{"id":3534,"date":"2011-05-10T15:37:00","date_gmt":"2011-05-10T13:37:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/ritalin-se-nuwe-onwettige-gebruike\/"},"modified":"2020-02-28T10:48:06","modified_gmt":"2020-02-28T08:48:06","slug":"ritalin-se-onwettige-gebruike","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/","title":{"rendered":"Wat jy nou moet weet oor Ritalin se onwettige gebruike"},"content":{"rendered":"<p><em>Wat jy nou moet weet oor Ritalin se onwettige gebruike deur Salom\u00e9 Delport<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>In die praktyk verbeter Ritalin \u00e1lmal se konsentrasie en ooreenstemmend hul prestasie. \u2019n Goeie konsentreerder wat 80% haal, kan op\u00a0Ritalin 90% vermag. \u2019n Hele geslag studente weet dit reeds.<\/p>\n<p>Die eerste student wat ek kon opspoor wat Ritalin hiervoor gebruik het, was in 2006 \u2019n eerstejaar op Maties. Nie dat ek dink hy was die eerste nie \u2013 eerder dat di\u00e9 gebruik plaaslik al baie langer as\u00a0vyf jaar aangaan.\u00a0Sover ons kon vasstel, het geen enkele van ons universiteite \u2019n beleid hieroor nie \u2026 en neem gebruik vir seker toe. (Nota: ons gebruik die term Ritalin as die generiese term om al die neurostimulante in te sluit, soos Ritalin, Concerta, Stattera, Allderall, Provigil en so aan.)<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jou-kind-adhd-of-begaafd\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Is jou kind ADHD of begaafd?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Studente kry Ritalin maklik<\/h4>\n<p>Zahni* (skuilnaam) swot B.Com. Regte op Stellenbosch. Die kursus is volgelaai om \u2019n sekere aantal\u00a0 regsvakke in te werk. Net een uit elke drie eerstejaars behaal uiteindelik hul graad. Zahni was op skool \u2019n uitblinker met provinsiale kleure in lewensredding en hokkie en het ondanks haar vol program \u2019n B-gemiddeld\u00a0gehandhaaf. Sy het verwag om haar eerste jaar te slaag. Maar toe kom die punte, en sy druip vier van haar sewe vakke. &#8220;Ek w\u00edl \u2019n graad h\u00ea, want dit gee \u2019n mens geleenthede. Toe ek begin terugdink wat skeef geloop het, het ek besef dis nie dat ek nie wou leer nie. Dis is eerder dat ek nie kon nie. Ek was net te rusteloos.&#8221;<\/p>\n<p>Op skool het sy nooit met konsentrasie gesukkel nie. &#8220;Ek het gewonder of ek intussen aandagafleibaar\u00a0 geword het. My ma het my na \u2019n doktersvriend gestuur. Hy het dadelik ges\u00ea sy seun is ook op universiteit en hy vind Ritalin &#8220;<em>really useful<\/em>&#8221; en dat hy dit vir my sal voorskryf net soos vir sy seun. Ek moet dit net vir toetse\u00a0en die eksamens gebruik.&#8221;<\/p>\n<p>Derrick* (skuilnaam) het sy ma se arm gedraai. &#8220;Almal by AAA gebruik dit &#8211; oukei, nie almal nie maar baie studente. Dis nie <em>fair<\/em> dat hulle Ritalin gebruik en maklik swot en ek sit en sukkel nie. Ek het vir my ma ges\u00ea ek kan dit op straat koop, of sy kan my dokter toe stuur om dit op die veiliger manier te kry.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kop-werk-anders\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">My kop werk anders<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>&#8220;Dit was maklik om die dokter te oorreed. Ek weet min of meer wat is AAHS en ek het vir haar vertel ek\u00a0 sukkel om langer as \u2019n halfuur te leer en dat ek in elk geval die helfte van die tyd sit en prentjies teken.&#8221;\u00a0<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Albert (regte naam), \u2019n student in rekenaarwetenskappe by die Kaapse Tech, se roete tot Ritalin is \u2019n riller:\u00a0hy het \u2019n pil &#8220;geleen&#8221;. &#8220;Dit was in 2008. Ek moes net hierdie een vraestel deurkom. Ek het dit al twee keer tevore geskryf en elke keer net-net gedop. Toe ek vir my woonstelmaat s\u00ea ek weet nie hoe ek dit gaan maak nie, het hy voorgestel ek vat een van sy Concertas. Hy&#8217;s van skool af al daarop en het ges\u00ea ek gaan sien hoe ek kan konsentreer. Ek het dit daardie oggend geneem en geleer en gaan skryf.&#8221;<\/p>\n<p>Hierdie &#8220;gelenery&#8221; onder die studente is algemeen. Zahni se woonstelmaat wou kyk hoe dit werk en het een geleen \u2013 haar k\u00earel ook. En al drie studente weet Ritalin is op hul kampusse te koop.<\/p>\n<p>&#8220;Baie studente met permanente voorskrifte gebruik hul pille net as hulle moet leer en verkoop die res, veral in die koshuise,&#8221; vertel Zahni. Derrick s\u00ea jy kan Ritalin op die Internet bestel \u2013 wat hy sou gedoen het as sy ma hom nie dokter toe laat gaan het nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoekom-vroue-makliker-verslaaf-raak-aan-pynpille\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoekom vroue makliker aan pynpille verslaaf raak as mans<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Maar werk dit regtig?<\/h4>\n<p>Anneke, \u2019n onderwyseres wie se kind op Ritalin is, wou dit self toets en het een geneem. Sy vertel dit is &#8220;asof jou aandag soos met \u2019n magneet vasgegryp word. Jy kan skielik fenomenaal fokus. Niks laat jou aandag dwaal nie. Jy versit berge, want jy konsentreer ure aaneen sonder om moeg te word&#8221;. Albert, Derrick en Zahni het hul Ritalin-gedrewe eksamens met gemak geslaag. Nog \u2019n arbeidsterapiestudent se ma vertel haar punte in fisiologie het van net onder die 50% in Junie tot 86% in November gestyg. Albert s\u00ea een van sy vriende het sy eerste jaar ingenieurswese gedruip. Die volgende jaar was hy terug &#8211; maar met Ritalin.<\/p>\n<p>&#8220;Hy het toe alles ge-cum. Sover ek weet, het hy sy graad ook ge-cum. Niemand het op skool gedink hy is so slim nie.&#8221;<\/p>\n<p>En dan is daar die ander soorte voordele: Zahni vertel dat sy deur die jaar nooit oor naweke leer nie en deur die week &#8220;dalk so twee uur per dag swot&#8221;. Sy wen tyd wat sy met haar k\u00earel en sosiaal deurbring. Albert kon ondanks \u2019n voltydse beroep sy leerwerk bybring.<\/p>\n<p>Hy het oorspronklik met B.Com. begin en gedop, wat hom met \u2019n hoop studieskuld gelaat het. Boonop was dit vir hierdie slimkop baie vernederend. Hy kan nie help om te wonder wat sou gebeur het as hy op Ritalin was nie. Derrick voel hy kry selfvertroue \u2013 en jy kan dit aan sy stem hoor. &#8220;Jy voel <em>great<\/em> as jy goed doen. My pa-hulle verwag ek moet deurkom. Anders kry ek &amp;*\u00a3$. My suster doen honneurs en ek wil hulle op my ook laat trots voel. &#8220;Dis <em>major<\/em> om op Ritalin te swot. Ek was tevore\u00a0 moedeloos, want dit gaan stadig en jy raak suf. Nou gaan ek soos blits deur massas werk. Ek wil nie weer sonder Ritalin eksamen skryf nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pynpilverslawing\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Toets jouself &#8211; ly jy aan \u2019n pynpilverslawing?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>&#8220;Ek weet mense dink dis die easy way out. Maar dis nie waar nie. Jy is glad nie lui op Ritalin nie. Ek moes nog altyd sit en leer. Dis net makliker.&#8221; <\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dis logies dat die student wat vir vier uur of twaalf uur (die verskillende middels werk van vier tot twaalf uur lank) kan fokus baie meer kennis sal vasl\u00ea as die ander student wat n\u00e1 twee uur breinvoos is. Geen student, hoe pligsgetrou ook al, kan op eie stoom twaalf uur aaneen leer nie. Nie eens op die vleuels van <em>Red Bull<\/em> of op die kafe\u00efenskop van ekstrasterk koffie nie. Ekstra ure voor die boeke wys in die punte. En dit is, reg of verkeerd, waaroor dit gaan. Want dit is op punte dat jy keuring kry vir talle kursusse, plek in die koshuis kry en behou, kwalifiseer en in \u2019n beroep instap en \u2019n vet inkomste bekom. En dink net wie kan almal baat vind daarby &#8230; en vind reeds baat daarby.<\/p>\n<p>\u2019n Vriend sluk elke Kersvakansie een vir die lang reis van Ellisras na die Kaap, want &#8220;daarmee kan ek deurnag bestuur terwyl my vrou en kinders slaap. Dis die pynvryste manier om daar te kom&#8221;.\u00a0 \u2019n Narkotiseurkennis vra \u2019n relevante vraag: Wil jy liewer h\u00ea dat jou chirurg Concerta drink en helder konsentreer vir die volle sewe uur van jou operasie \u2013 of dat hy n\u00e1 twee uur moeg en suf is?<\/p>\n<p>Die Amerikaanse lugmag stel reeds Modafinil opsioneel beskikbaar aan vlie\u00ebniers op lang vlugte.<\/p>\n<p>Jacques Steenkamp, personeelbestuurder by \u2019n groot maatskappy s\u00ea &#8220;maatskappye stel in produktiwiteit belang. Punt. Die een wat die meeste lewer, is die dinamiese een wat jy bevorder en vergoed. As \u2019n personeellid Ritalin vrywillig gebruik, sal g\u2019n maatskappy kla nie. Dit sal wees soos om te s\u00ea &#8216;moenie \u2019n bril dra nie, want jy gaan beter sien&#8217;. Ek kan insien hoekom mense dit sal wil gebruik.&#8221; In vergelyking met die reusevoordele is die prys van Ritalin niks.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Jy, jy kan tetanus kry as \u2019n hond jou byt<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Gaan jy onthou of gou vergeet?<\/h4>\n<p>Maar niemand wil behandel word deur \u2019n dokter wat direk n\u00e1 sy eksamen alles vergeet het nie. Kan ons staatmaak op die kennis wat studente op Ritalin vasl\u00ea? Derrick glo dit werk maar net soos gewoonlik. &#8220;Vir een vraestel het ek ge-<em>cram<\/em>. Ek het net die dag geleer en die aand gaan skryf. Ek het al daardie goed vergeet, net soos hulle altyd s\u00ea jy sal. Vir die ander vraestelle het ek gelees, opgesom, my opsommings geleer en hersien. Al daardie goed onthou ek nou n\u00e1 \u2019n maand nog helder.&#8221;<\/p>\n<p>Dr. Frans Korb, \u2019n Johannesburgse psigiater, en \u2019n Pretoriase psigiater wat dikwels met mediese studente werk en anoniem wil bly, s\u00ea altwee daar is geen navorsing wat bewys dat mense akademies beter vaar op Ritalin nie. Die Pretoriase psigiater vermoed dat veral die leerders wat deur uitkomsgebaseerde onderwys geskool is, het nie studievaardighede\u00a0ontwikkel nie en is oorweldig deur die groot volumes werk wat tipies van mediese studente verwag word.<\/p>\n<p>&#8220;Ek kom dikwels agter dat di\u00e9 wat Ritalin kom vra eintlik leefstyladvies benodig. Hulle probeer nagte deur studeer en is gou oormoeg; hulle leef op <em>Coke<\/em> en tjips, wat nie die brein voed nie; of hulle slaap met die TV aan en kry dus \u2019n baie swak gehalte slaap. As hulle net gemiddeld presteer, dalk vir die eerste keer in hul lewe, ontwikkel hulle prestasie-angs, wat die vermo\u00eb om te studeer belemmer. Vir baie is net \u2019n bietjie bemoediging en praktiese advies voldoende.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Slim \u2026 en dood?<\/h4>\n<p>Maar Lynne Visagie, kantoorbestuurder van ADHASA, \u2019n ondersteunersgroep vir AAHS-lyers en hul ouers, se storie laat jou wonder. Haar seun Christopher is op elf op Ritalin geplaas \u2013 heeltemal kosjer, want hy het AAHS. Hy was \u2019n superfikse klubswemmer en het goed gevaar op Ritalin. Maar n\u00e1 sowat \u2019n jaar daarop het sy hart een Saterdagoggend woes begin klop.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>&#8220;Hy het ges\u00ea dit voel asof sy hart uit sy keel wil spring en dat hy\u00a0nie kan asem kry nie. Ons is na \u2019n sportdokter wat hom op die trapmeul gesit het. Binne \u2019n minuut het sy hartklop van 65 na 144 opgeskiet, wat vreemd vir \u2019n sportpresteerder is.&#8221;<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;Daarna het \u2019n kardioloog hom ondersoek maar niks gekry nie \u2013 buiten dat hy Ritalin drink. Die dokter het toe vir ons ges\u00ea Ritalin veroorsaak by \u2019n klein persentasie mense hartprobleme. Hy het aanbeveel ons staak die Ritalin en kyk of dit weer gebeur. Dis nou vier jaar later en Christopher het nooit weer \u2019n enkele episode gehad nie. Ek glo Ritalin het sy hart geaffekteer. Ek is net baie dankbaar dit was omkeerbaar.&#8221;<\/p>\n<p>Ritalin word sonder twyfel gekoppel aan \u2019n klein aantal sterftes. Dis moeilik om vas te stel hoeveel gevalle daar al was: Amerikaanse bronne s\u00ea 51 sterftes van 1999 tot 2006; \u2019n Britse bron gee 521 gevalle met &#8220;<em>adverse effects<\/em>&#8220;, wat alle newe-effekte van slaaploosheid tot die dood insluit. In ons land wou Novartis en Janssen nie hul syfers verskaf nie, hoewel altwee \u2019n sentrum het wat newe-effekte monitor.<\/p>\n<p>Dit is juis weens die newe-effekte dat dr. Korb absoluut vas staan dat Ritalin &#8220;nie soos jellielekkers deur dokters uitgedeel en deur studente by mekaar geleen mag word nie. Mense met hartprobleme, potensieel bipol\u00ear is, tics het (Tourette-sindroom) of reeds ander medikasie gebruik, mag nie Ritalin neem nie. Baie mense weet nie dat hulle onderliggende kwale het nie, wat dan deur Ritalin gesneller word. As jy Ritalin &#8216;leen&#8217; wie maak seker jy is iemand wat Ritalin veilig kan gebruik?<\/p>\n<p>&#8220;Ritalin is \u2019n wondermiddel maar in die regte hande en vir die regte doel. Ek glo Ritalin moet net deur psigiaters voorgeskryf word, omdat hulle opgelei is om risiko&#8217;s te identifiseer en tussen misbruik en gebruik kan onderskei.&#8221;<\/p>\n<p>\u2019n Kaapse psigiater Juan Schr\u00f6nen wys op nog \u2019n ernstige probleem: &#8220;Die pel by wie jy \u2019n pil &#8216;leen&#8217; is dalk op \u2019n sterk dosis \u2013 heeltemal te sterk vir jou. Hoe sterker die dosis, hoe groter is die kans dat jy newe-effekte gaan ervaar. Ons verstaan ook nie dopamien goed nie en oordosering is \u2019n werklike risiko.&#8221;<\/p>\n<p>Maar die studente lag weer. Ritalin word al \u2019n halfeeu deur dermiljoene kinders gebruik. &#8220;As dit vir kinders voorgeskryf word, is dit per definisie veilig. Bitter min mense gaan newe-effekte ervaar \u2013 veral nie as jy dit net vir eksamens hou en reg drink nie,&#8221; s\u00ea Derrick, wat heelwat op die Internet nagelees het. Derrick het nie newe-effekte opgemerk nie. &#8220;Ek het nooit groggy gevoel nie. Daar was bietjie buzz in my kop maar net die eerste paar dae.&#8221; Die newe-effek wat Albert die meeste gepla het, was dat hy vir 24 uur glad kon nie slaap nie. Zahni s\u00ea ook sy het goed gevoel. &#8220;Ek was net minder geselserig, terwyl ek gewoonlik chatty is. Maar ek was nie aggressief of ge\u00efrriteerd nie. Net stiller. Ek het ook effens naar gevoel en ek kon glad nie eet nie.<\/p>\n<p>Die dokter het ges\u00ea ek moet myself dwing om reg en gereeld te eet terwyl ek Ritalin gebruik.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Dis nie jou speelmaat as jy enige van die volgende het nie<\/h4>\n<p>\u2022<em> tics<\/em> of Tourette-sindroom of iemand in die familie daarmee het<br \/>\n\u2022 aan epilepsie ly<br \/>\n\u2022 tiro\u00efedprobleme\u00a0het<br \/>\n\u2022 hartprobleme het<br \/>\n\u2022 reeds ander dwelmmiddels gebruik het of verslaaf is<br \/>\n\u2022 swanger is<br \/>\n\u2022 ho\u00eb\u00a0bloeddruk het<br \/>\n\u2022 nierprobleme het<br \/>\n\u2022 alkohol daarmee saam gebruik<br \/>\n\u2022 bipol\u00ear of depressief is, of psigotiese episodes gehad het<br \/>\n\u2022 volwasse AAHS het<\/p>\n<p>Net dagga word meer as Ritalin gebruik. Gaan studente in die toekoms \u2019n piepietoets voor elke vraestel doen? Of is die universiteite maar net te dankbaar as die studente slaag?\u00a0Dr. Retief s\u00ea dat daar glad nie oor Ritalingebruik op aansoekvorms uitgevra word nie en dat gebruik met vraestelle nie gemonitor word nie. &#8220;Dit is \u2019n private aangeleentheid en ons sal nie teen studente op Ritalin diskrimineer nie. As \u2019n dokter dit voorgeskryf het, is dit eties aanvaarbaar. Waarom sal ons inmeng met \u2019n\u00a0ander dokter se professionele mening?&#8221; Toetsing sal in elk geval ontwyk kan word omdat hierdie middels binne 24 uur uitgeskei is \u2026 terwyl die verworwe kennis langer of minstens tot n\u00e1 die vraestel bly.<\/p>\n<p>Prof. Key Moodley, hoof van die Bio-etiese Eenheid by dieselfde fakulteit is baie duidelik gekant daarteen.<\/p>\n<p>&#8220;Ritalin kan studente \u2019n onregverdige voordeel gee bo di\u00e9 wat die heel jaar hard werk. Dit druis teen alle beginsels van reg en geregtigheid in. Studente wat Ritalin misbruik, is niks minder as dwelmgebruikers nie, en dokters wat dit voorskryf, is niks anders as dwelmsmouse nie. Dit is heeltemal onwettig en ontoelaatbaar\u00a0op ons kampus en dokters wat dit onregmatig voorskryf, kan geskors word.&#8221; Maar ook sy gee toe dat as die student \u2019n voorskrif het, sal die universiteit dit moet aanvaar.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die etiek-skuiwergat<\/h4>\n<p><strong>Hoekom gee dokters Ritalin vir studente as hulle daaroor geskors kan word?<\/strong><br \/>\nGeeneen van die dokters wat volgens ons kennis Ritalin voorskryf, wou kommentaar lewer nie: hulle is tevrede dat hul diagnoses geregverdig was. Maar hoeveel tel druk uit hul vriendekringe en hul eie ervaring met die sogenaamde &#8220;off-label&#8221; gebruik daarvan? Sou Zahni haar voorskrif gekry het as die dokter nie \u2019n vriend van haar ma was nie en as sy seun nie suksesvol op Ritalin geswot het nie? En dan is daar manipulasie deur die studente. Sou Derrick syne gekry het as hy nie die tekens en simptome vooraf gaan opswot het nie?\u00a0Maar talle dokters \u2013 hopelik die meeste \u2013 sal nie Ritalin met die oog op akademiese prestasie uitdeel nie, s\u00ea dr. Korb: &#8220;Dit werk net nie so nie. Vir \u2019n voorskrif evalueer jy \u2019n pasi\u00ebnt twee uur lank, en jy skryf dit net voor as hy werklik AAHS het.&#8221;<\/p>\n<p>Die skuiwergat l\u00ea juis daarin dat die voorskrif op \u2019n onderhoud gegrond is. Daar is geen toetse waarmee \u2019n dokter kan vasstel dat \u2019n pasi\u00ebnt aandag-afleibaar is, of nie is nie. Die dokter se maatstaf is net dit wat die pasi\u00ebnt aan hom meedeel en die dokter se beoordeling daarvan. Dit gee die studente \u2019n kans op manipulasie.\u00a0Tegelykertyd beskerm dit die dokter: Hoe gaan bewys kan word dat hy die pasi\u00ebnt verkeerd gediagnoseer\u00a0het? Dr. Schr\u00f6nen s\u00ea daar word tans gewerk aan nasionale riglyne om die gebruik van Ritalin beter te beheer. Een voorstel is dat net psigiaters dit mag voorskryf.<\/p>\n<p>Maar in hierdie stadium weet die dokters reeds dat dit &#8220;help&#8221; \u2013 soos Zahni se dokter laat blyk het.\u00a0Hy is nie verkeerd nie \u2026 dalk eerder aan die voorpunt.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die toekoms<\/h4>\n<p>Daar is \u2019n nuwe neiging: kosmetiese neurologie of kognitiewe verbetering, oftewel die gebruik van middels om prestasie op te stoot by mense met voldoende intellektuele vermo\u00eb. Baie, baie navorsing is hieroor aan die gang, en \u2019n hele klomp middels word ondersoek. Die meerderheid is reeds op die mark, soos Modafinil, Provigil, die ampakiniene, donepezil en atomexitine. Maar hulle is goedgekeur vir toestande soos skofwerkers se ritmeversteurings, Alzheimersiekte, depressie en AAHS. Party kan memorisering verbeter terwyl party vermoedelik abstrakte denke sal verbeter. En geeneen is verslawend nie. Maar gebruik vir akademiese\u00a0 prestasie is\u00a0 tans &#8220;off-label&#8221; en daarom inderdaad steeds onwettig. Dr. Schr\u00f6nen bevestig dat &#8220;alle aanduidings is dat di\u00e9 middels geheue, konsentrasie en beplanning verbeter&#8221; en dat &#8220;alle aanduidings is\u00a0dat hulle effektief is en op die oog af onskadelik is. Die groot farmaseute wil ook die indikasies vir die voorskryf van hierdie middels &#8216;rek&#8217; om meer geld te in. Provigil se gebruik het in ses jaar van 6 miljoen tot 8 miljoen gestyg \u2026 &#8220;Hulle gaan ook nie van die mark af verdwyn nie.<\/p>\n<p>Miskien moet ons dit liewer beheer deur dit voor te skryf, eerder as dat mense dit van die Internet af kry. Is dit werklik veel anders as plastiese chirurgie waar mense geopereer word net om mooier te lyk, met baie groter risiko&#8217;s soos verminkende infeksies en lewensgevaarlike bloeding, in vergelyking met ritalins wat so ver ons weet veilig is? &#8220;Maar dit is ook waar dat ons nie so baie van die brein verstaan as wat ons van die vel weet nie, en dalk skade doen wat eers later sal wys. Tog word Ritalin al sestig jaar lank gebruik. &#8220;Maar ek wil geen twyfel laat dat ek glo ritalins moet Skedule 7 medikasie wees, dat dit nie vir meer as \u2019n maand per keer voorgeskryf mag word nie, en dat medikasie nie \u2019n plaasvervanger mag wees vir onbehoorlike studievoorbereiding nie.&#8221; Soos die studente s\u00ea: dit omskep gemiddelde presteerders in kitsgenie\u00eb. Wat \u2019n mens laat wonder of ons ook oor tien jaar anders gaan dink.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Maar Ritalin is mos vir aandagafleibare en hiperaktiewe kinders wat sukkel om stil te sit en aandag te gee? Korrek. Dis waarvoor dokters hierdie Skedule 6-middel voorskryf. Dit is trouens \u00e1l waarvoor dit in ons land \u2013 en w\u00eareldwyd \u2013 goedgekeur is. Maar die studente lag, want hulle weet van beter &#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":55320,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[23664,136,2792],"class_list":["post-3534","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-health","tag-gesondheid","tag-leef-gesond"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wat jy nou moet weet oor Ritalin se onwettige gebruike | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Ritalin word deesdae gebruik deur studente en werkendes om beter te konsentreer - met moontlike negatiewe gevolge. Ritalin se onwettige gebruike\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wat jy nou moet weet oor Ritalin se onwettige gebruike | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ritalin word deesdae gebruik deur studente en werkendes om beter te konsentreer - met moontlike negatiewe gevolge. Ritalin se onwettige gebruike\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-05-10T13:37:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-02-28T08:48:06+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/Student-studeer.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"666\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"15 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ritalin-se-onwettige-gebruike\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ritalin-se-onwettige-gebruike\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Wat jy nou moet weet oor Ritalin se onwettige gebruike\",\"datePublished\":\"2011-05-10T13:37:00+00:00\",\"dateModified\":\"2020-02-28T08:48:06+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ritalin-se-onwettige-gebruike\\\/\"},\"wordCount\":3044,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ritalin-se-onwettige-gebruike\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/05\\\/Student-studeer.jpg\",\"keywords\":[\"health\",\"Gesondheid\",\"leef gesond\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ritalin-se-onwettige-gebruike\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ritalin-se-onwettige-gebruike\\\/\",\"name\":\"Wat jy nou moet weet oor Ritalin se onwettige gebruike | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ritalin-se-onwettige-gebruike\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ritalin-se-onwettige-gebruike\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/05\\\/Student-studeer.jpg\",\"datePublished\":\"2011-05-10T13:37:00+00:00\",\"dateModified\":\"2020-02-28T08:48:06+00:00\",\"description\":\"Ritalin word deesdae gebruik deur studente en werkendes om beter te konsentreer - met moontlike negatiewe gevolge. Ritalin se onwettige gebruike\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ritalin-se-onwettige-gebruike\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ritalin-se-onwettige-gebruike\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ritalin-se-onwettige-gebruike\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/05\\\/Student-studeer.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/05\\\/Student-studeer.jpg\",\"width\":1000,\"height\":666,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ritalin-se-onwettige-gebruike\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wat jy nou moet weet oor Ritalin se onwettige gebruike\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wat jy nou moet weet oor Ritalin se onwettige gebruike | rooi rose","description":"Ritalin word deesdae gebruik deur studente en werkendes om beter te konsentreer - met moontlike negatiewe gevolge. Ritalin se onwettige gebruike","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wat jy nou moet weet oor Ritalin se onwettige gebruike | rooi rose","og_description":"Ritalin word deesdae gebruik deur studente en werkendes om beter te konsentreer - met moontlike negatiewe gevolge. Ritalin se onwettige gebruike","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-05-10T13:37:00+00:00","article_modified_time":"2020-02-28T08:48:06+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":666,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/Student-studeer.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"15 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Wat jy nou moet weet oor Ritalin se onwettige gebruike","datePublished":"2011-05-10T13:37:00+00:00","dateModified":"2020-02-28T08:48:06+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/"},"wordCount":3044,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/Student-studeer.jpg","keywords":["health","Gesondheid","leef gesond"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/","name":"Wat jy nou moet weet oor Ritalin se onwettige gebruike | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/Student-studeer.jpg","datePublished":"2011-05-10T13:37:00+00:00","dateModified":"2020-02-28T08:48:06+00:00","description":"Ritalin word deesdae gebruik deur studente en werkendes om beter te konsentreer - met moontlike negatiewe gevolge. Ritalin se onwettige gebruike","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/Student-studeer.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/Student-studeer.jpg","width":1000,"height":666,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ritalin-se-onwettige-gebruike\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wat jy nou moet weet oor Ritalin se onwettige gebruike"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3534","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3534"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3534\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55320"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3534"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3534"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3534"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}