{"id":3954,"date":"2024-11-07T11:44:00","date_gmt":"2024-11-07T09:44:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/die-onsigbare-tronk\/"},"modified":"2024-11-07T11:48:31","modified_gmt":"2024-11-07T09:48:31","slug":"die-onsigbare-tronk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/","title":{"rendered":"Obsessief-kompulsiewe versteuring: Die onsigbare tronk"},"content":{"rendered":"<p>Hoor jy van <strong>obsessief-kompulsiewe versteuring (OKV)<\/strong>, kom die klassieke beeld van iemand wat hul hande oor en oor was tien teen een by jou op. Maar hierdie angsversteuring kom in baie gedaantes, sommige so subtiel dat iemand jare lank ongemerk daaraan kan ly.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dr. Philip van Rensburg, kliniese sielkundige van Pretoria wat in <strong>angs- en gemoedsversteurings <\/strong>spesialiseer, verduidelik: \u201cBy OKV gaan \u2019n ho\u00eb angsvlak gepaard met obsessies &#8211; onwelkome, herhalende gedagtes, gevoelens of sensasies &#8211; en\/of kompulsies: handelinge wat die persoon gedwonge voel om uit te voer. Die gedagtes en handelinge is \u2019n onbewuste poging om die onderliggende angs te verlig, maar veroorsaak op hul beurt ongemak, kommer en selfs afsku. Op \u2019n sekere vlak besef mense met OKV hul obsessies en kompulsies is irrasioneel, maar hulle kan dit nie beheer nie.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/\">Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Obsessies <\/strong>kan vergelyk word met \u2019n deuntjie wat meedo\u00ebnloos in jou kop bly draai. Dit kan fokus op \u2019n vrees dat iets slegs met jou of jou geliefdes gaan gebeur; dat jy iets belangriks sal verloor; iets onvergeefliks sal aanvang; dat jy God sal mishaag, of op verbode seksuele aktiwiteite. Obsessies kan oortuigings omtrent \u201cgelukkige\u201d of \u201congelukkige\u201d syfers en kleure insluit.<\/p>\n<p><strong>Kompulsies <\/strong>kan oordrewe persoonlike higi\u00ebne of huisskoonmaakprosesse behels; om voorwerpe op \u2019n spesifieke manier te rangskik; aktiwiteite \u2019n sekere aantal kere te herhaal; spesifieke voorwerpe of liggaams-dele aan te raak; inligting oor en oor te lees; sekere items op te gaar, of om situasies te vermy wat jou obsessies kan sneller. Mense met OKV skep dikwels rituele wat hulle voel hulle m\u00f3\u00e9t uitvoer. Hulle is gewoonlik skaam hieroor en steek dit sover moontlik vir ander weg.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cMense meld selde met klagtes van OKV by my aan. Hulle kom meestal weens angstigheid, eksamenvrees, \u2019n gejaagdheid, skuldgevoelens of omdat hulle \u2019nie kan stilsit nie\u2019. As ek OKV vermoed, vra ek: \u2018Tel jy? Trappe, liggies teen die dak &#8211; enigiets?\u2019 Gewoonlik lag hulle verle\u00eb. Ek vra ook of hulle \u2019n skildery wat skeef hang, sal regstel, patroontjies in die mat probeer sien of sekere dinge double check. Toe ek in die weermag was, het een van my makkers soggens sy trommel gesluit, en telkens wanneer hy by die deur kom, teruggedraai om seker te maak dis gesluit. Dit het \u2019n heen en weer gehardloop afgegee.<\/p>\n<p>\u201cMense met OKV hanteer dit moeilik as hul dagbeplanning onvoorsiens omver gewerp word. Hulle word ook dikwels van perfeksionisme beskuldig. In hierdie konteks beteken perfeksionisme nie dat hul kaste noodwendig almal reggepak is nie maar wel dat hulle voortdurend gedagtedruk ervaar dat hulle sekere dinge perfek behoort te doen.<\/p>\n<p>\u201cSo iemand word baie keer in <strong>detail <\/strong>vasgevang. As sy \u2019n skooltaak uitwerk, is sy byvoorbeeld so begaan daaroor om niks uit te laat nie of om foutloos te formuleer, dat sy gewoon nie klaarkry nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Uitstel <\/strong>is \u2019n verdere teken van OKV. \u201cTake word uitgestel omdat hy op hierdie oomblik nie in \u2019n ruimte is waar hy voel hy kan die taak perfek uitvoer nie. Nog \u2019n kenmerk is \u2019n rampingesteldheid. Sodra mense met OKV verveeld raak, begin hulle wonder wat verkeerd kan gaan. Hulle beleef die katastrofe by voorbaat in kleur en geur. Dit verhoog uiteraard hul angsvlak. Maar dis ook waar dat hulle \u2019n taak net uitstel totdat hulle die ramp sien gebeur. Dan voltooi hulle dit.<\/p>\n<p>\u201cWanneer ek mense oor hul <strong>simptome <\/strong>uitvra, is die reaksie dikwels: \u2018Maar voel alle mense dan nie so nie?\u2019 Hulle is gewoond aan die ho\u00eb angsvlak. Sowat 50% van hierdie mense ly ook aan depressie. Di\u00e9 magteloosheid en hulpeloosheid lei dikwels tot uitbrandingsindroom. Iemand met OKV kan hulself binne ses maande uitbrand.\u201d<\/p>\n<p>Wanneer moet mense met OKV hulp kry? \u201cWanneer hulle by die huis, die skool of die werk nie normaal kan funksioneer nie &#8211; weens angstigheid, perfeksionisme, tydrowende kompulsiewe rituele, uitbranding of om \u2019n ander rede.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-neem-toe-onder-jonger-suid-afrikaanse-vroue\/\">Borskanker neem toe onder jonger Suid-Afrikaanse vroue<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-149201 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/pexels-joaojesusdesign-808711-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Beheer<\/strong><\/h4>\n<p>Obsessief-kompulsiewe versteuring gaan ten diepste oor beheer, of eerder die gebrek daaraan. \u201cDie onderliggende <em>floating anxiety<\/em> kom ongevraag in mense se lewe. Die oorsake van die toestand word nog nagevors, maar daar is \u2019n sterk oorerflikheidsfaktor. As \u2019n kind dit het, het een ouer dit meestal ook. Niemand het dus \u2018skuld\u2019 hieraan nie.<\/p>\n<p>\u201cMense met OKV ervaar sterk <strong>emosionele ongemak<\/strong> en probeer dit onder beheer kry. Dit werk nie, en die volgende stap is om hul omgewing te probeer beheer deur byvoorbeeld kompulsiewe handelinge uit te voer. Wanneer hul angsvlak steeds nie daal nie, probeer hulle weer hul innerlike gesteldheid in lyn kry. So ontstaan \u2019n sieldodende kringloop.<\/p>\n<p>\u201cDit klink na \u2019n paradoks, maar die antwoord is dat jy meer in beheer voel sodra jy die noodsaak om in beheer te wees, laat gaan. Ek illustreer dit gewoonlik met die storie van \u2019n seuntjie en \u2019n dogtertjie op \u2019n strand. Die seuntjie sien eerste dat die gety inkom en sy sandkasteel gaan wegspoel. Hy bou \u2019n muurtjie om die water te keer. Die water vat die muurtjie weg, en hy probeer weer. Uiteindelik vat die water alles, en hy hardloop huilend na sy ouers.<\/p>\n<p>\u201cDie dogtertjie probeer ook \u2019n muurtjie bou, maar sodra dit wegspoel, verander sy haar strategie. Sy grawe dammetjies en geniet dit as hulle vol water spoel. Dit gaan alles daaroor om jou verwagtings aan te pas, pleks van krampagtig aan die illusie van beheer vas te klou.\u201d<\/p>\n<p>Obsessief-kompulsiewe versteuring kan <strong>nooit genees nie<\/strong>, maar wel beheer word. \u201cDit reageer die beste op \u2019n kombinasie van medikasie en kognitiewe gedragsterapie &#8211; terapie wat mense insig in die proses gee, asook tegnieke om dit te bestuur. Ek kan iemand binne ses sessies toerus om die res van hul lewe met OKV saam te leef. As hulle nie medikasie wil gebruik nie, respekteer ek dit, maar spesifieke anti-depressante genaamd serotonien-heropname-remmers of SSRI kan baie help; die persoon se brein stuur heeltyd boodskappe dat hy in gevaar is, al is hy nie nie. Hierdie medikasie bring die serotonienvlakke weer in balans en maak die lewe hanteerbaar.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hanteringswenke<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>\u201dWat is die ergste wat met enige mens kan gebeur? Jy kan doodgaan. Gaan jy weet jy is dood? Nee. Oor die ergste hoef jy jou dus nie te bekommer nie. Ons kan leer om in ongemaklike of angswekkende omstandighede &#8211; soms bloot \u2019n kussing wat skeef l\u00ea te vra: \u2018Wie sal doodgaan?\u2019<\/li>\n<li>\u201cHumor is die oudste verdedigingsmeganisme. Ek s\u00ea vir pasi\u00ebnte: \u2018Jy kan maar jou ritueel gaan uitvoer, lag net eers vir jouself.\u2019<\/li>\n<li>As \u2019n vrou byvoorbeeld kompulsief die huis stofsuig, vra ek watter taak sy haat. As dit is om die blare by die hek weg te vee, sluit ons \u2019n kontrak. Sy mag na hartelus stofsuig, maar sy moet \u00e9lke slag eers die blare gaan wegvee. Dit skep nuwe keuses.<\/li>\n<li>\u201cEk gebruik neurolinguistiese programmering om mense onder meer te help disso-sieer. Kyk na jouself uit \u2019n toeskouersoogpunt. \u2018Vries\u2019 die stresvolle situasie in die vorm van \u2019n swart-wit foto en sit \u2019n goue raam daarom as jy wil. Dit verlaag die emosionele lading sodat jou brein \u2019n bruikbaarder hanteringsmetode kan vind.<\/li>\n<li>Taalgebruik vorm ons ervarings in \u2019n groot mate, byvoorbeeld: \u2018Ek m\u00f3\u00e9t geld in my handsak h\u00ea vir ingeval iets gebeur.\u2019 Dis nie \u2019n moet nie. Dis bloot goed om geld by jou te h\u00ea. Ons moet let op veralgemenings en verdraaiings. Vet woorde \u2013 woorde wat vir verskillende mense verskillende betekenisse het, soos \u2018ryk\u2019 of \u2018respek\u2019 \u2013 moet anders benader word as maer woorde met \u2019n eenduidige betekenis.<\/li>\n<li>Skryf jou obsessies soos \u2018Ek moet \u2019n goeie mens wees\u2019 neer, en b\u00eare dit in \u2019n koevert op \u2019n sekere plek. So verplaas jy die obsessie van jou kop na die koevert.<\/li>\n<li>Gee doelbewus beheer op. As jy vas glo dat jy met enigiets kan cope, lui jou interne dialoog dat jy oral en altyd m\u00f3\u00e9t cope. Dit skep angs. Gaan sit stil en voel hoe dit voel om nie te cope nie. Voel jou hartklop, die drang om op te staan en op te tree, ensovoorts.<\/li>\n<li>Obsessiewe gedagtes vorm \u2019n sirkelgang. Jy tob byvoorbeeld oor jou mislukte verhouding. Kies twee tye per dag wat jy jou gedagtes hieroor in \u2019n spesiale joernaal met \u2019n pen neerskryf. Die res van die dag mag jy glad nie hieraan dink nie. Dit skep line\u00eare denke wat die kringloop verbreek.\u201d<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiwel-jou-bondgenoot-tydens-menopouse\/\">Suiwel: Jou bondgenoot tydens menopouse<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoor jy van obsessief-kompulsiewe versteuring (OKV), kom die klassieke beeld van iemand wat hul hande oor en oor was tien teen een by jou op. Maar hierdie angsversteuring kom in baie gedaantes, sommige so subtiel dat iemand jare lank ongemerk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":149200,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[667],"tags":[283,284,285,286,287,288],"class_list":["post-3954","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gesondheid","tag-ocd","tag-obsessief-kompulsief","tag-versteuring","tag-angs","tag-hulp","tag-okv"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Obsessief-kompulsiewe versteuring: Die onsigbare tronk | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Hoor jy van obsessief-kompulsiewe versteuring, kom die klassieke beeld van iemand wat hul hande oor en oor was tien teen een by jou op.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Obsessief-kompulsiewe versteuring: Die onsigbare tronk | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hoor jy van obsessief-kompulsiewe versteuring, kom die klassieke beeld van iemand wat hul hande oor en oor was tien teen een by jou op.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-11-07T09:44:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-11-07T09:48:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/pexels-cottonbro-8862266.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-onsigbare-tronk\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-onsigbare-tronk\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Obsessief-kompulsiewe versteuring: Die onsigbare tronk\",\"datePublished\":\"2024-11-07T09:44:00+00:00\",\"dateModified\":\"2024-11-07T09:48:31+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-onsigbare-tronk\\\/\"},\"wordCount\":1401,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-onsigbare-tronk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/11\\\/pexels-cottonbro-8862266.jpg\",\"keywords\":[\"OCD\",\"obsessief kompulsief\",\"versteuring\",\"angs\",\"hulp\",\"okv\"],\"articleSection\":[\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-onsigbare-tronk\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-onsigbare-tronk\\\/\",\"name\":\"Obsessief-kompulsiewe versteuring: Die onsigbare tronk | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-onsigbare-tronk\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-onsigbare-tronk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/11\\\/pexels-cottonbro-8862266.jpg\",\"datePublished\":\"2024-11-07T09:44:00+00:00\",\"dateModified\":\"2024-11-07T09:48:31+00:00\",\"description\":\"Hoor jy van obsessief-kompulsiewe versteuring, kom die klassieke beeld van iemand wat hul hande oor en oor was tien teen een by jou op.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-onsigbare-tronk\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-onsigbare-tronk\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-onsigbare-tronk\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/11\\\/pexels-cottonbro-8862266.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/11\\\/pexels-cottonbro-8862266.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-onsigbare-tronk\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Obsessief-kompulsiewe versteuring: Die onsigbare tronk\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Obsessief-kompulsiewe versteuring: Die onsigbare tronk | rooi rose","description":"Hoor jy van obsessief-kompulsiewe versteuring, kom die klassieke beeld van iemand wat hul hande oor en oor was tien teen een by jou op.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Obsessief-kompulsiewe versteuring: Die onsigbare tronk | rooi rose","og_description":"Hoor jy van obsessief-kompulsiewe versteuring, kom die klassieke beeld van iemand wat hul hande oor en oor was tien teen een by jou op.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-11-07T09:44:00+00:00","article_modified_time":"2024-11-07T09:48:31+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/pexels-cottonbro-8862266.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Obsessief-kompulsiewe versteuring: Die onsigbare tronk","datePublished":"2024-11-07T09:44:00+00:00","dateModified":"2024-11-07T09:48:31+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/"},"wordCount":1401,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/pexels-cottonbro-8862266.jpg","keywords":["OCD","obsessief kompulsief","versteuring","angs","hulp","okv"],"articleSection":["Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/","name":"Obsessief-kompulsiewe versteuring: Die onsigbare tronk | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/pexels-cottonbro-8862266.jpg","datePublished":"2024-11-07T09:44:00+00:00","dateModified":"2024-11-07T09:48:31+00:00","description":"Hoor jy van obsessief-kompulsiewe versteuring, kom die klassieke beeld van iemand wat hul hande oor en oor was tien teen een by jou op.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/pexels-cottonbro-8862266.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/pexels-cottonbro-8862266.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-onsigbare-tronk\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Obsessief-kompulsiewe versteuring: Die onsigbare tronk"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3954","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3954"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3954\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/149200"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3954"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3954"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3954"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}