{"id":3555,"date":"2024-02-28T15:16:02","date_gmt":"2024-02-28T13:16:02","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/gesonde-selfsug\/"},"modified":"2024-02-28T15:29:59","modified_gmt":"2024-02-28T13:29:59","slug":"gesonde-selfsug","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/","title":{"rendered":"Is dit gesonde selfsug?"},"content":{"rendered":"<p>Die meeste van ons probeer r\u00e9gtig hard. Dis ons hartewens om goeie verhoudingsmaats, ouers, kinders, vriende, kollegas en groepslede te wees. Ons doen moeite om ons kant te bring, selfs al benadeel ons onsself. Voldoen ons nie aan die eise nie, worstel ons met gevoelens van ontoereikendheid.<\/p>\n<p>Die vraag is of vroue in die algemeen verantwoordeliker voel vir gesinslede, familie, vriende, kennisse, werknemers, straatmense, diere (voltooi maar self die lysie). Ons ken almal die onuitgesproke re\u00ebl dat \u2019n vrou aanspreeklik is vir die atmosfeer en die emosionele welsyn van almal in die huis. Dikwels is sy ook die een wat sorg dat die mae vol is en die klere skoon, dat gesinslede hul afsprake en verpligtinge nakom, en ingryp voor \u2019n kamer as rampgebied kwalifiseer. Uiteraard sien talle mans ook na ander om maar die geslagte hanteer hierdie verantwoordelikheid verskillend. Onlangse navorsingsbevindings wys dat vroue eiesoortig op stres reageer. Mans toon merendeels die bekende veg- of vlugreaksie.<\/p>\n<p>Vroue reageer weer deur te <em>tend and befriend<\/em> &#8211; deur byvoorbeeld hul kinders te versorg en te beskerm (<em>tend<\/em>) en na ander vroue uit te reik (<em>befriend<\/em>). Onderliggend aan di\u00e9 optrede l\u00ea die afskeiding van die hormoon oksitosien wat deur vroue se ho\u00ebr estrogeenvlakke versterk en deur mans se ho\u00ebr androgeenvlakke verminder word. Asof dit nie genoeg is dat vroue biologies gerat is om die mensdom op die hart te dra nie, stel die samelewing ook ho\u00eb eise aan ons. Eers wanneer ons di\u00e9 eise onder die vergrootglas sit, begin die begrip &#8220;selfsugtigheid&#8221; duideliker word. Om selfsugtig te wees, beteken immers jy voldoen nie aan die voorgeskrewe sosiale vereistes nie.<\/p>\n<h4>Wie bepaal my waarde?<\/h4>\n<p>Ons besef selde hoeveel die ideaalbeeld van vrouwees wat op verskillende maniere aan ons voorgehou word, ons be\u00efnvloed. Onbewustelik is dit waarna ons streef. Wie van ons begeer nie soms om jonger, maerder, mooier of meer in tel te wees nie? In <em>Women &amp; Desire: Beyond wanting to be wanted<\/em> gee die bekende Jungiaanse analis Polly Young-Eisendrath (Piatkus, 2000) \u2019n interessante blik op die kragte wat ons vorm. Die eise waarmee vroue in ons patriargale kultuur grootword, strek veel verder as \u2019n lys aanbevole eienskappe. Die knoop l\u00ea in die wyse waarop ons ons eiewaarde vind. &#8220;Women want to be wanted, not to be loved&#8221; is haar kernargument. Die meeste vroue wil begeer of bewonder word, eerder as om geken te word n\u00e9s hulle is, met die geite en tekortkominge wat hulle vrees hulle onaanvaarbaar kan maak. Ons wil aan die ideaal voldoen omdat ons glo dit sal tot die vervulling van ons behoeftes lei. Ons wil in \u2019n positiewe lig gesien word &#8211; as die perfekte ma, die ideale vriendin, die verleidelike bedmaat, die bekwame baas. Ons fokus op ons rolle en raak daarin verstrik. Die dilemma is dat ons s\u00f3 die mag in ander se hande plaas. Indien ons voorkoms, gesindheid, manier van praat en optrede aan sekere eise voldoen, word ons beloon. Indien nie, ly ons skade. Ons eiewaarde is afhanklik van \u00e1nder se oordeel en goedkeuring. \u2019n Goeie voorbeeld van \u2019n onrealistiese ideaal is ons hedendaagse siening van moederskap. Ons vereer ma&#8217;s wat nooit nee s\u00ea, moeg word of terugstaan nie, wat ander deurgaans voorop stel, wat \u00e1lles gee. Min mense besef dat dit histories ongewoon is vir \u2019n vrou om alleen met een of meer kinders by die huis te wees. Deur die eeue heen was daar altyd lede van die uitgebreide familie of ander bekendes byderhand.<\/p>\n<p>Die sogenaamde <em>hothouse motherhood<\/em> waar \u2019n tuisblyma se fokus volledig op haar kinders val, kan \u2019n eensame en selfs oorweldigende ervaring wees. Dit spreek vanself dat die veranwoordelikheid vir haar kinders se welsyn swaarder op s\u00f3 \u2019n ma se skouers rus as op di\u00e9 van haar voormoeders wat die aanspreeklikheid kon deel. Dagboekinskrywings van vroe\u00ebr wys ook dat ma&#8217;s dikwels nie so \u2019n hegte band met hul kinders gevorm het nie omdat talle kinders jonk dood is. Boonop het die Viktoriaanse tyd \u2019n sprokiesvoorstelling van moederskap geskep, skryf Young-Eisendrath. Pragportrette uit daardie tyd van serene moeders is misleidend. Die welgestelde vroue wat s\u00f3 vasgel\u00ea is, het soogvroue en kinderoppassers gehad wat na hul kinders kon help omsien. Hulle het dikwels slegs \u2019n paar uur per dag met blinkskoon kinders deurgebring. Ons kan nie aan die invloed van ideaalbeelde van vrouwees ontkom nie, maar ons kan onsself daaraan herinner dat hulle ideaalbeelde is. Ek kan my afvra hoe \u00e9k die lewe sien, waaraan \u00e9k behoefte het, en wat vir my&#8217; belangrik is. Om my aan my eie weldeurdagte keuses en waardes pleks van \u2019n onbereikbare ideaal te meet, is realisties en maak my nie &#8220;sleg&#8221; of &#8220;selfsugtig&#8221; nie.<\/p>\n<h4>My behoeftes teenoor joune<\/h4>\n<p>Selfsug word dikwels gedefinieer as die geneigdheid om slegs na jou eie belange om te sien. Hoe skep ons die balans tussen ons behoeftes en di\u00e9 van ander? Waar l\u00ea die goue middeweg? &#8220;Die geheim is om behoeftes in \u2019n verhoudingskonteks te sien,&#8221; s\u00ea Marita de Wet, voorligtingsielkundige van Boksburg. &#8220;My behoeftes staan altyd in verhouding tot joune. Aan die een kant wil ek vir jou lief wees en na jou omsien maar aan die ander kant het ek \u2019n verantwoordelikheid teenoor myself. Daar is spanning tussen die twee stelle behoeftes, en dis gesond. &#8220;Dit kos dinkwerk om met hierdie spanning saam te leef. Elke situasie moet van nuuts af benader word; dit verg bewustheid, en iets van \u2019n innerlike worsteling. Dis wanneer ons ni\u00e9 die spesifieke situasie en albei partye se behoeftes in ag neem nie, dat probleme ontstaan. &#8220;Sommige verhoudings funksioneer volgens patrone.<\/p>\n<p>Daar word outomaties aan een se belange voorkeur gegee. As \u2019n vrou byvoorbeeld haar man altyd eerste stel, is die balans in die verhouding versteur. &#8220;Dikwels beteken dit daar is nie meer ware emosionele kontak tussen die twee mense nie. Dalk het die verhouding tot <em>caretaking<\/em> verskraal. Sy sien om na die kos, hy versorg die swembad. Dit gaan hoofsaaklik om rolvervulling. Die verhouding het stagneer. &#8220;Dis nie selfsugtig om jou belange \u00e9n die ander een s\u2019n in ag te neem nie. Inteendeel: onderhandeling in elke nuwe situasie verseker dat daar altyd lewe in die verhouding is.&#8221;<\/p>\n<h4>Ma&#8217;s en kinders<\/h4>\n<p>Ma&#8217;s van babas en klein kinders kan natuurlik nie oor behoeftes onderhandel nie. &#8220;Niks berei jou voor op die praktiese eise van \u2019n klein wesentjie wat nie kan wag nie. Niemand waarsku jou vooraf dat jy soms kan voel jy h\u00e1\u00e1t die klein wetter nie. Moederskap is \u2019n tyd van geweldige opoffering op verskillende vlakke. Vroue offer hul liggaam, lewe, loopbaan en selfs verhoudings op. Skop hulle daarteen, kan hulle dalk selfsugtig voel. &#8220;Natuurlik is di\u00e9 opoffering nie sonder rede nie. Maar dis wys om dit bewustelik te maak. Sien jy dit as \u2019n geleentheid vir groei, en herinner jy jouself daaraan dat dit nie vir altyd gaan duur nie, word dit hanteerbaarder.&#8221; Wat kan ma&#8217;s doen om te verseker dat kinders ander se behoeftes in ag neem as hulle ouer word? &#8220;Dit gaan weer eens oor die verhoudingskonteks, of wat die Engelse relationality noem. Baba&#8217;s verstaan daar niks van nie maar as \u2019n kind om en by drie jaar oud is, kan daar onderhandeling wees: Klein Rudolph roep sy ma uit die kamer om na iets te kom kyk en sy antwoord dat sy die witsous roer en nie dadelik kan kom nie. Sy vra dat hy die interessantheid kombuis toe bring. Hy s\u00ea hy kan nie, want dis te groot. Sy antwoord dat sy later sal kom kyk. &#8220;As sy outomaties aan sy eise toegee, is daar groot fout. Daar moet dialoog wees. Kinders moet leer om te wag en frustrasietoleransie aan te kweek, andersins maak jy narcistiese mense groot.&#8221;<\/p>\n<h4>Wanneer die lewe ingryp<\/h4>\n<p>&#8220;Ons staar ons soms so blind teen eise en re\u00ebls dat ons van die natuurlike orde eie aan die lewe vergeet,&#8221; s\u00ea Marita. &#8220;In antieke tye het die Grieke geglo dat die godin Themis hierdie orde verteenwoordig. Vandag ken ons haar as die figuur van die geblinddoekte vrou met \u2019n swaard en \u2019n weegskaal wat onder meer by howe te sien is. Sy herinner di\u00e9 wat regspraak lewer aan die eeue oue beginsel van &#8216;dit wat reg is&#8217;. &#8220;As ek \u2019n ete-afspraak met \u2019n vriendin het en \u2019n migraine-aanval kry, wat sou die \u2019natuurlike orde&#8217; wees? Neem ek kennis van my liggaam se pleidooi om rus en stilte, of ignoreer ek dit omdat ek bang is my vriendin dink ek is selfsugtig as ek kanselleer? &#8220;Die Grieke het geglo sodra die natuurlike orde versteur word, gryp Themis se suster, Nemesis, in.<\/p>\n<p>Nemesis is die godin van vergelding maar sy neem nie soseer wraak nie as dat sy mense daaraan herinner dat ondeurdagte optrede gevolge het. &#8220;In my praktyk sien ek dikwels hoe mense &#8211; meestal vroue &#8211; wat die natuurlike balans tussen gesonde selfsug en selfopoffering versteur, met depressie of toestande soos prikkelbare dermsindroom, nekpyn, rugpyn en outo-immuunsiektes sukkel. Dis hul liggame se desperate poging om te s\u00ea: &#8216;Ek is ook hier &#8211; kyk asseblief na my!&#8217; &#8220;Wanneer hulle nie na hierdie aanmanings luister nie, kry hulle soms drome oor diefstal. Daar word by hulle ingebreek, maar die dief maak hulle nie seer nie. Dis \u2019n kompenserende beeld: hulle kan simbolies by die dief leer. Hy weet wat hy nodig het en oorkom struikelblokke om dit in die hande te kry. Hierdie drome spruit voort uit hul innerlike dryfkrag om te oorleef. Dis sielkundiges se taak om mense tot stilstand te dwing sodat hulle van hierdie tekens bewus kan word en \u2019n lewe kan leef waarin hul eie welsyn \u00f3\u00f3k tel.&#8221;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-nou-gelukkig\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Vyf maklike maniere om onmiddellik jou bui te lig<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Min verwyte maak so seer as die beskuldiging dat jy selfsugtig is. Wanneer is jy selfsugtig, en wanneer sien jy bloot verstandig om na jouself? Deur Mariette Snyman<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":143151,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[134,135,730,834,2698,3294],"class_list":["post-3555","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-verhoudings","tag-stres","tag-kinders","tag-selfwaarde","tag-selfsug"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Is dit gesonde selfsug? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Min verwyte maak so seer as die beskuldiging dat jy selfsugtig is. Wanneer is jy selfsugtig, en wanneer sien jy bloot verstandig om na jouself?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Is dit gesonde selfsug? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Min verwyte maak so seer as die beskuldiging dat jy selfsugtig is. Wanneer is jy selfsugtig, en wanneer sien jy bloot verstandig om na jouself?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-02-28T13:16:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-02-28T13:29:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-moose-photos-1036622-e1709126875759.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"950\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gesonde-selfsug\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gesonde-selfsug\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Is dit gesonde selfsug?\",\"datePublished\":\"2024-02-28T13:16:02+00:00\",\"dateModified\":\"2024-02-28T13:29:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gesonde-selfsug\\\/\"},\"wordCount\":1616,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gesonde-selfsug\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-moose-photos-1036622-e1709126875759.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"Verhoudings\",\"stres\",\"kinders\",\"selfwaarde\",\"selfsug\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gesonde-selfsug\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gesonde-selfsug\\\/\",\"name\":\"Is dit gesonde selfsug? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gesonde-selfsug\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gesonde-selfsug\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-moose-photos-1036622-e1709126875759.jpg\",\"datePublished\":\"2024-02-28T13:16:02+00:00\",\"dateModified\":\"2024-02-28T13:29:59+00:00\",\"description\":\"Min verwyte maak so seer as die beskuldiging dat jy selfsugtig is. Wanneer is jy selfsugtig, en wanneer sien jy bloot verstandig om na jouself?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gesonde-selfsug\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gesonde-selfsug\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gesonde-selfsug\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-moose-photos-1036622-e1709126875759.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-moose-photos-1036622-e1709126875759.jpg\",\"width\":1920,\"height\":950},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gesonde-selfsug\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Is dit gesonde selfsug?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Is dit gesonde selfsug? | rooi rose","description":"Min verwyte maak so seer as die beskuldiging dat jy selfsugtig is. Wanneer is jy selfsugtig, en wanneer sien jy bloot verstandig om na jouself?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Is dit gesonde selfsug? | rooi rose","og_description":"Min verwyte maak so seer as die beskuldiging dat jy selfsugtig is. Wanneer is jy selfsugtig, en wanneer sien jy bloot verstandig om na jouself?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-02-28T13:16:02+00:00","article_modified_time":"2024-02-28T13:29:59+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":950,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-moose-photos-1036622-e1709126875759.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Is dit gesonde selfsug?","datePublished":"2024-02-28T13:16:02+00:00","dateModified":"2024-02-28T13:29:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/"},"wordCount":1616,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-moose-photos-1036622-e1709126875759.jpg","keywords":["ouerskap","Verhoudings","stres","kinders","selfwaarde","selfsug"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/","name":"Is dit gesonde selfsug? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-moose-photos-1036622-e1709126875759.jpg","datePublished":"2024-02-28T13:16:02+00:00","dateModified":"2024-02-28T13:29:59+00:00","description":"Min verwyte maak so seer as die beskuldiging dat jy selfsugtig is. Wanneer is jy selfsugtig, en wanneer sien jy bloot verstandig om na jouself?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-moose-photos-1036622-e1709126875759.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-moose-photos-1036622-e1709126875759.jpg","width":1920,"height":950},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-selfsug\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Is dit gesonde selfsug?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3555","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3555"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3555\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/143151"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3555"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3555"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3555"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}