{"id":3720,"date":"2012-04-04T10:07:40","date_gmt":"2012-04-04T08:07:40","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/"},"modified":"2016-01-22T15:56:14","modified_gmt":"2016-01-22T13:56:14","slug":"wat-is-oupa-en-ouma-se-regte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/","title":{"rendered":"Wat is Oupa en Ouma se regte?"},"content":{"rendered":"<p>By Anna Smit* was daar geen twyfel dat sy die stryd moes aanpak om haar kleinkind te mag sien nie. \u201cDie kultuurkenner P.T. Muntze som die belangrikheid van kontak met jou voorouers uitstekend op: \u2018Hulle is soos sy\/haar beskermengele waarsonder die lewe in rampspoed eindig.\u2019 Vir my is die kwessie die belang van die kind, en sy toekoms.\u201d<\/p>\n<p>Vir \u2019n paar maande n\u00e1 haar dogter se dood kon Anna haar kleinseun besoek, en hy vir haar en ander lede van sy ma se familie. Maar die verhouding tussen haar en die seuntjie se pa het vertroebel, en dit het al moeiliker geword om haar vyfjarige kleinseun te mag sien.<\/p>\n<p>\u201cN\u00e1 verskeie vrugtelose versoeke om die seuntjie te sien is ek op advies van my prokureur na die People\u2019s Family Law Centre in Kaapstad om toegang tot my kleinkind te probeer kry. N\u00e1 vier maande se gesloer en gesoebat het ek eindelik \u2019n afspraak by die gesinsadvokaat gekry, maar ek het gevoel hulle is nie opgewasse vir die taak nie en besluit om my na die hooggeregshof te wend.<\/p>\n<p>\u201cEk was uiters bekommerd oor my kleinseun se emosionele welstand nadat ek gelees wat dr. Peter Whybrow, direkteur van die Neuropsigiatriese Instituut van die Universiteit van Kaliforni\u00eb in sy insiggewende boek A Mood Apart geskryf het.<\/p>\n<p>\u201cHy skryf onder meer dat kinders wat deur hul ma\u2019s saam met ander familie grootgemaak word, nie so \u2019n drastiese toename in streshormone ervaar wanneer sy ma sterf soos wat gebeur by die ge\u00efsoleerde kind nie. Volgens Whybrow kan familie intieme moederlike gehegtheid uitbrei, of selfs vervang, maar as familie afwesig is, veroorsaak ouerlike verlies groot ontwrigting. Sterk familiebande en sosiale verkeer met familie verminder die onsekerheid n\u00e1 \u2019n ouer se dood omdat daar ondersteuning en bystand is. Hy meen ook \u2019n klein kind wat \u2019n ouer verloor, loop \u2019n ho\u00ebr risiko vir latere depressie en selfs selfmoord.<br \/>\n\u201cVolgens Whybrow is gehegtheid en die ondersteuning van familie lewensbelangrik. Net soos goeie fisieke voeding tydens ontwikkeling liggaamlike groei bevorder, so versterk \u2019n koesterende, emosionele omgewing van hegte familiebande gedurende die kinderjare die ontwikkeling van die emosionele self.\u201d<\/p>\n<p>Teen alle raad in het Anna \u2019n hooggeregshof-advokaat gaan spreek. Di\u00e9 was allesbehalwe optimisties oor haar kanse om te slaag.<\/p>\n<p>\u201cHy het saak op saak aangehaal om te bewys dat dit \u2019n onbegonne taak is, maar ek het verbete vasgebyt. Dit was voor die nuwe Kinderwet (wet 38 van 2005) in werking getree het. Hy het my gewaarsku dat dit \u2019n lang, uitgerekte proses gaan wees, maar ek was heeltemal onvoorbereid vir presies h\u00f3\u00e9 langsaam die meule van die gereg maal! \u2019n Uitmergelende twee jaar het gevolg waarin ek soos \u2019n klimtol gespeel is en van advokaat na hooggeregshof na kurator na sielkundige\/mediator moes gaan.\u201d<br \/>\nAnna se mosie om toegang is by die hooggeregshof op die rol geplaas, maar die saak is met drie maande uitgestel omdat haar kleinseun se pa (die respondent) se advokaat nie gereed was nie. \u2019n Kurator is benoem om ondersoek in te stel na die wenslikheid van haar toegang, en \u2019n sielkundige is as bemiddelaar aangestel. Die saak is uiteindelik met nog nege maande uitgestel omdat die sielkundige en kurator vir meer tyd gevra het vir onderhandelings tussen Anna en haar kleinseun se pa.<br \/>\nVir Anna, destyds 68, was die hele proses baie traumaties. Elke hofdatum het indringende onderhoude, baie koste en \u201coorweldigende spanning\u201d meegebring.<\/p>\n<p>\u201cDie eerste mediasie-sessie tussen my, die sielkundige en my kleinkind se pa was \u2019n fiasko. Die pa was buite homself van woede en het weer eise gestel vir persoonlike vergoeding \u2013 een van die redes hoekom hy my kleinseun van ons af weggehou het, was omdat hy nie finansieel by my dogter se dood baat gevind het nie. Toe ek in die sessie weer weier om aan sy eise te voldoen, het hy uitgestorm met di\u00e9 woorde: \u2018Shove it where it hurts\u2019\u201d.<\/p>\n<p>Hy het nie opgedaag vir die volgende geskeduleerde bespreking nie, en die derde een het ewe stormagtig verloop, onthou sy. \u201cDie volgende drie maande het die korrespondensie veertien keer heen en weer tussen my en sy regspanne gevlieg, en byna \u2019n jaar nadat ek die hof genader het, het die kurator en sielkundige hul tussentydse evaluasie-verslae bekend gemaak. Die sielkundige het tydelike besoeke aanbeveel, maar my kleinkind se pa het geweier. Ek het verniet gesoebat dat my kleinseun se vervreemding in sy belang gestaak moet word.\u201d<\/p>\n<p>Daarna was daar nog mediasie-sessies wat Anna as \u201cklugtig\u201d beskryf. Haar kleinseun se pa het bly weier om in te stem tot die voorstelle en voorgestelde toegangskedule wat aan die hof oorhandig sou word vir bekragtiging.<br \/>\nTwintig maande het verbygegaan, en uiteindelik het die dag aangebreek waarop Anna gehoop het. Haar saak sou uiteindelik voor die hof dien. Maar toe is daar geen regter om die saak aan te hoor nie! \u201cDie destydse regterpresident het my advokaat bruusk toegesnou dat dit nie nodig is om \u2019n regter vir die saak te verskaf nie, want \u2019n grootouer het nie regte ten opsigte van \u2019n kleinkind nie.\u201d<\/p>\n<p>Hieroor is Anna steeds verstom. \u201cEk wou eintlik vir hom vra hoe het die kleinkind dan mens geword as daar nie ook iewers \u2019n voorouer in die prentjie was nie?\u201d Sy het besluit om die saak nie daar te laat nie, en het \u2019n brief per geregistreerde pos aan die regterpresident gestuur waarin sy beswaar gemaak het teen sy siening.<\/p>\n<p>Kort daarna is sy per brief in kennis gestel dat die saak vroeg die volgende jaar aangehoor sou word, en dat sy intussen tussentydse toegang tot haar kleinseun kry. Al was die toestemming net vir een besoek voor daardie jaar se Kersfees en nog \u2019n besoek op sy verjaardag (in die teenwoordigheid van \u2019n derde persoon) was dit \u2019n groot ligpunt.<br \/>\nGoedkoop was dit allermins. Selfs vir die hofsitting waarvoor daar nie \u2019n regter beskikbaar was nie, moes sy R24 000 opdok vir die regspan en die kurator. Sy moes ook die respondent se regskoste betaal, en die rekening was reeds ver meer as R300 000. \u201cMaar dit was elke sent werd!\u201d<\/p>\n<p>Gelukkig kon die saak voor die volgende hofdatum buite die hof geskik word, en twee jaar nadat sy haar stryd begin het, het die hof die ooreenkoms bekragtig. Anna mag nou haar kleinseun ad infinitum elke ses weke van 09:00 tot 17:00 sien, sonder dat enige derde party hoef toesig te hou. Sy kry ook sewe dae gedurende een skoolvakansie per jaar op \u2019n plek van haar keuse, en redelike telefoniese toegang tot hom.<\/p>\n<p>\u201cReg het uiteindelik geskied, maar dis \u2019n bittersoet oorwinning. My kleinseun is vandag 15 jaar oud. Sy sprankel het verdwyn. Hy is \u2019n geslote, somber, laglose, onseker, soms afsydige vreemdeling. Dis hartverskeurend om te aanskou. Ek smag na sy spontane groet van sewe jaar gelede: \u2018I love you Ouma, more than the sun and the moon, more than the whole wide world!\u2019 Die drie jaar waarin hy kontak onts\u00ea is met my en sy oorlede ma se familie, het hom van alle emosie gestroop. Hy het \u2019n muur om homself gebou as verskansing teen seerkry en teleurstelling. Ons verhouding is vertroebel.\u201d<\/p>\n<p>Tien jaar het verloop sedert sy ma se dood, en Anna is nou \u2019n vrou van 75. \u201cEk sien hom nou baie ongereeld, want op my ouderdom raak dit moeiliker om die lang pad aan te durf om hom te besoek. Hoewel ek ten volle betaal vir sy skoolopleiding en koshuisverblyf binne maklike ry-afstand, neem sy pa hom elke naweek huis toe sodat ek nie my wetlike voorregte &#8211; en my kleinkind s\u2019n &#8211; kan geniet nie. Ek sien ook nie kans om die trauma van nog \u2019n hofsaak aan te durf nie. Emosioneel is die skade onherstelbaar tussen grootouer en kleinkind weens die gesloer van die regstelsel.\u201d<\/p>\n<p>Tog wil sy vir ander grootouers in haar posisie moed gee met di\u00e9 onderhoud. \u201cDruk deur, want as ek kon, kan julle ook. Ek weet van baie grootouers wat ook in hierdie situasie is \u2013 soms weens ouers wat geskei het, maar ook soms weens finansi\u00eble of ander kleinlike twispunte. Die kleinkinders, wat reeds so ontwrig is, word boonop die liefde en samesyn en sekuriteit van oupas en oumas onts\u00ea. Maar volgens die nuwe Kinderwet (38 van 2005) het grootouers die reg om aansoek te doen. Enige normale grootouer dra tog hul kleinkinders se belange op die hart, wil familiebande versterk eerder as verbreek, en het hul kleinkinders lief.\u201d<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Wat s\u00ea die Kinderwet?<\/span><br \/>\n<\/strong><br \/>\nWie kan aansoek doen om toegang? Enige persoon wat belang het by die versorging, beskerming, welsyn of ontwikkeling van \u2019n kind, maar onthou dat dit net op die voorwaardes van die hof sal geskied.<\/p>\n<p>Waarna kyk die hof by so \u2019n aansoek?<br \/>\n\u2022 Die beste belang van die kind.<br \/>\n\u2022 Die band\/verhouding tussen die applikant en die kind, asook die band tussen die kind en enige ander betrokke persoon.<br \/>\n\u2022 Die hof sal kyk na jou geskiedenis met die kind. Dus, hoe lyk jul verhouding tot dusver, en wat is die aard en omvang van jou betrokkenheid tot in daardie stadium in die kind se lewe.<br \/>\n\u2022 Die kind se verhouding met die persoon wie se ouerlike regte of verantwoordelikhede beveg word.<br \/>\n\u2022 Jou bydrae tot die kind se lewe sal beslis in ag geneem word (finansieel en andersins).<br \/>\n\u2022 Enige faktore wat die hof as belangrik beskou.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Wat s\u00ea \u2019n sielkundige?<\/span><br \/>\n<\/strong><br \/>\nNellie Prinsloo, \u2019n kliniese sielkundige van Johannesburg met uitgebreide sielkundig-forensiese ervaring (howe gebruik haar gereeld as kundige) verduidelik wat \u2019n sielkundige alles by so \u2019n aansoek in ag neem.<\/p>\n<p>Gelukkig maak die nuwe Kinderwet (38 van 2005) nou daarvoor voorsiening dat grootouers, veral di\u00e9 wat reeds \u2019n emosionele en verhoudingsband met die kind het, om toegang- en\/of versorgingsregte aansoek kan doen. Die wet s\u00ea duidelik dat die kind die reg het tot behoorlike ouerlike versorging van sy ouers en ander ouerlike figure soos grootouers of stiefouers.<br \/>\nDie klem is op \u2019n emosionele band wat reeds tussen die kind en grootouers bestaan. In Anna se geval is een van die kind se regte tog sekerlik om \u2019n afgestorwe ma deur die grootouers te leer ken. Indien daar reeds \u2019n betekenisvolle verhouding was, het die kind die reg om gereelde toegang tot sy grootouer te h\u00ea indien hierdie verhouding ook vir hom belangrik is.<br \/>\nDie nuwe Kinderwet is geskryf met die kind se belang as hoofdoel. Selfs baie jong kinders kan gevra word (deur \u2019n kundige in \u2019n terapeutiese omgewing) wat hul behoefte is. Die dae dat daar gewag moes word tot \u2019n kind twaalf is voor hy sy s\u00ea mag s\u00ea, is lankal verby. Selfs die ouerskapplan wat nou \u2019n vereiste is met elke egskeiding, moet met kinders bespreek word. Die kinders het beslis ook \u2019n s\u00ea in wat hulle wil h\u00ea en die kind (volgens ontwikkelingsvlak) moet die plan goedkeur.<\/p>\n<p>Sielkundiges kyk na verskeie aspekte voor hulle \u2019n aanbeveling oor toegang tot kinders maak:<\/p>\n<ul>\n<li>Bestaan daar \u2019n emosionele en verhoudingsband tussen die grootouer en kleinkind, en wat is die aard van die verhouding? Die sielkundige evalueer die verhouding in \u2019n terapeutiese omgewing.<\/li>\n<li>Hoe gesond is die grootouer emosioneel en kan hy\/sy die nodige aanpassings maak om kinders se veranderende behoeftes te akkommodeer?<\/li>\n<li>Kan die grootouer verantwoordelik wees vir die algehele welstand van die kind en is hy\/sy in staat om logiese en realistiese besluite te neem oor die algehele (fisiek, emosioneel en sosiaal) welstand van die kind?<\/li>\n<li>Psigometriese toetsing, asook agtergrondinligting word van die betrokke persone en mense uit hul leefw\u00eareld verkry om \u2019n omvattende beeld te kry van die persoon se funksionering en vaardighede.<\/li>\n<li>Daar moet gekyk word na die klagtes of redes wat \u2019n ouer het om toegang te weier en daar moet vasgestel word of die redes gegrond is en of dit bloot net moedswillige vervreemding van die grootouer ten doel het.<\/li>\n<li>Die beste belang van die kind word deurgaans in gedagte gehou en kinders se gevoelens oor kontak word ge\u00ebvalueer en in ag geneem.*Skuilnaam<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>By Anna Smit* was daar geen twyfel dat sy die stryd moes aanpak om haar kleinkind te mag sien nie. \u201cDie kultuurkenner P.T. Muntze som die belangrikheid van kontak met jou voorouers uitstekend op: \u2018Hulle is soos sy\/haar beskermengele waarsonder [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":19225,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679],"tags":[3200],"class_list":["post-3720","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","tag-grootouers"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wat is Oupa en Ouma se regte? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wat is Oupa en Ouma se regte? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"By Anna Smit* was daar geen twyfel dat sy die stryd moes aanpak om haar kleinkind te mag sien nie. \u201cDie kultuurkenner P.T. Muntze som die belangrikheid van kontak met jou voorouers uitstekend op: \u2018Hulle is soos sy\/haar beskermengele waarsonder [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-04-04T08:07:40+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-22T13:56:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/04\/Wat-is-oumas-en-oupas-se-regte-.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1472\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"970\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Wat is Oupa en Ouma se regte?\",\"datePublished\":\"2012-04-04T08:07:40+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-22T13:56:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\\\/\"},\"wordCount\":1983,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/04\\\/Wat-is-oumas-en-oupas-se-regte-.jpg\",\"keywords\":[\"grootouers\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\\\/\",\"name\":\"Wat is Oupa en Ouma se regte? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/04\\\/Wat-is-oumas-en-oupas-se-regte-.jpg\",\"datePublished\":\"2012-04-04T08:07:40+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-22T13:56:14+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/04\\\/Wat-is-oumas-en-oupas-se-regte-.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/04\\\/Wat-is-oumas-en-oupas-se-regte-.jpg\",\"width\":1472,\"height\":970},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wat is Oupa en Ouma se regte?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wat is Oupa en Ouma se regte? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wat is Oupa en Ouma se regte? | rooi rose","og_description":"By Anna Smit* was daar geen twyfel dat sy die stryd moes aanpak om haar kleinkind te mag sien nie. \u201cDie kultuurkenner P.T. Muntze som die belangrikheid van kontak met jou voorouers uitstekend op: \u2018Hulle is soos sy\/haar beskermengele waarsonder [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-04-04T08:07:40+00:00","article_modified_time":"2016-01-22T13:56:14+00:00","og_image":[{"width":1472,"height":970,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/04\/Wat-is-oumas-en-oupas-se-regte-.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Wat is Oupa en Ouma se regte?","datePublished":"2012-04-04T08:07:40+00:00","dateModified":"2016-01-22T13:56:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/"},"wordCount":1983,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/04\/Wat-is-oumas-en-oupas-se-regte-.jpg","keywords":["grootouers"],"articleSection":["Ouerskap"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/","name":"Wat is Oupa en Ouma se regte? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/04\/Wat-is-oumas-en-oupas-se-regte-.jpg","datePublished":"2012-04-04T08:07:40+00:00","dateModified":"2016-01-22T13:56:14+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/04\/Wat-is-oumas-en-oupas-se-regte-.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/04\/Wat-is-oumas-en-oupas-se-regte-.jpg","width":1472,"height":970},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-oupa-en-ouma-se-regte\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wat is Oupa en Ouma se regte?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3720","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3720"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3720\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19225"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3720"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3720"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3720"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}