{"id":3544,"date":"2011-06-10T10:43:00","date_gmt":"2011-06-10T08:43:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/harrison-ford-spitsvondig\/"},"modified":"2017-07-13T13:26:20","modified_gmt":"2017-07-13T11:26:20","slug":"harrison-ford-spitsvondig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/harrison-ford-spitsvondig\/","title":{"rendered":"Harrison Ford: Spitsvondig"},"content":{"rendered":"<p>Harrison het \u2019n onverdiende reputatsie as \u2019n brompot. \u2019n Onderhoud met hom is deurspek van kwinkslae. Sy antwoorde is pittig en hy het geen geduld met domheid nie. Hy sal opsetlik \u2019n storie verdraai as hy dink dat hy daarmee reaksie kan ontlok. Hy gee skynbaar nie om wat mense van hom dink nie. As daar \u2019n foutiewe storie oor hom die rondte doen, sal hy sonder om \u2019n oog te knip die storie eerder verder opblaas as om die feite reg te stel. En al wat sy speletjie verraai, is \u2019n sweempie van die bekende, kreukelrige, skewemond glimlag.<\/p>\n<p>Hy was al drie keer getroud: van 1964 \u2013 1979 met Mary Marquardt by wie hy twee kinders het; van 1983 \u2013 2004 met Melissa Mathison wat ET geskryf het en by wie hy ook twee kinders gehad het, en meer onlangs, n\u00e1 agt jaar saam, met Calista Flockhart, beter bekend as <em>Ally McBea<\/em>l en Kitty Walker in <em>Brothers &amp; Sisters<\/em>. Hulle maak saam \u2019n aangenome seun groot. Die twee het mekaar by \u2019n Golden Globe-toekenningsaand ontmoet en dis duidelik dat hulle baie vir mekaar omgee. In die laaste twee onderhoude wat ek met hom gevoer het, het hy haar oproepe beantwoord en verduidelik dat hy nie met haar kon praat nie. Die eerste keer het hy hul aandete-planne met haar bespreek terwyl die joernaliste ywerig alles afgeskryf het!<\/p>\n<p>Toe ek hom nou in New York ontmoet vir di\u00e9 onderhoud oor sy prent, <em>Morning Glory<\/em>, lyk hy gelukkiger as wat ek hom tot nog toe gesien het. Met \u2019n ligte sonbruinvoorkoms danksy sy gereelde tenniswedstryde,\u00a0gestreepte sportkouse nes di\u00e9 van sy <em>Morning Glory<\/em>-karakter (hy s\u00ea hy dra eintlik nog altyd sulke kouse), \u2019n oorbel in sy linkeroor en sy hande wat op die tafel rus, is hy tydloos en sjarmant. Harrison Ford is in 1942 in Chicago, Illinois, gebore en toneelspel was nie deel van sy grootworddrome nie. Die 1,85 meter lange man\u00a0het geen voorliefde vir die akademie gehad nie en het ook nie op die sportveld uitgeblink nie. Hy is universiteit toe maar het nooit klaar gemaak nie.<\/p>\n<p>Hy gee so \u2019n tipiese, selfverkleinerende antwoord toe hy oor sy aantreklike voorkoms uitgevra word: &#8220;Die beste advies wat ek kan gee, is kies jou ouers versigtig. In my geval was dit \u2019n gelukkige genetiese ongeluk. Ek gaan nie gim toe nie, ek probeer nie versigtig eet nie. Gelukkig hou ek van gesonde kos. Maar ek het nie een of ander geheim wat ek kan verklap nie. Ek is net \u2019n gelukkige <em>son of a bitch<\/em>.&#8221; En as jy dalk gedink het hy is perfek, is hy so gaaf om di\u00e9 swakheid met jou te deel: &#8220;Ek verstaan niks van sokker nie. Toe my seun vyf \u00a0was, het hy begin sokker speel en ek kon hom niks leer nie. Dis jammer, maar gelukkig is sy peetpa Engels en kon hy hom help, maar dis te laat vir my. Die sportgeen het my heeltemal ontwyk.&#8221; In <em>Morning Glory<\/em> speel hy teenoor Diane Keaton en Rachel McAdams. Rachel is die nuwe vervaardiger van \u2019n oggendgeselsprogram\u00a0op TV en Harrison en Keaton die aanbieders. Dis \u2019n oulike storie met \u2019n lekker romantiese kinkel en sodra Harrison op die skerm verskyn, laat hy sy medespelers skoon vaag lyk. Met sy hare agtertoe gejel is hy wel nie op sy aantreklikste nie, maar \u2019n mens kan sien hy geniet hom gate uit om die iesegrimmige aanbieder te speel.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Wat doen jy en jou vrou en kind as \u2019n gesin saam?<\/strong><br \/>\nEk hou daarvan om te doen wat enige pa en man sal wil doen. Ek wil my seun betyds by die skool kry. Ek wil seker maak dat hy sy huiswerk doen en sy tande borsel voor hy gaan slaap. Calista en ek bly al tien jaar saam, so dis nie &#8211; (sy foon lui, hy kyk na die nommer en lag) \u2013 dis juis nou sy op die telefoon, maar ek gaan haar ignoreer. (Hy stuur \u2019n vinnige SMS.) Alles verloop nog dieselfde as wat dit die afgelope tien jaar verloop het, maar ons is baie gelukkig, dankie.<\/p>\n<p><strong>Jy was al voorheen getroud. Glo jy nog in die huwelik?<\/strong><br \/>\nEk glo in Calista. Dis al.<\/p>\n<p><strong>In die fliek moet jou karakter leer om homself nie so ernstig op te neem nie. Hoe ernstig neem jy jouself op?<\/strong><br \/>\nEk dink jonger mense is geneig om weens hul goed bedoelde ambisie te veel op hul werk en\u00a0loopbaan te fokus. Daar was \u2019n tyd toe ek ook te hard gewerk het. Ek dink ek het dit ontgroei, of\u00a0daardeur gegroei. Maar ek neem myself nie te ernstig op nie. Ek is ernstig oor wat ek doen.<\/p>\n<p><strong>Jy is die visepresident van die Internasionale Raad vir Bewaring. Kan jy daaroor praat?<\/strong><br \/>\nEk is al twintig jaar lank by bewaring betrokke. Ons doelwit was om \u2019n kwart van die grondgebied in die w\u00eareld en 15% van die oseaan tot biodiversiteit-bewaringsgebiede verklaar te kry. Op die ou end het ons 17% van die w\u00eareld se grondgebied vir bewaring gekry en 192 nasies het ingestem om 17% van hul lande se\u00a0oppervlak te beskerm. Ons is nie baie tevrede daarmee nie. Slegs 1% van die oseaan is onder beskerming &#8211; en dit terwyl die see vir drie miljard mense \u2019n groot bron van voedsel is. Ons visbronne is besig om uitgeput te\u00a0raak weens die tekort aan regulering, en die koraalriwwe word vernietig deur nywerheidsbesoedeling en landbou-gifstowwe wat in die see beland. Ons het toestemming gekry om die biodiversiteit van 10% van die oseaan te beskerm &#8211; ons was seker \u2019n bietjie te ambisieus!<\/p>\n<p>Ek het twee doelwitte gehad: Een was om ons bewaringsdoelwitte te bereik en die ander was om \u2019n debat te begin oor die feit dat die VSA nie een van die nasies was wat daartoe ingestem het nie. Amerika was altyd die grootste ondersteuner van so \u2019n projek. Sowat 17 jaar gelede het Bill Clinton die onderneming hiervoor\u00a0onderteken en dis na die kongres gestuur vir goedkeuring, maar dit\u00a0 het nooit teruggekom nie. Ek wil h\u00ea die president moet dit sy prioriteit maak.<\/p>\n<p><strong>Hoeveel help jou <em>celebrity clout<\/em> in so geval?<\/strong><br \/>\nEk dink nie dit het enigiets hiermee te doen nie. Dit gaan oor verhoudings en die kwessies wat van belang is.<\/p>\n<p><strong>Dink jy al aan aftree?<\/strong><br \/>\nEk dink aftree is vir ou mense (lag). Ek is nie afgetree nie. Ek is nog aan die gang.<\/p>\n<p><strong>Jy lyk baie gelukkig, asof jy op \u2019n goeie plek in jou lewe is. Wat laat jou so gelukkig en tevrede voel?\u00a0<\/strong><br \/>\nAl my kinders &#8211; ek het vyf &#8211; is gesond en gelukkig en vaar goed in hul werk en persoonlike lewe. En ek hou van wat ek doen &#8211; buiten dit wat met my sakebedrywighede te make het.<\/p>\n<p><strong>Jou karakter is baie iesegrimmig. Wat maak jou knorrig en baie kwaad?<\/strong><br \/>\nEk word nie maklik kwaad nie. Ek kan dalk knorrig lyk maar dit beteken nie ek is kwaad nie. Ek\u00a0kan nie eens onthou wanneer laas ek regtig kwaad was nie. Knorrigheid kan soms verkeerd ge\u00efnterpreteer word. Ek gee dalk net my siening waarmee iemand anders nie sal saamstem nie. Ek was nog altyd baie onafhanklik &#8211; as ek knorrig voorkom, noem my maar \u2019n knorpot. Dis nie \u2019n probleem nie (lag). Ek is nie nou knorrig nie, is ek?<\/p>\n<p><strong>Het jy \u2019n troeteldier? <\/strong><br \/>\nEk het twee honde. Een waarvan ek hou en wat van my hou, en een wat nie van my hou nie, en van wie ek nie hou nie (lag). Hy is \u2019n klein brakkie wat dink hy is die beskermer van my negejarige seun. In die aand wanneer ons hom in die bed sit en ek vir hom wil nags\u00ea, probeer die hond my elke keer byt (lag).<\/p>\n<p><strong>Het jy \u2019n gunstelinghonderas?<\/strong><br \/>\nEk het al \u2019n paar labradors gehad waarvoor ek baie lief was, maar daar is niks fout met \u2019n brakkie nie. Ek hou van enige soort hond.<\/p>\n<p><strong>Hoe sien jy jouself?<\/strong><br \/>\nKnorrig.<\/p>\n<p><strong>Ons het pas Kersfees gevier. Is dit belangrik in jul huishouding?\u00a0<\/strong><br \/>\nWel, ek is Joods \u2026<\/p>\n<p><strong>Wat het julle gedoen?<\/strong><br \/>\nInkopies gedoen, nes die res (lag). Nee, ek maak \u2019n grappie. My ma was Joods en my pa Rooms-Katoliek. So volgens die Talmoed is ek \u2019n Jood. Ek is tevrede daarmee maar Kersfees is vir my \u2019n kommersi\u00eble storie en nie wat dit veronderstel is om te wees nie. Maar die kinders is mal daaroor, en my negejarige ook. Ons versier \u2019n boom en die familie kuier saam.<\/p>\n<p><strong>Is Calista Joods?<\/strong><br \/>\nNog nie (lag). Jy grap nou, maar mense sal dit glo. Ja, ek weet, en ek gee nie om as jy dit gebruik nie. Dalk sal dit help. Dit laat my interessanter klink.<\/p>\n<p><strong>Wat is jou geheim om nog so jonk te lyk?<\/strong><br \/>\nEk doen nie vreeslike fisieke oefeninge nie. Ek speel graag tennis. Ek oefen so nou en dan. Ek dink dis maar gene. Ek eet gesond, want dis vir my lekker. Ek het \u2019n jong kind, so ek wil so lank leef as wat ek kan. Ek wil hom sien grootword. Ek het kleinkinders wat nog baie jonk is. Die lewe is vir my lekker, daarom wil ek hier wees solank as wat ek kan.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Harrison het \u2019n onverdiende reputatsie as \u2019n brompot. \u2019n Onderhoud met hom is deurspek van kwinkslae. Sy antwoorde is pittig en hy het geen geduld met domheid nie. Hy sal opsetlik \u2019n storie verdraai as hy dink dat hy daarmee [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-3544","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Harrison Ford: Spitsvondig | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/harrison-ford-spitsvondig\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Harrison Ford: Spitsvondig | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Harrison het \u2019n onverdiende reputatsie as \u2019n brompot. \u2019n Onderhoud met hom is deurspek van kwinkslae. Sy antwoorde is pittig en hy het geen geduld met domheid nie. Hy sal opsetlik \u2019n storie verdraai as hy dink dat hy daarmee [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/harrison-ford-spitsvondig\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-06-10T08:43:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:26:20+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/harrison-ford-spitsvondig\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/harrison-ford-spitsvondig\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Harrison Ford: Spitsvondig\",\"datePublished\":\"2011-06-10T08:43:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:20+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/harrison-ford-spitsvondig\\\/\"},\"wordCount\":1531,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/harrison-ford-spitsvondig\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/harrison-ford-spitsvondig\\\/\",\"name\":\"Harrison Ford: Spitsvondig | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2011-06-10T08:43:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:20+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/harrison-ford-spitsvondig\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/harrison-ford-spitsvondig\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/harrison-ford-spitsvondig\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Harrison Ford: Spitsvondig\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Harrison Ford: Spitsvondig | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/harrison-ford-spitsvondig\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Harrison Ford: Spitsvondig | rooi rose","og_description":"Harrison het \u2019n onverdiende reputatsie as \u2019n brompot. \u2019n Onderhoud met hom is deurspek van kwinkslae. Sy antwoorde is pittig en hy het geen geduld met domheid nie. Hy sal opsetlik \u2019n storie verdraai as hy dink dat hy daarmee [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/harrison-ford-spitsvondig\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-06-10T08:43:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:26:20+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/harrison-ford-spitsvondig\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/harrison-ford-spitsvondig\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Harrison Ford: Spitsvondig","datePublished":"2011-06-10T08:43:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:20+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/harrison-ford-spitsvondig\/"},"wordCount":1531,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/harrison-ford-spitsvondig\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/harrison-ford-spitsvondig\/","name":"Harrison Ford: Spitsvondig | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2011-06-10T08:43:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:20+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/harrison-ford-spitsvondig\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/harrison-ford-spitsvondig\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/harrison-ford-spitsvondig\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Harrison Ford: Spitsvondig"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3544","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3544"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3544\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3544"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3544"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3544"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}