{"id":3932,"date":"2012-07-23T15:15:00","date_gmt":"2012-07-23T13:15:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/"},"modified":"2016-02-24T13:22:58","modified_gmt":"2016-02-24T11:22:58","slug":"vicki-fourie-niks-keer-my-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/","title":{"rendered":"Vicki Fourie: &#8220;Niks keer my nie!&#8221;"},"content":{"rendered":"<p>Al het hierdie aardse skoonheid 97% gehoorverlies, praat sy vlot Afrikaans en Engels (soos enige horende persoon), en kan lippe lees. Sy dien as inspirasie vir duisende mense deur gereeld motiveringspraatjies aan te bied \u00e9n sy het onlangs haar boek, <em>Viva La Vicki!<\/em>, bekendgestel waarin sy aan jongmense (en alle ander mense!) wys dat elkeen \u2019n oorwinnaar kan wees. Ons het met hierdie rustige, opregte Koningskind gesels en gehoor wat haar so passievol maak.<\/p>\n<div><img alt=\"\" width=\"\" height=\"\" hspace=\"\" \/><\/div>\n<p><strong>Jou naam het \u2019n interessante betekenis. Vertel ons meer.<\/strong><br \/>\nOp ho\u00ebrskool het ek deur \u2019n baie slegte tyd geworstel. Eendag het my ma my gevra: &#8220;Weet jy wat beteken jou naam? Vicki beteken \u201cVictorious\u201d of \u201cOorwinnaar\u201d. Jy is nie \u2019n <em>victim<\/em> nie, jy is <em>Victorious<\/em>. &#8220;Vir die eerste keer in my lewe het ek besef hoe belangrik my naam eintlik is. Dit was \u2019n profetiese voorspelling vir wat later in my lewe sou gebeur. Van daardie dag af het ek my trane afgevee en besluit om te aanvaar wie ek is en om die beste van my situasie te maak.<\/p>\n<p><em><strong>Viva La Vicki<\/strong><\/em><strong> is jou debuutboek. Waarom het jy besluit om jou lewensverhaal te vertel?<\/strong><br \/>\nEk wou al van kleins af \u2019n boek oor my lewe skryf, maar in daardie stadium het ek nie geweet waaroor om te skryf nie! Ek was nog jonk en die lewe het vir my voorgel\u00ea. In 2010, nadat ek as Mej. Dowe SA gekroon is, het ek op die kykNET-program Kw\u00eala verskyn. Sowat \u2019n uur n\u00e1 die uitsending het ek \u2019n e-pos van Naledi Boeke ontvang. &#8220;Skryf \u2019n boek oor jou lewe!&#8221; het die e-pos gelees. Vandag kan ek met trots s\u00ea, &#8220;My boek is geskryf!&#8221;<\/p>\n<p><strong>Hoe lank het jy aan die boek geskryf?<\/strong><br \/>\nDit het sowat twee jaar gevat om te beplan (2010 tot 2011), en toe kry ek \u2019n sperdatum van Naledi: Teen einde November 2011 moes die boek klaar wees. Aan die begin van November het ek nog nie eens daarmee begin nie! Toe gaan sit ek maar daardie maand om die boek te skryf en ek h\u00e9t klaargekry! Ek het baie tyd saam met die Here deurgebring en ek het myself heeltemal afgesonder van sosiale netwerke en e-posse.<\/p>\n<p><strong>Vertel ons meer oor die boek. Wat het jou skryfstyl ge\u00efnspireer? <\/strong><br \/>\nDie boek is maar \u2019n paar maande op die rakke en ek het reeds sulke positiewe terugvoer ontvang. Interessant: Die boek is eintlik vir jongmense geskryf, aangesien ek op die oomblik baie met hulle werk deur my motiveringspraatjies. Maar ek kom agter dat die boek mense van alle ouderdomme aanraak &#8211; afgetrede mense, tienderjarige seuns, getroude paartjies, ens. Die boek is vir ALMAL.<\/p>\n<p>In <em>Viva la Vicki!<\/em> vertel ek my verhaal van hoe ek grootgeword het as iemand met 97% gehoorverlies. Ek deel ook my uitdagings in die lewe, en hoe ek struikelblokke oorkom het. Ek glo dat soveel mense by my storie kan baat vind \u2013 al het hulle nie gehoorverlies soos ek nie. Elke mens sukkel met sekere dinge in die lewe. Dit kan dalk wees om ander te vergewe, of om goeie verhoudings te bou. Of selfs om te aanvaar hoe jy lyk. Daardie berge is daar met \u2019n rede &#8211; dit is daar om te oorwin. Ek glo nie die gehoorgestremdheid het my ooit teruggehou van enigiets nie. Dit het my net meer vasbeslote gemaak om ho\u00ebr uit te styg as wat ek gedink het ek kon. Ek het normaal grootgeword &#8211; ek het presteer in dans, drama en skryf. Niks keer my om my drome uit te leef nie! Hierdie gesindheid word nie aan \u2019n mens gegee nie; jy moet self die besluit neem en di\u00e9 gesindheid beoefen. Dit is moeilik aan die begin, maar later raak dit al hoe makliker. Dan wonder jy: Hoekom het ek ooit in myself getwyfel? Dit is dan so maklik! My skryfstyl is eenvoudig: ek kom net tot die punt en ek bly eerlik. Ons lewe in \u2019n tyd waar mense nie meer eintlik tyd maak vir lees nie. Ek het dus besluit om nie onnodig baie\u00a0 woorde te gebruik nie.<\/p>\n<p><strong>Jy gee goeie raad aan veral tieners en jong volwassenes in die boek. Het jy altyd geweet jy wil eendag as motiveringspreker en \u2013skrywer optree?<\/strong><br \/>\nNadat ek op skool geskiet is, het ek en my ouma Valerie na mense by die staatshospitaal in Worcester begin uitreik. Ek het my getuienis gedeel van waar ek amper dood was n\u00e1 die skietongeluk. Dit was altyd eenvoudig: voordat ek in die hospitaal beland het, was die Here nie in my lewe nie, maar n\u00e1 die ongeluk het ek vrae begin vra soos: &#8220;Hoekom is ek hier?&#8221; en &#8220;Wat is my doel op aarde?&#8221; Ek het besef ons almal het eintlik dieselfde doel: om ander na die Here toe te lei. Selfs Jesus het eenkeer ges\u00ea dat die grootste wonderwerk op aarde is om ander na die Here toe te lei, en Hy laat dit aan ons oor \u2013 net ons het daardie ongelooflike verantwoordelikheid.<\/p>\n<p>Hoe meer ek my storie gedeel het, hoe meer het ek genesing in myself gekry. Wanneer iets traumaties met jou gebeur, hou jy dit gewoonlik binne jou. Dit is nie die gesonde manier om pyn te hanteer nie. As jy nie daaroor praat nie, gaan jy dood binne jouself. My ouma het my geleer en gehelp om voor mense te praat. Vandag kan ek daardie ervaring en kennis gebruik deur motiveringspraatjies te lewer.<\/p>\n<p><strong>Waarom beteken jou lewensmotto, \u201cDapperheid is nie \u2019n geskenk nie \u2013 dit is \u2019n keuse\u201d, so baie vir jou?<\/strong><br \/>\nOm positief te wees is soos om \u2019n spier te oefen. In die begin is dit ongemaklik, en dit vat soms trane en definitief baie sweet! Maar hoe meer \u2019n mens daardie spier oefen, hoe makliker raak dit. Wanneer ek as spreker optree, dink die mense ek het dit maklik gehad in die lewe. Dis nie waar nie. Juis daarom deel ek daardie woorde met hulle \u2013 om hulle te laat besef dat hulle ook positief oor die lewe kan wees.<\/p>\n<p><strong>Vertel ons meer oor die skietongeluk. Hoe het hierdie ervaring jou lewe be\u00efnvloed?<\/strong><br \/>\nEk is op 14 in die skouer geskiet. Ek en my skoolvriende was vir \u2019n naweek na \u2019n wildsplaas toe. Die een meisie besluit toe sy wil graag \u2019n jaggeweer vashou terwyl ons \u2019n groepfoto neem (die geweer het in die gang gestaan). Dit het per ongeluk afgegaan en my in my linkerskouer getref. Ek het so baie waardevolle lesse uit hierdie traumatiese ervaring geleer. Ek het byvoorbeeld geleer hoe om mense te vergewe, hoe om verwerping te aanvaar, hoe om te kies om positief te wees. Ek het by die Here uitgekom en besluit om nie meer selfsugtig te wees nie \u2026 My siening oor die lewe het drasties verander. Dit was \u2019n stadige en pynlike proses, maar dit het my laat besef dat die Here my Redder is en dat die lewe oor soveel meer gaan as wat ons besef.<\/p>\n<p><strong>Jy het op twee jou gehoor verloor. Was dit vir jou moeilik om aan te pas?<\/strong><br \/>\nMy familie het my nooit laat voel ek is anders nie. Daar was wel \u2019n paar aanpassings wat gemaak moes word, soos wanneer ons saans in die kar gery het, sou ons al die liggies aanskakel sodat ek kon lippe lees. En wanneer ons flieks gekyk het (in die tyd voordat daar onderskrifte was), het my ma, pa en suster beurte gemaak om te verduidelik wat in die storie gebeur. Dit is alles klein goedjies wat \u2019n mens later nie eers meer agterkom nie.<\/p>\n<p><strong>Wat het jou laat besluit om voluit te leef en te leer praat en lippe lees?<\/strong><br \/>\nDie keuses wat my ouers oor my lewe gemaak het toe ek jonk was, het my toekoms geweldig be\u00efnvloed. Nadat hulle gehoor het ek het 97% gehoorverlies, het dit hulle nie afgeskrik nie. Hulle het my by \u2019n voorskool ingeskryf en ek het geleer hoe om te praat en lippe te lees. My ouers moes my op \u2019n daaglikse basis l\u00e9\u00e9r praat, ek kon dit nie so maklik soos horende kinders optel nie. Dit het baie moeite en soms trane gevat. Op ses is ek na \u2019n Engelse skool toe en teen daardie tyd het ek vlot Afrikaans gepraat \u2013 soos \u2019n horende. Baie mense het nie saam met my ouers gestem nie, hulle het gedink dis mal. Maar ons het hulle verkeerd bewys. Ek het in Engels en Afrikaans gematrikuleer. Ek is dankbaar dat my ouers my gedruk het om te funksioneer in die horende w\u00eareld. Nou is die hele w\u00eareld oop voor my!<\/p>\n<p><strong>Waar kom jou dapperheid en sterk geaardheid vandaan?<\/strong><br \/>\nEk gaan nou eerlik wees: Ek weet nie! Wat ek wel weet, is dat net God werklik die verskil in my lewe gemaak het. Dit is wanneer ek op my swakste was, dat Hy sterk was. Dit het niks met my te doen nie \u2013 alles gaan oor die Here. Party dinge kan nie verduidelik word nie, dis waarom daar iets soos geloof is.<\/p>\n<p><strong>Dit moet vir jou baie beteken om so \u2019n wonderlike inspirasie vir ander te wees. Wat inspireer jou?<\/strong><br \/>\nDit is \u2019n wonderlike voorreg. Maar ek strewe altyd daarna om eerstens deursigtig te lewe voor God. Om tyd saam met God te spandeer is iets wat ons so onderskat en vermy. Maar dit is juis waar ek my eie inspirasie vandaan kry. Hoe kry ek dit reg? Ek haal my Bybel die aand voor die tyd uit en sit dit op die bedkassie langs my bed neer sodat ek nie die volgende oggend daarvan kan vergeet nie. Dit is vir my uiters belangerik om in te skakel by Hom.<\/p>\n<p><strong>Wou jy nog altyd aan \u2019n skoonheidskompetisie deelneem?<\/strong><br \/>\nToe ek nog op skool was, het baie vriende en familielede geprofeteer dat ek soos Ester in die Bybel sou wees \u2013 ek sou my skoonheid gebruik om \u2019n nasie te red. In daardie stadium het ek gedink ek sal met \u2019n prins moet trou om dit te kan bereik! Ek het later besef dat Jesus eintlik my bruidegom is. Toe vind ek uit van die Mej. Dowe SA- kompetisie en onthou dat Ester ook aan \u2019n skoonheidskompetisie deelgeneem het. Ek het besef dat die Here my vra om opofferings te maak: Ek hou nie van ho\u00eb hakke, grimering en hare-doen nie. Ek hou ook niks van inkopies doen nie! Ek is nie van nature \u2019n meisierige mens nie. Voordat die Here vir my gelei het om aan skoonheidskompetisies deel te neem, het ek nie gedink ek beskik oor enige skoonheid nie.<\/p>\n<p><strong>Sal jy ander jong meisies motiveer om aan skoonheidskompetisies deel te neem?<\/strong><br \/>\nOns dink mos dat uiterlike skoonheid nie belangrik is nie. Ons leer altyd ons kinders dat dit net oor die innerlike gaan, en dat die uiterlike nie belangerik is nie. Maar as ek nie besef het dat die uiterlike ook belangrik is vir die Here nie, sou ek nooit aan skoonheidskompetisies deelgeneem het nie. En dan sou ek nooit as spreker by skole opgetree het nie. Baie meisies vra my vir raad, en ek lei hulle altyd na di\u00e9 vraag: Het jy vir God gevra wat Hy dink?<\/p>\n<p><strong>Is daar iets wat jy graag nog wil bereik?<\/strong><br \/>\nEk sal graag betrokke wil raak in die Suid-Afrikaanse fliek- en televisiebedryf. En dan ook meer boeke skryf!<\/p>\n<p><strong>Wie\/wat is vir jou baie spesiaal.<\/strong><br \/>\nDiere! Ek het \u2019n pragtige wit kat, Ally, met die mooiste geaardheid. Ons het ook \u2019n Great Dane en Jack Russel op ons hoewe. Asook twee hoenders vir wie ek elke oggend kos gee! Ek sal graag eendag \u2019n plaas wil h\u00ea. Ek is baie BAIE lief vir die natuur.<\/p>\n<p>** Lesers is welkom om Vicki te nooi as gasspreker by hul skool, kerk of ander geleentheid: <span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"mailto:vicki@247mail.co.za\">vicki@247mail.co.za<\/a><\/span>; Volg haar op Twitter: <span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"https:\/\/twitter.com\/VickiFourie?lang=en\">@VickiFourie<\/a><\/span>. Sy het ook \u2019n blog: <span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"http:\/\/www.vickifourie.blogspot.com\">www.vickifourie.blogspot.com<\/a><\/span>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Al het hierdie aardse skoonheid 97% gehoorverlies, praat sy vlot Afrikaans en Engels (soos enige horende persoon), en kan lippe lees. Sy dien as inspirasie vir duisende mense deur gereeld motiveringspraatjies aan te bied \u00e9n sy het onlangs haar boek, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":3933,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[],"class_list":["post-3932","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vicki Fourie: &quot;Niks keer my nie!&quot; | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vicki Fourie: &quot;Niks keer my nie!&quot; | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Al het hierdie aardse skoonheid 97% gehoorverlies, praat sy vlot Afrikaans en Engels (soos enige horende persoon), en kan lippe lees. Sy dien as inspirasie vir duisende mense deur gereeld motiveringspraatjies aan te bied \u00e9n sy het onlangs haar boek, [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-07-23T13:15:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-02-24T11:22:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012723151517.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"291\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"369\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Vicki Fourie: &#8220;Niks keer my nie!&#8221;\",\"datePublished\":\"2012-07-23T13:15:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-24T11:22:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\\\/\"},\"wordCount\":1973,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra2012723151517.jpg\",\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\\\/\",\"name\":\"Vicki Fourie: \\\"Niks keer my nie!\\\" | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra2012723151517.jpg\",\"datePublished\":\"2012-07-23T13:15:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-24T11:22:58+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra2012723151517.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra2012723151517.jpg\",\"width\":291,\"height\":369},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vicki Fourie: &#8220;Niks keer my nie!&#8221;\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vicki Fourie: \"Niks keer my nie!\" | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vicki Fourie: \"Niks keer my nie!\" | rooi rose","og_description":"Al het hierdie aardse skoonheid 97% gehoorverlies, praat sy vlot Afrikaans en Engels (soos enige horende persoon), en kan lippe lees. Sy dien as inspirasie vir duisende mense deur gereeld motiveringspraatjies aan te bied \u00e9n sy het onlangs haar boek, [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-07-23T13:15:00+00:00","article_modified_time":"2016-02-24T11:22:58+00:00","og_image":[{"width":291,"height":369,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012723151517.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Vicki Fourie: &#8220;Niks keer my nie!&#8221;","datePublished":"2012-07-23T13:15:00+00:00","dateModified":"2016-02-24T11:22:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/"},"wordCount":1973,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012723151517.jpg","articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/","name":"Vicki Fourie: \"Niks keer my nie!\" | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012723151517.jpg","datePublished":"2012-07-23T13:15:00+00:00","dateModified":"2016-02-24T11:22:58+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012723151517.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra2012723151517.jpg","width":291,"height":369},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vicki-fourie-niks-keer-my-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vicki Fourie: &#8220;Niks keer my nie!&#8221;"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3932","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3932"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3932\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3933"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3932"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3932"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3932"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}