{"id":3529,"date":"2023-09-29T14:05:00","date_gmt":"2023-09-29T12:05:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/bipoler-buie-jy\/"},"modified":"2023-09-29T14:07:13","modified_gmt":"2023-09-29T12:07:13","slug":"bipoler-buie-jy","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/","title":{"rendered":"Bipol\u00ear, buie &#038; jy"},"content":{"rendered":"<p>Dui jou bui op PMS of die menopouse? Of is dit depressie, bipol\u00eare depressie of \u2019n ander gemoedsiekte? Of is jy maar net op die outydse manier hartseer? Hoe weet jy? Psigiaters Liezl Koen en Katinka Botha antwoord vrae oor buie en gemoedsiektes. Hul antwoorde is nie as diagnoses bedoel nie maar eerder sodat ons beter verstaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>1 Ek word jare lank al vir depressie behandel maar n\u00e1 \u2019n onlangse trauma kan ek nie slaap, eet of konsentreer nie. Het ek dalk nou manies \u2013 en dus bipol\u00ear \u2013 geword?<\/strong><\/p>\n<p><strong>Liezl<\/strong> Om die vraag te beantwoord moet jy die verskille tussen hartseer, depressie en bipol\u00eare depressie verstaan: Alle mense ervaar hartseer n\u00e1 \u2019n gebeurtenis soos \u2019n sterfte en voel huilerig, moeg en ontsteld. Maar ons praat eers van \u2019n gemoedsteuring as jou hartseer minstens drie weke lank duur en dit jou so oorweldig dat jy nie soos altyd kan funksioneer nie, of as jy hartseer is ten spyte daarvan dat alles met jou goed gaan. Die onderskeid l\u00ea daarin dat \u2019n hartseermens gewoonlik \u2019n goeie rede daarvoor het maar nogtans met sy dagtake kan voortgaan, terwyl \u2019n depressiewe mens se lewe tot stilstand kom. Hy kan nie cope nie, voel oorweldig, sukkel om te konsentreer en onttrek.<\/p>\n<p>Mense met bipol\u00eare depressie ervaar twee gemoedskommelings: depressie soos die depressielyers en \u2019n uiters energieke fase waarin hulle besonder goed voel. Hierdie energie is anders as die energie van \u2019n dinamiese mens: waar \u2019n mens met gewone energie produktief is en werklik \u2019n groot klomp take afgehandel kry, is die bipol\u00ear in sy maniese fase eintlik onproduktief, al klink of lyk dit nie so nie. Hy sal baie praat en honderd dinge tegelyk doen maar niks kom klaar nie. Die simptome waarvan jy praat, klink soos depressie wat vererger het. As jy nie manies of &#8220;hoog&#8221; en hiperenergiek is nie, het jy nie bipol\u00eare depressie nie.<\/p>\n<p><strong>Katinka<\/strong> N\u00e1 \u2019n trauma is post-traumatiese tressindroom \u2019n moontlikheid. Mense met depressie ontwikkel juis makliker PTSS. Of dalk het jou depressie vererger, wat ook kan gebeur. \u2019n Ander moontlikheid is tagifilakse: die liggaam raak gewoond aan die medikasie, en dan moet jy oorskakel na \u2019n ander soort antidepressant.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>2 Ek is nuut in die bipol\u00eare bedryf. Ek ken depressie baie goed maar ek was verbaas oor my psigiater se diagnose vroeg 2010. Ek het nog nooit drie dae nie geslaap nie. Hoe is dit dan moontlik?<\/strong><\/p>\n<p><strong>Liezl<\/strong> Dis \u2019n mite dat alle bipol\u00eare mense deur hipermaniese fases gaan waartydens hulle nie slaap nie en allerlei vreemde dinge aanvang. Mense vergeet dat bipol\u00eare depressie in verskillende grade voorkom. Dis net die mense met tipe 1 wat swaai van hipermanie (waartydens hulle byvoorbeeld drie dae nie slaap nie) na diepe neerslagtigheid. Mense met tipe 2 ervaar dieselfde swaai maar in \u2019n ligter graad, met \u2019n ligter oorgestimuleerde fase, oftewel hipomanie. In werklikheid is baie tipe 2&#8217;s se maniese fase so lig dat hul huismense dit sien as vreemde gedrag, of as \u2019n bui wat oorwaai. Daarom word tipe 2 dikwels misgekyk en as buierigheid afgemaak.<\/p>\n<p>Nog \u2019n rede waarom tipe 2 moeilik diagnoseer, is dat baie mense net enkele maniese episodes in hul leeftyd ervaar. Ons weet maar eers dit is bipol\u00eare depressie wanneer iemand saam met sy depressie \u2019n maniese episode beleef.<\/p>\n<p>Daar is ook ander soorte bipol\u00ear, soos vinnig veranderende bipol\u00eare depressie (<em>rapid cycling<\/em>) waar mense binne \u2019n dag of \u2019n paar dae swaai. Hul huismense sal hulle as uiters buierig ervaar.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>3 Ek is bang my bipol\u00ear kan in skisofrenie ontwikkel. Kan dit?<\/strong><\/p>\n<p>My buie raak erger, en ek moes ophou praktiseer, wat vir my \u2019n geweldige verlies is.<\/p>\n<p><strong>Katinka<\/strong> Skisofrenie is iets heel anders: hierdie mense het delusies of wane en verloor kontak met die werklikheid. Hulle sal byvoorbeeld dink dat hulle supervermo\u00ebns het, dat God hulle \u2019n spesiale opdrag gegee het, dat hul telefoongesprekke afgeluister word en so aan.<\/p>\n<p><strong>Liezl<\/strong> Dit is nie die normale verloop dat bipol\u00eare depressie in skisofrenie verander nie. Gewoonlik bly bipol\u00eare depressie jou lewe lank redelik konstant. Eintlik sien ons dikwels dat dit &#8220;beter&#8221; raak. Nie omdat dit ooit genees nie (dit is ongeneeslik) maar omdat die meeste mense hul simptome beter leer ken en hulself met meer insig leer bestuur. Maar baie mense ervaar dat hul medikasie voortdurend aangepas moet word. As jou siekte vererger, moet jy na jou medikasie laat kyk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>4 Wat is \u2019n gesplete persoonlikheid?<\/strong><\/p>\n<p>En \u2019n psigopaat en \u2019n psigose? Die een dag vermoor my man troeteldiere en bedank sy werk om \u2019n diamantsmokkelaar te word; die volgende dag huil hy soos \u2019n kind.<\/p>\n<p><strong>Katinka<\/strong> Ons gebruik nie meer die term &#8220;gesplete persoonlikheid&#8221; nie. \u2019n Psigopaat het geen insig in die gevolge van sy dade nie en het geen sosiale gewete nie. Waar bipol\u00eare \u2019n gevaar vir hulself is, is skisofrene en psigopate \u2019n gevaar vir die gemeenskap.<\/p>\n<p><strong>Liezl<\/strong>\u00a0\u2019n Psigose het niks met psigopatie te doen nie: Ons noem dit wat die skisofreen hom verbeel \u2019n psigose, met ander woorde die persoon glo iets wat heeltemal ongegrond is en nie werklik bestaan nie. Hy sal byvoorbeeld stemme hoor of vreesaanjaende drogbeelde sien. \u2019n Psigiater evalueer gedrag en besluit daarvolgens watter soort gemoedsiekte \u2019n persoon het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>5 Ek het definitief genetiese depressie en is sedert die jare negentig op medikasie, selfs tydens my swangerskappe.<br \/>\n<\/strong><strong><br \/>\n<\/strong>My man is ongemaklik met die sosiale stigma van depressie. So bitter min mense weet van my siekte en ek het dus nie \u2019n sosiale ondersteuningstruktuur nie. Wat kan ek daaraan doen?<\/p>\n<p><strong>Katinka<\/strong> Ideaal gesproke staan jou maat jou by. Maar almal verstaan nie depressie nie en baie mense glo dat mense met depressie nie produktiewe, betroubare lede van die samelewing kan wees nie. Beter ingeligtheid help gewoonlik. Kan jou man dalk saam met jou na jou psigiater gaan, wat hom hopelik met feite en inligting van die geldigheid van depressie as \u2019n siekte kan oorreed? So \u2019n magdom navorsing en soveel mense kan darem seker nie almal verkeerd wees nie? Wat van \u2019n boek of twee? Ontsnap van Depressie van Piet Oosthuizen gee uitstekende, maklik verstaanbare inligting.<\/p>\n<p><strong>Liezl<\/strong> Dit kan baie ekstra druk op jou plaas \u2013 en tot jou depressie bydra \u2013 as jy jou siekte alleen moet dra. Dit help as jy openlik kan wees, al is dit teenoor net een mens. \u2019n Sielkundige wat jou so een keer per maand mentor, is nie so duur nie. Oorweeg ook SADAG, wie se beraders elke dag van agtuur soggens tot agtuur saans spesifiek reg staan om mense te ondersteun. (tel. 0800 21 22 23; <span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"http:\/\/www.sadag.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">www. sadag.co.za<\/a><\/span>). Oproepe na hulle is gratis. Die kuberruimte voeg \u2019n nuwe dimensie tot ondersteuning.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>6 My nageboorte depressie het nog nooit opgehou nie<\/strong>.<\/p>\n<p>Voor my kinders het ek al met depressie geworstel maar dit het baie erger geword n\u00e1 my kinders se geboorte. Die min slaap, min eie tyd en min privaatheid was net vir my een te veel. Ek is baie lief vir my kinders maar as ek voor die tyd geweet het wat voorl\u00ea, sou ek dalk weer gedink het voor ek aan sulke pragtige, spesiale kinders \u2019n ma met depressie &#8220;gegee&#8221; het. Mense met depressie moet dalk maar nie swanger word nie, want dis \u2019n onreg teenoor hul kinders.<\/p>\n<p><strong>Liezl<\/strong> Dit is waar dat die groot hormoonskommelings tydens swangerskap en kort n\u00e1 die bevalling vir vroue \u2019n belangrike sneller vir depressie is. Jou risiko is groter as jy tevore depressie gehad het, of bestaande depressie kan vererger. As jy naby-familie met depressie het, het jy dalk \u2019n genetiese risiko op depressie, wat ook deur swangerskap gesneller kan word. Daarby is die versorging van \u2019n baba \u2019n veeleisende aanpassing \u2013 nog \u2019n depressiesneller. Maar dit beteken nie dat mense met depressie nie kinders moet h\u00ea nie. Jy is net meer weerloos en het meer ondersteuning nodig \u2013 medies, fisieke hulp en onderskraging van jou maat of iemand anders.<\/p>\n<p><strong>Katinka<\/strong>\u00a0\u2019n Terugval weens swangerskap is \u2019n sterk moontlikheid maar \u2019n hele paar antidepressante is veilig vir swanger vroue, soos Zoloft, Cipramil en Prozac. Swanger depressielyers hoef nie te vererger nie \u2013 hulle moet net met hul psigiater saamwerk. Insig is ook belangrik: hoe beter jy tekens van depressie by jouself kan raaksien, hoe vroe\u00ebr kan jy die nodige hulp vra. As jy opmerk dat jy al meer &#8220;af&#8221;, huilerig en oorweldig voel, dat jy sukkel om met jou baba te bind, of dat jy dalk nie alleen die mas gaan opkom nie, is dit tyd om jou dokter te spreek. Alle nuwe ma&#8217;s is oormoeg, maar almal is nie depressief nie. As iemand kom help en jy voel weer reg, is jy net ooreis. As jy ondanks die ekstra rus oorstuur bly, het jy moontlik met depressie te doen, veral as jy weke aaneen so bly voel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>7 N\u00e1 my diagnose voel my hele lewe soos \u2019n klug. Watter deel van my lewe en optredes is ek, en watter deel is bipol\u00eare depressie?<\/strong><\/p>\n<p>Almal probeer die siekte vergelyk met diabetes, maar diabetes be\u00efnvloed nie jou optrede of gemoed nie.<\/p>\n<p><strong>Katinka<\/strong> Jy sal verbaas wees in watter mate diabetes, chroniese pyn en ander siektes mense se gemoed aantas \u2026<\/p>\n<p>Bipol\u00eare depressie verander nie jou talente nie. As jy kunstig is, of \u2019n goeie sakevrou, of briljant met syfers, of \u2019n grapkas, is jy dit tydens jou op- \u00e9n jou af-fases. Al verskil is dat jy in jou maniese fase \u2019n ho\u00eb eiewaarde het en voel asof jy baie suksesvol is, al is dit \u2019n misvatting. Tydens jou af-fases sal jy weer te moeg voel om iets te verrig. Wanneer jy jou bipol\u00eare depressie goed bestuur is, leef jy jou talente die beste uit en is jy op jou produktiefste. Wat jy bereik, het jy bereik, nie jou bipol\u00eare maniese fase nie.<\/p>\n<p><strong>Liezl<\/strong> Jy het hier dalk met \u2019n aanpassingprobleem te doen. Almal van ons aanvaar nie sommer \u2019n siekte nie, maak nie saak of dit diabetes of depressie is nie. Werk aan jou selfbeeld: Maak \u2019n lys van jou goeie eienskappe en fokus op al die positiewe dinge wat jy bereik het, sonder om te oordeel of dit in jou maniese of depressiewe fase gebeur het. As jy nou stabiel is en jou medikasie korrek gebruik en jouself goed bestuur, kan jy gerus ook maar die negatiewe dinge agter jou sit en vergeet. Jy is mos nou op \u2019n nuwe plek met \u2019n nuwe koers en \u2019n toekoms met hoop.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>8 Noudat ek op my medikasie is, is my bui stabiel, waaroor ek bly is. Maar ek mis my kreatiwiteit. Tevore was ek baie meer skeppend<\/strong>.<\/p>\n<p>Sal dit help as ek my pille los wanneer ek dit nodig het om kreatief te dink \u2013 ek is \u2019n binneversierder.<\/p>\n<p><strong>Liezl<\/strong> Dis \u2019n algemene misvatting dat alle mense met bipol\u00eare depressie kunssinnig is en dat \u2019n ho\u00eb persentasie kunstenaars bipol\u00ear is. Jou talente en gawes hou nie met jou bipol\u00eare depressie verband nie. Bankbestuurders, onderwysers en dokters is net so geneig tot bipol\u00eare depressie as sangers, skilders en akteurs. Maar kunstenaars is moontlik mense wat hulself meer uitdruk en makliker daaroor gesels as ander mense wat vanwe\u00eb hul beroep hul siekte privaat hou. Dis ook waar dat byvoorbeeld skilders in hul bipol\u00eare fase baie produktief voel \u2013 en hulle is in die paar dae terwyl hulle van &#8220;gewoon&#8221; na die maniese fase beweeg. Maar sodra hulle voluit manies raak, tree daardie onproduktiewe fase in. Dis nooit slim om jou medikasie te los nie, want jy kan glad nie voorspel hoe jou brein gaan reageer nie \u2013 dis iets waaroor jy geen beheer het nie. Die risiko is groot dat jy \u2019n baie groot terugval beleef en daarna baie meer medikasie benodig, of dalk nooit weer goed op jou medikasie aanpas nie. Moenie dit eens oorweeg om jou medikasie ter wille van \u2019n bietjie woema te los nie. Praat liewer weer met jou psigiater hieroor.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>9 My skoonsuster is ontsettend buierig en eintlik doodeenvoudig onbeskof. Die dokter s\u00ea sy is bipol\u00ear?<\/strong><\/p>\n<p><strong>Katinka<\/strong> Mense dink dat bipol\u00eare mense in hul maniese fase noodwendig uiters vrolik voel, ene energie is en die siel van die partytjie is. Maar party is besonder ge\u00efrriteerd, gou woedend, aggressief en algemeen moeilik. Hierdie groep bipol\u00eare mense kry besonder swaar, want hulle het nooit \u2019n &#8220;goeie&#8221; tyd nie: hul gemoed wissel tussen depressie en irritasie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>10 Wat van PMS en die menoupouse? Kan dit tot depressie ly? <\/strong><\/p>\n<p>Hoe weet ek my huilerigheid word deur depressie veroorsaak? Ek is 48. Sal hormoonterapie help? Ek het \u2019n histerektomie gehad.<\/p>\n<p><strong>Liezl<\/strong> Vroue is beslis meer geneig tot depressiewe episodes of buierigheid in die drie lewensfases waarin hul hormone die meeste skommel: die tienerjare, swangerskap en menopouse. Maar dit gaan nie oor jou hormone nie. Dis die balansversteuring wat die emosies soos woede, buierigheid en huilerigheid veroorsaak. Jy het PMS as jy jou gemoedstoestand aan jou menstruasiesiklus kan koppel. Daar moet \u2019n duidelike patroon wees wat oor minstens ses maande strek. Gewoonlik kla vroue ook van ander simptome soos opgeblaasdheid en geswelde hande. Die meeste vroue beheer hul gemoed beter sodra hulle PMS kan uitken en dus hul emosies verstaan. Maar as dit jou vermo\u00eb om jou werk te doen en jou verhoudings skaad, moet jy na medikasie kyk. Die Pil kan help, want dit stabiliseer die hormoonsiklus; vir ander is antidepressante reg. Dieselfde geld die menopouse: Behandeling met \u2019n antidepressant of hormoonterapie is die regte opsie as sake so handuit ruk dat dit jou lewe, werk en gesin pla. \u0001<\/p>\n<p>* Uit: Ontsnap van depressie deur dr. Piet Oosthuizen<strong>\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jou breinchemie en jou bui<\/h4>\n<p>Die brein bly \u2019n wonderw\u00eareld waarvan ons steeds min verstaan. Maar ons weet wel dat daardie gevoelens van opwinding, depressie of angs wat in jou opwel, direk gekoppel kan word aan die vlakke van veral vier neurostowwe in jou brein: serotonien, dopamien, noradrenalien en estrogeen by vroue. \u2019n Bietjie te veel van die een, en jy raak angstig. Of \u2019n bietjie te min van \u2019n ander en jy is depressief. Maar onthou, wat werklik in jou brein gebeur, is baie meer kompleks. Juis daarom is hulle werklike siektes wat met medikasie reggestel kan word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stres-ek-kan-nie-meer-nie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dui jou bui op PMS of die menopouse? Of is dit depressie, bipol\u00eare depressie of \u2019n ander gemoedsiekte? Of is jy maar net op die outydse manier hartseer? Hoe weet jy? Psigiaters Liezl Koen en Katinka Botha antwoord vrae oor [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":139857,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,240,241,242,243],"class_list":["post-3529","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-bipolere-depressie","tag-depressie","tag-buie","tag-vroue"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Bipol\u00ear, buie &amp; jy | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Vroue het buie. Dis hoe dit is. Maar steek daar meer in die donderwolk in jou kop as die gewone klippies in die skoen?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Bipol\u00ear, buie &amp; jy | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vroue het buie. Dis hoe dit is. Maar steek daar meer in die donderwolk in jou kop as die gewone klippies in die skoen?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-09-29T12:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-09-29T12:07:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/valeriia-miller-5jR4rAMs5tk-unsplash-e1695989165899.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1099\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bipoler-buie-jy\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bipoler-buie-jy\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Bipol\u00ear, buie &#038; jy\",\"datePublished\":\"2023-09-29T12:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2023-09-29T12:07:13+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bipoler-buie-jy\\\/\"},\"wordCount\":2372,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bipoler-buie-jy\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/09\\\/valeriia-miller-5jR4rAMs5tk-unsplash-e1695989165899.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"bipol\u00eare depressie\",\"depressie\",\"buie\",\"vroue\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bipoler-buie-jy\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bipoler-buie-jy\\\/\",\"name\":\"Bipol\u00ear, buie & jy | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bipoler-buie-jy\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bipoler-buie-jy\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/09\\\/valeriia-miller-5jR4rAMs5tk-unsplash-e1695989165899.jpg\",\"datePublished\":\"2023-09-29T12:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2023-09-29T12:07:13+00:00\",\"description\":\"Vroue het buie. Dis hoe dit is. Maar steek daar meer in die donderwolk in jou kop as die gewone klippies in die skoen?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bipoler-buie-jy\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bipoler-buie-jy\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bipoler-buie-jy\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/09\\\/valeriia-miller-5jR4rAMs5tk-unsplash-e1695989165899.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/09\\\/valeriia-miller-5jR4rAMs5tk-unsplash-e1695989165899.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1099},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bipoler-buie-jy\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Bipol\u00ear, buie &#038; jy\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Bipol\u00ear, buie & jy | rooi rose","description":"Vroue het buie. Dis hoe dit is. Maar steek daar meer in die donderwolk in jou kop as die gewone klippies in die skoen?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Bipol\u00ear, buie & jy | rooi rose","og_description":"Vroue het buie. Dis hoe dit is. Maar steek daar meer in die donderwolk in jou kop as die gewone klippies in die skoen?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-09-29T12:05:00+00:00","article_modified_time":"2023-09-29T12:07:13+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1099,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/valeriia-miller-5jR4rAMs5tk-unsplash-e1695989165899.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Bipol\u00ear, buie &#038; jy","datePublished":"2023-09-29T12:05:00+00:00","dateModified":"2023-09-29T12:07:13+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/"},"wordCount":2372,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/valeriia-miller-5jR4rAMs5tk-unsplash-e1695989165899.jpg","keywords":["Gesondheid","bipol\u00eare depressie","depressie","buie","vroue"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/","name":"Bipol\u00ear, buie & jy | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/valeriia-miller-5jR4rAMs5tk-unsplash-e1695989165899.jpg","datePublished":"2023-09-29T12:05:00+00:00","dateModified":"2023-09-29T12:07:13+00:00","description":"Vroue het buie. Dis hoe dit is. Maar steek daar meer in die donderwolk in jou kop as die gewone klippies in die skoen?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/valeriia-miller-5jR4rAMs5tk-unsplash-e1695989165899.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/valeriia-miller-5jR4rAMs5tk-unsplash-e1695989165899.jpg","width":1920,"height":1099},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bipoler-buie-jy\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Bipol\u00ear, buie &#038; jy"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3529","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3529"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3529\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/139857"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3529"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3529"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3529"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}