{"id":3940,"date":"2012-07-26T10:51:00","date_gmt":"2012-07-26T08:51:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/jy-jou-lyf-die-liefde\/"},"modified":"2016-01-25T15:03:15","modified_gmt":"2016-01-25T13:03:15","slug":"jy-jou-lyf-die-liefde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/","title":{"rendered":"Jy, jou lyf &#038; die liefde"},"content":{"rendered":"<p>Geboorte en dood. Di\u00e9 twee is normale gebeurtenisse in elke mens se lewensverloop, of hoe? Nie uit die oogpunt van ons samelewing nie. Met ouer word en die dood het ons allermins vrede, en hoewel geboorte \u2019n aanvaarbare onderwerp van bespreking is, is die aanleidende gebeurtenis \u2013 seks \u2013 nog grootliks taboe.<\/p>\n<p>Ons praat nie graag daaroor nie, veral nie met ons kinders nie, en wonder of iemand oor ons skouer kyk as ons daaroor lees. Dit ten spyte daarvan dat elkeen van ons se bestaan tydens orgasme begin het, soos die Amerikaanse skrywer en ginekoloog dr. Christiane Northrup dit stel. \u201cDit was minstens vir jou pa plesierig,\u201d voeg sy skalks by.<\/p>\n<p>Indien die vorige paragraaf jou ongemaklik laat voel, is jy nie alleen nie. Charine Glen-Spyron, \u2019n kliniese sielkundige van Bryanston, het in haar magisterstudie oor die verband tussen eiewaarde en seksuele tevredenheid onder volwasse Suid-Afrikaanse vroue gevind dat seksualiteit steeds \u2019n gelade en komplekse onderwerp is. Dis insiggewend dat haar driehonderd toetspersone studente tussen 18 en 36 jaar oud was; die vooroordele en ongemaklikhede waarmee di\u00e9 van ons in ons middeljare grootgeword het, swaai skynbaar steeds die septer onder die jonger geslag. En dit geld alle kulture, s\u00ea Charine.<\/p>\n<p>Hierdie artikel fokus nie op die reg of verkeerd van sekere uitkyke nie, maar op faktore wat \u2019n uitwerking op vroue se eiewaarde en seksuele tevredenheid het. \u201cSienswyses soos dat seks \u2018vuil\u2019 is, nie geniet mag word nie, of net vir voortplanting bedoel is, het hul oorsprong in die denke en dikwels godsdienstige oortuigings van groepe waarbinne ons grootword. Dis \u2019n sosiale konstruk: dit word meestal nie uitgespreek nie en niemand weet hoe dit ontstaan het nie. Tog l\u00ea dit diep in die onbewuste en kleur dit ons ervaring.\u201d<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Eiewaarde<\/span><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p>Dis \u2019n rare vrou wat r\u00e9gtig glo sy is goed genoeg. Die meeste van ons se siening van onsself het hier en daar \u2019n duik, en in sommige gevalle \u2019n donga.<\/p>\n<p>\u201cEiewaarde is die waarde wat ons aan onsself as mens heg \u2013 die manier waarop ons glo ons in verskillende situasies en by ander mense pas. Die gesin waarin ons grootword, speel \u2019n deurslaggewende rol. As ouers ondersteunend is, nie te veel druk op hul kinders plaas nie en tevrede is met hul prestasie, is die kinders se eiewaarde ho\u00ebr.<\/p>\n<p>\u201cMaar ons leef nie in \u2019n ideale w\u00eareld nie en talle faktore skaad ons selfagting. Indien \u2019n broer of suster anders behandel word omdat hulle op \u2019n sekere gebied beter presteer, voel ons minderwaardig. Dieselfde geld wanneer hulle weens siekte, gestremdheid, \u2019n leerprobleem of om \u2019n ander rede meer aandag kry. Dikwels wonder ons as volwassenes hoekom ons slegs aanvaarbaar voel as ons meer en meer doen. Dis \u2019n voortsetting van die patroon uit ons kindertyd.\u201d<\/p>\n<p>Ons ouers se welsyn en eiewaarde be\u00efnvloed ons ook. \u201cDepressie is \u2019n kliniese toestand en niemand se skuld nie, maar \u2019n ma wat depressief is, is dikwels emosioneel afwesig &#8211; wat kan veroorsaak dat haar dogter weens die gebrek aan koestering aan haar waarde begin twyfel. As \u2019n ma glo sy is onaantreklik en haarself nie goed versorg nie, kan haar dogters haar sienswyse navolg.<\/p>\n<p>\u201dIndien jy jou voorkoms weens minderwaardigheidsgevoelens afskeep, moet jy jouself nie veroordeel nie. Kyk eerder of jy maniere kan kry om jou eiewaarde te verhoog. Ons waarde word nie deur ons gewig of voorkoms bepaal nie maar die mate waarin jy jouself respekteer, stuur duidelike seine aan die mense om jou uit. Dis \u2019n bepalende faktor in hul optrede teenoor jou.<\/p>\n<p>\u201cTen diepste setel die belewenis van nie-aanvaarding in die gevoel dat jy nie in die voorgeskrewe vorm pas nie. Dis dikwels die gevolg van kulturele en godsdienstige vereistes of rolverwagtinge, soos \u2018vroue hoort in die kombuis\u2019. Indien jy hiervan afwyk &#8211; as jy met ander woorde \u2018anders\u2019 is &#8211; lei dit tot innerlike konflik. As jou ouers baie nougeset is, of as jy voel dat jy \u2019n godsdienstige re\u00ebl oortree, is dit nog erger.<\/p>\n<p>\u201cTen opsigte van seksualiteit kan dit \u2019n mynveld word. Aan die een kant is ons, of ons groep dit nou wil erken of nie, seksuele wesens. Ons is geskape om voort te plant en het ingebore seksuele drange. Aan die ander kant is die boodskap wat ons kry baie keer: \u2018Seks is verkeerd\u2019. Ervaar jy seksuele begeertes, voel jy jy is \u2019n slegte mens \/ \u2019n sondaar \/ iemand wie se waardes nie goed is nie. Om dit te vererger, geld verskillende maatstawwe dikwels vir mans en vroue. Seuns wat verskeie seksmaats of voorhuwelikse seks het, is viriel. Meisies wat dit doen, is slette.<\/p>\n<p>\u201cDie kwessie waarmee talle vroue worstel, is: hoe leef ek as \u2019n seksuele wese? Hoe versoen ek my natuurlike drange met die ideaal wat aan my voorgehou word? Die onversoenbaarheid van hierdie twee uiterstes word versinnebeeld deur die verskynsel dat mans partykeer slegs een van twee rolle aan hul maats toeken. Hy sien haar \u00f3f as die maagd \/ moeder \/ vlekkelose vrou na wie hy kan opkyk, \u00f3f as die sinlike vrou \/ sondares. Vroue voel aan dat hulle nie albei mag wees nie en voel verward en skuldig oor hul seksualiteit.\u201d<\/p>\n<p>Charine verwys na Freud se id, ego en superego, die drie ego-state in elkeen van ons. \u201cDie id verteenwoordig jou primitiewe drange, die superego eggo die re\u00ebls wat van buite aan jou voorgehou word, en die ego se taak is om die samespel van die id en superego te reguleer. Die ego moet dus \u2019n balans kry tussen jou normale seksuele drange (die id) en die voorskrifte van die samelewing (die superego). Die mate waarin iemand dit kan regkry, word sy of haar egosterkte genoem.<\/p>\n<p>\u201cOm dit prakties te maak: gestel \u2019n vroulike student uit \u2019n huis waar voorhuwelikse seks taboe is, is vier jaar lank in \u2019n vaste verhouding. Die natuurlike ontwikkelingsgang van \u2019n verhouding bring \u2019n paartjie emosioneel \u00e9n fisiek nader aan mekaar. Die seksuele intensiteit van die verhouding neem outomaties toe.<\/p>\n<p>\u201cAs die student geleer is dat \u2018goeie vroue wag tot hulle getroud is\u2019 maar \u2019n toenemende begeerte na seksuele nabyheid ervaar, sal sy skuldig voel. Dis vir haar moeilik om tussen hierdie twee pole rondgeslinger te word. Boonop trou mense deesdae later, wat beteken dat hulle nog ongetroud is op hul vrugbaarste ouderdom. Deur hierdie voorbeeld moedig ek nie voorhuwelikse seks aan nie, maar probeer ek die innerlike konflik belig. Dit het \u2019n invloed op vroue se eiewaarde, wat onlosmaaklik aan hul seksuele tevredenheid verbind is.\u201d<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Seksuele tevredenheid<\/span><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p>\u201cMin vroue weet hoe om seksuele tevredenheid te definieer \u2013 enersyds omdat hulle bang is iemand veroordeel hulle as hulle hieroor praat, en andersyds omdat vroue geneig is om meer op hul maat se satisfaksie te fokus as op hul eie. Nes die samelewingsre\u00ebls \u2019n deurslaggewende rol in baie vroue se lewe speel, koppel hulle die gehalte van hul seksuele ervaring aan \u2019n eksterne persoon. Die vraag of dit goed gaan in die slaapkamer, is vir hulle die vraag of hul maat tevrede is. Vrae soos: Is \u00e9k gelukkig? of: Waarvan hou ek? kom dikwels nie eens by hulle op nie. Weer eens is dit dikwels die gevolg van \u2019n onbewuste oortuiging dat mans van seks mag hou, maar dat \u2018goeie\u2019 vroue dit nie mag geniet nie.<\/p>\n<p>\u201cSeksuele tevredenheid l\u00ea op \u2019n kontinuum. Daar is nie \u2019n \u2018reg\u2019 en \u2019n \u2018verkeerd\u2019 nie, net wat vir j\u00f3\u00fa lekker is. As jy nooit hieraan aandag gee nie, kan jy gerus twee dinge doen: luister na jou lyf, en doen klein stappies om jou ervaring plesieriger te maak.<\/p>\n<p>\u201cVir vroue is seks in \u2019n groot mate in hul kop. Ons vind dit moeilik om \u2018af te skakel\u2019. Ons wonder gedurig: Doen ek die regte ding? Is my maat gelukkig? Dink hy nie my borste lyk nie meer soos tien jaar gelede nie? Dis waarom navorsingsresultate wys dat liggaamsbeeld die belangrikste aspek van eiewaarde is wanneer seksuele tevredenheid ter sprake kom. Baie vroue tob gedurig oor hul liggaam en die aanvaarbaarheid daarvan, selfs in die liefdespel.<\/p>\n<p>\u201cWanneer jou gedagtes hiermee besig bly, veral tussen die lakens, moet jy besef dat dit wat jy beleef \u2019n persepsie van die situasie is, en nie noodwendig die werklikheid nie. Jou vooropgestelde idees oor jou liggaamsgebreke kan hemelsbreed van jou man se ervaring van jou lyf verskil. As jy wonder of hy agterkom jou maag is pap, moet jy jou herinner dat jy\u00b4 wonder of hy agterkom jou maag is pap.<\/p>\n<p>\u201dMans is meesters wanneer dit kom by die genieting van die oomblik. Masters and Johnson se navorsing het bewys dat fisieke prikkels mans seksueel stimuleer. Hulle dink nie soveel aan die stand van die verhouding en die ander dinge waaroor vroue hulle moeg maak nie. Hulle kan \u2019n vrou wat haar klere uittrek een kyk gee en gereed wees vir seks.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Vrou is anders. Dis moeilik om die fokus van jou gedagtes na jou liggaam te verplaas, maar jy kan leer om dit te doen. Vra jou af watter aanrakings jy sensueel en stimulerend vind. Moenie bang wees om die energievloei tussen jou en jou maat te volg nie &#8211; geniet dit net. Neem kennis van die stemmetjie wat s\u00ea jy mag nie, maar moenie daarop inspeel nie. Uiteraard moet jy niks doen wat teen jou beginsels is of erge ongemak skep nie, maar dis \u2019n goeie plan om die grense van jou gemaksone geleidelik te verskuif. Sit \u2019n bietjie druk op jouself en probeer gereeld iets nuuts. As jy slegs met seks in die donker gemaklik is, sit \u2019n slag die bedliggie aan. Sodra jy daaraan gewoond is, kan jy \u2019n ander kans waag. S\u00f3 brei jy jou genotvolle ervarings uit.<\/p>\n<p>\u201cAs seks regtig nie meer vir jou lekker is nie, as jy dit nie kan verdra dat jou maat aan jou raak nie of sukkel om \u2019n orgasme te kry, is dit tyd om hulp te soek. Vroue is geneig om stilswyend in potensi\u00eble probleemsituasies te bly totdat die vraagstuk te groot word om op te los. Takel die kwessie betyds.<\/p>\n<p>\u201cSeksuele tevredenheid is \u2019n kernaspek van fisieke \u00e9n emosionele gesondheid. Dis ook bepalend vir \u2019n gelukkige verhouding met jou maat. Werk daaraan. Eien die faktore wat jou ingesteldheid kan benadeel en bespreek dit met iemand wat sal verstaan, of gaan spreek \u2019n berader. Leef jou lewe voluit!\u201d<\/p>\n<p><strong>Charine Glen-Spyron 011 463 4438<br \/>\n<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geboorte en dood. Di\u00e9 twee is normale gebeurtenisse in elke mens se lewensverloop, of hoe? Nie uit die oogpunt van ons samelewing nie. Met ouer word en die dood het ons allermins vrede, en hoewel geboorte \u2019n aanvaarbare onderwerp van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":3941,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[],"class_list":["post-3940","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Jy, jou lyf &amp; die liefde | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Jy, jou lyf &amp; die liefde | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Geboorte en dood. Di\u00e9 twee is normale gebeurtenisse in elke mens se lewensverloop, of hoe? Nie uit die oogpunt van ons samelewing nie. Met ouer word en die dood het ons allermins vrede, en hoewel geboorte \u2019n aanvaarbare onderwerp van [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-07-26T08:51:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-25T13:03:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273016617.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"435\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"425\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-jou-lyf-die-liefde\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-jou-lyf-die-liefde\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Jy, jou lyf &#038; die liefde\",\"datePublished\":\"2012-07-26T08:51:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-25T13:03:15+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-jou-lyf-die-liefde\\\/\"},\"wordCount\":1715,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-jou-lyf-die-liefde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201273016617.jpg\",\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-jou-lyf-die-liefde\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-jou-lyf-die-liefde\\\/\",\"name\":\"Jy, jou lyf & die liefde | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-jou-lyf-die-liefde\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-jou-lyf-die-liefde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201273016617.jpg\",\"datePublished\":\"2012-07-26T08:51:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-25T13:03:15+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-jou-lyf-die-liefde\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-jou-lyf-die-liefde\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-jou-lyf-die-liefde\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201273016617.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201273016617.jpg\",\"width\":435,\"height\":425},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-jou-lyf-die-liefde\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jy, jou lyf &#038; die liefde\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Jy, jou lyf & die liefde | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Jy, jou lyf & die liefde | rooi rose","og_description":"Geboorte en dood. Di\u00e9 twee is normale gebeurtenisse in elke mens se lewensverloop, of hoe? Nie uit die oogpunt van ons samelewing nie. Met ouer word en die dood het ons allermins vrede, en hoewel geboorte \u2019n aanvaarbare onderwerp van [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-07-26T08:51:00+00:00","article_modified_time":"2016-01-25T13:03:15+00:00","og_image":[{"width":435,"height":425,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273016617.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Jy, jou lyf &#038; die liefde","datePublished":"2012-07-26T08:51:00+00:00","dateModified":"2016-01-25T13:03:15+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/"},"wordCount":1715,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273016617.jpg","articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/","name":"Jy, jou lyf & die liefde | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273016617.jpg","datePublished":"2012-07-26T08:51:00+00:00","dateModified":"2016-01-25T13:03:15+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273016617.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201273016617.jpg","width":435,"height":425},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jou-lyf-die-liefde\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jy, jou lyf &#038; die liefde"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3940","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3940"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3940\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3941"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3940"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3940"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3940"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}