{"id":3538,"date":"2011-05-16T13:10:00","date_gmt":"2011-05-16T11:10:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/latswaai-in-suid-korea\/"},"modified":"2018-07-06T13:15:48","modified_gmt":"2018-07-06T11:15:48","slug":"latswaai-suid-korea","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/","title":{"rendered":"Latswaai in Suid-Korea"},"content":{"rendered":"<p>Die &#8220;Oorbruggingsjaar&#8221; of &#8220;gapjaar&#8221; is lankal \u2019n gonswoord en die in-ding onder die jonges. Engeland was lank Suid-Afrikaners se gewildste bestemming, maar di\u00e9 land is nie meer so toeganklik nie. Deesdae gaan gee baie jong gegradueerdes Engels in die Ooste in lande soos Japan, Taiwan, China en Suid-Korea. Jy weet \u2019n kind moet die nes verlaat, maar wanneer hulle besluit om hul vlerke te sprei en ander w\u00earelde en vastelande te verken, voel \u2019n ouer maar effens benoud. Gaan sy alleen regkom in \u2019n vreemde land en vreemde kultuur en nog so ver van die huis af ook?<\/p>\n<p>Maar \u2019n mens weet ook die kind is groot en sy kies \u2019n wonderlike leerskool wat haar verantwoordelikheid en onafhanklikheid gaan leer. N\u00e1 ses maande gaan kuier ek en my man by Anri wat Engels in Suid-Korea gee. Ek kon nie wag nie, want ses maande was lank &#8211; al het ek in di\u00e9 tyd dalk meer met haar oor Skype gesels as die vorige jaar toe sy ver van die huis af studeer het. Ons land in die hoofstad, Seoel (wat hulle &#8220;Soul&#8221; uitspreek), se pragtige, hipermoderne lughawe.<\/p>\n<p>Alles is blinkskoon en netjies en die mense is vriendelik. Ons is vinnig deur paspoortbeheer (Suid-Afrikaners het nie vakansievisums nodig nie) tot waar Anri op ons wag. Vreugde, blydskap &#8230; en verrassing! My kind het grootgeword! Ek kuier die eerste keer by \u2019n volwasse kind. Die rolle het ook \u2019n bietjie geskuif: Sy neem die besluite en lei ons deur nuwe ervarings en plekke, verduidelik hoe dinge werk en wat ons moet doen. Dis nogal \u2019n vreemde ervaring, maar lekker en goed vir ons albei. N\u00e1 \u2019n heerlike naweek in Seoel gaan ons saam met haar na haar eenslaapkamerwoonstel op die plattelandse dorpie Jindo waar sy woon en werk. \u2019n Paar dae later gaan ek saam met haar na een van haar skole toe (sy werk by drie skole), \u2019n ligpienk ruim gebou teen die hang van \u2019n sandsteenformasie onder \u2019n tradisionele tempel.<\/p>\n<p>As jy by die skool instap, trek jy in die voorportaal jou skoene uit en pantoffels aan \u2013 soos mense ook by hul huise en elders doen. Die netheid en tegnologie verras my, ook die vriendelikheid en verwelkoming wat byna aan bewondering grens. In die skool is onder meer \u2019n goed toegeruste biblioteek, wetenskaplaboratoriums, rekenaarlokale, \u2019n klankdigte musiekateljee met \u2019n ongelooflike verskeidenheid instrumente en in elke klas ook \u2019n groot rekenaar- of televisieskerm.<\/p>\n<p>Die 17 voltydse personeellede sien om na sewe klaslatswaai se en in nie een klas is meer as 15 kinders nie. Dan kom daar ander gespesialiseerde personeel (soos my kind vir Engels) op \u2019n deeltydse basis by vir kuns, musiek, dans en sport. Die aard van die werk, werksomstandighede en onderwysers se ure wissel afhangende van of dit \u2019n private, staat-, laer- of ho\u00ebrskool is, maar ook van skool tot skool. Skoolhoofde is gesiene mense met baie diskresion\u00eare mag. Die kontrakte by alle skole is vir \u2019n minimum van \u2019n jaar. As jy langer bly en jou sout werd is, kry jy \u2019n verhoging. Skole betaal onderwysers se verblyf, \u2019n gemeubileerde en toegeruste woonstel wat gewoonlik betreklik na aan die skole is. Jy betaal net die water, elektrisiteit en gas, wat nie duur is nie.<\/p>\n<p>Die skole betaal 50% van jou medies. Vir sowat R250 per maand is jy ten volle gedek. Een tot twee maaltye per dag is ook ingesluit. In private sowel as staatskole werk jy saam met \u2019n Koreaanse assistent of hulponderwyser en jy het geen naskoolse of buitemuurse verpligtinge nie. Anri en Dewald werk by staatskole en daar is nooit meer as 13 kinders in hul klasse nie, maar klasse kan veel groter wees. Jan- Harm Venter het vyf jaar by private skole gewerk en baie daarvan gehou. Volgens hom het elke private skool sy eie karakter, kurrikulum en onderrigmaniere. Private skole beslaan gewoonlik \u2019n verdieping van \u2019n ho\u00eb gebou en is omtrent nooit op die grondvloer nie, want die huurgeld is dan baie duurder. Staatskole lyk meer soos Suid-Afrikaanse skole, maar alle skole is goed toegerus en basies dieselfde.<\/p>\n<p>In die private skole skryf kinders elke drie maande toetse en op grond van hul prestasie word hulle in klasse ingedeel:<\/p>\n<p>Die sterkes in een klas. In albei skole fokus die buitelandse onderwyser meer op praat, luister, lees en uitspraak. Die Koreaanse onderwysers leer hulle grammatika en leesbegrip. In private skole deel jy klasse met jou hulponderwyser. Een dag hanteer jy die klas en die volgende dag is dit sy beurt. Kinders gaan Saterdae ook skool. By staatskole is die assistent-onderwyser altyd saam met jou in jou klas en beweeg ook saam met jou van skool tot skool. Hulle doen meestal al die voorbereiding en hanteer die dissipline terwyl jy die klas lei.<\/p>\n<p>Al voorbereiding wat buitelanders moet doen, is om soms addisionele speletjies en aktiwiteite voor te berei.<br \/>\nAndersins volg jy voorgeskrewe boeke en kurrikulums. By staatskole word daar selde van buitelanders verwag om op Saterdae te werk. Die fokus is op spreektaal-Engels. Hulle moet hoofsaaklik seker maak die kinders leer om die woorde reg uit te spreek. Die kleintjies doen geen skryf- of leeswerk in Engels nie, maar van ho\u00ebrskool af wel. Jan-Harm s\u00ea dit was vir hom wonderlik om ander kulture te beleef. &#8220;Jy het genoeg geld om lande soos Japan, Vi\u00ebtnam, China, die Filippyne, Thailand, Maleisi\u00eb of Indonesi\u00eb te besoek. Dis baie bekostigbaar om te reis en met een maand se salaris kan jy na enige van die lande gaan. Jy leef gemaklik in Korea, want jy is nooit oor geld bekommerd nie.<\/p>\n<p>&#8220;Maar alles is nie maanskyn en rose nie. Jy word maar soms homesick en die Koreane verstaan nie regtig jou emosies nie. Die taal is die grootste uitdaging en maak kommunikasie moeilik en misverstande moontlik.&#8221; Jan-Harm s\u00ea hy het n\u00e1 vyf jaar steeds nie \u2019n idee wat hulle s\u00ea nie, al kan hy al die taal lees en skryf. Anri en Dewald s\u00ea dis sleg om dikwels nie regtig te weet wat aangaan nie. Dis soms moeilik om iets te re\u00ebl en dikwels hoor jy op die nippertjie eers van re\u00eblings. Gelukkig is die mense baie vriendelik en doen moeite om jou te help. Hulle maak \u2019n ophef van buitelanders en behandel hulle met die grootste agting en respek. Die buitelanders vorm ook \u2019n gemeenskap wat lekker saam kuier.<\/p>\n<p>In Korea is enige tegnologie bekostigbaar en uiters gevorderd. Die Internet se spoed is ongelooflik en dis baie maklik om iets soos musiek en rolprente af te laai. Vir R260 per maand het jy amper onbeperkte Internettoegang. Met die Internet en Skype kan jy daagliks met jou ouers en vriende in Suid-Afrika praat en al jou foto&#8217;s en ervarings maklik vir hulle wys. Die lekkerste is om aan die einde van die maand jou salaris te sien en te dink hoe maklik jy dit eintlik verdien het en hoeveel moontlikhede dit jou gee.<\/p>\n<p>Die Koreane is buitelugmense wat hul pragtige natuurskoon geniet en benut. Naweke is daar \u2019n groot uittog op die magdom korter en langer staproetes. Die openbare vervoerstelsel is baie goed, betyds, beskikbaar en goedkoop. Die land is betreklik klein en dit is maklik om die land oor naweke te verken. Die weer wissel van koue winters met sneeu tot warm, drukkende somers. Die Koreane is trotse mense wat gemaklik saam met buitelanders kuier, maar hulle sal nie sommer liefdesverhoudings met hulle aanknoop nie. Hulle vrek oor enige nuwe tegnologie en wys graag die jongste Ipod of kamera op die mark. In Korea is min armoede en geen bedelaars nie.<\/p>\n<p>Die kos is aanvanklik vir baie buitelanders \u2019n uitdaging, hoewel Westerse kosse in die stede heel bekombaar is. Rys is die stapelvoedsel, maar hulle eet ook baie vrugte en groente en die kos is dikwels sterk gekrui. Groente en vrugte is veral op die platteland nogal duur, maar vleis is eintlik goedkoop.<\/p>\n<p><strong>Wat bied die ervaring jongmense?<\/strong><br \/>\n# Uithouvermo\u00eb: Om emosioneel sterk te word en aan te hou wanneer dit nie lekker of maklik is nie; om nie op te pak en huistoe te gaan nie.<br \/>\n# Mensekennis: Aanvaarding van mense en geduld. Die Koreane sien almal as broers en susters en niemand word uitgesluit of agtergelaat nie.<br \/>\n# Lewenswysheid en verdraagsaamheid:<br \/>\n# Dit verbreed jou visie en ervaringsveld. Selfvertroue, onafhanklikheid en om alleenheid te kan hanteer.<br \/>\n# Sosiale vaardighede: Om kultuurverskille te waardeer, respekteer en te hanteer en by ander te leer (Koreane hanteer konflik ongelooflik: Hulle baklei nie of praat nie as hulle kwaad is nie, maar wag tot hulle afgekoel het en praat dan rustig); om vriende te maak met mense van oral ter w\u00eareld.<br \/>\n# \u2019n Geleentheid om te spaar.<\/p>\n<p>Jan-Harm s\u00ea dit is onmoontlik om nie te spaar nie! Beginsalarisse is gewoonlik so 2 miljoen won, sowat R13 300 per maand. Jy kan R8 000 per maand spaar en steeds ruim lewe, kuier en uiteet. Die belasting beloop nie sommer meer as 4% nie. Die meeste jongmense beveel \u2019n jaar in Korea onomwonde aan. Die agentskappe re\u00ebl gewoonlik vir aansoekers die dokumentasie soos werkvisumaansoeke en die kontrak met jou werkgewer. Van die agentskappe, soos die Canadian Connection wat my kind se re\u00eblings getref het, doen dit gratis, want hulle kry kommissie vir elke plasing. Hulle was uiters professioneel en het die kinders goed voorberei met dokumentasie wat hulle vooraf moes deurwerk en werklik gedetailleerde inligting van die oomblik wat hulle land tot hulle by hul skool en verblyf uitkom. Daar aangekom, is hulle dadelik vir \u2019n week na \u2019n hotel geneem vir \u2019n ori\u00ebnteringskursus sodat hulle presies weet wat van hulle verwag<br \/>\nword, wat is kultureel aanvaarbaar en wat nie. Hulle is geleer hoe die openbare vervoerstelsel werk, en is gehelp om \u2019n bankrekening oop te maak. Daar het hulle ook sommer \u2019n klomp ander Engelssprekende buitelanders ontmoet.<\/p>\n<p>Aansoekers moet hul eie vliegkaartjie na Korea koop, maar n\u00e1 die eerste maand gee hulle die geld vir jou terug. Jan-Harm se ma, Tersia, wat vir talle jongmense poste in Korea gere\u00ebl het, beveel ouers aan om hul kinders die geleentheid te gee. &#8220;Kinders leer daar selfstandigheid en waardering vir sy land, mense en ouers! Boonop kan hulle baie spaar en met \u2019n neseiertjie terugkom sonder om soos \u2019n slaaf te werk. En met die Internet is dit so maklik om gereeld met hulle te kommunikeer. Hulle kry eerder swaar om weer in Suid-Afrika aan te pas omdat hulle daar so min uitgawes het en so luuks en gemaklik lewe. Ek sien dit as \u2019n sorgvrye en veilige jaar, veral omdat Korea van die laagste misdaadsyfers ter w\u00eareld het en die Koreane konserwatiewe mense met ho\u00eb morele waardes is. Verder het elke dorp of stad \u2019n Christelike kerk, omtrent 40% Koreane is toegewyde Christene wat die buitelanders op die hande dra. My kind het al ges\u00ea waar mense in Suid-Afrika die telefoon antwoord met &#8216;Hallo, hoe gaan dit?&#8217; s\u00ea die Koreane &#8216;Hallo, het jy al ge\u00ebet?'&#8221;<\/p>\n<p><strong>Hoe gaan \u2019n mens te werk?<\/strong><br \/>\nSkakel met \u2019n betroubare agentskap of iemand soos Jan-Harm wat ervaring en betroubare kontakte in Korea het.<br \/>\nAgente wat plasings in Koreaanse skole re\u00ebl:<br \/>\n# Jan-Harm Venter by janharm2010@hotmail.<br \/>\ncom of tel. 079 062 9385<br \/>\n# Dave&#8217;s ESL Caf\u00e9 (www.eslcafe.com) ESL Hub (www.eslhub.com)<\/p>\n<p>Skoolhou in Korea gee jongmense vryheid, maar met die sekuriteit van \u2019n veilige omgewing, \u2019n vaste salaris en goeie byvoordele soos behuising, medies en etes. Dit bied hulle die geleentheid om die w\u00eareld te sien deur volwasse werk te doen met die minimum verantwoordelikheid en kommer; \u2019n geleentheid om hul horisonne te verbreed, nuwe kulture te leer ken en hul karakter te slyp.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die &#8220;Oorbruggingsjaar&#8221; of &#8220;gapjaar&#8221; is lankal \u2019n gonswoord en die in-ding onder die jonges. Engeland was lank Suid-Afrikaners se gewildste bestemming, maar di\u00e9 land is nie meer so toeganklik nie. Deesdae gaan gee baie jong gegradueerdes Engels in die Ooste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98960,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[680],"tags":[],"class_list":["post-3538","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sukses-en-geld"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Latswaai in Suid-Korea | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Latswaai in Suid-Korea | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die &#8220;Oorbruggingsjaar&#8221; of &#8220;gapjaar&#8221; is lankal \u2019n gonswoord en die in-ding onder die jonges. Engeland was lank Suid-Afrikaners se gewildste bestemming, maar di\u00e9 land is nie meer so toeganklik nie. Deesdae gaan gee baie jong gegradueerdes Engels in die Ooste [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-05-16T11:10:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T11:15:48+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Latswaai-in-Suid-Korea.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"863\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/latswaai-suid-korea\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/latswaai-suid-korea\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Latswaai in Suid-Korea\",\"datePublished\":\"2011-05-16T11:10:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:15:48+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/latswaai-suid-korea\\\/\"},\"wordCount\":1930,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/latswaai-suid-korea\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Latswaai-in-Suid-Korea.jpeg\",\"articleSection\":[\"Sukses en geld\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/latswaai-suid-korea\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/latswaai-suid-korea\\\/\",\"name\":\"Latswaai in Suid-Korea | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/latswaai-suid-korea\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/latswaai-suid-korea\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Latswaai-in-Suid-Korea.jpeg\",\"datePublished\":\"2011-05-16T11:10:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:15:48+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/latswaai-suid-korea\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/latswaai-suid-korea\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/latswaai-suid-korea\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Latswaai-in-Suid-Korea.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Latswaai-in-Suid-Korea.jpeg\",\"width\":863,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/latswaai-suid-korea\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Latswaai in Suid-Korea\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Latswaai in Suid-Korea | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Latswaai in Suid-Korea | rooi rose","og_description":"Die &#8220;Oorbruggingsjaar&#8221; of &#8220;gapjaar&#8221; is lankal \u2019n gonswoord en die in-ding onder die jonges. Engeland was lank Suid-Afrikaners se gewildste bestemming, maar di\u00e9 land is nie meer so toeganklik nie. Deesdae gaan gee baie jong gegradueerdes Engels in die Ooste [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-05-16T11:10:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T11:15:48+00:00","og_image":[{"width":863,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Latswaai-in-Suid-Korea.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Latswaai in Suid-Korea","datePublished":"2011-05-16T11:10:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:15:48+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/"},"wordCount":1930,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Latswaai-in-Suid-Korea.jpeg","articleSection":["Sukses en geld"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/","name":"Latswaai in Suid-Korea | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Latswaai-in-Suid-Korea.jpeg","datePublished":"2011-05-16T11:10:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:15:48+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Latswaai-in-Suid-Korea.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Latswaai-in-Suid-Korea.jpeg","width":863,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/latswaai-suid-korea\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Latswaai in Suid-Korea"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3538","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3538"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3538\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98960"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3538"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3538"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3538"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}