{"id":3669,"date":"2012-03-05T08:51:00","date_gmt":"2012-03-05T06:51:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/"},"modified":"2017-07-13T13:26:01","modified_gmt":"2017-07-13T11:26:01","slug":"charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/","title":{"rendered":"Charlize Theron: Daar is krag in alleenwees"},"content":{"rendered":"<p>L\u00ea Charlize Theron se magnetisme in daardie perfekte bene wat lyk asof hulle nooit ophou nie? Of is dit die smal heupe soos di\u00e9 van &#8216;n jong seun? Dalk haar mooi hande? Miskien die platinumblonde hare en effense wipneus wat plastiese chirurge vergeefs probeer naboots?<br \/>\nMaar wanneer jy Charlize in die o\u00eb kyk, besef jy waarom sy mense betower. Sy is veel meer as haar uiterlike. Ek dink die ware rede waarom ons so graag na haar op die silwerdoek kyk, is omdat sy daardie diep emosies wat ons almal ervaar, blootl\u00ea sodat ons ons kan vereenselwig met die stukkende mense wat sy speel.<\/p>\n<p>Charlize laat haar nie stereotipeer nie. Sy doen moeite om haar skoonheid uit die prentjie te hou en neem niks as vanselfsprekend aan nie. Sy pak uitdagende projekte aan wat haar aanhangers verras. Sy het wel al in lokettreffers soos Hancock gespeel &#8211; kommersi\u00eble flieks waarop die meeste sterre hul loopbane bou &#8211; maar haar rolle handel veral oor \u201cgeskende\u201d mense. Sy het gewig aangesit en haar voorkoms heeltemal verander vir haar rol in Monster. Vir di\u00e9 fliek, wat sy ontwikkel en vervaardig het, het sy &#8216;n Oscar gewen nog voor mense haar as &#8216;n ernstige akteur beskou het. Sy l\u00e1\u00e1t dinge gebeur. Sy skep geleenthede, vervaardig rolprente, en dwing die w\u00eareld om verby haar skoonheid te kyk.<\/p>\n<p>Die meeste mense wat haar ontmoet, weet nie mooi wat om van haar te maak nie. Sy probeer nie in jou goeie boekies kom nie en gee ook nie die tipiese, geykte antwoorde nie. Haar humorsin is legendaries. Sy laat niemand toe om te groot vir sy skoene te word nie, en sal jou speels terugbring aarde toe. Soos die meeste Suid-Afrikaners hou sy van &#8216;n glasie wyn en dit skok sommige joernaliste, want akteurs drink gewoonlik nie omdat hulle alkoholiste was, of omdat hulle een of ander dieet volg. Hulle is nie gewoond aan normale mense wat gekskeer en soms uitdagend is nie. Hulle is ongemaklik omdat sy hulle maklik uithaal as hulle swak navorsing oor haar gedoen het, en sy is altyd gereed met &#8216;n vinnige antwoord op persoonlike vrae. Die media maak veral nou jag op haar n\u00e1 haar langtermynverhouding met Stuart Townsend op die rotse geloop het, en sy skram daarom weg van persoonlike vrae, maar praat vreesloos oor ander moeilike kwessies.<\/p>\n<p>Die mense wat al saam met haar gewerk het, respekteer en bewonder haar. Kristen Stewart, wat die rol van Snow White vertolk teenoor Charlize as die Wicked Queen in Show White and the Huntsman, is sigbaar opgewonde toe ek haar oor Charlize uitvra: \u201cSy is ongelooflik slim en talentvol en doen uitsonderlike werk!\u201d<\/p>\n<p>Michael Fassbender wat saam met haar aan Prometheus gewerk het, was net so vol lof: \u201cOns het vriende gebly. Sy het &#8216;n fantastiese sin vir humor, is effens stout, en natuurlik &#8216;n baie goeie aktrise.\u201d<\/p>\n<p>In Young Adult van Diablo Cody, die skrywer wat ook vir die treffer Juno verantwoordelik was, speel Charlize &#8216;n onbeminde karakter. Sy is een van daardie perfekte en gewilde ho\u00ebrskoolmeisies wat uitwyk stad toe en daar agterkom dat die lewe toe nie &#8216;n sprokie is nie. Sy keer terug na haar tuisdorp onder die wanindruk dat haar ho\u00ebrskoolk\u00earel steeds op haar verlief is en sy glo dat hulle bestem is om lank en gelukkig saam te leef. Maar hy is intussen getroud en het ook pa geword. Sy gee lewe aan haar na\u00efewe karakter met haar swart humorsin, maar wanneer sy haar kwetsbare kant wys, is dit pynlik om te aanskou.<br \/>\nYoung Adult begin op 16 Maart, Snow White and the Huntsman op 1 Junie en Prometheus op 8 Junie in Suid-Afrika.<\/p>\n<p><strong>Is jy spyt oor enigiets?<br \/>\n<\/strong>Soos Frank Sinatra ges\u00ea het: \u201cToo few to mention.\u201d<\/p>\n<p><strong>In &#8216;n onlangse onderhoud met Vogue het jy ges\u00ea jy was laas enkellopend toe jy 19 was. Hoe voel dit?<br \/>\n<\/strong>Dit is lekker. Ek was sedert ek negentien was in twee ernstige langtermynverhoudings. Ek is gemaklik in &#8216;n vaste verhouding, en daar is niks daarmee verkeerd nie. Dis maar net wat ek verkies. Maar nou is ek enkellopend en ek het vrede gemaak daarmee en voel goed daaroor.<\/p>\n<p><strong>Het jy kontak met jou ekse?<br \/>\n<\/strong>Nee, as ek klaar is met &#8216;n verhouding, is ek klaar.<\/p>\n<p><strong>Wat van Johan Botha (die Suid-Afrikaanse kunstenaar) op wie jy in die ho\u00ebrskool verlief was?<br \/>\n<\/strong>Dit was jare gelede. Ek het nie in sy w\u00eareld bestaan nie. As hy s\u00ea dat hy dieselfde gevoel het, jok hy.<\/p>\n<p><strong>Wat maak jou gelukkig?<br \/>\n<\/strong>Ek dink daar word te veel waarde aan geluk geheg. Jy kan nie heeltyd gelukkig wees nie. Dis tog wat geluk so spesiaal maak. As ons heeltyd gelukkig was, sou ons dit nie waardeer het nie. Jy moet hoogtepunte en laagtepunte beleef om die hoogtepunte te waardeer. Moenie op geluk fokus nie. Ek streef eerder na vrede. As jy &#8216;n laagtepunt beleef, maak vrede daarmee, want dit sal verbygaan en hoogtepunte sal weer kom.<\/p>\n<p><strong>Het jy alleentyd nodig?<br \/>\n<\/strong>Ek dink almal het alleentyd nodig. Selfontdekking kan enige tyd gebeur, maar jy kan net werklik oor iets besin wanneer jy alleen is. Daar is iets groots en kragtigs daaraan om oukei te wees om alleen te wees. Veral vir vroue.<\/p>\n<p><strong>Jou klerestyl is eenvoudig en klassiek. Wat be\u00efnvloed jou styl?<br \/>\n<\/strong>Ek dink ander mense kry dit baie beter as ek reg om moeiteloos stylvol te wees. Ek het vroeg geleer dat ek nie die edgy meisie is nie, ek is nie &#8216;n trendsetter nie. Ek het geleer dat klassieke snitte by my pas, en ek voel nie ek hoef heeltyd &#8216;n modestelling te maak nie.<br \/>\nEk dink vroue word gebore met &#8216;n inherente kennis van hoe om klere te gebruik, dis deel van vrou-wees. Daar is krag en manipulasie agter elke voorkoms en ons is baie bewus daarvan.<\/p>\n<p><strong>Wat is vir jou &#8216;n luuksheid?<br \/>\n<\/strong>Die vermo\u00eb om &#8216;n werk te doen wat nie soos werk voel nie, en dat ek nie moet werk net om my rekeninge te betaal nie. Ek is ongelooflik dankbaar daarvoor. Baie akteurs is nie so gelukkig nie. Ek is baie gelukkig dat ek drie jaar kan afvat as ek dink dit is nodig.<\/p>\n<p><strong>Wou jy toe jy jonger was ook soos jou karakter Mavis na &#8216;n groter, beter plek ontsnap?<br \/>\n<\/strong>Ek dink nie \u201contsnap\u201d is die regte woord nie, maar ek onthou dat my ma w\u00eareldkaarte in die huis gehad het en ek het graag daarna gekyk en gedroom. Suid-Afrika sit hier op die suidpunt van die vasteland en (gooi haar hande oop) daar is al hierdie ander plekke om te ontdek. Ja, ek wou graag die res van die groot w\u00eareld verken.<\/p>\n<p><strong>Sing jy ook in jou motor soos jou karakter in Young Adult?<\/strong><br \/>\nMmm &#8230;<\/p>\n<p><strong>Hou jy van sing?<br \/>\n<\/strong>Ja! (Baie entoesiasties.)<\/p>\n<p><strong>Kan jy sing?<br \/>\n<\/strong>Nee! (Baie entoesiasties.) Dis hoekom ek in die motor sing waar niemand my kan hoor nie. Niemand sal my ooit &#8216;n platekontrak aanbied nie.<\/p>\n<p><strong>Kyk jy soos Mavis in die fliek ook graag na realiteitsprogramme op televisie?<br \/>\n<\/strong>Ek kyk nogal daarna wanneer ek werk, want dit help my om te ontspan.<\/p>\n<p><strong>Het jy &#8216;n gunstelingprogram?<br \/>\n<\/strong>Nie regtig nie. Ek dink hulle is almal dieselfde. Dit gaan maar daaroor om mense dop te hou.<\/p>\n<p><strong>Is dit vir jou &#8216;n manier om mense dop te hou omdat jy dit nie meer ongesiens kan doen nie?<br \/>\n<\/strong>Nee, glad nie. Ek lei &#8216;n normale lewe en leef nie in afsondering nie. Ek doen my ding. Ek dink die fliek wys dat al die glans eintlik leeg is. Wanneer ek werk, is dit moeilik om my soms kompulsiewe brein af te skakel. Wanneer ek tussen tonele in my aantrekkamer sit, sit ek dikwels goed en oordink wat eintlik tot my nadeel is. Di\u00e9 soort programme help om my aandag af te lei sodat my brein ook kan ontspan.<\/p>\n<p><strong>Dink jy skoonheid maak die lewe vir &#8216;n mens makliker?<br \/>\n<\/strong>Ek weet nie. Skoonheid is soos kuns \u2013 dis iets wat elkeen vir homself uitmaak. Mavis skryf in &#8216;n toneel: \u201cAlmal dink my lewe was so maklik omdat ek mooi is, bla-bla.\u201d Wanneer mense my hieroor vra, word ek sommer vies. Hoe durf hulle, jy weet? Ek dink Mavis was eintlik vir haar ouers onsigbaar. Sy was gewild by die skool en het talle pryse gewen, maar in haar huis het sy verdwyn en haar ouers het haar emosioneel nie geken nie.<\/p>\n<p><strong>En op &#8216;n persoonlike vlak?<br \/>\n<\/strong>Ek neem so &#8216;n opmerking nie persoonlik op nie. Dis nie wie ek is nie. Die dag as ek dit doen, sal ek ophou met wat ek doen (lag). Ek hou daarvan om karakters te soek maar hulle het niks met my te doen nie. Op Jungiaanse vlak kan jy seker allerhande konneksies maak, maar dis deel van die menslike toestand, nie iets waarna ek doelbewus op soek is nie.<\/p>\n<p><strong>In Young Adult sien ons hoe Mavis grootword. Voel jy volwasse, en was daar &#8216;n oomblik in jou lewe toe jy gedink het jy is nou &#8216;n grootmens?<br \/>\n<\/strong>Ek dink nie jy vra jouself ooit in &#8216;n ernstige gesprek af of jy nou &#8216;n grootmens is nie. Ek dink Mavis stoei met baie kwessies waarmee vroue in hul dertigerjare hulle kan vereenselwig. Wat die fliek snaaks maak, is dat sy &#8216;n effense misoes is, want weens haar gestremde ontwikkeling hanteer sy die probleme soos &#8216;n 16-jarige dit sou doen. &#8216;n Mens is volwasse as jy die dinge wat na jou kant toe kom op &#8216;n gepaste manier kan hanteer. Ek hou nie daarvan om aan myself as &#8216;n volwassene te dink nie. Dit klink so vervelig. Maar as ek s\u00ea ek is nie volwasse nie, klink ek weer soos &#8216;n creepy 36-jarige wat my as &#8216;n tiener probeer voordoen. Solank ek net nie op &#8216;n vervelige manier oudword nie.<\/p>\n<p><strong>Wanneer Mavis angstig word, trek sy haar hare uit. Hoe hanteer jy pyn?<\/strong><br \/>\nDis persoonlik (lag). Ek is soos alle ander mense; daar\u2019s niks anders aan my nie. Ons almal hanteer dinge op verskillende maniere.<\/p>\n<p><strong>Mavis is geskei. Dink jy die huwelik is outyds?<br \/>\n<\/strong>Nee, dis net anders as wat dit in die jare vyftig was. Vroue is onafhanklik en dis nie meer nodig dat &#8216;n man na hulle moet omsien nie. Maar ek het nie &#8216;n probleem met die waardes van &#8216;n huwelik nie. Dis wel vir my hartseer dat nie almal kan trou met die mens vir wie hulle lief is nie.<\/p>\n<p><strong>Jy speel ook die Wicked Queen in Snow White and the Huntsman teenoor Kristen Stewart. Sy het soveel ontsag vir jou.<br \/>\n<\/strong>Ahhhhhh.<\/p>\n<p><strong>Wat het jy van haar gedink?<br \/>\n<\/strong>Ek hou baie van haar. Ons skiet volgende week &#8216;n lekker paar tonele saam. Ek hou haar al vir &#8216;n rukkie dop \u2013 dis in elk geval onmoontlik om haar mis te kyk. Die manier waarop sy dinge hanteer, be\u00efndruk my regtig. Ek sou dit nie kon doen toe ek so oud soos sy was nie. Ek het ook nie daardie soort werk gelewer en sulke groot rolle vertolk soos wat sy reeds doen nie. Om so jonk te wees, jou kop so stewig aangeskroef te h\u00ea, en elke dag jou beste werk te lewer, is buitengewoon.<\/p>\n<p><strong>Wat het jy gedoen toe jy hoor jy vir Monster vir &#8216;n Oscar benoem?<br \/>\n<\/strong>Ek het verdwyn. Ek het my sak gepak en Brasili\u00eb toe gegaan en het net twee dae voor die Oscar-aand teruggekom. Ek het in &#8216;n klein vissersdorpie in Brasili\u00eb gehoor dat ek die Silver Bear-toekenning gewen het. &#8216;n Kelnerin wat &#8216;n student in Rio was, het na my toe gekom en ges\u00ea: \u201cEk weet nie of jy weet nie, maar jy het vandag die Silver Bear gewen.\u201d Dit was heerlik om daardie wegbreekkans te kon gehad het voor al die publisiteit begin het.<\/p>\n<p><strong>Het jy nie toe gedink jy het &#8216;n Oscar in die sak nie?<br \/>\n<\/strong>Nee, jy kan nooit so dink nie. Ek wou daardie aand net die oomblik geniet, want dit het nog nooit gebeur nie en jy wil soveel moontlik daarvan onthou.<\/p>\n<p><strong>Charlize en J\u2019adore<br \/>\n<\/strong><br \/>\n<strong>Jy is die gesig van J\u2019adore en &#8216;n stylikon. Hoe het jou verhouding met die House of Dior oor die laaste sewe jaar gegroei?<\/strong><br \/>\nEk dink ons het nou die stadium bereik waar daar artistieke vertroue tussen my en Dior is. Die proses het deur die jare baie natuurlik ontwikkel. Hulle voel al soos familie en &#8216;n stukkie van my voel Frans elke keer wanneer ek van Parys af kom! Ek hou daarvan dat Dior soveel tradisie en geskiedenis het, en ek is trots daarop om deel van hul storie te wees.<\/p>\n<p><strong>Sou jy s\u00ea dat Franse weelde &#8216;n \u201cje nes ais quoi\u201d, &#8216;n unieke gevoel het?<br \/>\n<\/strong>Vir seker! En die beste is dat niemand regtig weet wat \u201cje nes ais quoi\u201d is nie. Ons almal weet wat weelde is, maar vir die meeste vroue, en mans natuurlik, is daar iets eksoties aan die woordjie \u201cFrans\u201d. Daar is iets sexy en misterieus daaraan wat mense graag wil ervaar.<\/p>\n<p><strong>Van watter soort parfuum hou jy?<\/strong><br \/>\nEk is gelukkig regtig mal oor oor J\u2019adore. Ek sal nooit iets verteenwoordig as ek nie daarvan hou nie. Ek hou van parfuum omdat ons almal dalk nie die weelde van &#8216;n Dior-rok kan bekostig nie, maar jy kan &#8216;n tikkie van daardie weelderigheid beleef deur die parfuum aan te spuit. Ek dra nie elke dag parfuum nie. Ek hou dit vir &#8216;n spesiale geleentheid en dan voel ek ook ekstra mooi en spesiaal.<\/p>\n<p><strong>Van watter ander geure hou jy?<br \/>\n<\/strong>Natuurlike geure. Ek kan steeds onthou hoe die Suid-Afrika se veld ruik.<\/p>\n<p><strong>Die advertensieveldtog van J\u2019adore straal selfvertroue uit en jy het ook &#8216;n aura van selfvertroue. Het jy altyd so oor jouself gevoel, of was daar &#8216;n spesifieke oomblik, of &#8216;n toneel in &#8216;n fliek wat jou meer selfvertroue gegee het?<br \/>\n<\/strong>Ek dink oorlewingsinstink het baie te doen met selfvertroue en die lewe het my albei gegee. Maar ek het op sekere gebiede steeds meer selfvertroue nodig. Dit was vir my &#8216;n draaipunt toe Tom Hanks my vir sy fliek That Thing You Do gekies het. Ek het al sy flieks al oor en oor gekyk, en as tiener het ek &#8216;n vreeslike crush op hom gehad. Ek het gedink dat as hy gedink het ek is goed genoeg om in sy fliek te wees, dan is ek oukei. Natuurlik was Monster nog &#8216;n groot bepalende oomblik. Dit was &#8216;n rol wat my soveel gegee het, en ek praat nie nou net van die Oscar nie. En dit het &#8216;n vrou geverg, wat vir die eerste keer &#8216;n regisseur was, om my daardie geskenk te gee. Paul Haggis het vir my ges\u00ea: \u201cJy weet, dis dikwels die materiaal wat die akteur maak, maar jy het dit nie gedoen nie. Jy het jouself gedefinieer deur wat jy gekies het om te doen.\u201d Ek het gedink dit was &#8216;n besonderse kompliment.<\/p>\n<p><strong>Hoe het dit gegaan met die skiet van die advertensie-veldtog?<br \/>\n<\/strong>Ek is mal oor die werk, want dis regtig kreatief. Die standaard is baie hoog. Dis baie stylvol. Elke keer wanneer ek iets vir hulle doen, kan ek nie glo ek is daardie meisie in die advertensie nie.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>L\u00ea Charlize Theron se magnetisme in daardie perfekte bene wat lyk asof hulle nooit ophou nie? Of is dit die smal heupe soos di\u00e9 van &#8216;n jong seun? Dalk haar mooi hande? Miskien die platinumblonde hare en effense wipneus wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-3669","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Charlize Theron: Daar is krag in alleenwees | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Charlize Theron: Daar is krag in alleenwees | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"L\u00ea Charlize Theron se magnetisme in daardie perfekte bene wat lyk asof hulle nooit ophou nie? Of is dit die smal heupe soos di\u00e9 van &#8216;n jong seun? Dalk haar mooi hande? Miskien die platinumblonde hare en effense wipneus wat [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-03-05T06:51:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:26:01+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"13 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Charlize Theron: Daar is krag in alleenwees\",\"datePublished\":\"2012-03-05T06:51:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:01+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\\\/\"},\"wordCount\":2543,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\\\/\",\"name\":\"Charlize Theron: Daar is krag in alleenwees | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2012-03-05T06:51:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:01+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Charlize Theron: Daar is krag in alleenwees\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Charlize Theron: Daar is krag in alleenwees | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Charlize Theron: Daar is krag in alleenwees | rooi rose","og_description":"L\u00ea Charlize Theron se magnetisme in daardie perfekte bene wat lyk asof hulle nooit ophou nie? Of is dit die smal heupe soos di\u00e9 van &#8216;n jong seun? Dalk haar mooi hande? Miskien die platinumblonde hare en effense wipneus wat [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-03-05T06:51:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:26:01+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"13 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Charlize Theron: Daar is krag in alleenwees","datePublished":"2012-03-05T06:51:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:01+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/"},"wordCount":2543,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/","name":"Charlize Theron: Daar is krag in alleenwees | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2012-03-05T06:51:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:01+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/charlize-theron-daar-is-krag-in-alleenwees\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Charlize Theron: Daar is krag in alleenwees"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3669","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3669"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3669\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3669"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3669"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3669"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}