{"id":3576,"date":"2011-09-09T10:59:00","date_gmt":"2011-09-09T08:59:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/"},"modified":"2017-07-15T16:48:25","modified_gmt":"2017-07-15T14:48:25","slug":"grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/","title":{"rendered":"Grootmenslewe: Ek i\u00ads goed genoeg"},"content":{"rendered":"<p>In spanningsvolle situasies voel jy dikwels soos \u2019n kind: kwetsbaar en asof jy nie r\u00e9gtig die paal haal nie. As jy boonop voortdurend die behoefte het om jouself te verbeter en onwillekeurig verantwoordelikheid aanvaar vir alles en almal, is jy tien teen een \u2019n &#8220;volwasse kind&#8221;.<\/p>\n<p>&#8220;Sielkundiges het die begrip <strong>volwasse kind<\/strong> jare lank gebruik om die kinders van alkoholiste te beskryf,&#8221; s\u00ea Judy Klipin, <em>Martha Beck Master Life Coach<\/em>, van Johannesburg. &#8220;Omdat een of albei ouers nie behoorlik in die volwasse w\u00eareld kan funksioneer nie, dra di\u00e9 kinders van jongs af \u2019n reuse verantwoordelikheid op hul skouers.<\/p>\n<p>Hulle neem praktiese take en ander verantwoordelikhede by hul ouers oor en kan nie net sorgvry kind wees nie. Hul onvoorspelbare omgewing skep angs. Hulle weet dikwels nie wat om volgende te verwag nie.<\/p>\n<p>Baiekeer beskerm die gesin alkoholiste teen die buitew\u00eareld, wat die las van geheimhouding op gesinslede l\u00ea. Hierdie faktore be\u00efnvloed die manier waarop sulke kinders hulself en die werklikheid sien. Hulle voel dikwels hulle moet onfeilbaar voorkom, dis vir hulle moeilik om ander te vertrou, en hulle kry swaar om hulp te vra.<\/p>\n<p>Hulle kan in hul kinderjare nie kind wees nie, en voel as volwassenes nie waarlik soos grootmense nie.&#8221; Met haar werk met lewensafrigtingskli\u00ebnte het Judy tot haar verbasing agtergekom dat volwasse kind-eienskappe nie net by die kinders van alkoholiste voorkom nie. &#8220;Enigiemand wat opgroei in \u2019n omgewing wat onvoorspelbaar, ontwrigtend en op fisieke, emosionele of geestelike vlak chaoties is, kan s\u00f3 voel.<\/p>\n<p>Dit maak nie saak of dit net op kort termyn is, of wat die aard van die ontwrigting is nie. \u2019n Ma wat drie dae op die randjie van die dood in die hospitaal l\u00ea, \u2019n natuurramp soos die aardbewings in Japan, depressie, finansi\u00eble druk in die huis, of om kosskool toe te gaan, kan hierdie uitwerking op \u2019n kind h\u00ea.<\/p>\n<p>Navorsers meen tot 80% van alle kinders beland een of ander tyd in \u2019n situasie waar hulle nie op hul ouers of prim\u00eare versorger kan vertrou nie en self die leiding moet neem. Eintlik dink ek die meeste mense kan hulle hiermee vereenselwig. &#8220;Die belangrikste is om bewus te wees van die uitwerking wat sulke ervarings het.<\/p>\n<p>Kli\u00ebnte s\u00ea keer op keer vir my hulle het altyd gedink h\u00falle is die probleem. Dan gaan daar \u2019n lig op en hulle besef die &#8216;fout&#8217; l\u00ea by die omstandighede waardeur hulle gevorm is.&#8221;<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Eienskappe<\/span><\/strong><\/p>\n<p>Judy het haar waarnemings in haar selfhelpboek, Life Lessons for the Adult Child, saamgevat. &#8220;Omdat ek \u2019n lewensafrigter is en nie \u2019n terapeut nie, val die hoofklem nie op kli\u00ebnte se verlede nie, hoewel ons kennis neem van die manier waarop dit hul beskouings en gedrag be\u00efnvloed het.<\/p>\n<p>Ons fokus op die hede en gebruik hulpmiddels en tegnieke om hul interaksie met die werklikheid te verander sodat hulle \u2019n gelukkiger lewe kan lei.&#8221; Sogenaamde volwasse kinders, s\u00ea Judy, is onbesonge helde.<\/p>\n<p>&#8220;Die Amerikaanse kundige oor persoonlike groei, John Bradshaw, som hul ingesteldheid op as <em>other-centredness<\/em>. Omstandighede dwing hulle vroegvroeg om beheer te neem van moeilike situasies en die beste moontlike uitkoms te probeer skep. Hulle is gewoonlik fyn waarnemers omdat hulle kleintyd geleer het om wakker te loop in \u2019n omgewing waar \u00e9nigiets kan gebeur. Op die oog af is hulle onafhanklik, omdat hulle so vroeg al verantwoordelikheid vir ander moes dra en selfs konflik moes ontlont. Dit eis natuurlik sy tol.<\/p>\n<p>&#8220;Hulle dra die angs en onsekerheid wat hulle kleintyd moes verdring, altyd saam. In sekere omstandighede, soos wanneer hulle \u2019n baas moet konfronteer, kom dit na die oppervlak. Baiekeer besef ander nie hoeveel innerlike spanning hulle ervaar nie. \u2019n Verlies aan beheer, soos \u2019n afspraak wat onverwags uitgestel word, kan hulle dramaties affekteer. &#8220;Omdat hulle altyd lig moes trap, is hierdie mense dikwels ernstig en kan hulle nie sommer net spontaan pret h\u00ea nie. Hulle is bang om ligsinnig of onverantwoordelik voor te kom. Hulle kan ook \u2019n oormatige afhanklikheid van ander se goedkeuring h\u00ea en voortdurend wil voel dat ander hulle nodig het. &#8220;Volwasse kinders is geweldig selfkrities omdat hulle as kinders gevoel het hul ouers se ongelukkigheid is op een of ander manier hulle skuld. Dit veroorsaak dat hulle hulself blameer as iets verkeerd gaan, maar as iets goeds gebeur, is dit bloot \u2019n gelukskoot of aan ander te danke.<\/p>\n<p>Hulle vertrou nie sommer dat goeie omstandighede sal voortduur nie, en weens ontnugterings in die verlede is dit vir hulle moeilik om ander te vertrou. &#8220;Daarby is hulle meestal onseker oor wat \u2019normaal&#8217; is. Dit lyk dalk of alle ander mense die mas opkom en \u2019n wonderlike lewe lei. &#8220;Dis dikwels vir volwasse kinders swaar om die waarheid te praat. Toe hulle klein was, is hulle tien teen een gestraf wanneer hulle hul ouers se skandes of sosiaal onaanvaarbare gedrag uitgewys het. Hulle leer om feite so te plooi dat dit hulle in \u2019n beter lig stel of hul eie lewe makliker maak. Hulle is ook meesters in die kuns daarvan om die beste van \u2019n slegte saak te maak. Hulle s\u00ea gou: &#8216;Ag, dis nie so erg nie.&#8217; &#8220;As kinders was hul enigste verweer soms om hulself emosioneel van hul omgewing af te sluit. Later kan di\u00e9 verdedigingsmeganisme tot afgestompte emosionele belewenisse lei, wat nie net minder leed nie maar ook minder lewensvreugde beteken. &#8220;Ongelukkige gesinne skep ironies genoeg dikwels getroue gesinslede. Baie volwasse kinders is intens lojaal en bly hoop dat omstandighede beter sal word as hulle net die regte dinge kan doen. Hulle verskoon ander se swak gedrag en bly in verhoudings of werksituasies wat hulle lankal nie meer goed doen nie.<\/p>\n<p>&#8220;Intieme verhoudings kan \u2019n groot uitdaging wees. In ongelukkige gesinne ontbreek goeie rolmodelle en ongekompliseerde verhoudings. Dit kan uitloop op die &#8216;I want you \u2013 go away&#8217;-sindroom. Volwasse kinders het \u2019n behoefte aan nabyheid, maar die vrees vir verwerping of teleurstelling is so groot dat die gewone onplesierighede in \u2019n verhouding hulle kan laat oorreageer.&#8221; Fisieke simptome wat volwasse kinders kan ervaar, sluit gespanne skouers, hoofpyn, lae rugpyn, gastro-intestinale stoornisse, verkoue en griep, slaapprobleme, lae energie en moegheid, allergie\u00eb en sinusitis, en seksuele disfunksie in. Dis belangrik om te besef dat die meeste volwasse kinders net sommige van bogenoemde eienskappe het, en dan in verskillende grade. Dit kom dalk net op sekere ewensgebiede voor, soos by die werk of in familieverhoudings.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Daar is hoop <\/strong><\/span><\/p>\n<p>Maar die volwasse kind-prentjie is nie net donker nie. &#8220;Om \u2019n volwasse kind te wees, bring sy eie gawes. Hulle is dikwels insigryk, intu\u00eftief, sensitief, empaties, betroubaar, innemend, vrygewig en kreatief. O\u00ebnskynlike swakhede kan \u2019n positiewe keerkant h\u00ea. Mense wat alles tot op die laaste oomblik uitstel, werk vinnig en deeglik onder druk.<\/p>\n<p>Fyngevoeligheid wat jou soms dreineer, maak van jou \u2019n doeltreffender terapeut of afrigter. My werk met volwasse kinders het my gewys hulle het ontsaglike potensiaal en dat hulle dikwels \u2019n enorme bydrae tot die samelewing lewer. Hulle moet hulself net deur \u2019n ander bril kan bekyk.&#8221; Hoe gemaak as jy dink dat di\u00e9 skoen jou pas? &#8220;Dis my passie om volwasse kinders te help om hul lewe te normaliseer,&#8221; s\u00ea Judy. &#8220;Ons werk byvoorbeeld met die kwessie van keuse. Kinders het geen s\u00ea oor waar hulle grootword nie \u2013 hulle moet die omstandighede eenvoudig aanvaar en aanpas so goed hulle kan. Volwassenes het keuses! Jy moet jouself net toestemming gee om te kan kies. Jy hoef nie, soos toe jy klein was, in \u2019n verhouding of ander situasie te bly wat jou benadeel nie. En as jy nie wil weggaan nie, kan jy sekere keuses uitoefen om jou funksionering binne die situasie makliker te maak.<\/p>\n<p>&#8220;Soms is \u2019n nuwe perspektief al wat nodig is. Ek werk graag met jongmense as deel van sosiale ontwikkelingsprogramme, en het onlangs met \u2019n tienermeisie gesels wat ongelukkig was omdat sy weens groepsdruk \u2019n partytjie moes bywoon. &#8216;Wat sou die partytjie vir jou beter kon maak?'&#8221; wou ek weet. &#8216;Kan jy dalk \u2019n vriendin saamvra?&#8217; Sy het onmiddellik opgehelder. Volwasse kinders dink dikwels nie daaraan om hulp te vra nie. Die gedagte dat jy alles alleen moet hanteer, is een van die onbewuste <em>limiting beliefs<\/em> of beperkende oortuigings wat volwasse kinders deel. Sulke oortuigings ontstaan as \u2019n selfbeskermingsmeganisme en is meestal \u2019n reaksie op \u2019n emosionele of fisieke wond uit jou kleintyd. &#8221; Kyk na jou oortuigings &#8220;Ek glo bewustheid vorm nege tiendes van verandering,&#8221; s\u00ea Judy. &#8220;As jy agterkom dat \u2019n diep oortuiging eintlik net \u2019n belief is, en nie noodwendig die werklikheid weerspie\u00ebl nie, kan jy anders begin optree.<\/p>\n<p>Van die beperkende oortuigings wat ek byna daagliks in my praktyk te\u00ebkom, is:<\/p>\n<ul>\n<li><em>If I were better, it would be better.<\/em> Dit kan betrekking h\u00ea op ander se ongelukkigheid, swak verhoudings, toksiese werksituasies, selfs die toestand waarin die w\u00eareld is. Mense dink: As ek maar net gewig kan verloor of meer liefdevol kan wees \u2026<\/li>\n<li>Ek is nie goed genoeg nie. By volwasse kinders is dit nie net \u2019n vrees nie, maar \u2019n diepgewortelde oortuiging.<\/li>\n<li>Ek verdien nie om meer as ander te h\u00ea nie. As jy dalk \u2019n mooier huis en suksesvoller kinders as jou suster het, kan dit aan jou vreet.<\/li>\n<li>As ek vir myself opkom, sal ander my verwerp. Jy is liewer die minste as om ander te konfronteer.<\/li>\n<li>As ek nee s\u00ea, vra hulle my dalk nooit weer nie. Jy het goedkeuring so nodig dat jy instem om dinge te doen waarvoor jy nie regtig kans sien nie.<\/li>\n<li>As iets skeefloop, of as iemand my teleurstel, is dit my skuld. Jy soek verskonings vir ander en neem die volle verantwoordelikheid op jou skouers.<\/li>\n<li>Moet my nie vertel wat om te doen nie! Hoewel dit streng gesproke nie \u2019n beperkende oortuiging is nie, is dit \u2019n algemene reaksie onder volwasse kinders. Hulle voel hulle moes lewenslank hul eie paadjie sonder hulp oopkap, en nou word daar vir hulle voorgeskryf.&#8221;<\/li>\n<\/ul>\n<p><em>Life Lessons for the Adult Child<\/em> bied oefeninge wat hierdie oortuigings kan help verander. Judy gebruik ook insigte uit Eric Berne se kommunikasieteorie, Transaksionele Analise, wat fokus op die drie egostate waaruit mense met mekaar omgaan. &#8220;Soms kommunikeer ons uit ons &#8216;Ouerstaat&#8217;, wat graag vir ander voorskryf en vir hulle verantwoordelikheid neem. Dan is daar ons &#8216;Kindstaat&#8217;, ons blootgestelde, angstige, verdedigende deel, en ons &#8216;Volwasse staat&#8217;, wat kalm, rasioneel en konstruktief kommunikeer. &#8220;Kommunikasie uit jou Ouerstaat aktiveer maklik jou gespreksgenoot se Kindstaat, en andersom. Slegs wanneer jy uit jou Volwasse staat kommunikeer, is jy en die ander persoon op \u2019n gelyke vlak.<\/p>\n<p>Die doeltreffende gebruik van hierdie hulpmiddel kan volwasse kinders se lewe aansienlik gladder laat verloop.&#8221; Eie aan die tradisie van lewensafrigting, waar merkbare veranderings in die manier waarop kli\u00ebnte in die werklikheid funksioneer voorop staan, kan<em> Life Lessons for the Adult Child<\/em> volwasse kinders se lewe ingrypend raak. Dit kos inspanning; jy moet nie net die boek lees nie, maar die doen-dit-self oefeninge voltooi en die tegnieke toepas. Die gevolge kan jou verras. Volwasse kinders is in die smeltkroes van moeilike omstandighede gevorm. Sodra hulle besef watter innerlike krag en besondere vermo\u00ebns uit hul ervarings voortgespruit het, kan hul lewe handomkeer verander. Die pad van ontoereikendheid na genoegsaamheid is dalk korter as wat dit lyk.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Doen dit self<\/strong><\/span><\/p>\n<ul>\n<li>Adult Child E-kursus (R2 000) &#8211; vier sessies, \u2019n e-boek, materiaal, oefeninge en e-possteun van Judy.<\/li>\n<li>Adult Child E-kursus\/Individuele afrigtingsprogram (R4 000) &#8211; soos hierbo plus vier individuele uurlange afrigtingsessies met Judy.<\/li>\n<li>Adult Child Teleklas (R2 500) &#8211; vier ondersteunende teleklasse, materiaal, oefeninge en \u2019n e-boek. Meer inligting by www.stellarlifedesign.co.za of 083 292 2535.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kleintyd al was jy verantwoordelik, betroubaar. Nou is jy &#8216;n volwassene met &#8216;n huis, &#8216;n werk, dalk &#8216;n gesin. Vreemd genoeg het jare se verstandige optrede jou nie voldoende voorberei op die grootmenslewe nie. <\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":20688,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[1018,3296,14912,23443,24093],"class_list":["post-3576","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-volwassenes","tag-selfvertroue","tag-spanning","tag-relationships","tag-wellbeing"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Grootmenslewe: Ek i\u00ads goed genoeg | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i\u00ads-goed-genoeg\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Grootmenslewe: Ek i\u00ads goed genoeg | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Kleintyd al was jy verantwoordelik, betroubaar. Nou is jy &#039;n volwassene met &#039;n huis, &#039;n werk, dalk &#039;n gesin. Vreemd genoeg het jare se verstandige optrede jou nie voldoende voorberei op die grootmenslewe nie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i\u00ads-goed-genoeg\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-09-09T08:59:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-15T14:48:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/12-Freeimages-Stephie-S..jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"953\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Grootmenslewe: Ek i\u00ads goed genoeg\",\"datePublished\":\"2011-09-09T08:59:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-15T14:48:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\\\/\"},\"wordCount\":1925,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/09\\\/12-Freeimages-Stephie-S..jpg\",\"keywords\":[\"volwassenes\",\"selfvertroue\",\"spanning\",\"relationships\",\"wellbeing\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\\\/\",\"name\":\"Grootmenslewe: Ek i\u00ads goed genoeg | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/09\\\/12-Freeimages-Stephie-S..jpg\",\"datePublished\":\"2011-09-09T08:59:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-15T14:48:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/09\\\/12-Freeimages-Stephie-S..jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/09\\\/12-Freeimages-Stephie-S..jpg\",\"width\":800,\"height\":953,\"caption\":\"Volwasse vrou\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Grootmenslewe: Ek i\u00ads goed genoeg\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Grootmenslewe: Ek i\u00ads goed genoeg | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i\u00ads-goed-genoeg\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Grootmenslewe: Ek i\u00ads goed genoeg | rooi rose","og_description":"Kleintyd al was jy verantwoordelik, betroubaar. Nou is jy 'n volwassene met 'n huis, 'n werk, dalk 'n gesin. Vreemd genoeg het jare se verstandige optrede jou nie voldoende voorberei op die grootmenslewe nie.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i\u00ads-goed-genoeg\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-09-09T08:59:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-15T14:48:25+00:00","og_image":[{"width":800,"height":953,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/12-Freeimages-Stephie-S..jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Grootmenslewe: Ek i\u00ads goed genoeg","datePublished":"2011-09-09T08:59:00+00:00","dateModified":"2017-07-15T14:48:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/"},"wordCount":1925,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/12-Freeimages-Stephie-S..jpg","keywords":["volwassenes","selfvertroue","spanning","relationships","wellbeing"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/","name":"Grootmenslewe: Ek i\u00ads goed genoeg | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/12-Freeimages-Stephie-S..jpg","datePublished":"2011-09-09T08:59:00+00:00","dateModified":"2017-07-15T14:48:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/12-Freeimages-Stephie-S..jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/12-Freeimages-Stephie-S..jpg","width":800,"height":953,"caption":"Volwasse vrou"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grootmenslewe-ek-i%c2%ads-goed-genoeg\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Grootmenslewe: Ek i\u00ads goed genoeg"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3576","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3576"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3576\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20688"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3576"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3576"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3576"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}