeltekste en die strenge kerkstruktuur, maar my vrae is stil gemaak met: \u2018Dis wat die Bybel voorskryf.\u2019\u201d<\/p>\n<p>Renier het as deel van Youth With a Mission sendingwerk in Oezbekistan gaan doen, \u2019n jaar lank \u2019n Bybelskool bygewoon en daarna aan die Universiteit van Stellenbosch teologie studeer. \u201cIntussen het ek by die charismatiese kerke rondgekuier omdat ek die intensiteit en gemakliker styl geniet het. Maar die kloof tussen my intellektuele bewussyn en my geloof het al groter geraak. Aan die einde van my studie het die damwal in duie gestort. My roeping was weg. So ook my beroep en my rede vir leef. Dit was die minder aange-name deel van my reis: depressie met selfmoordneigings. \u2019n Psigiater en narratiewe te-rapeut was my redding.\u201d<\/p>\n<p>Renier het soos die Verlore Seun gevoel. \u201cEk moes van vooraf leer leef en betekenis vind. Einde 2005 het ek vir 15 maande by Disney in Orlando gaan werk. Daar het mense my bloot as Renier ontmoet, sonder die \u2018geestelike leier\u2018-etiket. Ek het my diep kant wat mense wil help, herontdek, maar nie geweet wat om daarmee te maak nie.<\/p>\n<p>\u201cTerug in Suid-Afrika het ek by die familiesaak met spons en matrasse betrokke geraak, maar geweet ek kon nie daarmee volhou nie. In 2009 het ek met lewensafrigtersopleiding by die Consciousness Coaching Academy begin en by Renaissance-gemeente betrokke geraak. Hier kon ek eindelik intellektuele kongruensie bereik, en met integriteit die dogma van oordeel en skuld laat gaan. Dis een ding waarvoor ek ongelooflik dankbaar is!\u201d<\/p>\n<p>Voorlaasjaar het Renier se gesondheid ingegee. \u201cSedert my lewe n\u00e1 my teologie- studie ge-crash het, was my immuunstelsel onder druk. In Augustus 2010 het ek intern soveel bloed verloor dat ek ses eenhede bloed moes kry. Ek was \u2019n maand lank buite aksie en het agt maande gevat om my energie te herwin. Dis in tye van bitter sleg voel en finansieel swaarkry wat ek besef het: as my geluk sou afhang van dit wat ek het en van die toestand van my lyf, sou ek hiperongelukkig wees. Ek het geleer om vrede te maak met wat ek nou is en het. In die Weste is ons behep met die \u2019goeie\u2018, en het ons \u2019n afkeer van alles wat tyd vat of nie lekker voel nie.<\/p>\n<p>\u201cVanjaar het ek besef \u2019n intellektuele reis is \u2019n doodloopstraat. Die rede is beperk, en kan jou net so ver bring. Dis hier waar my reis in die mistieke begin het, die hunkering na die Essensie waarna my geloofstradisie wys en wat ek w\u00e9\u00e9t ek al beleef het. Dis \u2019n verskuiwing van die &#8216;wat\u2019 na die \u2018hoe&#8217;. Dit gaan nie soseer oor dit wat ek doen nie, maar oor hoe ek leef. Wat ek doen en het, is van minder belang as die geur, smaak en reuk wat ek laat.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Man kan vir sy vrou \u2019n duur bos blomme bestel; \u2019n ander man kan vir sy vrou een blommetjie pluk. Kom ons s\u00ea die gewer van die ruiker is geheg aan sekere belonings, terwyl die ander man die enkelblommetjie gee omdat hy aan sy geliefde gedink het. Waar is die essensie van liefde gekommunikeer?<\/p>\n<p>\u201cDieselfde onderskeid van vorm en essensie word in die mistiek deurgetrek na God: Wil ek die Essensie van God beleef, of haak ek by die dogmas oor God vas?<\/p>\n<p>\u201cEk weet nou: wanneer ons die misterie van die lewe aanvaar, raak alles eenvoudiger. Dood en swaarkry is deel van die lewe. Ek hoef dit nie te verklaar of te verstaan nie. Ek kan die paradoks omhels. Ek mag ernstig \u00e9n oppervlakkig wees, konserwatief \u00e9n liberaal, soet \u00e9n stout. My enigste re\u00ebl is om niemand doelbewus te na te kom nie.<\/p>\n<p>\u201cEk droom van \u2019n suksesvolle praktyk en om oor die w\u00eareld te vlieg en praatjies te gee; ek droom daarvan om eendag pa te wees. Maar ek wil nie hierdie oomblik vergeet nie. Die lewe moet n\u00f3\u00fa betekenis h\u00ea.\u201d<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elke man, het \u2019n wysgeer op \u2019n keer ges\u00ea, het drie oerbegeertes: om te veg, \u2019n beeldskone vrou te red, en \u2019n avontuur te beleef. Maar hierdie dade is na buite gerig. Wat van die uitdaging om jou innerlike landskap te verken? Daar wag immers ook skoonheid, drake en opwinding. Drie mans vertel van hul ervarings. Hooffoto Leana Clunies-Ross<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":71403,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677,662],"tags":[232,1773,17643],"class_list":["post-3956","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-geloof","tag-geluk","tag-lewensreis"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vredevangers | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vredevangers | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Elke man, het \u2019n wysgeer op \u2019n keer ges\u00ea, het drie oerbegeertes: om te veg, \u2019n beeldskone vrou te red, en \u2019n avontuur te beleef. Maar hierdie dade is na buite gerig. Wat van die uitdaging om jou innerlike landskap te verken? Daar wag immers ook skoonheid, drake en opwinding. Drie mans vertel van hul ervarings. Hooffoto Leana Clunies-Ross\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-07-26T10:56:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-05-09T10:12:38+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/Joe-Niemand-rooi-rose.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1506\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vredevangers\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vredevangers\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Vredevangers\",\"datePublished\":\"2012-07-26T10:56:36+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-09T10:12:38+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vredevangers\\\/\"},\"wordCount\":2230,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vredevangers\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/07\\\/Joe-Niemand-rooi-rose.jpg\",\"keywords\":[\"Geloof\",\"geluk\",\"lewensreis\"],\"articleSection\":[\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vredevangers\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vredevangers\\\/\",\"name\":\"Vredevangers | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vredevangers\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vredevangers\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/07\\\/Joe-Niemand-rooi-rose.jpg\",\"datePublished\":\"2012-07-26T10:56:36+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-09T10:12:38+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vredevangers\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vredevangers\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vredevangers\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/07\\\/Joe-Niemand-rooi-rose.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/07\\\/Joe-Niemand-rooi-rose.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1506,\"caption\":\"Foto: Leana Clunies-Ross\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vredevangers\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vredevangers\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vredevangers | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vredevangers | rooi rose","og_description":"Elke man, het \u2019n wysgeer op \u2019n keer ges\u00ea, het drie oerbegeertes: om te veg, \u2019n beeldskone vrou te red, en \u2019n avontuur te beleef. Maar hierdie dade is na buite gerig. Wat van die uitdaging om jou innerlike landskap te verken? Daar wag immers ook skoonheid, drake en opwinding. Drie mans vertel van hul ervarings. Hooffoto Leana Clunies-Ross","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-07-26T10:56:36+00:00","article_modified_time":"2017-05-09T10:12:38+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1506,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/Joe-Niemand-rooi-rose.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Vredevangers","datePublished":"2012-07-26T10:56:36+00:00","dateModified":"2017-05-09T10:12:38+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/"},"wordCount":2230,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/Joe-Niemand-rooi-rose.jpg","keywords":["Geloof","geluk","lewensreis"],"articleSection":["Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/","name":"Vredevangers | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/Joe-Niemand-rooi-rose.jpg","datePublished":"2012-07-26T10:56:36+00:00","dateModified":"2017-05-09T10:12:38+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/Joe-Niemand-rooi-rose.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/Joe-Niemand-rooi-rose.jpg","width":1000,"height":1506,"caption":"Foto: Leana Clunies-Ross"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vredevangers\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vredevangers"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3956","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3956"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3956\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/71403"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3956"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3956"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3956"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}