{"id":3525,"date":"2011-05-10T08:25:00","date_gmt":"2011-05-10T06:25:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/wysheid-met-jou-spiertier\/"},"modified":"2016-01-22T15:57:35","modified_gmt":"2016-01-22T13:57:35","slug":"wysheid-met-jou-spiertier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/","title":{"rendered":"Wysheid met jou spiertier"},"content":{"rendered":"<p><strong>Claudia Schubert,<\/strong> <strong>nefroloog, Panorama Medi-Clinic<\/strong> Party mense kan spierbouers gebruik sonder nierskade, ander nie. Dit hang van jou liggaam af. Die probleem is dat ons nie kan voorspel wie gaan nierskade opdoen en wie nie. Daarby is nierskade een van die &#8220;stil&#8221; siektes: jy merk dit eers op as jy sowat 15%\u00a0van jou nierfunksie oor het. Jy sal dus eers weet dat jy een van die mense is wat nie spierbouers kan gebruik nie wanneer jy klaar ernstige nierskade het &#8230; en een of altwee jou niere verloor, of vir die res van jou lewe\u00a0vir dialise moet gaan, of dalk \u2019n nieroorplanting moet kry.<\/p>\n<p><strong>Oor kreatien <\/strong>As ons wil toets of jou niere goed werk, meet ons die hoeveelheid kreatinien \u00a0in jou urine. Dit is ook die afbreekproduk van kreatien, en ons sal dus \u2019n ho\u00eb telling verkeerdelik as nierversaking diagnoseer\u00a0en jou daarvoor behandel. As jy kreatien gebruik, s\u00ea dit vir jou dokter, want dit be\u00efnvloed diagnoses.<\/p>\n<p><strong>Oor ho\u00ebprote\u00efendrankies<\/strong> As jy nie weet dat jy nierskade het nie, oorlaai groot hoeveelhede prote\u00efen jou niere heeltemal \u2013 wat selfs tot jou dood kan lei. Maar jy kan baie maklik en goedkoop seker maak dat jou niere die lading kan hanteer. V\u00f3\u00f3r jy spierbouers begin gebruik &#8211; en elke drie maande vir so lank as wat jy dit\u00a0gebruik &#8211; gaan na Dis-Chem of Clicks se apteeksuster en laat hulle jou bloeddruk neem en urine toets vir prote\u00efen. As altwee normaal is, funksioneer jou niere goed en is jy redelik veilig.<\/p>\n<p><strong>Oor stero\u00efede<\/strong> Min mense gebruik stero\u00efede bewustelik maar die doeltreffendste en die duurste spierbouers het heel dikwels stero\u00efede in, al s\u00ea dit nie so op die etiket nie. Stero\u00efede kan jou bloeddruk onomkeerbaar opstoot en jou hart aantas. Ons vermoed ook al sterker dat stero\u00efede diabetes kan sneller, veral as jy familie met diabetes het.<\/p>\n<p><strong>Oor sportkoeldranke<\/strong> Hulle sit wel van die elektroliete terug wat jy uitgesweet het, maar hulle is so hoog in suiker dat hulle jou gewig kan laat aansit. Kry gerus \u2019n sportdrankie maar verdun dit. Jou niere het veral\u00a0n\u00e1 oefening die water nodig, nie monde vol suiker nie.<\/p>\n<p><strong>Oor Voltaren<\/strong> Dis nie amptelik \u2019n aanvuller\u00a0nie maar sportlui leef daarop. Voltaren verminder die bloedvloei na jou niere; n\u00e1 sport het jy vog verloor, en is jou niere &#8220;droog&#8221;; as jy die twee sitasies kombineer en n\u00e1 sport Voltaren gebruik, kan jou niere skade kry.\u00a0Drink altyd genoeg water tydens oefening, en veral saam met Voltaren.Dr. Amanda Claassen, voorsitter van die SA Sports<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Nutrition Working Group<\/span><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p>Ek het veral \u2019n probleem met die gehaltebeheer van spierbouers \u2013 of eintlik die algehele gebrek daaraan. Daar is geen standaard en g\u00e9\u00e9n wetstoepassing wat verseker dat die inhoud in die blik met die bestanddele op die\u00a0etiket ooreenstem nie. Kontaminasie is algemeen.\u00a0 Springbokrugbyspelers Chilliboy\u00a0Ralepelle en Bjorn Basson het positief getoets, vermoedelik omdat hul sportaanvuller gekontamineer was.\u00a0Ontledings bewys keer op keer dat daar ander bestanddele soos pro-hormone en stimulante in kan wees, of die produk kan te veel of te min van die aangeduide bestanddele bevat.<\/p>\n<p>My tweede probleem l\u00ea by al die onbewese aansprake. Advertensies wys hierdie super V-lyfvorm en sespak-spiere. Dit wek die indruk dat die spierbouer vir jou spiere gee, terwyl die oefening en die regte dieet\u00a0die kruks van spierbou en sportprestasie is. Spierbouers speel ten beste \u2019n klein rol. Die mite wat deur vervaardigers verkondig word dat sportlui nie met gewone kos in hul &#8220;<em>needs<\/em>&#8221; kan voldoen nie, is doodgewoon onwaar. Jy k\u00e1n voldoende en beter nutri\u00ebnte uit\u00a0 jou dieet kry \u2013 oorgenoeg prote\u00efen ook omdat\u00a0ons oor die algemeen groot vleiseters is.<\/p>\n<p>Die bewyse vir die res van die string bestanddele in die aanvullers wissel van twyfelagtig tot heeltemal afwesig. My derde probleem l\u00ea by die gebrekkige inligting wat oor die produkte aan die gebruikers\u00a0deurgegee word. Die etikette s\u00ea niks oor doeltreffendheid, newe-effekte, kontra-indikasies en veiligheid nie. Dus weet gebruikers nie waarvoor hulle hulle inlaat nie. So weet mense nie dat kreatien min help\u00a0as jy een van die mense is wie se liggaam in elk geval oorgenoeg kreatien maak nie, of dat daar sterk aanduidings is dat jou liggaam &#8220;verleer&#8221; hoe om kreatien te maak as jy voortdurend kreatien aanvul.<br \/>\nEn niemand wys daarop dat geen navorsing nog gedoen is op mense jonger as 18 nie \u2013 dit sluit kreatienaanvuling in \u2013 terwyl ons weet dat seuns dit al van 14 af gebruik en nie eens hul ouers se toestemming nodig het om dit te koop nie. Ons weet nie wat dit op kort en lang termyn aan hul uiteindelike\u00a0lengte, ontwikkeling, vrugbaarheid, brein en so aan kan doen nie. My vierde probleem l\u00ea by dosering. Die\u00a0manne \u2013 en al hoe meer meisies \u2013 glo hoe meer hoe beter. Net die diepte van jou sak bepaal hoeveel jy gebruik. Party jongmense gebruik dus baie, baie meer prote\u00efenaanvullers, kreatien, vitamiene en minerale as wat\u00a0veilig en doeltreffend is. Geen apteek, sportwinkel of gim s\u00ea &#8220;soveel en niks meer nie&#8221;.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Dr. Ranel Venter, senior lektor in piekprestasie, Universiteit van Stellenbosch<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Al wat ons nodig het om fikser te word en mooier spiere te bou is die korrekte soort oefening, saam met die optimale hoeveelhede\u00a0prote\u00efen (waarmee die spier gebou word), koolhidrate (wat energie verskaf vir die oefening om spiere te bou), en vloeistof (verkieslik water). My probleem l\u00ea by die skeefgetrekte idees oor hoeveelhede. Jy het ni\u00e9 daardie\u00a0kilogramme prote\u00efene en koolhidrate nodig nie. Jy mors bloot jou geld \u2026 of jou ouers s\u2019n.<\/p>\n<p>Meer prote\u00efen bou nie meer spiere nie. En onthou, ons liggame is wonderlik aanpasbaar. N\u00e1 drie weke se oefening leer jou liggaam prote\u00efen doeltreffend gebruik en het jy 40% minder prote\u00efen nodig. Jy kan dus\u00a0begin met \u2019n spierbouer maar n\u00e1 \u2019n maand het jy dit nie meer nodig nie. As jy spiere wil bou maak so:\u00a0Eet meer kere per dag. Ses kleiner etes werk beter as twee of drie grotes. Sorg vir die optimale hoeveelheid prote\u00efene en koolhidrate \u2013 nie te min nie maar ook nie te veel nie.\u00a0Dit lyk of tydsberekening (timing) \u2019n groot\u00a0verskil kan maak. Neem jou voedsel of aanvulling direk n\u00e1 die oefening.<\/p>\n<p>Kreatiengebruik kan help met \u2019n vinnige toename in liggaamsmassa binne vyf dae maar baie hiervan is blote waterretensie. Matige kreatiengebruik kan help met kragontwikkeling. Die algemene riglyn vir kreatiengebruik<br \/>\nis dat jy die eerste vier dae so 20 g per dag neem. \u00a0Daarna is 1-2 g\/dag meer as voldoende. Maar baie sportlui dink meer is nog beter en gebruik mega-dosisse.\u00a0Daar bly kommer oor die langtermyngevolge van baie van die middels wat vandag gebruik word.\u00a0Onthou, die hoeveelheid spiere wat jy kan bou, word maar eintlik deur jou genetiese potensiaal bepaal. Jy kan nie verby dit ontwikkel nie; jy kan wel die beste daarvan maak met \u2019n goeie oefenprogram en net genoeg van die regte soorte voedsel.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>\u00a0Colin Mitchell, kliniese sielkundige<\/strong> <\/span><\/p>\n<p>Ek is sterk ten gunste daarvan dat alle seuns sport doen waarvan hulle hou sodat hulle fiks, sterk en gesond is, en dat hulle goed voel oor hul liggame.\u00a0Spiere is deel van die manlike identiteit: dit is wat ons van vroue onderskei. Ons weet dat die meeste meisies daarvan hou as \u2019n man \u2019n paar spiere het. Maar ons weet ook dat baie vroue oordrewe spiere soos liggaamsbouers s\u2019n aanstootlik vind. Binne die grense van die Ryk Neethling voorkoms\u00a0 is fiksheid en oefening \u2019n gesonde belangstelling. Jy kan maar jou seun aanmoedig \u2026 en die voorbeeld stel.<\/p>\n<p>Die motivering om spiere te bou is sterk, en nie noodwendig negatief nie. Maar ons leef in \u2019n geweldig mededingende gemeenskap \u2013 en boonop een waarin &#8220;mooi&#8221; mans toenemend die fokus kry en sportpresteerders wegstap met beurse en loopbane \u2013 en dinge kan handuit ruk. Ek dink ouers moet bekommerd raak as hul seun se spierfokus daarop gerig is om te kompenseer vir \u2019n persepsie dat hy nie goed genoeg is nie, of omdat hy angstig is en bang is hy gaan nie aanvaar word as hy &#8220;tingerig&#8221; of selfs net doodnormaal lyk nie. As hy sy selfbeeld op sy spiere grond, sy spiere vertoon om aandag en bewondering\u00a0 te kry, glo dat die gespierdste man die belangrikste man is, deur sy spiere status soek, obsessief oor sy voorkoms raak, of sukkel om verhoudings te bou, moet julle dalk gesels. Onthou, geeneen van hierdie aspekte is abnormaal nie. Dit word eers ongesond as die balans uit jou kind se lewe verdwyn. Ek vra altyd twee dinge: Het jy pret?<br \/>\nNormale seuns oefen en leer nie die hele tyd nie: hulle kuier ook met vriende. Hulle gesels nie net oor gim, oefening en aanvullers nie maar ook oor musiek, geld, hul selfone, rekenaars, karre en <em><span style=\"color: #000000;\">girls<\/span><\/em> en so aan. Hulle probeer meisies se aandag trek en sosialiseer buite die gim. En dan wil ek weet: Hoeveel tyd neem\u00a0 dit in beslag? As jou ure in die gim jou van pret en studietyd weerhou, trek jou fokus skeef. Probeer agterkom\u00a0waaroor dit vir hom gaan en watter waarde hy daaraan heg. Vir die meeste seuns is \u2019n bietjie perspektief oorgenoeg om balans te vind.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Nota<\/span><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p>Ons gebruik gerieflikheidshalwe spierbouers as term vir al die soorte skommels, pille en poeiers wat gebruik\u00a0 word, wat insluit: prote\u00efendrankies vir spierbou; massabouers vir energie en om gewig aan te sit; en sportkoeldranke om elektroliete terug te plaas.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Kreatien en jou ander pille<\/span><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p>Kyk mooi wat jy saam met jou kreatien gebruik. NSAID pynstillers met as aktiewe bestanddeel ibuprofen (soos Advil) of naproxen (soos Aleve) saam met kreatien verhoog jou risiko op nierskade.\u00a0Kafe\u00efen onderdruk jou liggaam se vermo\u00eb om kreatien te gebruik. Die twee werk dus teen mekaar. Saam dehidreer hulle ook jou liggaam, wat veral vir jou niere sleg is.\u00a0Efedra in kombinasie met kreatien en kafe\u00efen kan tot beroerte lei, al is jy in jou twintigerjare. Onthou: jou liggaam onderskei nie tussen kafe\u00efen in jou spierbouer, in jou koffie en in energiestafies nie. Ook goed om te weet: Efedra is dieselfde as die Chinese krui Ma-huang, efedrien in verkouemedisynes, en is dikwels een van die bestanddele in natuurlike of kruiemiddels vir gewigverlies.\u00a0Ontwateringspille dehidreer jou niere, wat veral saam met kreatien hulle kan beskadig.\u00a0Cimetidien, \u2019n soort sooibrandmedikasie (soos Tagamet) verander jou liggaam se suurheid en kan so jou niere skaad.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Claudia Schubert, nefroloog, Panorama Medi-Clinic Party mense kan spierbouers gebruik sonder nierskade, ander nie. Dit hang van jou liggaam af. Die probleem is dat ons nie kan voorspel wie gaan nierskade opdoen en wie nie. Daarby is nierskade een van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":19227,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679],"tags":[3201],"class_list":["post-3525","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","tag-tienerseuns"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wysheid met jou spiertier | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wysheid met jou spiertier | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Claudia Schubert, nefroloog, Panorama Medi-Clinic Party mense kan spierbouers gebruik sonder nierskade, ander nie. Dit hang van jou liggaam af. Die probleem is dat ons nie kan voorspel wie gaan nierskade opdoen en wie nie. Daarby is nierskade een van [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-05-10T06:25:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-22T13:57:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/Wysheid-met-jou-spiertier-.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1512\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1134\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wysheid-met-jou-spiertier\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wysheid-met-jou-spiertier\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Wysheid met jou spiertier\",\"datePublished\":\"2011-05-10T06:25:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-22T13:57:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wysheid-met-jou-spiertier\\\/\"},\"wordCount\":1728,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wysheid-met-jou-spiertier\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/05\\\/Wysheid-met-jou-spiertier-.jpg\",\"keywords\":[\"tienerseuns\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wysheid-met-jou-spiertier\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wysheid-met-jou-spiertier\\\/\",\"name\":\"Wysheid met jou spiertier | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wysheid-met-jou-spiertier\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wysheid-met-jou-spiertier\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/05\\\/Wysheid-met-jou-spiertier-.jpg\",\"datePublished\":\"2011-05-10T06:25:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-22T13:57:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wysheid-met-jou-spiertier\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wysheid-met-jou-spiertier\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wysheid-met-jou-spiertier\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/05\\\/Wysheid-met-jou-spiertier-.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/05\\\/Wysheid-met-jou-spiertier-.jpg\",\"width\":1512,\"height\":1134},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wysheid-met-jou-spiertier\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wysheid met jou spiertier\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wysheid met jou spiertier | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wysheid met jou spiertier | rooi rose","og_description":"Claudia Schubert, nefroloog, Panorama Medi-Clinic Party mense kan spierbouers gebruik sonder nierskade, ander nie. Dit hang van jou liggaam af. Die probleem is dat ons nie kan voorspel wie gaan nierskade opdoen en wie nie. Daarby is nierskade een van [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-05-10T06:25:00+00:00","article_modified_time":"2016-01-22T13:57:35+00:00","og_image":[{"width":1512,"height":1134,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/Wysheid-met-jou-spiertier-.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Wysheid met jou spiertier","datePublished":"2011-05-10T06:25:00+00:00","dateModified":"2016-01-22T13:57:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/"},"wordCount":1728,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/Wysheid-met-jou-spiertier-.jpg","keywords":["tienerseuns"],"articleSection":["Ouerskap"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/","name":"Wysheid met jou spiertier | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/Wysheid-met-jou-spiertier-.jpg","datePublished":"2011-05-10T06:25:00+00:00","dateModified":"2016-01-22T13:57:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/Wysheid-met-jou-spiertier-.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/05\/Wysheid-met-jou-spiertier-.jpg","width":1512,"height":1134},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wysheid-met-jou-spiertier\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wysheid met jou spiertier"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3525","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3525"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3525\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19227"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3525"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3525"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3525"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}