{"id":3916,"date":"2012-07-16T15:02:00","date_gmt":"2012-07-16T13:02:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/sabbatstyd-vir-my-siel\/"},"modified":"2017-05-09T12:13:00","modified_gmt":"2017-05-09T10:13:00","slug":"sabbatstyd-vir-my-siel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/","title":{"rendered":"Sabbatstyd vir my siel"},"content":{"rendered":"<p>Die spirituele lewensafrigter en motiveringspreker <strong>Cat Glennie<\/strong>, of Catherine soos sy vroe\u00eber bekend gestaan het, het haar loopbaan as \u2019n bankklerk begin. Op 25 is sy geskei, sonder enige kwalifikasies en met twee dogtertjies om te onderhou. \u201cEk het talle selfhelpboeke gelees en toegewyd die korporatiewe suksesleer begin klim. In 1993 het ek \u2019n lankgekoesterde ideaal bereik toe ek die \u2018baas\u2019 geword het van \u2019n multimiljoen rand-onderneming in die IT-bedryf. Vier jaar later is ek daar weg om \u2019n boek te skryf en my eie besigheid as motiveringspreker te begin. Die dramatiese sosio-ekonomiese veranderinge in Suid-Afrika het \u2019n groot behoefte aan persoonlike hanteringsvaardighede geskep en ek wou mense oplei om verandering nie net te hanteer nie, maar daarop te kapitaliseer.\u201d<\/p>\n<p>Die energieke Cat het talle afgevaardigdes uit die sakew\u00eareld en openbare sektor opgelei, maar haar vlammetjie het mettertyd laer begin brand. \u201cVandag weet ek hoekom ek my fut verloor het. Ek was veels te gedrewe \u2013 wat ek nou sou beskryf as <em>pushing the river <\/em>pleks van saam met die stroom te vloei. Ek het wel besef ek moes \u2019n ingrypende verandering maak. My dogters was uit die skool en dit het my meer vryheid gegee. Die Findhorn-stigting, \u2019n holistiese opvoedingsentrum in Skotland, het my getrek. Ek het my woonstel verkoop sodat ek geld sou h\u00ea vir wat ek spottenderwys my rugsakjaar genoem het, en gere\u00ebl om \u2019n week lange inleiding tot die Findhorn-gemeenskap se leefwyse te gaan bywoon. In Augustus 2004 is ek vort. Ek het gewonder wat op my wag!\u201d<\/p>\n<p>Cat het die avontuur met een gulde re\u00ebl benader: \u201cOm alles te vergeet wat ek weet. Ek wou leer om \u00e1gter die sluier, verder as my beperkte lewensuitkyk, te sien.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/barrel.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"265\" hspace=\"5\" \/><\/div>\n<p>Findhorn is \u2019n mikrokosmos, \u2019n weerspie\u00ebling van die bre\u00ebr gemeenskap met al die veelkantige fasette van menswees, maar die klem val sterk op spirituele bewustheid en volgens Cat is jou ervaring in alle opsigte meer intens. \u201cDis \u2019n ruimte vir selfontdekking en verkenning. Dit wat ons normaalweg maklik miskyk, skuif onder die vergrootglas in: jou verhouding met jouself, met ander, met die Godheid, met jou omgewing, en met die natuur. Omdat almal daar &#8211; of hulle nou permanente inwoners of besoekers is &#8211; n\u00f3\u00fa saam werk en leef, kom onopgeloste kwessies vinnig na vore. Jy kan nie vir jou<em> issues <\/em>wegkruip nie. Gelukkig is daar baie ondersteuning en word die personeel deeglik en oor \u2019n lang tydperk opgelei.\u201d<\/p>\n<p>Die feit dat mense uit soveel lande saamgegooi word, is \u2019n leerskool op sigself. \u201cEk het agtergekom hoeveel vooroordele teenoor ander kulture ek onbewustelik in my dra. In \u2019n stadium het ek \u2019n slaapkamer met \u2019n welbedeelde Duitse vrou gedeel. Die plekkie was piepklein. Soggens het sy haar klere uitgetrek en haar tussen die twee beddens van kop tot tone met \u2019n luffaspons geskrop. Ek het niks ges\u00ea nie, maar ek het swaar daaraan gesluk. En soos dit nou maar gaan wanneer jy jou vooroordele nie in die oog kyk nie, het ons mekaar met verligting vaarwel ges\u00ea &#8211; om mekaar maande later maar net weer by Findhorn raak te loop. Gelukkig het ek die tweede keer geleer om vrede met haar te maak, of eintlik met di\u00e9 deel van myself waaraan sy my herinner het.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/barrelhouses.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"301\" hspace=\"5\" \/><\/div>\n<p>Die aanvanklike Experience Week het Cat so ge\u00efnspireer dat sy \u2019n verder twee maande daar gebly en verskeie kursusse gedoen het. \u201cDaarna is ek terug na Suid-Afrika om my besigheid te sluit en my meubels te berg. N\u00e1 \u2019n laaste gesinsvakansie is ek in Desember 2004 terug Findhorn toe om as personeellid opgelei te word. My plan was om my permanent daar te vestig.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Nuwe aanslag<\/h4>\n<p>Woon jy een van Cat se werkswinkels by of kry jy \u2019n spirituele lewensafrigtingsessie by haar, merk jy dadelik dat haar benadering anders is. Dis moeilik is om jou vinger daarop te l\u00ea. Dalk het dit te doen met haar vermo\u00eb om ten volle in die oomblik te fokus. Dit voel ook of sy moeiteloos met die kwessies en die mens of mense by haar saamvloei, sonder om die aanvanklike fokus van die werkswinkel of afrigtingsessie te verloor. Ek was verbaas om te sien hoe sy in \u2019n werkswinkel \u2019n deelnemer wat pas \u2019n\u00a0intense emosionele verwerkingsproses voltooi het, tuin toe stuur om daar te gaan rus. Normaalweg word die inhoud wat by so \u2019n dag oorgedra word, as die alfa en die omega beskou.<\/p>\n<p>\u201cFindhorn het my hele opleidingsaanslag verander. Vroe\u00ebr was \u2019n werkswinkel vir my \u2019n line\u00eare proses en ek het dit met my verstand beplan en bestuur. Ek moes ten alle koste vir die deelnemers iets leer en was slegs suksesvol indien ek hul gedrag kon verander. Nou laat ek hulle bloot toe om die kwessies waarom dit gaan, met bewustheid in hulself te ontmoet. Dis \u2019n organiese proses wat wonderbaarlik vloei as jy weet hoe om dit te volg en te vertrou.<em> I simply hold the space<\/em>. Die groep bepaal die vorm van die proses, en selfgenesing vind in hierdie ruimte plaas.\u201d<\/p>\n<p>Cat werk met liggaam, siel \u00e9n gees. Die feit dat sy \u2019n<em> empath <\/em>is wat ander se fisieke gewaarwordinge soos maagpyn en emosies letterlik ook kan voel, speel \u2019n deurslaggewende rol in die gemak waarmee sy mense deur knelpunte lei. Die veilige ruimte wat sy skep, is opmerklik. \u201cMense kan maar wees wie en wat hulle nodig het om te wees.\u201d<\/p>\n<p>Cat se besondere hantering van aspekte van die werklikheid wat dikwels deur ons samelewing geproblematiseer word, soos kos en geld, het my opgeval. By een van haar werkswinkels het die tafelgebedgebruik vir my nuwe betekenis gekry. Dis nie net \u2019n dankgebed nie, maar gaan ook oor jou bewuste omgang met dit wat voor jou op jou bord is. Selfs die eenvoudigste kos smaak anders as jy ten volle daarop fokus en dink aan die pad wat dit gevolg het om op jou tafel te kom.<\/p>\n<p>\u201cGeld is maar net n\u00f3g \u2019n vorm van energie. Ons het \u2019n onnodig komplekse verhouding daarmee.\u201d Die antwoord l\u00ea nie daarin om dit af te maak as die wortel van alle kwaad nie, maar juis om jou vooroordele te ondersoek en op \u2019n plek te kom waar jy geld, soos kos, rustig na waarde kan skat.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Verhoudings<\/h4>\n<p>Wat was Cat se ervaring van romantiese verhoudings by Findhorn? Sy glimlag. \u201cOmdat mense daar so bewus is van interpersoonlike dinamiek, en omdat Findhorn-gangers sterk ingestel is op groei, was dit asof verhoudings vinniger vlam gevat het en intenser was. Ek het \u2019n interessante ervaring gehad. Op \u2019n stadium was ek in \u2019n groep saam met \u2019n<em> Yorkshire boy <\/em>in wie ek onmiddellik \u2019n renons ontwikkel het. Paul was \u2019n introvert &#8211; heeltemal anders as ek. Boonop het hy my heimlik veroordeel omdat ek uit die land van apartheid kom.<\/p>\n<p>\u201cAan die einde van die kursus het almal in die groep mekaar gegroet. Ek was ek op pad terug na Suid-Afrika vir \u2019n ruskans. In daardie oomblik het ek besef ek het nooit enige konneksie met hom gemaak nie, en spontaan gebid dat God sy siel vir my wys. Terwyl hy my die gebruiklike<em> bear hug <\/em>gegee het, is die wysheid en skoonheid van sy siel aan my geopenbaar. Dit was \u2019n onbeskryflik kragtige oomblik en het my totaal onkant gevang.<\/p>\n<p>\u201cTerug in Suid-Afrika het ek &#8211; gebore onderwyser wat ek is &#8211; hierdie ervaring in \u2019n tegniek probeer omskep: as jy nie van iemand hou nie, bid net om sy siel te sien. Dit het nie gewerk nie. Ek was teleurgesteld, maar het my skouers opgetrek en van die voorval vergeet.<\/p>\n<p>\u201cVoor my terugkeer na Findhorn het ek \u2019n e-pos van Paul gekry. Hy wou weet of ek na dieselfde kursus as hy gaan. Ek het hom steeds afstootlik gevind, maar weens daardie onbeskryflike oomblik het ek bevestig dat dit my plan was.<\/p>\n<p>\u201cOp die kursus het ons min kontak gehad. Halfpad deur die kursus het die groep een aand na \u2019n DVD gekyk en ek het op sy skoot gesit. In Findhorn is sulke toegeneentheid heel normaal. Hy het my \u2019n soentjie in my nek gegee en daar was soveel seksuele energie tussen ons dat ek nie kon praat nie. Die volgende dag het ons saam tee gedrink, maar ons kon nie \u2019n gesprek voer nie. Ek het steeds gedink sy energie oortref verreweg sy voorkoms!<\/p>\n<p>\u201cTeen die einde van die drie maande was ons vir \u2019n<em> retreat <\/em>op die eiland Erraid. Een aand tienuur het ek in my slaapklere en my jas buite na die sonsondergang staan en kyk. Van die mense wou partytjie hou en het my saamgesleep. Paul was ook daar. Laatnag het ek ges\u00ea ek gaan in die stil vertrek mediteer voor ek gaan slaap. Paul is saam, en daar het een ding tot \u2019n ander gelei. Die uiteinde was \u2019n lang, sensuele verhouding waartydens ons albei baie geleer en talle van ons kwessies uitgepluis het. Die band tussen ons was baie diep.\u201d<\/p>\n<p>N\u00e1 ses maande se voltydse kombuisdiens, het Cat twee jaar lank as skakelbeampte by Findhorn se bemarkingsafdeling gewerk. \u201cOndanks die voortgesette sielswerk, het ek by tye teruggeval in die patroon van die gedrewe sakevrou wat altyd in beheer wou wees. Dan was ek stroomop. Dit het my drie jaar geneem om die beginsels eie aan Findhorn behoorlik in my bloedstroom te kry.\u201d<\/p>\n<p>Toe Cat herhaaldelik begin droom dat sy \u2019n praatjie moet gee en dat mense op haar wag, het Paul haar help insien dat sy moes terugkom Suid-Afrika toe om haar opleidingswerk hier voort te sit, di\u00e9 keer op \u2019n ander manier. \u201cDie afskeid van Findhorn en my goeie vriende was ontsaglik swaar. Ek het eers \u2019n ruk lank in Engeland gaan werk voor ek teruggekeer het na Suid-Afrika. Dit het my \u2019n volle twee jaar geneem om weer in \u2019n \u2018gewone\u2019 gemeenskap aan te pas.\u201d<\/p>\n<p>Vandag is Cat sielsgelukkig in haar werk met individue, maatskappye en groepe. Sy woon in Johannesburg maar werk ook gereeld in Kaapstad. \u201cOm jou eie krag te leer ken, moet jy die \u2018manlike\u2019 en \u2018vroulike\u2019 energie\u00eb in jou kan eer en balanseer. Ons leef in \u2019n patriargale samelewing waar beide manlike en vroulike energie gekorrumpeer is. Manlike energie storm voort sonder dat enigiets of -iemand dit in toom hou. Dit verkrag die aarde en maak oorlog ter wille van mag en geld. Vroulike energie word onderdruk, en manipuleer ander deur te huil en histeries te raak. Deur bewustelik met elkeen van di\u00e9 energie\u00eb te werk, kan ons die balans herstel.<\/p>\n<p>\u201cIn maatskappye sowel as in jou persoonlike lewe moet jy weet wanneer om watter energie in te span. Soms moet jy proaktief optree, soos wanneer \u2019n branderplankryer na agter die branders roei. Dan moet jy weer die passiewer, ontvanklike aspek van vroulike energie gebruik: die golfryer moet vir die regte golf wag. Om strategies te werk te gaan is \u2019n fyn kuns, en dit kan aangeleer word. Daar is talle hulpmiddels beskikbaar. Ek glo ons is geskape om met minder inspanning en worsteling te leef. Ons hoef nie alles te \u2018maak\u2019 gebeur nie; ons moet bloot ons eie rivier vind en in die regte rigting daarop vaar. Dis die boodskap van my boek <em>Ride the River<\/em>. Die praktiese toepassing van sekere beginsels help ons om ons talente op die hoogste moontlike vlak uit te druk, terwyl die lewe ons al meer geleenthede gee om dit te doen.\u201d<\/p>\n<p>In \u2019n neutedop het Cat se Findhorn-verblyf haar gehelp om met haar lig- \u00e9n skadukant \u2013 di\u00e9 dele wat ons graag eien, asook di\u00e9 wat ons eerder ontken \u2013 in kontak te kom. \u201cJy leer om dit nie te veroordeel nie, maar te aanvaar. Dis alles deel van jou. Soms is ons vrolik; soms voel ons blou. Ons het nie al die antwoorde nie. Ons is m\u00e9ns, in die volste sin van die woord.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Ongewone gemeenskap<\/h4>\n<p>Om en by 3 000 mense van meer as 40 lande neem jaarliks aan die Findhorn Stigting se kursusse en aktiwiteite deel. Die Stigting, \u2019n opvoedingsentrum aan die noordoostelike kus van Skotland, se visie is \u201com die transformasie van menslike bewustheid te stimuleer en \u2019n positiewe toekoms vir die mensdom en ons planeet te help skep. Ons is \u2019n holistiese opvoedingsentrum, gemeenskap en ekodorpie wat die spirituele, kulturele, ekonomiese en omgewingsaspekte van die lewe verbind.\u201d<\/p>\n<p>Die mense wat hier woon, verbou en berei hul kos saam voor, bou saam huise, mediteer saam, verwelkom gaste saam, en sing, dans en vier saam fees. Gemeenskapsbouvaardighede soos besluitneming en konflikhantering staan voorop. Inwoners moet hulle tot waardes soos diens, persoonlike groei, respek, direkte kommunikasie, verantwoordelikheid, niegeweld en samewerking verbind.<\/p>\n<p>Een van die stigterslede, Eileen Caddy, het in 2004 \u2019n Member of the Order of the British Empire geword op grond van \u201cservice to spiritual enquiry\u201d. Die Findhorn-stigting is \u2019n nieregeringsorganisasie en word met die Verenigde Nasies se departement van Openbare Inligting verbind.<\/p>\n<p>Meer inligting by 071 487 3313.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die fliek Eat pray Love het \u2019n spirituele pelgrimstog &#8211; \u2019n reis na die self in anderland &#8211; vir ons \u2019n bekender begrip gemaak, maar dalk ook \u2019n geromantiseerde ideaal. As jy mooi daaroor dink, is dit angswekkend om jou vier mure, jou land, jou mense, jou roetine en jou werk te verruil vir \u2019n onbekende bestaan. Veral as jy in jou veertigs \u2019n slaapkamer moet deel, intensiewe spirituele opleiding ondergaan wat jou met jou eie skadukant in kontak bring, en boonop in Britse ponde vir di\u00e9 voorreg moet betaal. Hooffoto Pexels<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":71402,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677,662],"tags":[135,825,1930],"class_list":["post-3916","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-liefde","tag-kommunikasie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Sabbatstyd vir my siel | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Sabbatstyd vir my siel | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die fliek Eat pray Love het \u2019n spirituele pelgrimstog - \u2019n reis na die self in anderland - vir ons \u2019n bekender begrip gemaak, maar dalk ook \u2019n geromantiseerde ideaal. As jy mooi daaroor dink, is dit angswekkend om jou vier mure, jou land, jou mense, jou roetine en jou werk te verruil vir \u2019n onbekende bestaan. Veral as jy in jou veertigs \u2019n slaapkamer moet deel, intensiewe spirituele opleiding ondergaan wat jou met jou eie skadukant in kontak bring, en boonop in Britse ponde vir di\u00e9 voorreg moet betaal. Hooffoto Pexels\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-07-16T13:02:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-05-09T10:13:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/Padkaart-karretjie.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sabbatstyd-vir-my-siel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sabbatstyd-vir-my-siel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Sabbatstyd vir my siel\",\"datePublished\":\"2012-07-16T13:02:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-09T10:13:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sabbatstyd-vir-my-siel\\\/\"},\"wordCount\":2141,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sabbatstyd-vir-my-siel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/07\\\/Padkaart-karretjie.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"Liefde\",\"Kommunikasie\"],\"articleSection\":[\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sabbatstyd-vir-my-siel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sabbatstyd-vir-my-siel\\\/\",\"name\":\"Sabbatstyd vir my siel | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sabbatstyd-vir-my-siel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sabbatstyd-vir-my-siel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/07\\\/Padkaart-karretjie.jpg\",\"datePublished\":\"2012-07-16T13:02:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-09T10:13:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sabbatstyd-vir-my-siel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sabbatstyd-vir-my-siel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sabbatstyd-vir-my-siel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/07\\\/Padkaart-karretjie.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/07\\\/Padkaart-karretjie.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667,\"caption\":\"Foto: Pexels\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sabbatstyd-vir-my-siel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sabbatstyd vir my siel\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Sabbatstyd vir my siel | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Sabbatstyd vir my siel | rooi rose","og_description":"Die fliek Eat pray Love het \u2019n spirituele pelgrimstog - \u2019n reis na die self in anderland - vir ons \u2019n bekender begrip gemaak, maar dalk ook \u2019n geromantiseerde ideaal. As jy mooi daaroor dink, is dit angswekkend om jou vier mure, jou land, jou mense, jou roetine en jou werk te verruil vir \u2019n onbekende bestaan. Veral as jy in jou veertigs \u2019n slaapkamer moet deel, intensiewe spirituele opleiding ondergaan wat jou met jou eie skadukant in kontak bring, en boonop in Britse ponde vir di\u00e9 voorreg moet betaal. Hooffoto Pexels","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-07-16T13:02:00+00:00","article_modified_time":"2017-05-09T10:13:00+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/Padkaart-karretjie.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Sabbatstyd vir my siel","datePublished":"2012-07-16T13:02:00+00:00","dateModified":"2017-05-09T10:13:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/"},"wordCount":2141,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/Padkaart-karretjie.jpg","keywords":["Verhoudings","Liefde","Kommunikasie"],"articleSection":["Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/","name":"Sabbatstyd vir my siel | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/Padkaart-karretjie.jpg","datePublished":"2012-07-16T13:02:00+00:00","dateModified":"2017-05-09T10:13:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/Padkaart-karretjie.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/Padkaart-karretjie.jpg","width":1000,"height":667,"caption":"Foto: Pexels"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sabbatstyd-vir-my-siel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sabbatstyd vir my siel"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3916","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3916"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3916\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/71402"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3916"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3916"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3916"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}