{"id":3574,"date":"2011-09-09T10:39:00","date_gmt":"2011-09-09T08:39:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/"},"modified":"2017-07-13T13:26:08","modified_gmt":"2017-07-13T11:26:08","slug":"liam-neeson-sagmoedige-reus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/","title":{"rendered":"Liam Neeson: Sagmoedige reus"},"content":{"rendered":"<p><strong>Liam Neeson<\/strong> loop half vooroor, asof hy heeltyd moet afbuk om te hoor wat ges\u00ea word. Die krommerige liggaamshouding het opvallender geword n\u00e1 die tragiese ongeluk op 18 Maart 2009 waarin sy vrou, aktrise Natasha Richardson, dood is. Natasha, dogter van die bekende aktrise Vanessa Redgrave, het kopbeserings opgedoen in \u2019n ski-ongeluk in Quebec, Kanada, waar die gesin met vakansie was. Liam was in daardie stadium elders met die verfilming van \u2019n rolprent besig maar het dadelik teruggevlieg om by Natasha te wees. Direk n\u00e1 die ongeluk het dit gelyk of haar beserings nie ernstig is nie, maar sy is later onverwags in die hospitaal dood. Liam was skielik wewenaar en enkelpa van hul twee seuns, Michael (15) en Daniel (14). Die hospitaalpersoneel het hom nie herken nie en wou hom nie by sy vrou toelaat nie.<\/p>\n<p>Hy is vir \u2019n Oscar vir sy rol in <em>Schindler&#8217;s List<\/em> benoem en is wyd bekend vir sy sterk vertolkings van karakters soos die Ierse patriot Michael Collins en die seksnavorser Alfred Kinsey. Hy was ook te sien in lokettreffers soos <em>Star Wars: Episode 1 &#8211; The Phantom Menace<\/em> en meer Liam Neeson is \u2019n man wat jy aan jou kant wil h\u00ea.<br \/>\nLiam is \u2019n uiters private mens en om hom te oorreed om oor sy persoonlike lewe te praat is bitter moeilik. Hy spring effens rond as hy antwoord en bly dan skielik stil sodat jy nie seker is of hy nog met jou praat of oor iets nadink nie. Maar gee hy sy mening oor iets waaroor hy sterk voel &#8211; solank dit nie sy persoonlike lewe is nie &#8211; praat hy vinning en hoor jy sy sterk Ierse aksent.<\/p>\n<p>Hoewel sy vrou hom as &#8220;rustig&#8221; beskryf het en hy hom daarop roem dat hy dit regkry om sy karakters op stel te los, erken hy dat die onsekerheid van toneelspel hom op sy tone hou: &#8220;Ek dink \u2019n mens raak vervelig en voorspelbaar sonder die angs en stres.&#8221; Sy\u00a0 prent, Unknown, is \u2019n aksiebelaaide fliek oor \u2019n man wat met harsingskudding in \u2019n hospitaal wakker word, net om agter te kom dat hy nie is wie hy gedink het hy is nie en eintlik die lewe van \u2019n ander man lei. Sy vrou; sy herinneringe; die mense op wie hy staatmaak om sy identiteit te bevestig; alles en almal ontken sy waarheid. Mettertyd kom hy agter dat baie van sy kennis wel op feite gegrond is. Die fliek is sy soektog na sy identiteit. Hy probeer vasstel hoekom sy vertrouelinge so hard werk om sy weergawe van die waarheid te ontken. <em>Unknown<\/em> is \u2019n kombinasie van rolprentgenres wat jou op die punt van die stoel sal hou. Diane Kruger, January Jones en Aiden Quinn is sy medespelers.<b><br \/>\n<\/b><br \/>\n<strong>Kan jy \u2019n tydperk onthou toe jy nog onbekend was?<\/strong><br \/>\nEk voel steeds onbekend. Ek s\u00ea dit nie om snaaks te wees nie. Miskien is dit omdat ek nie in Los Angeles bly nie en nie omring word deur al die brou-ha-ha oor bekendes en beroemdes nie. In New York gee niemand om wie jy is of wat jy doen nie. Wanneer ek \u2019n akteur moet wees om \u2019n fliek te bemark, doen ek dit, maar ek kan ook net \u2019n pa wees wat sy kinders skool toe vat of in die straat loop.<\/p>\n<p><strong>Jou karakter verloor sy geheue. Is dit iets waarmee jy jou kan vereenselwig?<\/strong>\u00a0\u00a0<strong>Het jy al harsingskudding gehad?<\/strong><br \/>\nAs seun het ek geboks. Toe ek 16 was, het ek harsingskudding opgedoen n\u00e1 \u2019n boksgeveg wat net twee minute geduur het. Maar ek het gewen! My pa en afrigter het iets vir my ges\u00ea soos: &#8216;Maak gereed, gaan na die aantrekkamer toe, ons sal jou buite kry,&#8217; maar dit was asof hulle Arabies gepraat het. Ek kon glad nie verstaan wat hulle s\u00ea nie. Ek het niks verstaan nie en dit het gevoel asof ek van Mars af hier geland het.\u00a0Daardie gevoel het my bygebly en uiteindelik veroorsaak dat ek opgehou het om mededingend te boks. Ek het nie in daardie stadium besef dit was harsingskudding nie maar dit het my gehelp om die rol met meer insig te vertolk.<\/p>\n<p><strong>Dis so maklik om jou identiteit in Hollywood te verloor, maar jy het nooit hierdie probleem gehad nie. Wat hou jou voete op die grond?<\/strong><br \/>\nEk was 35 toe ek in Hollywood beland het. Dit het gehelp dat ek nie 16 of 17 was nie. Ek het nooit gedrink of dwelms gebruik nie &#8211; iets wat dikwels tot jong kunstenaars se ondergang lei. Ek was in my dertigerjare en effens meer volwasse.<\/p>\n<p><strong>Wie bel jy wanneer jy in die moeilikheid is?<\/strong><br \/>\nSeker Aidan Quinn. Hy was in verskeie situasies nog altyd daar vir my. Traumatiese situasies en ook ander. Ons is al twintig jaar lank vriende.\u00a0Hy is \u2019n goeie ou.<\/p>\n<p><strong>En hy is jou medespeler in Unknown. Was dit jou idee om hom\u00a0te gebruik?<\/strong><br \/>\nDit was die vervaardiger se besluit, maar ek het dit ondersteun. Toe ons deur die draaiboek werk, het ek gevra wie die karakter gaan speel. Hulle het nog nie iemand aangestel nie. Ek stel toe vir Aidan voor. En daar s\u00ea Joe Silver, die vervaardiger: &#8220;Wat het ek vir julle ges\u00ea?&#8221; Dit was die akteur wat hy heeltyd in gedagte gehad het.<\/p>\n<p><strong>Het dit gehelp om \u2019n vriend op die stel te h\u00ea?<\/strong><br \/>\nOns ken mekaar baie goed. Dit was voordelig toe dit by die fisieke bakleitonele kom, want ons is baie gemaklik met mekaar. Uit ervaring weet ek dat \u2019n mens regtig kan seerkry as jy teenoor iemand speel wat baie styf en huiwerig is. Die waaghals-choreograaf was ook \u2019n goeie vriend en ons moes op die ou end net leer om met mekaar te dans. Elke naweek het ons iets bygevoeg en uiteindelik het jy \u2019n hele gevegsekwensie saamgestel. Maar dit was nooit gevaarlik nie.<\/p>\n<p><strong>Dis fantasties om aan so iets te werk saam met iemand wat jy goed ken. Daar was ook baie jaagtogte in die fliek. Hoe het dit gewerk?<\/strong><br \/>\nWel, dit het ek natuurlik alles self gedoen (laggend). Nee, ek het niks daarmee te doen gehad nie. Ek en Diane (Kruger) was altyd saam in die kar, maar ons was nooit in beheer van die kar nie &#8211; twee ongelooflike Franse ouens was. Ons het tien nagte lank sekere strate in Berlyn net vir ons gehad. Dit was baie intens. Ons jaag reguit op die trems af en op die nippertjie draai die waaghals uit. Dit voel soos \u2019n wipwarit wat handuit geruk het maar alles is altyd onder beheer. Ek raak duiselig as ek net oor \u2019n dik tapyt loop en kan nie eens saam met my kinders op \u2019n rollercoaster ry nie. Maar om een of ander rede kan ek hierdie toertjies oorleef. Miskien omdat ek vir Diane saam met my in die kar gehad het en sy net so bang soos ek was (lag).<\/p>\n<p><strong>Wat lees jy nou?<\/strong><br \/>\nEk het gewoonlik byna vyf boeke waaraan ek gelyktydig lees. Drie daarvan gaan gewoonlik oor kunsvlieghengel (lag). Ek het pas <em>Ghost Light<\/em> van Joseph O&#8217; Connor, Sinead O&#8217;Connor se broer, gelees. Hy is \u2019n fantastiese skrywer. Die verhaal is pragtig en romanties maar baie subtiel. Ek lees ook \u2019n boek met kortverhale van William Trevor, ook \u2019n Ierse skrywer.<\/p>\n<p><strong>Jy bly al sedert 1987 in Amerika. Dink jy aan jouself as Iers of eerder\u00a0as \u2019n internasionale burger?<\/strong><br \/>\nEk het eers onlangs \u2019n Amerikaanse burger geword maar daar is \u2019n spreekwoord wat s\u00ea jy kan die Ier uit die modder uithaal, maar nie die modder uit die Ier nie. Ek is vir seker Iers, maar Amerika is my huis &#8211; dis waar ek my kinders grootmaak. Ierland is my spirituele tuiste. My drie susters bly nog daar.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Ons het jou nie baie gesien sedert Natasha se dood nie. Hoe gaan dit met jou en jou gesin?<\/strong><br \/>\nDit gaan goed. Dankie dat jy gevra het. Dit gaan goed met my seuns. Ons vat elke dag soos dit kom.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Jou seuns is half-Engels. Hoe hou jy hulle daarvan bewus? <\/strong><br \/>\nOns gaan een maal \u2019n jaar Engeland en Ierland toe. Ons het nog familie daar en die deure is altyd oop.<\/p>\n<p><strong>Waar is jy nou in jou lewe?<\/strong><br \/>\nEk weet nie hoe om dit te antwoord nie. Ek is gesond. Mense gee my nog werk. My rekeninge word betaal. Ek lewe van week tot week. Soms is dit van dag tot dag, maar dis wat ek op die oomblik moet doen. Ek dink dis \u2019n goeie plek om te wees.<\/p>\n<p>Vertaal Deur Hannelie Diedericks<br \/>\n<b><br \/>\n<\/b><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Liam Neeson loop half vooroor, asof hy heeltyd moet afbuk om te hoor wat ges\u00ea word. Die krommerige liggaamshouding het opvallender geword n\u00e1 die tragiese ongeluk op 18 Maart 2009 waarin sy vrou, aktrise Natasha Richardson, dood is. Natasha, dogter [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-3574","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Liam Neeson: Sagmoedige reus | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Liam Neeson: Sagmoedige reus | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Liam Neeson loop half vooroor, asof hy heeltyd moet afbuk om te hoor wat ges\u00ea word. Die krommerige liggaamshouding het opvallender geword n\u00e1 die tragiese ongeluk op 18 Maart 2009 waarin sy vrou, aktrise Natasha Richardson, dood is. Natasha, dogter [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-09-09T08:39:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:26:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/liam-neeson-sagmoedige-reus\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/liam-neeson-sagmoedige-reus\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Liam Neeson: Sagmoedige reus\",\"datePublished\":\"2011-09-09T08:39:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:08+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/liam-neeson-sagmoedige-reus\\\/\"},\"wordCount\":1421,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/liam-neeson-sagmoedige-reus\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/liam-neeson-sagmoedige-reus\\\/\",\"name\":\"Liam Neeson: Sagmoedige reus | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2011-09-09T08:39:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:08+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/liam-neeson-sagmoedige-reus\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/liam-neeson-sagmoedige-reus\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/liam-neeson-sagmoedige-reus\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Liam Neeson: Sagmoedige reus\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Liam Neeson: Sagmoedige reus | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Liam Neeson: Sagmoedige reus | rooi rose","og_description":"Liam Neeson loop half vooroor, asof hy heeltyd moet afbuk om te hoor wat ges\u00ea word. Die krommerige liggaamshouding het opvallender geword n\u00e1 die tragiese ongeluk op 18 Maart 2009 waarin sy vrou, aktrise Natasha Richardson, dood is. Natasha, dogter [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-09-09T08:39:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:26:08+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Liam Neeson: Sagmoedige reus","datePublished":"2011-09-09T08:39:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:08+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/"},"wordCount":1421,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/","name":"Liam Neeson: Sagmoedige reus | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2011-09-09T08:39:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:08+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/liam-neeson-sagmoedige-reus\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Liam Neeson: Sagmoedige reus"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3574","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3574"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3574\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3574"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3574"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3574"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}