{"id":3645,"date":"2012-02-10T14:53:00","date_gmt":"2012-02-10T12:53:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/vuurdoop\/"},"modified":"2018-07-06T12:30:33","modified_gmt":"2018-07-06T10:30:33","slug":"vuurdoop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/","title":{"rendered":"Vuurdoop"},"content":{"rendered":"<p>Vuurdoop<\/p>\n<p>Jan Coning sit vas. Tussen twee vure. Geknyptang, d\u00eds wat hy is.<br \/>\nDie vure wat hom so laat sweet, het albei sagte vleisies en gevoelvolle vingers en koop hulle klere by die vroueafdeling van groot winkels, of by boetieks, of waar vroumense ook al hul goedjies gaan uitgrawe.<br \/>\nEn dan foeter hul name ook nog sy kop deurmekaar.<br \/>\nMarie-Tinka. Jan skuif senuagtig op sy stoel.<br \/>\nMarie-Tinka en Mary May.<br \/>\nIewers het iemand sy mes in vir hom.\u00a0Hoe anders gebeur dit dat \u2019n wetsgehoorsame burger soos hy, wat meestal die smalle weg bewandel en net af en toe \u00e9ffentjies afwyk van die goeie sedes wat hy aan moedersknie geleer het, \u2019n dubbele klap van die noodlot kry?<br \/>\nTwee vroumense op een dag. Twee welgevormde figure wat albei sy hart oploop jaag, sy kop laat draai en sy gemaklike alleenloperbestaan bedreig.<br \/>\nNee, hemel. Sy ma het sweerlik hiervoor gebid.<br \/>\nAsof hy haar naam die eter ingestuur het, lui sy sel. Sy sug val \u2019n ent verder op die woonkamermat.<br \/>\n\u201cHallo, Ma.\u201d<br \/>\n\u201cNaand, Jan. Wat klink jy so afgehaal?\u201d<br \/>\n\u201cNet moeg, Ma. Dit was \u2019n lang dag.\u201d<br \/>\n\u201cEn?\u201d<br \/>\n\u201dEk is moeg.\u201d<br \/>\n\u201cH\u2019m. Jy steek iets vir my weg. Toemaar, ek sal nie karring nie. Wou net hoor of jy volgende naweek plaas toe kom. Ons slag.\u201d<br \/>\n\u201dEk weet nie, Ma. Ek \u2026 dalk moet ek werk.\u201d<br \/>\n\u201dPa het jou nodig, hy word nie jonger nie.\u201d<br \/>\n\u201dEk sal laat weet, Ma.\u201d<br \/>\n\u201dNou toe dan. Mooi bly, my kind.\u201d<br \/>\nJan bly allesbehalwe mooi. Teen halftwaalf l\u00ea hy steeds wakker. Middernag tik verby, en hy lig sy lyf uit die bed.<br \/>\nIn die kombuis kry hy alles bymekaar: die kissie kwepers, suiker, flesse, sy ma se dikboomkastrol. Terwyl die koffiemasjien snork, begin hy die ontoegeeflike vrugte skil.<br \/>\nTeen die tyd dat die kweperskywe blink in die suikerstroop l\u00ea, weet Jan dat hy di\u00e9 ding in die oog moet kyk. Hy\u2019t verniet gedink hy\u2019s immuun. Die muur wat hy sedert Helena om hom gebou het, het in die laaste 24 uur gekraak.<br \/>\nHelena, mooie Helena, swartoog van die fynste porselein. Hoe kon die vrou wat hom laat so gloei het, so koud van binne wees?<br \/>\nEn hoe kon \u2019n rooikopmeisiekind met \u2019n spykerkuif en \u2019n attitude hom op \u2019n gewone weeksoggend onkant betrap? My magtag, hy was nie eens tien minute in haar geselskap nie. Sy\u2019t met \u2019n wipstappie en \u2019n groot glimlag na hom toe gekom waar hy agter die stuur gesit en wag het om sy motor vir \u2019n diens af te gee. \u2019n Vroumens in di\u00e9 pos? het hy nog gefrons. Sy\u2019t om die Audi geloop, \u2019n paar vrae gevra, hom die vorm laat teken en toe skaamteloos na sy ringvinger geloer.<br \/>\n\u201cOngetroud?\u201d<br \/>\n\u201cJa.\u201d Jan se keel was droog.<br \/>\n\u201cIemand spesiaal?\u201d<br \/>\n\u201cNee.\u201d Hy het gesluk.<br \/>\n\u201cH\u2019m. Ek is Marie-Tinka, en ek is in kantoorure hier by Prinsloo\u2019s. Jy het die nommer. As jy wil, kan ons dalk \u2026 koffie of so \u2026 \u201d Sy het skielik weerloos gelyk en met \u2019n vingerpunt oor die vlamoranje steen in haar kuiltjie gestreel sodat sy o\u00eb onmiddellik laer af wou dwing. Hy kon sweer sy het dit gesien. Met \u2019n lig van die ken was haar selfvertroue terug.<br \/>\nHy het hom stamelend uit die voete gemaak.<br \/>\nToe, enkele ure later, die ontmoeting met Mary May. Daaraan wil hy nie eens dink nie.<br \/>\nJan gooi \u2019n vadoek oor die skotteltjie skille wat smag om wildewingerdrooi kweperjellie te word. Daar\u2019s skaars drie uur se slaap oor. Wat gaan sy kollegas van sy hangogies s\u00ea?<br \/>\nEn wat sou hulle dink as hulle moes weet hoe Jan Syferkoning snags sy demone in \u2019n meenthuiskombuis besweer?<br \/>\nHy glimlag wrang. Hulle spot hom reeds met \u201cstille waters, diepe grond\u201d. Min weet hulle: onder draai die versoeking rond &#8230;<br \/>\nDie volgende oggend kry Jan die webtuiste van die plaaslike simfonieorkes sonder slag of stoot. Hy kliek op \u201cmusikante\u201d. Daar\u2019s sy: Mary May Hume, tweede violis. Hy glimlag van oor tot oor.<br \/>\nHy leun terug in sy kantoorstoel en maak sy o\u00eb toe. Hy sien haar soos sy gister voor die winkelrak gehuiwer het: vioolkas in die hand, vingers wat \u2019n paar haarslierte agter haar oor invee, ligpers blommetjieslap wat om haar enkels swaai en bolangs in sagte voue oor haar rondings val. Hy het vasgenael bly staan.<br \/>\nToe kyk sy op en betrap hom op heterdaad. Hy\u2019t vervaard die naaste boks pap in sy mandjie gelaai.<br \/>\nNatuurlik moes hy, swetend en siende blind, by die kasregister beland waar \u201cslegs kontant\u201d groot geskryf staan. \u201cTwee en veertig rand sewentig sent, asseblief,\u201d het die kassiere ges\u00ea, en daar staan hy met net \u2019n kredietkaart<br \/>\nen twee tienrandnote in sy sak.<br \/>\nToe hy magteloos probeer verduidelik, het \u2019n fyn hand dertig rand na hom uitgehou. Sy mond het oop en toe gegaan.<br \/>\n\u201cVat dit,\u201d het sy met \u2019n sweem van \u2019n Engelse aksent ges\u00ea.<br \/>\nHy het eenkant gewag tot sy klaar betaal het, probeer dankie s\u00ea en vrae gevra. \u201cMary May\u201d is al wat hy uit haar kon kry. Sy wou nie verklap waar sy bly of waar sy werk nie. Die dertig rand kon hy maar hou.<br \/>\n\u201cJan?\u201d<br \/>\nDis een van die vennote met \u2019n dokument in sy hand. Jan probeer nie eens verduidelik nie.<br \/>\nSaterdagaand spoel die note van Ravelse Klavierconcerto in G helder deur die saal. Jan het vrede met die vermaarde pianis. Hy rek sy nek om die orkes beter te kan sien.<br \/>\nVerduiwels. Hy\u2019t gekom om hom deur die vollyfvisioen van \u2019n aanvallige violis te laat meevoer, maar van waar hy sit, is net Mary May se kop en \u2019n stukkie van haar bolyf sigbaar. Di\u00e9 is kuis in swart gehul, haar hals met \u2019n kamee toegespeld. Sy is die ene konsentrasie terwyl haar vioolstok oor die snare vlieg, die fokus waarmee sy speel skaars bevorderlik vir \u2019n romantiese mymering. Wat sy doen, lyk vir hom na w\u00e9rk.<br \/>\nIn die pouse tussen die tweede en derde beweging verskyn \u2019n reusagtige mot vanuit die niet en vlieg rakelings by Jan se kop verby. Hy ruk soos hy skrik. Die vrou langs hom gee hom \u2019n afkeurende kyk. Asof dit sy skuld is dat lewende hawe in die konsertsaal hou!<br \/>\nSkielik verlang hy na stilte, beweegruimte en \u2019n bier. Ongevraag kom \u2019n paar heupe met \u2019n parmantige swaaistappie by hom op. Marie-Tinka sit sweerlik nie vanaand na \u2019n simfonieorkes en luister nie. Meisies soos sy het pret.<br \/>\nJan voel hoe \u2019n amper vergete gloed deur sy lyf begin sprei. Hy sien weer haar o\u00eb, voel weer die opwinding, die ongemak. Wanneer laas het iemand op d\u00e1\u00e1rdie manier na hom gekyk? Iemand wat lyk asof sy weet hoe om \u2019n man \u2026<\/p>\n<p>Die applous ruk hom na die werklikheid terug. Op die verhoog lyk Mary May vreemd en ver. Wat is dit tog met hom? Sy\u2019t dit duidelik laat blyk dat nie hy of sy attensies welkom is nie. Wil hy \u2019n herhaling van die Helena-hoofstuk h\u00ea?<br \/>\nJan ry deur le\u00eb strate terug na sy donker huis.<br \/>\nMarie-Tinka is begeerliker as wat hy onthou, kom Jan vroeg die volgende week agter. En sy\u2019t \u2019n tong van vuur. Almal loop deur: die regering, die koerante, die motorbedryf, en mans. Veral mans. Hy bespeur opvallende plesier in die manier waarop sy teen hulle te velde trek.<br \/>\nDan, skielik, sonder waarskuwing, kry sy \u2019n kleindogtertjiekyk wat iets in hom week laat word, hom lus maak om haar in sy arms toe te vou. Maar hy waag dit nie.<br \/>\nDie eerste aand eet hulle by \u2019n Italiaanse plekkie waar sy stukkies seekat genoeglik uit haar seekospasta pik en haar vingers moedswillig aan sy servet afvee.<br \/>\nDie tweede keer gaan hulle fliek, \u2019n romantiese komedie oor \u2019n man wat twee liefdes aan \u2019n lyntjie hou en amper met sy lewe daarvoor boet. Marie-Tinka leun warm teen hom aan en speel allerhande speletjies met sy hand. Asof dit nie genoeg is nie, kry hy \u2019n nagsoen by haar voordeur wat hom in \u2019n dwaal laat huis toe ry en hom tot in die nanag wakker hou.<br \/>\nToe hy eindelik aan die slaap raak, droom hy rusteloos. Met die wakkerwordslag is sy eerste gedagte aan Mary May.<\/p>\n<p>Jan sug. Wanneer sy ma s\u00f3 na hom kyk, weet hy hier kom moeilikheid. Maak nie saak dat hy dag lank help slag het en nou blink geskrop hier aan tafel sit nie. En Pa sal hom nie te hulp kom nie, net sy kos eet en die gesprek volg soos hy altyd maak.<br \/>\n\u201cJy\u2019t ons nog nie vertel nie, Jan.\u201d<br \/>\n\u201cWat bedoel Ma nou?\u201d<br \/>\n\u201cHoekom jy so anders lyk.\u201d<br \/>\n\u201cHoe \u2026 anders?\u201d<br \/>\nDie opskeplepel kom bo die stoweboontjies tot stilstand. Sy kyk verwytend na hom. \u201cJy weet goed waarvan ek praat. Daar\u2019s weer iemand op die horison.\u201d<br \/>\n\u201cMa \u2026 \u201d<br \/>\n\u201cMoenie my \u2018Ma\u2019 nie. Ek ken jou. Dis twee jaar sedert Helena, en jy\u2019t weer daai trek op jou gesig. Maar di\u00e9 keer is dit anders. Daar is iets wat jou pla.\u201d<br \/>\nDie bord kos waarna Jan so uitgesien het, lyk skielik na dro\u00eb gras. \u201cEk wil nie daaroor praat nie.\u201d<br \/>\n\u201cEk het so gedag.\u201d Sy sug. \u201cDis nie dat ek wil inmeng nie, Jan, dis net &#8211; as daar moeilikheid is, moet jy s\u00ea.\u201d<br \/>\n\u201dWatse moeilikheid?\u201d<br \/>\n\u201cMy kind \u2026 \u201d Sy kyk vinnig na sy pa.<br \/>\n\u201cEk dink Ma praat van die ding met Lourens, Jan.\u201d<br \/>\n\u201cMy magtag, Ma! Ek is nie Lourens nie. Ek \u2026 \u201d<br \/>\nJan stoot sy stoel agteruit. Hoe k\u00e1n sy, hoe kan sy eens daaraan d\u00ednk dat hy \u2026<br \/>\nHy hoor hoe sy na hom roep toe hy die kamerdeur toeklap.<br \/>\nTeen dagbreek is Jan op die rantjie. Hy kies vanself koers na die plek waar hy en Lourens kleintyd gespeel het, waar hulle klip vir klip die fort gebou het. Met \u2019n sug leun hy teen die oorblyfsels aan.<br \/>\nHul kinderjare het verbygevlieg. Jan is eers weg om te gaan studeer, toe Lourens. Hul paaie het uitmekaar geloop. Lourens het hard geleef. Die stad het in sy bloed gaan sit.<br \/>\nHy het al hoe minder plaas toe gekom. Wanneer hy wel kom kuier het, het Ma hom teen die meisie gewaarsku. Ma het nog altyd aangevoel wat ander nie eens kon raai nie.<br \/>\nDie meisie was by hom in die motor toe hy verongeluk het. Te vinnig gery, die draai in die pad te laat gesien. Dit gebeur as jy so baie drink.<br \/>\nWat hulle nooit verwag het nie, was dat die meisie swanger was. Sy was stil by die begrafnis, het haar eenkant gehou. Agterna het haar ma plaas toe gery om hulle van die aborsie te kom s\u00ea. Maar die hoofrede vir haar besoek was die verwyt. Hulle moes onthou, \u00e1ltyd onthou: Lourens Coning het haar kind se lewe verwoes.<br \/>\nMa was daarna nooit weer dieselfde nie.<\/p>\n<p>Jan breek uit die vurige omhelsing los en hou Marie-Tinka \u2019n armlengte ver.<br \/>\nHaar o\u00eb blits. \u201cWat is dit n\u00f3\u00fa met jou?\u201d<br \/>\nHy soek na woorde. \u201cMarie-Tinka, my ma \u2026 \u201d<br \/>\n\u201cJou m\u00e1? Wat de hel het sy hiermee te doen?\u201d Vererg staan sy \u2019n tree terug.<br \/>\n\u201cDis,\u201d hy aarsel, \u201cte swaar om te verduidelik.\u201d<br \/>\nSy gluur \u2019n antwoord uit hom uit. \u201cMy broer &#8211; sy meisie het swanger geraak en toe verongeluk hy en \u2026 \u201d<br \/>\n\u201cJan Coning, in watter eeu leef jy? Wie is nog so simpel om swanger te raak? Ek weet wat ek doen.\u201d<br \/>\nHy kyk verbouereerd na haar.<br \/>\n\u201cDalk het jy dit nog nie agtergekom nie,\u201d sis sy, \u201cmaar ek weet wat ek wil h\u00ea en ek sorg dat ek dit kry. En dit sluit niks in wat my vir ewig gaan bind nie. Ek val nie vir die man-kind-huis-en-picket fence-storie nie. Ek is ni\u00e9 soos my suster nie.\u201d<br \/>\nSy bly stil en draai haar kop weg.<br \/>\n\u201cMarie-Tinka.\u201d Hy raak sag aan haar arm. \u201cWat wil jy dan h\u00ea?\u201d<br \/>\nSy draai terug. \u201cVir my om te weet en vir jou om uit te vind. As jy m\u00e1ns genoeg is daarvoor \u2026 \u201d s\u00ea sy betekenisvol en kyk hom uitdagend aan.<\/p>\n<p>\u201cDankie dat jy ingestem het om saam troue toe te kom,\u201d s\u00ea Jan toe hulle Saterdagmiddag voor die kapelletjie stilhou. \u201cTerwyl jy dit so erg teen die huweliksinstelling het.\u201d<br \/>\n\u201cEk mis nie \u2019n goeie paartie nie,\u201d s\u00ea Marie-Tinka kortaf.<br \/>\nJan sug. Dis al dae dat die spanning tussen hulle sit. Snags verwens hy die oervuur in sy lyf wat hom w\u00e9\u00e9r in \u2019n onwennige vrou se web laat beland het. Sy lok hom nader, tart en terg, maar hy bly bang. Dalk speel sy net \u2019n speletjie. Dalk is hy die mot en sy die kers. Sodra hy weerloos voor haar staan, naak in sy hunkering, gaan sy begin lag. Vermakerig die vlam uitdoof, en verdwyn.<br \/>\nIn Helena, soos in Marie-Tinka, was daar destyds \u2019n dieper pyn.<br \/>\nIn die deur van die kapel steek hy vas. Die stemmige klanke kom van \u2019n strykkwartet. Oor haar viool buig Mary May, mooier as wat hy haar onthou, haar nek roomwit teen die glimmende hout.<br \/>\n\u201cWat de \u2026 \u201d loop Marie-Tinka van agter in hom vas. Mary May kyk op. Hy sien die skok op haar gesig. Sy bloos, vat \u2019n paar note mis en probeer vervaard haar balans herwin.<br \/>\n\u201cBeweeg!\u201d Marie-Tinka pomp Jan in die rug. Sy bene voel lam.<br \/>\n\u201cToe nou!\u201d Hy sluk. O hemel, hier kom moeilikheid. Hy ken Marie-Tinka. Haar skerp o\u00eb mis niks nie.<br \/>\nTerwyl die dominee se stem rustig voortdreun, veg Jan se gevoelens \u2019n verlore stryd. Die oomblik van waarheid het aangebreek, en hy weet nie watter kant toe nie. Marie-Tinka staar oor haar uit, \u2019n kontakvrye sone tussen sy lyf en hare. Mary May kyk nie links of regs nie, maar sy lyk soos \u2019n bokkie wat enige oomblik op die vlug kan slaan.<br \/>\nDit h\u00e9t hy nou daarvan, verwyt hy homself. Vasgevang tussen die duiwel en die diep blou see. Marie-Tinka het die gestalte van \u2019n engel, maar in haar sluimer \u2019n wegholbrand. Dit wat haar nie aanstaan nie, vee sy met vuur uit haar pad.<br \/>\nIs d\u00edt wat hy begeer? \u2019n Vrou wat die wil uit hom gaan skroei? Mary May, aan die ander kant, is onpeilbaar soos die see. Sy lok hom op \u2019n onverklaarbare manier. Hy wil haar uit haar skuilplek gaan haal, spoorsny agter nuwe dinge aan, dinge wat hy nie ken nie, dinge wat talm soos note.<br \/>\nMaar Mary May is bang. Sy sal hom moet sien kom.<br \/>\nEn wie s\u00ea ooit sy wil?<br \/>\nDalk is dit klaar verby. Dalk is hy albei kwyt.<br \/>\nJan sug, en sien toe hoe Mary May in sy rigting loer.<br \/>\nN\u00e1 die onthaal wag Marie-Tinka skaars dat hy die motordeur toeklap en wegtrek. \u201cWat is dit met jou en haar?\u201d<br \/>\n\u201cOns het mekaar een keer gesien. Skrams gesien.\u201d<br \/>\n\u201cO. En dit moet ek nou glo. Moenie lieg nie, Jan. Jou lyf het gepraat.\u201d<br \/>\n\u201cMarie-Tinka &#8230; \u201d Hy maak \u2019n hulpelose gebaar.<br \/>\n\u201cDis hoekom jy nie voluit vir my wou gaan nie. Sy was die hele tyd in jou kop.\u201d<br \/>\n\u201cDis nie waar nie &#8230; \u201d Genade tog, hoe moet hy hieruit kom?<br \/>\n\u201cJulle is \u00e1lmal dieselfde. Almal!\u201d Hy sien hoe haar o\u00eb vol trane skiet.<br \/>\n\u201cMarie-Tinka, ek sweer &#8230; \u201d probeer hy wal gooi.<br \/>\n\u201cSy kan jou kry. Boots and all. Ek was reg &#8211; al lyk \u2019n man h\u00f3\u00e9 ordentlik, dis nooit &#8230; \u201d<br \/>\nDie kilometers rol in stilte verby.<br \/>\n\u201cEk was nooit by haar nie,\u201d s\u00ea Jan toe hy voor Marie-Tinka se woonstel stilhou.<br \/>\nSy kyk hom aan met die o\u00eb van \u2019n veel ouer vrou. Haar vuur het verdwyn. \u201cEk glo jou.\u201d Sy sug. \u201cOns pas nie, Jan. Ek het dit geweet.\u201d<br \/>\nSy maak die deur oop, draai toe terug. \u201cTrust my, sy hou van jou.\u201d<br \/>\nDie volgende oomblik is sy weg.<br \/>\nBy die huis het Jan nie rus of duurte nie. Die meenthuis se mure vou hom toe. Skielik onthou hy. Hy vlieg na die motorhuis, pluk die Audi se deur oop en gryp na die trouprogram. Hy was reg: \u201cMusiek verskaf deur die Angel Strings-kwartet. Kontakpersoon: Mary May Hume.\u201d Haar selnommer gloei behoorlik op die papier.<br \/>\nMinute later is Jan op pad, \u2019n fles kweperskywe op die passasiersitplek.<br \/>\nSy selfoon lui. Hy loer na die skerm en glimlag breed.<br \/>\n\u201cHallo, Ma! Hoe gaan dit? &#8230; Nee, ek het nie die lotto gewen nie, maar ek h\u00e9t iets om Ma te vertel &#8230;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vuurdoop Jan Coning sit vas. Tussen twee vure. Geknyptang, d\u00eds wat hy is. Die vure wat hom so laat sweet, het albei sagte vleisies en gevoelvolle vingers en koop hulle klere by die vroueafdeling van groot winkels, of by boetieks, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98915,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[],"class_list":["post-3645","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vuurdoop | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vuurdoop | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vuurdoop Jan Coning sit vas. Tussen twee vure. Geknyptang, d\u00eds wat hy is. Die vure wat hom so laat sweet, het albei sagte vleisies en gevoelvolle vingers en koop hulle klere by die vroueafdeling van groot winkels, of by boetieks, [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-02-10T12:53:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T10:30:33+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Vuurdoop.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"903\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"14 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vuurdoop\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vuurdoop\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Vuurdoop\",\"datePublished\":\"2012-02-10T12:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:30:33+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vuurdoop\\\/\"},\"wordCount\":2718,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vuurdoop\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Vuurdoop.jpg\",\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vuurdoop\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vuurdoop\\\/\",\"name\":\"Vuurdoop | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vuurdoop\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vuurdoop\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Vuurdoop.jpg\",\"datePublished\":\"2012-02-10T12:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:30:33+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vuurdoop\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vuurdoop\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vuurdoop\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Vuurdoop.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Vuurdoop.jpg\",\"width\":903,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vuurdoop\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vuurdoop\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vuurdoop | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vuurdoop | rooi rose","og_description":"Vuurdoop Jan Coning sit vas. Tussen twee vure. Geknyptang, d\u00eds wat hy is. Die vure wat hom so laat sweet, het albei sagte vleisies en gevoelvolle vingers en koop hulle klere by die vroueafdeling van groot winkels, of by boetieks, [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-02-10T12:53:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T10:30:33+00:00","og_image":[{"width":903,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Vuurdoop.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"14 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Vuurdoop","datePublished":"2012-02-10T12:53:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:30:33+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/"},"wordCount":2718,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Vuurdoop.jpg","articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/","name":"Vuurdoop | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Vuurdoop.jpg","datePublished":"2012-02-10T12:53:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:30:33+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Vuurdoop.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Vuurdoop.jpg","width":903,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vuurdoop\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vuurdoop"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3645","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3645"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3645\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98915"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3645"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3645"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3645"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}