{"id":3607,"date":"2011-11-14T10:35:00","date_gmt":"2011-11-14T08:35:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/"},"modified":"2017-07-13T13:26:02","modified_gmt":"2017-07-13T11:26:02","slug":"daniel-radcliffe-tot-siens-harry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/","title":{"rendered":"Daniel Radcliffe: Totsiens, Harry"},"content":{"rendered":"<p>Sy groot ligblou\u00a0 is die enigste gelaatstrek wat ek van die 12-jarige seun herken wat ek in 2001 met die bekendstelling van die eerste Harry Potter-fliek ontmoet het. Daniel was nog altyd baie volwasse vir sy jare, maar die ernstige seuntjie is vervang deur \u2019n selfversekerde, aantreklike, jong man wat nou hard aan die werk is om van sy Harry-beeld ontslae te raak. Die rol wat hom een van die rykste Britse akteurs onder dertig gemaak het, het hom sowat 71 miljoen dollar in die sak gebring. Hy is tans op Broadway te sien in die musiekblyspel <em>How to Succeed at Business without Really Trying<\/em> waarin hy sing en dans.<\/p>\n<p>Hy het hom reeds as ernstige akteur bewys in <em>Equus<\/em>, waarin hy naak op die verhoog verskyn het, asook in <em>December Boys<\/em> waarin hy \u2019n Australiese aksent moes bemeester. Sy spel in die <em>Harry Potter-<\/em>prente het ook nie ongesiens verbygegaan nie &#8211; hy was benoem as die beste manlike speler vir die jaarlikse MTV-pryse vir sy rol in <em>Harry Potter and the Deathly Hallows Part<\/em> 1.In teenstelling met baie van die ander kinderakteurs, het hy sy skielike roem en rykdom op \u2019n verstandige manier hanteer en dis onwaarskynlik dat hy die selfvernietigende drank-en-dwelm-pad van iemand soos Lindsay Lohan sal stap. Hy is onder die Leeu-sterreteken gebore en net so nugter en diskreet as dit by sy liefdeslewe kom. Hy is dikwels saam met Emma Watson, sy medespeler in die <em>Harry Potter<\/em>-flieks, gesien en hy en sy <em>Equus<\/em>-medespeler Laura O&#8217;Toole, het \u2019n ruk lank uitgegaan.<\/p>\n<p><strong>Wat is sommige van die verrassings van <em>Harry Potter and the Deathly Hallows Part 2<\/em>?\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die keer is dit aksie van begin tot end. Ons het geweet dat die storie net met \u2019n groot, bloedige geveg kon eindig en dis presies wat gebeur het. Ek dink die fliek gaan kykers op hul stoele vasgenael hou. Jy word van die begin af by \u2019n mallemeule van aksie ingetrek wat jou tot op die einde meevoer. Dis ook die naaste wat Harry Potter aan \u2019n geldrooftema sal kom; iets soos ons eie weergawe van Ocean&#8217;s Eleven, al is ons net drie. Daarna verander dit amper in \u2019n oorlogprent. Daar is ook baie drama: verhoudings en vennootskappe wat be indig word, gesinsbande wat verbreek word. Ek dink mense sal daarvan hou.<\/p>\n<p><strong>En die fisieke eise?\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <\/strong><\/p>\n<p>(Lag). Dit was \u2019n uitdaging! Dis nie \u2019n grap as Ralph Fiennes jou toetakel nie. Hy het \u2019n paar keer die opstopsels wat my moes beskerm, misgeslaan en my teen die lyf getref!<\/p>\n<p><strong>Wat gaan jy mis?\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <\/strong><\/p>\n<p>Een van die dinge wat ek die meeste gaan mis, is iets wat ek as vanselfsprekend aanvaar het &#8211; die voorreg om die afgelope tien jaar hierdie ongelooflike karakter te kon speel. Harry is \u2019n aksie- sowel as \u2019n romantiese held en ek het dinge gedoen wat in geen ander rol moontlik sou wees nie, soos die draakgeveg-tonele in die vierde fliek, of om in die sesde fliek deur die oppervlak te bars terwyl die water om my \u2019n see van vlamme is. Jong akteurs kry nie elke dag die geleentheid om in sulke waaghalsige en uiteenlopende tonele te speel nie.<\/p>\n<p><strong>Het jy enige memento&#8217;s van die stel vir jouself gehou?\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Ek het \u2019n prostese van my gesig wat gemaak is toe ek twaalf was gehou, maar al waarin ek regtig belang stel, is Harry se bril. Dis iets wat ek die meeste met die <em>Harry Potter<\/em>-karakter assosieer.<\/p>\n<p><strong>Hoe hou jy jou voete op die grond\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>My ouers is wonderlik in die opsig, asook die rolprentspan saam met wie ons so lank aan <em>Harry Potter<\/em> gewerk het. Hulle het altyd gesorg dat ek nie grootkop kry nie. Een van die dinge wat ek van die begin af besef het, is dat ek nie verantwoordelik is vir die histerie en euforie wat deel van die <em>Harry Potter<\/em>-fenomeen was nie.<\/p>\n<p><strong>Jy werk nou aan jou eerste musiekblyspel, <em>How to Succeed in Business Without Really Trying<\/em>. Jy is ook besig om te skiet aan <em>The Women in Black<\/em> &#8230;\u00a0\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>James Watkins is die regisseur van <em>The Women in Black<\/em>. Hy is \u2019n wonderlike jong regisseur wat as die volgende Chris Nolan bestempel word. Ek was regtig baie gelukkig om hierdie twee rolle as my eerste post- Potter-projekte te kon kry. Wat <em>How to Succeed<\/em> betref: Ek het met musiekblyspele grootgeword en dis heerlik om iets nuuts as akteur te doen. Dit verg nuwe vaardighede en dis \u2019n uitdaging. Daar is ook \u2019n moontlikheid dat ek in \u2019n nuwe weergawe van <em>All Quiet on the Western Front<\/em> kan speel.<\/p>\n<p><strong>Towerkuns was jare lank deel van jou rolprentw\u00eareld. Het dit jou lewe benvloed?\u00a0\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Ek het nie soveel waardering vir die towerkuns in Harry se w\u00eareld soos die meeste ander mense nie (lag). Dit was maar net deel van \u2019n dag se werk. Ek het gesien hoe hierdie towerkunsies regtig werk &#8211; dis maar net spesiale effekte. Die ongelooflike boeke wat ek lees, is eerder \u2019n voorbeeld van my soort <em>magic<\/em>.<\/p>\n<p><strong>Sommige mense het twee dae lank tou gestaan vir kaartjies om jou by die laaste premi\u00ebre in lewende lywe te sien. Hoe hanteer jy sulke ho verwagtinge wat mense van jou koester?\u00a0\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Ek dink glad nie aan myself as \u2019n ikon nie. Ek dink nie dis gesond om soveel waarde aan jouself te heg nie, want jy plaas jou onder geweldige druk. As ander mense my so sien, is dit hulle saak. Ek was net iemand wat gelukkig genoeg was om die werk te kry om \u2019n ikoniese karakter te vertolk. Dis nie vir my \u2019n probleem as hulle Harry as \u2019n ikon wil sien nie. \u2019n Mens kan dit ook verstaan, want daar is iets onaantasbaar aan hom. Ek, aan die ander kant, is heeltemal gewoon. Ek is nie bo enigiets of iemand verhewe nie. Ek lag maar net wanneer almal te kere gaan as ek by \u2019n geleentheid opdaag &#8211; jy moet iets snaaks daarin raaksien en dit nie ernstig opneem nie. Maar ek moet s\u00ea, dit was gek toe ek op 13 in Japan aankom en vyf duisend mense wag my op die lughawe in!<\/p>\n<p><strong>Jy en jou twee medespelers (Emma Watson wat Hermione\u00a0 Granger speel en Rupert Grint wat die Ron Weasley-karakter vertolk) het saam voor die kameras grootgeword.\u00a0 Hoe het jy jul saamwees en grootwordproses ervaar? \u00a0 \u00a0 \u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Dit was ongelooflik om deur die jare Rupert en Emma se transformasie dop te hou. Ons het saam grootgeword en ons is die enigste drie mense in die w\u00eareld wat weet wat ons in hierdie dekade belewe het. Dit was regtig \u2019n ongelooflike voorreg om twee mense oor \u2019n tydperk van tien jaar so intiem te leer ken. Ek hoop hulle kan dieselfde van my s\u00ea (lag). Emma, eintlik ons almal, het van krag tot krag gegaan &#8211; sy op meer gebiede as net toneelspel. Sy is ongelooflik indrukwekkend. Sy het onderskeidings in al haar vakke gekry en is beslis die een wat veral akademies ingestel is. Sy het verder gaan studeer en \u2019n graad aan die Brownuniversiteit in Providence, Amerika, behaal. Ek dink ek het ook beter met my skoolwerk gevaar as wat ek op my eie sou kon doen.<\/p>\n<p><strong>Jy het in die verlede vir my ges\u00ea dat jy nooit tevrede met die gehalte van jou toneelspel is nie.<\/strong><br \/>\n<strong> Is jy op ander gebiede ook \u2019n perfeksionis?\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Ek stel nie sulke ho\u00eb eise aan ander mense nie. Ek het net beheer oor my eie gedrag. Ek wil die beste gee wat ek kan, nie net in my beroep nie, maar ook in my interaksie met ander mense en hoe ek myself gedra, of dit in \u2019n verhouding of \u2019n vriendskap is. Dan is ek seker \u2019n perfeksionis, ja. Ek is gereeld spyt oor iets wat ek vir iemand ges het &#8211; ek dink altyd later: Sjoe, dit was effens ongeskik. Wat toneelspel betref &#8211; ek is seker jy sal nooit \u2019n akteur ontmoet wat na sy fliek kyk en s\u00ea Ek was fantasties in die rol!<\/p>\n<p><strong>Watter liefdesverwikkelinge tussen die karakters kan ons in die laaste fliek te wagte\u00a0 wees? <\/strong><\/p>\n<p>Daar is \u2019n oomblik tussen Ron en Hermione wat baie kykers gelukkig sal maak. Daar is ook \u2019n toneel tussen Harry en Ginny wat bittersoet maar baie belangrik is.<\/p>\n<p><strong>Harry Potter het jou ongetwyfeld rykdom en roem gegee.\u00a0Watse plesier wat jy nie vroer geken het nie, het dit vir jou gebring?\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Geld is nie \u2019n motiverende faktor in my lewe nie. Ek is so gelukkig dat ek \u2019n werk het waaroor ek mal is en waarvoor ek goed betaal word. Wat geld vir my beteken het, is die vryheid om te kan kies watter rolle ek wil speel. Ek hoef nie iets te doen omdat ek die geld nodig het nie. Roem is \u2019n snaakse ding. Dit raak my net as ek \u2019n fliek het wat wys, of promosietoere en premi\u00e9res moet bywoon. Mense stel skielik in jou private lewe belang, maar as ek op stel is, is ek maar net \u2019n ou wat sy werk doen en mense behandel my nie anders nie. Op publisitietstoere vra mense meer persoonlike vrae as in die res van die jaar maar tussen prente los hulle jou uit. My grootste <em>claim to fame<\/em> is dat ek die eerste Westerse akteur was wat sy eie premi\u00e9re in Kommunistiese China kon bywoon. Wanneer dit sulke dinge moontlik maak, is roem \u2019n ongelooflike geskenk.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sy groot ligblou\u00a0 is die enigste gelaatstrek wat ek van die 12-jarige seun herken wat ek in 2001 met die bekendstelling van die eerste Harry Potter-fliek ontmoet het. Daniel was nog altyd baie volwasse vir sy jare, maar die ernstige [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-3607","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Daniel Radcliffe: Totsiens, Harry | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Daniel Radcliffe: Totsiens, Harry | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sy groot ligblou\u00a0 is die enigste gelaatstrek wat ek van die 12-jarige seun herken wat ek in 2001 met die bekendstelling van die eerste Harry Potter-fliek ontmoet het. Daniel was nog altyd baie volwasse vir sy jare, maar die ernstige [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-11-14T08:35:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:26:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Daniel Radcliffe: Totsiens, Harry\",\"datePublished\":\"2011-11-14T08:35:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:02+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\\\/\"},\"wordCount\":1572,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\\\/\",\"name\":\"Daniel Radcliffe: Totsiens, Harry | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2011-11-14T08:35:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:02+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Daniel Radcliffe: Totsiens, Harry\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Daniel Radcliffe: Totsiens, Harry | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Daniel Radcliffe: Totsiens, Harry | rooi rose","og_description":"Sy groot ligblou\u00a0 is die enigste gelaatstrek wat ek van die 12-jarige seun herken wat ek in 2001 met die bekendstelling van die eerste Harry Potter-fliek ontmoet het. Daniel was nog altyd baie volwasse vir sy jare, maar die ernstige [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-11-14T08:35:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:26:02+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Daniel Radcliffe: Totsiens, Harry","datePublished":"2011-11-14T08:35:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:02+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/"},"wordCount":1572,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/","name":"Daniel Radcliffe: Totsiens, Harry | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2011-11-14T08:35:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:02+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/daniel-radcliffe-tot-siens-harry\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Daniel Radcliffe: Totsiens, Harry"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3607","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3607"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3607\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3607"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3607"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3607"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}