{"id":3909,"date":"2012-07-16T00:00:00","date_gmt":"2012-07-15T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/om-rond-te-tas\/"},"modified":"2018-04-06T14:01:58","modified_gmt":"2018-04-06T12:01:58","slug":"om-rond-te-tas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/","title":{"rendered":"Om rond te tas"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Om rond te tas<\/p>\n<p>Waar Janet voor die ruitjiesvenster van die ouw\u00eareldse hotelkamer sit, kyk sy uit oor die eeue oue kerkhof se skewe grafstene. Sy het vir die kamer met die beste uitsig gevra. \u201cThe four poster room,\u201d het die ontvangsdame ges\u00ea, \u201chas a magnificent view over the churchyard.\u201d Die ou Normandiese kerk dagteken glo plek-plek uit die elfde eeu. Nou tuur Janet uit oor die nagtelike toneel, dink oor \u2019n ander gesprek met haar skrywerma.<\/p>\n<p>\u201cEk is klaar met mans.\u201d<\/p>\n<p>\u201cKlink soos die eerste sin van \u2019n reseproman. Die volgende sal wees: \u2018Veral met mans wat bagasie het\u2019.\u201d<\/p>\n<p>\u201cAi, ek is moeg om rond te tas, Ma.\u201d \u201cA ha, nog woordspeling ook.\u201d \u201cMa &#8230; \u201d sugtend, \u201cek gaan vir drie weke na die Cotswolds.\u201d<\/p>\n<p>Haar ma het van die rekenaarskerm af opgekyk. \u201cGaaf. Dalk bring jy vir my \u2019n storie terug.\u201d<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Swak een sonder liefde \u00f3f konflik.\u201d Haar ma het haar net \u2019n druk gegee en in haar rekenaar verdwyn om volop kwasikonflik te skep.<\/p>\n<p>Nou is Janet in skilderagtige Stow-onthe- Wold waar die Novemberwind yskoud om die hoeke sny. Stow-on-the-Wold where the wind blows cold, lui die gesegde. Nie dat sy omgee nie. Sy het die eerste drie dae omtrent net geslaap. Gelukkig nie gedroom nie. Sy wou nie aan John herinner word nie. Hy het haar immers nie werklik seergemaak nie. Net moedeloos.<\/p>\n<p>Sy is in die Cotswolds om weg te kom van die hele idee van \u2019n verhouding. Almal wil haar alewig aan iemand voorstel. Maar om die regte een te kry is soos om \u2019n haas uit \u2019n hoed te trek. Die ene illusie. Dis wat John was. Die illusie van integriteit. \u2019n Blote afbeelding van egtheid. As hy eerlik was, kon hy met hul eerste ontmoeting al vir haar ges\u00ea het dat hy eintlik wag dat sy eks na hom toe moet terugkom. Dan kon sy sy hand vasgehou het.<\/p>\n<p>Nee wat, het sy in een van haar wakker oomblikke besluit, sy wil nie met \u2019n man opgeskeep sit wat op nege en dertig nie mooi weet wat hy wil h\u00ea nie. Sy het klaar getob oor die wel en wee van die liefde. As dit nou oor haar pad kom, moet dit een honderd persent reg wees. Sy sal dit kan aanvoel. Maar die kans is skraal. Sy is drie en dertig. Niks lus vir iemand met issues of bagasie nie.<\/p>\n<p>Deur die loop van die vierde nag word sy lomerig wakker toe die kerkklok \u2019n paar luide slae in die kleindorpse stilte slaan. Vyf, tel sy. \u2019n Halfuur daarna wek \u2019n enkele holklinkende dong! haar weer. Toe weet sy sy is uitgeslaap. Sy skuif die geblomde gordyne opsy en maak haar op die opgestopte sitplek in die vensterboog tuis.<\/p>\n<p>\u2019n Yswit maan hang blinkend bo die kerktoring, versilwer die vaal grafstene en tooi die konifere blinkgrys. Sy bly daar sit tot die maan padgee en die lug \u2019n koel duifblou word. Sy gaan trek aan. Laag op laag en toe die kersierooi baadjie wat so goed by haar donker hare lyk. Haar ma se woorde.<\/p>\n<p>Toe sy met die onmoontlik smalle trap wil afgaan, word sy gedwing om op die trapportaal te wag. En sy begryp die toneeltjie skuins onder haar. \u2019n Groot man met \u2019n vaal kuif beur steunend om \u2019n yslike tas trap op te kry. Hy gaan probleme h\u00ea, weet sy. Net daar waar die trap \u2019n skerp hoek vorm.<\/p>\n<p>\u201cSir,\u201d s\u00ea sy impulsief, \u201cyou will have to leave your suitcase in the car and just remove the essentials.\u201d<\/p>\n<p>Die man kyk op en frons ergerlik. \u201cI can\u2019t do that! They,\u201d wys hy met sy duim oor sy skouer, \u201cwill essentially need everything!\u201d<\/p>\n<p>Suid-Afrikaanse aksent, registreer sy. En aan die onderpunt van die trap staan twee klein seuntjies met bewende onderlippe.<\/p>\n<p>\u201cSir,\u201d s\u00ea sy nietemin, \u201cI also need almost everything in my suitcase, but it just wouldn\u2019t fit around the bend. Quite impossible, believe me.\u201d<\/p>\n<p>Hy frons dieper en snap meteens. \u201cAg magtag tog,\u201d s\u00ea hy, en stywerig na haar kant toe: \u201cThank you.\u201d<\/p>\n<p>Sy sluk haar lag, wag tot hy weer onder is voor sy afgaan. Die ruim eetsaal is vol gaste. Sy kry gelukkig plek aan \u2019n groterige tafel. Maar toe sy haar bestelling vir \u2019n Engelse brekfis plaas, kom vra die kelnerin haar mooi of sy sal omgee om die tafel te deel.<\/p>\n<p>Dis die fris man en sy twee spruitjies wat kom aansit.<\/p>\n<p>\u201cAh,\u201d s\u00ea hy met \u2019n onwillige glimlag, \u201cthe suitcase lady.\u201d<\/p>\n<p>Wat de joos, besluit sy en steek haar hand uit. \u201cJanet van Elsen. Ek het dieselfde fout gemaak. \u2019n T\u00e9 groot tas gebring.\u201d<\/p>\n<p>Sy gesig verhelder. \u201cAfrikaans?\u201d Hy skud haar hand ferm. \u201cPierre van Wijk. Enne, wat maak jy hier?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVakansie.\u201d Sonder \u2019n glimlag sodat hy kan weet.<\/p>\n<p>\u201cLekker,\u201d antwoord hy en begin die warm roosterbrood smeer en in vierkantjies sny, want die kleinste kerm al. \u201cHierso Bennie, en Janneman, vat self.\u201d<\/p>\n<p>Tot haar verstomming glimlag die kleinste met haar voordat hy smaaklik begin eet. Sy vingertjies vat netjies raak. Janneman sukkel \u2019n bietjie, maar mors ook die minimum. Sy begin in stilte eet omdat sy regtig nie weet wat om te s\u00ea nie.<\/p>\n<p>Haar swye pla Pierre van Wijk duidelik nie. Sy staar deur die loodglasruitjies uit oor die vreemde diepgroen van die Engelse wintertuin terwyl haar tafelgenote genotlik smul. \u2019n Vredigheid kom onverwags oor haar. Sy eet rustig en drink drie koppies tee uit die boepens teepot.<\/p>\n<p>\u201cDis wat ek van die Engelse hou,\u201d haak Pierre af, \u201chulle weet van tee drink!\u201d<\/p>\n<p>Sy lag. \u201cBeslis. Van ek hier is, het ek al liters tee gedrink.\u201d En toe dit weer stil word: \u201cDi\u00e9 Stow Lodge Hotel was glo eers die ou pastorie.\u201d<\/p>\n<p>Sy een mondhoek trek in \u2019n laggie op. \u201cJa, dis \u2019n sewentiende-eeuse ou rectory. Ons kom dikwels hier. En gewoonlik bly ons op die grondvloer. Di\u00e9 dat ek moeite had met die tas.<\/p>\n<p>Hy glimlag en sy glimlag onwillekeurig terug.<\/p>\n<p>\u201cJy s\u00ea julle kom dikwels hier?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa. Ek is \u2019n handelaar in antieke ware en Stow-on-the-Wold is een van di\u00e9 plekke in die Verenigde Koninkryk om antieke goed aan te koop.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWerklik?\u201d<\/p>\n<p>Hy knik en por die seuntjies aan om hul eiers op te eet. Janet hou die seuntjies dop wat ietwat onwillig tog maak soos hy s\u00ea. Waar\u2019s hul ma? wonder sy onwillekeurig maar maak verskoning en loop. Dis presies di\u00e9 soort gedagtes wat sy nie moet h\u00ea nie.<\/p>\n<p>Buite maak haar asem wit wasempies langs haar wange verby. Sy drentel eers deur die grys klipkerk met sy vierkantige toring, adem die rustigheid in. Later loop sy deur die kerkhof en staan lank by grafte wat dagteken uit die grysheid van die eeue. Sy voel vreemd eensaam toe sy die kerkgrond verlaat en oor die groot markplein met sy verweerde klipkruis stap. Stow is \u2019n voetganger-vriendelike dorpie, maar die wind is heelwat kouer as vroe\u00ebr en sy ril toe sy by The King\u2019s Arms verneem of daar iets warms is om te drink. Graag, glimlag die ontvangsdame. Jy moet darem weet, hier kom vyf honderd jaar lank al gaste.<\/p>\n<p>N\u00e1 twee koppies tee, sien sy weer kans vir die strate. Sy loer oral in en ontdek dat die meeste antiekwinkels uitgesoekte en veral deftige kli\u00ebnte het. Een beplooide ou dame s\u00ea dit in soveel kille woorde toe Janet na \u2019n antieke vaas uitvra, dat sy ietwat afgehaal die wyk neem. Sy besluit om by nog een winkel in te gaan, want die ware in die venster is asemrowend. Baggott Antiques se deur swaai rinkelend agter haar toe.<\/p>\n<p>Toe sien sy Pierre van Wijk in sy beige Burberry-jas. Hy wink haar nader asof hulle ou vriende is.<\/p>\n<p>\u201cKom kyk na my jongste aankoop.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEen van die k\u00fandige kli\u00ebnte?\u201d spot sy.<\/p>\n<p>\u201cJa!\u201d lag hy hartlik. \u201cHierdie handelaars hou daarvan om hul ware af te staan aan mense wat iets daarvan weet. Die goed raak glo amper soos familie, kom uit ou herehuise en selfs kastele. Soos di\u00e9 een\u201d Sy vingers gly liefderyk oor \u2019n donker houtkabinet op fyn pootjies.<\/p>\n<p>\u201cRooshout met ivoorinlegsels, Engels en circa 1890. Maar dis nie al nie.\u201d Hy trek haar liggies nader sodat sy die ongelooflik ingewikkelde inlegwerk kan beskou. Sy vingers vou versigtig om haar pols asof sy self van antieke kristal gemaak is. \u201cKyk, dis \u2019n oorspronklike Collinson and Lock. Dalk deur Lock ontwerp.\u201d<br \/>\nWie di\u00e9 Lock ook al is, dink sy en betrap haarself dat sy verwonderd na hom staar. Opeens vang sy o\u00eb hare styf vas. Te skielik vir haar om van uitdrukking te verander. En sy weet intu\u00eftief hy sien tot binne-in die weifeling en onkunde wat niks met ou meubels te doen het nie. Haar hart begin vervaard hamer. \u201cDis &#8230; interessant. Wat maak di\u00e9 stuk so besonders?\u201d<\/p>\n<p>Hy kyk steeds stip na haar. \u201cBehalwe die beroemde Lock se aandeel, is dit Stephen Webb wat die inlegwerk gedoen het.\u201d Sy buk om dit van nader te bekyk en sy hand kom oor haar skouer om liefkosend aan die ivoorblaartjies en fantasieryke figuurtjies te raak.<\/p>\n<p>\u201cDis &#8230; mooi &#8230; \u201d stamel sy.<\/p>\n<p>\u201cDit is,\u201d s\u00ea hy met warmte. \u201cDie vakmanskap is voortreflik.\u201d<\/p>\n<p>\u201cBaie delikaat, ja.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDelikaat is die woord. Stephen Webb het later professor van beeldhouwerk geword.\u201d<\/p>\n<p>Sy kom orent. \u201cHet jy ook in die kunste gestudeer?\u201d<\/p>\n<p>Sy kop is so naby hare dat sy die eerlike intensiteit in sy helder o\u00eb kan sien. \u201cNee, ek het my kennis maar algaande opgedoen. Maar kom, ek handel hier af, dan gaan drink ons iewers tee.\u201d<\/p>\n<p>Terwyl hy sy transaksie afsluit, kyk sy nog rond. Bly oplaas staan voor \u2019n treffende olieverfskildery van \u2019n donkerkopvrou met twee krulkopkleuters leunend teen haar knie\u00eb. Byna droewig mooi in hul wasige, ouw\u00eareldse drag. Janet sluk aan \u2019n knop in haar keel.<\/p>\n<p>\u201cJa,\u201d s\u00ea hy opeens langs haar, \u201cdit wek iets in \u2019n mens, di\u00e9 vrou met die kinders.\u201d Hy klink so verdrietig dat sy verbaas omdraai maar hy glimlag net. \u201cKom, ek weet van \u2019n plek met lekker groot teepotte.\u201d Buite is die wind baie koud en sy trek haar kraag op. Hy stuur haar oor die groot plein straatop tot by The Royalist Hotel. \u201cGesertifiseer as die oudste herberg in Engeland. 947 AD.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoe weet jy?\u201d vra sy toe die eeue oue plek hulle warm omvou.<\/p>\n<p>\u201cGuinness Book of Records,\u201d glimlag hy en sy voel weer die verraderlike sprongetjie van haar hart. Moenie laf wees nie, praat sy met haarself. Dis die koue, die bekoring van die Cotswolds se geelbruin huisies en stokou herberge. \u201cWaaraan dink jy?\u201d vra hy toe hulle by die knetterende kaggel gaan sit. \u201cDat hulle pas hout op die kole gegooi het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMoenie jok nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoe weet jy ek jok?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJou gesig is \u2019n oop boek. Nommer een, jy was glad nie bly om ons vanoggend aan jou tafel te ontvang nie. Nommer twee, jy is bang vir mans. Nommer drie, jy is nog banger vir mans met kinders en &#8230; \u201d<\/p>\n<p>\u201cJy is beslis die een of ander professor.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWas gewees. Sielkunde. Toe sterf my vrou en ek trek uit die Boland Vrystaat toe. Clarens. My winkel is oorkant die dorpsplein. Bedags verkoop ek ou goed deurtrek van geskiedenis. In die grein en in die porselein l\u00ea daar hartseerverhale, soet verleidings en pragtige stories.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn jy en die seuntjies woon bokant die winkel en kyk uit oor die plein na die berge toe?\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoe\u2019t jy geweet?\u201d<\/p>\n<p>Alle voorgee sak weg. \u201cDit moet so wees,\u201d s\u00ea sy. \u201cDit pas by jou storie.\u201d Hy vou sy arms voor sy bors, betrag haar met sy stipte blik. \u201cEn wat is j\u00f3\u00fa storie?\u201d<\/p>\n<p>Kan dit kwaad doen? weifel sy maar kyk tog verle\u00eb weg toe sy s\u00ea: \u201c\u2019n Storie vol clich\u00e9s, soos my ma sal s\u00ea. \u2019n Resep-verhaal. \u2019n Vrou wat te maklik vertrou omdat sy wil glo mense is goed. Man wat met haar gevoelens speel en dan verdwyn.\u201d<\/p>\n<p>Hy bly lank stil, sy mond saamgepers. \u201cDis omdat clich\u00e9s uit woorde bestaan dat \u2019n mens dink dis afgesaag. Woorde wat te veel gehoor word, maak so. Daarom sal iemand wat van buite af inkyk, dink dis net \u2019n resep. Intussen is jou ervaring en jou smart uniek.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDit was nie werklik smart nie. Ek glo nie ek het hom liefgehad nie. Ek was net teleurgesteld in hom as mens.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis erg genoeg.\u201d Die tee kom en hy skink ewe handig uit die mentgroen porseleinteepot. Hulle drink in salige stilte. En sy voel verlig. John se skim het, met honderde ander ou skimme wat sekerlik al in hierdie ou herberg opgehaal is, saam met die kaggelrook deur die skoorsteen weggedryf.<\/p>\n<p>Toe hulle oor die plein na die hotel terugstap, besef sy dat hulle hul middagete gemis het en dis al n\u00e1 drie. \u201cWaar\u2019s die seuntjies dan?\u201d vra sy.<\/p>\n<p>\u201cMevrou Channing, wat afgetree is en nou in die hotel woon, pas hulle op. Ek en sy het bevriend geraak gedurende my eerste besoek aan Stow sowat twee jaar gelede.\u201d<\/p>\n<p>Die volgende oggend aan tafel s\u00ea Pierre: \u201cDis \u2019n wolklose dag. Kom saam met ons na Bourton on the Water.\u201d<\/p>\n<p>Janneman por opgewonde: \u201cDaar\u2019s eendjies op die riviertjie. Sowaar!\u201d Sy o\u00eb smeek.<br \/>\n\u2019n Halfuur later ry hulle al met die nou, landelike laninkies langs tot by hul bestemming. Popmooi, klipgrys huise en \u2019n vlak rivier wat kabbelend deur die dorpie vloei.<\/p>\n<p>\u201cKyk hierso, tannie!\u201d lag Bennie opgewonde en wys met \u2019n vet vinger na drie bruingroen eendjies wat rustig onder die brug deur drywe. Sy vat sy hand toe hulle oor die klipbrug stap op pad na die miniatuurdorpie. Elke huis, elke skool en kerk en straat is perfek nagemaak. Die kind aan haar hand se kop steek net-net bo een kerktorinkie uit. Vanuit die geboutjie se minivensters sweef koormusiek. \u201cOh Lord my God &#8230; \u201d klink dit op. Sy kry dieselfde wonderlike weemoed oor haar as toe sy voor die skildery van die vrou met die twee kinders gestaan het. In een van die ander wandelpaaie van die klein dorpie loop Pierre met Janneman op sy skouers. Hulle lag en wuif vir haar en Bennie. Sy waai terug en buk om Bennie ook op te tel. Voel die mollige kinderlyf teen haar bors. Hulle ry met die teruggaan deur diepgroen lande met spierwit, weiende skape. Kort-kort vlie helder rooi-en-groen fisante voor hulle op. Janet ervaar \u2019n genoeglikheid soos selde nog.<\/p>\n<p>\u201cBaie dankie vir die heerlike dag,\u201d s\u00ea sy toe hulle die hotelportaal binnestap. Nog sulke dae volg soet en gemaklik op mekaar. Uitstappies na die tweelingdorpies Lower en Upper Slaughter. In Lower Slaughter se herehuis drink hulle vir vyf pond \u2019n allemintige pot tee uit. Dis toe dat die uitnodiging kom: \u201cSaans, in Stow Lodge, bedien hulle koffie en brandewyn langs die kaggel. Sien ek jou daar?\u201d<\/p>\n<p>Sy stem klink so broos dat sy dadelik instem. Eers terug in Stow kom sy tot besinning. Sy wil al w\u00e9\u00e9r met haar hele hart vertrou dat iemand dit eerlik met haar bedoel. Maar sy w\u00edl dit van hierdie man glo. Hierdie Pierre met sy swaar tas en baie bagasie.<\/p>\n<p>Teen nege-uur gaan sy af na die sitkamer met sy gesellige haard vol koperpanne. Die kole gloei rosig. Hy sit in een van die blou ferweelleunstoele.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea niks nie en sy swyg ook. Benoud dat \u2019n woord die ragfyne atmosfeer sal krap. Blinkgoue brandewyn word in bolglase geskink. Hulle teug soos kennersdaaraan, laat toe dat die kole \u2019n donkerder rooi raak. Toe hy praat, vlam die skrik in haar op.<\/p>\n<p>\u201cJanet, ons vertrek more na Swansea in Wallis. Ek het Baggott Antiques gevra om iets by jou af te lewer.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMaar &#8230; \u201d<\/p>\n<p>\u201cDis nie \u2019n geskenk nie. Ek wil h\u00ea jy moet daarna kyk. As jy die boodskap kry, laat my weet. Indien nie, los dit maar in jou kamer.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWat se boodskap?\u201d vra sy flouerig.<\/p>\n<p>\u201cJy sal sien. Of ni\u00e9 sien nie.\u201d<\/p>\n<p>Daarmee sit hy sy le\u00eb glas neer, kom buk by haar en soen haar teer op haar hare. \u201cNag,\u201d s\u00ea hy sag by haar oor, en stap uit.<\/p>\n<p>Nag. Net dit. Tog du die woord haar in \u2019n nuwe rigting. Wanneer laas het iemand s\u00f3 laat in die aand vir haar nag ges\u00ea? Sy weet so seker as wat sy in die persrooi kole staar dat sy nooit weer wil gaan slaap sonder dat hierdie man vir haar mooi saggies nag s\u00ea nie.<\/p>\n<p>Sy vlug bed toe, hoor die kerkklok dong! dong! oor die slapende dorp beier. Sy bly wakker, word kort-kort deur die kerkklok herinner dat haar lewe besig is om om te gaan. En sy voel sy lippe op haar hare.<\/p>\n<p>Die oggend, grou en re\u00ebnerig, sit sy alleen aan ontbyttafel. Sou hulle dan s\u00f3 vroeg gery het? wonder sy verdrietig. En tegelykertyd: Hoe kan jy mense mis wat jy pas ontmoet het? Toe sy weer in die kamer kom, leun die skildery met die vrou en twee kinders teen die voetenent van die bed. Sy bly versteld daarna kyk. Die vrou kyk terug, en dit skyn of sy netnounetnou die twee kinders vir haar gaan aangee. Onwillekeurig reik Janet se arms vorentoe. Dit kan nie wees nie &#8230; En tog &#8230; Sy sit op die mat voor die skildery en bly byna heel oggend daarna kyk. Hoe op aarde gaan sy haar werk as joernalis in Johannesburg prysgee om op Clarens te gaan woon? Sy skrik haar koud vir die gedagte. As sy soontoe gaan, sal sy by Pierre en die seuntjies bo die winkel moet woon. Dis waarvan die vrou in die skildery se o\u00eb praat.<\/p>\n<p>Onmoontlik!<\/p>\n<p>Maar sy smag om te doen.<\/p>\n<p>Sy gaan l\u00ea skuins op die bed en sien toe die papiertjie wat agterop die kunswerk vasgeplak is. Daar is \u2019n selnommer op. Sy wag nog \u2019n rukkie. Toe bel sy.<\/p>\n<p>\u201cHet jy dit gekry?\u201d vra Piere onmiddelik.<\/p>\n<p>\u201cJa.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn?\u201d<\/p>\n<p>\u201cKan ons die skildery hou?\u201d<\/p>\n<p>Hy lag. \u201cHoekom?\u201d<\/p>\n<p>\u201cOmdat d\u00edt die boodskap is, dat ek moet ophou om rond te tas.\u201d Daar is \u2019n kort stilte. Toe vra hy: \u201cBeteken dit jy sal my vrou word?\u201d \u201cJa, en ek sal help bagasie dra ook, mits jy altyd vir my so mooi nag sal s\u00ea.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Om rond te tas Waar Janet voor die ruitjiesvenster van die ouw\u00eareldse hotelkamer sit, kyk sy uit oor die eeue oue kerkhof se skewe grafstene. Sy het vir die kamer met die beste uitsig gevra. \u201cThe four poster room,\u201d [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":3910,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[239],"class_list":["post-3909","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-verhaal"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Om rond te tas | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Om rond te tas | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&nbsp; Om rond te tas Waar Janet voor die ruitjiesvenster van die ouw\u00eareldse hotelkamer sit, kyk sy uit oor die eeue oue kerkhof se skewe grafstene. Sy het vir die kamer met die beste uitsig gevra. \u201cThe four poster room,\u201d [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-07-15T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-06T12:01:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201271113913.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"310\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"397\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"15 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-rond-te-tas\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-rond-te-tas\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Om rond te tas\",\"datePublished\":\"2012-07-15T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-06T12:01:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-rond-te-tas\\\/\"},\"wordCount\":3029,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-rond-te-tas\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201271113913.jpg\",\"keywords\":[\"Verhaal\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-rond-te-tas\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-rond-te-tas\\\/\",\"name\":\"Om rond te tas | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-rond-te-tas\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-rond-te-tas\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201271113913.jpg\",\"datePublished\":\"2012-07-15T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-06T12:01:58+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-rond-te-tas\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-rond-te-tas\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-rond-te-tas\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201271113913.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/11\\\/rra201271113913.jpg\",\"width\":310,\"height\":397},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-rond-te-tas\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Om rond te tas\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Om rond te tas | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Om rond te tas | rooi rose","og_description":"&nbsp; Om rond te tas Waar Janet voor die ruitjiesvenster van die ouw\u00eareldse hotelkamer sit, kyk sy uit oor die eeue oue kerkhof se skewe grafstene. Sy het vir die kamer met die beste uitsig gevra. \u201cThe four poster room,\u201d [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-07-15T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-06T12:01:58+00:00","og_image":[{"width":310,"height":397,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201271113913.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"15 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Om rond te tas","datePublished":"2012-07-15T22:00:00+00:00","dateModified":"2018-04-06T12:01:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/"},"wordCount":3029,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201271113913.jpg","keywords":["Verhaal"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/","name":"Om rond te tas | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201271113913.jpg","datePublished":"2012-07-15T22:00:00+00:00","dateModified":"2018-04-06T12:01:58+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201271113913.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/rra201271113913.jpg","width":310,"height":397},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-rond-te-tas\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Om rond te tas"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3909","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3909"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3909\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3910"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3909"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3909"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3909"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}