{"id":3942,"date":"2012-07-26T11:01:00","date_gmt":"2012-07-26T09:01:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/ek-het-n-engel-gesien\/"},"modified":"2018-04-06T15:05:56","modified_gmt":"2018-04-06T13:05:56","slug":"ek-het-n-engel-gesien","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/","title":{"rendered":"Ek het \u2019n engel gesien"},"content":{"rendered":"<p>Ons was beslis nie meer alleen in die kamer nie. My pa was sterwend, maar \u2019n onbeskryf-like vrede het op my neergedaal. Hy het sy hande swakkies probeer uitsteek na iets of iemand wat hy met sy fletsblou o\u00eb gevolg het terwyl hy saggies prewel. Wat dit ook al was, ek en selfs sy verterende pyn was van minder belang. My pa wou by hierdie mens of wese wees. Nie meer by my nie.<\/p>\n<p>By \u2019n Christelike retreat vir mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het, deel ek my storie met ander. \u2019n Boer van die Karoo staan op, en vertel dat sy broer, pa en stiefseun se dood binne drie maande van mekaar net vir hom draaglik gemaak is deur die wete dat niemand alleen is as hy sterf nie. Hy vertel hoe sy broer n\u00e1 \u2019n lang siekbed oorlede is, en hoe twee van sy vriende, wat mekaar glad nie geken het nie, later vertel het dat hulle op presies dieselfde tyd in die nag helder wakker geskrik het en \u201cgesien\u201d het hoe twee mans in wit gewade by die broer se huis instap, en oomblikke later met hom tussen hulle uitstap. Twee engele het hul vriend kom haal.<\/p>\n<p>In \u2019n onderhoud verlede jaar vir rooi rose praat ek en wyle Ruben Kruger, die diep gelowige oud-Springbok, se ewe gelowige weduwee Lize oor engele. Dis hoe ek toe daaroor geskryf het:<\/p>\n<p><em>\u201cSy (Lize) het langs sy hospitaalbed gesit, en gewonder of daar engele by hulle is. \u2018Toe vra ek vir die Here om my te wys.\u2019 <\/em><\/p>\n<p>Die volgende middag het \u2019n baie goeie vriend van Ruben kom inloer en in die kamerdeur vasgesteek. \u2018Hy het verstom gevra of ek dan nie al die engele in die vertrek sien nie.<\/p>\n<p>\u2018Hy het later vir my vertel daardie middag het sy lewe vir altyd verander. Nou weet ek daar was engele, maar die Here het gekies om dit nie aan my te openbaar nie, maar aan \u2019n baie analitiese man wat normaalweg nie eens oor so iets sou dink nie.\u2019<\/p>\n<p>Dalk, mymer sy, het hy nodiger gehad om die engele te sien\u201d.<\/p>\n<p>Aan die einde van verlede jaar gesels ek en Lizz Meiring een re\u00ebnerige aand oor engele en hoe sy hul aanwesigheid en troos al in moeilike tye ervaar het. Haar pa was toe al ernstig siek, en kort n\u00e1 sy dood vroeg vanjaar praat ons weer. Oor die dood van \u2019n ouer, en oor troos uit onverwagte oorde. Hemelse oorde.<\/p>\n<p>Lizz glo engele is altyd om ons teenwoordig. \u201cDalk raak ons net van hulle bewus wanneer ons normale, daaglikse beskermingsmeganismes weg is &#8211; soos in tye van trauma, vrees of ander intense emosie. Miskien, skandelik, weet ons net van hulle wanneer ons hulle nodig het. Ek glo my onfeilbare intu\u00efsie, wat my al soveel keer uit \u2019n slegte situasie gered het, is eintlik die stem van die engele.\u201d<\/p>\n<p>Hoe sien sy engele? \u201cSover ek verstaan, is ware engele wesens van lig en energie. Hulle was nooit mense nie, en hulle het ook nie vlerke nie. Die prentjie van die vlerke kom blykbaar uit die Renaissance om die konsep van engele vir mense meer \u2018aanvaarbaar\u2019, meer konkreet te maak.<\/p>\n<p>\u201cEngele is heilig en misterieus vir ons omdat ons hulle nie kan sien nie, maar slegs soms van hulle bewus is.\u201d<\/p>\n<p>Met haar pa se uitgerekte siekbed en dood het sy hul troos baie intens ervaar. \u201cVenessa Clews, wat met engele kommunikeer, het my uit die bloute gebel. Sy het glad nie geweet my pa is sterwend nie, maar tog ges\u00ea \u2018daardie hospitaalkamer is vol engele\u2019,\u201d onthou Lizz.<\/p>\n<p>\u201cHulle staan om jou pa se bed,\u201d het Venessa ges\u00ea. \u201cHy moes \u2019n baie goeie mens gewees het, want selfs die aartsengel Migael is daar. Jou pa het geen pyn nie, sy pyn-senuwees is afgeskakel sodat hy nie ly nie. Hy is vreeslik rustig, en die engele vermaak hom met prentjies en ervarings oor aangename en betekenisvolle oomblikke in sy lewe.\u201d<\/p>\n<p>Lizz vertel dat Venessa plekke en grepe uit haar pa se lewe in detail beskryf, het. \u201cDaar was geen manier hoe sy daarvan kon weet nie. Soos ek dit verstaan het, bring die engele ook afgestorwenes wat na aan hom was, in sy bewussyn deur sodat hulle as \u2018doodsbegeleiers\u2019 kan optree om die een wat sterf na die volgende dimensie oor te help. Ek glo dis \u2019n proses waarvan ons niks kan weet voordat ons sterwensoomblikke nie aanbreek nie.\u201d<\/p>\n<p>Het die engelevrou se woorde vertroosting gebring? \u201cSonder twyfel. Glo ek dat dit so was? Sonder twyfel. Ek het geleer dat ons nie net moet glo in dit wat vir ons konkreet en sigbaar is nie, en dat ons soms ook nie dit wat konkreet en sigbaar is, moet glo nie.\u201d<\/p>\n<p>Lizz beklemtoon dat sy nie die Heilige Almag van die Skepper bevraagteken nie. \u201cEk wat altyd vreeslik baie vrae vra, verstaan dat daar sekere dinge is wat vir ons \u2019n heilige verrassing moet bly. Dit hou ons doodmenslik, op ons plek. Dit gee ons hoop en krag. Dit help ons om die dinge in ons lewe te aanvaar waaroor ons geen beheer het nie. Dit laat ons besef dat wonderwerke nie net moontlik is nie, maar eintlik magies alledaags is.\u201d<\/p>\n<p><strong>Die engel op die snelweg<br \/>\n<\/strong>Fenella van Ryneveld (skuilnaam) vertel dat sy omtrent tien jaar gelede sonder rede vreeslik angstig geword het, en begin nalees het om die gevoel beter te probeer beheer. Baie boeke oor selfhelp, godsdiens en sielkunde later het sy by boeke oor engele uitgekom. Veertig boeke, om presies te wees. Sy het selfs met haar predikant oor engele gaan praat.<\/p>\n<p>\u201cEk is \u2019n Christen en besef dat engele aan God verantwoordbaar is, dat \u2019n mens hulle net deur God bereik, maar besef ook dat ons almal ons eie beskermengele het.\u201d<\/p>\n<p>Sy verkies om onder \u2019n skuilnaam te praat omdat \u2019n mens maar skeef aangekyk word as jy oor engele begin praat.<\/p>\n<p>Sy onthou een spesifieke Saterdag-middag wat haar lewe vir altyd verander het. \u201cDit was twee-uur die middag, vroeg in Julie en bitter koud. Ons was op die verbypad langs Johannesburg verby Soweto. My man het bestuur en die kinders het agter gedut. Skielik sien ek \u2019n klein Golfie links van my. Agter die bestuurder in die motor sit \u2019n groot man met lang, spierwit hare en wit klere en sy kop tot teen die dak. Sy regterarm rus teen die venster, sy linkerarm is so lank dit strek tot op die paneelbord. Hy sit die motor amper vol. Die bestuurder is \u2019n meisie met groot, bang o\u00eb. My mond gaan oop om vir my man te s\u00ea wat ek sien, toe ek skielik besef: dis \u2019n engel. Hy is daar om die meisie kalm te hou op die gevaarlike pad. God het die engel aan my openbaar sodat ek kan weet dat Hy altyd daar is; dat Hy vir ons sal sorg; dat ek nie angstig hoef te wees nie. Ek onthou hoe bevoorreg ek gevoel het.\u201d<\/p>\n<p>Maar ses weke later slaan die noodlot toe. Fenella se gesonde, lewenslustige man kry \u2019n beroerte op \u2019n afgele\u00eb vakansiekamp in die noorde van KwaZulu-Natal. \u201cDaar was geen dokters naby nie. Die enigstes met mediese kennis was hyself, \u2019n tandarts, en my swaer, \u2019n tandheelkundige spesialis.\u201d Tog, vertel sy, het sy gevoel hoe God en sy engele hulle almal dra. \u201cDit het gevoel asof ek sweef, en ek het besef dat God my ses weke tevore daarop voorberei het om Hom te vertrou deur vir my daardie engel te wys.\u201d<\/p>\n<p>Ses groot Zoeloemans het Fenella se ses-voet-vier man deur die bosse na \u2019n klein helikoptertjie op die strand gedra wat met hom hospitaal toe gevlieg het.<\/p>\n<p>Gelukkig het hy niks oorgehou van die beroerte nie, maar Fenella s\u00ea dit het haar gelaat met \u2019n lewenslange wete van die krag van geloof. \u201cMy kennis oor engele het vir seker my geloof versterk \u00e9n my nader aan God gebring. Ek weet Hy is daar en dat Hy sorg. Ek het dit dan self beleef! Maar ek weet ook dat God in beheer is, en dat die engele bloot sy boodskappers is. Die engele kan nie jou versoeke en gebede uitvoer sonder dat dit die wil van God is nie.\u201d<\/p>\n<p><strong>Ek en die engelevrou van Pretoria<br \/>\n<\/strong>Natuurlik is ek baie skepties oor die engelevrou, soos Lizz Meiring en die sanger Willie Strauss na Venessa Clews verwys. Ek is nie net \u2019n logiese joernalis nie, maar kom boonop uit \u2019n streng Calvinistiese, Afrikaanse agtergrond. Maar, besluit ek, die Here is magtig, en Hy sal my beskerm solank ek my deur Hom laat lei.<\/p>\n<p>Hoe som \u2019n mens so \u2019n ervaring akkuraat op? Hoe verduidelik jy dat daar wel \u2019n vrede oor jou kom &#8211; al jou vooropgestelde idees en vrese ten spyt &#8211; as die vriendelike vrou met die dik bos hare met jou begin praat en goed uit jou familiegeskiedenis ophaal wat geen mens op aarde behalwe die intieme binnekring k\u00f3n weet nie? Hoe kon sy weet van my pa se geliefde kolliehond, sy spesiale hoed, dat hy graag (en mooi) gefluit het, dat hy my ma se hond altyd geterg het deur net die woord \u201csweep\u201d te noem? Of presies wat al die beserings was wat my ma se dood n\u00e1 \u2019n motorongeluk veroorsaak het? As logiese, voete-op-die-aarde mens het ek geen verduideliking gehad vir die goed wat sy van my lewe geweet het nie.<\/p>\n<p>Hoe kon iemand my kinders se persoonlikhede so akkuraat opsom as sy hulle nog nooit gesien het nie? Maklik, het sy ges\u00ea, die engele vertel haar dit alles. Oor my eie persoonlikheid en swakhede was sy heeltemal in die kol: <em>\u201cYou can\u2019t stand stupid people,\u201d<\/em> het sy met \u2019n lag ges\u00ea. Hoe kon sy weet dat oumense se lyding my so erg ontstel dat ek al agt jaar betrokke is by \u2019n liefdadigheid vir weggooi-bejaardes?<\/p>\n<p>\u201cVir \u2019n joernalis is jy baie media-sensitief,\u201d het sy ook ges\u00ea. \u201cJy kan nie nuus kyk nie, want die lyding is vir jou te erg. En elke hartseerstorie in die koerant raak jou persoonlik. En jy het nie die tipiese killer instinct wat \u2019n mens van joernaliste verwag nie.\u201d Akkurate waarneming in al drie gevalle \u2013 ek kyk al jare lank nie meer TV-nuus nie, en dwing myself om daagliks koerant te lees om op die hoogte van sake te bly. Maar ja, die hartseerstories ontstig my. En al weet ek van \u2019n bekende se grootste geheim, sal ek dit moeilik in \u2019n storie uitblaker as dit net oor sensasie gaan.<\/p>\n<p><em>\u201cYou\u2019re a born empath,\u201d<\/em> het sy aangegaan. \u201cAnder mense se hartseer put jou uit, want jou siel is so oop daarvoor dat hulle hul emosionele pakkies onbewustelik aan jou oordra. Pasop, dit veroorsaak jou moegheid, en kan tot \u2019n langdurige depressie lei. Jy moet God vra dat die engele jou hier ook beskerm en jou siel afsluit vir ander mense se bagasie.\u201d Weer eens, heeltemal in die kol.<\/p>\n<p>En so het sy punt na punt my lewe ontleed sonder om een keer my toekoms te voorspel. Sy het selfs gevra of ek \u2019n boodskap van die engele sal gee vir een van my beste vriendinne wat \u2019n groot besluit oor haar toekoms moes neem. Die boodskap was skrik-wekkend spesifiek, en \u2019n antwoord op \u2019n vraag wat sy twee dae tevore vir my ge-SMS het. Ons was albei ewe oorbluf toe ons later daaroor praat.<\/p>\n<p>Die tragedie rondom my ouers se dood het my met baie vrae en groot hartseer gelos. Wat as &#8230; Kon ons iets anders gedoen het? Het ek die regte dinge vir Pa gedoen toe hy my verantwoordelikheid was? Was my ma in pyn n\u00e1 die ongeluk, want met so baie beserings moes sy gewees het, en tog het sy niks ges\u00ea nie? Hierdie een gesprek het meer closure gebring as vele terapiesessies en honderde kere waarin ek die gebeure in my gedagtes teruggedraai het.<\/p>\n<p>Psalm 91 is al ses jaar lank my en my kinders se gunsteling-Skrifgedeelte. Ons troospsalm. Veral vers 11: \u201cHy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm, waar jy ook al gaan.\u201d Hoekom kan dit nie nou ook sy engele wees wat hierdie boodskap vir my gebring het nie?<\/p>\n<p>Al het ek al my grimering afgehuil, is ek met \u2019n ligter gemoed by Venessa weg. My verhouding met God het \u2019n nuwe dimensie bygekry, en ek w\u00e9\u00e9t nou dat die engele waarvan daar in sy Woord geskryf word, werklik om ons is. Dat hulle ons aardse lewe makliker maak deur ons te versterk, te beskerm, te waarsku, of wat ook al God hulle beveel om te doen. Het engele nou God se plek in my geloof ingeneem? Glad nie \u2013 ek bid steeds tot Hom. Maar ek dank Hom dat Hy ons in soveel detail liefhet dat Hy selfs in hierdie eeu steeds sy engele vir ons beskikbaar stel.<\/p>\n<p>Venessa is baie sku vir publisiteit \u2013 \u201cek glo dat, as jy by my moet uitkom, die engele jou hierheen sal lei\u201d. Sy is al gewoond daaraan dat mense haar skeef aankyk oor haar gawe. Sy noem dit spottenderwys haar \u201cfaulty wiring\u201d. Haar ouma was ook heldersiende. Sy s\u00ea in haar werk is sy \u201cspoilt with miracles\u201d wat hulle elke dag voor haar afspeel, en dis vir haar wonderlik om te weet dat sy ook daardeur kan troos bring en pyn verminder. Sy s\u00ea alle mense het engele.<br \/>\nGlo sy in God? \u201cOns w\u00eareld is te mooi om net \u2019n kosmiese gebeurtenis te wees. Ek sien daagliks soveel wonderwerke dat ek nie kan glo dis bloot toevallig nie. Ek sien die verligting op mense se gesigte as daar vrede oor hulle kom.\u201d<br \/>\nDis nie maklik vir haar om soveel goed van ander mense te weet nie, en sy was lank in ontkenning oor haar gawe. Aan kritiek dat dit wat sy doen boos is, steur sy haar nie.<br \/>\n\u201cHulle (die engele) kom dan met soveel liefde dat my hele siel daarvan sing,\u201d s\u00ea sy. Sy help dikwels \u2013 ook die polisie \u2013 om vermiste mense op te spoor, en stel glad nie belang om byvoorbeeld in TV-programme op te tree nie. \u201cHierdie is nie vermaak nie,\u201d s\u00ea sy. \u201cDis ernstige sake.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDit moes \u2019n engel gewees het\u201d<\/p>\n<p>Toe ek begin rondvra oor engele, vertel \u2019n klomp kennisse hul eie verhale.<br \/>\nSommige traag, want, s\u00ea hulle, mense kyk jou snaaks aan as jy oor engele praat.<\/p>\n<p><strong>Lucia Giesler<\/strong> van Stellenbosch vertel: \u201cEk het al \u2019n verkragter agteruit deur die lug sien trek, weg van my af, asof \u2019n onsigbare arm hom om die middel beet het en van my afruk. Daar was nie \u2019n ander siel in sig nie. Ek is daardie dag \u2019n verkragting gespaar op \u2019n bonatuurlike wyse &#8211; danksy die kragtige Naam van Jesus en my geloof dat Hy my nooit in die steek sal laat nie.\u201d<\/p>\n<p><strong>Anna H. Lemmer<\/strong>, \u2019n rooi rose-leser, vertel dat sy jare terug met haar 18-maande oue dogtertjie Sania in die voortuin gaan blomme pluk het vir \u2019n rangskikking in die voorportaal. Terug in die huis wou Anna met die rangskikking begin toe sy \u2019n duidelike stem agter haar hoor, al was dit net sy en Sania. \u201cGaan swembad toe,\u201d het die stem ges\u00ea. Toe sy deur die kombuisvenster gaan kyk, het sy haar dogtertjie in die swembad sien dryf, handjies na bo. \u201cEk weet vandag nog nie hoe ek oor die kombuiskaste deur die skuifraamvenster tot by die swembad gekom en ingeduik het nie! Ek weet wel dat dit beslis \u2019n engel was wat daardie dag met my gepraat het!\u201d<\/p>\n<p><strong>Martjie Roos<\/strong>, \u2019n joernalis, bieg dat sy baie skepties oor engele was. \u201cEk het een nag wakker geword en besef iets het my wakker gemaak en daar is iets in my kamer. Daar het twee engele langs my bed gestaan. Ek het nog gedink dit is die Ku Klux Klan, toe hulle weer net so skielik verdwyn. Dit het gebeur kort n\u00e1 \u2019n vriendin my vertel het van haar ondervinding met \u2019n engel en ek haar nie wou glo nie.\u201d<\/p>\n<p><strong>Renette Buitendag<\/strong> van Johannesburg vertel sy was in \u2019n ambulans op pad hospitaal toe saam met \u2019n vriendin wat \u2019n oordosis pille gedrink het. \u201cDit was baie traumaties vir almal wat betrokke was. Sy het haar bewussyn verloor en die dokter moes haar intubeer. Ek het by die ambulans se venster uitgekyk, en \u2019n groep engele langs ons sien beweeg. Ek kan die gevoel van vrede wat ons tot in die noodgevalle begelei het vir niemand beskryf nie. En ja, my vriendin het dit oorleef.\u201d<\/p>\n<p><strong>Sonja Rocher<\/strong> van Johannesburg werk tans in China. Sonja is \u2019n diep gelowige vrou, en s\u00ea onomwonde dat sy aan engele glo. \u201cDie Bybel s\u00ea dit vir ons al in Genesis, en ek glo wat in God se Woord staan.\u201d<br \/>\nHaar engele-ervaring het plaasgevind toe haar kinders nog klein was en \u2019n galblaasoperasie skeefgeloop het en sy byna gesterf het. N\u00e1 \u2019n noodoperasie het sy wakker geword met haar oorlede broer langs haar bed. \u201cHy het my hand vasgehou. Op \u2019n stoel het \u2019n onbekende persoon sit en bid. Ek het gedink dis \u2019n verpleegster. Ek het vir die Here ges\u00ea dat ek gereed is om te gaan as dit my tyd is. Die ongelooflikste gevoel van vrede het my omvou en ek het my hand uit my broer s\u2019n getrek.\u00a0Kan dit wees dat die Here \u2019n geliefde stuur om ons te ontmoet en vergesel wanneer dit tyd is om Huis toe te gaan? Die vrede wat ek daar ervaar het, kan ek n\u00e1 jare steeds herroep.\u00a0Die volgende dag kon ek nie glo dat ek ges\u00ea het ek is gereed om te gaan nie.\u00a0My kinders was nog albei klein, een in die kleuterskool en een in die laerskool.\u00a0Watter ma sal haar kinders wil agterlaat?\u00a0Dit het my laat besef dat wanneer die skeiding tussen hierdie lewe op aarde en ons lewe by Jesus Christus aanbreek, daar niks is wat ons sal terughou nie.\u201d<\/p>\n<p><strong>Ronelda Jordaan<\/strong> van Nelspruit vertel dat sy een nag jare gelede wakker geword het en besef het iemand is besig om by haar huis in te breek. Sy is \u2019n enkelma, en het benoud gaan ondersoek instel en afgekom op \u2019n ruit wat reeds netjies uit sy raam gehaal was (die stopverf was nog nat omdat die ruit die vorige week vervang is). Sy was nie seker wat om te doen nie. \u201cToe ek die stoeplig gaan aanskakel, staan my oorlede broer daar, in sy kamoefleerdrag, en s\u00ea ek kan maar gaan slaap, hy sal na my kyk.\u201d Sy onthou die vrede wat haar oorval het, en hoe sy omgedraai het en rustig verder gaan slaap het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2019n Bybelse perspektief Volgens Engel Notas, \u2019n Bybelstudiegids deur Jimi le Roux (www.jimileroux.com) kom die woord \u201cengel\u201d 320 keer in die Bybel voor. Dit beteken boodskapper, en kan ook na \u2019n menslike boodskapper verwys. Hy beskryf, aan die hand van die Skrif, engele as geestelike wesens wat nie \u2019n fisieke vorm het nie, maar wel soms fisiek verskyn in die gedaante van \u2019n mens en soms \u201cskitterend of met skynende wit klere\u201d. Soms verskyn hulle in \u2019n baie groot gedaante. Maar engele het nie vlerke nie. Dit, verduidelik hy, was oorspronklik in kerkkuns \u2019n simboliese manier om aan te dui dat engele van \u2019n ho\u00ebr orde is. Engele is ook nie klein baba-engeltjies nie en is geslagloos. Volgens die Bybel is daar \u201cmiljoene en miljoene engele\u201d (Dan. 7:10). Le Roux beskryf hulle verder so (aan die hand van teksverse): \u201cEngele is magtige en intelligente wesens. Hulle is persoonlikhede met insig en kennis, hulle is bly of kwaad en hulle sing. Engele vrees niks, want hulle het niks om te vrees nie. Hulle vrees alleen God, in die sin dat hulle Hom eer en dien. Hulle bestaan is om Hom te dien.\u201d<\/p>\n<p>Hy onderskei tussen gerubs, serafs, engele en aartsengele, en verduidelik ook engele se funksies volgens die Skrif (troon-, regeer-, stryd-, beskerm- , dien- en boodskapperfunksies).<br \/>\n\u2019n Hele hoofstuk word afgestaan aan engele vandag, waarin moderne mense hulle wedervaringe met engele deel.<br \/>\nMaar Le Roux waarsku ook teen die verering en vertrou van engele bo God, en teen, wat hy noem, die verkeer met engele. \u201cDit beteken dat ons engele nie aanspreek nie, en nie tot hulle bid nie. Ons praat van die engele, nie met hulle nie. Ons s\u00ea nie vir hulle dankie nie, maar vir die Here dankie vir hulle. Ons vra hulle nie om beskerming nie, maar vra die Here om sy engele te stuur vir ons beskerming. Dit is wat hulle verkies. Hulle maak hulself slegs bekend in opdrag van die Here.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons was beslis nie meer alleen in die kamer nie. My pa was sterwend, maar \u2019n onbeskryf-like vrede het op my neergedaal. Hy het sy hande swakkies probeer uitsteek na iets of iemand wat hy met sy fletsblou o\u00eb gevolg [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":3943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677],"tags":[],"class_list":["post-3942","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ek het \u2019n engel gesien | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ek het \u2019n engel gesien | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons was beslis nie meer alleen in die kamer nie. My pa was sterwend, maar \u2019n onbeskryf-like vrede het op my neergedaal. Hy het sy hande swakkies probeer uitsteek na iets of iemand wat hy met sy fletsblou o\u00eb gevolg [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-07-26T09:01:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-06T13:05:56+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273016437.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"556\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"369\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"17 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-het-n-engel-gesien\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-het-n-engel-gesien\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Ek het \u2019n engel gesien\",\"datePublished\":\"2012-07-26T09:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-06T13:05:56+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-het-n-engel-gesien\\\/\"},\"wordCount\":3439,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-het-n-engel-gesien\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201273016437.jpg\",\"articleSection\":[\"Inspirasie\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-het-n-engel-gesien\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-het-n-engel-gesien\\\/\",\"name\":\"Ek het \u2019n engel gesien | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-het-n-engel-gesien\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-het-n-engel-gesien\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201273016437.jpg\",\"datePublished\":\"2012-07-26T09:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-06T13:05:56+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-het-n-engel-gesien\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-het-n-engel-gesien\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-het-n-engel-gesien\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201273016437.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201273016437.jpg\",\"width\":556,\"height\":369},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-het-n-engel-gesien\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ek het \u2019n engel gesien\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ek het \u2019n engel gesien | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ek het \u2019n engel gesien | rooi rose","og_description":"Ons was beslis nie meer alleen in die kamer nie. My pa was sterwend, maar \u2019n onbeskryf-like vrede het op my neergedaal. Hy het sy hande swakkies probeer uitsteek na iets of iemand wat hy met sy fletsblou o\u00eb gevolg [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-07-26T09:01:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-06T13:05:56+00:00","og_image":[{"width":556,"height":369,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273016437.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"17 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Ek het \u2019n engel gesien","datePublished":"2012-07-26T09:01:00+00:00","dateModified":"2018-04-06T13:05:56+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/"},"wordCount":3439,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273016437.jpg","articleSection":["Inspirasie"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/","name":"Ek het \u2019n engel gesien | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273016437.jpg","datePublished":"2012-07-26T09:01:00+00:00","dateModified":"2018-04-06T13:05:56+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273016437.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273016437.jpg","width":556,"height":369},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-het-n-engel-gesien\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ek het \u2019n engel gesien"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3942","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3942"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3942\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3942"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3942"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3942"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}