{"id":3611,"date":"2011-11-14T11:51:00","date_gmt":"2011-11-14T09:51:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/saamwoon\/"},"modified":"2016-01-28T14:37:55","modified_gmt":"2016-01-28T12:37:55","slug":"saamwoon","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/","title":{"rendered":"Saamwoon"},"content":{"rendered":"<p>Trou of nie, saambly beteken dat jou elke dag se doen en late met iemand anders s\u2019n verweef raak. Om jou daarvan los te maak, is altyd pynlik, s\u00ea verhoudingskenners. Kliniese sielkundige Marna Dreckmeier-Meiring s\u00ea baie paartjies glo saambly is \u2019n goeie manier om mekaar beter te leer ken voor hulle die groot stap doen &#8211; \u2019n soort proeflopie vir die ware Jakob. &#8220;Hulle neem aan dat dit makliker sal wees om uitmekaar te gaan as dinge nie uitwerk nie, maar op emosionele vlak is dit gewoonlik nie die geval nie.&#8221;<\/p>\n<p>Elmari Mulder Craig, seksuoloog en verhoudingskenner, s\u00ea selfs kinders wat deel van so \u2019n saamwoonverhouding is, ervaartrauma wanneer die saamwoners se paadjies skei. &#8220;Veral as saamblyverhoudings wat nie uitwerk nie \u2019n patroon begin vorm, beleef die kind keer op keer \u2019n verlies. Maar die dilemma met saamwoon kom veral wanneer die paartjie saam kinders het. Gewoonlik kry die kinders die swaarste omdat hulle nie verstaan waarom hul ouers nie soos ander kinders se ouers getroud is nie. Kinders vra vrae en kan baie wreed wees.&#8221; Die groot gemis wat hy sien, s\u00ea dr. Willem Pretorius, \u2019n leraar van Familiekerk<\/p>\n<p>Ja, ons lewe in \u2019n kitskultuur, maar ongelukkig is daar nie \u2019n kitsresep vir die volmaakte verhouding nie, s\u00ea Zani Olivier, \u2019n huweliksberader.&#8221;Uit \u2019n Christelike oogpunt gaan dit nie oor die huweliksdokument nie, maar om een saam in gees te word met God as hoeksteen; om trou aan mekaar voor die Here te kan beloof.&#8221;<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Voorhuwelikse seks is \u2019n realiteit<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Sommige mense glo saamblyverhoudings gaan net oor seks, maar Elmari s\u00ea nege uit tien huwelikspaartjies wat haar kom spreek, het voorhuwelikse seks gehad. &#8220;Baie huweliksprobleme spruit daaruit dat mense skuldig voel of hulself verwyt omdat hulle voorhuwelikse seks beoefen het. \u2019n Mens kan nie voorhuwelikse &#8216;losbandige&#8217; seks goedpraat nie, maar dit is normaal dat mense later trou en dit is onrealisties om te dink dat jongmense selibaat gaan bly tot hulle trou. Seks NG Kameeldrif in Pretoria, is dat die <em>commitment<\/em>\u00a0in \u2019n saamwoonverhouding ontbreek. Een van die maats kan makliker besluit om die verhouding te be\u00ebindig. Marna s\u00ea saamblyverhoudings gaan baiemaal met \u2019n klomp onsekerheid gepaard. En dinge begin moeilik word as mense in so \u2019n verhouding nie ewe gemaklik met die saamblyooreenkoms is nie. &#8220;Natuurlik is toegewings deel van enige gesonde verhouding, maar as jy jou waardes inboet, kan \u2019n toegewing maklik meer skade as goed doen. Dit wat vir jou waardevol en reg is, vorm \u2019n belangrike deel van wie jy is, en om dit in te boet, verweer die agting of respek wat jy vir jouself en jou maat het.&#8221;<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>\u2019n Verbruikersmentaliteit?<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Waarom verkies mense dan steeds saamwoon bo trou? Kan dit wees omdat ons dalk \u2019n verbruikersgees of \u2013mentaliteit in ons verhoudings ontwikkel het?\u00a0&#8220;Ons word geleer om iets weg te gooi, of \u2019n nuwe een te kry as iets stukkend is of nie werk nie,&#8221; s\u00ea dr. James Kirkpatrick, \u2019n predikant en voorsitter van die algemene taakgroep vir leer en aktuele sake van die NG Kerk. &#8220;Dieselfde is besig om in ons huwelike en verhoudings te gebeur.&#8221; voor die huwelik, en selfs saamwoonverhoudings, het ongelukkig steeds \u2019n stigma. Ons assosieer seks selfs vandag nog baiekeer met sonde.&#8221; Dit is ook nie net jongmense wat met die trou-of-saamwoon-vraagstuk worstel nie. Elmari s\u00ea sowat die helfte van mense wat haar spreek, woon saam en dat haar kli\u00ebntebasis oor \u2019n wye ouderdom strek. Haar oudste kli\u00ebnt wat in \u2019n saamwoonverhouding is, is in sy tagtigerjare.<\/p>\n<p>Marna glo vir party mense bied hul eie informele saambly-ooreenkoms die sekuriteit en versekering van toewyding wat hulle n \u2019n verhouding wil h\u00ea. &#8220;Dit kan goed werk,mits albei opreg tevrede voel met die saambly-ooreenkoms. Mense in so \u2019n verhouding is ook meer geneig om mekaar nie sommer as vanselfsprekend te aanvaar nie.&#8221; Dr. Willem s\u00ea een van die groot verwere wat hy gereeld te\u00ebkom wanneer paartjies besluit om saam in te trek, is omdat een of albei uit \u2019n gebroke huis kom. &#8220;Deur vooraf saam in te trek, maak hulle seker dat hulle nie \u2019n &#8216;fout&#8217; maak nie.&#8221; Nietemin is daar baie bejaardes en geskeides wat soms genoodsaak is om saam te woon, s\u00ea dr. Willem. &#8220;Wanneer sommige mense in die eg tree, kan hulle hul pensioen en mediese voordele verbeur en hul persoonlike toelae verval. Daarom kan die kerk saambly as sodanig nie summier van die tafel vee nie.&#8221;<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Die kerk in die middel?<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Dr. James bevestig dat die teologiese droom van die huwelik hom soms teen die werklikheid van vandag se samelewing te pletter loop. Hy stem saam dat dit tyd is om nuut oor die huwelik en saambly te dink.&#8221;Die kerk is vroe\u00ebr as beterwetend en veroordelend beleef. Nou kan die kerk weer as ruggraatloos beleef word omdat ons saamblyverhoudings ondersoek. Hoewel ek nie namens die NG Kerk praat nie, glo ek ons kan nie meer soos in die verlede praat nie.&#8221; Vroe\u00ebr was die kerk sterk teen saamwoonverhoudings gekant. Veral die NG Kerk se siening hieroor was onverbiddelik en byna verdoemend. In 1966 het die NG Kerk die destydse minister van justisie genader om buite-egtelike, oftewel saamwoonverhoudings, teen die wet te verklaar. Dit is maar eers in 2007 dat die NG Kerk \u2019n ondersoek van stapel gestuur het om saamwoonver in heroorweging te neem.<\/p>\n<p>Volgens dr. James kan saamwoonverhoudings in vier groepe verdeel word: Eerstens is daar die groep wat \u2019n absolute losbandige lewe lei. Hulle slaap rond en spring van een saamwoonverhouding na die ander. Hy s\u00ea die kerk keur di\u00e9 gedrag ten sterkste af en dit kan nie goedgepraat word nie. Tweedens is daar die geriefsoekers. Dit is paartjies wat saambly oor die gerieflikheidsfaktor wat daaraan verbonde is. Geriefsoekers\u00a0is gewoonlik selfsugtige mense wat nie in \u2019n langtermynverhouding belang stel nie. Met di\u00e9 verhouding probeer hulle die verantwoordelikhede systap wat met \u2019n huwelik gepaardgaan. Die volgende groep mense volg byna \u2019n proeflopiebenadering. &#8220;Dit is mense wat skepties is oor die huwelik. Hulle trek bymekaar in om te sien of dinge tussen hulle kan werk en of \u2019n huwelik sal kan slaag.<\/p>\n<p>Die mense is dikwels baie ernstig oor die huwelik as instelling, maar vrees vir mislukking weens \u2019n vorige ervaring. Dit kan die ouerhuis, of \u2019n eie mislukte huwelik wees.&#8221; By die vierde groep begin dinge ingewikkeld word. Dr. James verwys na di\u00e9 groep as sogenaamde onbevestigde huwelike. Hoewel die huwelik nooit amptelik voltrek is nie, het di\u00e9 verhouding al die kenmerke van \u2019n huwelik. Die huwelik kan beskryf word as die vrywillige lewensgemeenskap en blywende liefdesv erbintenis van twee bymekaarpassende en aanvullende volwassenes van die teenoorgestelde geslag. Dit wil s\u00ea twee mense wat gelykes is wat in \u2019n blywende verhouding of langtermynverbintenis met mekaar is en hul liefde openbaar gemaak het.<\/p>\n<p>&#8220;Sommige mense is lief vir mekaar, maar wil nog nie \u2019n kerklike of staatkundige stempel daarop sit nie. Ek glo ons kan nie alle saamwoonverhoudings oor dieselfde kam skeer nie. Sommige verhoudings is volgens my onbevestigde huwelike. Ek voel as paartjies <em>committed<\/em> aan mekaar is, hoekom doen hulle nie volgende stap nie? My raad is trou en bly dan saam!&#8221;<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Neem kennis van di\u00e9 implikasies<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Baie predikante, sielkundiges en maatskaplike werkers moedig paartjies aan om eerder te trou as om bloot net saam te bly. Dit is omdat saamwoon nie deur die gemeenskap, kerk of selfs die staat beskerm word nie. Aubrey van Eck, \u2019n prokureur, s\u00ea dat \u2019n mens meer beskerming in \u2019n (staatregtelike) huwelik as met \u2019n saamblyverhouding het.&#8221;In die stadium het paartjies wat saambly\u00a0 wel beskerming ingevolge die Wet op Gesinsgeweld. Ongelukkig verkeer baie mense verkeerdelik onder die indruk dat hulle ook beskerming deur middel van wetgewing het vir aspekte soos onderhoud of die verdeling van bates as hulle in \u2019n aamblyverhouding betrokke was.&#8221;<\/p>\n<p>Aubrey stel voor dat paartjies wat reeds in \u2019n saamblyverhouding is, of beplan om saam in te trek, \u2019n lewensverhoudingkontrak moet laat opstel (verkieslik deur \u2019n professionele persoon) waarin elkeen se regte behoorlik uiteengesit en deeglik beskerm word.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>LAT waai?<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Die term &#8220;saamwoon&#8221; kan verskeie vorme aanneem. Die afkorting LAT staan vir Living Apart Together. Elmari s\u00ea dit is \u2019n term wat gebruik word om twee mense te beskryf wat in \u2019n toegewyde en langtermynverhouding staan, maar wat vanwe\u00eb hul omstandighede nie bymekaar kan of wil intrek nie.&#8221;Mense wat in di\u00e9 soort verhouding is, is gewoonlik geskeides met kinders. Die meeste\u00a0is al in hul middeljare en redeneer dat dit makliker en minder gekompliseerd is om liewer twee afsonderlike huishoudings en woonplekke te h\u00ea as om een woonplek te deel.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Trou of nie, saambly beteken dat jou elke dag se doen en late met iemand anders s\u2019n verweef raak. Om jou daarvan los te maak, is altyd pynlik, s\u00ea verhoudingskenners. Kliniese sielkundige Marna Dreckmeier-Meiring s\u00ea baie paartjies glo saambly is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":20686,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[3290,3291],"class_list":["post-3611","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-saamwoon","tag-voorhuwelikse-seks"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Saamwoon | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Saamwoon | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Trou of nie, saambly beteken dat jou elke dag se doen en late met iemand anders s\u2019n verweef raak. Om jou daarvan los te maak, is altyd pynlik, s\u00ea verhoudingskenners. Kliniese sielkundige Marna Dreckmeier-Meiring s\u00ea baie paartjies glo saambly is [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-11-14T09:51:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-28T12:37:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/11\/11-Freeimages-Melodi2.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"654\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/saamwoon\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/saamwoon\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Saamwoon\",\"datePublished\":\"2011-11-14T09:51:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-28T12:37:55+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/saamwoon\\\/\"},\"wordCount\":1424,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/saamwoon\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/11\\\/11-Freeimages-Melodi2.jpg\",\"keywords\":[\"saamwoon\",\"voorhuwelikse seks\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/saamwoon\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/saamwoon\\\/\",\"name\":\"Saamwoon | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/saamwoon\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/saamwoon\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/11\\\/11-Freeimages-Melodi2.jpg\",\"datePublished\":\"2011-11-14T09:51:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-28T12:37:55+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/saamwoon\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/saamwoon\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/saamwoon\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/11\\\/11-Freeimages-Melodi2.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/11\\\/11-Freeimages-Melodi2.jpg\",\"width\":800,\"height\":654},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/saamwoon\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Saamwoon\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Saamwoon | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Saamwoon | rooi rose","og_description":"Trou of nie, saambly beteken dat jou elke dag se doen en late met iemand anders s\u2019n verweef raak. Om jou daarvan los te maak, is altyd pynlik, s\u00ea verhoudingskenners. Kliniese sielkundige Marna Dreckmeier-Meiring s\u00ea baie paartjies glo saambly is [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-11-14T09:51:00+00:00","article_modified_time":"2016-01-28T12:37:55+00:00","og_image":[{"width":800,"height":654,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/11\/11-Freeimages-Melodi2.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Saamwoon","datePublished":"2011-11-14T09:51:00+00:00","dateModified":"2016-01-28T12:37:55+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/"},"wordCount":1424,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/11\/11-Freeimages-Melodi2.jpg","keywords":["saamwoon","voorhuwelikse seks"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/","name":"Saamwoon | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/11\/11-Freeimages-Melodi2.jpg","datePublished":"2011-11-14T09:51:00+00:00","dateModified":"2016-01-28T12:37:55+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/11\/11-Freeimages-Melodi2.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/11\/11-Freeimages-Melodi2.jpg","width":800,"height":654},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/saamwoon\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Saamwoon"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3611","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3611"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3611\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20686"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3611"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3611"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3611"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}