{"id":3548,"date":"2011-06-10T12:35:00","date_gmt":"2011-06-10T10:35:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/organies-die-moeite-werd\/"},"modified":"2016-07-21T15:50:40","modified_gmt":"2016-07-21T13:50:40","slug":"organies-die-moeite-werd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/","title":{"rendered":"Organies, die moeite werd?"},"content":{"rendered":"<p>Waar is die dae toe ons nog geweet het waar ons kos vandaan kom? Verby, saam met die dae toe mense hul werfhoenders se eiers met die kosgee uitgehaal het; toe mense nog gestap het waar hulle wou wees; toe onbesoedelde lug jou geboortereg was. Toe daar mandjies appels as geskenke weggegee is. Soms was daar \u2019n wurm in, want vrugtebome is nie \u2019n paar keer per seisoen met gif bespuit nie. Wanneer laas het jy \u2019n wurm in \u2019n appel gekry?<\/p>\n<p>Organiese voedsel klink asof dit die belofte van natuurlikheid en egtheid inhou. En hoe kunsmatiger ons lewe, hoe meer smag ons na natuurlikheid en egtheid. Soos om te kan glo dat &#8220;die goeie aarde&#8221; regtig goed is, dat \u2019n appel \u2019n dag regtig die dokter sal weghou \u2013 en jou nie oor \u2019n dekade kanker gaan gee nie. Maar organiese kos is duur en skaars, en hoe weet jy dis beter as &#8220;konvensionele&#8221; kos?<\/p>\n<p>Boonop vermoed baie van ons dat juis omdat dit duur, skaars en betreklik nuut is, dit net \u2019n modegier is van di\u00e9 wat genoeg tyd het om na organiese markte op ver plekke te ry en genoeg geld het om dit te bekostig.\u00a0Oor die onderwerp van gesonder of nie, is daar \u2019n groot gestry.<\/p>\n<p>&#8220;Geen gesondheidsvoordele&#8221; was die slotsom waartoe \u2019n omvangryke oorsigstudie van die toonaangewende London School of Hygiene and Tropical Medicine (LSHTM) net meer as \u2019n jaar gelede gekom het. Die navorsing is vir die Amerikaanse Food and Drug Administration (FDA) gedoen. Die stof rondom di\u00e9 studie het nog nie gaan l\u00ea nie. N\u00e1 die resultate bekend gemaak is, het \u2019n kakofonie van kommentaar losgebars, en die stryery duur voort. Daar is min of meer twee kampe. &#8220;Ons het dit geweet!&#8221; kraai een kamp, &#8220;die aansprake van organiese meerderwaardigheid is bemarkingsfoefies.&#8221; &#8220;Verkeerde afleidings. Verkeerde metodologie.<\/p>\n<p>Twak!&#8221; s\u00ea die ander kamp en voorstanders van organiese kos. Die probleem met wetenskaplike\u00a0 navorsingstudies is dat dit selde die volle waarheid\u00a0oor \u2019n onderwerp bevat. Dis soos die storie oor die blindes wat \u2019n olifant moet beskryf; elkeen tas maar in die donker rond en beskryf net wat hy kan raakvat: \u2019n slurp, \u2019n flank, \u2019n poot. Dus duur die stryery voort. Wat groente en vrugte betref, lyk dit tog of die oormag van navorsing \u2013 buiten die LSHTM s\u2019n \u2013 wys dat organies gekweekte produkte meer antioksidante en minerale bevat. \u2019n Refraktometer meet bv. die opgeloste suiker in \u2019n vloeistof, \u2019n objektiewe, wetenskaplike manier om die rypheid vas te\u00a0 stel. Maar dalk kan jy hierdie verskil sommer self toets: eet \u2019n appel wat aan die boom ryp geword het, en een wat sy kosbare jeug in trokke en koelkamers deurgebring het.<\/p>\n<p>Die verskil wat jy kan proe \u2013 dis die brix-waarde. Daar is ook min of meer ooreenstemming dat wat vleis en suiwel betref, organies gesonder as konvensioneel is. Plaasdiere wat hul lewe lank in die son gewei en gras gevreet het (anders as voerkraaldiere) se vleis bevat meer &#8220;goeie&#8221; omega-3-vette (die verhouding omega-3- tot omega-6-vette is ho\u00ebr; die &#8220;slegte&#8221; vette is meer in voerkraaldiere) en verminder die risiko op kankers,\u00a0 hartsiektes en artritis. Diere in voerkrale kry ook gereeld antibiotika en groeihormone wat in die vleis en melk agterbly. Di\u00e9 hormone is al verbind met vroe\u00eb puberteit by meisies en die antibiotika met &#8220;super&#8221;-bakterie\u00eb wat teen medikasie bestand is.<\/p>\n<p>Baie mense is bekommerd oor die geringe hoeveelhede gifstowwe wat op groente en vrugte agterbly en op hul borde beland. Sulke gifstowwe word dikwels nie deur die liggaam uitgewerk nie, maar bou op en kan in die lewer, vet en ander weefsels gestoor word. Verbintenisse is al gemaak tussen landbougifstowwe en toestande soos aandagafleibaarheid, allergie\u00eb, depressie sowel as gevreesde siektes soos verskillende kankers, Alzheimer- en Parkinson-siekte. Hieroor word woes in wetenskapkringe gestry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Omgewing<\/h4>\n<p>Maar die volle prentjie is n\u00f3g groter. Metodes van voedselverbouing is besig om die omgewing groot skade te\u00a0 berokken. Dr. Arden Andersen skryf in 1992 in sy boek <em>Science in Agriculture: Advanced Methods for Sustainable Farming<\/em> dat die filosofie agter die landbou die afgelope vyftig jaar of wat was dat voedselproduksie \u2019n oorlog is, dat die natuur die vyand is, dat grond nie-lewend is en dat die natuur lukraak, onintelligent en gebrekkig is. Dat die mens beter weet. Maar &#8220;oorlog is essensieel entropies (afbrekend), en die oorlog tussen mens en natuur (\u2026) is \u2019n oorlog wat nooit gewen kan word nie&#8221;. Konvensionele of industri\u00eble boerderymetodes rus swaar op stikstofgebaseerde kunsmis sowel as onkruid-, swam- en insekdoders.<\/p>\n<p>Die gif dood wel skadelike insekte en swamme, maar ook paddas, liewensheersbesies, bye &#8230; Die afvloei van die kunsmis lei daartoe dat fosfate en stikstof in die watertafel, riviere en damme beland. Dit lei tot eutrofie, waar te veel nutri\u00ebnte \u2019n oordaad alge tot gevolg het. Op die ou end word suurstof onttrek en vis en ander waterlewe versmoor.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die groen revolusie<\/h4>\n<p>Die Amerikaanse bioloog en landboukundige Norman Borlaug het in die jare veertig \u2019n nuwe soort koring in Mexiko ontwikkel nadat die land n\u00e1 verskeie mislukte oeste die meeste van sy koring moes invoer. Toe Borlaug en sy span sukses behaal, het die Rockefeller-stigting die tegnologie versprei \u2013 tot almal se voordeel. Hieruit het die sogenaamde Groen Revolusie ontstaan. Die ontwikkeling van saadhibriede met ho\u00eb opbrengste, die uitbreiding van besproeiing-infrastruktuur, sintetiese kunsmis en gifstowwe het w\u00eareldwyd tot dramaties ho\u00ebr<br \/>\nopbrengste gelei.<\/p>\n<p>Twee voorbeelde is Indi\u00eb en Malawi. In die vroe\u00eb jare sestig was Pakistan en Indi\u00eb op die punt van \u2019n oorlog. Hongersnood was \u2019n werklikheid in die hele Suid-Asi\u00eb. Borlaug is na Indi\u00eb genooi en n\u00e1 baie struikelblokke is\u00a0 \u2019n nuwe vari\u00ebteit rys\u00a0 in die Punjab-provinsie uitgetoets. Saam met besproeiing en staatsbefondste landbouchemikalie\u00eb is reuse-suksesse behaal. Die vari\u00ebteit IR8 is as &#8220;wonderrys&#8221; bestempel. Toe die hongersnood verdwyn, het oorlogsugtigheid ook afgeneem, en \u2019n ietwat brose vrede het na die gebied teruggekeer. Die prys van rys het gedaal van 0 (R3 850) per ton in 1970 tot minder as 0 (R1 400) per ton in 2001.<\/p>\n<p>In Malawi, n\u00e1 jare van swaarkry, armoede en \u2019n hongersnood in 2001, is die Landbou-insetsubsidieprogram ingestel en kleinboere is gehelp om stikstofkunsmis en spesiale mieliesaad te koop. Dieselfde jaar nog het die land \u2019n buitengewone groot oes en \u2019n oorskot van tonne mielies gehad. Borlaug kry die eer dat hy sowat \u2019n miljard mense van hongersnood gered het en hy het in 1970 die Nobelprys vir Vrede ontvang. Maar sedert die jare tagtig word die Groen Revolusie gekritiseer. Daar word ges\u00ea dat industri\u00eble boerdery onvolhoubaar is. Dit het groot kapitaalinsette nodig: benewens intensiewe besproeiing en skadelike chemikalie\u00eb, ook brandstof. Terwyl meer voedsel geproduseer word, dra dit nie genoegsaam by tot voedselsekerheid nie \u2013 miljoene kleinboere is slegter daaraan toe. (Politieke stabiliteit en infrastruktuur is ook nodig vir voedselsekerheid.) Die gehalte van mense se voedsel neem ook af. Net een soort gewas, het ook die gevolg van \u2019n verdere, drastiese afname in biodiversiteit. Net \u2019n paar soorte rys, mielies en koring, byvoorbeeld, word deesdae verbou, terwyl daar vroe\u00ebr duisende was.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Diereregte<\/h4>\n<p>Die wreedheid waarmee vee en pluimvee behandel word om vleis, suiwel en eiers so goedkoop moontlik te verskaf, stuit al meer mense teen die bors. Batteryhoenders sit hul miserabele lewe in draadhokke om en sien\u00a0nooit die son nie. Varks\u00f4e moet hul kleintjies in hokkies op \u2019n betonvloer kry. Slagdiere word oor groot afstande vervoer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Werkverskaffing<\/h4>\n<p>Nog iets wat nie in \u2019n studie oor voedingswaarde in ag geneem word nie, is die positiewe, sosiale aspek van organiese metodes. Ian Robinson, direkteur van die aanlyn-organisasie Go-Organic.co.za wat inligting beskikbaar maak, in- en uitvoer organiseer en projekte inisieer, s\u00ea organiese boerdery is meer arbeidsintensief as konvensionele, industri\u00eble boerdery. Hy s\u00ea dit het belangrike potensiaal om werk te verskaf, soos wat in Brasili\u00eb, Kuba, Indi\u00eb en Mexiko gebeur het. Maar terwyl die argumente vir organies verboude kos baie sterk is, het die nie-organiese boere sedert die jare sestig een troefkaart gehad waarby jy nie kon verbykom nie:\u00a0Die opbrengste van chemiese boerderymetodes was en is oor die algemeen dramaties ho\u00ebr. Dit beteken dat kos \u2013 ook vleis \u2013 betreklik goedkoop verskaf kan word. In \u2019n w\u00eareld waar sowat \u2019n miljard mense geen voedselsekuriteit het nie, het \u2019n gestry oor waar dit vandaan kom, lank na \u2019n luukse geklink. Maar stadigaan kom daar \u2019n verskuiwing. Ian s\u00ea baie navorsing wys dat industri\u00eble boerdery nie volhoubaar is nie, en daar is baie navorsing wat wys dat organiese metodes groter opbrengste as chemiese boerdery kan lewer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Prys<\/h4>\n<p>Ho\u00ebr opbrengste beteken \u2019n laer prys. Vir die meeste mense gee die laer pryse van kon vensionele metodes (vergeleke met organiese kos) die deurslag. Die Amerikaanse skrywer Barbara Kingsolver skryf in haar boek\u00a0<em>Animal, Vegetable, Miracle<\/em> (2007), hartstogtelik oor die prys versus die ware koste van industri\u00eble boerderymetodes. Industri\u00eble metodes bevorder gronderosie, versouting van die grond, woestynvorming en verlies aan vrugbaarheid. Daar is ook die verlies aan werkgeleenthede sowel as die behandeling van voedselverwante siektes. Dit maak &#8220;gewone&#8221; kos eintlik bitter duur. \u2019n Tema in die boek is ook die ryk koskultuur in lande waar mense kos eet wat hulle op markte koop of kweek \u2013 dink aan die Italiaanse kookkuns.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Organiese metodes<\/h4>\n<p>Organiese boerderymetodes sluit in om verskillende gewasse om die beurt \u00f3f saam te plant, net sekere soorte organies-afbreekbare gifstowwe te gebruik, groen kompos (grondbedekkers wat die grond verryk) en\u00a0biologiese plaagbeheer (soos reuse-koringkrieke wat slakke eet). &#8220;Dit begin met die grond,&#8221; verduidelik Nico Steinberg van die plaas Florence naby Chrissiesmeer in Mpumalanga. Daar was \u2019n tyd toe daar geglo is die grond is net die medium, dat alles wat \u2019n plant nodig het, uit \u2019n sak kan kom, en alles wat die plant bedreig, met chemikalie\u00eb bespuit moet word. &#8220;Dis boerdery gegrond op vrees vir die natuur.&#8221;<\/p>\n<p>Maar \u2019n organiese boer werk saam met die natuur.<\/p>\n<p>Hy moet die beginsels van gesonde grond verstaan. Die minerale balans, die humus-inhoud en die mikro-organismes moet reg wees. As die grond gesond en in balans is, kry jy gesonde plante wat \u2019n ho\u00eb brix-waarde het en volgens Nico vreet insekte nie aan sulke plante nie, omdat hul beskermingstelsel te sterk is. \u2019n Mengsel van konvensionele chemiese boerdery en organiese boerdery is aan die ontwikkel. Piet Prinsloo van ZZ2-boerdery-ondernemings, wat in drie provinsies boer en landwyd bekend is vir onder meer tamaties, s\u00ea hulle pas natuurboerdery toe wat die beste van albei benaderings gebruik. Hulle het sedert 1999 \u2019n groot denkskuif gemaak om volhoubaar te boer. Hulle gaan baie wetenskaplik te werk om die grondbiologie te balanseer. Hiervoor word chemies-, biologies- en fisiek-verrykte kompos sowel as EM (\u2019n mengsel van mikro-organismes wat grondgesondheid bevorder) gebruik. Siektes en plae is \u2019n werklikheid wanneer jy so opmekaar plant, verduidelik Piet. &#8220;Ons benadering is ons spuit as, en slegs as, dit moet.<\/p>\n<p>Ons gebruik biologiese produkte om nematodes (\u2019n reusegroep rondewurms) te beheer,bv. slegs die een wat die wortel vreet, en nie die ander voordelige nematodes nie. Ons gebruik die ligste moontlike behandeling.&#8221; Die w\u00eareld se organiese voedselproduksie is tans nog minder as 1% van landbou en veeteelt, maar neem vinnig toe. Die Organiese Sektor-organisasie is onlangs gestig en die regering werk aan \u2019n organiese landboubeleid. Jy kan maar net op die winkelrakke gaan kyk. In Suid-Afrika is Woolworths nog die voorloper, maar Pick n Pay, Checkers en Spar bied al meer organiese produkte aan. Informele boeremarkte word ook al gewilder. Dit is \u2019n gevolg van direkte bemarking aan die een kant en \u2019n toenemende verbruikersvraag aan die ander kant van mense wat wil weet waar hul kos vandaan kom.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Waar is die dae toe ons nog geweet het waar ons kos vandaan kom? Verby! Maar organiese kos is duur en skaars, en hoe weet jy dis beter as &#8220;konvensionele&#8221; kos?<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":55123,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[5436,5437,1564,2792,5432,5433,5434,5435],"class_list":["post-3548","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-groen-revolusie","tag-organiese-boerdery","tag-organies","tag-leef-gesond","tag-organiese-voedsel","tag-gesonheidsvoordele","tag-konvensionele-kos","tag-organiese-markte"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Organies, die moeite werd? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Organies, die moeite werd? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Waar is die dae toe ons nog geweet het waar ons kos vandaan kom? Verby! Maar organiese kos is duur en skaars, en hoe weet jy dis beter as &quot;konvensionele&quot; kos?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-06-10T10:35:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-07-21T13:50:40+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/06\/Hand-met-druiwe.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"798\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/organies-die-moeite-werd\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/organies-die-moeite-werd\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Organies, die moeite werd?\",\"datePublished\":\"2011-06-10T10:35:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-21T13:50:40+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/organies-die-moeite-werd\\\/\"},\"wordCount\":1924,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/organies-die-moeite-werd\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/06\\\/Hand-met-druiwe.jpg\",\"keywords\":[\"groen revolusie\",\"organiese boerdery\",\"organies\",\"leef gesond\",\"organiese voedsel\",\"gesonheidsvoordele\",\"konvensionele kos\",\"organiese markte\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/organies-die-moeite-werd\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/organies-die-moeite-werd\\\/\",\"name\":\"Organies, die moeite werd? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/organies-die-moeite-werd\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/organies-die-moeite-werd\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/06\\\/Hand-met-druiwe.jpg\",\"datePublished\":\"2011-06-10T10:35:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-21T13:50:40+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/organies-die-moeite-werd\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/organies-die-moeite-werd\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/organies-die-moeite-werd\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/06\\\/Hand-met-druiwe.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/06\\\/Hand-met-druiwe.jpg\",\"width\":1200,\"height\":798,\"caption\":\"Foto: Pexels\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/organies-die-moeite-werd\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Organies, die moeite werd?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Organies, die moeite werd? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Organies, die moeite werd? | rooi rose","og_description":"Waar is die dae toe ons nog geweet het waar ons kos vandaan kom? Verby! Maar organiese kos is duur en skaars, en hoe weet jy dis beter as \"konvensionele\" kos?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-06-10T10:35:00+00:00","article_modified_time":"2016-07-21T13:50:40+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":798,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/06\/Hand-met-druiwe.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Organies, die moeite werd?","datePublished":"2011-06-10T10:35:00+00:00","dateModified":"2016-07-21T13:50:40+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/"},"wordCount":1924,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/06\/Hand-met-druiwe.jpg","keywords":["groen revolusie","organiese boerdery","organies","leef gesond","organiese voedsel","gesonheidsvoordele","konvensionele kos","organiese markte"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/","name":"Organies, die moeite werd? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/06\/Hand-met-druiwe.jpg","datePublished":"2011-06-10T10:35:00+00:00","dateModified":"2016-07-21T13:50:40+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/06\/Hand-met-druiwe.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/06\/Hand-met-druiwe.jpg","width":1200,"height":798,"caption":"Foto: Pexels"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/organies-die-moeite-werd\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Organies, die moeite werd?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3548","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3548"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3548\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55123"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3548"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3548"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3548"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}