{"id":3936,"date":"2012-07-26T10:27:00","date_gmt":"2012-07-26T08:27:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/omring-deur-liefde\/"},"modified":"2016-02-24T13:11:27","modified_gmt":"2016-02-24T11:11:27","slug":"omring-deur-liefde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/","title":{"rendered":"Suzette van der Merwe: Omring deur liefde"},"content":{"rendered":"<p>Hier word feesgevier, al is dit nog nie heeltemal Kersfees nie. Die tafel staan getooi in silwer en die wildsboud, toegedraai in spek, is reeds in die oond en mondwatergeure trek deur die hele huis.<\/p>\n<p>Ons kuier by Suzette van der Merwe se sussie, Tania Roux, in Nelspruit. In die voorportaal en gang hang familiefoto\u2019s van toeka tot nou. Skoonheid is in die gene, sien ek. My o\u00eb soek na \u201cdaardie\u201d foto. Baie van ons onthou nog die dag in 1990 toe Suzette die Mej. Suid-Afrika-kroon gekry het, stralend in \u2019n bottergeel rok met haar bruin o\u00eb en wye mond wat saamlag.<\/p>\n<p>\u2019n Donkerkop-meisiekind kom singend by die sitkamer ingewals. Laggende bruin o\u00eb, lang donker hare. \u201cDis my dogter, Skye,\u201d stel Suzette haar voor. \u201cAltyd aan die sing en dans!\u201d Sy buig en dans weer die vertrek uit.<\/p>\n<p>Ek wonder of hulle altyd soveel moeite met Kerstyd doen. Dit lyk darem net te veel na \u2019n sprokie. Maar Suzette verseker my dat Kersfees regtig vir hulle \u201cfamiliefees\u201d beteken. \u201cDis \u2019n spesiale geleentheid. Ons maak minstens vier keer per jaar tyd om as familie saam te kuier. Kersfees is een daarvan. En dan doen ons dit behoorlik!\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Soms is daar soveel mense dat hulle sommer twee tafels dek. Selfs al vier hulle Kersfees iewers in die woestyn, of op \u2019n Mosambiekse strand, sal hulle moeite doen om dit so feestelik moontlik te maak.<\/p>\n<p>\u201cTwee jaar terug was ons almal op Swakopmund vir Kersfees. Daar is dit tradisie dat almal op Kersdag Langstrand toe gaan. Jy kuier saam met honderde mense op die strand, en almal deel hul lekkernye. Die lekkerste was al die geskenke! Daar was swartsakke vol geskenke in die motors. Ons het seker vir die mense soos maplotters gelyk!\u201d s\u00ea Tania.<\/p>\n<p>Vanjaar beplan die hele familie om Mosambiek toe te gaan vir die feestyd. Hoewel hulle dalk nie \u2019n wildsboud in die oond gaan maak nie, sal \u2019n feesmaal voorgesit word en tot laat om die vure gekuier word.<\/p>\n<p>Di\u00e9 familie hou daarvan om mekaar te bederf, en geskenke is vir hulle \u2019n teken van hul liefde, omgee en waardering vir mekaar. Die sussies neem hulle altyd voor om vir almal net een geskenk te gee, maar dit vermenigvuldig. \u201cTeen die tyd dat ons geskenke uitdeel, l\u00ea dit in hope onder die boom!\u201d s\u00ea Tania. \u201cDit het by ons ma Jeanne begin. Sy is mal daaroor om geskenke te koop!\u201d<\/p>\n<p>Die twee susters, bruingebrand en vol lewenslus, het pas teruggekom van \u2019n vakansie op die wit strande van die Seychelle waar Tania haar veertigste verjaardag gevier het.<\/p>\n<p>\u201cToe Tania op \u2019n dag bel en s\u00ea sy en haar man, Vianne, gaan Seychelle toe, het ek myself dadelik saamgenooi,\u201d s\u00ea Suzette (42). \u201cOns spot al met Vianne, want oral waar ons kom, dink die mense hy het twee vroue!\u201d Tania gaan haal die brosjure om te wys waar hulle gebly het. \u201cDit was hemels!\u201d s\u00ea Suzette, wat oor haar skouer kom loer.<\/p>\n<p>Suzette is deesdae uitvoerende hoof: korporatiewe sosiale investeringsprogramme en -veldtogte by die Vodacom-stigting, \u2019n werk wat haar soms meer as agt uur per dag besig hou. En sy is ook ambassadeur van die Franse skoonheidsreeks Filorga. Dit beteken dat sy altyd deur \u2019n ring getrek kan word in haar ho\u00eb hakke en snyerspakkies. Di\u00e9 dat Skye, haar negejarige dogter, een middag vir haar gevra het of sy haar nie maar net een keer soos ander ma\u2019s in \u2019n sweetpak en tekkies by die skool wil kom haal nie!<\/p>\n<p>\u201cEk kon maar net lag,\u201d s\u00ea Suzette.<\/p>\n<p>Maar haar tyd saam met haar kinders is nie onderhandelbaar nie. Wanneer Skye en Graydon by hul pa kuier, sit sy soms tot middernag en werk. \u201cEk werk hard sodat ek myself vir my kinders kan gee wanneer ons saam is,\u201d s\u00ea sy, en trek haar skouers op asof dit vanselfsprekend is.<\/p>\n<p>In hul tienerdae wou di\u00e9 twee Van der Merwe-susters nie eens hul klere met mekaar deel nie. \u201cDit was maar tipiese susterlike binnegevegte!\u201d lag hulle verle\u00eb. \u201cOns het \u2019n kamer gedeel. Ek het \u2019n geel hemelbed gehad en sy \u2019n pienke. Op \u2019n dag het ons die kamer s\u00f3 verdeel dat ons elkeen ewe groot helftes gehad het. En bewaar jou siel as jy oor daardie streep getrap het!\u201d giggel Suzette.<\/p>\n<p>Vandag is die twee beste vriendinne. \u201cIemand het eenmaal ges\u00ea, If you have a sister, you don\u2019t need a best friend. In ons geval is ons sussies en beste maats,\u201d s\u00ea Suzette. Met hul eenderse lang, donker lokke en slank lywe moet jy twee keer kyk om seker te maak wie is wie.<\/p>\n<p>\u201cMense is dikwels &#8216;n bietjie verward wanneer hulle ons sien. Ek was eenmaal saam met Vianne en Tania kerk toe. Vianne het tussen ons twee gestaan. Skielik draai die tannie voor ons om, knik in my rigting en s\u00ea vir Vianne \u2018Jy\u2019t \u2019n mooi vroutjie!\u2019\u201d s\u00ea Suzette.<\/p>\n<p>\u201cEk was regtig nie be\u00efndruk nie!\u201d voeg Tania by.<\/p>\n<p>Hoewel hulle nie graag oor die moeilike tye in hul lewe praat nie, is dit juis di\u00e9 tye wat die familie besonder geheg aan mekaar maak. Di\u00e9 tye het hulle gebrei, laat groei en nuwe waardering vir mekaar gekweek.<\/p>\n<p>Suzette en Tania se ouer boetie, Isak, is \u2019n paar dae voor sy twintigste verjaardag in Oktober 1987 aan kanker oorlede. \u201cEk onthou ons \u2013 ek, my man en die twee susters &#8211; was daardie Kersfees op Stilbaai. Dit was maar hartseer, maar ons het mekaar gehad,\u201d s\u00ea ma Jeanne, en vryf oor Chewy haar yorkshireterri\u00ebr se kop.<\/p>\n<p>Toe Suzette \u2019n paar jaar terug van haar tweede man geskei is, het dit die susterlike band opnuut versterk. Sy kan dit haar nie voorstel om sonder familie aan haar sy deur moeilike tye te gaan nie.<\/p>\n<p>\u201cTania is my ander helfte; die gedeelte wat ek ni\u00e9 is nie,\u201d s\u00ea Suzette. \u201cEk is miskien die oudste, maar baie dae kyk ek op na my suster. Veral wat moederskap betref. Ek bewonder haar.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn Suzette is baie keer die \u2018wind onder my vlerke\u2019,\u201d s\u00ea Tania.<br \/>\nVir almal van hulle hou die woord \u201cKersfees\u201d, spesiale betekenis in. Noem di\u00e9 woord vir die twaalfjarige Graydon, s\u00ea hy dadelik: \u201cMy gesin.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDankie, Graydon. Dis baie spesiaal!\u201d s\u00ea Suzette, en gee hom \u2019n druk.<br \/>\nEniele, Tania se 16-jarige seun, het duidelik \u2019n ander idee en s\u00ea met \u2019n vonkel in sy oog, \u201cGeskenke!\u201d Vir Tania en Suzette beteken \u201cKersfees\u201d beslis \u201cfamilie\u201d, en vir ma Jeanne, is dit \u201cJesus\u201d. N\u00e1 Isak se dood het die familie opnuut besef dat Hy die kern van alle bestaan is. Hoewel hulle dit elke dag weet, en volgens die wete leef, is Kerstyd tog weer vir hulle \u2019n spesiale geleentheid om Sy liefde te vier.<\/p>\n<p>Enige ma wil net die beste vir haar kinders h\u00ea, en juis d\u00edt het dit in \u2019n stadium vir Suzette moeilik gemaak om te aanvaar dat haar kroos nie noodwendig haar idee van \u201cperfek\u201d nastreef nie. \u201cEk moes eendag doelbewus die besluit neem om tevrede te wees daarmee dat hulle uitblink in dit wat vir h\u00falle lekker is, en nie noodwendig op die gebiede wat \u00e9k wil h\u00ea hulle moet presteer nie. Dit is asof daar \u2019n las van my skouers af is nadat ek dit besef het. Die laaste ding wat ek vir my kinders wil h\u00ea, is dat hulle people pleasers word. Hulle moet hul eie mense wees.\u201d<\/p>\n<p>Suzette en Tania se kinders is dol op mekaar \u00e9n dink die w\u00eareld van hul tannies. \u201cMy kinders dink natuurlik Suzette is die mooiste ma wat \u2019n kind kan h\u00ea,\u201d s\u00ea Tania. \u201cTylo het so ewe nou die dag voor my veertigste verjaardag aangekondig dat ek nou moet vrede maak daarmee dat ek oud word, en Suzette nog die mooiste is!\u201d Sy lag lekker.<\/p>\n<p>\u201cEn my kinders is weer net so mal oor Tania,\u201d s\u00ea Suzette, waar sy met haar bene opgetrek op Tania se leerbank sit. \u201cHulle dink hul Tannie Tania is besonder cool en hip, want sy jag en vang vis en kampeer, maar lyk so glamorous terwyl sy dit doen. Sy is ook die strenger een en die kinders respekteer haar. Ek dink ons is bevoorreg dat ons en ons kinders so goed oor die weg kom, want in baie families gaan dinge maar krapperig.\u201d<\/p>\n<p>Kleintyd se herinneringe van die feestyd neem hulle terug na Oupa Tobie se plaas Ertjiebult naby Stofberg in Mpumalanga. \u201cGeen elektrisiteit nie het beteken dit was snags stikdonker. Ons en die niggies en nefies het so in die kerslig vir die grootmense konsert gehou,\u201d s\u00ea Tania.<\/p>\n<p>\u201cEk mis daardie tye,\u201d s\u00ea Suzette. \u201cDit was spesiaal en daar was altyd hordes mense saam op die plaas.\u201d<\/p>\n<p>\u201cOeg, en onthou jy die buitetoilet?\u201d s\u00ea Tania. \u201cOns sou eerder ure lank knyp as om in die middel van die nag toilet toe te gaan!\u201d<\/p>\n<p>Dis ook hi\u00e9r waar die sussies se geloof in Kersvader verpletter is toe hulle opmerk dat \u201cVader Kersfees\u201d Pappa se skoene dra! Suzette se pa, Pieter, het in 1990, dieselfde jaar wat sy Mej. Suid-Afrika was, as kolonel afgetree. Hy was \u2019n vlie\u00ebnier in die lugmag. \u201cEk was altyd baie bang vir Kersvader,\u201d s\u00ea Suzette. \u201cMaar n\u00e1 daardie Kersfees op die plaas, was my vrees vir die man in wit-en-rooi ook sommer daarmee heen.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk dink ons het maar altyd geweet Kersvader bestaan nie regtig nie, maar wou dit nie glo tot ons dit met ons eie o\u00eb gesien het nie!\u201d s\u00ea Tania.<\/p>\n<p>Die susters wil sulke prettige tye en goeie herinneringe ook aan hul kinders nalaat. Hulle het nie spesifieke tradisies nie, maar dit is juis wat dit opwindend maak, want elke Kersfees het sy unieke herinneringe.<\/p>\n<p>As hulle \u2019n tema vir vanjaar se Kersfees kon kies, sou dit gewis wees: Omring deur die liefde.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier word feesgevier, al is dit nog nie heeltemal Kersfees nie. Die tafel staan getooi in silwer en die wildsboud, toegedraai in spek, is reeds in die oond en mondwatergeure trek deur die hele huis. Ons kuier by Suzette van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":3937,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[],"class_list":["post-3936","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Suzette van der Merwe: Omring deur liefde | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Suzette van der Merwe: Omring deur liefde | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hier word feesgevier, al is dit nog nie heeltemal Kersfees nie. Die tafel staan getooi in silwer en die wildsboud, toegedraai in spek, is reeds in die oond en mondwatergeure trek deur die hele huis. Ons kuier by Suzette van [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-07-26T08:27:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-02-24T11:11:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201272610272.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"246\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"369\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/omring-deur-liefde\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/omring-deur-liefde\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Suzette van der Merwe: Omring deur liefde\",\"datePublished\":\"2012-07-26T08:27:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-24T11:11:27+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/omring-deur-liefde\\\/\"},\"wordCount\":1631,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/omring-deur-liefde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201272610272.jpg\",\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/omring-deur-liefde\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/omring-deur-liefde\\\/\",\"name\":\"Suzette van der Merwe: Omring deur liefde | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/omring-deur-liefde\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/omring-deur-liefde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201272610272.jpg\",\"datePublished\":\"2012-07-26T08:27:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-24T11:11:27+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/omring-deur-liefde\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/omring-deur-liefde\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/omring-deur-liefde\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201272610272.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201272610272.jpg\",\"width\":246,\"height\":369},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/omring-deur-liefde\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Suzette van der Merwe: Omring deur liefde\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Suzette van der Merwe: Omring deur liefde | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Suzette van der Merwe: Omring deur liefde | rooi rose","og_description":"Hier word feesgevier, al is dit nog nie heeltemal Kersfees nie. Die tafel staan getooi in silwer en die wildsboud, toegedraai in spek, is reeds in die oond en mondwatergeure trek deur die hele huis. Ons kuier by Suzette van [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-07-26T08:27:00+00:00","article_modified_time":"2016-02-24T11:11:27+00:00","og_image":[{"width":246,"height":369,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201272610272.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Suzette van der Merwe: Omring deur liefde","datePublished":"2012-07-26T08:27:00+00:00","dateModified":"2016-02-24T11:11:27+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/"},"wordCount":1631,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201272610272.jpg","articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/","name":"Suzette van der Merwe: Omring deur liefde | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201272610272.jpg","datePublished":"2012-07-26T08:27:00+00:00","dateModified":"2016-02-24T11:11:27+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201272610272.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201272610272.jpg","width":246,"height":369},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/omring-deur-liefde\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Suzette van der Merwe: Omring deur liefde"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3936","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3936"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3936\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3937"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3936"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3936"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3936"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}